Hierdie is deel van die boekie "die gelowige 'n boom" (bedoel vir bybelstudie 12 jaar tot volwassenes).
Vir die vorige lesse in hierdie reeks, gaan na:
- https://sondagskooltuis.blogspot.com/2014/07/a4-muurkaart-vertikaal-die-gelowige.html
- https://sondagskooltuis.blogspot.com/2024/07/die-gelowige-n-boom-2.html
- https://sondagskooltuis.blogspot.com/2024/07/die-gelowige-n-boom-3-wat-se-soort-boom.html
------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
LES 1:
(hierdie les is opgestel met 'n klomp vrae vir lekker gesels) (let op die links waarop geklik kan word vir verderde studie vir die leier...)
(1) Vraag vir bespreking: Alle mense is soos saad wat in die wereld geplant word, en (soos 'n boom) groei en dra vrug... Maar vir wie dra ons hierdie vrugte? want die waarheid is dat ons doodgaan!; m.a.w. almal dra eintlik VRUGTE VIR DIE DOOD... (Rom. 7:5) - asof hulle lewe tot niks kom. Hoekom is dit die geval? - hoekom gaan alle mense dood? - m.a.w., hoekom dra die natuurlike mens vrugte vir die dood? Antwoord: Alle mense word "in sonde" gebore (Ps. 51:7), want hulle is kinders van Adam... Adam was 'n slaaf (van sonde)(2 Pet. 2:19; Joh. 8:34), en noodwendig sal sy kinders ook as slawe gebore word. Dit is hoe dit in die lewe werk - as jou ouers slawe is word jy noodwendig ook as 'n slaaf gebore. M.a.w., almal uit Adam gebore, is (net soos hy) slawe (slawe van sonde)...., en as jy 'n slaaf is van sonde is jou uiteinde die dood (God het vir Adam gewaarsku dat as hulle vd boom van goed en kwaad eet, hulle sal doodgaan - dit is hoe Adam 'n slaaf geword het van sonde, en waarvan die uiteinde is die dood). Die loon vd sonde is die dood - as jy die sonde dien dan sal jy doodgaan. In daardie opsig kan die dood gesien word as die mens se groot vyand (1 Kor. 15:15,17).
(2) Vraag vir bespreking: Hoe sou jy slaafskap beskryf? Wat beteken dit om 'n slaaf te wees? En hoe beinvloed hierdie antwoord die feit dat die mens gebore word as slawe van sonde? Antwoord: Hierdie tema gaan veral oor 2 dinge, nl. slaafskap en vrug: - (1) Wie dit is wat gedien word?; - wie is dit van wie jy 'n slaaf is?; vir wie dien jy?; aan wie behoort jy? (1 Kor. 7:22; 2 Pet. 2:19) - wie is die slaaf se meester?. (2) Gehoorsaamheid - wie jy gehoorsaam is 'n bewys van wie dit is vir wie jy dien... (Matt. 7:17-20).'n Slaaf het 'n meester vir wie hy dien/gehoorsaam. Die natuurlike mens DIEN die sonde / is gehoorsaam aan die sonde (en het daarom vrymaking van hierdie slaafskap nodig!; m.a.w., die "liggaam van sonde" moet tot niet gemaak word sodat ons nie meer die sonde dien nie... - Rom 6:6). Natuurlike mense is dus "slawe van die verdorwenheid" - word almal gebore as "slawe onder sonde", wat dus beteken hulle is "diensknegte van sonde" (Joh. 8:34; Ps. 51:7; Rom. 6:12,13); maar geestelike mense (die wat vrygekoop is) is slawe van die meester deur wie hulle losgekoop is, m.a.w. "slawe van Christus"!- hulle behoort nou aan Hom, en hulle dien Hom (1 Kor. 3:23; Rom. 14:8; 1 Kor. 7:22). Selfs die vrygekoopte se liggaam behoort aan Christus (Kol. 2:17)(1 Kor. 6:19,20 - "Of weet julle nie dat julle liggaam ‘n tempel is van die Heilige Gees wat in julle is, wat julle van God het, en dat julle nie aan julself behoort nie? Want julle is duur gekoop. Verheerlik God dan in julle liggaam en in julle gees wat aan God behoort"). Wat dit beteken is dat geestelike mense dien/is gehoorsaam aan die Here (nie aan die sondige natuur nie). Dit is wat dit beteken om vrygekoop te wees - dit gaan oor wie jy gehoorsaam en na wie jy luister.
(3) Vraag vir bespreking: Gaan alle mense dood? Antwoord? Ja, alle mense gaan dood, maar ons moet verstaan dat die term "dood" nie net verwys na wanneer die uiterlike mens sterwe nie, maar ook verwys na die "tweede dood". Die mens bestaan uit 'n uiterlike mens (word ook na verwys as "die liggaam") en 'n innerlike mens (word ook na verwys as "siel", somtyds "gees vd mens"); m.a.w., wanneer iemand doodgaan is dit die uiterlike mens wat sterwe (nie jou innerlike nie). Daar is ook 'n tweede dood wat op die mens wag sou hy nie redding kry nie, en dit is wanneer beide die liggaam (uiterlike mens) en siel (innerlike mens) in die poel van vuur verwoes word (ook genoem, "die oordeel vd hel"). Die mens is dus nie net vir oordeel bestem nie, maar vir die ewige oordeel (tweede dood), en het dus redding nodig! (redding nodig van hierdie toorn)(1 Thess. 5:9) / Die begrip saligheid verwys nie net na saligheid van die siel nie, maar ook na saligheid van die liggaam - sien die belangrikheid vd komende opstanding (saligheid vd siel - 1 Pet. 1:9; 3:21; Hebr. 10:22)(saligheid vd liggaam - Hebr. 9:13; 10:22).
(4) Vraag vir bespreking: Die mensdom kan ingedeel word in natuurlike mense en geestelike mense. Wat is die verskil tussen "natuurlike mense" en "geestelike mense"? (lees Jud. 1:10; 1 Kor. 2:14,15; 1 Kor. 3:1). Antwoord: Almal word as natuurlike mense gebore; m.a.w. is kinders van Adam en word in sonde gebore (en het dus redding nodig) - natuurlike mense is "vleeslik" / "sinnelik"... (Jud. 1:19; 1 Kor. 2:14; Spr. 12:10; 1 Kor. 3; Job 25:4). Die begrip geestelike mense verwys weer na die mense wat redding verkry het - hulle is vrygekoop van hulle slaafskap (onder sonde) en word nou gesien soos mense "wat uit God gebore is" (1 Joh. 5:1)(wat veral verwys na hulle innerlike mens wat vernuwe is en dus alreeds vrug kan dra TOT LEWE, en dus die belofte het dat hulle nie deur die tweede dood sal gaan nie. Hulle uiterlike mens is nog nie vernuwe nie! - daarom gaan die liggaam steeds dood.., maar hulle het die belofte dat hulle uiterlike ook vernuwe sal word in die opstanding wanneer Jesus terugkom - hulle sal opstaan "tot lewe"!) - hulle word gesien soos mense wat "weer gebore" is (al verwys dit huidiglik meer na die innerlike, nog nie die uiterlike nie). Weergebore mense se sonde is vergewe en hulle het die Heilige Gees ontvang - hierdie is die groot verskil tussen natuurlike mense en geestelike mense. , en dit beinvloed natuurlik die manier hoe hulle "sien en dink". Natuurlike mense het nie die Gees nie en dink en sien dus soos die wereld; geestelike mense het die Gees (van God) en dink en sien dus anders! (sien soos die Here/glo in Hom, Sy woorde - het wysheid van bo). Geestelike mense word o.a. gesien as met 'n "goddelike natuur", en gesien soos die familie van Jesus Christus (hulle is van Sy been)(2 Pet. 1:4; Joh. 3:5,9; 1 Joh. 4:7; 5:4). Geestelike mense dra dus VRUGTE TOT LEWE (dra vrugte vir die Here - Hy gee vir hulle die lewe/Rom. 7:4), want hulle is LOSGEKOOP van hulle slaafskap (onder sonde)(1 Kor. 7:23; Gal 5:1; Rom. 6:17,18); terwyl natuurlike mense nie instaat is om hierdie soort vrug (tot lewe) te dra nie (Rom. 6:21-23)(die natuurlike mens kan nie deur goeie werk hierdie soort vrug dra wat vir hulle die ewige lewe gee nie - niemand kan dit deur werke ontvang nie, want (1) sy sondes is nog nie afgewas nie en hy is dus oppad na die dood, en (2) hy is steeds 'n slaaf van sonde. Iemand moet dus skoonkom en gehoorsaam word aan die Here..., en dus aan Sy Gees, voor hy kan vrug tot lewe dra). Daarom is GEHOORSAAMHEID belangrik!, want dit wys wie dit is vir wie jy dien. Geestelike mense luister na die Here, luister na die Heilige Gees. Geestelike mense verkry 'n goddellike natuur (2 Pet. 1:4; 1 Joh. 3:9) - hulle is vry van die vorige natuur en dink nie meer vleeslik nie, maar beoordeel dinge op 'n geestelike manier (hulle "dink en sien" anders).
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
No comments:
Post a Comment
Note: Only a member of this blog may post a comment.