Showing posts with label vrug tot lewe. Show all posts
Showing posts with label vrug tot lewe. Show all posts

Tuesday, May 13, 2025

Verskillende soorte liggame (12-17 jariges)(Les 3)

Hierdie is deel vd reeks oor "die mens" (die mensdom)(bedoel vir 9-12 jariges). 

- (LES 1) Verskillende wesens het verskillende soorte liggame.

- (LES 2) Die verskil tussen die natuurlike liggaam en die geestelike liggaam.

IN HIERDIE LES:  (LES 3) - beskrywing van terme gebruik in hierdie stel lesse...

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------INLEIDING VIR DIE ONDERWYSER: Dit is belangrik vir die onderwyser om seker te maak dat uself instaat is om kortliks te kan verduidelik die verskil tussen verskillende terme wat in hierdie stel lesse gebruik word... - terme soos "liggaam, siel, gees", "natuurlike mens", "geestelike mens", "natuurlike liggaam", "geestelike liggaam", "uiterlike mens", en "innerlike mens".

Hieronder is 'n paar vrae opgestel om in die klas te behandel, wat kan help dat die kinders hierdie terme leer verstaan (klik gerus op die links gegee vir meer skrifte vir voorbereiding vir die onderwyser...).  Rol tot heel onder vir 'n opsomming waar bg. terme kortliks opgesom is. ----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

LES 3 van hierdie reeks:

KIES WATTER VAN DIE VOLGENDE VRAE BESPREEK WORD IN DIE KLAS. Die idee is om rustig te gesels oor hierdie onderwerpe sodat die onderwyser in die proses geleentheid kry om die terme aan die kinders te verduidelik.

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------HOE VERSKIL natuurlike mense VAN geestelike mense?:

VRAAG:  Die mensdom kan ingedeel word tussen "natuurlike mense" en "geestelike mense". Wat leer die Bybel is die verskil tussen NATUURLIKE MENSE en GEESTELIKE MENSE? (lees Jud. 1:10; 1 Kor. 2:14,15; 3:1)  

ANTWOORD:  Die groot verskil is dat natuurlike mense nie die Gees van God het nie (Jud. 1:10; 1 Kor. 2:14). Alle mense word as "natuurlike mense" gebore en dien die sonde en het nie die Heilige Gees nie, maar geestelike mense (maw, mense wat "oor gebore"/weergebore is, het die Heilige Gees ontvang).

Geestelike mense het die Gees van God (1 Kor. 2:14,15; 3:1; Gal. 4:6)Mense wat weergebore is word "geestelike mense" genoem, want hulle het die Heilige Gees! (hulle het die asem vd Gees) - en hulle dien die Gees! (is onder die wet van die Gees).  Geestelike/weergebore mense se (1) sondes is vergewe (hulle is vrygekoop van hulle slaafskap onder sonde en dien nie meer die sonde) en (2) het die Heilige Gees ontvang (is onder die wet van die Gees / dien die Gees).  


HOE PRESIES VERSKIL GEESTELIKE EN NATUURLIKE MENSE:

- VRAAG:  "Geestelike mense" verwys na mense wat weergebore is, en word o.a. ook na verwys as mense wat "uit God gebore" is... (1 Joh. 5:1,4)(asof  "uit Hom gebore", maar natuurlik nie fisies uit Hom gebore nie maar geestelik). Dink jy dat as iemand uit God gebore word hy anders sal wees as iemand wat uit 'n mens gebore is?  (ANTWOORD:  Ja). Hoe dink jy sal so iemand "anders wees"? (bespreek gerus hierdie in die groep, bv. "wees soos", "dink soos", erf karakter, ens.). 

-...OF DIE VRAAG KAN AS VOLG GESTEL WORD:  Weergebore mense (m.a.w., "GEESTELIKE MENSE" / mense wie se sonde afgewas is (water) en die Heilige Gees het (Gees)) is soos mense wat "oor gebore" is, maar hierdie keer nie uit Adam se saad nie maar uit God gebore... (lees Joh. 3:3-8; 1 Pet. 1:23).  Hoe dink jy sal iemand wees wat uit God se saad gebore is? Dink jy dat as iemand uit God gebore word hy anders sal wees as iemand wat uit 'n mens gebore is?

(vir die onderwyser vir 'n les wat by hierdie tema aansluit, gaan na: https://sondagskooltuis.blogspot.com/2020/02/die-volk-van-god-identiteit-geslagslyne_25.html ).

Laat die gesprek rigting aanneem... (bv. dat die wat weergebore word deur die Heilige Gees vernuwe word! - hulle begin dink en sien anders..., karakter verander, ens. Natuurlike mense het nie die Heilige Gees nie, so hulle dink en sien anders, maar geestelike mense (weergeborenes) het die Heilige Gees en hulle het dus die Here se saad in hulle;  maw, noodwendig gaan hulle anders wees want hulle het 'n ander pa! Weergebore mense/"geestelike mense" is en word vernuwe (is op 'n pad van godsaligheid) - in ander woorde, hulle innerlike mens is en word daagliks (deur die Heilige Gees) vernuwe... - 2 Kor. 4:6 (amper asof hulle nuwe harte gekry het en hulle uit ander saad, nl. uit God se saad gebore is... - hulle is "oor gebore", maar hierdie keer nie uit Adam se saad onder slaafskap van sonde nie, maar uit God se saad en is 'n slaaf van Jesus Christus, m.a.w. hulle dien die Gees).  Maar l.w. dat hulle uiterlike mens nog nie vernuwe is nie! (dit word eers vernuwe wanneer Jesus terugkom - kyk die tema vd opstanding). 

NS: Weergeborenes/geestelike mense dien die Gees (hulle is onder die Gees, en daarom kan hulle vrug "tot lewe" dra-Rom. 6:22(1 Joh. 5:18; 3:9)), maar natuurlike mense dien die sonde (hulle is onder slaafskap, is slawe van sonde - en daarom dra hulle vrugte vir die dood-Rom. 7:5).

ANTWOORD:   God kan nie doodgaan nie;  dus, logies gesproke sal die wat uit Hom gebore word ook nie doodgaan nie... (1Pe 1:23 - "want julle is wedergebore nie uit verganklike saad nie, maar uit onverganklike, deur die lewende woord van God wat tot in ewigheid bly"). ).  M.a.w., as jy uit Sy saad gebore is dan gaan jy vrug dra "tot lewe" en dus nie doodgaan nie. "Saad" bepaal wat se boom jy sal wees en wat se vrug jy gaan dra. As iemand gebore is uit God se saad dan is sy liggaam, wat terloops met grond vgl. kan word, soos grond waarin dit wat daarin groei nooit kan doodgaan nie - sien dus die belangrikheid van die opstanding!, wanneer geestelike mense nuwe onverganklike liggame kry. Omdat elk van ons uit 'n mens gebore is (is kinders van Adam) gaan ons net soos Adam ook dood, maar wanneer ons eendag opgewek word uit die dood (wanneer Jesus terugkom) en nuwe liggame kry, dan is ook ons liggame "asof uit God gebore" (soos ons innerlike huidiglik is). Alhoewel weergebore mense se huidige liggame nog nie vernuwe is nie, is hulle siel/innerlike mens vernuwe deur die Heilige Gees deur wie hulle alreeds kan vrug dra tot lewe... - en hulle word terloops alreeds gesien soos mense wat "uit God gebore is"!  (en het daarom die belofte van ewige lewe!, alhoewel dit eers volkome voltrek word wanneer hulle ook nuwe, onverganklike liggame kry)(1 Kor. 15).  

Geestelike mense word alreeds gesien soos mense wat "uit God gebore is" (weergebore mense is soos mense wat oor gebore is, maar hierdie keer uit God se saad, nie uit Adam se saad nie) - maar neem kennis dat 'n mens moet uit 'n mens gebore word om 'n mens te kan wees... Dus, om so "oor gebore" te word uit God se saad, moet dit duidelik na 'n mens verwys wat ook God is - en daar is net Een wat beide mens en God is en dit is Jesus Christus (die Seun van God, wat mens geword het ter wille van ons). Die wat in Jesus Christus glo is nie letterlik uit Sy saad gebore nie, maar wel geestelik "uit Hom gebore" - is Sy kinders... - hulle word gesien as "van Sy vlees en bene"! (Ef. 5:30) (https://warechristene.blogspot.com/2018/10/vlees-en-been-vlees-of-liggaam-en-bloed.html).  En siende die belofte van erfenis gemaak is aan die kinders van Abraham, word die wat in Jesus Christus glo (Sy kinders) ook ingedoop onder die kinders van Abraham... (onthou dat Jesus Christus is uit daardie geslag gebore - Abraham ...(Dawid) se geslag). Alhoewel geestelike mense dit op 'n geestelike manier verkry het, word hulle gesien as deel van Abraham se geslag...(Gal. 3:7, 26-29). "Kinders van Abraham" verwys wel na die fisies uit daardie geslag gebore, maar dit wys veral na die wat dit in die geloof is! - (Joh 8:39 - "Hulle antwoord en sê vir Hom: Ons vader is Abraham. Jesus sê vir hulle: As julle die kinders van Abraham was, sou julle die werke van Abraham doen"). 

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

DIE (1) VERSKIL TUSSEN natuurlike "mense" EN natuurlike "liggame";  en (2) DIE VERSKIL TUSSEN geestelike "mense" EN geestelike "liggame":

VRAAG:  Het "natuurlike mense" natuurlike liggame?;  en "geestelike mense" geestelike liggame?

ANTWOORD:  Nee. Beide natuurlike mense (die wat nie weergebore is nie) asook geestelike mense (weergeborenes) het natuurlike liggame... (l.w. dat die begrip "liggaam" verwys na die uiterlike mens, nie die innerlike mens nie). Natuurlike liggame is verganklik (gaan dood), maar geestelike liggame is onverganklik (gaan nie dood nie) - weergeborenes het nog nie onverganklike liggame nie! Alhoewel hulle innerlike daagsliks vernuwe word, word hulle uiterlike eers vernuwe in die opstanding wanneer Jesus terugkom (2 Kor. 4:6; 1 Kor. 15). Duidelik het geestelike mense (nl. weergeborenes) nog nie geestelike liggame nie, want hulle gaan steeds dood! (maw, hulle innerlike mens is wel vernuwe en word ook daagliks vernuwe, maar die uiterlike mens is nog nie vernuwe nie).  

Die natuurlike liggaam is die liggaam waarin ons almal gebore word... - almal word as "natuurlike mense" gebore en het natuurlike liggame wat doodgaan... Lees Gen 3:17-19: - "En aan die mens het Hy gesê: Omdat jy geluister het na die stem van jou vrou en van die boom geëet het waarvan Ek jou beveel het om nie te eet nie—vervloek is die aarde om jou ontwil; met moeite sal jy daarvan eet al die dae van jou lewe. Ook sal dit vir jou dorings en distels voortbring; en jy sal die plante van die veld eet. In die sweet van jou aangesig sal jy brood eet totdat jy terugkeer na die aarde, want daaruit is jy geneem. Want stof is jy, en tot stof sal jy terugkeer"). Jesus was anders, want alhoewel die soort liggaam waarin Hy gebore was 'n mens is (van Maria se kant af), was Maria bevrug deur die Heilige Gees... (nie deur 'n mens/man nie);  m.a.w., Jesus is 100% mens en 100% God !(en was dus nie soos ander mense in sonde gebore nie, maar het dieselfde vlees aangeneem..., so Hy kon wel versoek word soos mense). Alhoewel Hy nie veronderstel was om dood te gaan nie (want Hy was nie in sonde gebore nie en het ook geen sonde gehad nie), het Hy Sy lewe vrywilliglik afgele ter wille van ons... 1 Pet. 2:22-24; 3:18; 1 Kor. 5:21; Jes. 53:4-12; Rom. 8:3; 1 Joh. 3:5,16; Matt. 20:28; Joh. 10:15; 1 Pet. 2:24). 

Geestelike liggame is anders as natuurlike liggame... (is 'n ander soort liggaam as dit wat ons nou het/1 Kor. 15:54-57, en is dieselfde as die liggaam waarin Jesus opgestaan het uit die dood/Hy, die eersgeborene uit die dood...). Daar word ook na geestelike liggame verwys as "onverganklike" liggame (dit is onverganklik - kan nie doodgaan nie)(vir 'n studie hieroor vir die onderwyser, gaan na: https://warechristene.blogspot.com/2017/11/verheerliktegeestelikeonverganklike.html).Weergeborenes ("geestelike mense") het nog nie "geestelike liggame" nie (daarom gaan hulle steeds dood), maar het die belofte dat hulle eendag "geestelike liggame" (of verheerlikte, onverganklike liggame) sal kry... (nl. wanneer Jesus terugkom). Maar wat presies is dit dan wat vernuwe word wanneer iemand weergebore word?  - dit is die innerlike mens... (2 Kor. 4:6)(die uiterlike mens word eers vernuwe wanneer Jesus terugkom). Huidiglik is en word die wat weergebore word se innerlike mens vernuwe deur die Heilige Gees, en word daagliks ook vernuwe, en dit is waarom hulle instaat is om "vrug tot lewe" te dra! (vrug wat eendag vir hulle die ewige lewe kan oes), maar die ewige lewe word eers finaal geoes nadat die laaste vynand (nl. die dood) verslaan is - nl. in die opstanding... (wat verwys na die wat "opstaan tot lewe", nie die wat opstaan tot veroordeling nie-Joh. 5:29).

(https://sondagskooltuis.blogspot.com/2024/01/die-natuurlike-liggaam-en-die.html)(https://warechristene.blogspot.com/2017/11/verheerliktegeestelikeonverganklike.html).

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------DIE DOOD:

VRAAG:  Wat het God gesê sal met Adam en Eva gebeur wanneer hulle van die boom van kennis van goed en kwaad eet? Lees Gen. 2:17.

ANTWOORD: Hulle sou sterwe.. - God het hulle hierteen gewaarsku (Gen 2:17 - "maar van die boom van die kennis van goed en kwaad, daarvan mag jy nie eet nie; want die dag as jy daarvan eet, sal jy sekerlik sterwe").  

VRAAG:  Die mens bestaan nie net uit 'n UITERLIKE MENS (nl. die "liggaam") nie, maar het ook 'n INNERLIKE MENS ("siel" / gees vd mens / die mens van binne). Wat presies is dit wat sterwe wanneer die mens doodgaan? - is dit die uiterlike mens of die innerlike mens? 

ANTWOORD:  Wanneer die mens doodgaan is dit die uiterlike wat sterwe ("die liggaam"). Die mens se liggaam (die uiterlike mens) is van grond gemaak, en keer terug na grond wanneer dit doogaan (Gen. 3:19). Die Here formeer ook 'n gees in elke mens se binneste (Sag. 12:1) - jou gees (innerlike mens) is anders as die natuurlike liggaam/uiterlike mens - die mens van binne is gees, terwyl die uiterlike mens/liggaam is vlees. 

----------------------------

VRAAG:  Kan die innerlike mens ook sterwe? 

ANTWOORD: Die begrip "dood" verwys nie net na wanneer die liggaam (uiterlike mens) sterwe nie, maar ook na die "tweede dood"... (wanneer beide die "liggaam"/uiterlike mens asook die "siel"/innerlike mens verderf word)(Matt. 10:28; Openb. 20:14; 21:8). Die liggaam (uiterlike mens) is soos onvrugbare grond waarin alles wat daarin groei, doodgaan (dra vrugte vir die dood...).  Die innerlike mens word weer op beurt in die Skrif voorgestel soos saad wat groei tot 'n boom wat vrug dra, en het lig nodig om te kan lewe!  Sonder die lig/asem vd Heilige Gees kan iemand nie "lewe" nie (kan dus nie vrug dra tot lewe nie). Op beurt is die regte soort geestelike kos en water weer nodig om die geestelike mens aan die lewe te hou...

Die natuurlike mens nie die lig/asem vd Heilige Gees nie;  m.a.w., sy innerlike is nie instaat om vrug tot lewe te dra nie!, en sy grond (nl. die liggaam) is soos onvrugbare grond omdat hy nie die regte soort geestelike kos en water kry nie. So iemand kan nie die ewige lewe oes nie!, maar sal die dood oes. Wat die mens nodig het om te kan LEWE, is lig/asem (Gen. 2:7) en die regte soort geestelike kos en water om hom aan die lewe te hou. VIR 'N STUDIE HIEROOR VIR DIE ONDERWYSER (met skrifte), GAAN NA: https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2024/10/waarna-verwys-lig-kos-en-water-geestelik.html.

Die begrip "redding" verwys nie net na hoe die liggaam (Hebr. 9:13; 10:22) van die mens redding nodig het nie, maar ook die siel! (1 Pet. 1:9; 3:21; Hebr. 9:14; 10:22)(https://warechristene.blogspot.com/2020/08/bybelstudie-die-begrip-saligheid-oorsig.html). M.a.w., dit is nie net die uiterlike mens (liggaam) wat sterf nie, maar ook die innerlike mens, nl. die siel sal verderf word as iemand nie redding kry nie...  Bv., wanneer die mens sterf, verwys dit gewoonlik na die uiterlike mens wat doodgaan en vergaan in die graf (is in sonde gebore en dra vrugte vir die dood), maar wat gebeur dan met die gees (die innerlike mens)? - die innerlike mens wag dan op die tweede dood... - tensy iemand redding kry! Die wat redding kry het die belofte dat hulle nie deur die tweede dood sal gaan nie (Openb. 2:11; 20:6), en het ook die belofte van opstanding eendag! (hulle liggame sal opgewek word uit die dood in nuwe onverganklike liggame). In hierdie opsig is dit nie net die uiterlike mens (beskryf "liggaam, siel en gees" FISIES) wat sal doodgaan nie, maar ook die die innerlike mens (die gees vd mens / beskryf "liggaam, siel en gees" GEESTELIK) sal verderf word as die mens nie redding kry nie. Dit is dus nie net ons LIGGAME (Hebr. 9:13; 10:22) wat redding (van die dood) nodig het nie, maar ook ons SIELE (het redding nodig van ons slaafskap onder sonde-Rom. 7:14; Ps. 51:5; Job 15:14; Rom. 6:20; Joh. 8:34, want hierdie slaafskap veroorsaak dat ons vrugte dra vir die dood)(1 Pet. 1:9; 3:21; Hebr. 10:22)(https://warechristene.blogspot.com/2020/08/bybelstudie-die-begrip-saligheid-oorsig.html). Die wat die Gees dien is nie meer onder slaafskap van sonde nie, maar is slawe/diensknegte van Jesus Christus (Rom. 7:3-6; Gal. 4:1,7-9; 1:10; 1 Kor. 6:19,20)(https://warechristene.blogspot.com/2018/12/lewende-wese-lewende-siel-menslike.html). Die weergeborene se liggaam behoort ook aan Christus;  m.a.w., omdat hy die Here dien (en nie die sonde nie) het hy die belofte van opstanding in 'n nuwe liggaam eendag (https://warechristene.blogspot.com/2017/11/verheerliktegeestelikeonverganklike.html).

----------------------------

VRAAG:  Is die dood verskillend vir natuurlike mense as vir geestelike mense?

ANTWOORD:  NATUURLIKE MENSE se uiteinde is (1) die dood, asook die (2) tweede dood!  "Dood" verwys na wanneer die uiterlike mens sterwe - natuurlike mense sal nie deel he aan die opstanding waarin mense onverganklike liggame kan kry nie - hulle sal wel herlewe op 'n ander tyd, en die wie se name nie in die boek vd lewe is nie sal in die poel van vuur gewerp word, ook genoem "die tweede dood". Die term "tweede dood" verwys dus nie net na die herleefde liggaam wat verderwe word nie, maar ook die siel sal verderwe word (vir die wat nie redding kry nie).  Dit is die uiteinde van "natuurlike mense"... (hulle dra vrugte vir die dood - beide liggaam en siel sal in die poel van vuur verderf word).               GEESTELIKE MENSE aan die ander kant het die belofte (1) dat al sterf hulle, sal hulle eendag opstaan uit die dood in onverganklike liggame wanneer Jesus terugkom, en (2) hulle het ook die belofte dat hulle nie deur die tweede dood sal gaan nie! Die geestelike mens se innerlike mens ("siel") is vernuwe en kan dus nie doodgaan nie omdat hy vrug dra tot (ewige) lewe - solank hy sy vrug behou! (kyk gelykenis vd saaier)(hulle het dus die belofte dat hulle nie deur die tweede dood sal gaan nie, maar l.w. dat hulle liggame nog nie vernuwe nie, dus; logies gesproke sterf hulle uiterlike mens steeds). Die geestelike mens se uiteinde is dus ook  (1) die dood (vd "liggaam"), maar anders as natuurlike mense het hulle die belofte van nuwe onverganklike liggame! (hulle huidige liggame is soos 'n tempel van die Heilige Gees, en die Gees hou dit in bewaring tot die dag van opstanding)(hulle kry ook die regte soort geestelike kos en water wat hulle in die lewe hou en hulle grond vrugbaar maak)(sien ook die tema van "die opstanding" - geestelike mense wat vashou aan die geloof sal nie in dieselfde soort liggame opstaan nie);  dus, al gaan geestelike mense dood (liggaam sterwe) het hulle die belofte dat hulle vir ewig sal lewe - die wat deel het aan die "eerste opstanding" sal NIE deur die tweede dood gaan nie. 

Vir studie en skrifte vir die onderwyser, gaan na:

https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2021/12/algemene-vrae-oor-saligheid-lewe-of-dood.html

-https://warechristene.blogspot.com/2020/05/wat-gebeur-met-die-mens-wanneer-hy.html

-https://warechristene.blogspot.com/2023/11/die-eerste-opstanding.html

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

VIR DIE ONDERWYSER:

Poste en skrifte rakende bg. onderwerpe:



FEITE KORTLIKS BESKRYF:

Natuurlike mense dra vrugte vir die dood (is kinders van Adam - in sonde gebore/dien die sonde)(Rom.7:5; Rom. 6:6).  

Geestelike mense dra vrug tot (ewige) lewe (is kinders van Jesus - uit God gebore/sonde afgewas en dien die Gees )(Tom. 6:22; Jud. 1:21; 1 Tim. 6:19; ens.). 

https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2021/12/algemene-vrae-oor-saligheid-lewe-of-dood.html

-----------

Die mens kan beskryf word deur die term "liggaam, siel en gees":

- Waar die mens FISIES deur "liggaam, siel en gees" beskryf word, verwys dit na die UITERLIKE MENS.

- Waar die mens GEESTELIK deur "liggaam, siel en gees" beskryf word, verwys dit na die INNERLIKE MENS.

https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2025/01/verskil-tussen-uiterlike-innerlike-mens.html

https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2024/08/liggaam-siel-en-gees.html

-----------

"Natuurlike" of "geestelike" LIGGAAM verwys na "soort liggaam".

"Natuurlike" of "geestelike" MENS verwys na of iemand die Heilige Gees het of nie (en dus na wat se soort natuur hy het).

Ons moet onderskei tussen die begrippe "natuurlike liggaam" en "natuurlike mens", want alhoewel alle mense met natuurlike liggame gebore word (en doodgaan), word daar nie na weergebore mense verwys as natuurlike mense nie, maar geestelike mense. M.a.w., die "natuurlike liggaam" verwys na die soort liggaam waarmee almal gebore word..., terwyl die term "natuurlike mens" nie verwys na die soort liggaam wat ons het nie, maar is baie spesifiek beskrywend van die wat nie die Heilige Gees het nie. 

Net so moet daar dus onderskei word tussen die begrippe "geestelike liggaam" en "geestelike mens", want geestelike mense het bv. nie outomaties geestelike liggame nie, alhoewel hulle die belofte het dat hulle eendag geestelike liggame sal kry! Die term "geestelike liggaam" verwys na die soort liggaam wat weergeborenes eendag sal kry (huidiglik het hulle nog natuurlike liggame);  die term "geestelike mens" verwys nie na die soort liggaam wat iemand het nie, maar verwys na mense wat die Heilige Gees het.

geestelike liggaam: https://warechristene.blogspot.com/2017/11/verheerliktegeestelikeonverganklike.html

-----------

Die mens bestaan uit gees, siel en liggaam (1 Thess. 5:23):-  Sou ons "gees, siel en liggaam" vgl. met saad wat in grond geplant word en groei en vrug dra, en lig nodig het, dan kan ons die volgende opsom (hou ook in gedagte dat die woord "liggaam" somtyds bloot gebruik word vir die uiterlike mens, en die woord "siel" somtyds bloot gebruik word vir die innerlike mens). Kom ons kyk na waar "liggaam, siel en gees" in konneksie gebruik word met "natuurlike of geestelike mens":

Die liggaam (verwys na die "UITERLIKE MENS") kan vgl. word met GROND (Hebr. 6:7/Jak. 5:7). NATUURLIKE MENSE het NATUURLIKE LIGGAME (en gaan dood). GEESTELIKE MENSE het ook nog natuurlike liggame en gaan dood, maar HET DIE BELOFTE VAN GEESTELIKE LIGGAME eendag.

Die siel (verwys na die "INNERLIKE MENS"/die mens van binne) kan vgl. word met 'n PLANT/BOOM wat groei en vrug dra (die natuurlike mens dra vrugte vir die dood-Rom. 6:21; 7:5)(die geestelike mens dra vrugte tot lewe-Rom. 6:22; Kol. 1:10; Joh. 4:36; 12:24). NATUURLIKE MENSE SE SIELE IS NIE VERNUWE NIE (hulle het "ou harte"), en hulle dra vrugte vir die dood.  GEESTELIKE MENSE SE SIELE IS VERNUWE (hulle het "nuwe harte"), en hulle dra vrugte tot lewe  (Bestudeer die tema "ou en nuwe mens").  

- G/gees/asem kan vergelyk word met LIG - Jak. 2:26 (die liggaam en siel het lig nodig om te kan lewe).  DIE NATUURLIKE MENS HET DIE "GEES VD WERELD".  DIE GEESTELIKE MENS HET "DIE GEES VAN GOD"/DIE HEILIGE GEES.


Nog ander terme kortliks verduidelik (hierdie is net 'n opsomming - klik asb op die links vir skrifte):

- Die wat UIT GOD GEBORE is word "geestelike mense" genoem (is nie meer "natuurlike mense" nie). 

- NATUURLIKE MENSE is nie weergebore nie;  m.a.w., hulle sondes is nie vergewe nie en hulle het nie die Gees van God ontvang nie (natuurlike mense is gebore uit Adam se saad en dien die sonde en hulle uiteinde is die dood, maar geestelike mense is soos mense wat uit God se saad gebore is en hulle uiteinde is die lewe). God het 'n weg geskep waar "natuurlike mense" WEER GEBORE kan word!, en hierdie weg is deur Sy seun Jesus Christus, en word verkry deur geloof in Hom. Die wat deur Hom gered word is soos mense wat "weer of oor gebore" word, maar hierdie keer uit God se saad... (en dit gebeur deur water en Gees - hulle word skoongewas en ontvang die Heilige Gees). Weergeborenes het die belofte dat hulle ook NUWE LIGGAME sal kry - al gaan hulle dood, sal hulle die dood oorwin!;  m.a.w., hulle sal eendag opgewek word uit die dood en nuwe liggame kry (wat duidelik 'n ander soort liggaam sal wees - genoem "verheerlikte liggame"). Net soos die mens nie kan leef sonder asem nie,  op ditto wyse is die Heilige Gees soos asem vir die geestelike mens (wat hom dus aan die lewe hou). WEERGEBORE MENSE se uiterlike mens word wel eers vernuwe wanneer Jesus terugkom (in die komende opstanding), maar hulle innerlike mens is alreeds vernuwe - dit beteken dat hulle alreeds kan begin vrug dra tot ewige lewe... (en word dus alreeds verwys na mense wat die ewige lewe het!). M.a.w., hulle dra vrug wat vir hulle eendag die ewige lewe sal gee... -die Skrif noem dit "vrug tot lewe" of "vrug tot ewige lewe"  (maar natuurlike mense dra "vrugte vir die dood") - weergebore mense se uiterlike kan gesien word soos vrugbare grond omdat die Heilige Gees in hulle liggame woon - alhoewel hulle liggame nog nie vernuwe is nie, laat die Gees vrugbare plante opkom. 

- DIE LIGGAAM (voorgestel as "grond"... - en is immers uit grond gemaak!):  Wat die mens se oorsprong aanbetref is alle mense gebore uit Adam se saad.  Beide natuurlike en geestelike mense het huidiglik "natuurlike liggame", maar geestelike mense (weergeborenes / gereddes) sal eendag ook "geestelike (onverganklike) liggame" kry. Die mens se liggaam kan vgl. word met GROND, siende Adam uit grond gemaak is. Na die sondeval kan Adam se liggaam vgl. word met grond waarin alles wat daarin groei, doodgaan. Op die oomblik het almal van ons "natuurlike liggame", en die uiteinde van 'n natuurlike liggaam is die dood (dit is soos grond waarin alles wat daarin groei, doodgaan - dit dra "vrugte vir die dood"), maar die wonderwerk vir die weergeborene is dat hulle liggame kan plante voortbring wat nie doodgaan nie! Geestelike mense is m.a.w. instaat om vrute te dra "tot lewe"!  Daarom word geestelike mense ook in die Skrif beskryf as mense wat alreeds doodgegaan het en opgestaan het in 'n nuwe liggaam (en hierdie word deur die Christelike doop voorgestel), en wat hulle liggame aanbetref is dit soos 'n tempel, 'n tempel van die Heilige Gees, en die Gees hou hulle in bewaring tot die dag van opstanding

- Die term "DOOD": Alle mense gebore uit Adam is "natuurlike mense" genoem en gaan dood. Maar die term dood verwys nie net na wanneer die liggaam doodgaan nie, maar ook na die "tweede dood" (wanneer beide liggaam en siel in die poel van vuur gewerp word). Weergebore mense (wie se sondes vergewe is en die Heilige Gees ontvang het) se siele is alreeds vernuwe, maar hulle liggame is nog nie vernuwe nie (alhoewel hulle sonde vergewe is en die Gees bly in hulle liggame).  Hulle kan alreeds vrug dra tot ewige lewe, maar hulle liggame gaan steeds dood omdat dit nog nie vernuwe is nie.  Wanneer hulle liggame ook vernuwe is, dan is die dood finaal oorwin, en hulle het die belofte dat hulle nie deur die tweede dood gaan nie (Openb. 20:5,6)(sien onderwerp "eerste opstanding"). 

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Thursday, July 4, 2024

Die gelowige 'n boom - interessante vrae vir lekker gesels (bybelstudie 12 jaar tot volwassenes)

Hierdie is deel van die boekie "die gelowige 'n boom" (bedoel vir bybelstudie 12 jaar tot volwassenes).

Vir die vorige lesse in hierdie reeks, gaan na:

https://sondagskooltuis.blogspot.com/2014/07/a4-muurkaart-vertikaal-die-gelowige.html

https://sondagskooltuis.blogspot.com/2024/07/die-gelowige-n-boom-2.html

https://sondagskooltuis.blogspot.com/2024/07/die-gelowige-n-boom-3-wat-se-soort-boom.html

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

LES 1:

(hierdie les is opgestel met 'n klomp vrae vir lekker gesels) (let op die links waarop geklik kan word vir verderde studie vir die leier...)

(1) Vraag vir bespreking:  Alle mense is soos saad wat in die wereld geplant word, en (soos 'n boom) groei en dra vrug... Maar vir wie dra ons hierdie vrugte? want die waarheid is dat ons doodgaan!;  m.a.w. almal dra eintlik VRUGTE VIR DIE DOOD... (Rom. 7:5) - asof hulle lewe tot niks kom. Hoekom is dit die geval? - hoekom gaan alle mense dood? - m.a.w., hoekom dra die natuurlike mens vrugte vir die dood? Antwoord: Alle mense word "in sonde" gebore (Ps. 51:7), want hulle is kinders van Adam...  Adam was 'n slaaf (van sonde)(2 Pet. 2:19; Joh. 8:34), en noodwendig sal sy kinders ook as slawe gebore word. Dit is hoe dit in die lewe werk - as jou ouers slawe is word jy noodwendig ook as 'n slaaf gebore. M.a.w., almal uit Adam gebore, is (net soos hy) slawe (slawe van sonde)...., en as jy 'n slaaf is van sonde is jou uiteinde die dood (God het vir Adam gewaarsku dat as hulle vd boom van goed en kwaad eet, hulle sal doodgaan - dit is hoe Adam 'n slaaf geword het van sonde, en waarvan die uiteinde is die dood). Die loon vd sonde is die dood - as jy die sonde dien dan sal jy doodgaan. In daardie opsig kan die dood gesien word as die mens se groot vyand (1 Kor. 15:15,17). 

(2) Vraag vir bespreking:  Hoe sou jy slaafskap beskryf?  Wat beteken dit om 'n slaaf te wees? En hoe beinvloed hierdie antwoord die feit dat die mens gebore word as slawe van sonde?  Antwoord:  Hierdie tema gaan veral oor 2 dinge, nl. slaafskap en vrug: - (1) Wie dit is wat gedien word?; - wie is dit van wie jy 'n slaaf is?; vir wie dien jy?; aan wie behoort jy? (1 Kor. 7:22; 2 Pet. 2:19) - wie is die slaaf se meester?. (2) Gehoorsaamheid - wie jy gehoorsaam is 'n bewys van wie dit is vir wie jy dien... (Matt. 7:17-20).'n Slaaf het 'n meester vir wie hy dien/gehoorsaam. Die natuurlike mens DIEN die sonde / is gehoorsaam aan die sonde (en het daarom vrymaking van hierdie slaafskap nodig!;  m.a.w., die "liggaam van sonde" moet tot niet gemaak word sodat ons nie meer die sonde dien nie... - Rom 6:6). Natuurlike mense is dus "slawe van die verdorwenheid" - word almal gebore as "slawe onder sonde", wat dus beteken hulle is "diensknegte van sonde" (Joh. 8:34; Ps. 51:7; Rom. 6:12,13);  maar geestelike mense (die wat vrygekoop is) is slawe van die meester deur wie hulle losgekoop is, m.a.w. "slawe van Christus"!- hulle behoort nou aan Hom, en hulle dien Hom (1 Kor. 3:23; Rom. 14:8; 1 Kor. 7:22). Selfs die vrygekoopte se liggaam behoort aan Christus (Kol. 2:17)(1 Kor. 6:19,20 - "Of weet julle nie dat julle liggaam ‘n tempel is van die Heilige Gees wat in julle is, wat julle van God het, en dat julle nie aan julself behoort nieWant julle is duur gekoop. Verheerlik God dan in julle liggaam en in julle gees wat aan God behoort"). Wat dit beteken is dat geestelike mense dien/is gehoorsaam aan die Here (nie aan die sondige natuur nie). Dit is wat dit beteken om vrygekoop te wees - dit gaan oor wie jy gehoorsaam en na wie jy luister. 

(3) Vraag vir bespreking:  Gaan alle mense dood?  Antwoord? Ja, alle mense gaan dood, maar ons moet verstaan dat die term "dood" nie net verwys na wanneer die uiterlike mens sterwe nie, maar ook verwys na die "tweede dood".  Die mens bestaan uit 'n uiterlike mens (word ook na verwys as "die liggaam") en 'n innerlike mens (word ook na verwys as "siel", somtyds "gees vd mens");  m.a.w., wanneer iemand doodgaan is dit die uiterlike mens wat sterwe (nie jou innerlike nie).  Daar is ook 'n tweede dood wat op die mens wag sou hy nie redding kry nie, en dit is wanneer beide die liggaam (uiterlike mens) en siel (innerlike mens) in die poel van vuur verwoes word (ook genoem, "die oordeel vd hel"). Die mens is dus nie net vir oordeel bestem nie, maar vir die ewige oordeel (tweede dood), en het dus redding nodig! (redding nodig van hierdie toorn)(1 Thess. 5:9) / Die begrip saligheid verwys nie net na saligheid van die siel nie, maar ook na saligheid van die liggaam - sien die belangrikheid vd komende opstanding (saligheid vd siel - 1 Pet. 1:9; 3:21; Hebr. 10:22)(saligheid vd liggaam - Hebr. 9:13; 10:22).

(4) Vraag vir bespreking: Die mensdom kan ingedeel word in natuurlike mense en geestelike menseWat is die verskil tussen "natuurlike mense" en "geestelike mense"?  (lees Jud. 1:10; 1 Kor. 2:14,15; 1 Kor. 3:1).  Antwoord:  Almal word as natuurlike mense gebore;  m.a.w. is kinders van Adam en word in sonde gebore (en het dus redding nodig) - natuurlike mense is "vleeslik" / "sinnelik"... (Jud. 1:19; 1 Kor. 2:14; Spr. 12:10; 1 Kor. 3; Job 25:4).  Die begrip geestelike mense verwys weer na die mense wat redding verkry het - hulle is vrygekoop van hulle slaafskap (onder sonde) en word nou gesien soos mense "wat uit God gebore is" (1 Joh. 5:1)(wat veral verwys na hulle innerlike mens wat vernuwe is en dus alreeds vrug kan dra TOT LEWE, en dus die belofte het dat hulle nie deur die tweede dood sal gaan nie.  Hulle uiterlike mens is nog nie vernuwe nie! - daarom gaan die liggaam steeds dood.., maar hulle het die belofte dat hulle uiterlike ook vernuwe sal word in die opstanding wanneer Jesus terugkom - hulle sal opstaan "tot lewe"!) - hulle word gesien soos mense wat "weer gebore" is (al verwys dit huidiglik meer na die innerlike, nog nie die uiterlike nie). Weergebore mense se sonde is vergewe en hulle het die Heilige Gees ontvang - hierdie is die groot verskil tussen natuurlike mense en geestelike mense. , en dit beinvloed natuurlik die manier hoe hulle "sien en dink". Natuurlike mense het nie die Gees nie en dink en sien dus soos die wereld;  geestelike mense het die Gees (van God) en dink en sien dus anders! (sien soos die Here/glo in Hom, Sy woorde - het wysheid van bo). Geestelike mense word o.a. gesien as met 'n "goddelike natuur", en gesien soos die familie van Jesus Christus (hulle is van Sy been)(2 Pet. 1:4; Joh. 3:5,9; 1 Joh. 4:7; 5:4). Geestelike mense dra dus VRUGTE TOT LEWE (dra vrugte vir die Here - Hy gee vir hulle die lewe/Rom. 7:4), want hulle is LOSGEKOOP van hulle slaafskap (onder sonde)(1 Kor. 7:23; Gal 5:1; Rom. 6:17,18);  terwyl natuurlike mense nie instaat is om hierdie soort vrug (tot lewe) te dra nie (Rom. 6:21-23)(die natuurlike mens kan nie deur goeie werk hierdie soort vrug dra wat vir hulle die ewige lewe gee nie - niemand kan dit deur werke ontvang nie, want (1) sy sondes is nog nie afgewas nie en hy is dus oppad na die dood,  en (2) hy is steeds 'n slaaf van sonde. Iemand moet dus skoonkom en gehoorsaam word aan die Here..., en dus aan Sy Gees, voor hy kan vrug tot lewe dra). Daarom is GEHOORSAAMHEID belangrik!, want dit wys wie dit is vir wie jy dien. Geestelike mense luister na die Here, luister na die Heilige Gees. Geestelike mense verkry 'n goddellike natuur (2 Pet. 1:4; 1 Joh. 3:9) - hulle is vry van die vorige natuur en dink nie meer vleeslik nie, maar beoordeel dinge op 'n geestelike manier (hulle "dink en sien" anders). 

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Die gelowige 'n boom (3) - Wat se soort boom is jy? (12 jaar tot volwassenes)

Vir die vorige poste in hierdie reeks, gaan na:

- https://sondagskooltuis.blogspot.com/2014/07/a4-muurkaart-vertikaal-die-gelowige.html

- https://sondagskooltuis.blogspot.com/2024/07/die-gelowige-n-boom-2.html (vrug)

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

LES 1: 

(Wat se soort boom is jy?;  m.a.w., wat se soort vrug dra jy?)

Vraag vir bespreking:  Kinders van die Koninkryk word somtyds voorgestel soos saad wat in die wêreld gesaai word, om te groei en vrug te dra...  In ander woorde, ons kan gelowiges miskien voorstel soos "bome" (Matt. 3:10; 13:6,21; 4:6,17; Luk. 3:9; ens.)(of word somtyds voorgestel soos visse). Nie almal in die koninkryk van God is goeie bome (visse) nie... LEES DIE VERHAAL IN Matt. 13:47-50. Wat ons in hierdie gedeelte leer is dat, wanneer Jesus Christus terugkom, gaan die goeies van die slegtes geskei word... (die regverdiges sal van die onregverdiges geskei word). Maar hoe weet ek of ek 'n goeie boom (vis) is, of 'n slegte?

Antwoord: BOME WORD AAN HULLE VRUGTE GEKEN.  (Luk 6:43-46 - "Want dit is nie ‘n goeie boom wat slegte vrugte dra nie, en ook nie ‘n slegte boom wat goeie vrugte dra nie. Want elke boom word geken aan sy eie vrugte. Van dorings pluk ‘n mens tog nie vye nie, en ‘n mens sny ook nie druiwe van ‘n doringbos nie. Die goeie mens bring uit die goeie skat van sy hart te voorskyn wat goed is; en die slegte mens bring uit die slegte skat van sy hart te voorskyn wat sleg is; want uit die oorvloed van die hart spreek sy mond. En wat noem julle My: Here, Here! en doen nie wat Ek sê nie?"). Iemand se vrug wys wat se soort boom hy/sy is - 'n lemoen wys bv. dat dit 'n lemoenboom is, maar die lemoene van 'n lemoenboom vertel ook vir ons of 'n boom gesond is of nie, en of daardie boom genoeg kos, water en lig kry.  WAT SE SOORT BOOM IS JY?  'n Doringbos kan bv. nie goeie vrugte (bv. vye of druiwe) dra nie... Op dieselfde wyse is geestelike mense veronderstel om goeie vrugte te dra (want hulle "grond" is vernuwe, en hulle word nou gesien asof gebore uit God se saad - hulle is weergebore, en is nie meer die bome wat hulle was nie - hulle is nie meer "natuurlike mense" nie, maar is nou "geestelike mense");  maar die waarheid is dat nie alle kinders van die Koninkryk weergebore is nie (Matt. 22:1-14), en sommige wat weergebore is bly nie in die Here nie! "Vrug" wys nie net (1) wat se soort boom (bv. geestelike of natuurlike mens) jy is nie, maar wys ook (2) hoe gesond jy (as 'n boom) is... Sommige weergeborenes lyk nie so goed nie, maar dit is nie noodwendig omdat hulle slegte vrug dra nie, maar kan wees omdat hulle vrug verloor of sonder vrug is (of is bv. besig om onder die dorings te saai...).

In plaas van om te vra of iemand goeie of slegte vrug dra, kan ons vra hoe iemand se hart lyk? - hoe dink en "sien" hy, want die manier hoe iemand dink en sien wys vir ons hoe sy hart lyk - wys hoe "gesond" hy geestelik is, en of hy die regte soort kos en water (nl. woord, waarheid, in die Here bly, ens.) kry, en of hy lig kry (nl. is in die Gees). DIE HART beinvloed hoe iemand optree (praat, doen, ens.).  Dit is wat Jesus vir ons in bg. skrifgedeelte leer. 

'n Weergeborene se vrug wys wat in sy hart aangaan, en of hy gesond is of nie.

Vrug is die loon vd hart... (is soos 'n prentjie van wat jou hart is).

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Die volgende paragraaf is bedoel vir ekstra inligting (vir groepbespreking, skrifte naslaan, ens.).
------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Wat se soort vrug dra jy? ;  m.a.w., wat se soort boom is jy (hoe lyk jou hart)?

(1) Goeie boom/'n goeie boom dra goeie vrugte: (Matt. 7:17).  Waarna verwys goeie vrug?  -(gedrag en woorde is soos dit wat by die bekering pas-Matt. 3:8)(verwys na die wat in die Here bly-Mark. 4:22)(het 'n goeie hart-Luk. 6:45)(die wat "wysheid van bo" het-Jak. 3:17). Weergeborenes word o.a. in die Skrif vgl. met KORING..., bv. waar dit in konteks spesifiek verwys na "geestelike mense".  Die begrip "goeie boom" kan ook gebruik word vir geestelike mense, maar neem kennis dat nie alle geestelike mense goeie bome is nie! Is jy 'n goeie boom?;  m.a.w., tree jy op soos 'n bekeerde?  Praat jy soos 'n bekeerde?  Bly jy in die Here? Wys jou doen en late, en hoe jy praat, dat jy 'n goeie hart het?  Het jy wysheid van bo;  m.a.w., glo jy liewer in die Here se woorde as in die wereld se woorde?, en is dit jou begeerte om die Here se wil te doen?, en laat jy jou deur Hom lei (is Hy die Een vir wie jy raadpleeg)?

(Joh 15:2)  Elke loot wat in My nie vrug dra nie, neem Hy weg; en elke loot wat vrug dra, dié maak Hy skoon, sodat dit meer vrug kan dra.

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

(2) Slegte boom/'n slegte boom dra slegte vrugte: (Matt. 7:17).  WAARNA VERWYS SLEGTE VRUGTE? "Slegte vrug " is 'n teken dat die boom NIE GOED is NIE (Luk. 6:43-46),  en word gewoonlik in die Skrif in konteks gebruik met VALSES (bv. valse profete)(kyk ook valse broeders en valse leermeesters)(Matt. 7:15-20). "Slegte vrug" is m.a.w. 'n term wat meer in hierdie konteks gebruik word - nie alle vrug is bruikbaar nie, maar ook nie alle dele van 'n vrug nie... Slegte vrug verwys dus gewoonlik na valses, maar as net dele vd vrug sleg is, verwys dit na die wat vrug verloor... - die wat onder die dorings saai (wat self somtyds ander beinvloed om dit ook te doen)(slegte vrug word gewoonlik weggegooi, of dele daarvan word uitgesny). So 'n boom word gewoonlik gesien as "siek" - siekte in beeldspraak verwys gewoonlik na gelowiges wat in sonde of ongeregtigheid stap. In uiterste gevalle kan "siekte" selfs die dood van 'n boom veroorsaak! ("siekte" word gewoonlik in beeldspraak vgl. met sonde;  dus "sonde tot die dood").  

- Wat sal gebeur met valses? - kyk o.a. in op die temas van "valse profete", "onkruid", en "ingesluiptes". 

- Wat sal gebeur met die waarvan slegs dele vd vrug sleg is? - kyk o.a. in op die temas van "siek" (kyk ook die onderwerp "harte verhard")(https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2020/05/hoe-siekte-vrug-affekteer.html), en "sonde tot die dood".  

Slegte vrug is die teenoorgestelde van goeie vrug;  maw, die persoon met slegte vrug dra nie die vrugte wat by die bekering pas nie...;  hulle soek nie die wil van die Here nie of raadpleeg Hom nie...;  hulle ken Hom nie...  - hulle doen en late en die manier hoe hulle praat is nie die woorde van die Here nie maar is volgens eie wil, ens.

   
Is jy 'n slegte boom/Doringbos/Vervloekte?  Is jy vals? (gee jy voor dat jy koring is, maar jy is nie?).  Gee jy voor dat jy die Here se wil doen, maar jy doen nie?  Gee jy voor dat jy van die Here hoor, maar jy doen nie?  Gee jy voor dat jy die Here se woorde glo, maar jy glo eintlik in wereldse wysheid? Doen en praat jy soos die Here wil, of soos jy wil? 

Is jy 'n siek boom? Stap jy in sonde of ongeregtigheid waarvan jy jou nie bekeer nie? Stap jy in sonde tot die dood?  Is jou hart verhard teen die waarheid of die Here se opdragte?

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

(3) Boom wat se vrug verstik is.  Hierdie "bome" is ook in die vorige paragraaf kortliks aangeraak. Hulle het nie noodwendig slegte vrug nie, maar dele van die vrug kan sleg wees. Hulle verwys NIE na ongereddes (soos onkruid of ingesluiptes) nie, maar na geredde mense wat begin vrug dra maar dit verloor a.g.v. dorings in hulle lewens. Wanneer 'n kind van die Koninkryk sy vrug verloor, beteken dit dat sy vrug verstik is deur dorings... - dit wys m.a.w. dat hy "onder die dorings gesaai" het. Jesus het veral hierna verwys in die gelykenis van die saaier, die 3de groep daar beskrywe (is onvrugbaar of dra geen ryp vrug nie omdat die dorings die vrug of woord verstik het-Matt. 4:7; Mark. 4:19; Luk. 8:14); en Hy verduidelik ook waarna hierdie "dorings" verwys... / - DORINGS verwys na "sorge van hierdie wêreld", "verleiding van die rykdom", en "begeerlikhede in verband met die ander dinge/genietinge vd lewe"-Mark. 4:19/Luk 21:34)(die wat geen vrug dra, of geen ryp vrug nie, kan dus o.a. verwys na mense wat verstik word deur die sorge en rykdom en genietinge van die lewe). 

Die boom wie se vrug verstik is, verwys na 'n LUI EN VERSTANDELOSE GELOWIGE (die wat nie ag gee op die pad van godsaligheid nie):(Spr. 24:30,31 - "Ek het by die land van ‘n lui man verbygeloop en langs die wingerd van ‘n verstandelose mens, en kyk, dit was heeltemal toegegroei van die dorings, sy oppervlakte was oordek met brandnekels en sy klipmuur omgegooi").

- GROND IS NIE OMGESPIT NIE / BRAAKLAND NIE GEBRAAK NIE  - die wat nie hulle harte besny nie. Waar grond nie omgespit word nie, kom dorings en distels op, en verstik die saad/vrug.
- DIE GELOWIGE WAT NIE PLOEG EN SAAI NIE. As die gelowige nie sy eie hart besny nie (maw die grond omspit en mis gooi / ploeg en saai nie), sal daar niks wees in die oestyd nie )(wat jy saai sal jy maai).
- DIE GELOWIGE WAT ONDER DIE DORINGS SAAI (en die dorings, nl. sorge vd wêreld, verleiding vd rykdom, begeerlikhede i.v.m. ander dinge en genietinge vd lewe..., verstik die vrug).

Is jy 'n boom wat onder die dorings saai?  Begeer jy weredse rykdom eerder as om ryk te word in die Here? Soek jy die genietinge van die lewe eerder as die pad van godsaligheid?  Is jou begeertes teenstrydig met die wil van die Here? Is jy meer besig met die sorge van die lewe as met die Here?, bv. plaas jy jou hoop in die Here of in die wereld? Laat jy na om jou hart te besny?

(Joh 15:2)  Elke loot wat in My nie vrug dra nie, neem Hy weg; en elke loot wat vrug dra, dié maak Hy skoon, sodat dit meer vrug kan dra.

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

(4) Vrugtelose boom: Dra geen vrugte nie.  In die vorige paragraaf het ons reeds gesien hoe 'n geredde sy vrug kan verloor as hy dit nie oppas nie... Kinders van die Koninkryk moet in die Here bly sodat hulle vrug kan dra, en moet ook seker maak dat hulle hul vrug behou!  (sien die belangrihei van die pad van godsaligheid). Elke kind van die Koninkryk se vrug sal geoes word wanneer Jesus terugkom, en Jesus het geleer dat die sonder vrug uiteindelik nie sal ingaan in die Koninkryk van God nie. M.a.w., al is jy 'n weergeborene wat vrug dra (en die belofte het van lewe en om in die Koninkryk in te gaan), kan jy jou saligheid verloor as jy dit nie oppas nie.  Soos in die vorige paragraaf verduidelik, verwys hierdie "bome" na die wie se harte beswaar word deur rykdom, sorge en verleiding/dronkenskap, swelgery-Luk. 21:34 (kyk die 3de groep in die gelykenis vd saaier), maar dit kan ook verwys na die 2de groep in die gelykenis vd saaier wat nie wortel skiet nie.  Goddelose mense word ook voorgestel as "sonder vrugte"! -Jud 1:12 - in konteks verwys dit veral na mense wat dwaal, murmureerders is, volgens hulle begeerlikhede wandel, trotsaards, en verleiers-Jud 1:16)(dit verwys na slegte mense in die kerk/is slegte bome-Matt. 21:41-43).
BOME WAT VRUGTELOOS IS, VERWYS DUS:
- (1) NA DIE WAT NIE WORTEL SKIET NIE (en afval)(2de groep in die gelykenis vd saaier), EN 
- (2) NA DIE WAT WEL BEGIN VRUG DRA MAAR DT VERLOOR (3de groep in die gelykenis vd saaier) EN VRUGTELOOS KAN OPEINDIG, EN
- (3) GODDELOSE / SLEGTE MENSE.

Die wat nie wortel skiet nie (punt 1), kan nie groei nie en kan dus nie vrug dra nie... Dit is mense wat tot bekering kom maar nie in die Here bly nie (en daarom kan hulle nie vrug dra nie)(Joh. 15:4,5) - hulle val af in tyd van versoeking, of as daar verdrukking of vervolging kom ter wille vd woord. HULLE GLO NET VIR 'N TYD! -(Luk 8:13; Mark. 6:16,17; Matt. 13:20,21). Dit is baie dieselfde as die wat onder die dorings saai (punt 2), want na regte glo hulle ook maar net vir 'n tyd... (alhoewel hulle nie sonder wortel is nie, maar staan nou die gevaar om af te val) - die rede hiervoor is omdat hulle begin om hulle hoop weer in die wereld te plaas..., en hulle eintlike probeel is dus vertroue (plaas hulle hoop in ander dinge). Goddelose mense verwys in konteks ook na mense wat in die geloof is maar hulle glo nie meer nie (het miskien altyd getwyfel), of meer presies doen hulle nie die wil van die Here nie (is ongehoorsames) - hulle tekort aan vrug is 'n bewys dat hulle nie die Here ken nie (bv., in plaas van om die Here te vertrou, is hulle murmureerders en verlei ander om nie die waarheid te gehoorsaam nie - hulle is gewoonlik trotsaards wat nie wil dien nie, en wandel volgens hulle eie begeerlikhede)(Rom. 1; boek van Judas). 

Die wat gered word het egter die belofte dat hulle nie onder hierdie vloek sal val nie... - hulle sal nie onder die oordeel van die hel val nie (hulle sal m.a.w. nie onder die oordeel vd tweede dood kom nie, en alhoewel hulle uiterlike mens sterwe, het hulle die belofte van opstanding tot ewige lewe wanneer Jesus terugkom). Maar wat gebeur met die gereddes wat afval (2de groep in die gelykenis vd saaier), en die gereddes wat vrugteloos word (3de groep in die gelykenis vd saaier)? Die wat afval kan nie gered word nie, want hulle het nie wortel nie en kan daarom nie geestelik groei en vrug (tot ewige lewe) dra nie;  dus al het hulle die saad/woord ontvang, het hulle nooit in die Here gegroei nie/nie in Hom gebly nie (Joh 15:6 - "As iemand in My nie bly nie, word hy uitgewerp soos die loot en verdroog, en hulle maak dit bymekaar en gooi dit in die vuur, en dit verbrand"). Dieselfde met die wat vrugteloos word - wanneer Jesus terugkom sal elke gelowige se vrug geoes word, en wat sal gebeur met die wat sonder vrug (tot ewige lewe) is?(Luk. 13:6-9 - die wat nie vrug dra wanneer Jesus terugkom nie, sal uitgekap word)  (Joh 15:2 - "Elke loot wat in My nie vrug dra nie, neem Hy weg; en elke loot wat vrug dra, dié maak Hy skoon, sodat dit meer vrug kan dra") (Joh 5:28,29 - "Moenie julle hieroor verwonder nie. Want daar kom ‘n uur wanneer almal wat in die grafte is, sy stem sal hoor en sal uitgaan, die wat goed gedoen het, tot die opstanding van die lewe, en die wat kwaad gedoen het, tot die opstanding van die veroordeling"). (Om hierdie tema beter te verstaan en aan die kinders te verduidelik, kan die leier inkyk op die tema van "vervloektes" in die Skrif). Die met bloedskuld val gewoonlik tipies ook onder DIE VERVLOEKTES (bv. kinders wat hulle ouers verag, buite-egtelike gemeenskap, bloedskande, moordpleeg, ens.) - dit is waarom die Skrif o.a. leer dat geen hoereerders, afgodedienaars, egbrekers, wellustelinge, sodomiete, diewe, gierigaard, dronkaards, kwaadsprekers, rowers, vreesagtiges, ongelowiges, gruwelikes, moordeaars, leuenaars, towenaars, ens. die koninkryk van God beërwe sal nie (1 Kor. 6:10; 5:10) (Openb. 21:8 - "Maar wat die vreesagtiges aangaan en die ongelowiges en gruwelikes en moordenaars en hoereerders en towenaars en afgodedienaars en al die leuenaars hulle deel is in die poel wat brand met vuur en swawel: dit is die tweede dood"). (Nog 'n tema wat bestudeer kan word om hierdie beter te verstaan en aan die kinders te verduidelik, is die tema van "sonde tot die dood" in die Skrif).  Sommige wat tot geloof kom, begin na 'n tyd om weer die sonde te begin dien... (m.a.w., hulle verval weer onder die slaafskap van sonde) - so 'n geredde kan nie verwag om sy/haar saligheid te behou nie.  Dit is nie die Here wat so iemand laat los nie, maar hulleself wat hulle weer losmaak van die Here. In ander woorde, so iemand wat weer die sonde begin dien (bv. om in sonde te bly stap en te weier om hom/haar daarvan te bekeer), is besig met SONDE TOT DIE DOOD (hulle staan die gevaar om vervloek te word sou hulle hul nie daarvan bekeer nie, bv. hoereer, pleeg egbreuk, is ongelowig, wellustelik, is 'n kwaadspreker, ens..., maar wil nie daarvan bekeer nie).  

IS JY 'N BOOM "SONDER VRUG"? Is jy gered maar bly nie in die Here nie?  Het jy net vir 'n tyd lank geglo?  Is jy beswaar deur rykdom en die sorge en verleiding vd lewe? Is jy besig om te dwaal?  Is jy 'n murmureerder?  Is jy 'n trotsaard?  Is jy 'n verleier? Wandel jy volgens jou eie begeerlikhede eerder as volgens die Here se wil? Praat jy teen die wat in die bediening staan, bv. die wat mense leer om die Here se wil te doen eerder as hulle eie wil? Spot jy met die waarheid? Dink jy soos die wereld eerder as soos die Here? Veroorsaak jy skeuringe tussen gelowiges, bv. deur die waarheid te verdraai of mense te verlei om die verkeerde te doen?

Is jy iemand wat van die Christelike geloof afvallig geword het omdat jy nie die wil vd Here doen nie, maar jou eie wil? - Is jy iemand wat in sonde bly stap waarvan jy jou nie bekeer nie?

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
- Boom wat vrugte dra vir die dood. Dit verwys na natuurlike mense (NIE weergeborenes nie). Hierdie bome verwys NIE na geestelike mense nie, alhoewel sommige geestelike mense in "sonde tot die dood" stap... (wat beteken dat hulle sonde wat hulle nie afle nie, kan "tot die dood" wees). Natuurlike mense se uiteinde is DIE DOOD - hulle dra vrugte vir die dood (wat nie net verwys na wanneer die uiterlike mens sterwe nie, maar verwys ook na die "tweede dood", wanneer beide liggaam en siel in die poel van vuur gegooi word). Natuurlike mense het redding nodig. Alle mense word in sonde gebore en is dus "natuurlike mense", want hulle is uit Adam se saad gebore (is "vlees en bloed" - uit Adam se vlees en bloed gebore). Adam was 'n slaaf van sonde;  dus, sy kinders word gebore as slawe (van sonde), en is dus self slawe (van sonde) - en het daarom nodig om vrygekoop te word van hulle slaafskap!  Die sondige natuur vd mens (waarmee hy gebore is) veroorsaak dat hy vrugte dra vir die dood (Rom. 7:5), en daarom is die uiteinde van hulle slaafskap (onder sonde) die dood;  m.a.w., dit is soos 'n vloek -  die natuurlike mens IS VERVLOEK. 

Die wat vrugte dra vir die dood, verwys na:
- (1)  Natuurlike mense (is in sonde gebore en hulle uiteinde is die dood).

Is jy 'n "natuurlike mens"? - Natuurlike mense is nog nie wederbaar nie. As jou sonde nog nie vergewe is nie en jy nog nie die Heilige Gees ontvang het nie, is jy nog nie gered/wederbaar nie (en is dus nie instaat om "vrug tot lewe" dra nie).

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Vir die groepleier (nog woorde wat gebruik kan word tydens lesaanbieding):

Beeldspraak gebruik t.o.v. die mens of geestelike mens: Die liggaam is letterlik uit grond gemaak, maar die liggaam word ook somtyds figuurlik voorgestel met grond. In die gelykenis vd saaier word die mens bv. ook voorgestel soos grond (en saad daar verwys na woord), en sommige voorgestel soos "grond langs die pad", ander voorgestel soos "grond in rotsagtige plekke", ander soos "grond tussen dorings", en ander soos "goeie grond"...  Heelwat ander bybelstudie kan op hierdie tema gedoen word, bv. "braak vir julle 'n braakland", ens. Die "huis van Israel" word o.a. ook voorgestel soos "die Here se wingerd" in Jes. 5:7. Vgl. dit ook met Mark. 12:1-12, - "die gelykenis vd man wat 'n wingerd geplant het".    ELKE GELOWIGE KAN GESIEN WORD SOOS 'N BOOM WAT IN DIE HERE SE WINGERD GEPLANT WORD OM TE GROEI EN VRUG TE DRA.    Terwyl die LIGGAAM (uiterlike mens) voorgestel kan word met "grond", kan die SIEL (innerlike mens) weer voorgestel word soos saad wat in hierdie grond geplant word (en groei en vrug dra...). 

Daar is heelwat skrifte waar gelowiges so voorgestel word soos BOME, of soos saad wat in die wereld geplant word... (want saad bepaal wat sal opkom)(en die wat glo is soos koring wat deur die Here geplant word, maar "onkruid" word bv. deur die vyand geplant...)(Matt. 12:22; Luk. 3:9);  of gelowiges hulle word voorgestel soos takke of lote... (Rom. 11; Joh. 15:5). Vergelyk hierdie alles met die beeldspraak in Jes. 5 waar die Here 'n druiwe-oes verwag, maar die wingerd wilde druiwe voortbring... Die Here het Sy wingerd omgespit en die klippe daar uitgehaal en dit beplant met edel wingerdstokke..., en Hy het verwag dat dit druiwe sou dra! Jesus het ook hierdie selfde soort beeldspraak gebruik in: (Joh. 15:1,2) - "Ek is die ware wynstok, en my Vader is die landbouer. Elke loot wat in My nie vrug dra nie, neem Hy weg; en elke loot wat vrug dra, dié maak Hy skoon, sodat dit meer vrug kan dra".

Wat se soort boom is jy?  Meer presies, hoe beskryf jou vrug jou? 

Die vrug wat ons dra beskryf ons geestestoestand, bv. is jy sleg of is jy goed (vgl. dit ook met die gelykenis waarin die koninkryk vd hemele voorgestel word met 'n net wat in die see gegooi word...Matt. 13:47-50 - "goeie en slegte visse"). Wat se soort vis / boom is jy? 

Dit is nie net die "liggaam" wat beskryf wat se soort saad/plant/boom iets of iemand is (bv. "natuurlike mens" of "geestelike mens") nie, maar ook ons "vrug"!  Christene se vrug beskryf wat se soort bome hulle is..., en veral ons geestelike gesondheidstoestand (bv., bly jy in die Here?;  glo jy in Sy woorde?; ken jy Hom?; doen jy Sy wil?; ens.) - iemand se vrug is 'n getuienis van hoe sy hart lyk, en sy optrede en woorde kom "uit die hart" en wys wat is die gedagtes vd hart (Matt. 15:18,19; Mark. 7:21).  Christene is op 'n pad van godsaligheid waarin hulle groei van baba/kind tot jongmens tot vader... Soos hulle groei dra hulle vrug, en dit is hierdie "VRUG" wat vir jou vertel hoedanig iemand se geestelike toestand is. Hierdie is alles beeldspraak wat in die Skrif gebruik word om die geestelike toestand van 'n Christen te beskryf. Wanneer 'n Christen begin vrug dra, vertel sy vrug baie van hom as "boom"/vis. 

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------