Showing posts with label saligheid. Show all posts
Showing posts with label saligheid. Show all posts

Thursday, July 4, 2024

Die gelowige 'n boom - interessante vrae vir lekker gesels (bybelstudie 12 jaar tot volwassenes)

Hierdie is deel van die boekie "die gelowige 'n boom" (bedoel vir bybelstudie 12 jaar tot volwassenes).

Vir die vorige lesse in hierdie reeks, gaan na:

- https://sondagskooltuis.blogspot.com/2014/07/a4-muurkaart-vertikaal-die-gelowige.html

- https://sondagskooltuis.blogspot.com/2024/07/die-gelowige-n-boom-2.html

- https://sondagskooltuis.blogspot.com/2024/07/die-gelowige-n-boom-3-wat-se-soort-boom.html

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

LES 1:

(hierdie les is opgestel met 'n klomp vrae vir lekker gesels) (let op die links waarop geklik kan word vir verderde studie vir die leier...)

(1) Vraag vir bespreking:  Alle mense is soos saad wat in die wereld geplant word, en (soos 'n boom) groei en dra vrug... Maar vir wie dra ons hierdie vrugte? want die waarheid is dat ons doodgaan!;  m.a.w. almal dra eintlik VRUGTE VIR DIE DOOD... (Rom. 7:5) - asof hulle lewe tot niks kom. Hoekom is dit die geval? - hoekom gaan alle mense dood? - m.a.w., hoekom dra die natuurlike mens vrugte vir die dood? Antwoord: Alle mense word "in sonde" gebore (Ps. 51:7), want hulle is kinders van Adam...  Adam was 'n slaaf (van sonde)(2 Pet. 2:19; Joh. 8:34), en noodwendig sal sy kinders ook as slawe gebore word. Dit is hoe dit in die lewe werk - as jou ouers slawe is word jy noodwendig ook as 'n slaaf gebore. M.a.w., almal uit Adam gebore, is (net soos hy) slawe (slawe van sonde)...., en as jy 'n slaaf is van sonde is jou uiteinde die dood (God het vir Adam gewaarsku dat as hulle vd boom van goed en kwaad eet, hulle sal doodgaan - dit is hoe Adam 'n slaaf geword het van sonde, en waarvan die uiteinde is die dood). Die loon vd sonde is die dood - as jy die sonde dien dan sal jy doodgaan. In daardie opsig kan die dood gesien word as die mens se groot vyand (1 Kor. 15:15,17). 

(2) Vraag vir bespreking:  Hoe sou jy slaafskap beskryf?  Wat beteken dit om 'n slaaf te wees? En hoe beinvloed hierdie antwoord die feit dat die mens gebore word as slawe van sonde?  Antwoord:  Hierdie tema gaan veral oor 2 dinge, nl. slaafskap en vrug: - (1) Wie dit is wat gedien word?; - wie is dit van wie jy 'n slaaf is?; vir wie dien jy?; aan wie behoort jy? (1 Kor. 7:22; 2 Pet. 2:19) - wie is die slaaf se meester?. (2) Gehoorsaamheid - wie jy gehoorsaam is 'n bewys van wie dit is vir wie jy dien... (Matt. 7:17-20).'n Slaaf het 'n meester vir wie hy dien/gehoorsaam. Die natuurlike mens DIEN die sonde / is gehoorsaam aan die sonde (en het daarom vrymaking van hierdie slaafskap nodig!;  m.a.w., die "liggaam van sonde" moet tot niet gemaak word sodat ons nie meer die sonde dien nie... - Rom 6:6). Natuurlike mense is dus "slawe van die verdorwenheid" - word almal gebore as "slawe onder sonde", wat dus beteken hulle is "diensknegte van sonde" (Joh. 8:34; Ps. 51:7; Rom. 6:12,13);  maar geestelike mense (die wat vrygekoop is) is slawe van die meester deur wie hulle losgekoop is, m.a.w. "slawe van Christus"!- hulle behoort nou aan Hom, en hulle dien Hom (1 Kor. 3:23; Rom. 14:8; 1 Kor. 7:22). Selfs die vrygekoopte se liggaam behoort aan Christus (Kol. 2:17)(1 Kor. 6:19,20 - "Of weet julle nie dat julle liggaam ‘n tempel is van die Heilige Gees wat in julle is, wat julle van God het, en dat julle nie aan julself behoort nie? Want julle is duur gekoop. Verheerlik God dan in julle liggaam en in julle gees wat aan God behoort"). Wat dit beteken is dat geestelike mense dien/is gehoorsaam aan die Here (nie aan die sondige natuur nie). Dit is wat dit beteken om vrygekoop te wees - dit gaan oor wie jy gehoorsaam en na wie jy luister. 

(3) Vraag vir bespreking:  Gaan alle mense dood?  Antwoord? Ja, alle mense gaan dood, maar ons moet verstaan dat die term "dood" nie net verwys na wanneer die uiterlike mens sterwe nie, maar ook verwys na die "tweede dood".  Die mens bestaan uit 'n uiterlike mens (word ook na verwys as "die liggaam") en 'n innerlike mens (word ook na verwys as "siel", somtyds "gees vd mens");  m.a.w., wanneer iemand doodgaan is dit die uiterlike mens wat sterwe (nie jou innerlike nie).  Daar is ook 'n tweede dood wat op die mens wag sou hy nie redding kry nie, en dit is wanneer beide die liggaam (uiterlike mens) en siel (innerlike mens) in die poel van vuur verwoes word (ook genoem, "die oordeel vd hel"). Die mens is dus nie net vir oordeel bestem nie, maar vir die ewige oordeel (tweede dood), en het dus redding nodig! (redding nodig van hierdie toorn)(1 Thess. 5:9) / Die begrip saligheid verwys nie net na saligheid van die siel nie, maar ook na saligheid van die liggaam - sien die belangrikheid vd komende opstanding (saligheid vd siel - 1 Pet. 1:9; 3:21; Hebr. 10:22)(saligheid vd liggaam - Hebr. 9:13; 10:22).

(4) Vraag vir bespreking: Die mensdom kan ingedeel word in natuurlike mense en geestelike mense. Wat is die verskil tussen "natuurlike mense" en "geestelike mense"?  (lees Jud. 1:10; 1 Kor. 2:14,15; 1 Kor. 3:1).  Antwoord:  Almal word as natuurlike mense gebore;  m.a.w. is kinders van Adam en word in sonde gebore (en het dus redding nodig) - natuurlike mense is "vleeslik" / "sinnelik"... (Jud. 1:19; 1 Kor. 2:14; Spr. 12:10; 1 Kor. 3; Job 25:4).  Die begrip geestelike mense verwys weer na die mense wat redding verkry het - hulle is vrygekoop van hulle slaafskap (onder sonde) en word nou gesien soos mense "wat uit God gebore is" (1 Joh. 5:1)(wat veral verwys na hulle innerlike mens wat vernuwe is en dus alreeds vrug kan dra TOT LEWE, en dus die belofte het dat hulle nie deur die tweede dood sal gaan nie.  Hulle uiterlike mens is nog nie vernuwe nie! - daarom gaan die liggaam steeds dood.., maar hulle het die belofte dat hulle uiterlike ook vernuwe sal word in die opstanding wanneer Jesus terugkom - hulle sal opstaan "tot lewe"!) - hulle word gesien soos mense wat "weer gebore" is (al verwys dit huidiglik meer na die innerlike, nog nie die uiterlike nie). Weergebore mense se sonde is vergewe en hulle het die Heilige Gees ontvang - hierdie is die groot verskil tussen natuurlike mense en geestelike mense. , en dit beinvloed natuurlik die manier hoe hulle "sien en dink". Natuurlike mense het nie die Gees nie en dink en sien dus soos die wereld;  geestelike mense het die Gees (van God) en dink en sien dus anders! (sien soos die Here/glo in Hom, Sy woorde - het wysheid van bo). Geestelike mense word o.a. gesien as met 'n "goddelike natuur", en gesien soos die familie van Jesus Christus (hulle is van Sy been)(2 Pet. 1:4; Joh. 3:5,9; 1 Joh. 4:7; 5:4). Geestelike mense dra dus VRUGTE TOT LEWE (dra vrugte vir die Here - Hy gee vir hulle die lewe/Rom. 7:4), want hulle is LOSGEKOOP van hulle slaafskap (onder sonde)(1 Kor. 7:23; Gal 5:1; Rom. 6:17,18);  terwyl natuurlike mense nie instaat is om hierdie soort vrug (tot lewe) te dra nie (Rom. 6:21-23)(die natuurlike mens kan nie deur goeie werk hierdie soort vrug dra wat vir hulle die ewige lewe gee nie - niemand kan dit deur werke ontvang nie, want (1) sy sondes is nog nie afgewas nie en hy is dus oppad na die dood,  en (2) hy is steeds 'n slaaf van sonde. Iemand moet dus skoonkom en gehoorsaam word aan die Here..., en dus aan Sy Gees, voor hy kan vrug tot lewe dra). Daarom is GEHOORSAAMHEID belangrik!, want dit wys wie dit is vir wie jy dien. Geestelike mense luister na die Here, luister na die Heilige Gees. Geestelike mense verkry 'n goddellike natuur (2 Pet. 1:4; 1 Joh. 3:9) - hulle is vry van die vorige natuur en dink nie meer vleeslik nie, maar beoordeel dinge op 'n geestelike manier (hulle "dink en sien" anders). 

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Monday, February 14, 2022

Die volk van God - Identiteit / geslagslyne 2 (les 3)

Hierdie is deel vd boekie "die volk van God" (onder die tema van IDENTITEIT). 
Vir die eerste 2 lesse, gaan na: https://sondagskooltuis.blogspot.com/2020/03/die-volk-van-god-identiteitgeslagslyne.html.  

In hierdie les kyk ons meer spesifiek na: 
-hoe iemand hierdie identiteit (van "geestelike mens") kan verkry, en 
-wie dit is wat gekies word om dit te verkry - m.a.w., die klem is op SALIGHEID.  Hierdie pos is nie bedoel om noodwendig die antwoorde hierop te gee nie (want die onderwyser ken die antwoorde), MAAR BEDOEL OM 'N RIGLYN TE STEL VIR DIE PRAKTIESE AANBIEDING VAN SO 'N LES ('n meer logiese praktiese benadering om te verstaan hoe iemand deel word van die Here se geslag, en hoekom).
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
In 'n vorige les het ons die volgende geleer oor die identiteit van God se volk (hier volg 'n kort opsomming daarvan):
- Identiteit word nie net beskryf deur dinge soos taal en kultuur nie, maar ook deur GESLAG (m.a.w. uit watter geslag iemand gebore is). 
- Geestelike mense (Christene) is anders as natuurlike mense, want hulle word (weer)gebore uit onverganklike saad (soos mense gebore uit God se geslag) - en sal dus nie soos natuurlike mense (wat uit verganklike saad gebore is) doodgaan nie (verwys daarna dat hulle die tweede dood sal vryspring), en hulle het ook die belofte van opstanding in nuwe liggame wanneer Jesus terugkom (opstanding vd uiterlike mens in 'n nuwe onverganklike liggaam)(en sal so die dood oorwin). 
-Na regte word alle mense gebore as "natuurlike mense", maar die wat weergebore word word geestelike mense genoem (gebore uit water en Gees - verwys dus na die wie se sondesafgewas is en wie die Gees ontvang het) - hulle innerlike mens is vernuwe en hulle uiterlike sal ook vernuwe word wanneer Jesus terugkom.  Omdat hulle innerlike vernuwe is is hulle instaat om vrug te dra tot (ewige) lewe... (en het dus die belofte van ewige lewe en dat hulle nie deur die tweede dood sal gaan nie, maar dit word eers voltrek in die opstanding). 
- Geestelike mense se uiterlike sterf steeds want hulle uiterlike is nog nie vernuwe tot onverganklike liggame nie, maar hulle het die belofte dat hulle uiterlike ook vernuwe sal word wanneer Jesus terugkom.
- Geestelike mense (weergeborenes / die wat die Gees het) word reeds gesien as "gebore uit God" (deel van Sy geslag), maar hulle aanneming tot kinders word eers voltrek in die opstanding (vd uiterlike mens). Geestelike mense is m.aw. deel van God se familie (is uit Sy saad gebore) - is soos mense wat van Sy vlees en been is...
___________________________________________________________________________________
LES 3: 

(a) Bespreek in groep:
----------------------------
- As God vir Hom 'n volk sou kies uit al die nasies vd aarde, wat dink jy sou die kriteria wees waarop Hy hulle uitkies?  Gee tyd in die groep om hieroor te gesels. Die vraag kan miskien eers op 'n ander manier gevra word, bv. "as jy mense moes kies om saam met jou te regeer - wie sou jy kies?";  of, "watter kriteria sal jy gebruik om te kies wie burgers van jou land (koninkryk) word"?



DIE ONDERWYSER KAN INLIGTING VOORAF VERGADER VAN WAT IEMAND MOET DOEN OM BURGERSKAP IN 'N ANDER LAND TE VERWERF...;    OF WAT IS BELANGRIK IN POLITIEK, BV. WAT IS DIT WAT MENSE HOOG AG AS BELANGRIK WANNEER HULLE KIES WIE MOET IN DIE LAND REGEER...;    OF WATTER KRITERIA IS BELANGRIK VIR OUERS WANNEER HULLE BESLUIT WIE WAT GAAN ERF...   Hierdie punte kan in verskillende lesse behandel word, bv. "jy moet 'n kind wees" om te kan erf  (kyk tema "aanneming tot kinders" en hoe dit verkry kan word in Jesus Christus); of  bv. "moet geen kriminele rekord he nie" as jy wil burgerskap ontvang (kyk tema van bekering en skoonwassing); of bv. "jy moet wys dat jy vir die mense vd land omgee" as jy wil regeer (kyk tema van barmhartigheid, dien en deel);  ens. 


HIER IS 'N BIETJIE INLIGTING en SKRIFTE WAT MAG HELP IN DIE BESPREKINGS:
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------
aanneming tot kinders - Rom. 8:15,23; 9:4; Gal. 4:5
skoongewas: Openb. 1:5; Hebr. 10:22; Matt. 9:6; Rom. 4:7; 1 Joh. 1:9; 1 Joh. 2:12; Hebr. 4:14
geloof - Kol. 2:6; Joh. 11:25,26; Openb. 21:7 
lewe volgens geloof - Gal. 5:21; 1 Kor. 6:9 

Die wat hemelse burgerskap het verwys NIE na die wat "volgens die vlees wandel" nie (Ef. 2:11,12), maar verwys na mense wie se harte besny is.  In enige land waar burgerskap toegeken word aan vreemdelinge, word daar eers navraag gedoen oor karakter, kriminele rekord ens., selfs aan watter familie jy behoort! (sien bv. hier die belangrikheid van sondes afwas en die besluit om vir die Here te leef, asook hoe belangrik wedergeboorte is). Hierdie is belangrik wanneer mense gekies word om burgerskap te ontvang (en daarom het Jesus se bediening begin deur mense op te roep tot bekering, en kyk die belangrikheid vd besluit om Hom te volg/in Hom te glo). Vir iemand om in 'n land te bly, is bv. belangrik dat die persoon besluit om te leef volgens wat daardie land van jou verwag  (bekering en geloof), om jou ondergeskik te stel aan die wette, die kultuur te respekteer, ens. Die tema van "besnydenis vd hart (en ore)" is ook nie net iets wat die Here vir ons doen nie, maar is ook iets wat van onsself verwag word om te doen. In hierdie koninkryk moet ons bv. gehoorsaam wees aan die gesag wat oor ons gestel is...
 
Die volgende kan in 'n volgende les behandel word, nl. die tema van geestelike mense wat saam met Christus gaan regeer. Die wat in Jesus Christus glo het die belofte dat hulle eendag saam met Hom sal regeer, maar let wel dat nie almal wat "burgerskap" het hierdie belofte ook het nie... - slegs die wat oorwin sal dit ontvang. Bv., Christene is "konings en priesters" gemaak vir die Here... (Openb. 5:9,10; 19:5; 20:6; 22:5; Dan. 7:18);  maar natuurlik, net soos nie alle mense geskik is vir 'n regerings-amp nie, net so sal nie alle Christene geskik wees om saam met Christus te regeer nie!.Ten eerste behels regering dat jy moet sorg dra vir dit wat "aan 'n ander behoort" (Matt. 25:14);  bv., die Here vertrou sekere goed aan Sy kinders toe maar as ons nie nou getrou is in hoe ons dit bestuur nie, hoe kan ons verwag om eendag te erwe? (Luk. 16:12). Alles behoort aan die Here - niks wat ons nou het behoort aan onsself nie... Die vraag is, hoe bestuur jy dit wat nou aan jou toevertrou word?  Hoe wil die Here he moet jy dit wat Hy aan jou toevertrou, bestuur?  As jy bv. leierskap ontvang, is jy besig om te lei volgens hoe die Here wil? (bv. verstaan jy dat leierskap gaan oor "om te dien", nie om gedien te word nie;  is jy barmhartig?; lei jy hulle om die wil vd Here te doen?, ens. - is jy 'n priester vir die Here?).  Hoe wend jy die geld aan wat die Here aan jou toevertrou? Wat van gawes wat Hy aan jou gee?......ens.
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------