Showing posts with label vrug dra. Show all posts
Showing posts with label vrug dra. Show all posts

Thursday, July 4, 2024

Die gelowige 'n boom - interessante vrae vir lekker gesels (bybelstudie 12 jaar tot volwassenes)

Hierdie is deel van die boekie "die gelowige 'n boom" (bedoel vir bybelstudie 12 jaar tot volwassenes).

Vir die vorige lesse in hierdie reeks, gaan na:

https://sondagskooltuis.blogspot.com/2014/07/a4-muurkaart-vertikaal-die-gelowige.html

https://sondagskooltuis.blogspot.com/2024/07/die-gelowige-n-boom-2.html

https://sondagskooltuis.blogspot.com/2024/07/die-gelowige-n-boom-3-wat-se-soort-boom.html

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

LES 1:

(hierdie les is opgestel met 'n klomp vrae vir lekker gesels) (let op die links waarop geklik kan word vir verderde studie vir die leier...)

(1) Vraag vir bespreking:  Alle mense is soos saad wat in die wereld geplant word, en (soos 'n boom) groei en dra vrug... Maar vir wie dra ons hierdie vrugte? want die waarheid is dat ons doodgaan!;  m.a.w. almal dra eintlik VRUGTE VIR DIE DOOD... (Rom. 7:5) - asof hulle lewe tot niks kom. Hoekom is dit die geval? - hoekom gaan alle mense dood? - m.a.w., hoekom dra die natuurlike mens vrugte vir die dood? Antwoord: Alle mense word "in sonde" gebore (Ps. 51:7), want hulle is kinders van Adam...  Adam was 'n slaaf (van sonde)(2 Pet. 2:19; Joh. 8:34), en noodwendig sal sy kinders ook as slawe gebore word. Dit is hoe dit in die lewe werk - as jou ouers slawe is word jy noodwendig ook as 'n slaaf gebore. M.a.w., almal uit Adam gebore, is (net soos hy) slawe (slawe van sonde)...., en as jy 'n slaaf is van sonde is jou uiteinde die dood (God het vir Adam gewaarsku dat as hulle vd boom van goed en kwaad eet, hulle sal doodgaan - dit is hoe Adam 'n slaaf geword het van sonde, en waarvan die uiteinde is die dood). Die loon vd sonde is die dood - as jy die sonde dien dan sal jy doodgaan. In daardie opsig kan die dood gesien word as die mens se groot vyand (1 Kor. 15:15,17). 

(2) Vraag vir bespreking:  Hoe sou jy slaafskap beskryf?  Wat beteken dit om 'n slaaf te wees? En hoe beinvloed hierdie antwoord die feit dat die mens gebore word as slawe van sonde?  Antwoord:  Hierdie tema gaan veral oor 2 dinge, nl. slaafskap en vrug: - (1) Wie dit is wat gedien word?; - wie is dit van wie jy 'n slaaf is?; vir wie dien jy?; aan wie behoort jy? (1 Kor. 7:22; 2 Pet. 2:19) - wie is die slaaf se meester?. (2) Gehoorsaamheid - wie jy gehoorsaam is 'n bewys van wie dit is vir wie jy dien... (Matt. 7:17-20).'n Slaaf het 'n meester vir wie hy dien/gehoorsaam. Die natuurlike mens DIEN die sonde / is gehoorsaam aan die sonde (en het daarom vrymaking van hierdie slaafskap nodig!;  m.a.w., die "liggaam van sonde" moet tot niet gemaak word sodat ons nie meer die sonde dien nie... - Rom 6:6). Natuurlike mense is dus "slawe van die verdorwenheid" - word almal gebore as "slawe onder sonde", wat dus beteken hulle is "diensknegte van sonde" (Joh. 8:34; Ps. 51:7; Rom. 6:12,13);  maar geestelike mense (die wat vrygekoop is) is slawe van die meester deur wie hulle losgekoop is, m.a.w. "slawe van Christus"!- hulle behoort nou aan Hom, en hulle dien Hom (1 Kor. 3:23; Rom. 14:8; 1 Kor. 7:22). Selfs die vrygekoopte se liggaam behoort aan Christus (Kol. 2:17)(1 Kor. 6:19,20 - "Of weet julle nie dat julle liggaam ‘n tempel is van die Heilige Gees wat in julle is, wat julle van God het, en dat julle nie aan julself behoort nieWant julle is duur gekoop. Verheerlik God dan in julle liggaam en in julle gees wat aan God behoort"). Wat dit beteken is dat geestelike mense dien/is gehoorsaam aan die Here (nie aan die sondige natuur nie). Dit is wat dit beteken om vrygekoop te wees - dit gaan oor wie jy gehoorsaam en na wie jy luister. 

(3) Vraag vir bespreking:  Gaan alle mense dood?  Antwoord? Ja, alle mense gaan dood, maar ons moet verstaan dat die term "dood" nie net verwys na wanneer die uiterlike mens sterwe nie, maar ook verwys na die "tweede dood".  Die mens bestaan uit 'n uiterlike mens (word ook na verwys as "die liggaam") en 'n innerlike mens (word ook na verwys as "siel", somtyds "gees vd mens");  m.a.w., wanneer iemand doodgaan is dit die uiterlike mens wat sterwe (nie jou innerlike nie).  Daar is ook 'n tweede dood wat op die mens wag sou hy nie redding kry nie, en dit is wanneer beide die liggaam (uiterlike mens) en siel (innerlike mens) in die poel van vuur verwoes word (ook genoem, "die oordeel vd hel"). Die mens is dus nie net vir oordeel bestem nie, maar vir die ewige oordeel (tweede dood), en het dus redding nodig! (redding nodig van hierdie toorn)(1 Thess. 5:9) / Die begrip saligheid verwys nie net na saligheid van die siel nie, maar ook na saligheid van die liggaam - sien die belangrikheid vd komende opstanding (saligheid vd siel - 1 Pet. 1:9; 3:21; Hebr. 10:22)(saligheid vd liggaam - Hebr. 9:13; 10:22).

(4) Vraag vir bespreking: Die mensdom kan ingedeel word in natuurlike mense en geestelike menseWat is die verskil tussen "natuurlike mense" en "geestelike mense"?  (lees Jud. 1:10; 1 Kor. 2:14,15; 1 Kor. 3:1).  Antwoord:  Almal word as natuurlike mense gebore;  m.a.w. is kinders van Adam en word in sonde gebore (en het dus redding nodig) - natuurlike mense is "vleeslik" / "sinnelik"... (Jud. 1:19; 1 Kor. 2:14; Spr. 12:10; 1 Kor. 3; Job 25:4).  Die begrip geestelike mense verwys weer na die mense wat redding verkry het - hulle is vrygekoop van hulle slaafskap (onder sonde) en word nou gesien soos mense "wat uit God gebore is" (1 Joh. 5:1)(wat veral verwys na hulle innerlike mens wat vernuwe is en dus alreeds vrug kan dra TOT LEWE, en dus die belofte het dat hulle nie deur die tweede dood sal gaan nie.  Hulle uiterlike mens is nog nie vernuwe nie! - daarom gaan die liggaam steeds dood.., maar hulle het die belofte dat hulle uiterlike ook vernuwe sal word in die opstanding wanneer Jesus terugkom - hulle sal opstaan "tot lewe"!) - hulle word gesien soos mense wat "weer gebore" is (al verwys dit huidiglik meer na die innerlike, nog nie die uiterlike nie). Weergebore mense se sonde is vergewe en hulle het die Heilige Gees ontvang - hierdie is die groot verskil tussen natuurlike mense en geestelike mense. , en dit beinvloed natuurlik die manier hoe hulle "sien en dink". Natuurlike mense het nie die Gees nie en dink en sien dus soos die wereld;  geestelike mense het die Gees (van God) en dink en sien dus anders! (sien soos die Here/glo in Hom, Sy woorde - het wysheid van bo). Geestelike mense word o.a. gesien as met 'n "goddelike natuur", en gesien soos die familie van Jesus Christus (hulle is van Sy been)(2 Pet. 1:4; Joh. 3:5,9; 1 Joh. 4:7; 5:4). Geestelike mense dra dus VRUGTE TOT LEWE (dra vrugte vir die Here - Hy gee vir hulle die lewe/Rom. 7:4), want hulle is LOSGEKOOP van hulle slaafskap (onder sonde)(1 Kor. 7:23; Gal 5:1; Rom. 6:17,18);  terwyl natuurlike mense nie instaat is om hierdie soort vrug (tot lewe) te dra nie (Rom. 6:21-23)(die natuurlike mens kan nie deur goeie werk hierdie soort vrug dra wat vir hulle die ewige lewe gee nie - niemand kan dit deur werke ontvang nie, want (1) sy sondes is nog nie afgewas nie en hy is dus oppad na die dood,  en (2) hy is steeds 'n slaaf van sonde. Iemand moet dus skoonkom en gehoorsaam word aan die Here..., en dus aan Sy Gees, voor hy kan vrug tot lewe dra). Daarom is GEHOORSAAMHEID belangrik!, want dit wys wie dit is vir wie jy dien. Geestelike mense luister na die Here, luister na die Heilige Gees. Geestelike mense verkry 'n goddellike natuur (2 Pet. 1:4; 1 Joh. 3:9) - hulle is vry van die vorige natuur en dink nie meer vleeslik nie, maar beoordeel dinge op 'n geestelike manier (hulle "dink en sien" anders). 

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Monday, July 1, 2024

Die gelowige 'n boom (2) - vrug (12 jaar tot volwassenes)

Vir die eerste deel in hierdie reeks ("die gelowige 'n boom"), gaan na:

https://sondagskooltuis.blogspot.com/2014/07/a4-muurkaart-vertikaal-die-gelowige.html.

IN HIERDIE POS (met 2 lesse of meer) STAAN ONS VERAL STIL BY DIE TEMA VAN "VRUG".

 ___________________________________________________________________________________

LES 1:

Bespreek kortliks in die groep:

- Die Christen is aangestel "om vrug te dra" (Joh 15:16 - "Julle het My nie uitverkies nie, maar Ek het julle uitverkies en julle aangestel om vrug te gaan dra en dat julle vrug kan bly, sodat wat julle die Vader ook al in my Naam vra, Hy julle dit kan gee"). Wat word bedoel met "vrug dra"?

ANTWOORD:  (voorbereiding vir die leier: http://warechristene.blogspot.com/p/blog-page.html).

Christene word soos saad in die wereld gesaai, en groei soos 'n boom en dra vrug... Jesus het baie gepraat oor hierdie "vrug" wat ons moet dra (Joh. 12:24; 15:2,4,5,8,16), o.a. in die gelykenis vd saaier. Hierdie vrug wat ons dra moet gesien word soos loon;  bv., 'n boom wat kos en water kry en groei, dra vrug... - dit is die beloning/vrug van 'n boom wat in goeie grond staan, en lig, kos en water kry. Op dieselfde wyse het ons geestelike kos en water nodig sodat ons kan groei en hierdie vrug kan dra. Net soos 'n boom beloon word met vrugte, so word die persoon wat in die Here bly en by Hom geestelike kos en water kry, "beloon" deur vrugte... - hulle verander!  (sonder groei kan jy nie vrug dra nie, en sonder geestelike kos en water kan jy nie groei nie).  Net soos vrug gesien kan word aan 'n boom (en bv. wat se soort vrug), net so kan ons sien wanneer iemand hierdie soort vrug dra (en die soort vrug is 'n bewys van wat hy glo). Bv., geestelike mense (die wie se sondes vergewe is en die Heilige Gee het) dra spesifieke soort vrug wat soos 'n bewys is/beloning dat hulle glo. (1) In die eerste plek is hulle vrug 'n bewys van wat se soort boom hulle is - die grond (hulle is bv. weergebore - soos mense wat uit 'n ander liggaam gebore is, en hulle vrug getuig hiervan;  liggaam is van grond gemaak... - natuurlik is die fisiese liggaam nog nie vernuwe nie, slegs die innerlike mens wat die uiterlike lei op die pad van heiligmaking;  die uiterlike mens sal ook eendag vernuwe word in die opstanding). 'n Christen wat bv. begin om barmhartig op te tree en die waarheid te praat, se vrug getuig waarin hy glo, dat hy in die Here bly, en die Here ken.  Die Here laat hom groei en laat hom hierdie vrug dra.  (2) Dit is gewoonlik sigbaar onder mense wat hulle harte vir die Here gee en die Gees ontvang - sulke mense VERANDER! (dit is wat bedoel word met "vrug" - hulle optrede, denke, woorde, ens. verander - hulle dink en sien en doen nie meer soos natuurlike mense nie)(Spr. 11:30; 18:21; Kol. 1:2; Luk. 8:14; Joh. 4:36; Rom. 6:22; ens.). VRUG IS SOOS 'N PRENTJIE VAN JOU GEESTELIKE GESONDHEID (hoe tree jy op teenoor ander?;  hoe praat jy?; na wie luister jy?; wat doen jy?...ens.).

-  Ons het reeds gesien dat 'n boom moet groei voor hy kan vrug dra.  Op dieselfde wyse moet gelowiges geestelik groei voor hulle kan vrug dra.  Vraag: HOE GROEI IEMAND GEESTELIK? (Joh 15:4 - "Bly in My, soos Ek in julle. Net soos die loot geen vrug kan dra van homself as dit nie in die wynstok bly nie, so julle ook nie as julle in My nie bly nie"). Antwoord: Jy het geestelike kos en water en lig nodig (net soos 'n boom kos en water en lig nodig het). Ons het bv. die Heilige Gees nodig (wat soos lig is vir ons), en het die Here nodig (wat soos kos/brood vir ons), en het die woord/waarheid nodig (wat soos water is vir ons). Daar is verskillende fases van geestelike groei (bv. kinders, jongmanne, vaders) - vir verdere studie kan 1 Joh. 2 o.a. bestudeer word. Alhoewel die begrip "geestelike groei" nie in die Skrif gebruik word nie, word daar in baie skrifte na hierdie groei verwys (1 Pet. 2:2; 1 Kor. 3:6,7; 14:20; Matt. 13:30,39; Ef. 4:15; Hebr. 5:13; ens.).

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

LES 2: (hierdie kan miskien in 4 lesse opgedeel word)

Bespreek kortliks in die groep DIE GELYKENIS VD SAAIER: 

(dit kan voorgelees word-Matt. 13:1-9/13:18-23), of (Luk. 8:5-8/8:11-15), of (Mark. 4:3-9/4:14-20). 

- (1) BESPREEK DIE EERSTE GROEP IN DIE GELYKENIS VD SAAIER:  Die saaier saai die saad, wat verwys na DIE WOORD (bv. die evangelie word verkondig), maar die saad (die woord) word vertrap en deur die voëls van die hemel opgeëet... (Mar 4:4)(Luk. 8:5)(Matt. 13:4). Jesus het dit as volg verduidelik - Mat 13:19 - "As iemand die woord van die koninkryk hoor en nie verstaan nie, kom die Bose en roof wat in sy hart gesaai is—dit is hy by wie langs die pad gesaai is"). Vraag: Hierdie mense word dus nie weergebore nie (want hulle glo nie in die woord nie, en dit word dan gesteel). Wat se soort vrug dra sulke mense?;  m.a.w., wat se soort vrug dra "natuurlike mense"?  Antwoord: Vrugte vir die dood (Rom. 7:5). Hierdie groep mense verwys na natuurlike mense (alle mense word as "natuurlike mense" gebore en het redding nodig, en as hulle nie redding kry nie is hulle uiteinde die dood - wat nie net verwys na wanneer die liggaam sterwe nie, maar verwys ook na die tweede dood/poel van vuur, wanneer beide liggaam en siel verwoes word). Die eerste groep in die gelykenis vd saaier hoor die woord maar die bose roof dit omdat hulle dit nie verstaan/aanneem nie/glo nie - en hulle kan dus nie weergebore word nie! - en kan dus nie verander in geestelike mense (wat soos bome groei) en die VRUG tot lewe dra nie. Natuurlike mense kan nie "vrug tot (ewige) lewe" dra nie (hulle dra "vrugte vir die dood" - hulle uiteinde is die dood).  Slegs geestelike mense (die wie se sonde afgewas is en die Heilige Gees ontvang het) kan vrug tot lewe dra;  daarom, as iemand nie die saad/woord wat gesaai word ontvang en glo nie, word die saad /woord deur die bose gesteel en hulle kan dan nie geestelike mense word wat VRUG TOT LEWE dra nie.

-----------------------------------------------------------------------------------------

- (2) BESPREEK DIE TWEEDE GROEP IN DIE GELYKENIS VD SAAIER: In hierdie gelykenis het Jesus verduidelik dat sommige (vd wat tot geloof kom) nie wortel het nie (kyk die tweede groep in die gelykenis vd saaier)(Matt. 13:5,6) - hierdie groep mense verwys na gelowiges wat afval in tyd van versoeking... - hulle het nie wortel nie (Matt. 13:21). Vraag:  Kan 'n plant wat geen wortel het nie (en dus afval), vrug dra? Antwoord:  Nee. So 'n plant kan nie groei nie - en kan dus nie vrug dra nie!  Sulke gelowiges (wat nie wortel het nie en afval) kan nie geestelik groei nie, en kan dus nie vrug dra nie.  Wat gebeur met gelowiges wat geen vrug het wanneer Jesus terugkom?  (Joh 15:6 - "As iemand in My nie bly nie, word hy uitgewerp soos die loot en verdroog, en hulle maak dit bymekaar en gooi dit in die vuur, en dit verbrand"). Vraag: Wat beteken dit dat iemand "nie wortel het nie" (hoekom skiet hy nie wortel nie)? Antwoord: Die redes gewoonlik waarom plante nie wortel skiet nie, is o.a. grond, kos, water en lig. Op dieselfde wyse kan iemand nie geestelik wortel skiet as die grond nie reg is nie (nie weergebore word nie), en hy nie die lig het nie (nie die Heilige Gees het nie), en hy nie die regte soort kos en water kry nie (het die Here nodig/Sy woorde nodig/Sy waarheid nodig/Sy geregtigheid soek) (https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2021/12/algemene-vrae-oor-saligheid-lewe-of-dood.html).  (GEESTELIKE KOS:  die Here se wil en woorde/Woord van God/Jesus is die Brood vd lewe/om die wil vd Here te doen-honger en dors na geregtigheid, is soos kos vir die geestelike mens)  (GEESTELIKE WATER: die Here is soos 'n fontein van water;  "water" verwys ook na woord - Jesus Christus is die Woord/die woorde vd Here/die Gees van God is ook soos water vir die geestelike mens-Gees van waarheid).

----------------------------------------------------------------------------------------

(3) BESPREEK DIE DERDE GROEP IN DIE GELYKENIS VD SAAIER: Die derde groep stel weer 'n ander groep gelowiges voor..., nl. die wat wat begin vrug dra, maar dit ongelukkig verloor. Hulle hoor die woord, maar daar is dinge wat veroorsaak dat hulle die vrug wat hulle begin dra het weer verloor.  So iemand se vrug is soos groen vrug (is sonder ryp vrug) of eindig sonder vrug op. Die woorde wat Jesus gebruik is "dit verstik die woord" (soos dorings vrug kan verstik). Vraag:  Daar is 'n paar dinge/"dorings" wat veroorsaak dat gelowiges se vrug verstik word/ hulle hul vrug kan verloor.  In die gelykenis vd saaier noem Jesus 'n paar - wat is hierdie dinge (dorings)? Lees Matt. 13:22/Mark. 4:19/Luk. 8:14.  Antwoord: (1)  Sorge van hierdie wêreld;  (2) Die verleiding van die rykdom;  (3) Begeerlikhede in verband met die ander dinge/genietinge vd lewe. Vir verdere studie vir die leier, kan die temas van "dorings en distels"/brandnekels en "wilde druiwe" o.a. behandel word. Vraag:  Ons leer uit hierdie gelykenis dat hierdie groep mense hulle vrug verloor a.g.v. iets bv. dorings.  Watter invloed het dit op 'n plant wanneer dorings daarop groei? Antwoord:  Dit kan die saad verstik (Jer. 4:3; Matt. 13:7,22). Dit is wat "dorings" in ons lewe veroorsaak. 'n Gelowige wat vrug dra se vrug kan verstik word deur die sorge van die wereld, die verleiding van rykdom, en die begeerlikhede of genietinge vd lewe.

-----------------------------------------------------------------------------------------

(4) BESPREEK DIE VIERDE GROEP IN DIE GELYKENIS VD SAAIER: Die vierde groep stel gelowiges voor wat vrug dra, en bly dra. Die 4de groep mense is m.a.w. gelowiges wat aanhou vrug dra, en hulle vrug oppas! (hulle bly dit dra...). Vir die onderwyser:  - met hierdie groep in die gelykenis vd saaier, is daar ander temas in die Skrif ook belangrik om in te bring by hierdie les, bv. harte besny, braak vir jou 'n braakland, ens., wat dit maklker maak om hierdie te verduidelik.  Kom ons kyk na hierdie verskillende metodes.  Die onderwyser kan self aan nog 'n paar vrae dink vir bespreking...:

Die tema van DORINGS EN DISTELS: Dit is gewoonlik wanneer grond nie omgespit word nie wanneer dorings en distels opkom. Die mens se liggaam kan vgl. word met GROND (is immers uit grond gemaak).  

Die tema van PAD VAN GODSALIGHEID: Onthou dat alhoewel die geestelike mens se innerlike vernuwe is, sy liggaam/uiterlike mens nog nie vernuwe is nie, en ons is dus op 'n pad van godsaligheid... Die geestelike mens se "grond" moet omgespit word. Ons kan nie saligheid deur eie moeite verkry nie, ja, maar om jou vrug te behou moet jy bietjie eie moeite insit! Godsaligheid en godsvrug is iets waarin die Christen hom/haarself moet OEFEN (1 Tim. 3:16; 6:3; ens.). Dit is selfs meer belangrik as liggaamlike oefening (1 Tim. 4:7,8). Die Christen is op 'n wedloop... (1 Kor. 9:19-27; 10:2-12), en moet sy liggaam kasty en diensbaar maak aan die Here. Alhoewel die geestelike mens vrygemaak is (van sy slaafskap onder sonde), is hy vrygekoop deur Jesus Christus, en is m.a.w. nou sy slaaf. "Godsaligheid" kan ook gesien word soos VRUG - mense begin op 'n sekere manier optree en praat en doen. Sommige mense kom voor of hulle godsalig is (lyk bv. of hulle omgee vir ander mense)(1 Tim. 6:4,5; 2 Tim. 3:5; 4:3), maar doen nie die wil van die Here nie, en hulle vrug getuig hiervan omdat hulle baiemaal verwaand is, laster, besig hou met twisvrae ens. Opregte godsaligheid kan slegs verkry word deur die wat die Here gehoorsaam en Hom vrees, en die vrug van sulke godsaligheid lyk dus anders! (is bv. eerder vergenoeg, gehoorsaam, hou vas aan die waarheid, is nie opgeblase nie, bid vir ander mense-1 Tim. 2:2; ens.)(1 Tim. 6:6; 2 Pet. 1:4; 1 Tim. 2:9,10; ens.).

Die tema van BRAAKLAND BRAAK: Gelowiges word beveel om hulle braakland te braak (Jer. 4:3; Hos. 10:12). Vraag:  Wat beteken dit om jou "braakland te braak"? Antwoord: "Braakland braak" beteken dat die grond omgespit word en mis gegooi word. As jy nie ploeg (en saai) nie, kan jy nie verwag dat daar iets gaan wees in die oestyd nie... (Spr. 20:4), en waar grond nie omgespit word nie, skiet dorings en distels op (Jer. 5:6) - wat kan veroorsaak dat jou vrug verstik word. Net soos die mens geskep is uit grond, net so kan die gelowige se innerlike voorgestel word met grond waarin saad (die siel) groei en vrug dra.  As die gelowige nie sy GROND omspit en mis gooi nie, kan hy nie verwag dat daar 'n goeie oes gaan wees wanneer Jesus terugkom nie (Spr. 20:4), want waar grond nie omgespit word nie, skiet dorings en distels op... (Jes. 5:6), en wanneer in sulke grond gesaai word sal die dorings die vrug verstik (Jer. 4:3; Matt. 13:7,22). Dus, die gelowige wat nie sy "braakland braak" nie word gesien as lui en onverstandig - sulke grond is onvrugbaar en kan geen ryp vrug dra. Dit is dus duidelik dat alhoewel sommige gelowiges groei en begin vrug dra!, hulle dit verloor ... (omdat dit deur dorings verstik word-Jer. 4:3; Matt. 13:7,22), en die rede hiervoor is omdat hulle nie hulle grond omgeploeg het nie. Hierdie is gevaarlik, want as die gelowige sy vrug verloor, dan kan hy vrugteloos opeindig. 

Die tema van HARTE BESNY: Die besnydenis van die hart (en ore) is nie net iets wat die Here doen in gelowiges se harte wanneer die siel vernuwe word nie, maar is ook iets wat van elke gelowige verwag word om self te doen! (ons is op 'n pad van godsaligheid). Elke gelowige is soos 'n boom in die Here se wingerd wat geplant word OM VRUG TE DRA... Die Here spit Sy wingerd om, haal die klippe uit en beplant dit met edel wingerdstokke... (Jes. 5).  Vir 'n pos oor "hart besny", gaan na: https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2018/04/besnydenis-van-hart-en-ore.html.

Die tema van PLOEG EN SAAI: Die tema van "ploeg en saai" het veral te doen met die besnydenis vd hart (kyk vorige paragraaf), en sluit aan by die tema van "braakland braak" (kyk vorige paragraaf). In die Skrif word daarna verwys as jy moet jou grond omploeg - elke gelowige is ook self verantwoordelik om te "ploeg en saai" - as jy nie jou grond omploeg nie, dan is dit soos om onder die dorings te saai... (Jes. 5:6) - wat ons saai sal ons maai. Bv., selfs al word daar waarheid gesaai en jy dra goeie vrug, kan dorings in ons lewe daardie waarheid of vrugte verstik. Geestelike mense moet dus seker maak dat hulle nie "onder die dorings saai" nie! - in daardie opsig is "ploeg" en om reg te saai belangrik. As jy nie jou grond omploeg en mis gooi nie (m.a.w., as jy nie jou hart besny en reg saai nie), kan jy nie verwag dat vrug van jou geoes sal word wanneer Jesus terugkom nie. L.w. dat hierdie is een vd dinge wat gedoen gaan word wanneer Jesus terugkom, en dit is dat gelowiges se VRUG geoes gaan word... (Matt. 13:30,39; Mark. 4:29; ens.). 

Die tema van om IN DIE HERE TE BLY:  Jesus het geleer van die belangrikheid van om in Hom  te bly, want as die gelowige dit nie doen nie, kan hy nie vrug dra nie. Lees die volgende vers in die groep: - Joh. 15:4 ("Bly in My, soos Ek in julle. Net soos die loot geen vrug kan dra van homself as dit nie in die wynstok bly nie, so julle ook nie as julle in My nie bly nie"). Die feit dat die Here in die geestelike mens bly (deur Sy Heilige Gees), beteken nie dat alle geestelike mense ook in die Here bly nie!  As jy nie in die Here (in Jesus Christus) bly (Hom ken en dien en soek) nie kan jy nie vrug dra nie, en as jy onder die dorings saai kan jou vrug nie bly nie... 

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Saturday, May 2, 2020

Die mens (flitskaarte)

 ------------------------------------------------------------------------------------------------------------

 ------------------------------------------------------------------------------------------------------------
  ------------------------------------------------------------------------------------------------------------

  -----------------------------------------------------------------------------------------------------------


 ------------------------------------------------------------------------------------------------------------
  -----------------------------------------------------------------------------------------------------------


  -----------------------------------------------------------------------------------------------------------
-

Thursday, July 24, 2014

Inligting oor die VRUG VAN DIE GELOWIGE (gebruik saam met die bybelstudie)

------------------------------------------------------------------------------------------------------------
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

------------------------------------------------------------------------------------------------------------

------------------------------------------------------------------------------------------------------------

------------------------------------------------------------------------------------------------------------
http://sondagskooltuis.blogspot.co.nz/2014/07/a4-muurkaart-gelykenis-van-die-saaier.html
http://sondagskooltuis.blogspot.co.nz/2014/07/muurkaart-hoe-word-die-terme-saaisaaier.html
http://sondagskooltuis.blogspot.co.nz/2014/07/muurkaart-waarmee-word-saad-vgl-in-die.html

Sunday, March 10, 2013

Storieverhaalkaart 7: Die Koninkryk van God


In die storieverhaal-kaarte, is die verhale in die boeke van Mattheus, Markus, Lukas en Johannes, bymekaargebring - ekstra inligting is bygevoeg en flitskaarte uit die "Het jy geweet..."-boekie is ingesluit:  (gaan na die "Het jy geweet - page" om nog inligting te versamel)..  (Die storieverhale kan gebruik word vir voorlesing en lesaanbieding in konteksverband)

  • Storieverhaal-kaart 7:  Die Koninkryk van God  (in hierdie verhaalkaart word die begrip van die "koninkryk van God/hemele" behandel - of die "evangelie van die koninkryk")
  • - bedoel vir 12-17 jariges, alhoewel dit in beprekingsvorm gebruik kan word vir tot 15 jariges (vrae wat dan gevra word, is bv.:  "Wat word bedoel met die begrip "die koninkryk van God?";  "hoe raak iemand deel van die koninkryk van God?";  "is die koninkryk van God dieselfde as "koninkryk van die hemele?"; "is die koninkryk van God hemels van aard?";  ens.)

------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Die onderwerp van die "koninkryk van God" is 'n wye onderwerp - Jesus en Sy dissipels het vele tyd spandeer om "die evangelie van die koninkryk" aan ander te leer. 

Ons kan wel opsom dat: 
(1)  (Luk 16:16)  "Die wet en die profete was tot op Johannes; van toe af word die evangelie van DIE KONINKRYK van God verkondig, en elkeen dring met geweld daarin".  (omdat die "wet en die profete" vervul is, beteken dit NIE dat die "evangelie van die koninkryk" geen voorwaardes het nie!)
(dus moet ons onmiddellik vra:  wat behels die "evangelie van die koninkryk"?)(Die "evangelie" moet gesien word as sowel die "evangelie van Jesus Christus" asook die "evangelie van die koninkryk" - die twee moet nie geskei word nie).

 (2)  Hierdie "koninkryk van God" is vir die mens berei van die grondlegging van die wereld af ! (Matt. 25:34)

(3)   Leringe rondom die koninkryk was verborge (van die grondlegging van die wereld af) totdat Jesus Christus dit begin preek het (Matt. 13:35), (alhoewel die profete wel geprofeteer het van hierdie  EWIGE KONINKRYK, was die "evangelie" daarvan verborge) (Dan. 4:3; 7:14; 7:27))( 2 Pet. 1:11).

(4)  in baie skrifte lees die "KONINKRYK VAN GOD", dieselfde as die "EVANGELIE VAN DIE KONINKRYK";  die begrip "koninkryk van die hemele", word in baie skrifte ook dieselfde gebruik  as "koninkryk van God" - vgl. bv. Mark. 1:14 met Matt. 4:17 ens.;

(5)  beide die "evangelie van die koninkryk" en die "evangelie van Jesus Christus" is in die eerste gemeentes deur die dissipels gepreek - Hand. 8:12;  inteendeel, dit vorm SAAM "die evangelie" en die twee moet nie geskei word nie- Kol.1:13,14;(in sommige skrifte word  na die "evangelie van die koninkryk verwys  as bloot "die evangelie" (Luk. 3:18; 4:18; Luk. 7:22 ens.)- net soos die evangelie van Jesus Christus ook in ander skrifte na verwys word as bloot, "die evangelie");

(6)  die "konkryk van God" verwys deels na 'n "fisiese koninkryk" wat Jesus Christus op die aarde sal oprig -Dan. 2:44; Hebr. 1:7,8;

(7)  die "koninkryk van God" verwys deels na 'n "geestelike koninkryk" wat behels die voorwaardes om deel te kan raak van die koninkryk, asook, verwys na die geestelike lewe van die Christen - 1 Kor. 4:20; Rom. 14:17; 

(8)  die "koninkryk van God" verwys deels na 'n "hemelse koninkryk": wanneer Jesus Christus terugkom, sal die leers van die hemel Hom volg en saam met Hom veg (dan sal Hy die ander koninkryke verbrysel, 'n einde daaraan maak, en Sy koninkryk op aarde sal vir ewig wees; dit gaan gepaard met OORDEEL)- Joh. 18:36; Judas 1:14,15; Mark. 16:28.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------


(Die volgende is verhaal gedeeltes geneem uit die boeke van "Mattheus", "Markus", "Lukas" en "Johannes"=  -(die onderstaande gebeure is nie noodwendig in volgorde nie en net sekere inligting rakende die onderwerp van bespreking, is uitgelig) - HIERDIE KAN GEBRUIK IN GROEPSBESPREKING:

---------------------------------------------------------------------
VRAAG VIR BESPREKING:
 *  Watter rede gee Jesus as bewys dat die koninkryk van God by hulle gekom het?

Jesus het baie mense gesond gemaak, sodat almal wat vol kwale was, op Hom toegeloop het om Hom aan te raak. En elke keer as die onreine geeste Hom sien, het hulle voor Hom neergeval en geskreeu en gesê: U is die Seun van God! En Jesus het die mense herhaaldelik streng gebied om Hom nie bekend te maak nie.  En Hy het twaalf aangestel, sodat hulle saam met Hom kon wees en Hy hulle kon uitstuur om te preek en mag te hê om siektes te genees en die duiwels uit te dryf. En aan Simon het Hy die bynaam Petrus gegee; en verder Jakobus, die seun van Sebedéüs, en Johannes, die broer van Jakobus—aan hulle het Hy die bynaam Boanérges gegee, dit is, seuns van die donder— en Andréas en Filippus, en Bartholoméüs en Matthéüs, en Thomas en Jakobus, die seun van Alféüs, en Thaddéüs en Simon Kananítes, en Judas Iskáriot Toe het hulle ‘n duiwelbesetene wat blind en stom was, na Hom gebring; en Hy het hom gesond gemaak, sodat die blinde en stomme kon praat en sien en die skare het hulle verwonder.  En die hele menigte was verbaas en het gesê: Is Hy nie miskien die seun van Dawid nie?  Maar toe die Fariseërs dit hoor, sê hulle: Hy dryf die duiwels nie anders uit as deur Beëlsebul, die owerste van die duiwels, nie. En ander het Hom versoek en van Hom ‘n teken uit die hemel begeer. Maar Jesus het hulle gedagtes geken en vir hulle gesê: Elke koninkryk wat teen homself verdeeld is, word verwoes; en elke stad of huis wat teen homself verdeeld is, sal nie bly staan nie. En as die Satan die Satan uitdryf, dan is hy teen homself verdeeld. Hoe sal sy koninkryk dan bly staan? En as Ek deur Beëlsebul die duiwels uitdryf, deur wie dryf julle seuns hulle uit? Daarom sal hulle jul regters wees. Maar as Ek deur die Gees van God die duiwels uitdryf, dan het die koninkryk van God by julle gekom. Wanneer ‘n sterk man wat goed gewapend is, sy huis bewaak, is sy besittings in veiligheid. Maar as een hom oorval wat sterker is as hy en hom oorwin, neem hy sy volle wapenrusting weg waar hy op vertrou het, en deel sy buit uit. Of hoe kan iemand in die huis van ‘n sterk man ingaan en sy goed roof, as hy nie eers die sterk man geboei het nie? En dan sal hy sy huis beroof. Hy wat nie met My is nie, is teen My; en hy wat nie saam met My versamel nie, verstrooi. Daarom sê Ek vir julle: Elke sonde en lastering sal die mense vergewe word, maar die lastering teen die Gees sal die mense nie vergewe word nie.  En elkeen wat ‘n woord spreek teen die Seun van die mens, dit sal hom vergewe word; maar elkeen wat spreek teen die Heilige Gees, dit sal hom nie vergewe word nie, in hierdie eeu nie en ook in die toekomende nie, maar is skuldig aan die ewige oordeel. Maar Ek sê vir julle dat van elke ydele woord wat die mense praat, daarvan moet hulle rekenskap gee in die oordeelsdag.  Want uit jou woorde sal jy geregverdig word, en uit jou woorde sal jy veroordeel word.
(Matt. 12; Mark. 3; Luk. 11)
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------
VRAE VIR BESPREKING:
*  Wat is die rede hoekom Jesus deur gelykenisse tot die mense gespreek het?
*  Maak 'n studie van wat die gelykenis van die Saaier beteken - vgl. dit in die verskillende evangelies: Matt. 13:18-23; Mark. 4:14-20; Luk. 8:11-15.
*  Wat het hierdie gelykenis te doen met die koninkryk v/d hemele?

Op 'n ander dag het Jesus uit die huis uitgegaan en by die see gaan sit. En groot menigtes het by Hom vergader, sodat Hy in ‘n skuit geklim en gaan sit het. En die hele skare het op die strand gestaan. En Hy het baie dinge deur gelykenisse tot hulle gespreek en gesê: ‘n Saaier het uitgegaan om sy saad te saai; en terwyl hy saai, val ‘n deel langs die pad, en die voëls het gekom en dit opgeëet. En ‘n ander deel het op rotsagtige plekke geval waar daar nie baie grond was nie; en dadelik het dit opgekom, omdat dit geen vogtigheid gehad het en diepte van grond nie; maar toe die son opgaan, is dit verskroei, en omdat dit geen wortel gehad het nie, het dit verdroog. En ‘n ander deel het in die dorings geval, en die dorings het daarmee saamgegroei en dit verstik, en dit het geen vrug opgelewer nie. En ‘n ander deel het in die goeie grond geval en vrug opgelewer: die een honderd—, die ander sestig—, die ander dertigvoudig. Wie ore het om te hoor, laat hom hoor!  En die dissipels het gekom en vir Hom gesê: Waarom spreek U tot hulle deur gelykenisse en wat beteken hierdie gelykenis tog? Toe antwoord Hy en sê vir hulle: Omdat dit aan julle gegee is om die verborgenhede van die koninkryk van die hemele te ken, maar aan hulle is dit nie gegee nie. Want hy wat het, aan hom sal gegee word, en hy sal oorvloed hê; maar hy wat nie het nie, van hom sal weggeneem word ook wat hy het. Daarom spreek Ek tot hulle deur gelykenisse, omdat hulle, terwyl hulle sien, nie sien nie, en terwyl hulle hoor, nie hoor of verstaan nie. En aan hulle word die profesie van Jesaja vervul wat sê: Met die gehoor sal julle hoor en glad nie verstaan nie, en julle sal kyk en kyk, en glad nie sien nie. Want die hart van hierdie volk het stomp geword, en met die ore het hulle beswaarlik gehoor; en hul oë het hulle toegesluit, sodat hulle nie miskien met die oë sou sien en met die ore hoor en met die hart verstaan en hulle bekeer en Ek hulle genees nie. Maar julle oë is gelukkig, omdat hulle sien; en julle ore, omdat hulle hoor. Want, voorwaar Ek sê vir julle, baie profete en regverdiges het begeer om te sien wat julle sien, en het dit nie gesien nie, en om te hoor wat julle hoor, en het dit nie gehoor nie.  Luister julle dan na die gelykenis van die saaier.  Die saaier saai die woord. Die saad is die woord van God.  Dié langs die pad is die hoorders—waar die woord gesaai word, maar sodra hulle dit gehoor het, kom die Satan dadelik en neem die woord weg wat in hulle harte gesaai is omdat hulle die woord van die koninkryk hoor en nie verstaan nie, sodat hulle nie sou glo en gered word nie.  En by wie op rotsagtige plekke gesaai is—dit is hy wat die woord met blydskap ontvang wanneer hy dit hoor en dit dadelik aanneem;  maar hy het geen wortel in homself nie, aangesien hy net vir ‘n tyd glo, en in die tyd van versoeking, as daar verdrukking en vervolging kom ter wille van die woord, struikel hy dadelik. En by wie in die dorings gesaai is—dit is die wat gehoor het, en hulle gaan weg en word verstik deur die sorge en verleiding van die rykdom en genietinge van die lewe en begeerlikhede in verband met ander dinge - hulle dra geen ryp vrug nie en word onvrugbaar. En by wie op die goeie grond gesaai is—dit is hy wat die woord hoor, aanneem en verstaan, en wat dan ook vrug dra en oplewer: die een honderd,die ander sestig—, die ander dertigvoudig—dit is die wat, nadat hulle gehoor het, die woord in ‘n edele en goeie hart hou en met volharding vrug dra. En niemand steek ‘n lamp op en maak dit met iets toe of sit dit onder ‘n bed nie; maar hy sit dit op ‘n staander, sodat die wat inkom, die lig kan sien. Want daar is niks verborge wat nie openbaar sal word nie, of weggesteek wat nie bekend sal word en in die lig sal kom nie. Pas dan op hoe julle hoor; want elkeen wat het, aan hom sal gegee word; en elkeen wat nie het nie, van hom sal weggeneem word ook wat hy dink dat hy het.
(Matt. 13; Luk. 4; Luk. 8)





--------------------------------------------------------------------------------------------------

VRAAG VIR BESPREKING:
*  Wat kan jy leer omtrent die koninkryk van God/hemele uit die volgende gedeeltes?

(1) En Hy het gesê: So is die koninkryk van God, soos wanneer ‘n mens die saad in die grond gooi; en hy gaan slaap en staan op, nag en dag, en die saad spruit uit en word groot—hoe, weet hy self nie. Want vanself bring die aarde vrug voort, eers ‘n halm, dan ‘n aar, dan die volle koring in die aar.  En wanneer die vrug dit toelaat, steek hy die sekel dadelik in, omdat die oes daar is.

(2) ‘n Ander gelykenis het Hy hulle voorgehou en gesê: Die koninkryk van die hemele is soos ‘n man wat goeie saad in sy land gesaai het; maar terwyl die mense slaap, het sy vyand gekom en onkruid onder die koring gesaai en weggegaan. En toe die spruitjies opgeskiet en vrug gevorm het, toe verskyn die onkruid ook. En die diensknegte van die huisheer het gekom en vir hom gesê: Meneer, het u dan nie goeie saad in u land gesaai nie? Waar kry dit dan die onkruid vandaan? En hy antwoord hulle: ‘n Vyandige mens het dit gedoen. Toe sê die diensknegte vir hom: Wil u dan hê dat ons dit moet gaan bymekaarmaak?  Maar hy antwoord: Nee, dat julle nie miskien, as julle die onkruid bymekaarmaak, die koring daarmee saam uittrek nie. Laat altwee saam groei tot die oes toe, en in die oestyd sal ek vir die maaiers sê: Maak eers die onkruid bymekaar en bind dit in bondels om dit te verbrand, maar bring die koring bymekaar in my skuur.
Nadat Hy die skare weggestuur het, het Jesus huis toe gegaan; en sy dissipels het na Hom gekom en gesê: Verklaar vir ons die gelykenis van die onkruid in die saailand. En Hy het geantwoord en vir hulle gesê: Hy wat die goeie saad saai, is die Seun van die mens, en die saailand is die wêreld. Die goeie saad—dit is die kinders van die koninkryk, en die onkruid is die kinders van die Bose, en die vyand wat dit gesaai het, is die duiwel. Die oes is die voleinding van die wêreld, en die maaiers is die engele. Net soos die onkruid dan bymekaargemaak en met vuur verbrand word, so sal dit wees in die voleinding van hierdie wêreld: die Seun van die mens sal sy engele uitstuur, en hulle sal uit sy koninkryk bymekaarmaak al die struikelblokke en die wat die ongeregtigheid doen, en sal hulle in die vuuroond gooi. Daar sal geween wees en gekners van die tande. Dan sal die regverdiges skyn soos die son in die koninkryk van hulle Vader. Wie ore het om te hoor, laat hom hoor.

(3) ‘n Ander gelykenis het Hy hulle voorgehou en gesê: Die koninkryk van die hemele is soos ‘n mosterdsaad wat ‘n man neem en in sy land saai; wat wel die kleinste is van al die soorte saad, maar as dit gegroei het, groter is as die groentesoorte en ‘n boom word, sodat die voëls van die hemel kom en nes maak in sy takke. ‘n Ander gelykenis het Hy hulle vertel: Die koninkryk van die hemele is soos suurdeeg wat ‘n vrou neem en in drie mate meel inwerk totdat dit heeltemal ingesuur is. Al hierdie dinge het Jesus deur gelykenisse vir die skare gesê, en sonder gelykenis het Hy vir hulle niks gesê nie; sodat vervul sou word die woord wat gespreek is deur die profeet: Ek sal my mond open deur gelykenisse; Ek sal uitspreek dinge wat verborge was van die grondlegging van die wêreld af.

(4) Verder is die koninkryk van die hemele soos ‘n skat wat verborge is in die saailand, wat ‘n man kry en wegsteek; en uit blydskap daaroor gaan hy en verkoop alles wat hy het, en koop daardie saailand.

(5) Verder is die koninkryk van die hemele soos ‘n koopman wat mooi pêrels soek; en toe hy een baie kosbare pêrel kry, gaan hy weg en verkoop alles wat hy het, en koop dit.

(6)Verder is die koninkryk van die hemele soos ‘n net wat in die see gegooi word en van elke soort bymekaarbring; en as dit vol geword het, trek hulle dit op die strand uit en gaan sit en maak die goeies in bakke bymekaar, maar gooi die slegtes weg. So sal dit wees in die voleinding van die wêreld: die engele sal uitgaan en die slegte mense onder die regverdiges uit afskei en hulle in die vuuroond gooi. Daar sal geween wees en gekners van die tande. Jesus sê vir hulle: Het julle ál hierdie dinge verstaan? Hulle antwoord Hom: Ja, Here! Toe sê Hy vir hulle: Daarom is elke skrifgeleerde wat ‘n leerling geword het in die koninkryk van die hemele, soos ‘n huisheer wat uit sy skat nuwe en ou dinge te voorskyn bring. En toe Jesus hierdie gelykenisse geëindig het, het Hy daarvandaan weggegaan. En Hy het in sy vaderstad gekom en hulle geleer in hul sinagoge, sodat hulle verslae was en gesê het: Waar kry Hy hierdie wysheid en kragte vandaan? Is Hy nie die seun van die timmerman nie? Is die naam van sy moeder nie Maria en dié van sy broers Jakobus en Joses en Simon en Judas nie? En sy susters, is hulle nie almal by ons nie? Waar kry Hy dan al hierdie dinge vandaan? En hulle het aanstoot aan Hom geneem. Maar Jesus sê vir hulle: ‘n Profeet is nie ongeëerd nie, behalwe in sy vaderland en in sy huis. En Hy het daar vanweë hulle ongeloof nie baie kragtige dade gedoen nie.

------------------------------------------------------------------------------------------------------------



==============================================

In die gelykenisse, verhale en leringe wat Jesus gegee het oor die Koninkryk van God:

-(1)  stel Hy voor dat die Koninkryk in so 'n mate begeer moet word, dat die mens bereid moet wees om alles op te gee daarvoor en dit bo wereldse dinge moet soek (bv. bekering/wedergeboorte -(Joh. 3:1-18 veral v.3)(Matt. 3:2)(Matt. 4:17)(Mark. 1:15))(geestelike groei)(die pad van godsaligheid)- hierdie onderwerpe word gedek onder die "evangelie van die koninkryk"(vgl. met Luk. 16:16)   - alhoewel Christene reeds "kinders van die koninkryk" genoem word, word die koninkryk eers beerwe na die eerste opstanding (met Jesus se wederkoms)  (Matt. 13:44,45)(Luk. 12:36-49) 

-(2)  Dit word ook voorgestel as "iets" wat "deur baie met geweld ingedring word", maar nie almal sal dit beerwe nie, bv. dat Sy diensknegte uitgestuur word om mense te "vang soos visse" of mense "uit te nooi na die bruilof", waarvan, met Jesus se wederkoms, die goeies van die slegtes geskei sal word Matt. 13:24-43)(Matt. 13:47-50)(Matt. 22:2-14); daarom dan die vele waarskuwings dat almal moet seker maak "hulle is gereed" (Matt. 25:1-13).  -dus, alhoewel baie hulleself sien as "kinders van die koninkryk" (Matt. 8:11,12)(Matt. 13:38), is dit slegs die wat die nodige VRUG dra wat by die bekering pas (Matt. 21:33-46), die WIL VAN DIE VADER DOEN (goed doen) (Matt. 21:28-32)(Matt. 7:21; 12:50; 5:30)(Matt. 25:31-46), Hom KEN, LIEHET en BO ALLES STEL (Mark. 10:20-24)(Luk. 18:29,30)(Luk. 12:13-34) ,  asook die wat hulle broeders VERGEWE (Matt. 18:23-35),  wat sal ingaan in die koninkryk - dit is die wat "arm van gees" is (soos kindertjies - Matt. 18:3,4; Mark. 10:14; Jak. 2:5), die "wat vervolg word ter wille van die geregtigheid" (verdrukking en vervolging)(Matt. 5:10), en die wat nie moedeloos word nie, maar "besig" gevind sal word met Sy wederkoms (Luk. 12:43). 

-(3)  Die koninkryk van God is "iets" wat groot sal word (Matt. 13:31-33)en is nie beperk tot een nasie nie, maar is vir enige iemand bedoel, Jood sowel nie-Jood, "die wat die voorwaardes nakom".

-(4)  Alhoewel gelowiges verskillend beloon gaan word in die koninkryk, moet hulle wees soos "onverdienstelike diensknegte -  (Matt. 20:1-16)(Matt. 24:42-51)(Luk. 12:36-48)(Luk. 17:5-10)(Matt. 25:14-30)(Luk. 19:11-27)(Luk. 18:29,30)Matt. 24:46,47)
 -----------------------------------------------------------------------------------
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
WIE IS GESKIK VIR DIE 
KONINKRYK VAN GOD ?


-  SLEGS DIE WAT TOT BEKERING/WEDERGEBOORTE GEKOM HET EN DIE EVANGELIE GLO:
(Mat 3:2)  gepreek en gesê: Bekeer julle, want die koninkryk van die hemele het naby gekom. (ook Matt. 4:17; Mark. 1:15; Luk. 15:7,10; Hand. 2:38; 3:19... ) ("bekering" was nog altyd 'n voorvereiste - dit was dan ook Johannes die Doper se doel om bekering  te preek, "want die koninkryk van die hemele het naby gekom"... BEKERING is steeds 'n voorvereiste om te kan ingaan in die koninkryk van God.) (Mar 1:15)- "Die tyd is vervul en die koninkryk van God het naby gekom; bekeer julle en glo die evangelie".  ((Mar 9:47)  En as jou oog jou laat struikel, pluk dit uit. Dit is beter vir jou om met een oog die koninkryk van God in te gaan, as om twee oë te hê en in die helse vuur gewerp te word)(Joh. 3:3)  Iets wat die volk tog goed moes verstaan, is dat dit net die is wie regtig die Here liefhet, hulleself aan Hom onderwerp en glo in die "Een wat sou kom",  wat kon deel he aan hierdie koninkryk (m.a.w. die wat hulle bekeer, want dit was deel van die prediking).  Tog het almal dit nie so verstaan nie! (Matt. 3:7-12)- daar was baie ongelowige Jode wat hulleself gesien het as "kinders van die koninkryk", maar nie die nodige vrug gedra het nie (wat gewys het op hulle hartstoestand). Interessant dat baie die boodskap vandag nog steeds nie verstaan nie, m.a.w. dat "bekering" (en geloof) nodig is om deel te raak van die "kinders van die koninkryk"- volgens die manier hoe Johannes dit verduidelik het, is dit duidelik dat daar ook voorwaardes is rondom bekering, dat iemand wat tot bekering gekom het, se dade moet verander en die nodige vrug dra wat by die bekering pas!  Alhoewel vrug en geestelike groei 'n uitvloeisel is van bekering, is dit ook 'n bewys van of iemand regtig bekeer is!  (Luk. 3:3-14).  In die "evangelie van die koninkryk" moet al hierdie dinge gepreek word, nie net "geloof" nie.



-  SLEGS DIE WAT SE BEGEERTE NA DIE HERE IS:
 (Mat 6:33)  " Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word". -(in die konteks vra Jesus dat ons ons nie kwel oor wereldse node nie en Hy verklaar die volgende: "want na al hierdie dinge soek die heidene".  Jesus het baie gepraat oor rykdom, besittings en ander dinge wat veroorsaak dat mense meer besig raak met die lewe, as met Hom.  Ons moet Hom altyd EERSTE nader en Sy wil vra en ons vertroue in Hom plaas - selfs wanneer die Here vir ons 'n werk voorsien, is dit genade.  Wat ons doen, moet dus nie tot selfverheerliking wees nie, maar altyd tot eer van die Here.)  - PLAAS JOU VERTROUE IN DIE HERE, nie in wereldse dinge nie (Mar 10:24)  En die dissipels was verbaas oor sy woorde; maar Jesus antwoord weer en sê vir hulle: Kinders, hoe swaar is dit vir die wat op hulle goed vertrou, om in die koninkryk van God in te gaan!


-  SLEGS DIE WAT DIE WIL VAN DIE VADER DOEN:
 (Mat 7:21)  "Nie elkeen wat vir My sê: Here, Here! sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar HY WAT DIE WIL DOEN VAN MY VADER wat in die hemele is"-(in die konteks van die skrifgedeelte, het Jesus gewaarsku teen valse profete en gepraat oor bome goeie of slegte vrugte - 'n manier dus om te bepaal of iemand se vrug goed of sleg/of om te weet wanneer iemand 'n valse profeet is, is deur te kyk of die persoon homself ondergeskik stel aan die Here, deur die "wil van die Vader" te soek en te doen)(valse profete sal nie in die koninkryk van die hemele ingaan nie)(die wat nie die nodige vrug dra nie, sal nie in die koninkryk van die hemele ingaan nie) - d.w.s. die wat hulle eie wil soek, en nie die wil van die Vader nie. In v.23 stel Jesus dit duidelik dat dit die is wat nie regtig die Here KEN nie, m.a.w. "om die Here te ken, gaan ook oor "om Sy wil te soek" (en te doen).  SOEK EN DOEN DIE WIL VAN DIE VADER 

- SLEGS DIE WAT HULSELF ONDERGESKIK STEL AAN DIE HERE, DIE NEDERIGES: 
(Mar 10:15)  Voorwaar Ek sê vir julle, elkeen wat die koninkryk van God nie soos ‘n kindjie ontvang nie, sal daar nooit ingaan nie.-(Wanneer Jesus in Matt. 18 vra wie die grootste is in die hemele, dan roep Hy 'n kindjie na Hom toe en se die volgende woorde:   (Mat 18:3,4) "Voorwaar Ek sê vir julle, as julle nie verander en soos die kindertjies word nie, sal julle nooit in die koninkryk van die hemele ingaan nie!  Elkeen dan wat homself verneder soos hierdie kindjie, hy is die grootste in die koninkryk van die hemele". Dit gaan dus oor "status" - net die nederiges sal in die koninkryk van die hemele ingaan, NIE die wat "groot wil wees" of belangriker wil wees nie;  ook nie die wat neerkyk op die nederiges nie! -kyk v.5,6)(Mat 11:11)  "Voorwaar Ek sê vir julle, onder die wat uit vroue gebore is, het daar nie een opgestaan wat groter is as Johannes die Doper nie; maar die kleinste in die koninkryk van die hemele is groter as hy".


- SLEGS DIE WAT HULLE HOOP PLAAS IN DIE HERE:
 (Mar 10:23,24)  Toe kyk Jesus rond en sê vir sy dissipels: Hoe beswaarlik sal hulle wat goed besit, in die koninkryk van God ingaan! En die dissipels was verbaas oor sy woorde; maar Jesus antwoord weer en sê vir hulle: Kinders, hoe swaar is dit vir die wat op hulle goed vertrou, om in die koninkryk van God in te gaan! -(in die konteks van hierdie skrifgedeelte gesels Jesus met iemand wat 'n vb. van "goed" was, wat die gebooie onderhou het en die skrif se selfs dat Jesus, toe Hy na hom kyk, hom liefgekry het, MAAR daar het een ding geskort en hierdie ding sou veroorsaak dat hy baie moeilik in die koninkryk van God sou kon ingaan - v. 21 "Een ding kom jy kort—gaan verkoop alles wat jy het, en gee dit aan die armes, en jy sal ‘n skat in die hemel hê; kom dan hier, neem die kruis op en volg My" -toe Jesus dit van hom vra, het hy treurig geword, WANT HY HET BAIE BESITTINGS GEHAD. Jesus het ook die woorde gebruik: "hoe swaar is dit vir die wat op hulle goed vertrou, om in die koninkryk van God in te gaan - Hy sluit die insident af deur die woorde: (Mar 10:31)  "Maar baie wat eerste is, sal laaste wees, en die wat laaste is, eerste"; dus die wat min het in hierdie wereld en eerder op die Here vertrou as op wereldse dinge,  as "laaste" volgens die wereld bestempel word, sal eerste wees in die koninkryk van God; en die wat as "eerste" bestempel word in die wereld, sal as laaste bestempel word in die koninkryk van God.(Mat 6:19)  Moenie vir julle skatte bymekaarmaak op die aarde, waar mot en roes verniel en waar diewe inbreek en steel nie. (Luk 12:15)  En Hy sê vir hulle: Pas op en wees op julle hoede vir die hebsug, want iemand se lewe bestaan nie uit die oorvloed van sy besittings nie. (1Pe 1:14)  Soos gehoorsame kinders moet julle nie jul lewe inrig volgens die begeerlikhede wat tevore in julle onwetendheid bestaan het nie.

- SLEGS DIE WAT DIE HERE MEER LIEFHET as die lewe:
(Luk 9:62)  En Jesus antwoord hom: Niemand wat sy hand aan die ploeg slaan en agtertoe kyk, is geskik vir die koninkryk van God nie-(in die konteks van die gedeelte, gebeur die volgende: (Luk 9:57,58)  "En terwyl hulle op reis was, sê iemand op die pad vir Hom: Here, ek sal U volg, waar U ook mag gaan! Toe sê Jesus vir hom: Die jakkalse het gate en die voëls van die hemel neste, maar die Seun van die mens het geen plek waar Hy sy hoof kan neerlê nie". Hoekom sou Jesus hierdie vreemde antwoord gee?  Miskien omdat Hy wou toon dat om Hom te volg, nie so rooskleurig lyk nie, dit sal nie maklik wees nie en jy moet bereid wees om jou gemaklikhede op te offer in die proses.  In die volgende vers se Hy vir 'n ander: (Luk 9:59) "Volg My. Maar hy antwoord: Here, laat my toe om eers my vader te gaan begrawe". En Jesus sê vir hom: (v.60) "Laat die dooies hul eie dooies begrawe; maar gaan jy en verkondig die koninkryk van God". Ook ''n ander een wat Hom wou volg wou eers gaan afskeid neem van sy huis (v.61). Die Here is tog nie sonder kompassie nie, maar hy ken die harte van mense - in hierdie bg. gevalle het Hy ook hulle harte onderskei en geweet dat menseverhoudinge en dinge van die lewe vir diesulkes belangriker was.  Dit laat dink mens ook aan Sy woorde in Luk. 17:31 en 32 waar Hy die dissipels herinner aan Lot se vrou (wat omgekyk het) en Jesus verduidelik in die skrifgedeelte dat, a.g.v. die feit dat die "lewe", nl. menseverhoudinge, kultuur, menslike gebooie ens., vir sekere mense so belangrik is, dit kan veroorsaak dat hulle nie gereed is wanneer Hy terugkom nie -  (Luk 17:28,29) - ons moet die Here meer liefhe as enigiemand of enigiets.   "Net soos dit ook gebeur het in die dae van Lot: hulle het geëet en gedrink, gekoop en verkoop, hulle het geplant en gebou. Maar op die dag toe Lot van Sodom uitgaan, het vuur en swawel van die hemel af gereën en almal vernietig" - dit was dan ook Lot se vrou se probleem, dat sy besorg was oor wat sy agterlaat het, mense en "hulle lewe", en dit nie wou opgee nie. ELKEEN WAT PROBEER OM SY LEWE TE RED, SAL DIT VERLOOR; EN ELKEEN WAT DIT VERLOOR, SAL DIT BEHOU - (Luk 17:33).

-  (1 Kor. 6:9)  Of weet julle nie dat die onregverdiges die koninkryk van God nie sal beërwe nie?
    (Gal 5:16-21 -  "Maar ek sê: Wandel deur die Gees, dan sal julle nooit die begeerlikheid van die vlees volbring nie .... Maar as julle deur die Gees gelei word, dan is julle nie onder die wet nie.  En die werke van die vlees is openbaar, naamlik owerspel, hoerery, onreinheid, ongebondenheid; afgodery, towery, vyandskap, twis, jaloersheid, toornigheid, naywer, tweedrag, partyskap; afguns, moord, dronkenskap, brassery en dergelike dinge, waarvan ek julle vooraf sê, soos ek al vroeër gesê het, dat die wat sulke dinge doen, die koninkryk van God nie sal beërwe nie") (Ef. 5:5)

-  DIE WAT HOM LIEFHET  (Jak. 2:5)  "Luister, my geliefde broeders—het God nie die armes van hierdie wêreld uitverkies as rykes in die geloof en erfgename van die koninkryk wat Hy beloof het aan die wat Hom liefhet nie?"

-  ONS HET OOK GESIEN DAT DIT DIE IS WAT: - ARM VAN GEES IS; DIE WAT BEREID IS OM VERVOLG TE WORD TERWILLE VAN DIE HERE en  DIE WAT DIE GEREGTIGHEID DOEN EN DIT AAN ANDER LEER ens.

-  DAAR IS NOG HEELWAT MEER TE LEER UIT DIE GELYKENISSE WAT JESUS VERTEL HET - sien 'n lys hiervan onderaan...
--------------------------------------------

DIE EVANGELIE VAN DIE KONINKRYK:
(Mat 4:23)  "En Jesus het deur die hele Galiléa rondgegaan en in hulle sinagoges geleer en die evangelie van die koninkryk verkondig en elke siekte en elke kwaal onder die volk genees" .


Maar wat presies is hierdie "evangelie" van die koninkryk?  Ons merk dat Jesus hierdie evangelie verkondig het oral waar Hy rondgegaan het (Matt. 4:23, Matt. 9:35, Mark. 1:14, Luk. 4:43, Luk. 8:1, Luk. 16:16).  Hy het die volgende opmerking gemaak in Mar 1:15  "en gesê: Die tyd is vervul en die koninkryk van God het naby gekom; bekeer julle en glo die evangelie" - van watter "evangelie" praat Hy hier? - Hy se, "glo die evangelie" - dit kan nie verwys na die evangelie van Hom wat gesterf het aan die kruis nie (vir vergifnis van ons sondes), want op daardie stadium was Hy nog nie gekruisig nie en reeds besig om "hierdie evangelie van die koninkryk" te verkondig!  Ons moet verstaan dat waneer ons praat van "die evangelie",  dit nie net gaan oor Jesus Christus wat soos 'n Lam "vir ons geslag is nie", maar dit gaan ook oor "die evangelie van die koninkryk", die "evangelie van vrede" en die vele leerstellings wat Jesus geleer het - kyk bv. wat Hy geleer het d.m.v. gelykenisse.
(Luk 16:16) " Die wet en die profete was tot op Johannesvan toe af word die evangelie van die koninkryk van God verkondig, en elkeen dring met geweld daarin".  
Alhoewel die wet en profete vervul is, beteken dit nie dat al die voorwaardes weggeval het nie!  Nee, inteendeel dra die "evangelie van die koninkryk" sy eie stel voorwaardes!
Die "evangelie van Jesus Christus" moet nie geskei word van die "evangelie van die koninkryk" nie:
  (Hand. 8:12)  "Maar toe hulle Filippus geglo het, wat die evangelie (1)aangaande die koninkryk van God en (2)die Naam van Jesus Christus verkondig het, is hulle gedoop, manne sowel as vroue".
Let ook daarop dat toe Jesus gepraat het van hoe die evangelie aan die hele wereld verkondig sal word as getuienis, Hy volgens Matt. 24:14 die woorde "die evangelie van die koninkryk" gebruik het. Die evangelie behels dus nie net die feit dat Jesus vir ons gesterf het sodat ons sondes afgewas kan word nie, maar behels ook die feit van Sy koninkryk.  Hierdie "evangelie van die koninkryk" moet saam met die evangelie van Jesus gepreek word.   



- (Hand. 19:8)  En hy het in die sinagoge ingegaan en vrymoediglik drie maande lank met hulle geredeneer en hulle probeer oortuig van die dinge wat die koninkryk van God aangaan.
- (Hand. 20:25)  En nou weet ek dat julle almal onder wie ek rondgegaan en die koninkryk van God verkondig het, my aangesig nie meer sal sien nie.
- (Hand. 28:30)  En Paulus het twee volle jare in sy eie gehuurde huis gebly en almal ontvang wat na hom gekom het,
(Hand. 28:31)  terwyl hy die koninkryk van God gepreek en onderrig gegee het aangaande die Here Jesus Christus, met volle vrymoedigheid sonder enige verhindering.
- (Kol. 4:11)  ook Jesus wat Justus genoem word, manne wat uit die besnydenis is. Hulle alleen is my medewerkers vir die koninkryk van God en hulle was ‘n troos vir my.
- (Openb. 1:9)  Ek, Johannes, julle broeder en deelgenoot in die verdrukking en in die koninkryk en lydsaamheid van Jesus Christus, was op die eiland wat Patmos genoem word, ter wille van die woord van God en om die getuienis van Jesus Christus.

- (Hand. 28:23)  En hulle het vir hom ‘n dag bepaal, en baie het na hom in sy verblyfplek gekom. En in ‘n kragtige getuienis het hy vir hulle die koninkryk van God uitgelê; en van die môre vroeg tot die aand toe het hy uit die wet van Moses en uit die profete hulle probeer oortuig aangaande Jesus.

DIE EVANGELIE VAN DIE KONINKRYK / KONINKRYK VAN GOD, behels:
(1)  die evangelie van JESUS CHRISTUS - die feit dat Hy ons sondes vergewe (sodat ons kan ingaan in die koninkryk), die feit dat Hy opgestaan het uit die dode as Eersteling (sodat vervul kan word, oorwinning oor die dood vir ons, wanneer ons met Sy wederkoms nuwe liggame gaan kry).  Terwyl die wet en die profete slegs na Jesus gewys het, gaan die evangelie van die koninkryk oor Hom wat gekom het.  Die evangelie van die koninkryk behels ook (Hand. 18:23) dat ons kan getuig en bewys deur die wet en profete, dat Jesus Christus inderdaad die Messias is op wie almal gewag het!  (Dus behels die evangelie van die koninkryk ook die uitleg van skrifte as voldoende bewyse).
(2) die evangelie van VREDE - dat Hy HERE IS VAN ALMAL en daar geen onderskeid is tussen Jood en nie-Jood nie
(3)  feite rondom die "koninkryk van God"
(4)  voorwaardes om te kan ingaan in die "koninkryk van God";  en Christelike lewe

-----------------------------------------------------------------------------------------------
WAT IS DIE "EVANGELIE VAN VREDE?"

(Hand. 10:34)  En Petrus het sy mond geopen en gesê: Ek sien waarlik dat God geen aannemer van die persoon is nie,
(Hand. 10:35)  maar dat in elke nasie die een wat Hom vrees en geregtigheid doen, Hom welgevallig is.
(Hand. 10:36)  Dit is die woord wat Hy gestuur het aan die kinders van Israel toe Hy die evangelie van vrede verkondig het deur Jesus Christus—Hy is die Here van almal.

In hierdie gedeelte maak Petrus dit duidelik dat "evangelie van vrede" die volgende behels:
- dat "(1) God geen aannemer van die persoon is nie, maar dat in ELKE NASIE die een WAT HOM VREES en GEREGTIGHEID DOEN, Hom welgevallig is";  -(v.36)(2)"HY IS DIE HERE VAN ALMAL.

-Hierdie feit word ook in Ef. 2 goed verduidelik.
-Kyk ook  Rom 10:12-15 - "(1) Want daar is geen onderskeid tussen Jood en Griek nie; dieselfde (2) Here tog is Here van almal en is ryk oor almal wat Hom aanroep. Want: Elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word. Hoe kan hulle Hom dan aanroep in wie hulle nie geglo het nie? En hoe kan hulle in Hom glo van wie hulle nie gehoor het nie? En hoe kan hulle hoor sonder een wat preek? En hoe kan hulle preek as hulle nie gestuur word nie? Soos geskrywe is: Hoe lieflik is die voete van die wat die evangelie van vrede verkondig, van die wat die evangelie van die goeie verkondig!