Monday, February 14, 2022

Die volk van God - Identiteit / geslagslyne 2 (les 3)

Hierdie is deel vd boekie "die volk van God" (onder die tema van IDENTITEIT). 
Vir die eerste 2 lesse, gaan na: https://sondagskooltuis.blogspot.com/2020/03/die-volk-van-god-identiteitgeslagslyne.html.  

In hierdie les kyk ons meer spesifiek na: 
-hoe iemand hierdie identiteit (van "geestelike mens") kan verkry, en 
-wie dit is wat gekies word om dit te verkry - m.a.w., die klem is op SALIGHEIDHierdie pos is nie bedoel om noodwendig die antwoorde hierop te gee nie (want die onderwyser ken die antwoorde), MAAR BEDOEL OM 'N RIGLYN TE STEL VIR DIE PRAKTIESE AANBIEDING VAN SO 'N LES ('n meer logiese praktiese benadering om te verstaan hoe iemand deel word van die Here se geslag, en hoekom).
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
In 'n vorige les het ons die volgende geleer oor die identiteit van God se volk (hier volg 'n kort opsomming daarvan):
- Identiteit word nie net beskryf deur dinge soos taal en kultuur nie, maar ook deur GESLAG (m.a.w. uit watter geslag iemand gebore is). 
- Geestelike mense (Christene) is anders as natuurlike mense, want hulle word (weer)gebore uit onverganklike saad (soos mense gebore uit God se geslag) - en sal dus nie soos natuurlike mense (wat uit verganklike saad gebore is) doodgaan nie (verwys daarna dat hulle die tweede dood sal vryspring), en hulle het ook die belofte van opstanding in nuwe liggame wanneer Jesus terugkom (opstanding vd uiterlike mens in 'n nuwe onverganklike liggaam)(en sal so die dood oorwin). 
-Na regte word alle mense gebore as "natuurlike mense", maar die wat weergebore word word geestelike mense genoem (gebore uit water en Gees - verwys dus na die wie se sondesafgewas is en wie die Gees ontvang het) - hulle innerlike mens is vernuwe en hulle uiterlike sal ook vernuwe word wanneer Jesus terugkom.  Omdat hulle innerlike vernuwe is is hulle instaat om vrug te dra tot (ewige) lewe... (en het dus die belofte van ewige lewe en dat hulle nie deur die tweede dood sal gaan nie, maar dit word eers voltrek in die opstanding). 
- Geestelike mense se uiterlike sterf steeds want hulle uiterlike is nog nie vernuwe tot onverganklike liggame nie, maar hulle het die belofte dat hulle uiterlike ook vernuwe sal word wanneer Jesus terugkom.
- Geestelike mense (weergeborenes / die wat die Gees het) word reeds gesien as "gebore uit God" (deel van Sy geslag), maar hulle aanneming tot kinders word eers voltrek in die opstanding (vd uiterlike mens). Geestelike mense is m.aw. deel van God se familie (is uit Sy saad gebore) - is soos mense wat van Sy vlees en been is...
___________________________________________________________________________________
LES 3: 

(a) Bespreek in groep:
----------------------------
- As God vir Hom 'n volk sou kies uit al die nasies vd aarde, wat dink jy sou die kriteria wees waarop Hy hulle uitkies?  Gee tyd in die groep om hieroor te gesels. Die vraag kan miskien eers op 'n ander manier gevra word, bv. "as jy mense moes kies om saam met jou te regeer - wie sou jy kies?";  of, "watter kriteria sal jy gebruik om te kies wie burgers van jou land (koninkryk) word"?



DIE ONDERWYSER KAN INLIGTING VOORAF VERGADER VAN WAT IEMAND MOET DOEN OM BURGERSKAP IN 'N ANDER LAND TE VERWERF...;    OF WAT IS BELANGRIK IN POLITIEK, BV. WAT IS DIT WAT MENSE HOOG AG AS BELANGRIK WANNEER HULLE KIES WIE MOET IN DIE LAND REGEER...;    OF WATTER KRITERIA IS BELANGRIK VIR OUERS WANNEER HULLE BESLUIT WIE WAT GAAN ERF...   Hierdie punte kan in verskillende lesse behandel word, bv. "jy moet 'n kind wees" om te kan erf  (kyk tema "aanneming tot kinders" en hoe dit verkry kan word in Jesus Christus); of  bv. "moet geen kriminele rekord he nie" as jy wil burgerskap ontvang (kyk tema van bekering en skoonwassing); of bv. "jy moet wys dat jy vir die mense vd land omgee" as jy wil regeer (kyk tema van barmhartigheid, dien en deel);  ens. 


HIER IS 'N BIETJIE INLIGTING en SKRIFTE WAT MAG HELP IN DIE BESPREKINGS:
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------
aanneming tot kinders - Rom. 8:15,23; 9:4; Gal. 4:5
skoongewas: Openb. 1:5; Hebr. 10:22; Matt. 9:6; Rom. 4:7; 1 Joh. 1:9; 1 Joh. 2:12; Hebr. 4:14
geloof - Kol. 2:6; Joh. 11:25,26; Openb. 21:7 
lewe volgens geloof - Gal. 5:21; 1 Kor. 6:9 

Die wat hemelse burgerskap het verwys NIE na die wat "volgens die vlees wandel" nie (Ef. 2:11,12), maar verwys na mense wie se harte besny is.  In enige land waar burgerskap toegeken word aan vreemdelinge, word daar eers navraag gedoen oor karakter, kriminele rekord ens., selfs aan watter familie jy behoort! (sien bv. hier die belangrikheid van sondes afwas en die besluit om vir die Here te leef, asook hoe belangrik wedergeboorte is). Hierdie is belangrik wanneer mense gekies word om burgerskap te ontvang (en daarom het Jesus se bediening begin deur mense op te roep tot bekering, en kyk die belangrikheid vd besluit om Hom te volg/in Hom te glo). Vir iemand om in 'n land te bly, is bv. belangrik dat die persoon besluit om te leef volgens wat daardie land van jou verwag  (bekering en geloof), om jou ondergeskik te stel aan die wette, die kultuur te respekteer, ens. Die tema van "besnydenis vd hart (en ore)" is ook nie net iets wat die Here vir ons doen nie, maar is ook iets wat van onsself verwag word om te doen. In hierdie koninkryk moet ons bv. gehoorsaam wees aan die gesag wat oor ons gestel is...
 
Die volgende kan in 'n volgende les behandel word, nl. die tema van geestelike mense wat saam met Christus gaan regeer. Die wat in Jesus Christus glo het die belofte dat hulle eendag saam met Hom sal regeer, maar let wel dat nie almal wat "burgerskap" het hierdie belofte ook het nie... - slegs die wat oorwin sal dit ontvang. Bv., Christene is "konings en priesters" gemaak vir die Here... (Openb. 5:9,10; 19:5; 20:6; 22:5; Dan. 7:18);  maar natuurlik, net soos nie alle mense geskik is vir 'n regerings-amp nie, net so sal nie alle Christene geskik wees om saam met Christus te regeer nie!.Ten eerste behels regering dat jy moet sorg dra vir dit wat "aan 'n ander behoort" (Matt. 25:14);  bv., die Here vertrou sekere goed aan Sy kinders toe maar as ons nie nou getrou is in hoe ons dit bestuur nie, hoe kan ons verwag om eendag te erwe? (Luk. 16:12). Alles behoort aan die Here - niks wat ons nou het behoort aan onsself nie... Die vraag is, hoe bestuur jy dit wat nou aan jou toevertrou word?  Hoe wil die Here he moet jy dit wat Hy aan jou toevertrou, bestuur?  As jy bv. leierskap ontvang, is jy besig om te lei volgens hoe die Here wil? (bv. verstaan jy dat leierskap gaan oor "om te dien", nie om gedien te word nie;  is jy barmhartig?; lei jy hulle om die wil vd Here te doen?, ens. - is jy 'n priester vir die Here?).  Hoe wend jy die geld aan wat die Here aan jou toevertrou? Wat van gawes wat Hy aan jou gee?......ens.
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

No comments:

Post a Comment

Note: Only a member of this blog may post a comment.