Showing posts with label natuurlike mense. Show all posts
Showing posts with label natuurlike mense. Show all posts

Thursday, July 4, 2024

Die gelowige 'n boom - interessante vrae vir lekker gesels (bybelstudie 12 jaar tot volwassenes)

Hierdie is deel van die boekie "die gelowige 'n boom" (bedoel vir bybelstudie 12 jaar tot volwassenes).

Vir die vorige lesse in hierdie reeks, gaan na:

https://sondagskooltuis.blogspot.com/2014/07/a4-muurkaart-vertikaal-die-gelowige.html

https://sondagskooltuis.blogspot.com/2024/07/die-gelowige-n-boom-2.html

https://sondagskooltuis.blogspot.com/2024/07/die-gelowige-n-boom-3-wat-se-soort-boom.html

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

LES 1:

(hierdie les is opgestel met 'n klomp vrae vir lekker gesels) (let op die links waarop geklik kan word vir verderde studie vir die leier...)

(1) Vraag vir bespreking:  Alle mense is soos saad wat in die wereld geplant word, en (soos 'n boom) groei en dra vrug... Maar vir wie dra ons hierdie vrugte? want die waarheid is dat ons doodgaan!;  m.a.w. almal dra eintlik VRUGTE VIR DIE DOOD... (Rom. 7:5) - asof hulle lewe tot niks kom. Hoekom is dit die geval? - hoekom gaan alle mense dood? - m.a.w., hoekom dra die natuurlike mens vrugte vir die dood? Antwoord: Alle mense word "in sonde" gebore (Ps. 51:7), want hulle is kinders van Adam...  Adam was 'n slaaf (van sonde)(2 Pet. 2:19; Joh. 8:34), en noodwendig sal sy kinders ook as slawe gebore word. Dit is hoe dit in die lewe werk - as jou ouers slawe is word jy noodwendig ook as 'n slaaf gebore. M.a.w., almal uit Adam gebore, is (net soos hy) slawe (slawe van sonde)...., en as jy 'n slaaf is van sonde is jou uiteinde die dood (God het vir Adam gewaarsku dat as hulle vd boom van goed en kwaad eet, hulle sal doodgaan - dit is hoe Adam 'n slaaf geword het van sonde, en waarvan die uiteinde is die dood). Die loon vd sonde is die dood - as jy die sonde dien dan sal jy doodgaan. In daardie opsig kan die dood gesien word as die mens se groot vyand (1 Kor. 15:15,17). 

(2) Vraag vir bespreking:  Hoe sou jy slaafskap beskryf?  Wat beteken dit om 'n slaaf te wees? En hoe beinvloed hierdie antwoord die feit dat die mens gebore word as slawe van sonde?  Antwoord:  Hierdie tema gaan veral oor 2 dinge, nl. slaafskap en vrug: - (1) Wie dit is wat gedien word?; - wie is dit van wie jy 'n slaaf is?; vir wie dien jy?; aan wie behoort jy? (1 Kor. 7:22; 2 Pet. 2:19) - wie is die slaaf se meester?. (2) Gehoorsaamheid - wie jy gehoorsaam is 'n bewys van wie dit is vir wie jy dien... (Matt. 7:17-20).'n Slaaf het 'n meester vir wie hy dien/gehoorsaam. Die natuurlike mens DIEN die sonde / is gehoorsaam aan die sonde (en het daarom vrymaking van hierdie slaafskap nodig!;  m.a.w., die "liggaam van sonde" moet tot niet gemaak word sodat ons nie meer die sonde dien nie... - Rom 6:6). Natuurlike mense is dus "slawe van die verdorwenheid" - word almal gebore as "slawe onder sonde", wat dus beteken hulle is "diensknegte van sonde" (Joh. 8:34; Ps. 51:7; Rom. 6:12,13);  maar geestelike mense (die wat vrygekoop is) is slawe van die meester deur wie hulle losgekoop is, m.a.w. "slawe van Christus"!- hulle behoort nou aan Hom, en hulle dien Hom (1 Kor. 3:23; Rom. 14:8; 1 Kor. 7:22). Selfs die vrygekoopte se liggaam behoort aan Christus (Kol. 2:17)(1 Kor. 6:19,20 - "Of weet julle nie dat julle liggaam ‘n tempel is van die Heilige Gees wat in julle is, wat julle van God het, en dat julle nie aan julself behoort nieWant julle is duur gekoop. Verheerlik God dan in julle liggaam en in julle gees wat aan God behoort"). Wat dit beteken is dat geestelike mense dien/is gehoorsaam aan die Here (nie aan die sondige natuur nie). Dit is wat dit beteken om vrygekoop te wees - dit gaan oor wie jy gehoorsaam en na wie jy luister. 

(3) Vraag vir bespreking:  Gaan alle mense dood?  Antwoord? Ja, alle mense gaan dood, maar ons moet verstaan dat die term "dood" nie net verwys na wanneer die uiterlike mens sterwe nie, maar ook verwys na die "tweede dood".  Die mens bestaan uit 'n uiterlike mens (word ook na verwys as "die liggaam") en 'n innerlike mens (word ook na verwys as "siel", somtyds "gees vd mens");  m.a.w., wanneer iemand doodgaan is dit die uiterlike mens wat sterwe (nie jou innerlike nie).  Daar is ook 'n tweede dood wat op die mens wag sou hy nie redding kry nie, en dit is wanneer beide die liggaam (uiterlike mens) en siel (innerlike mens) in die poel van vuur verwoes word (ook genoem, "die oordeel vd hel"). Die mens is dus nie net vir oordeel bestem nie, maar vir die ewige oordeel (tweede dood), en het dus redding nodig! (redding nodig van hierdie toorn)(1 Thess. 5:9) / Die begrip saligheid verwys nie net na saligheid van die siel nie, maar ook na saligheid van die liggaam - sien die belangrikheid vd komende opstanding (saligheid vd siel - 1 Pet. 1:9; 3:21; Hebr. 10:22)(saligheid vd liggaam - Hebr. 9:13; 10:22).

(4) Vraag vir bespreking: Die mensdom kan ingedeel word in natuurlike mense en geestelike menseWat is die verskil tussen "natuurlike mense" en "geestelike mense"?  (lees Jud. 1:10; 1 Kor. 2:14,15; 1 Kor. 3:1).  Antwoord:  Almal word as natuurlike mense gebore;  m.a.w. is kinders van Adam en word in sonde gebore (en het dus redding nodig) - natuurlike mense is "vleeslik" / "sinnelik"... (Jud. 1:19; 1 Kor. 2:14; Spr. 12:10; 1 Kor. 3; Job 25:4).  Die begrip geestelike mense verwys weer na die mense wat redding verkry het - hulle is vrygekoop van hulle slaafskap (onder sonde) en word nou gesien soos mense "wat uit God gebore is" (1 Joh. 5:1)(wat veral verwys na hulle innerlike mens wat vernuwe is en dus alreeds vrug kan dra TOT LEWE, en dus die belofte het dat hulle nie deur die tweede dood sal gaan nie.  Hulle uiterlike mens is nog nie vernuwe nie! - daarom gaan die liggaam steeds dood.., maar hulle het die belofte dat hulle uiterlike ook vernuwe sal word in die opstanding wanneer Jesus terugkom - hulle sal opstaan "tot lewe"!) - hulle word gesien soos mense wat "weer gebore" is (al verwys dit huidiglik meer na die innerlike, nog nie die uiterlike nie). Weergebore mense se sonde is vergewe en hulle het die Heilige Gees ontvang - hierdie is die groot verskil tussen natuurlike mense en geestelike mense. , en dit beinvloed natuurlik die manier hoe hulle "sien en dink". Natuurlike mense het nie die Gees nie en dink en sien dus soos die wereld;  geestelike mense het die Gees (van God) en dink en sien dus anders! (sien soos die Here/glo in Hom, Sy woorde - het wysheid van bo). Geestelike mense word o.a. gesien as met 'n "goddelike natuur", en gesien soos die familie van Jesus Christus (hulle is van Sy been)(2 Pet. 1:4; Joh. 3:5,9; 1 Joh. 4:7; 5:4). Geestelike mense dra dus VRUGTE TOT LEWE (dra vrugte vir die Here - Hy gee vir hulle die lewe/Rom. 7:4), want hulle is LOSGEKOOP van hulle slaafskap (onder sonde)(1 Kor. 7:23; Gal 5:1; Rom. 6:17,18);  terwyl natuurlike mense nie instaat is om hierdie soort vrug (tot lewe) te dra nie (Rom. 6:21-23)(die natuurlike mens kan nie deur goeie werk hierdie soort vrug dra wat vir hulle die ewige lewe gee nie - niemand kan dit deur werke ontvang nie, want (1) sy sondes is nog nie afgewas nie en hy is dus oppad na die dood,  en (2) hy is steeds 'n slaaf van sonde. Iemand moet dus skoonkom en gehoorsaam word aan die Here..., en dus aan Sy Gees, voor hy kan vrug tot lewe dra). Daarom is GEHOORSAAMHEID belangrik!, want dit wys wie dit is vir wie jy dien. Geestelike mense luister na die Here, luister na die Heilige Gees. Geestelike mense verkry 'n goddellike natuur (2 Pet. 1:4; 1 Joh. 3:9) - hulle is vry van die vorige natuur en dink nie meer vleeslik nie, maar beoordeel dinge op 'n geestelike manier (hulle "dink en sien" anders). 

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Sunday, January 14, 2024

Verskillende soorte liggame (9 - 12 jariges)(Les 1)

Hierdie is deel vd reeks oor "die mens" (die mensdom)(bedoel vir 9-15 jariges). 

In hierdie groep lesse word gekyk na soorte liggame, en in die derde les word die innerlike mens ook in konteks met dit gebring: :

- (LES 1) Verskillende wesens het verskillende soorte liggame.

- (LES 2) Die verskil tussen die natuurlike liggaam en die geestelike liggaam (mense).

- (LES 3) Die verskil tussen die natuurlike mens en die geestelike mens.  

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

LES 1:

(hierdie les is bedoel vir 9-12 jr., maar kan kombineer word met moeiliker temas vir ouer kinders, bv. "die Here se wingerd", "braak vir julle 'n braakland", ens.). 

VRAAG:  Wanneer die mens doodgaan verander sy liggaam oor tyd na stof/grond...  Hoekom dink julle is dit die geval;  m.a.w., hoekom verander die mens se liggaam spesifiek na "grond" wanneer hy doodgaan?  LEES Gen. 3:19: -("In die sweet van jou aangesig sal jy brood eet totdat jy terugkeer na die aarde, want daaruit is jy geneem. Want stof is jy, en tot stof sal jy terugkeer").      

ANTWOORD:  Want ons is uit stof/grond gemaak. 

Lees Gen. 2:7.

Die mens se liggaam is van grond gemaak, en wanneer iemand die laaste asem uitblaas gaan hy dood en sy liggaam sal met die tyd weer terug verander na grond... (Ps. 90:3; 104:29; Pred. 3:20).  Alle mense word met dieselfde soort liggaam gebore en is dus van dieselfde soort "grond" (is almal kinders van Adam). Jy sal merk dat ons in hierdie les DIE LIGGAAM van die mens (nl. ons vlees) vgl. met GROND.  In sommige skrifte in die Bybel word die mens se liggaam ook soos grond voorgestel... (gelykenis vd saaier; Hebr. 6:8; Matt. 13; Jer. 4:3; Hos. 10:12).  

'n Ander woord wat ook somtyds vir "liggaam" gebruik word is die woord "vlees" - die hele mensdom is van dieselfde SOORT VLEES - is van dieselfde soort "grond". 'n Term wat in die Skrif gebruik word om te beskryf hoe alle mense van dieselfde soort vlees is (nl. kinders van Adam), is die woorde "natuurlike mense" - alle mense word as "natuurlike mense" gebore;  wat beteken hulle is van dieselfde soort "grond"... (is kinders van Adam)(het "natuurlike liggame"). 

Vir die onderwyser: Die volgende paragraaf (in rooi) kan behandel word as daar genoeg tyd is in die klas, anders kan daar na die volgende paragraaf gespring word:

Maar die mens bestaan nie net uit 'n LIGGAAM (grond) nie, 

maar het ook 'n siel (wat soos saad/plant/boom voorgestel kan word),

en het ook 'n gees... (wat soos lig voorgestel kan word).  

Die mens bestaan uit LIGGAAM (grond), SIEL (saad/plant/boom) en GEES (lig)(1 Thess. 5:23). Die siel vd mens kan gesien word soos saad of plant wat in ons grond (in ons liggame) geplant word, wat GROEI soos 'n boom en later VRUG dra (in Matt. 13 word die mens bv. voorgestel soos saad wat in die wereld geplant word). Hierdie saadjie wat binne-in die liggaam geplant word word gewoonlik na verwys as "siel" (bv., in sommige skrifte word daar na die mens verwys as "liggaam en siel"-Matt. 10:28; Ps. 31:10), maar somtyds word daar ook na siel verwys as "gees" - in elke mens se binneste word 'n gees gevorm ("die gees vd mens"), wat groei en vrug dra (en let wel dat dit nie moontlik is sonder asem (gees/lig) nie)!, want net soos 'n plant lig nodig het om te kan lewe, net so het die siel vd mens lig of ASEM nodig om te kan lewe (en wanneer die Here die asem wat Hy gee terugtrek, gaan die mens dood). 

Die mens se liggaam verwys na die VLEIS EN BENE, maar die woord "liggaam" verwys eintlik na baie meer as dit in verskillende kontekste! ;  bv., familie, werke, voedsel, die self, klere, en naaktheid (vir 'n studie vir die onderwyser oor die Hebr. woord vir liggaam en hierdie betekenisse in konteks, gaan na:https://warechristene.blogspot.com/2019/05/die-liggaam.html). Die liggaam is maw ook iets wat kan aandui uit watter familie jy gebore is... (die term wat veral in die Skrif daarvoor gebruik word, is "vlees en been" - dna, ens.);  en kan ook verwys na wat die liggaam nodig het om aan die lewe te bly... nl. kos (en water); of verwys na die feit dat ons naak is en bedekking nodig het..., nl. klere, ens.  

Lees 1 Kor. 15:39-40. 

Daar is baie soorte lewende wesens, nie net mense, diere, voels en visse op aarde nie, maar ook ander wesens bo en onder die aarde - en almal het verskillende soorte liggame... - Wat beteken dit? Ons het gesien dat die woord "liggaam" baie betekenisse het en dit beskryf dus ook die verskil tussen verskillende soorte liggame;  bv., verskillende wesens stel verskillende "families" voor, verskillende wesens eet verskillende voedsels, verskillende wesens het nie dieselfde bedekking nie, ens. 

-Die mens se liggaam is bv. anders as diere se liggame; (as daar tyd is in die klas kan hieroor gesels word); 

-Die mens se liggaam is anders as engele se liggame... (of daar kan miskien eerder hieroor gesels word... - vir 'n studie oor engele, vir die onderwyser, gaan na: https://warechristene.blogspot.com/2018/06/engele.html). 

-En die natuurlike liggaam (waarin ons gebore is) is anders as die geestelike liggaam (wat vir weergeborenes belowe word, wat hulle eendag sal kry in die opstanding)(hierdie is nog 'n vb. wat gebruik kan word om te gesels oor verskillende soorte liggame... In hierdie geval kan daar dan gesels word oor die geestelike liggaam waarin Jesus opgestaan het uit die dood, of die liggaam waarin ons eendag in opgewek gaan word, nl. "verheerlikte liggame". Vir 'n studie oor hierdie soort liggaam, gaan na: https://warechristene.blogspot.com/2017/11/verheerliktegeestelikeonverganklike.html)(vir die onderwyser:  -let wel dat die verskil tussen die natuurlike liggaam en die geestelike liggaam ook behandel word in LES 2 van hierdie reeks lesse). 

- Nog 'n voorbeeld van ander soort wesens is die 4 lewende wesens bo in die hemel ( ...of hierdie vb. kan miskien gebruik word - die skrif kan voorgelees word in die klas - hierdie wesens is baie interessant!, rondom en in die middel van God se troon is daar 4 lewende wesens vol oë van voor en van agter, elkeen het 6 vlerke, en rondom en binne vol oë) (die 1ste lewende wese lyk soos 'n leeu, die 2de soos 'n kalf, die 3de het 'n gesig soos 'n mens, en die 4de is soos 'n arend wat vlieg... )(Openb. 4:6-8).

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Studies vir die onderwyser:

https://warechristene.blogspot.com/2019/05/die-liggaam.html

https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2021/12/algemene-vrae-oor-saligheid-lewe-of-dood.html

https://warechristene.blogspot.com/2018/06/dorings-en-distels-braak-vir-julle-n.html

https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2017/07/die-here-se-wingerd.html

Saturday, May 6, 2023

Die volk van God - geslagslyne en identiteit (3) (LES 4)

VIR DIE VORIGE LES OOR HIERDIE ONDERWERP, GAAN NA:  https://sondagskooltuis.blogspot.com/2020/06/die-volk-van-god-identiteit-geslagslyne.html.

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Waaroor hierdie les gaan:

In die Skrif word die mensdom ingedeel in "natuurlike mense" en "geestelike mense". 
Natuurlike mense en geestelike mense dink en sien verskillend... - Hoekom?
Somtyds dink geestelike mense ook verskillend... - Hoekom?

L.w. dat hierdie les slegs BEDOEL IS OM 'N RIGLYN TE STEL VIR DIE PRAKTIESE AANBIEDING VAN SO 'N LES... (die onderwyser moet self seker maak dat hy oor die nodige kennis beskik om die tema te kan verduidelik en vrae te kan antwoord.

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
LES INLEIDING:
In die Skrif word die mensdom ingedeel in NATUURLIKE MENSE en GEESTELIKE MENSE.

Vir voorbereiding en 'n studie/skrifte hieroor kan die onderwyser die volgende pos behandel: http://warechristene.blogspot.com/2018/10/natuurlike-mens-geestelike-mens.html.

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
LES AAMBIEDING:
Moontlike vraag om in 'n groep te bespreek:
- Natuurlike mense dink en sien anders as mense wat weergebore is (bv., natuurlike mense sien die waarheid as DWAAS - hulle dink jy praat bog; dink jy is dwaas...).  
Wat dink jy is die rede hiervoor?;  m.a.w., wat is die groot verskil tussen natuurlike mense en geestelike mense?
Laat hulle hierdie in die groep bespreek.  Die antwoorde kan uitloop op redes soos (1) "hulle het nog nie die waarheid gehoor nie";  of (2) "natuurlike mense dink vleeslik";  of (3) iemand lieg vir homself - bv., hy weet wat is die waarheid maar ontken dit... ens. Hierdie is alles redes waarom mense somtyds die waarheid as dwaasheid sien, maar die groot verskil is "die Gees" - die wat die Heilige Gees ontvang het dink en sien anders!, en hulle beoordeel dinge op 'n geestelike manier.
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

INLIGTING VIR DIE ONDERWYSER (moontlike antwoorde en verduideliking):

Kort opsomming oor die verskil tussen natuurlike mense en geestelike mense:
NATUURLIKE MENSE verwys na die wat nie die Gees van God het nie - Jud. 1:10; 1 Kor. 2:14GEESTELIKE MENSE verwys na die wat wel die Gees van God het - 1 Kor. 2:14,15; 3:1). Alle geestelike mense (spesifiek verwysend na die wat die Heilige Gees het) kan soos 'n volk gesien word en het dieselfde identiteit (hulle is weergeborenes - is wel gebore as natuurlike mense, maar het burgerskap ontvang in die hemele - Fil. 3:2). Die manier hoe iemand die Heilige Gees kan ontvang, is deur Jesus Christus.  Hy is die Een wat mense vul met Sy Gees. Jy moet dus in Hom glo (jou tot Hom bekeer) voor Hy Sy Gees vir jou stuur!  Dus, as iemand nie die Gees van Christus het nie, behoort hy nie aan Hom nie (Rom. 8:9). Geestelike mense (die wat die Heilige Gees het) deel in geestelike dinge (soos 'n volk deel in talente en werke en kos en drank ens.);  bv., geestelike mense deel in geestelike gawes en bedieninge (wat hulle deur die Heilige Gees ontvang), geestelike werk (bediening vd evangelie deur die leiding vd Heilige Gees), geestelike spys en drank (wat nie net verwys na 'n maaltyd wat deur geestelike mense gedeel word nie, maar ook verwys na seremonies soos die nagmaal, en kos en water vir die innerlike mens). Geestelike mense kan dus gesien word soos mense wat "in die Gees" is (m.a.w. onder beheer van die Heilige Gees). Wanneer 'n gees in iemand ingaan, verander dit daardie persoon. Op dieselfde wyse verander die Heilige Gees iemand wanneer iemand Hom ontvang, en Hy verander sy hart en maak sy ore oop, en maak hom instaat om dinge te doen wat hy andersins nie kon doen nie, asook laat hom dinge verstaan wat hy nie voorheen verstaan het nie!

Almal word as natuurlike mense gebore, maar wedergeborenes word "geestelike mense" genoem (hoekom?, want hulle is weer gebore uit WATER en GEES - "geestelike mense" se sondes in afgewas en hulle het die Gees ontvang). 

Natuurlike mense neem nie die dinge vd Gees aan nie - (1Kor. 2:14 - "Maar die natuurlike mens neem die dinge van die Gees van God nie aan nie; want dit is vir hom dwaasheid, en hy kan dit nie verstaan nie, omdat dit geestelik beoordeel word").  Ons kan nie van iemand wat nie die Heilige Gees het nie, verwag om soos 'n geestelike mens te dink en redeneer nie.

Hier is 'n paar temas waarop ingekyk kan word en moontlik o.a. bespreek kan word in hierdie les:

Geestelike mense (die volk van God) is kundig oor die waarheid, maar natuurlike mense kan nie altyd "verstaan" nie want hulle is onkundig - maw, hulle uitkyk op die lewe is vleeslik (hulle bedink nie dinge geestelik nie). Hoe kan jy iets verstaan waarvan jy geen kennis het nie?  'n Volk kan ten gronde gaan sonder kennis! (Hos. 4:6). Hierdie kan vgl. word met die tema van wetend en onwetende sonde. Daar word bv. meer genade bewys teenoor die wat onwetend sondig as die wat wetend sondig - op dieselfde wyse moet ons geduldig wees met die wat nog nie die evangelie of die waarheid gehoor het nie, of die wat nog nie die Gees het nie en dus nie ditto insig het nie. Dit is natuurlik anders as iemand die waarheid ken maar sy hart verhard!, wat verwys na die wat wetend ongelowig bly (verwys na geroepenes wat ongelowig is). Hierdie is ongelukkig somtyds 'n verskynsel in die Christelike kerk. Mense wat hulle harte verhard, kan nie mooi "sien" nie (hulle verstaan nie altyd nie omdat hulle hulle harte verhard teen die waarheid). Hier is 'n paar temas waarop ingekyk kan word rakende hierdie onderwerp:

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Saturday, March 14, 2020

Die volk van God - Identiteit/geslagslyne - Les 1 en 2 (12-17 jariges)

Hierdie is deel vd boekie "Die volk van God" onder die tema IDENTITEIT. 
Vir die inleiding, gaan na:
https://sondagskooltuis.blogspot.com/2020/02/die-volk-van-god-identiteit-geslagslyne_25.html
______________________________________________________
LES 1
Elke volk het 'n identiteit.
Identiteit word gewoonlik beskryf deur dinge soos burgerskap, taal, kultuur, oorsprong ens.

Vraag 1:   (Bespreek in groep):
------------------------
-  Hoe word iemand se identiteit beskryf?
-  Hoe sal jy die identiteit vd VOLK waaraan jy behoort beskryf? (in hierdie geval nie net die land waaraan jy behoort waarin bv. verskillende nasies bly nie, maar ook bedoelende "die spesifieke volk, nasie of taal waaruit jy gebore is").
M.a.w., hoe kan julle kultuur beskryf word?, wat is julle oorsprong?, is julle almal familie van mekaar?, watter taal praat julle?, of watter streekktaal?, wat se soort feeste vier julle?, wat se kosse eet julle?, wat se boeke lees julle of watter geskrifte sien julle as "heilige" boeke?, wat is julle waardes? Watter soort onderwys-stelsel volg julle?;  hoedanig julle klere en modes?, ens.
_________________________________________________________________________________
VIR DIE ONDERWYSER:
-------
(Groepbespreking) - Laat die kinders in groepe opdeel en heerlik gesels oor hierdie vrae.

Doel van les 1 en 2:  In hierdie les is die klem op waar iemand burgerskap het, asook die familie waaruit iemand gebore word; bv. aan watter land iemand behoort, en uit watter familie gebore is. 

"DIE VOLK VAN GOD" moet ook soos 'n volk of taal of nasie gesien word met haar eie kultuur, oorsprong, familie, taal, feeste, kosse, boeke, waardes, lering, klere ens. Kinders van God behoort aan DIE KONINKRYK VAN GOD en het dus burgerskap in die hemele (Fil. 3:20 - "Want ons burgerskap is in die hemele, van waar ons ook as Verlosser verwag die Here Jesus Christus"). Identiteit word egter nie net beskryf deur burgerskap nie, maar veral deur die geslag waaruit iemand gebore is. In hierdie lesse sien ons dus ook dat, net soos iemand se identiteit beskryf word deur die familie, volk, nasie of taal waaruit hy gebore is,  net so het "natuurlike mense" (wereldse mense) 'n oorsprong, en "geestelike mense" (die volk van God) 'n oorsprong... (wat hier gaan oor "uit watter saad" hulle gebore word). 

Die eerste les bied ook geleentheid waarin meer aandag gegee kan word aan die tema van "die Koninkryk van God"  (rol af ondertoe vir meer studies en opsommings oor die Koninkryk van God).

Woorde uit die Skrif wat in hierdie les behandel word, is:
- "Koninkryk van God"
- "natuurlike mense"
- "geestelike mense".
(vir 'n studie op elk van hierdie onderwerpe, klik op die woorde hierbo).

OPSOMMING:
Geestelike mense (die wat weergebore is) se identiteit word beskryf deur:
- (1) burgerskap, en dus, omdat hulle burgerskap het in die hemele, die wette, wysheid, kennis ens. vd Koninkryk van God (het 'n Christelike kultuur); en
- (2) veral die SAAD WAARUIT HULLE (weer) GEBORE IS (m.a.w. gebore uit onverganklike saad, en is daarom deel van Sy Liggaam, deel vd Christelike kerk, is van Sy vlees en bene...). En daarom dink en doen hulle dieselfde (want hulle is familie van mekaar).
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Lesaanbieding:

Antwoord op vraag 1:
Identiteit word beskryf deur:
(1) burgerskap (aan watter land iemand behoort) en kultuur (soos taal, feeste, lering ens.);  en
(2) "uit watter geslag iemand gebore is" (geslagslyne, hetsy letterlik of figuurlik).

Les op eerste punt (1)(burgerskap en kultuur):
Net soos wat burgerskap baiemaal iemand se taal, kultuur, waardes, leringe ens. beinvloed, net so beinvloed burgerskap die volk van God se kultuur, waardes en taal.  Kinders vd Here het bv. burgherskap in die hemele, en behoort daarom aan die koninkryk van God - en hulle taal, kultuur en waardes word daardeur beinvloed. Die Here is hulle Koning en hulle Sy onderdane. Hulle luister na Hom en vra Hom om hulp. soek Hom, wag op Hom, dien Hom ens.   

Net soos elke volk 'n wereldse land of koninkryk het (m.a.w. burgerskap van 'n wereldse koninkryk), net so behoort die volk van God aan 'n koninkryk, maar nie 'n koninkryk "van hierdie wereld" nie - hulle het "burgerskap in die hemele", m.a.w. behoort aan die KONINKRYK VAN GOD, wat wel huidiglik 'n geestelike koninkryk is op aarde omdat God teenwoordig is deur Sy Gees, ja, maar sal ook eendag 'n fisiese koninkryk wees op aarde met Christus Jesus Self fisies teenwoordig in Sy koninkryk op aarde! Wanneer Jesus terugkom sal Hy hierdie koninkryk oprig.  In verskeie profetiese boeke word hierdie feit bestempel, dat aan die einde van dae die Here die ander koninkryke sal verbrysel en Sy ewige koninkryk sal oprig (kyk bv. Dan. 2), en daardie "ewige koninkryk" sal begin met 'n 1000 jaar tydperk. Mense van dieselfde volk (met dieselfde burgerskap) "sien en dink" gewoonlik dieselfde, en praat dieselfde taal, en het selfs 'n spreektaal wat net hulle verstaan, deel in dieselfde feeste en waardes en kosse, en het gewoonlik 'n stel boeke wat eie is aan hulle volk.  Hulle verstaan mekaar en is óf familie, of soos familie. Immigrante vind dit bv. baiemaal moeilik om in te val by 'n ander volk want hulle praat nie noodwendig dieselfde taal nie en/of ken nie die spreektaal nie, dink en doen verskillend, en het moontlik verskillende waardes. Hulle is ook nie juis bekend met daardie volk se feeste en vieringe en boeke nie en verstaan nie die betekenis daarvan nie, of ken nie die volksverhale nie, en weet nie noodwendig wat is vir hulle heilig is of nie heilig is nie... Op dieselfde wyse wat elke volk (van 'n land) of 'n land 'n identiteit het,  net so het die VOLK VAN GOD 'n eie identiteit en is soos 'n familie, of soos mense van dieselfde volk of land met 'n eie kultuur en taal, leringe, heilige boeke, waardes, kleremodes, kunste wat o.a. gepaardgaan met sange, ens. Die wat deel is vd volk van God, dink en doen en sien dieselfde, en praat 'n taal wat hulle almal verstaan, het feeste en geleenthede en 'n eie kultuur wat spesifiek hulle beskryf...  
--------------------------
Maar iidentiteit word nie net beskryf deur burgerskap nie, maar ook deur die geslag waaruit iemand gebore is.  Mense het bv. spesiale karaktertrekke en denkpatrone wat hulle erf.  Op dieselfde wyse dink en sien geestelike mense anders as natuurlike mense. Die rede hiervoor het dus veral te doen met die saad waaruit hulle gebore is (kyk volgende deel, wat terloops in 'n ander les behandel kan word). En net soos iemand nie altyd 'n ander volk se kultuur en waardes en taal ken nie, op dieselfde wyse verstaan die wêreldse mens nie altyd die kind van God se kultuur en taal nie, en verstaan dus nie altyd hoe hy dink en sien nie, en doen terloops ook nie dieselfde nie
_________________________________________________________________________________

LES 2
Les op tweede punt (2)(geslagslyne):
(Onderstaande langdradige opsomming is bedoel om die onderwyser voor te berei vir enige vrae wat in die klas mag opkom.  Die onderwyser kan hierdie net kortliks verduidelik en op 'n volgende les meer tyd gee hiervoor - wat terloops in LES 2 van hierdie reeks behandel word).

Maak nie saak aan watter volk iemand behoort nie, almal is kinders van Adam en gebore uit sy saad (en terloops, daarom lyk elke mens soos God want Adam is geskep in die gelykenis van God en siende ons almal gebore is uit Adam se saad is ons familie van hom...- en lyk soos hy). Die feit dat almal kinders is van Adam (en Eva), beskryf die mensdom se identiteit. Net soos mense gebore word in spesifieke families en hulle identiteit beskryf word deur die familie waarin hulle gebore is, net so kan die mensdom se identiteit beskryf word as almal "kinders van Adam" - dit beskryf uit watter vlees hulle gebore is. Alle mense word gebore as natuurlike "kinders". Die skrif gebruik veral die woorde "vlees en bloed" (Hebr. 2:13; Eseg. 39:17,18; Matt. 16:17; Ef. 6:12; 1 Kor. 15:50) hiervoor - almal is vlees en bloed van mekaar want hulle is (1) UIT VLEES gebore (Joh. 3:6), en (2) UIT BLOED gebore (Joh. 1:13)(en is daarom terloops verganklik). 'n Ander term wat ook in die Skrif gebruik word om geslagslyne te beskryf, is die woorde "vlees en been" (Gen. 29:14; 2:23; 37:27; 2 Sam. 5:1; 19:12,13; 1 Kron. 11:1; Rig. 9:2).  Adam en Eva was bv. vleen en been van mekaar (want immers is Eva uit een van Adam se ribbebene geskep). En dus, net so was die kinders wat uit hulle gebore is nie net vlees en been van hulle nie, maar ook familie van mekaar, en "vlees en bloed".
Die verskil tussen natuurlike mense en geestelike mense:
Alle mense is dus eintlik familie van mekaar omdat almal kinders is van Adam. Die skrif het 'n woord wat hiervoor gebruik word, nl. "natuurlike mense".  Almal word as natuurlike mense gebore.  Die saad waaruit iemand gebore is bepaal die soort vlees wat iemand het, bv. "natuurlike mense" is almal verganklik (almal gaan dood). Die mens is mens omdat hy uit 'n mens gebore is. Ons moet verstaan dat 'n liggaam nie iets anders kan voortbring as wat dit self is nie, en die tipe saad bepaal wat groei en gebore word;   bv., wanneer 'n hond geboorte gee, gee dit nie geboorte aan 'n kat nie. Al manier hoe iets as iets anders gebore kan word is as dit uit daardie iets gebore word (bv. 'n kat uit 'n kat) - die saad of liggaam bepaal wat gebore word. Die wat uit Adam se saad gebore word, word uit 'n natuurlike liggaam gebore en 'n natuurlike liggaam word gesaai... (1 Kor. 15:44)(die tipe plant of boom wat groei, word bepaal deur die tipe saad wat gesaai is). In die Skrif word die mens o.a.ook  voorgestel soos saad of 'n plant of boom wat groei en vrug dra. Elke mens kan gesien word soos saad wat in die wereld geplant word en die tipe saad bepaal wat dit is wat sal groei. As dit Adam se saad is, sal natuurlike kinders groei.  As dit God se saad is, sal geestelike kinders groei. Niemand kan dus "kinders van God" genoem word as hulle nie gebore word uit God nie! As hy dus as 'n natuurlike mens gebore is, het hy nodig om WEER GEBORE te word, en hierdie keer uit God se saad! (voor hy kan se dat hy 'n kind van God is). '
Maar ons moet ook verstaan dat die mens tweeledig van aard is en nie net UITERLIK mens is nie, maar het ook 'n INNERLIKE (2 Kor. 4:16). M.a.w., in elke mens is daar 'n mens van binne. Alle mense se uiterlike mens sterf eendag, maar wat gebeur met die innerlike mens?  Wel, as die mens verganklik is, dan moet die innerlike mens ook sterwe! - die Skrif verwys hierna as die TWEEDE DOOD (Openb. 2:11; 20:6,14; 21:8).  Elke "natuurlike mens" (die gebore uit die saad van Adam) se uitende is die dood - ingeval van die uiterlike is dit wanneer iemand sy laaste asem uitblaas, maar elke natuurlike mens sal ook deur die tweede dood gaan;  tensy natuurlik iemand "weer gebore" kon word!
Bv., wat sou gebeur as iemand WEER GEBORE kan word maar hierdie keer uit God se saad?  Wat se soort vlees dink jy sou so iemand he?  -Verganklik of onverganklik? Natuurlik ONVERGANGLIK (want God is onverganklik). Die Skrif het ook 'n woord wat vir sulke mense gebruik word, nl. "geestelike mense" - geestelike mense is m.a.w. onverganklik en gaan nie dood nie... Almal wat in Jesus Christus glo (wie se sondes deur Hom afgewas word) en wie Sy Gees ontvang (en dus gewederbaar is deur water en Gees), word gesien as "geestelike mense" - hulle is "soos kinders van Jesus Christus" (asof van Sy vlees en bene...-Ef. 5:30) en word gesien as mense wat "uit God gebore is" (1 Joh. 2:29; 3:9; 4:7; 5:4,18) - en het dus die belofte van EWIGE LEWE!  Maar ons moet verstaan dat WEDERGEBOORTE verwys na die innerlike mens - wanneer iemand 'n Christen word (en weergebore word), dan is dit sy innerlike wat vernuwe word, nie sy uiterlike nie (want as sy uiterlike vernuwe was, dan sou hy nie doodgaan nie). Die uiterlike mens gaan eers vernuwe word wanneer Jesus Christus terugkom (in "die opstanding", wanneer Hy hulle uit die dood sal opwek). Geestelike mense se innerlike is weer gebore - dus vernuwe. Die "geestelike mens" gaan dus steeds dood, ja, (m.a.w., verwysend na die uiterlike mens), maar omdat sy innerlike vernuwe is, het hy die belofte dat hy nie deur die tweede dood sal gaan nie;  en hy het terloops ook die belofte van OPSTANDING eendag (vd uiterlike mens)! - en dan in 'n nuwe soort liggaam ("verheerlikte liggaam") wat onverganklik is!

Die wat deel is vd volk van God word genoem "geestelike kinders", want hulle is gebore uit Sy saad (en is terloops "weer gebore", want almal is eers as natuurlike mense gebore). Niemand kan deel wees van God se volk, van Sy kinders, of familie wees van Hom as hulle nie uit Hom gebore is nie.  Hierdie beskryf hulle identiteit (kan m.a.w. soos 'n geslagslyn gesien word).  Christene is weergeborenes, mense wat "weer gebore" is, en gebore uit God se saad (wederbaar deur "water" en die "Heilige Gees";  genoem "geestelike mense" - is kinders van God - is deel van Sy familie);  maar hierdie verwys nie na die uiterlike mens nie, maar die innerlike mens.

Kort opsomming van bg.:
-  Adam se saad is verganklik. Die natuurlike mens ("natuurlike kinders") is kinders van Adam. Omdat hulle gebore is uit vlees en bloed en uit verganklike saad , gaan hulle almal dood.  Hierdie verwys nie net na die uiterlike mens nie, maar ook na die innerlike mens. Elke natuurlike mens se uiterlike sterwe (omdat hulle gebore is uit verganklike saad), en nie net die uiterlike nie maar ook die innerlike sal doodgaan (tweede dood).
-  God se saad is onverganklik. Die geestelike mens ("geestelike kinders") word gesien as kinders van God (kinders van Jesus Christus), en word veral beskryf deur die term "liggaam en bloed" (1 Kor. 10:16; 11:27) wat verwys na die wat in Christus FAMILIE is van mekaar. Elke geestelike mens (die wie se innerlike mens vernuwe is) sterf ook omdat hulle uiterlike mens nog nie vernuwe is nie, maar anders as die natuurlike mens het hulle die belofte van opstanding (vd uiterlike mens) eendag tot ewige lewe, en het ook die belofte dat hulle nie deur die tweede dood sal gaan nie omdat hulle innerlike mens alreeds vernuwe is en deur die Gees in bewaring gehou word tot die dag van verlossing (met die opstanding) - hulle het dus alreeds die lewe! (hulle word alreeds gesien as onverganklik...). Al sterf die uiterlike het hulle die belofte van opstanding, en omdat hulle innerlike mens vernuwe is (gebore uit onverganklike saad - 1 Pet. 1:23; 1 Joh. 3:9; 1 Pet. 1:23; Gal. 3:16,19), het hulle die ewige lewe en sal nie doodgaan nie.

------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Nog inligting vir die onderwyser:
-  Die term "vlees en been" word gewoonlik gebruik t.o.v. geslagslyne.
-  Die term "vlees en bloed" word gewoonlik gebruik vir die mensdom, maar word nie net letterlik gebruik nie, maar ook figuurlik.
-  Die term "liggaam en bloed" word veral gebruik in konteks met die geestelike familie (Christene is familie van mekaar).

Vir opsommings onderwerpe uit hierdie les:
https://warechristene.blogspot.com/2018/10/natuurlike-mens-geestelike-mens.html

Dagstukkies oor onderwerpe in hierdie pos.
Vir dagstukkies/opsommings oor "die Koninkryk van God", gaan na:
http://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2018/10/kinders-vd-koninkryk-se-identiteit.html
- http://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2014/07/wat-beteken-dit-dat-die-gelowige-die.html
http://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2014/07/die-evangelie-van-die-koninkryk.html
- http://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2016/01/wie-is-almal-kinders-van-die-koninkryk.html
http://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2017/07/die-here-se-wingerd.html
Dagstukkies/opsommings oor "geestelike mense" - "gebore uit God":
- http://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2017/04/wie-sal-uiteindelik-ingaan-in-die.html
http://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2015/08/die-een-wat-in-eie-naam-uitgaan.html (rol af na "gedagte")
http://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2017/08/onder-wie-se-mag-is-jy.html
http://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2015/12/waarvoor-is-jy-geroep.html
Vir dagstukkies/opsommings oor die geestelike mens en die natuurlike mens, gaan na:
http://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2019/05/soorte-christene-in-die-christelike.html
http://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2019/05/liggaam-siel-en-gees.html
http://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2019/02/die-mens-as-lewende-siel.html
http://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2018/10/die-innerlike-mens.html
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Tuesday, February 25, 2020

Die volk van God - Identiteit / geslagslyne (INLEIDING)(12-17 jariges)

(Hierdie vorm deel vd boekie "die volk van God").
In hierdie stel lesse word die identiteit van God se volk behandel.  Heelwat begrippe uit die Skrif  word in die reeks lesse behandel, bv. (begrippe soos) "die koninkryk van God", "kinders vd koninkryk" "vlees en been", "vlees en bloed", "natuurlike mense", "geestelike mense", "wedergeboorte", "gebore uit God", "liggaam en bloed", ens.

Dit word in verskillende lesse opgebreek (wat bv. in verskillende groepbesprekings behandel kan word) - natuurlik hoef die lesse nie in hierdie selfde volgorde gedoen te word (soos hieronder beskryf) nie - laat die onderwyser besluit oor die volgorde, of lesse bymekaarsit as wil...
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Inleiding vir die Onderwyser:

LES 1 - om na die les te gaan, klik op: (https://sondagskooltuis.blogspot.com/2020/03/die-volk-van-god-identiteitgeslagslyne.html): 

In hierdie les is die klem op "waar iemand se burgerskap is" (aan watter land behoort jy?). Almal behoort aan 'n land en het burgerskap daar, maar Christene het ook 'n ander burgerskap (nie van hierdie wêreld nie), nl. "burgerskap in die hemele", en hulle behoort dus nie net aan 'n wereldse koninkryk nie maar behoort aan die koninkryk van God  - 'n koninkryk wat terloops eendag ook fisies op die aarde sal wees en oor die hele aarde sal regeer!, en die wat hierdie burgerskap het, sal eendag saam met Christus Jesus regeer...  (Dan. 2...).  Omdat "plek" ook gebruik word om iemand se identiteit te beskryf, word geestelike mense se identiteit dus ook deels deur hierdie feit beskryf (m.a.w. dat hulle burgers is vd hemele en behoort aan die koninkryk van God), maar identiteit word nie net beskryf deur waarvandaan iemand kom nie maar ook deur familie, leringe, en kultuur (bv. dinge soos volksdanse, taal, klere en modes, spesiale geleenthede, onderwys, die manier hoe hulle handeldryf, tipe geneeskunde, kunste, huisvesting ens).
In hierdie les word dus vinnig gekyk na wereldse burgerskap, maar ook na die Christen of geestelike mens se "burgerskap" in die koninkryk van God - hulle "familie", "taal","kultuur";  m.a.w., hoedanig lyk die kind van God se familie, sy taal, sy kultuur, leringe ens.?
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
LES 2: - om na die les te gaan, klik op: (https://sondagskooltuis.blogspot.com/2020/03/die-volk-van-god-identiteitgeslagslyne.html):

In hierdie les is die klem op "familie" (bv., uit watter familie/nasie/volk is jy gebore?). Identiteit word deur baie dinge beskryf, maar veral deur "kultuur" (soos taal, feeste ens.);  en "uit watter geslag iemand gebore is" (geslagslyne, hetsy letterlik of figuurlik). Maak nie saak aan watter volk iemand behoort nie, almal is kinders van Adam en gebore uit sy saad.  Die feit dat almal kinders is van Adam (en Eva), beskryf die mensdom se identiteit (is "natuurlike mense"). Net soos mense gebore word in spesifieke families en hulle identiteit beskryf word deur die familie waarin hulle gebore is, net so kan die mensdom se identiteit beskryf word as almal "kinders van Adam" - dit beskryf uit watter geslag hulle gebore is. Alle mense word gebore as natuurlike "kinders".
Die skrif gebruik veral die woorde "vlees en bloed" (Hebr. 2:13; Eseg. 39:17,18; Matt. 16:17; Ef. 6:12; 1 Kor. 15:50) hiervoor - almal is vlees en bloed van mekaar want hulle is (1) UIT VLEES gebore (Joh. 3:6), en (2) UIT BLOED gebore (Joh. 1:13)(en is daarom terloops verganklik!). 'n Ander term wat ook in die Skrif gebruik word om geslagslyne te beskryf, is die woorde "vlees en been" (Gen. 29:14; 2:23; 37:27; 2 Sam. 5:1; 19:12,13; 1 Kron. 11:1; Rig. 9:2).  Adam en Eva was bv. vleen en been van mekaar (want immers is Eva uit een van Adam se ribbebene geskep). En dus, net so was die kinders wat uit hulle gebore is nie net vlees en been van hulle nie, maar ook familie van mekaar, en is almal "vlees en bloed".
Die mensdom kan ingedeel word in "natuurlike mense" en  "geestelike mense". "Geestelike mense" is "weer gebore" (m.a.w. gebore uit ander saad...) - natuurlik verwys hierdie na hulle "innerlike mens", nie die uiterlike nie want die uiterlike mens sterf steeds (is vlees en bloed);  maar alhoewel die geestelike mens se uiterlike nog nie vernuwe is nie, sal dit eendag ook vernuwe word deur "die opstanding"...
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
LES 3:
In hierdie les is die klem op burgerskap deur "geboorte". Die term "geestelike mense' in die Skrif beskryf nie mense van enige geloof (wat bv. deur die wereld gesien word as "geestelik") nie, maar verwys spesifiek na die wat kinders van God is;  meer spesifiek, die wat "weergebore" is - gebore is uit "water en Gees" (m.a.w. Christene wat skoongewas is en in wie die Gees van God is). "Geestelike mense" het die belofte van "opstanding tot lewe" en om "die aarde te beerwe";  maar "natuurlike mense" het nie hierdie selfde beloftes nie.  "Natuurlike mense" (verwysend na almal wat gebore is uit Adam se saad) het wel huidiglik burgerskap op die aarde, ja,  maar kan dit nie behou nie omdat almal doodgaan... Die erfenis vd aarde is vir "kinders van God", nie kinders wat gebore is in sonde nie. Slegs die wat aan die koninkryk van God behoort en gesien word as Sy kinders (dus die wat "uit Hom gebore is") kan eendag die aarde beerwe en vir ewig op die aarde lewe... (meer spesifiek, die wie se sonde nie toegereken sal word nie en wie vernuwe en in bewaring gehou word deur Sy Gees - gebore uit water en Gees).  Al gaan hulle deur die (eerste) dood, sal die wat weer gebore is nie deur die tweede dood gaan soos "natuurlike mense" nie.  "Geestelike mense" ontvang hierdie burgerskap m.a.w. ook deur geboorte...  As mense burgerskap soek in die koninkryk van God  het hulle nodig om  "weer gebore" te word "uit God se saad"! (en word dan gesien as "vlees en been" van Hom - is dan familie van Hom)(wederbaar deur "water" en die "Heilige Gees"). Die geestelike wedergeboorte wat gebeur deur die Gees van God (m.a.w. wanneer iemand Sy Gees ontvang - natuurlik verwysend na die innerlike mens!), beskryf  dus "identiteit" want iemand verkry burgerskap hierdeur (en die Gees hou hulle in bewaring tot die dag van verlossing).  Hierdie "wedergeboorte" kan m.a.w. gesien word soos om deel te word van God se geslag - is dan van Sy vlees en bene.  Hierdie is bv. die Christelike kerk se identiteit - m.a.w., almal wat Christene is en die Gees van God het, word gesien soos "vlees en bene van Christus Jesus" (Ef. 5:30). Hulle is gebore uit Hom en het hulle burgerskap deur Hom/deur Sy Gees ontvang. Die geestelike mens ("geestelike kinders") word gesien as kinders van God (kinders van Jesus Christus), en word veral beskryf deur die term "liggaam en bloed" (1 Kor. 10:16; 11:27) wat verwys na die wat in Christus familie is van mekaar.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(4) In hierdie les is die klem op ander onderwerpe van identiteit.

------------------------------------------------------------------------------------------------------------