Vir die vorige poste in hierdie reeks, gaan na:
- https://sondagskooltuis.blogspot.com/2014/07/a4-muurkaart-vertikaal-die-gelowige.html
- https://sondagskooltuis.blogspot.com/2024/07/die-gelowige-n-boom-2.html (vrug)
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
LES 1:
Vraag vir bespreking: Kinders van die Koninkryk word somtyds voorgestel soos saad wat in die wêreld gesaai word, om te groei en vrug te dra... In ander woorde, ons kan gelowiges miskien voorstel soos "bome" (Matt. 3:10; 13:6,21; 4:6,17; Luk. 3:9; ens.)(of word somtyds voorgestel soos visse). Nie almal in die koninkryk van God is goeie bome (visse) nie... LEES DIE VERHAAL IN Matt. 13:47-50. Wat ons in hierdie gedeelte leer is dat, wanneer Jesus Christus terugkom, gaan die goeies van die slegtes geskei word... (die regverdiges sal van die onregverdiges geskei word). Maar hoe weet ek of ek 'n goeie boom (vis) is, of 'n slegte?
Antwoord: BOME WORD AAN HULLE VRUGTE GEKEN. (Luk 6:43-46 - "Want dit is nie ‘n goeie boom wat slegte vrugte dra nie, en ook nie ‘n slegte boom wat goeie vrugte dra nie. Want elke boom word geken aan sy eie vrugte. Van dorings pluk ‘n mens tog nie vye nie, en ‘n mens sny ook nie druiwe van ‘n doringbos nie. Die goeie mens bring uit die goeie skat van sy hart te voorskyn wat goed is; en die slegte mens bring uit die slegte skat van sy hart te voorskyn wat sleg is; want uit die oorvloed van die hart spreek sy mond. En wat noem julle My: Here, Here! en doen nie wat Ek sê nie?"). Iemand se vrug wys wat se soort boom hy/sy is - 'n lemoen wys bv. dat dit 'n lemoenboom is, maar die lemoene van 'n lemoenboom vertel ook vir ons of 'n boom gesond is of nie, en of daardie boom genoeg kos, water en lig kry. WAT SE SOORT BOOM IS JY? 'n Doringbos kan bv. nie goeie vrugte (bv. vye of druiwe) dra nie... Op dieselfde wyse is geestelike mense veronderstel om goeie vrugte te dra (want hulle "grond" is vernuwe, en hulle word nou gesien asof gebore uit God se saad - hulle is weergebore, en is nie meer die bome wat hulle was nie - hulle is nie meer "natuurlike mense" nie, maar is nou "geestelike mense"); maar die waarheid is dat nie alle kinders van die Koninkryk weergebore is nie (Matt. 22:1-14), en sommige wat weergebore is bly nie in die Here nie! "Vrug" wys nie net (1) wat se soort boom (bv. geestelike of natuurlike mens) jy is nie, maar wys ook (2) hoe gesond jy (as 'n boom) is... Sommige weergeborenes lyk nie so goed nie, maar dit is nie noodwendig omdat hulle slegte vrug dra nie, maar kan wees omdat hulle vrug verloor of sonder vrug is (of is bv. besig om onder die dorings te saai...).
In plaas van om te vra of iemand goeie of slegte vrug dra, kan ons vra hoe iemand se hart lyk? - hoe dink en "sien" hy, want die manier hoe iemand dink en sien wys vir ons hoe sy hart lyk - wys hoe "gesond" hy geestelik is, en of hy die regte soort kos en water (nl. woord, waarheid, in die Here bly, ens.) kry, en of hy lig kry (nl. is in die Gees). DIE HART beinvloed hoe iemand optree (praat, doen, ens.). Dit is wat Jesus vir ons in bg. skrifgedeelte leer.
'n Weergeborene se vrug wys wat in sy hart aangaan, en of hy gesond is of nie.
Vrug is die loon vd hart... (is soos 'n prentjie van wat jou hart is).
(1) Goeie boom/'n goeie boom dra goeie vrugte: (Matt. 7:17). Waarna verwys goeie vrug? -(gedrag en woorde is soos dit wat by die bekering pas-Matt. 3:8)(verwys na die wat in die Here bly-Mark. 4:22)(het 'n goeie hart-Luk. 6:45)(die wat "wysheid van bo" het-Jak. 3:17). Weergeborenes word o.a. in die Skrif vgl. met KORING..., bv. waar dit in konteks spesifiek verwys na "geestelike mense". Die begrip "goeie boom" kan ook gebruik word vir geestelike mense, maar neem kennis dat nie alle geestelike mense goeie bome is nie! Is jy 'n goeie boom?; m.a.w., tree jy op soos 'n bekeerde? Praat jy soos 'n bekeerde? Bly jy in die Here? Wys jou doen en late, en hoe jy praat, dat jy 'n goeie hart het? Het jy wysheid van bo; m.a.w., glo jy liewer in die Here se woorde as in die wereld se woorde?, en is dit jou begeerte om die Here se wil te doen?, en laat jy jou deur Hom lei (is Hy die Een vir wie jy raadpleeg)?
(Joh 15:2) Elke loot wat in My nie vrug dra nie, neem Hy weg; en elke loot wat vrug dra, dié maak Hy skoon, sodat dit meer vrug kan dra.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(2) Slegte boom/'n slegte boom dra slegte vrugte: (Matt. 7:17). WAARNA VERWYS SLEGTE VRUGTE? "Slegte vrug " is 'n teken dat die boom NIE GOED is NIE (Luk. 6:43-46), en word gewoonlik in die Skrif in konteks gebruik met VALSES (bv. valse profete)(kyk ook valse broeders en valse leermeesters)(Matt. 7:15-20). "Slegte vrug" is m.a.w. 'n term wat meer in hierdie konteks gebruik word - nie alle vrug is bruikbaar nie, maar ook nie alle dele van 'n vrug nie... Slegte vrug verwys dus gewoonlik na valses, maar as net dele vd vrug sleg is, verwys dit na die wat vrug verloor... - die wat onder die dorings saai (wat self somtyds ander beinvloed om dit ook te doen)(slegte vrug word gewoonlik weggegooi, of dele daarvan word uitgesny). So 'n boom word gewoonlik gesien as "siek" - siekte in beeldspraak verwys gewoonlik na gelowiges wat in sonde of ongeregtigheid stap. In uiterste gevalle kan "siekte" selfs die dood van 'n boom veroorsaak! ("siekte" word gewoonlik in beeldspraak vgl. met sonde; dus "sonde tot die dood").
- Wat sal gebeur met valses? - kyk o.a. in op die temas van "valse profete", "onkruid", en "ingesluiptes".
- Wat sal gebeur met die waarvan slegs dele vd vrug sleg is? - kyk o.a. in op die temas van "siek" (kyk ook die onderwerp "harte verhard")(https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2020/05/hoe-siekte-vrug-affekteer.html), en "sonde tot die dood".
Slegte vrug is die teenoorgestelde van goeie vrug; maw, die persoon met slegte vrug dra nie die vrugte wat by die bekering pas nie...; hulle soek nie die wil van die Here nie of raadpleeg Hom nie...; hulle ken Hom nie... - hulle doen en late en die manier hoe hulle praat is nie die woorde van die Here nie maar is volgens eie wil, ens.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(3) Boom wat se vrug verstik is. Hierdie "bome" is ook in die vorige paragraaf kortliks aangeraak. Hulle het nie noodwendig slegte vrug nie, maar dele van die vrug kan sleg wees. Hulle verwys NIE na ongereddes (soos onkruid of ingesluiptes) nie, maar na geredde mense wat begin vrug dra maar dit verloor a.g.v. dorings in hulle lewens. Wanneer 'n kind van die Koninkryk sy vrug verloor, beteken dit dat sy vrug verstik is deur dorings... - dit wys m.a.w. dat hy "onder die dorings gesaai" het. Jesus het veral hierna verwys in die gelykenis van die saaier, die 3de groep daar beskrywe (is onvrugbaar of dra geen ryp vrug nie omdat die dorings die vrug of woord verstik het-Matt. 4:7; Mark. 4:19; Luk. 8:14); en Hy verduidelik ook waarna hierdie "dorings" verwys... / - DORINGS verwys na "sorge van hierdie wêreld", "verleiding van die rykdom", en "begeerlikhede in verband met die ander dinge/genietinge vd lewe"-Mark. 4:19/Luk 21:34)(die wat geen vrug dra, of geen ryp vrug nie, kan dus o.a. verwys na mense wat verstik word deur die sorge en rykdom en genietinge van die lewe).
Die boom wie se vrug verstik is, verwys na 'n LUI EN VERSTANDELOSE GELOWIGE (die wat nie ag gee op die pad van godsaligheid nie):(Spr. 24:30,31 - "Ek het by die land van ‘n lui man verbygeloop en langs die wingerd van ‘n verstandelose mens, en kyk, dit was heeltemal toegegroei van die dorings, sy oppervlakte was oordek met brandnekels en sy klipmuur omgegooi").
(Joh 15:2) Elke loot wat in My nie vrug dra nie, neem Hy weg; en elke loot wat vrug dra, dié maak Hy skoon, sodat dit meer vrug kan dra.
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Beeldspraak gebruik t.o.v. die mens of geestelike mens: Die liggaam is letterlik uit grond gemaak, maar die liggaam word ook somtyds figuurlik voorgestel met grond. In die gelykenis vd saaier word die mens bv. ook voorgestel soos grond (en saad daar verwys na woord), en sommige voorgestel soos "grond langs die pad", ander voorgestel soos "grond in rotsagtige plekke", ander soos "grond tussen dorings", en ander soos "goeie grond"... Heelwat ander bybelstudie kan op hierdie tema gedoen word, bv. "braak vir julle 'n braakland", ens. Die "huis van Israel" word o.a. ook voorgestel soos "die Here se wingerd" in Jes. 5:7. Vgl. dit ook met Mark. 12:1-12, - "die gelykenis vd man wat 'n wingerd geplant het". ELKE GELOWIGE KAN GESIEN WORD SOOS 'N BOOM WAT IN DIE HERE SE WINGERD GEPLANT WORD OM TE GROEI EN VRUG TE DRA. Terwyl die LIGGAAM (uiterlike mens) voorgestel kan word met "grond", kan die SIEL (innerlike mens) weer voorgestel word soos saad wat in hierdie grond geplant word (en groei en vrug dra...).
Daar is heelwat skrifte waar gelowiges so voorgestel word soos BOME, of soos saad wat in die wereld geplant word... (want saad bepaal wat sal opkom)(en die wat glo is soos koring wat deur die Here geplant word, maar "onkruid" word bv. deur die vyand geplant...)(Matt. 12:22; Luk. 3:9); of gelowiges hulle word voorgestel soos takke of lote... (Rom. 11; Joh. 15:5). Vergelyk hierdie alles met die beeldspraak in Jes. 5 waar die Here 'n druiwe-oes verwag, maar die wingerd wilde druiwe voortbring... Die Here het Sy wingerd omgespit en die klippe daar uitgehaal en dit beplant met edel wingerdstokke..., en Hy het verwag dat dit druiwe sou dra! Jesus het ook hierdie selfde soort beeldspraak gebruik in: (Joh. 15:1,2) - "Ek is die ware wynstok, en my Vader is die landbouer. Elke loot wat in My nie vrug dra nie, neem Hy weg; en elke loot wat vrug dra, dié maak Hy skoon, sodat dit meer vrug kan dra".
Wat se soort boom is jy? Meer presies, hoe beskryf jou vrug jou?
Die vrug wat ons dra beskryf ons geestestoestand, bv. is jy sleg of is jy goed (vgl. dit ook met die gelykenis waarin die koninkryk vd hemele voorgestel word met 'n net wat in die see gegooi word...Matt. 13:47-50 - "goeie en slegte visse"). Wat se soort vis / boom is jy?
Dit is nie net die "liggaam" wat beskryf wat se soort saad/plant/boom iets of iemand is (bv. "natuurlike mens" of "geestelike mens") nie, maar ook ons "vrug"! Christene se vrug beskryf wat se soort bome hulle is..., en veral ons geestelike gesondheidstoestand (bv., bly jy in die Here?; glo jy in Sy woorde?; ken jy Hom?; doen jy Sy wil?; ens.) - iemand se vrug is 'n getuienis van hoe sy hart lyk, en sy optrede en woorde kom "uit die hart" en wys wat is die gedagtes vd hart (Matt. 15:18,19; Mark. 7:21). Christene is op 'n pad van godsaligheid waarin hulle groei van baba/kind tot jongmens tot vader... Soos hulle groei dra hulle vrug, en dit is hierdie "VRUG" wat vir jou vertel hoedanig iemand se geestelike toestand is. Hierdie is alles beeldspraak wat in die Skrif gebruik word om die geestelike toestand van 'n Christen te beskryf. Wanneer 'n Christen begin vrug dra, vertel sy vrug baie van hom as "boom"/vis.
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
No comments:
Post a Comment
Note: Only a member of this blog may post a comment.