Saturday, March 14, 2020

Die volk van God - Identiteit/geslagslyne - Les 1 en 2 (12-17 jariges)

Hierdie is deel vd boekie "Die volk van God" onder die tema IDENTITEIT. 
Vir die inleiding, gaan na:
https://sondagskooltuis.blogspot.com/2020/02/die-volk-van-god-identiteit-geslagslyne_25.html
______________________________________________________
LES 1
Elke volk het 'n identiteit.
Identiteit word gewoonlik beskryf deur dinge soos burgerskap, taal, kultuur, oorsprong ens.

Vraag 1:   (Bespreek in groep):
------------------------
-  Hoe word iemand se identiteit beskryf?
-  Hoe sal jy die identiteit vd VOLK waaraan jy behoort beskryf? (in hierdie geval nie net die land waaraan jy behoort waarin bv. verskillende nasies bly nie, maar ook bedoelende "die spesifieke volk, nasie of taal waaruit jy gebore is").
M.a.w., hoe kan julle kultuur beskryf word?, wat is julle oorsprong?, is julle almal familie van mekaar?, watter taal praat julle?, of watter streekktaal?, wat se soort feeste vier julle?, wat se kosse eet julle?, wat se boeke lees julle of watter geskrifte sien julle as "heilige" boeke?, wat is julle waardes? Watter soort onderwys-stelsel volg julle?;  hoedanig julle klere en modes?, ens.
_________________________________________________________________________________
VIR DIE ONDERWYSER:
-------
(Groepbespreking) - Laat die kinders in groepe opdeel en heerlik gesels oor hierdie vrae.

Doel van les 1 en 2:  In hierdie les is die klem op waar iemand burgerskap het, asook die familie waaruit iemand gebore word; bv. aan watter land iemand behoort, en uit watter familie gebore is. 

"DIE VOLK VAN GOD" moet ook soos 'n volk of taal of nasie gesien word met haar eie kultuur, oorsprong, familie, taal, feeste, kosse, boeke, waardes, lering, klere ens. Kinders van God behoort aan DIE KONINKRYK VAN GOD en het dus burgerskap in die hemele (Fil. 3:20 - "Want ons burgerskap is in die hemele, van waar ons ook as Verlosser verwag die Here Jesus Christus"). Identiteit word egter nie net beskryf deur burgerskap nie, maar veral deur die geslag waaruit iemand gebore is. In hierdie lesse sien ons dus ook dat, net soos iemand se identiteit beskryf word deur die familie, volk, nasie of taal waaruit hy gebore is,  net so het "natuurlike mense" (wereldse mense) 'n oorsprong, en "geestelike mense" (die volk van God) 'n oorsprong... (wat hier gaan oor "uit watter saad" hulle gebore word). 

Die eerste les bied ook geleentheid waarin meer aandag gegee kan word aan die tema van "die Koninkryk van God"  (rol af ondertoe vir meer studies en opsommings oor die Koninkryk van God).

Woorde uit die Skrif wat in hierdie les behandel word, is:
- "Koninkryk van God"
- "natuurlike mense"
- "geestelike mense".
(vir 'n studie op elk van hierdie onderwerpe, klik op die woorde hierbo).

OPSOMMING:
Geestelike mense (die wat weergebore is) se identiteit word beskryf deur:
- (1) burgerskap, en dus, omdat hulle burgerskap het in die hemele, die wette, wysheid, kennis ens. vd Koninkryk van God (het 'n Christelike kultuur); en
- (2) veral die SAAD WAARUIT HULLE (weer) GEBORE IS (m.a.w. gebore uit onverganklike saad, en is daarom deel van Sy Liggaam, deel vd Christelike kerk, is van Sy vlees en bene...). En daarom dink en doen hulle dieselfde (want hulle is familie van mekaar).
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Lesaanbieding:

Antwoord op vraag 1:
Identiteit word beskryf deur:
(1) burgerskap (aan watter land iemand behoort) en kultuur (soos taal, feeste, lering ens.);  en
(2) "uit watter geslag iemand gebore is" (geslagslyne, hetsy letterlik of figuurlik).

Les op eerste punt (1)(burgerskap en kultuur):
Net soos wat burgerskap baiemaal iemand se taal, kultuur, waardes, leringe ens. beinvloed, net so beinvloed burgerskap die volk van God se kultuur, waardes en taal.  Kinders vd Here het bv. burgherskap in die hemele, en behoort daarom aan die koninkryk van God - en hulle taal, kultuur en waardes word daardeur beinvloed. Die Here is hulle Koning en hulle Sy onderdane. Hulle luister na Hom en vra Hom om hulp. soek Hom, wag op Hom, dien Hom ens.   

Net soos elke volk 'n wereldse land of koninkryk het (m.a.w. burgerskap van 'n wereldse koninkryk), net so behoort die volk van God aan 'n koninkryk, maar nie 'n koninkryk "van hierdie wereld" nie - hulle het "burgerskap in die hemele", m.a.w. behoort aan die KONINKRYK VAN GOD, wat wel huidiglik 'n geestelike koninkryk is op aarde omdat God teenwoordig is deur Sy Gees, ja, maar sal ook eendag 'n fisiese koninkryk wees op aarde met Christus Jesus Self fisies teenwoordig in Sy koninkryk op aarde! Wanneer Jesus terugkom sal Hy hierdie koninkryk oprig.  In verskeie profetiese boeke word hierdie feit bestempel, dat aan die einde van dae die Here die ander koninkryke sal verbrysel en Sy ewige koninkryk sal oprig (kyk bv. Dan. 2), en daardie "ewige koninkryk" sal begin met 'n 1000 jaar tydperk. Mense van dieselfde volk (met dieselfde burgerskap) "sien en dink" gewoonlik dieselfde, en praat dieselfde taal, en het selfs 'n spreektaal wat net hulle verstaan, deel in dieselfde feeste en waardes en kosse, en het gewoonlik 'n stel boeke wat eie is aan hulle volk.  Hulle verstaan mekaar en is óf familie, of soos familie. Immigrante vind dit bv. baiemaal moeilik om in te val by 'n ander volk want hulle praat nie noodwendig dieselfde taal nie en/of ken nie die spreektaal nie, dink en doen verskillend, en het moontlik verskillende waardes. Hulle is ook nie juis bekend met daardie volk se feeste en vieringe en boeke nie en verstaan nie die betekenis daarvan nie, of ken nie die volksverhale nie, en weet nie noodwendig wat is vir hulle heilig is of nie heilig is nie... Op dieselfde wyse wat elke volk (van 'n land) of 'n land 'n identiteit het,  net so het die VOLK VAN GOD 'n eie identiteit en is soos 'n familie, of soos mense van dieselfde volk of land met 'n eie kultuur en taal, leringe, heilige boeke, waardes, kleremodes, kunste wat o.a. gepaardgaan met sange, ens. Die wat deel is vd volk van God, dink en doen en sien dieselfde, en praat 'n taal wat hulle almal verstaan, het feeste en geleenthede en 'n eie kultuur wat spesifiek hulle beskryf...  
--------------------------
Maar iidentiteit word nie net beskryf deur burgerskap nie, maar ook deur die geslag waaruit iemand gebore is.  Mense het bv. spesiale karaktertrekke en denkpatrone wat hulle erf.  Op dieselfde wyse dink en sien geestelike mense anders as natuurlike mense. Die rede hiervoor het dus veral te doen met die saad waaruit hulle gebore is (kyk volgende deel, wat terloops in 'n ander les behandel kan word). En net soos iemand nie altyd 'n ander volk se kultuur en waardes en taal ken nie, op dieselfde wyse verstaan die wêreldse mens nie altyd die kind van God se kultuur en taal nie, en verstaan dus nie altyd hoe hy dink en sien nie, en doen terloops ook nie dieselfde nie
_________________________________________________________________________________

LES 2
Les op tweede punt (2)(geslagslyne):
(Onderstaande langdradige opsomming is bedoel om die onderwyser voor te berei vir enige vrae wat in die klas mag opkom.  Die onderwyser kan hierdie net kortliks verduidelik en op 'n volgende les meer tyd gee hiervoor - wat terloops in LES 2 van hierdie reeks behandel word).

Maak nie saak aan watter volk iemand behoort nie, almal is kinders van Adam en gebore uit sy saad (en terloops, daarom lyk elke mens soos God want Adam is geskep in die gelykenis van God en siende ons almal gebore is uit Adam se saad is ons familie van hom...- en lyk soos hy). Die feit dat almal kinders is van Adam (en Eva), beskryf die mensdom se identiteit. Net soos mense gebore word in spesifieke families en hulle identiteit beskryf word deur die familie waarin hulle gebore is, net so kan die mensdom se identiteit beskryf word as almal "kinders van Adam" - dit beskryf uit watter vlees hulle gebore is. Alle mense word gebore as natuurlike "kinders". Die skrif gebruik veral die woorde "vlees en bloed" (Hebr. 2:13; Eseg. 39:17,18; Matt. 16:17; Ef. 6:12; 1 Kor. 15:50) hiervoor - almal is vlees en bloed van mekaar want hulle is (1) UIT VLEES gebore (Joh. 3:6), en (2) UIT BLOED gebore (Joh. 1:13)(en is daarom terloops verganklik). 'n Ander term wat ook in die Skrif gebruik word om geslagslyne te beskryf, is die woorde "vlees en been" (Gen. 29:14; 2:23; 37:27; 2 Sam. 5:1; 19:12,13; 1 Kron. 11:1; Rig. 9:2).  Adam en Eva was bv. vleen en been van mekaar (want immers is Eva uit een van Adam se ribbebene geskep). En dus, net so was die kinders wat uit hulle gebore is nie net vlees en been van hulle nie, maar ook familie van mekaar, en "vlees en bloed".
Die verskil tussen natuurlike mense en geestelike mense:
Alle mense is dus eintlik familie van mekaar omdat almal kinders is van Adam. Die skrif het 'n woord wat hiervoor gebruik word, nl. "natuurlike mense".  Almal word as natuurlike mense gebore.  Die saad waaruit iemand gebore is bepaal die soort vlees wat iemand het, bv. "natuurlike mense" is almal verganklik (almal gaan dood). Die mens is mens omdat hy uit 'n mens gebore is. Ons moet verstaan dat 'n liggaam nie iets anders kan voortbring as wat dit self is nie, en die tipe saad bepaal wat groei en gebore word;   bv., wanneer 'n hond geboorte gee, gee dit nie geboorte aan 'n kat nie. Al manier hoe iets as iets anders gebore kan word is as dit uit daardie iets gebore word (bv. 'n kat uit 'n kat) - die saad of liggaam bepaal wat gebore word. Die wat uit Adam se saad gebore word, word uit 'n natuurlike liggaam gebore en 'n natuurlike liggaam word gesaai... (1 Kor. 15:44)(die tipe plant of boom wat groei, word bepaal deur die tipe saad wat gesaai is). In die Skrif word die mens o.a.ook  voorgestel soos saad of 'n plant of boom wat groei en vrug dra. Elke mens kan gesien word soos saad wat in die wereld geplant word en die tipe saad bepaal wat dit is wat sal groei. As dit Adam se saad is, sal natuurlike kinders groei.  As dit God se saad is, sal geestelike kinders groei. Niemand kan dus "kinders van God" genoem word as hulle nie gebore word uit God nie! As hy dus as 'n natuurlike mens gebore is, het hy nodig om WEER GEBORE te word, en hierdie keer uit God se saad! (voor hy kan se dat hy 'n kind van God is). '
Maar ons moet ook verstaan dat die mens tweeledig van aard is en nie net UITERLIK mens is nie, maar het ook 'n INNERLIKE (2 Kor. 4:16). M.a.w., in elke mens is daar 'n mens van binne. Alle mense se uiterlike mens sterf eendag, maar wat gebeur met die innerlike mens?  Wel, as die mens verganklik is, dan moet die innerlike mens ook sterwe! - die Skrif verwys hierna as die TWEEDE DOOD (Openb. 2:11; 20:6,14; 21:8).  Elke "natuurlike mens" (die gebore uit die saad van Adam) se uitende is die dood - ingeval van die uiterlike is dit wanneer iemand sy laaste asem uitblaas, maar elke natuurlike mens sal ook deur die tweede dood gaan;  tensy natuurlik iemand "weer gebore" kon word!
Bv., wat sou gebeur as iemand WEER GEBORE kan word maar hierdie keer uit God se saad?  Wat se soort vlees dink jy sou so iemand he?  -Verganklik of onverganklik? Natuurlik ONVERGANGLIK (want God is onverganklik). Die Skrif het ook 'n woord wat vir sulke mense gebruik word, nl. "geestelike mense" - geestelike mense is m.a.w. onverganklik en gaan nie dood nie... Almal wat in Jesus Christus glo (wie se sondes deur Hom afgewas word) en wie Sy Gees ontvang (en dus gewederbaar is deur water en Gees), word gesien as "geestelike mense" - hulle is "soos kinders van Jesus Christus" (asof van Sy vlees en bene...-Ef. 5:30) en word gesien as mense wat "uit God gebore is" (1 Joh. 2:29; 3:9; 4:7; 5:4,18) - en het dus die belofte van EWIGE LEWE!  Maar ons moet verstaan dat WEDERGEBOORTE verwys na die innerlike mens - wanneer iemand 'n Christen word (en weergebore word), dan is dit sy innerlike wat vernuwe word, nie sy uiterlike nie (want as sy uiterlike vernuwe was, dan sou hy nie doodgaan nie). Die uiterlike mens gaan eers vernuwe word wanneer Jesus Christus terugkom (in "die opstanding", wanneer Hy hulle uit die dood sal opwek). Geestelike mense se innerlike is weer gebore - dus vernuwe. Die "geestelike mens" gaan dus steeds dood, ja, (m.a.w., verwysend na die uiterlike mens), maar omdat sy innerlike vernuwe is, het hy die belofte dat hy nie deur die tweede dood sal gaan nie;  en hy het terloops ook die belofte van OPSTANDING eendag (vd uiterlike mens)! - en dan in 'n nuwe soort liggaam ("verheerlikte liggaam") wat onverganklik is!

Die wat deel is vd volk van God word genoem "geestelike kinders", want hulle is gebore uit Sy saad (en is terloops "weer gebore", want almal is eers as natuurlike mense gebore). Niemand kan deel wees van God se volk, van Sy kinders, of familie wees van Hom as hulle nie uit Hom gebore is nie.  Hierdie beskryf hulle identiteit (kan m.a.w. soos 'n geslagslyn gesien word).  Christene is weergeborenes, mense wat "weer gebore" is, en gebore uit God se saad (wederbaar deur "water" en die "Heilige Gees";  genoem "geestelike mense" - is kinders van God - is deel van Sy familie);  maar hierdie verwys nie na die uiterlike mens nie, maar die innerlike mens.

Kort opsomming van bg.:
-  Adam se saad is verganklik. Die natuurlike mens ("natuurlike kinders") is kinders van Adam. Omdat hulle gebore is uit vlees en bloed en uit verganklike saad , gaan hulle almal dood.  Hierdie verwys nie net na die uiterlike mens nie, maar ook na die innerlike mens. Elke natuurlike mens se uiterlike sterwe (omdat hulle gebore is uit verganklike saad), en nie net die uiterlike nie maar ook die innerlike sal doodgaan (tweede dood).
-  God se saad is onverganklik. Die geestelike mens ("geestelike kinders") word gesien as kinders van God (kinders van Jesus Christus), en word veral beskryf deur die term "liggaam en bloed" (1 Kor. 10:16; 11:27) wat verwys na die wat in Christus FAMILIE is van mekaar. Elke geestelike mens (die wie se innerlike mens vernuwe is) sterf ook omdat hulle uiterlike mens nog nie vernuwe is nie, maar anders as die natuurlike mens het hulle die belofte van opstanding (vd uiterlike mens) eendag tot ewige lewe, en het ook die belofte dat hulle nie deur die tweede dood sal gaan nie omdat hulle innerlike mens alreeds vernuwe is en deur die Gees in bewaring gehou word tot die dag van verlossing (met die opstanding) - hulle het dus alreeds die lewe! (hulle word alreeds gesien as onverganklik...). Al sterf die uiterlike het hulle die belofte van opstanding, en omdat hulle innerlike mens vernuwe is (gebore uit onverganklike saad - 1 Pet. 1:23; 1 Joh. 3:9; 1 Pet. 1:23; Gal. 3:16,19), het hulle die ewige lewe en sal nie doodgaan nie.

------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Nog inligting vir die onderwyser:
-  Die term "vlees en been" word gewoonlik gebruik t.o.v. geslagslyne.
-  Die term "vlees en bloed" word gewoonlik gebruik vir die mensdom, maar word nie net letterlik gebruik nie, maar ook figuurlik.
-  Die term "liggaam en bloed" word veral gebruik in konteks met die geestelike familie (Christene is familie van mekaar).

Vir opsommings onderwerpe uit hierdie les:
https://warechristene.blogspot.com/2018/10/natuurlike-mens-geestelike-mens.html

Dagstukkies oor onderwerpe in hierdie pos.
Vir dagstukkies/opsommings oor "die Koninkryk van God", gaan na:
http://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2018/10/kinders-vd-koninkryk-se-identiteit.html
- http://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2014/07/wat-beteken-dit-dat-die-gelowige-die.html
http://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2014/07/die-evangelie-van-die-koninkryk.html
- http://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2016/01/wie-is-almal-kinders-van-die-koninkryk.html
http://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2017/07/die-here-se-wingerd.html
Dagstukkies/opsommings oor "geestelike mense" - "gebore uit God":
- http://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2017/04/wie-sal-uiteindelik-ingaan-in-die.html
http://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2015/08/die-een-wat-in-eie-naam-uitgaan.html (rol af na "gedagte")
http://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2017/08/onder-wie-se-mag-is-jy.html
http://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2015/12/waarvoor-is-jy-geroep.html
Vir dagstukkies/opsommings oor die geestelike mens en die natuurlike mens, gaan na:
http://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2019/05/soorte-christene-in-die-christelike.html
http://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2019/05/liggaam-siel-en-gees.html
http://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2019/02/die-mens-as-lewende-siel.html
http://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2018/10/die-innerlike-mens.html
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

No comments:

Post a Comment

Note: Only a member of this blog may post a comment.