Saturday, May 6, 2023

Die volk van God - geslagslyne en identiteit (3) (LES 4)

VIR DIE VORIGE LES OOR HIERDIE ONDERWERP, GAAN NA:  https://sondagskooltuis.blogspot.com/2020/06/die-volk-van-god-identiteit-geslagslyne.html.

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Waaroor hierdie les gaan:

In die Skrif word die mensdom ingedeel in "natuurlike mense" en "geestelike mense". 
Natuurlike mense en geestelike mense dink en sien verskillend... - Hoekom?
Somtyds dink geestelike mense ook verskillend... - Hoekom?

L.w. dat hierdie les slegs BEDOEL IS OM 'N RIGLYN TE STEL VIR DIE PRAKTIESE AANBIEDING VAN SO 'N LES... (die onderwyser moet self seker maak dat hy oor die nodige kennis beskik om die tema te kan verduidelik en vrae te kan antwoord.

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
LES INLEIDING:
In die Skrif word die mensdom ingedeel in NATUURLIKE MENSE en GEESTELIKE MENSE.

Vir voorbereiding en 'n studie/skrifte hieroor kan die onderwyser die volgende pos behandel: http://warechristene.blogspot.com/2018/10/natuurlike-mens-geestelike-mens.html.

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
LES AAMBIEDING:
Moontlike vraag om in 'n groep te bespreek:
- Natuurlike mense dink en sien anders as mense wat weergebore is (bv., natuurlike mense sien die waarheid as DWAAS - hulle dink jy praat bog; dink jy is dwaas...).  
Wat dink jy is die rede hiervoor?;  m.a.w., wat is die groot verskil tussen natuurlike mense en geestelike mense?
Laat hulle hierdie in die groep bespreek.  Die antwoorde kan uitloop op redes soos (1) "hulle het nog nie die waarheid gehoor nie";  of (2) "natuurlike mense dink vleeslik";  of (3) iemand lieg vir homself - bv., hy weet wat is die waarheid maar ontken dit... ens. Hierdie is alles redes waarom mense somtyds die waarheid as dwaasheid sien, maar die groot verskil is "die Gees" - die wat die Heilige Gees ontvang het dink en sien anders!, en hulle beoordeel dinge op 'n geestelike manier.
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

INLIGTING VIR DIE ONDERWYSER (moontlike antwoorde en verduideliking):

Kort opsomming oor die verskil tussen natuurlike mense en geestelike mense:
NATUURLIKE MENSE verwys na die wat nie die Gees van God het nie - Jud. 1:10; 1 Kor. 2:14GEESTELIKE MENSE verwys na die wat wel die Gees van God het - 1 Kor. 2:14,15; 3:1). Alle geestelike mense (spesifiek verwysend na die wat die Heilige Gees het) kan soos 'n volk gesien word en het dieselfde identiteit (hulle is weergeborenes - is wel gebore as natuurlike mense, maar het burgerskap ontvang in die hemele - Fil. 3:2). Die manier hoe iemand die Heilige Gees kan ontvang, is deur Jesus Christus.  Hy is die Een wat mense vul met Sy Gees. Jy moet dus in Hom glo (jou tot Hom bekeer) voor Hy Sy Gees vir jou stuur!  Dus, as iemand nie die Gees van Christus het nie, behoort hy nie aan Hom nie (Rom. 8:9). Geestelike mense (die wat die Heilige Gees het) deel in geestelike dinge (soos 'n volk deel in talente en werke en kos en drank ens.);  bv., geestelike mense deel in geestelike gawes en bedieninge (wat hulle deur die Heilige Gees ontvang), geestelike werk (bediening vd evangelie deur die leiding vd Heilige Gees), geestelike spys en drank (wat nie net verwys na 'n maaltyd wat deur geestelike mense gedeel word nie, maar ook verwys na seremonies soos die nagmaal, en kos en water vir die innerlike mens). Geestelike mense kan dus gesien word soos mense wat "in die Gees" is (m.a.w. onder beheer van die Heilige Gees). Wanneer 'n gees in iemand ingaan, verander dit daardie persoon. Op dieselfde wyse verander die Heilige Gees iemand wanneer iemand Hom ontvang, en Hy verander sy hart en maak sy ore oop, en maak hom instaat om dinge te doen wat hy andersins nie kon doen nie, asook laat hom dinge verstaan wat hy nie voorheen verstaan het nie!

Almal word as natuurlike mense gebore, maar wedergeborenes word "geestelike mense" genoem (hoekom?, want hulle is weer gebore uit WATER en GEES - "geestelike mense" se sondes in afgewas en hulle het die Gees ontvang). 

Natuurlike mense neem nie die dinge vd Gees aan nie - (1Kor. 2:14 - "Maar die natuurlike mens neem die dinge van die Gees van God nie aan nie; want dit is vir hom dwaasheid, en hy kan dit nie verstaan nie, omdat dit geestelik beoordeel word").  Ons kan nie van iemand wat nie die Heilige Gees het nie, verwag om soos 'n geestelike mens te dink en redeneer nie.

Hier is 'n paar temas waarop ingekyk kan word en moontlik o.a. bespreek kan word in hierdie les:

Geestelike mense (die volk van God) is kundig oor die waarheid, maar natuurlike mense kan nie altyd "verstaan" nie want hulle is onkundig - maw, hulle uitkyk op die lewe is vleeslik (hulle bedink nie dinge geestelik nie). Hoe kan jy iets verstaan waarvan jy geen kennis het nie?  'n Volk kan ten gronde gaan sonder kennis! (Hos. 4:6). Hierdie kan vgl. word met die tema van wetend en onwetende sonde. Daar word bv. meer genade bewys teenoor die wat onwetend sondig as die wat wetend sondig - op dieselfde wyse moet ons geduldig wees met die wat nog nie die evangelie of die waarheid gehoor het nie, of die wat nog nie die Gees het nie en dus nie ditto insig het nie. Dit is natuurlik anders as iemand die waarheid ken maar sy hart verhard!, wat verwys na die wat wetend ongelowig bly (verwys na geroepenes wat ongelowig is). Hierdie is ongelukkig somtyds 'n verskynsel in die Christelike kerk. Mense wat hulle harte verhard, kan nie mooi "sien" nie (hulle verstaan nie altyd nie omdat hulle hulle harte verhard teen die waarheid). Hier is 'n paar temas waarop ingekyk kan word rakende hierdie onderwerp:

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

No comments:

Post a Comment

Note: Only a member of this blog may post a comment.