Showing posts with label die mens. Show all posts
Showing posts with label die mens. Show all posts

Sunday, January 14, 2024

Verskillende soorte liggame (9 - 12 jariges)(Les 1)

Hierdie is deel vd reeks oor "die mens" (die mensdom)(bedoel vir 9-15 jariges). 

In hierdie groep lesse word gekyk na soorte liggame, en in die derde les word die innerlike mens ook in konteks met dit gebring: :

- (LES 1) Verskillende wesens het verskillende soorte liggame.

- (LES 2) Die verskil tussen die natuurlike liggaam en die geestelike liggaam (mense).

- (LES 3) Die verskil tussen die natuurlike mens en die geestelike mens.  

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

LES 1:

(hierdie les is bedoel vir 9-12 jr., maar kan kombineer word met moeiliker temas vir ouer kinders, bv. "die Here se wingerd", "braak vir julle 'n braakland", ens.). 

VRAAG:  Wanneer die mens doodgaan verander sy liggaam oor tyd na stof/grond...  Hoekom dink julle is dit die geval;  m.a.w., hoekom verander die mens se liggaam spesifiek na "grond" wanneer hy doodgaan?  LEES Gen. 3:19: -("In die sweet van jou aangesig sal jy brood eet totdat jy terugkeer na die aarde, want daaruit is jy geneem. Want stof is jy, en tot stof sal jy terugkeer").      

ANTWOORD:  Want ons is uit stof/grond gemaak. 

Lees Gen. 2:7.

Die mens se liggaam is van grond gemaak, en wanneer iemand die laaste asem uitblaas gaan hy dood en sy liggaam sal met die tyd weer terug verander na grond... (Ps. 90:3; 104:29; Pred. 3:20).  Alle mense word met dieselfde soort liggaam gebore en is dus van dieselfde soort "grond" (is almal kinders van Adam). Jy sal merk dat ons in hierdie les DIE LIGGAAM van die mens (nl. ons vlees) vgl. met GROND.  In sommige skrifte in die Bybel word die mens se liggaam ook soos grond voorgestel... (gelykenis vd saaier; Hebr. 6:8; Matt. 13; Jer. 4:3; Hos. 10:12).  

'n Ander woord wat ook somtyds vir "liggaam" gebruik word is die woord "vlees" - die hele mensdom is van dieselfde SOORT VLEES - is van dieselfde soort "grond". 'n Term wat in die Skrif gebruik word om te beskryf hoe alle mense van dieselfde soort vlees is (nl. kinders van Adam), is die woorde "natuurlike mense" - alle mense word as "natuurlike mense" gebore;  wat beteken hulle is van dieselfde soort "grond"... (is kinders van Adam)(het "natuurlike liggame"). 

Vir die onderwyser: Die volgende paragraaf (in rooi) kan behandel word as daar genoeg tyd is in die klas, anders kan daar na die volgende paragraaf gespring word:

Maar die mens bestaan nie net uit 'n LIGGAAM (grond) nie, 

maar het ook 'n siel (wat soos saad/plant/boom voorgestel kan word),

en het ook 'n gees... (wat soos lig voorgestel kan word).  

Die mens bestaan uit LIGGAAM (grond), SIEL (saad/plant/boom) en GEES (lig)(1 Thess. 5:23). Die siel vd mens kan gesien word soos saad of plant wat in ons grond (in ons liggame) geplant word, wat GROEI soos 'n boom en later VRUG dra (in Matt. 13 word die mens bv. voorgestel soos saad wat in die wereld geplant word). Hierdie saadjie wat binne-in die liggaam geplant word word gewoonlik na verwys as "siel" (bv., in sommige skrifte word daar na die mens verwys as "liggaam en siel"-Matt. 10:28; Ps. 31:10), maar somtyds word daar ook na siel verwys as "gees" - in elke mens se binneste word 'n gees gevorm ("die gees vd mens"), wat groei en vrug dra (en let wel dat dit nie moontlik is sonder asem (gees/lig) nie)!, want net soos 'n plant lig nodig het om te kan lewe, net so het die siel vd mens lig of ASEM nodig om te kan lewe (en wanneer die Here die asem wat Hy gee terugtrek, gaan die mens dood). 

Die mens se liggaam verwys na die VLEIS EN BENE, maar die woord "liggaam" verwys eintlik na baie meer as dit in verskillende kontekste! ;  bv., familie, werke, voedsel, die self, klere, en naaktheid (vir 'n studie vir die onderwyser oor die Hebr. woord vir liggaam en hierdie betekenisse in konteks, gaan na:https://warechristene.blogspot.com/2019/05/die-liggaam.html). Die liggaam is maw ook iets wat kan aandui uit watter familie jy gebore is... (die term wat veral in die Skrif daarvoor gebruik word, is "vlees en been" - dna, ens.);  en kan ook verwys na wat die liggaam nodig het om aan die lewe te bly... nl. kos (en water); of verwys na die feit dat ons naak is en bedekking nodig het..., nl. klere, ens.  

Lees 1 Kor. 15:39-40. 

Daar is baie soorte lewende wesens, nie net mense, diere, voels en visse op aarde nie, maar ook ander wesens bo en onder die aarde - en almal het verskillende soorte liggame... - Wat beteken dit? Ons het gesien dat die woord "liggaam" baie betekenisse het en dit beskryf dus ook die verskil tussen verskillende soorte liggame;  bv., verskillende wesens stel verskillende "families" voor, verskillende wesens eet verskillende voedsels, verskillende wesens het nie dieselfde bedekking nie, ens. 

-Die mens se liggaam is bv. anders as diere se liggame; (as daar tyd is in die klas kan hieroor gesels word); 

-Die mens se liggaam is anders as engele se liggame... (of daar kan miskien eerder hieroor gesels word... - vir 'n studie oor engele, vir die onderwyser, gaan na: https://warechristene.blogspot.com/2018/06/engele.html). 

-En die natuurlike liggaam (waarin ons gebore is) is anders as die geestelike liggaam (wat vir weergeborenes belowe word, wat hulle eendag sal kry in die opstanding)(hierdie is nog 'n vb. wat gebruik kan word om te gesels oor verskillende soorte liggame... In hierdie geval kan daar dan gesels word oor die geestelike liggaam waarin Jesus opgestaan het uit die dood, of die liggaam waarin ons eendag in opgewek gaan word, nl. "verheerlikte liggame". Vir 'n studie oor hierdie soort liggaam, gaan na: https://warechristene.blogspot.com/2017/11/verheerliktegeestelikeonverganklike.html)(vir die onderwyser:  -let wel dat die verskil tussen die natuurlike liggaam en die geestelike liggaam ook behandel word in LES 2 van hierdie reeks lesse). 

- Nog 'n voorbeeld van ander soort wesens is die 4 lewende wesens bo in die hemel ( ...of hierdie vb. kan miskien gebruik word - die skrif kan voorgelees word in die klas - hierdie wesens is baie interessant!, rondom en in die middel van God se troon is daar 4 lewende wesens vol oë van voor en van agter, elkeen het 6 vlerke, en rondom en binne vol oë) (die 1ste lewende wese lyk soos 'n leeu, die 2de soos 'n kalf, die 3de het 'n gesig soos 'n mens, en die 4de is soos 'n arend wat vlieg... )(Openb. 4:6-8).

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Studies vir die onderwyser:

https://warechristene.blogspot.com/2019/05/die-liggaam.html

https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2021/12/algemene-vrae-oor-saligheid-lewe-of-dood.html

https://warechristene.blogspot.com/2018/06/dorings-en-distels-braak-vir-julle-n.html

https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2017/07/die-here-se-wingerd.html

Sunday, June 11, 2023

Wat is ek? ("lewende wese" bystandmateriaal)(vervolg)

 

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
PLAKAAT / INKLEURPRENT:



-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------


Tuesday, April 7, 2020

DIE MENS (lig, kos, water, klere)(les 3: WATER)

Vir die ander dele oor hierdie onderwerp, gaan na:
- lig/asem: https://sondagskooltuis.blogspot.com/2020/04/die-mens-lig-kos-water-klereles-1.html
- kos: (hierdie les)
- water: https://sondagskooltuis.blogspot.com/2020/04/die-mens-lig-kos-water-klereles-3-water.html
- klere: https://sondagskooltuis.blogspot.com/2020/05/die-mens-lig-kos-water-klereles-4-klere.html

Inleiding:
Die mens kan voorgestel word met saad of 'n plant of boom wat groei en vrug dra, en het lig nodig om te kan lewe, en kos en water nodig om aan die lewe te bly, en klere om hom te bedek. In hierdie reeks kyk ons dus na basiese lewensbenodigdhede, maar in konteks met die INNERLIKE MENS, want net soos die uiterlike mens hierdie (asem, kos, water, klere) nodig het, net so het die innerlike mens dit nodig.


In hierdie les word gekyk na "WATER".  Bv.. wat se soort water het die innerlike mens nodig (om te kan lewe)?
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
LES 3:
WATER:
Les INLEIDING:
Bied vir die kinders 'n beker water aan waaruit hulle kan drink (natuurlik vars water maar hulle weet dit nie) - vertel vir hulle dat die water geskep is uit 'n ou dam daar naby wat sowat 100 jaar oud is.  Laat die water vuil lyk (bietjie bruin voedselkleursel daarin) en daar kan miskien iets indryf (soos fyn suurelmoenskil of iets). Kyk of hulle die water wil drink.  Laat die groep bietjie daaroor gesels, bv. dat daar kieme in is; die water kan mens siek maak/dood maak..ens. Gesels ook oor die belangrikheid van water en hoe niemand daarsonder kan lewe nie... En waarvoor anders is water nodig? - bv. vir skoonwas.

Laat die groep hieroor gesels.

Waarop hierdie gesprek kan uitloop:
Lesaanbieding:
Net soos die uiterlike mens water nodig het om aan die lewe te bly (en hom skoon te was), net so het die innerlike mens water nodig om te bly lewe, maar nie enige soort water nie!  Die BRON waarvanaf die water verkry word, is belangrik. As iemand bv. water van 'n vekeerde bron drink (bv. 'n bron van giftige water wat hulle kan doodmaak) dan kan hulle nie verwag om gesond te bly of in die lewe te bly nie.  Net so, vir die innerlike mens om in die lewe te bly, het hy water van 'n spesifieke bron nodig, en daardie water word genoem "lewende water" (wat terloops slegs van een bron verkry kan word). As die innerlike mens nie hierdie water kry nie, sal hy nie vir ewig lewe nie en sal dan deur die "tweede dood" gaan (oordeel vd hel)(Openb. 20:14; 21:8). 

Die mens word soos saad in die wereld gesaai en geplant... (Matt. 12:33; Luk. 3:9; 1 Kor. 3:6-8), en word o.a. voorgestel soos bome (wat groei en vrug dra)(Luk. 3:9), of takke of lote... (Rom. 11; Joh. 15:5). En net soos saad geplant en NATGEMAAK word (en God dit laat groei), net so het die innerlike mens WATER NODIG om te kan groei en vrug dra, en aan die lewe te bly.  Die bron by wie "lewende water" verkry word is Jesus Christus self.  Jesus het bv. die volgende opmerking gemaak aan die Samaritaanse vrou: -(Joh 4:14 - "maar elkeen wat drink van die water wat Ek hom sal gee, sal in ewigheid nooit dors kry nie, maar die water wat Ek hom sal gee, sal in hom word ‘n fontein van water wat opspring tot in die ewige lewe). Die doping in die Heilige Gees word ook voorgestel soos 'n "drank" wat aan gelowiges gegee word, waarin hulle "dors na Sy Gees" en nadat hulle gedrink het "strome van lewende water uit hulle binneste vloei" (Joh. 7:37-39). Hierdie "drank" word slegs gegee aan die wat in Jesus Christus glo en Hom gehoorsaam. Die wat in Jesus Christus glo moet Hom vra om hierdie "drank" - vra die Vader om jou die Heilige Gees te gee, en vra vir Jesus Christus om jou te vul met die krag van Sy Gees (Luk. 11:13; Joh. 1:33).

Wanneer iemand water nodig het maar dit nie onmiddellik kry nie, raak hy dors.  Op dieselfde wyse is die innerlike mens "dors" solank hy nie lewende water kry nie - hy is dan soos 'n land wat droog is. Alle "natuurlike mense" kan gesien word soos mense wat dors het.  Ons weet tog goed dat die mens oorspronklik van grond gemaak is (en dus na grond terugkeer wanneer hy doodgaan), en elke mens kan dus ook vgl. word met 'n stuk grond. Die Here is soos 'n fontein van water;  dus, wanneer iemand "sonder die Here is", of nie by Hom lewende water kry nie, kan hy voorgestel word soos 'n "dor land" (Hos. 2:1-3; Jer. 51:43; Ps. 68:6)('n stuk grond sonder water - 'n stuk grond wat DORS het). Om in Jesus Christus te glo en in Hom te bly, is soos om water te gee vir jou innerlike mens - deels gaan dit daaroor dat iemand dors om Sy wil te doen (Mat 5:6 - "Salig is die wat honger en dors na die geregtigheid, want hulle sal versadig word").

Water wat die innerlike mens nodig het verwys deels na die bron waarvanaf dit verkry word, nl. die Here (Jer. 2:13; Joh. 1:1), en deels na die woorde van God (Ef. 5:26; Amos 8:11; Spr. 18:4; 10:11a) asook na die Heilige Gees (deur wie gelowiges bv. groei en vrug dra, en LEWE...)(Joh. 6:63,68; Jer. 44:3). 
As iemand water van 'n verkeerde bron kry (bv. afgode)(Hos. 2:5) en staatmaak op wereldse wysheid (bv. heidense praktyke en afgodsleringe), en nie die Heilige Gees het nie, dan is hy soos 'n dor land wat dors het omdat hy nie die (lewende) water kry wat sy innerlike nodig het om aan die lewe te bly nie. 

Water word ook gebruik om onsself skoon te maak. Net soos die uiterlike mens nodig het om te bad en die vuilgoed afgewas word, net so het die innerlike mens nodig om gewas te word, want net soos die uiterlike mens vuil word net so word die innerlike mens vuil of bevlek (met sonde).  "Sonde" maak die mens vuil en hy het afwassing nodig!  Niemand kan in die koninrkyk van God ingaan as hulle nie "afgewas" word nie, maar hierdie AFWASSING kan nie deur enige "water" geskied nie - die "water" waardeur iemand afgewas word, verwys na BLOED (Openb. 1:5; Ef. 5:26,27) - maar ook, nie enige iemand se bloed kan dit afwas nie!

Daar is natuurlik nog heelwat wat oor hierdie onderwerp gese kan word, maar is te veel vir hierdie les (bv. klere wat vuil word, soos die Christen wat bekleed is maar sy klere vuilmaak...). 
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Verdere inligting vir die onderwyser:

Water vir lewe:https://warechristene.blogspot.com/2018/06/water-vir-lewe.html
Geestelike betekenis van "dors":https://warechristene.blogspot.com/2018/03/honger-dors-vreemdeling-naak-siek.html
Die Here ons Bron: https://warechristene.blogspot.com/2019/10/die-here-ons-bron.html
Vrug tot ewige lewe: http://warechristene.blogspot.com/p/blog-page.html

------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Saturday, April 4, 2020

DIE MENS (lig, kos, water, klere)(les 1: LIG/ASEM)

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Inleiding:
Die mens kan voorgestel word met saad of 'n plant of boom wat groei en vrug dra, en het lig of asem nodig om te kan lewe, en kos en water nodig om aan die lewe te bly, en klere om hom te bedek.  IN HIERDIE LES WORD SPESIFIEK NA "LIG" GEKYK (of "asem")Alhoewel die les vir alle ouderdomme bedoel is, sal sekere dele net vir die groter kinders verstaanbaar wees. Die les moet dus aangepas word, watter dele met watter ouderdom behandel moet word.

Net soos 'n plant LIG nodig het vir groei en lewe, net so kan die mens nie lewe sonder die asem wat God gee nie (Job 34:14,15).
---------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

LES 1:  LIG (asem)

Les INLEIDING:

Bespreek die volgende interessante vrae in groepe:
- Vraag 1:  Wat gebeur wanneer iemand doodgaan en hoe weet ons hy is dood?
(bv., wat is die tekens?  Wat gebeur met die liggaam? bv. hart gaan staan ens.).
-  Vraag 2: Die mens is tweeledig van aard, nl. die uiterlike mens, en die innerlike mens.
Watter deel is dit wat sterf wanneer iemand doodgaan?

Gee tyd vir gesels en terugvoer. Die bespreking kan op die volgende uitloop: 
Die mens gaan nie dood omdat sy hart gaan staan nie, maar omdat sy asem uitgaan ("blaas laaste asem uit"), en dan gaan staan sy hart...  Wanneer iemand se hart gaan staan is dit dus 'n bewys dat die asem wat aan hom geleen is, teruggeneem is en teruggegaan het na God wat dit gegee het. 
Wanneer die mens doodgaan is dit sy uiterlike (mens) wat sterwe, nie die innerlike (mens) nie die innerlike lewe dan nog en wag op die tweede dood (sien tema "geeste van afgestorwenes);   tensy iemand die Heilige Gees het! - "geestelike mense" in wie die Heilige Gees is sal nie doodgaan nie (sal dus nie deur die tweede dood gaan nie), want hulle het die ASEM vd Heilige Gees waardeur hulle LEWE... (en hulle wag ook op die opstanding vd uiterlike mens - dan in ander soort liggame, nl. "verheerlikte liggame"). 
-------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

LESAANBIEDING:


Net soos 'n plant LIG nodig het vir groei en lewe, net so kan die mens nie lewe sonder die asem wat God gee nie.  Maar dit geld nie net vir die uiterlike mens nie maar ook vir die mens van binne (nl. "die innerlike mens"), want net soos die uiterlike mens asem nodig het om te kan lewe, net so het die innerlike mens asem nodig. 

Asem is soos LIG vir die liggaam (soos lig is vir 'n plant).  

Les 1:  LIG (asem)



Gen. 2:7 leer vir ons dat die manier hoe iemand 'n LEWENDE SIEL word is wanneer die Here asem in sy neus inblaas ("asem in neus" / "asem vd lewe")("lewensasem"-Job 27:3).  Hierdie "gees" of ASEM wat God gee is soos LIG vir die liggaam.  In Biologie leer ons dat "lig" plante se enigste bron van krag is - die rede hiervoor is omdat dit lig nodig het om kos te kan produseer...  Die mens is, net soos plante, ook afhanklik van LIG (asem/gees) om te kan lewe (en kos te kan produseer, en geen mens kan sonder kos en water aan die lewe bly nie.  Sonder ASEM ("lig") kan die kos nie in die liggaam verwerk word tot 'n bron van energie nie - wanneer asem die liggaam verlaat dan gaan die uiterlike mens dood, die hart gaan dan staan, bloed stop en organe kom tot stilstand...
As jy kos en water in 'n dooie liggaam plaas kan dit geen energie produseer nie want die liggaam kan nie die kos omsit in energie nie (die liggaam "werk" dan nie meer nie). M.a.w., slegs wanneer iemand nog in die lewe is (m.a.w. wanneer hy nog ASEM het) kan kos en water in sy liggaam dien as 'n bron van energie, want die liggaam LEWE EN kan dit verwerk. Die "asem" wat God gee is dus die bewegende rede waarom iemand in die lewe is want sonder hierdie asem kan sy liggaam nie funksioneer nie (m.a.w., "kan hy nie 'n lewende siel wees op aarde nie")(Job 34:14,15  "As Hy op Homself ag sou gee, sy Gees en sy asem na Hom sou terugtrek, dan sou alle vlees tesame die asem uitblaas en die mens sou tot stof terugkeer");  en a.g.v. hierdie asem kan kos en water in die liggaam verwerk word. Net soos plante het die mens dus LIG (asem/gees) nodig om te kan lewe - sonder asem kan die siel (net soos 'n saad of plant) nie groei nie en kan dit nie vrug dra nie.  

Hierdie is natuurlik nie net letterlik bedoel nie, maar ook figuurlik (vd innerlike mens), want net soos die uiterlike mens asem nodig het om te kan lewe en voedsel te kan verwerk. net so die innerlike mens. As die innerlike mens nie asem het nie, kan hy nie kos verwerk en groei en vrug dra nie. Maar die soort asem waardeur die innerlike mens lewe is belangrik, want dit gaan die soort vrug wat iemand dra beinvloed.  Bv., "natuurlike mense" het 'n wereldse gees ("asem") en dra vrugte vir die dood, maar "geestelike mense" het die Gees van God en kan daarom vrug dra wat tot ewige lewe lei ("vrug tot ewige lewe")...

Die mens kan vergelyk word met 'n:
saad / plant in 
grond, met 
lig (energie) wat hom in die lewe hou.

Anders gestel, die mens bestaan uit: 
LIGGAAM:  (wat soos GROND voorgestel kan word, en is inderdaad uit grond gemaak!, en keer terug na grond wanneer die uiterlike mens sterwe)    
SIEL:  (wat soos SAAD/PLANT/BOOM voorgestel kan word - wat inderdaad "groei en vrug dra" - en wanneer Jesus terugkom sal hierdie vrug geoes word), en 
GEES:  (wat soos LIG voorgestel kan word - asem waarsonder niemand kan lewe nie). 

Of nog anders gestel, die mens bestaan uit:
- LIGGAAM (menslike wese / vleis/bene), 
- SIEL (lewe in bloed / lewende wese / hart), en 
- GEES (asem)(gees wat in binneste gevorm word).
-------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Verdere inligting vir lesaanbieding en opgesom:
(veral bedoel vir groter kinders)
(sekere inligting hieronder is herhaal, maar bedoel om dit op 'n ander manier te verduidelik)


Ons is ten eerste uit GROND gemaak (en keer dus terug na stof wanneer ons doodgaan)(Ps. 90:3; 104:29; Pred. 3:20). In verskeie skrifte word die mens ook voorgestel soos 'n PLANT of BOOM of SAAD... wat in die wêreld geplant of gesaai word;  maar sonder LIG (altans sonder die "asem" wat God gee) kan geen menslike wese as 'n siel lewe nie! -daarom gaan die mens dood wanneer hy sy laaste asem uitblaa(Job 34:15)(Mark. 15:37,39). M.a.w., wanneer sy uiterlike nie lig het nie, gaan hy dood (Hand. 17:25; Job 11:20; 34:14,15; Luk. 23:46...)(m.a.w. hart stop, bloed stop, organe en sintuie stop ens.). Wanneer iemand sterwe kom die liggaam dus tot stilstand - en is soos ("dooie") grond wat tot geen nut is en waarin niks kan groei nie. Die asem gaan dan op boontoe, terug na God wat dit gegee het, en die mens hou op om as lewende wese te lewe op aarde (ook genoem die "siel verlaat hom"), en die liggaam keer terug na stof (waaruit dit gemaak is)... Hierdie verwys natuurlik meer na die UITERLIKE MENS, nie die INNERLIKE nie. Die "menslike wese" is nie net uiterlik (letterlik) van aard nie maar ook innerlik (figuurlik) van aard, want wanneer hy 'n lewende siel word word daar 'n gees in sy binneste geformeer (Sag. 12:1; Job 32:18...)(en na die dood is hy dus soos " 'n gees sonder vlees en bene")(vgl. met tema "geeste van afgestorwenes")...  Op dieselfde wyse wat die UITERLIKE MENS asem (lig) nodig het om te kan lewe, so het die INNERLIKE ook asem (lig) nodig om te kan lewe! Ons moet dus onderskei tussen die natuurlike en die geestelike mens. Wanneer die" NATUURLIKE MENS" sterf wag hy op die "tweede dood" (m.a.w. die oordeel vd hel), maar wanneer die "GEESTELIKE MENS" (in wie die Heilige Gees is) sterf, wag hy op die opstanding! (en sal nie onder die oordeel vd hel of tweede dood val nie), want sy innerlike LEWE! (hy het "asem" / "lig" wat hom laat lewe, en is instaat om geestelike voedsel en water te verwerk wat vir hom vrug kan dra tot ewige lewe).  In geval vd geestelike mens gaan sy UITERLIKE liggaam wel tot niet wanneer hy sterwe (en keer terug na stof en daar kan niks in sy grond groei nie - m.a.w. die uiterlike siel/bloed, organe en sintuie ens. kom tot stilstand, en die uiterlike asem gaan uit), maar wat sy INNERLIKE aanbetref LEWE hy! Sy innerlike liggaam is dus vrugbare (goeie) grond waarin sy innerlike siel kan lewe (sy lewe is in die bloed van Christus - vgl met die tema van "siel") en die Gees van God hou sy innerlike aan die lewe, soos lig nodig is vir 'n plant...- en omdat hy figuurlik gesproke lewe (lig het), is hy instaat om (as gelowige boom) te groei en vrug te dra tot ewige lewe... 
Wat die natuurlike mens dus aanbetref wanneer hy doodgaan, sterwe nie net sy uiterlike nie maar ook sy innerlike wag op die tweede dood omdat sy innerlike grond van geen nut is nie ("ou liggaam"), en sy innerlike siel geen lewe het nie (want hy glo nie in Jesus Christus nie en het dus nie lewe in Sy bloed nie en sy hart is nie vernuwe nie), en hy het nie die Heilige Gees wat om as lewende wese aan die lewe kan hou nie.


Net soos 'n plant LIG nodig het vir groei en lewe, net so kan die mens nie lewe sonder die asem wat God gee nie.  Maar dit geld nie net vir die uiterlike mens nie, maar ook vir die mens van binne (nl. "die innerlike mens");  want net soos die uiterlike mens asem nodig het om te kan lewe (en daarom doodgaan wanneer hy sy laaste asem uitblaas), net so het die innerlike mens ASEM nodig om te kan lewe (en hierdie asem verwys na "gees" - bv. in die gval vd natuurlike mens het hy die wereldse gees, maar in geval van die geestelike mens het hy die Heilige Gees). Wanneer die uiterlike mens doodgaan is dit die uiterlike wat sterwe - die innerlike lewe dan nog en wag op die tweede dood (sien tema "geeste van afgestorwenes);   tensy iemand die Heilige Gees het! - "geestelike mense" in wie die Heilige Gees het sal nie doodgaan nie (sal dus nie deur die tweede dood gaan nie), want hulle het die ASEM vd Heilige Gees waardeur hulle kan LEWE... Wat die INNERLIKE MENS aanbetref, het dit dus ook ASEM nodig om te kan LEWE (net soos die uiterlike mens).  Die natuurlike mens se innerlike is dus anders as die innerlike vd geestelike mens.  Die "GEESTELIKE MENS" het die ASEM van die Heilige Gees en het daarom LEWE in Jesus Christus, want sonder die Heilige Gees wat deur Jesus Christus gegee word vir die wat in Hom glo, is daar geen LIG in die innerlike mens nie! Jesus Christus is die waaragtige LIG wat elke mens kan verlig! (Joh. 1:9; Hebr. 6:4). 

Die "natuurlike mens" se innerlike is nie verlig nie - daarom wag hulle nie net op "die dood" (eerste dood) nie, maar ook op die tweede dood (poel van vuur/oordeel vd hel). 
Maar "VERLIGTES" (die wat in Jesus Christus glo - Hebr. 6:4; 10:32)(die "geestelike mens") wag wel op die dood  maar sal nie onder die oordeel van die hel (die tweede dood) val nie, want hulle innerlike word in bewaring gehou omdat hulle "lewe".  Hulle INNERLIKE is m.a.w. verlig! (lewe deur die Gees)(hulle het die "asem" waardeur hulle siele aan die lewe gehou word, en het nie net die belofte van opstanding vd liggaam nie, maar ook die belofte dat hulle nie onder die oordeel van die tweede dood sal val nie). Hulle is soos mense wat "weer gebore" is.  Op dieselfde manier wat die natuurlike mens 'n lewende wese word deur die asem wat God gee, so word die geestelike mens 'n NUWE MENS deur die asem van Sy Gees.

Die INNERLIKE (liggaam, siel en gees - figuurlik gesproke) van die natuurlike mens lyk anders as die INNERLIKE van die geestelike mens, want die geestelike mens se INNERLIKE is vernuwe! Dit is maklik om te onderskei tussen die NATUURLIKE en die GEESTELIKE MENS, want die natuurlike mens verstaan nie die geestelike dinge nie - dit is vir hom dwaasheid omdat hy die gees van die wêreld het (1 Kor. 2:12-14).  Daarom maak hy staat op "menslike wysheid" (die wysheid van die wêreld) - hulle praat "uit die wêreld, en die wêreld luister na hulle" (1 Joh. 4:5).  Maar die wat uit God is "sien" en beoordeel alles geestelik (1 Kor. 2:14)... Geestelike mense se wysheid kom van die Here.  Hierdie is 'n TEKEN van wie die Gees van God het en wie nie.  Geestelike mense se "waarheid" is dit wat God sê dit is (nie wat mense besluit dit is nie) en hulle weet "wat is waarheid" omdat hulle die Gees van God het. Niemand weet wat in 'n ander mens is nie behalwe die gees vd mens (wat in hom is) - op dieselfde wyse weet die mens nie wat in God is nie, behalwe die Gees van God (1 Kor. 2:11) - as iemand dus nou die Gees van God in hom het, dan weet hy "wat in God is"... Daarom is geestelike mense die mense in hierdie wereld wat weet wat is nou eintlik die waarheid. Natuurlike mense het nie die Gees van God nie, so hulle weet nie "wat in God is" nie (en kan dus nie geestelik dinge beoordeel nie - hulle kan nie hierdie geestelike voedsel verwerk nie omdat hulle nie die asem van die Heilige Gees het nie).
"Geestelike mense" (die mense na wie verwys word in die Skrif as die wat wel die Gees van God het) weet wat is in God want hulle het Sy Gees;  daarom "sien" en "verstaan" hulle, en beoordeel dinge op 'n geestelike manier (1 Kor. 2:12,13)... - hulle kan hierdie geestelike voedsel dus verteer omdat hulle die "lig/asem" het - hulle LEWE deur die ASEM vd Heilige Gees.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Nog bronne:
_____________________________________________________________________________________________

Thursday, March 26, 2020

Die mens (liggaam, siel en gees)

Hierdie is deel van die boekie getiteld " DIE MENS ".  In hierdie les word gekyk na waaruit die mens bestaan (bedoel vir alle ouderdomsgroepe).

Vir die inleiding / Tweeledig van aard (en groepbespreking vir 12-17 jariges), gaan na: https://sondagskooltuis.blogspot.com/2020/03/die-mens-diagramme-inleiding-tweeledig.html (wat terloops saam met hierdie les aangebied kan word).
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
LES:
Rol af vir flitskaarte 1a, 1b en 1c, en gebruik dit om die inligting op FLITSKAART 1 aan die klas te verduidelik. Vir kleiner kinders kan afdrukke gemaak word en hulle kan die knip en plakwerk doen.


_________________________________________________________________________________
FLITSKAART 1:




_________________________________________________________________________________

_________________________________________________________________________________


_________________________________________________________________________________

_________________________________________________________________________________
Vir enige inligting oor dele van hierdie onderwerpe, kan die onderwyser moontlik die volgende bestudeer:
-http://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2019/05/liggaam-siel-en-gees.html
-http://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2018/10/lig-nodig-om-lewende-wese-te-wees.html
-https://warechristene.blogspot.com/2018/10/uiterlike-mens-innerlike-mens.html
-https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2018/10/die-innerlike-mens.html
-https://warechristene.blogspot.com/2019/05/die-liggaam.html
-https://warechristene.blogspot.com/2018/10/vlees-en-been-vlees-of-liggaam-en-bloed.html
-https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2019/02/die-mens-as-lewende-siel.html
-https://warechristene.blogspot.com/2018/12/bloed.html





Wednesday, March 25, 2020

"DIE MENS" - Diagramme (Inleiding / Tweeledig van aard / Liggaam, siel en gees)

Hierdie is deel vd boekie "Die Mens".

IN HIERDIE LES WORD SPESIFIEK GEKYK NA DIE VERSKIL TUSSEN 
DIE UITERLIKE MENS EN DIE INNERLIKE MENS.



------------------------------------------------------------------------------------------------------------
LES en GROEPBESPREKING:
(vir die onderwyser is 'n opsomming ondertoe)
- Lees Luk. 16:19-31

Vrae wat bespreek kan word:
(1) - Hoe is dit moontlik dat Lasarus en Abraham en die ryk man kon sien en praat en voel, selfs na hulle dood?  
Antwoord: Die mens is tweeledig van aard, nl. die uiterlike mens en die innerlike mens. (2Kor. 4:16 - "Daarom gee ons nie moed op nie, maar al vergaan ons uiterlike mens ook, nogtans word die innerlike mens dag ná dag vernuwe"). Dit beteken dat elkeen van ons is nie net letterlik van aard (uiterlik) nie, maar ook figuurlik van aard (innerlik) wat verwys na 'n gees in die binneste (wat terloops ook kan sien, praat, voel ens.!).
Elke mens het 'n innerlike, en wanneer die uiterlike mens doodgaan beteken dit nie die innerlike mens gaan ook dood nie (alhoewel die innerlike mens dan wag op óf die tweede dood, óf die opstanding in die geval van "geestelike mense") - (m.a.w., na die dood, wat verwys na die uiterlike mens wat sterwe en terugkeer na stof, dan wag "natuurlike mense" op die tweede dood. maar geestelike mense het die belofte dat hulle nie deur die tweede dood sal gaan nie - want hulle het die "asem" vd Heilige Gees - so hulle wag dan op "die optstanding" en die Heilige Gees hou hulle in bewaring tot daardie dag).


(2) Vrae 2 en 3 kan miskien saam behandel word.
- Hoe kon Lasarus deur die engele weg"gedra" word asof hy 'n liggaam het, alhoewel toe alreeds dood?
Antwoord:  Hierdie verwys nie na die liggaam letterlik gesproke nie, maar na die liggaam figuurlik gesproke. Ons innerlike het op die oomblik "vlees en bene" (wat verwys na die uiterlike, wat gesien kan word soos 'n huis), maar wanneer die mens doodgaan, is hy soos 'n gees sonder vlees en bene. Die innerlike mens is wel gees, ja, maar het ook 'n vorm en kan miskien figuurlik gesien word as liggaam, siel en gees, bv. kan sien en praat en voel - vgl. dit met "sintuie".  Kan dink - vgl. dit met "hart".  Kan beweeg - vgl. dit met "liggaam".
M.a.w., die gees in iemand se binneste (nl. die innerlike mens) kan net soos die uiterlike mens, ook gesien word soos "liggaam, siel en gees"... (alhoewel nie met letterlike "vlees en bene" soos die geval met die uiterlike mens nie). Die innerlike mens het m.a.w. ook 'n vorm soos die geval met 'n liggaam (alhoewel nie 'n letterlike liggaam soos die vd uiterlike mens nie, en het ook kos en water en klere nodig...

(3) -  Elke mens het 'n "gees in sy binneste" (wat gesien kan word soos 'n gees - word ook na verwys as "die mens se gees").  Kom ons kyk na 'n paar skrifte om dit beter te verstaan:  - lees Job 32:18, Ps. 143:4; Spr. 20:27; Jes. 26:9 en Eseg. 11:19 in die klas. 
- Lees nou Luk. 24:36-40.  Wat leer Jesus vir ons hier oor die beskrywing van "'n gees"?
Antwoord:  Hy leer daar dat 'n gees nie vlees en bene het nie (hierdie verwys na letterlike vlees en bene, m.a.w. vd "uiterlike mens" wat soos 'n huis is vir die innerlike mens)('n gees het dus nie vlees en bene soos 'n uiterlike mens nie, maar het wel 'n vorm en kan ook beweeg asof 'n liggaam - "figuurlike liggaam"). Wanneer die mens sterwe is hy m.a.w. soos " 'n gees sonder (letterlike) vlees en bene" - bedoelende hier dat hy nie 'n uiterlike mens het nie - is nie in 'n uiterlike liggaam nie. Vgl. dit met die tema van "geeste van afgestorwenes (Lev. 19:31 ens.) - 'n gees is iets wat in 'n liggaam kan in of uitgaan (in hierdie geval verwys ons nie na "gees" soos in letterlike "asem" nie, maar die mens se "gees in binneste", verwysend na DIE MENS SE GEES - nl. die innerlike mens). (Hier is 'n pos vir die onderwyser vir 'n studie oor verskillende "geeste" in die Skrif - rol af in die pos tot sowat die 8ste paragraaf...).
NS: Elkeen van ons het 'n uiterlike mens wat verwys na
- letterlike liggaam (vlees, bene, vel ens.) en
- letterlike siel (hart wat pomp, bloed, organe) en
- letterlike gees (asem waarsonder niemand kan lewe nie).
Maar elkeen van ons is ook "gees" wat verwys na die innerlike mens, en alhoewel die innerlike ook gesien kan word soos "liggaam, siel en gees", is dit meer figuurlik;  bv.,
- siel verwys dan nie na die hart van vlees wat bloed deur die liggaam pomp nie, maar verwys na gedagtes (vd hart), oorlegginge ens.
- Op dieselfde wyse bv. die gees of asem, want in die geval vd innerlike mens verwys "gees" of asem nie na letterlike asem soos die vd uiterlike mens nie, maar na asem waardeur die innerlike mens lewe (bv., in die geval vd natuurlike mens is dit die wereldse gees, en in geval vd geestelike mens is dit die Heilige Gees).
- Net so die liggaam - wat die innerlike mens aanbetref het dit ook 'n vorm en kan beweeg, maar hierdie "liggaam" verwys o.a. na "ou mens" of "nuwe mens".  Bv., die geestelike mens se innerlike mens is vernuwe, en is soos iemand wat opgestaan het in 'n nuwe liggaam (vgl. dit met die Christelike doop) en gebore uit die saad van God (nie meer uit die saad van Adam nie)(vgl. met die tema van Wedergeboorte).  Daarom sal die geestelike mens nie deur die tweede dood gaan nie...
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Verdere inligting vir lesaanbieding:
Die mens kan voorgestel word soos saad of 'n plant of boom wat groei en vrug dra - net soos 'n plant kos en water en lig nodig het om te kan groei en lewe, net so het die mens kos en water en lig nodig (vir groei en lewe).  Bv., sonder kos en water sal die mens doodgaan.  En sonder lig of asem, kan geen mens lewe nie. Op 'n volgende les word hierdie ook behandel.

Die mens bestaan uit LIGGAAM, SIEL en GEES (Gen. 2:7; 1 Thess. 5:23),
maar is TWEELEDIG van aard, nl.:
-  Die uiterlike mens (letterlik)(2 Kor. 4:16; 5:12);
-  Die innerlike mens (figuurlik)(Rom. 7:22; 2 Kor. 4:16; Ef. 3:16; 1 Pet. 3:3,4; 1 Sam. 16:17).
Die begrip "Liggaam, siel en gees" verwys dus nie net na die uiterlike mens nie, maar ook na die innerlike mens, want elke mens is nie net letterlik van aard nie, maar het ook 'n innerlike (nl. die mens van binne - Sag. 12:1)(elke mens is dus ook "gees", verwysend na die mens se gees, of ook genoem "die geeste van (alle) vlees" - ...en is daarom soos 'n gees sonder vlees en bene wanneer hy doodgaan! - kyk tema van "geeste van afgestorwenes").

Alhoewel die twee begrippe "uiterlike mens" en "innerlike mens" slegs in 'n paar skrifte voorkom, is daar heelwat ander skrifte of skrifgedeeltes wat vir ons meer hieroor leer.



Ons kan dit moontlik as volg verduidelik dat die mens:
-LETTERLIK liggaam, siel en gees is, maar ook
-FIGUURLIK liggaam, siel en gees.
Bv., die letterlike liggaam verwys na die mens as menslike wese letterlik bedoel, die vleis, bene ens. (bv. "vlees, mensdom, die self, vel, naaktheid, nageslag, liggaamlik, slaaf, menslike natuur, vergangklik" ens. - vir die onderwyser is 'n studie hieroor, klik vir pos getiteld "die liggaam). Die liggaam figuurlik gesproke verwys ook na hierdie dinge maar natuurlik figuurlik bedoel, bv. elkeen as 'n gees het ook figuurlik 'n liggaam - kyk die vb. in die gelykenis vd ryk man en Lasarus, hoe Lasarus nadat hy doodgegaan het, deur die engele weg"gedra" is na die boesem van Abraham... (Luk. 16:22) - en terloops kon Lasarus en die ryk man en Abraham (alhoewel hulle almal dood was) praat, hoor, sien, voel ens. Vir 'n vollediger opsomming hieroor, gaan na: http://warechristene.blogspot.com/2018/10/uiterlike-mens-innerlike-mens.html.
Min of meer dieselfde geld vir die uiterlike mens en die innerlike mens.  Bv., net soos die uiterlike mens kos en water nodig het om aan die lewe te bly, net so het die innerlike mens die regte soort kos en water nodig (figuurlik) om aan die lewe te bly.  Die uiterlike mens kan bv. ook nie sonder die letterlik ASEM ("gees") lewe nie en daarom, wanneer iemand die laaste asem uitblaas, sterf hy. Op dieselfde wyse kan die innerlike mens ook nie lewe sonder die ASEM vd Heilige Gees nie! "Asem" verander iemand in 'n lewende siel - op dieselfde wyse kan die een wat die gees vd wereld het gesien word as "dood", maar die "geestelike mens" gesien word as lewendig omdat hy die Heilige Gees het en die Heilige Gees sy hart vernuwe. Hy is 'n "nuwe mens" - opgestaan in 'n nuwe liggaam (figuurlik gesproke vd innerlike mens) en het 'n nuwe siel/hart en het nie die gees vd wereld nie, maar die Gees van God. Wanneer ons 'n studie maak oor DIE MENS, dan moet ons dus altyd onderskei tussen die innerlike vd "natuurlike mens" en die innerlike vd "geestelike mens".

Beide die natuurlike en die geestelike mens se UITERLIKE MENS sterf (gaan dood)(is verganklik); alhoewel die geestelike mens die belofte het van eendag letterlik opstanding! Wanneer die natuurlike mens sterwe wag hy op die oordeel van die hel (ook genoem TWEEDE DOOD), maar die geestelike mens sal nie in hierdie oordeel kom nie omdat sy innerlike lewe (deur die asem vd Heilige Gees)!
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Ons moet onderskei tussen die innerlike vd NATUURLIKE MENS, en die innterlike vd GEESTELIKE MENS:  
Die "natuurlik mens" is deel van die "kinders vd vlees",
maar die "geestelike mens" is deel vd "kinders vd Gees".

- liggaam
(natuurlike mens) = vleeslik/ou mens (gebore uit verganklike saad);
(geestelike mens) = geestelik/nuwe mens (opgestaan in nuwe liggaam).

- siel
(natuurlike mens) = dra vrugte vir dood  ;  (geestelike mens) = dra vrug tot ewige lewe
(natuurlike mens) = "ou hart" (hart onbesny) ;  (geestelike mens) = nuwe hart (hart is besny)
(natuurlike mens) = verganklik (siel in bloed)  ;  (geestelike mens) = onverganklik (lewe in bloed van Christus)

- gees / asem / lig
(natuurlike mens) = KINDERS VD DUISTERNIS  ;  (geestelike mens) = is KINDERS VD LIG
(natuurlike mens) = GEES VD WERELD  ;  (geestelike mens) =  het GEES VAN GOD
(natuurlike mens) = (GEES VD DWALING  ;  (geestelike mens) =  het GEES VD WAARHEID
------------------------------------------------------------------------------------------------------------