Sunday, January 14, 2024

Verskillende soorte liggame (9 - 12 jariges)(Les 1)

Hierdie is deel vd reeks oor "die mens" (die mensdom)(bedoel vir 9-12 jariges). 

In hierdie groep lesse word gekyk na soorte liggame:

- (LES 1) Verskillende wesens het verskillende soorte liggame.

- (LES 2) Die verskil tussen die natuurlike liggaam en die geestelike liggaam (mense).

- (LES 3) Die verskil tussen die natuurlike mens en die geestelike mens.  

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

LES 1:

(hierdie les is bedoel vir 9-12 jr., maar kan kombineer word met moeiliker temas vir ouer kinders, bv. "die Here se wingerd", "braak vir julle 'n braakland", ens.). 

VRAAG:  Wanneer die mens doodgaan verander sy liggaam oor tyd na stof/grond...  Hoekom dink julle is dit die geval;  m.a.w., hoekom verander die mens se liggaam spesifiek na "grond" wanneer hy doodgaan?  LEES Gen. 3:19: -("In die sweet van jou aangesig sal jy brood eet totdat jy terugkeer na die aarde, want daaruit is jy geneem. Want stof is jy, en tot stof sal jy terugkeer").      

ANTWOORD:  Want ons is uit stof/grond gemaak. 

Lees Gen. 2:7.

Die mens se liggaam is van grond gemaak, en wanneer iemand die laaste asem uitblaas gaan hy dood en sy liggaam sal met die tyd weer terug verander na grond... (Ps. 90:3; 104:29; Pred. 3:20).  Alle mense word met dieselfde soort liggaam gebore en is dus van dieselfde soort "grond" (is almal kinders van Adam). Jy sal merk dat ons in hierdie les DIE LIGGAAM van die mens (nl. ons vlees) vgl. met GROND.  In sommige skrifte in die Bybel word die mens se liggaam ook soos grond voorgestel... (gelykenis vd saaier; Hebr. 6:8; Matt. 13; Jer. 4:3; Hos. 10:12).  

'n Ander woord wat ook somtyds vir "liggaam" gebruik word is die woord "vlees" - die hele mensdom is van dieselfde SOORT VLEES - is van dieselfde soort "grond". 'n Term wat in die Skrif gebruik word om te beskryf hoe alle mense van dieselfde soort vlees is (nl. kinders van Adam), is die woorde "natuurlike mense" - alle mense word as "natuurlike mense" gebore;  wat beteken hulle is van dieselfde soort "grond"... (is kinders van Adam)(het "natuurlike liggame"). 

Vir die onderwyser: Die volgende paragraaf (in rooi) kan behandel word as daar genoeg tyd is in die klas, anders kan daar na die volgende paragraaf gespring word:

Maar die mens bestaan nie net uit 'n LIGGAAM (grond) nie, 

maar het ook 'n siel (wat soos saad/plant/boom voorgestel kan word),

en het ook 'n gees... (wat soos lig voorgestel kan word).  

Die mens bestaan uit LIGGAAM (grond), SIEL (saad/plant/boom) en GEES (lig)(1 Thess. 5:23). Die siel vd mens kan gesien word soos saad of plant wat in ons grond (in ons liggame) geplant word, wat GROEI soos 'n boom en later VRUG dra (in Matt. 13 word die mens bv. voorgestel soos saad wat in die wereld geplant word). Hierdie saadjie wat binne-in die liggaam geplant word word gewoonlik na verwys as "siel" (bv., in sommige skrifte word daar na die mens verwys as "liggaam en siel"-Matt. 10:28; Ps. 31:10), maar somtyds word daar ook na siel verwys as "gees" - in elke mens se binneste word 'n gees gevorm ("die gees vd mens"), wat groei en vrug dra (en let wel dat dit nie moontlik is sonder asem (gees/lig) nie)!, want net soos 'n plant lig nodig het om te kan lewe, net so het die siel vd mens lig of ASEM nodig om te kan lewe (en wanneer die Here die asem wat Hy gee terugtrek, gaan die mens dood). 

Die mens se liggaam verwys na die VLEIS EN BENE, maar die woord "liggaam" verwys eintlik na baie meer as dit in verskillende kontekste! ;  bv., familie, werke, voedsel, die self, klere, en naaktheid (vir 'n studie vir die onderwyser oor die Hebr. woord vir liggaam en hierdie betekenisse in konteks, gaan na:https://warechristene.blogspot.com/2019/05/die-liggaam.html). Die liggaam is maw ook iets wat kan aandui uit watter familie jy gebore is... (die term wat veral in die Skrif daarvoor gebruik word, is "vlees en been" - dna, ens.);  en kan ook verwys na wat die liggaam nodig het om aan die lewe te bly... nl. kos (en water); of verwys na die feit dat ons naak is en bedekking nodig het..., nl. klere, ens.  

Lees 1 Kor. 15:39-40. 

Daar is baie soorte lewende wesens, nie net mense, diere, voels en visse op aarde nie, maar ook ander wesens bo en onder die aarde - en almal het verskillende soorte liggame... - Wat beteken dit? Ons het gesien dat die woord "liggaam" baie betekenisse het en dit beskryf dus ook die verskil tussen verskillende soorte liggame;  bv., verskillende wesens stel verskillende "families" voor, verskillende wesens eet verskillende voedsels, verskillende wesens het nie dieselfde bedekking nie, ens. 

-Die mens se liggaam is bv. anders as diere se liggame; (as daar tyd is in die klas kan hieroor gesels word); 

-Die mens se liggaam is anders as engele se liggame... (of daar kan miskien eerder hieroor gesels word... - vir 'n studie oor engele, vir die onderwyser, gaan na: https://warechristene.blogspot.com/2018/06/engele.html). 

-En die natuurlike liggaam (waarin ons gebore is) is anders as die geestelike liggaam (wat vir weergeborenes belowe word, wat hulle eendag sal kry in die opstanding)(hierdie is nog 'n vb. wat gebruik kan word om te gesels oor verskillende soorte liggame... In hierdie geval kan daar dan gesels word oor die geestelike liggaam waarin Jesus opgestaan het uit die dood, of die liggaam waarin ons eendag in opgewek gaan word, nl. "verheerlikte liggame". Vir 'n studie oor hierdie soort liggaam, gaan na: https://warechristene.blogspot.com/2017/11/verheerliktegeestelikeonverganklike.html)(vir die onderwyser:  -let wel dat die verskil tussen die natuurlike liggaam en die geestelike liggaam ook behandel word in LES 2 van hierdie reeks lesse). 

- Nog 'n voorbeeld van ander soort wesens is die 4 lewende wesens bo in die hemel ( ...of hierdie vb. kan miskien gebruik word - die skrif kan voorgelees word in die klas - hierdie wesens is baie interessant!, rondom en in die middel van God se troon is daar 4 lewende wesens vol oë van voor en van agter, elkeen het 6 vlerke, en rondom en binne vol oë) (die 1ste lewende wese lyk soos 'n leeu, die 2de soos 'n kalf, die 3de het 'n gesig soos 'n mens, en die 4de is soos 'n arend wat vlieg... )(Openb. 4:6-8).

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Studies vir die onderwyser:

https://warechristene.blogspot.com/2019/05/die-liggaam.html

https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2021/12/algemene-vrae-oor-saligheid-lewe-of-dood.html

https://warechristene.blogspot.com/2018/06/dorings-en-distels-braak-vir-julle-n.html

https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2017/07/die-here-se-wingerd.html

No comments:

Post a Comment

Note: Only a member of this blog may post a comment.