Showing posts with label geestelike liggaam. Show all posts
Showing posts with label geestelike liggaam. Show all posts

Tuesday, May 13, 2025

Bybelstudie Diagramme vir die lesreeks "Verskillende soorte liggame"

 Vir gebruik in lesse 12-17 jariges.

- https://sondagskooltuis.blogspot.com/2024/01/verskillende-soorte-liggame-9-12.html

- https://sondagskooltuis.blogspot.com/2024/01/die-natuurlike-liggaam-en-die.html

- https://sondagskooltuis.blogspot.com/2025/05/verskillende-soorte-liggame-12-17.html

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

NATUURLIKE MENS / GEESTELIKE MENS / - DIE DOOD:



-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
- NATUURLIKE MENS / GEESTELIKE MENS 
- NATUURLIKE LIGGAAM / GEESTELIKE LIGGAAM



----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
DIE MENS SOOS SAAD:



-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
DIE INNERLIKE MENS ("liggaam, siel gees" geestelike beskrywe):



-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Verskillende soorte liggame (12-17 jariges)(Les 3)

Hierdie is deel vd reeks oor "die mens" (die mensdom)(bedoel vir 9-12 jariges). 

- (LES 1) Verskillende wesens het verskillende soorte liggame.

- (LES 2) Die verskil tussen die natuurlike liggaam en die geestelike liggaam.

IN HIERDIE LES:  (LES 3) - beskrywing van terme gebruik in hierdie stel lesse...

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------INLEIDING VIR DIE ONDERWYSER: Dit is belangrik vir die onderwyser om seker te maak dat uself instaat is om kortliks te kan verduidelik die verskil tussen verskillende terme wat in hierdie stel lesse gebruik word... - terme soos "liggaam, siel, gees", "natuurlike mens", "geestelike mens", "natuurlike liggaam", "geestelike liggaam", "uiterlike mens", en "innerlike mens".

Hieronder is 'n paar vrae opgestel om in die klas te behandel, wat kan help dat die kinders hierdie terme leer verstaan (klik gerus op die links gegee vir meer skrifte vir voorbereiding vir die onderwyser...).  Rol tot heel onder vir 'n opsomming waar bg. terme kortliks opgesom is. ----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

LES 3 van hierdie reeks:

KIES WATTER VAN DIE VOLGENDE VRAE BESPREEK WORD IN DIE KLAS. Die idee is om rustig te gesels oor hierdie onderwerpe sodat die onderwyser in die proses geleentheid kry om die terme aan die kinders te verduidelik.

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------HOE VERSKIL natuurlike mense VAN geestelike mense?:

VRAAG:  Die mensdom kan ingedeel word tussen "natuurlike mense" en "geestelike mense". Wat leer die Bybel is die verskil tussen NATUURLIKE MENSE en GEESTELIKE MENSE? (lees Jud. 1:10; 1 Kor. 2:14,15; 3:1)  

ANTWOORD:  Die groot verskil is dat natuurlike mense nie die Gees van God het nie (Jud. 1:10; 1 Kor. 2:14). Alle mense word as "natuurlike mense" gebore en dien die sonde en het nie die Heilige Gees nie, maar geestelike mense (maw, mense wat "oor gebore"/weergebore is, het die Heilige Gees ontvang).

Geestelike mense het die Gees van God (1 Kor. 2:14,15; 3:1; Gal. 4:6). Mense wat weergebore is word "geestelike mense" genoem, want hulle het die Heilige Gees! (hulle het die asem vd Gees) - en hulle dien die Gees! (is onder die wet van die Gees).  Geestelike/weergebore mense se (1) sondes is vergewe (hulle is vrygekoop van hulle slaafskap onder sonde en dien nie meer die sonde) en (2) het die Heilige Gees ontvang (is onder die wet van die Gees / dien die Gees).  


HOE PRESIES VERSKIL GEESTELIKE EN NATUURLIKE MENSE:

- VRAAG:  "Geestelike mense" verwys na mense wat weergebore is, en word o.a. ook na verwys as mense wat "uit God gebore" is... (1 Joh. 5:1,4)(asof  "uit Hom gebore", maar natuurlik nie fisies uit Hom gebore nie maar geestelik). Dink jy dat as iemand uit God gebore word hy anders sal wees as iemand wat uit 'n mens gebore is?  (ANTWOORD:  Ja). Hoe dink jy sal so iemand "anders wees"? (bespreek gerus hierdie in die groep, bv. "wees soos", "dink soos", erf karakter, ens.). 

-...OF DIE VRAAG KAN AS VOLG GESTEL WORD:  Weergebore mense (m.a.w., "GEESTELIKE MENSE" / mense wie se sonde afgewas is (water) en die Heilige Gees het (Gees)) is soos mense wat "oor gebore" is, maar hierdie keer nie uit Adam se saad nie maar uit God gebore... (lees Joh. 3:3-8; 1 Pet. 1:23).  Hoe dink jy sal iemand wees wat uit God se saad gebore is? Dink jy dat as iemand uit God gebore word hy anders sal wees as iemand wat uit 'n mens gebore is?

(vir die onderwyser vir 'n les wat by hierdie tema aansluit, gaan na: https://sondagskooltuis.blogspot.com/2020/02/die-volk-van-god-identiteit-geslagslyne_25.html ).

Laat die gesprek rigting aanneem... (bv. dat die wat weergebore word deur die Heilige Gees vernuwe word! - hulle begin dink en sien anders..., karakter verander, ens. Natuurlike mense het nie die Heilige Gees nie, so hulle dink en sien anders, maar geestelike mense (weergeborenes) het die Heilige Gees en hulle het dus die Here se saad in hulle;  maw, noodwendig gaan hulle anders wees want hulle het 'n ander pa! Weergebore mense/"geestelike mense" is en word vernuwe (is op 'n pad van godsaligheid) - in ander woorde, hulle innerlike mens is en word daagliks (deur die Heilige Gees) vernuwe... - 2 Kor. 4:6 (amper asof hulle nuwe harte gekry het en hulle uit ander saad, nl. uit God se saad gebore is... - hulle is "oor gebore", maar hierdie keer nie uit Adam se saad onder slaafskap van sonde nie, maar uit God se saad en is 'n slaaf van Jesus Christus, m.a.w. hulle dien die Gees).  Maar l.w. dat hulle uiterlike mens nog nie vernuwe is nie! (dit word eers vernuwe wanneer Jesus terugkom - kyk die tema vd opstanding). 

NS: Weergeborenes/geestelike mense dien die Gees (hulle is onder die Gees, en daarom kan hulle vrug "tot lewe" dra-Rom. 6:22(1 Joh. 5:18; 3:9)), maar natuurlike mense dien die sonde (hulle is onder slaafskap, is slawe van sonde - en daarom dra hulle vrugte vir die dood-Rom. 7:5).

ANTWOORD:   God kan nie doodgaan nie;  dus, logies gesproke sal die wat uit Hom gebore word ook nie doodgaan nie... (1Pe 1:23 - "want julle is wedergebore nie uit verganklike saad nie, maar uit onverganklike, deur die lewende woord van God wat tot in ewigheid bly"). ).  M.a.w., as jy uit Sy saad gebore is dan gaan jy vrug dra "tot lewe" en dus nie doodgaan nie. "Saad" bepaal wat se boom jy sal wees en wat se vrug jy gaan dra. As iemand gebore is uit God se saad dan is sy liggaam, wat terloops met grond vgl. kan word, soos grond waarin dit wat daarin groei nooit kan doodgaan nie - sien dus die belangrikheid van die opstanding!, wanneer geestelike mense nuwe onverganklike liggame kry. Omdat elk van ons uit 'n mens gebore is (is kinders van Adam) gaan ons net soos Adam ook dood, maar wanneer ons eendag opgewek word uit die dood (wanneer Jesus terugkom) en nuwe liggame kry, dan is ook ons liggame "asof uit God gebore" (soos ons innerlike huidiglik is). Alhoewel weergebore mense se huidige liggame nog nie vernuwe is nie, is hulle siel/innerlike mens vernuwe deur die Heilige Gees deur wie hulle alreeds kan vrug dra tot lewe... - en hulle word terloops alreeds gesien soos mense wat "uit God gebore is"!  (en het daarom die belofte van ewige lewe!, alhoewel dit eers volkome voltrek word wanneer hulle ook nuwe, onverganklike liggame kry)(1 Kor. 15).  

Geestelike mense word alreeds gesien soos mense wat "uit God gebore is" (weergebore mense is soos mense wat oor gebore is, maar hierdie keer uit God se saad, nie uit Adam se saad nie) - maar neem kennis dat 'n mens moet uit 'n mens gebore word om 'n mens te kan wees... Dus, om so "oor gebore" te word uit God se saad, moet dit duidelik na 'n mens verwys wat ook God is - en daar is net Een wat beide mens en God is en dit is Jesus Christus (die Seun van God, wat mens geword het ter wille van ons). Die wat in Jesus Christus glo is nie letterlik uit Sy saad gebore nie, maar wel geestelik "uit Hom gebore" - is Sy kinders... - hulle word gesien as "van Sy vlees en bene"! (Ef. 5:30) (https://warechristene.blogspot.com/2018/10/vlees-en-been-vlees-of-liggaam-en-bloed.html).  En siende die belofte van erfenis gemaak is aan die kinders van Abraham, word die wat in Jesus Christus glo (Sy kinders) ook ingedoop onder die kinders van Abraham... (onthou dat Jesus Christus is uit daardie geslag gebore - Abraham ...(Dawid) se geslag). Alhoewel geestelike mense dit op 'n geestelike manier verkry het, word hulle gesien as deel van Abraham se geslag...(Gal. 3:7, 26-29). "Kinders van Abraham" verwys wel na die fisies uit daardie geslag gebore, maar dit wys veral na die wat dit in die geloof is! - (Joh 8:39 - "Hulle antwoord en sê vir Hom: Ons vader is Abraham. Jesus sê vir hulle: As julle die kinders van Abraham was, sou julle die werke van Abraham doen"). 

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

DIE (1) VERSKIL TUSSEN natuurlike "mense" EN natuurlike "liggame";  en (2) DIE VERSKIL TUSSEN geestelike "mense" EN geestelike "liggame":

VRAAG:  Het "natuurlike mense" natuurlike liggame?;  en "geestelike mense" geestelike liggame?

ANTWOORD:  Nee. Beide natuurlike mense (die wat nie weergebore is nie) asook geestelike mense (weergeborenes) het natuurlike liggame... (l.w. dat die begrip "liggaam" verwys na die uiterlike mens, nie die innerlike mens nie). Natuurlike liggame is verganklik (gaan dood), maar geestelike liggame is onverganklik (gaan nie dood nie) - weergeborenes het nog nie onverganklike liggame nie! Alhoewel hulle innerlike daagsliks vernuwe word, word hulle uiterlike eers vernuwe in die opstanding wanneer Jesus terugkom (2 Kor. 4:6; 1 Kor. 15). Duidelik het geestelike mense (nl. weergeborenes) nog nie geestelike liggame nie, want hulle gaan steeds dood! (maw, hulle innerlike mens is wel vernuwe en word ook daagliks vernuwe, maar die uiterlike mens is nog nie vernuwe nie).  

Die natuurlike liggaam is die liggaam waarin ons almal gebore word... - almal word as "natuurlike mense" gebore en het natuurlike liggame wat doodgaan... Lees Gen 3:17-19: - "En aan die mens het Hy gesê: Omdat jy geluister het na die stem van jou vrou en van die boom geëet het waarvan Ek jou beveel het om nie te eet nie—vervloek is die aarde om jou ontwil; met moeite sal jy daarvan eet al die dae van jou lewe. Ook sal dit vir jou dorings en distels voortbring; en jy sal die plante van die veld eet. In die sweet van jou aangesig sal jy brood eet totdat jy terugkeer na die aarde, want daaruit is jy geneem. Want stof is jy, en tot stof sal jy terugkeer"). Jesus was anders, want alhoewel die soort liggaam waarin Hy gebore was 'n mens is (van Maria se kant af), was Maria bevrug deur die Heilige Gees... (nie deur 'n mens/man nie);  m.a.w., Jesus is 100% mens en 100% God !(en was dus nie soos ander mense in sonde gebore nie, maar het dieselfde vlees aangeneem..., so Hy kon wel versoek word soos mense). Alhoewel Hy nie veronderstel was om dood te gaan nie (want Hy was nie in sonde gebore nie en het ook geen sonde gehad nie), het Hy Sy lewe vrywilliglik afgele ter wille van ons... 1 Pet. 2:22-24; 3:18; 1 Kor. 5:21; Jes. 53:4-12; Rom. 8:3; 1 Joh. 3:5,16; Matt. 20:28; Joh. 10:15; 1 Pet. 2:24). 

Geestelike liggame is anders as natuurlike liggame... (is 'n ander soort liggaam as dit wat ons nou het/1 Kor. 15:54-57, en is dieselfde as die liggaam waarin Jesus opgestaan het uit die dood/Hy, die eersgeborene uit die dood...). Daar word ook na geestelike liggame verwys as "onverganklike" liggame (dit is onverganklik - kan nie doodgaan nie)(vir 'n studie hieroor vir die onderwyser, gaan na: https://warechristene.blogspot.com/2017/11/verheerliktegeestelikeonverganklike.html).Weergeborenes ("geestelike mense") het nog nie "geestelike liggame" nie (daarom gaan hulle steeds dood), maar het die belofte dat hulle eendag "geestelike liggame" (of verheerlikte, onverganklike liggame) sal kry... (nl. wanneer Jesus terugkom). Maar wat presies is dit dan wat vernuwe word wanneer iemand weergebore word?  - dit is die innerlike mens... (2 Kor. 4:6)(die uiterlike mens word eers vernuwe wanneer Jesus terugkom). Huidiglik is en word die wat weergebore word se innerlike mens vernuwe deur die Heilige Gees, en word daagliks ook vernuwe, en dit is waarom hulle instaat is om "vrug tot lewe" te dra! (vrug wat eendag vir hulle die ewige lewe kan oes), maar die ewige lewe word eers finaal geoes nadat die laaste vynand (nl. die dood) verslaan is - nl. in die opstanding... (wat verwys na die wat "opstaan tot lewe", nie die wat opstaan tot veroordeling nie-Joh. 5:29).

(https://sondagskooltuis.blogspot.com/2024/01/die-natuurlike-liggaam-en-die.html)(https://warechristene.blogspot.com/2017/11/verheerliktegeestelikeonverganklike.html).

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------DIE DOOD:

VRAAG:  Wat het God gesê sal met Adam en Eva gebeur wanneer hulle van die boom van kennis van goed en kwaad eet? Lees Gen. 2:17.

ANTWOORD: Hulle sou sterwe.. - God het hulle hierteen gewaarsku (Gen 2:17 - "maar van die boom van die kennis van goed en kwaad, daarvan mag jy nie eet nie; want die dag as jy daarvan eet, sal jy sekerlik sterwe").  

VRAAG:  Die mens bestaan nie net uit 'n UITERLIKE MENS (nl. die "liggaam") nie, maar het ook 'n INNERLIKE MENS ("siel" / gees vd mens / die mens van binne). Wat presies is dit wat sterwe wanneer die mens doodgaan? - is dit die uiterlike mens of die innerlike mens? 

ANTWOORD:  Wanneer die mens doodgaan is dit die uiterlike wat sterwe ("die liggaam"). Die mens se liggaam (die uiterlike mens) is van grond gemaak, en keer terug na grond wanneer dit doogaan (Gen. 3:19). Die Here formeer ook 'n gees in elke mens se binneste (Sag. 12:1) - jou gees (innerlike mens) is anders as die natuurlike liggaam/uiterlike mens - die mens van binne is gees, terwyl die uiterlike mens/liggaam is vlees. 

----------------------------

VRAAG:  Kan die innerlike mens ook sterwe? 

ANTWOORD: Die begrip "dood" verwys nie net na wanneer die liggaam (uiterlike mens) sterwe nie, maar ook na die "tweede dood"... (wanneer beide die "liggaam"/uiterlike mens asook die "siel"/innerlike mens verderf word)(Matt. 10:28; Openb. 20:14; 21:8). Die liggaam (uiterlike mens) is soos onvrugbare grond waarin alles wat daarin groei, doodgaan (dra vrugte vir die dood...).  Die innerlike mens word weer op beurt in die Skrif voorgestel soos saad wat groei tot 'n boom wat vrug dra, en het lig nodig om te kan lewe!  Sonder die lig/asem vd Heilige Gees kan iemand nie "lewe" nie (kan dus nie vrug dra tot lewe nie). Op beurt is die regte soort geestelike kos en water weer nodig om die geestelike mens aan die lewe te hou...

Die natuurlike mens nie die lig/asem vd Heilige Gees nie;  m.a.w., sy innerlike is nie instaat om vrug tot lewe te dra nie!, en sy grond (nl. die liggaam) is soos onvrugbare grond omdat hy nie die regte soort geestelike kos en water kry nie. So iemand kan nie die ewige lewe oes nie!, maar sal die dood oes. Wat die mens nodig het om te kan LEWE, is lig/asem (Gen. 2:7) en die regte soort geestelike kos en water om hom aan die lewe te hou. VIR 'N STUDIE HIEROOR VIR DIE ONDERWYSER (met skrifte), GAAN NA: https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2024/10/waarna-verwys-lig-kos-en-water-geestelik.html.

Die begrip "redding" verwys nie net na hoe die liggaam (Hebr. 9:13; 10:22) van die mens redding nodig het nie, maar ook die siel! (1 Pet. 1:9; 3:21; Hebr. 9:14; 10:22)(https://warechristene.blogspot.com/2020/08/bybelstudie-die-begrip-saligheid-oorsig.html). M.a.w., dit is nie net die uiterlike mens (liggaam) wat sterf nie, maar ook die innerlike mens, nl. die siel sal verderf word as iemand nie redding kry nie...  Bv., wanneer die mens sterf, verwys dit gewoonlik na die uiterlike mens wat doodgaan en vergaan in die graf (is in sonde gebore en dra vrugte vir die dood), maar wat gebeur dan met die gees (die innerlike mens)? - die innerlike mens wag dan op die tweede dood... - tensy iemand redding kry! Die wat redding kry het die belofte dat hulle nie deur die tweede dood sal gaan nie (Openb. 2:11; 20:6), en het ook die belofte van opstanding eendag! (hulle liggame sal opgewek word uit die dood in nuwe onverganklike liggame). In hierdie opsig is dit nie net die uiterlike mens (beskryf "liggaam, siel en gees" FISIES) wat sal doodgaan nie, maar ook die die innerlike mens (die gees vd mens / beskryf "liggaam, siel en gees" GEESTELIK) sal verderf word as die mens nie redding kry nie. Dit is dus nie net ons LIGGAME (Hebr. 9:13; 10:22) wat redding (van die dood) nodig het nie, maar ook ons SIELE (het redding nodig van ons slaafskap onder sonde-Rom. 7:14; Ps. 51:5; Job 15:14; Rom. 6:20; Joh. 8:34, want hierdie slaafskap veroorsaak dat ons vrugte dra vir die dood)(1 Pet. 1:9; 3:21; Hebr. 10:22)(https://warechristene.blogspot.com/2020/08/bybelstudie-die-begrip-saligheid-oorsig.html). Die wat die Gees dien is nie meer onder slaafskap van sonde nie, maar is slawe/diensknegte van Jesus Christus (Rom. 7:3-6; Gal. 4:1,7-9; 1:10; 1 Kor. 6:19,20)(https://warechristene.blogspot.com/2018/12/lewende-wese-lewende-siel-menslike.html). Die weergeborene se liggaam behoort ook aan Christus;  m.a.w., omdat hy die Here dien (en nie die sonde nie) het hy die belofte van opstanding in 'n nuwe liggaam eendag (https://warechristene.blogspot.com/2017/11/verheerliktegeestelikeonverganklike.html).

----------------------------

VRAAG:  Is die dood verskillend vir natuurlike mense as vir geestelike mense?

ANTWOORD:  - NATUURLIKE MENSE se uiteinde is (1) die dood, asook die (2) tweede dood!  "Dood" verwys na wanneer die uiterlike mens sterwe - natuurlike mense sal nie deel he aan die opstanding waarin mense onverganklike liggame kan kry nie - hulle sal wel herlewe op 'n ander tyd, en die wie se name nie in die boek vd lewe is nie sal in die poel van vuur gewerp word, ook genoem "die tweede dood". Die term "tweede dood" verwys dus nie net na die herleefde liggaam wat verderwe word nie, maar ook die siel sal verderwe word (vir die wat nie redding kry nie).  Dit is die uiteinde van "natuurlike mense"... (hulle dra vrugte vir die dood - beide liggaam en siel sal in die poel van vuur verderf word).               - GEESTELIKE MENSE aan die ander kant het die belofte (1) dat al sterf hulle, sal hulle eendag opstaan uit die dood in onverganklike liggame wanneer Jesus terugkom, en (2) hulle het ook die belofte dat hulle nie deur die tweede dood sal gaan nie! Die geestelike mens se innerlike mens ("siel") is vernuwe en kan dus nie doodgaan nie omdat hy vrug dra tot (ewige) lewe - solank hy sy vrug behou! (kyk gelykenis vd saaier)(hulle het dus die belofte dat hulle nie deur die tweede dood sal gaan nie, maar l.w. dat hulle liggame nog nie vernuwe nie, dus; logies gesproke sterf hulle uiterlike mens steeds). Die geestelike mens se uiteinde is dus ook  (1) die dood (vd "liggaam"), maar anders as natuurlike mense het hulle die belofte van nuwe onverganklike liggame! (hulle huidige liggame is soos 'n tempel van die Heilige Gees, en die Gees hou dit in bewaring tot die dag van opstanding)(hulle kry ook die regte soort geestelike kos en water wat hulle in die lewe hou en hulle grond vrugbaar maak)(sien ook die tema van "die opstanding" - geestelike mense wat vashou aan die geloof sal nie in dieselfde soort liggame opstaan nie);  dus, al gaan geestelike mense dood (liggaam sterwe) het hulle die belofte dat hulle vir ewig sal lewe - die wat deel het aan die "eerste opstanding" sal NIE deur die tweede dood gaan nie. 

Vir studie en skrifte vir die onderwyser, gaan na:

https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2021/12/algemene-vrae-oor-saligheid-lewe-of-dood.html

-https://warechristene.blogspot.com/2020/05/wat-gebeur-met-die-mens-wanneer-hy.html

-https://warechristene.blogspot.com/2023/11/die-eerste-opstanding.html

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

VIR DIE ONDERWYSER:

Poste en skrifte rakende bg. onderwerpe:



FEITE KORTLIKS BESKRYF:

Natuurlike mense dra vrugte vir die dood (is kinders van Adam - in sonde gebore/dien die sonde)(Rom.7:5; Rom. 6:6).  

Geestelike mense dra vrug tot (ewige) lewe (is kinders van Jesus - uit God gebore/sonde afgewas en dien die Gees )(Tom. 6:22; Jud. 1:21; 1 Tim. 6:19; ens.). 

https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2021/12/algemene-vrae-oor-saligheid-lewe-of-dood.html

-----------

Die mens kan beskryf word deur die term "liggaam, siel en gees":

- Waar die mens FISIES deur "liggaam, siel en gees" beskryf word, verwys dit na die UITERLIKE MENS.

- Waar die mens GEESTELIK deur "liggaam, siel en gees" beskryf word, verwys dit na die INNERLIKE MENS.

https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2025/01/verskil-tussen-uiterlike-innerlike-mens.html

https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2024/08/liggaam-siel-en-gees.html

-----------

"Natuurlike" of "geestelike" LIGGAAM verwys na "soort liggaam".

"Natuurlike" of "geestelike" MENS verwys na of iemand die Heilige Gees het of nie (en dus na wat se soort natuur hy het).

Ons moet onderskei tussen die begrippe "natuurlike liggaam" en "natuurlike mens", want alhoewel alle mense met natuurlike liggame gebore word (en doodgaan), word daar nie na weergebore mense verwys as natuurlike mense nie, maar geestelike mense. M.a.w., die "natuurlike liggaam" verwys na die soort liggaam waarmee almal gebore word..., terwyl die term "natuurlike mens" nie verwys na die soort liggaam wat ons het nie, maar is baie spesifiek beskrywend van die wat nie die Heilige Gees het nie. 

Net so moet daar dus onderskei word tussen die begrippe "geestelike liggaam" en "geestelike mens", want geestelike mense het bv. nie outomaties geestelike liggame nie, alhoewel hulle die belofte het dat hulle eendag geestelike liggame sal kry! Die term "geestelike liggaam" verwys na die soort liggaam wat weergeborenes eendag sal kry (huidiglik het hulle nog natuurlike liggame);  die term "geestelike mens" verwys nie na die soort liggaam wat iemand het nie, maar verwys na mense wat die Heilige Gees het.

geestelike liggaam: https://warechristene.blogspot.com/2017/11/verheerliktegeestelikeonverganklike.html

-----------

Die mens bestaan uit gees, siel en liggaam (1 Thess. 5:23):-  Sou ons "gees, siel en liggaam" vgl. met saad wat in grond geplant word en groei en vrug dra, en lig nodig het, dan kan ons die volgende opsom (hou ook in gedagte dat die woord "liggaam" somtyds bloot gebruik word vir die uiterlike mens, en die woord "siel" somtyds bloot gebruik word vir die innerlike mens). Kom ons kyk na waar "liggaam, siel en gees" in konneksie gebruik word met "natuurlike of geestelike mens":

- Die liggaam (verwys na die "UITERLIKE MENS") kan vgl. word met GROND (Hebr. 6:7/Jak. 5:7). NATUURLIKE MENSE het NATUURLIKE LIGGAME (en gaan dood). GEESTELIKE MENSE het ook nog natuurlike liggame en gaan dood, maar HET DIE BELOFTE VAN GEESTELIKE LIGGAME eendag.

- Die siel (verwys na die "INNERLIKE MENS"/die mens van binne) kan vgl. word met 'n PLANT/BOOM wat groei en vrug dra (die natuurlike mens dra vrugte vir die dood-Rom. 6:21; 7:5)(die geestelike mens dra vrugte tot lewe-Rom. 6:22; Kol. 1:10; Joh. 4:36; 12:24). NATUURLIKE MENSE SE SIELE IS NIE VERNUWE NIE (hulle het "ou harte"), en hulle dra vrugte vir die dood.  GEESTELIKE MENSE SE SIELE IS VERNUWE (hulle het "nuwe harte"), en hulle dra vrugte tot lewe  (Bestudeer die tema "ou en nuwe mens").  

- G/gees/asem kan vergelyk word met LIG - Jak. 2:26 (die liggaam en siel het lig nodig om te kan lewe).  DIE NATUURLIKE MENS HET DIE "GEES VD WERELD".  DIE GEESTELIKE MENS HET "DIE GEES VAN GOD"/DIE HEILIGE GEES.


Nog ander terme kortliks verduidelik (hierdie is net 'n opsomming - klik asb op die links vir skrifte):

- Die wat UIT GOD GEBORE is word "geestelike mense" genoem (is nie meer "natuurlike mense" nie). 

- NATUURLIKE MENSE is nie weergebore nie;  m.a.w., hulle sondes is nie vergewe nie en hulle het nie die Gees van God ontvang nie (natuurlike mense is gebore uit Adam se saad en dien die sonde en hulle uiteinde is die dood, maar geestelike mense is soos mense wat uit God se saad gebore is en hulle uiteinde is die lewe). God het 'n weg geskep waar "natuurlike mense" WEER GEBORE kan word!, en hierdie weg is deur Sy seun Jesus Christus, en word verkry deur geloof in Hom. Die wat deur Hom gered word is soos mense wat "weer of oor gebore" word, maar hierdie keer uit God se saad... (en dit gebeur deur water en Gees - hulle word skoongewas en ontvang die Heilige Gees). Weergeborenes het die belofte dat hulle ook NUWE LIGGAME sal kry - al gaan hulle dood, sal hulle die dood oorwin!;  m.a.w., hulle sal eendag opgewek word uit die dood en nuwe liggame kry (wat duidelik 'n ander soort liggaam sal wees - genoem "verheerlikte liggame"). Net soos die mens nie kan leef sonder asem nie,  op ditto wyse is die Heilige Gees soos asem vir die geestelike mens (wat hom dus aan die lewe hou). WEERGEBORE MENSE se uiterlike mens word wel eers vernuwe wanneer Jesus terugkom (in die komende opstanding), maar hulle innerlike mens is alreeds vernuwe - dit beteken dat hulle alreeds kan begin vrug dra tot ewige lewe... (en word dus alreeds verwys na mense wat die ewige lewe het!). M.a.w., hulle dra vrug wat vir hulle eendag die ewige lewe sal gee... -die Skrif noem dit "vrug tot lewe" of "vrug tot ewige lewe"  (maar natuurlike mense dra "vrugte vir die dood") - weergebore mense se uiterlike kan gesien word soos vrugbare grond omdat die Heilige Gees in hulle liggame woon - alhoewel hulle liggame nog nie vernuwe is nie, laat die Gees vrugbare plante opkom. 

- DIE LIGGAAM (voorgestel as "grond"... - en is immers uit grond gemaak!):  Wat die mens se oorsprong aanbetref is alle mense gebore uit Adam se saad.  Beide natuurlike en geestelike mense het huidiglik "natuurlike liggame", maar geestelike mense (weergeborenes / gereddes) sal eendag ook "geestelike (onverganklike) liggame" kry. Die mens se liggaam kan vgl. word met GROND, siende Adam uit grond gemaak is. Na die sondeval kan Adam se liggaam vgl. word met grond waarin alles wat daarin groei, doodgaan. Op die oomblik het almal van ons "natuurlike liggame", en die uiteinde van 'n natuurlike liggaam is die dood (dit is soos grond waarin alles wat daarin groei, doodgaan - dit dra "vrugte vir die dood"), maar die wonderwerk vir die weergeborene is dat hulle liggame kan plante voortbring wat nie doodgaan nie! Geestelike mense is m.a.w. instaat om vrute te dra "tot lewe"!  Daarom word geestelike mense ook in die Skrif beskryf as mense wat alreeds doodgegaan het en opgestaan het in 'n nuwe liggaam (en hierdie word deur die Christelike doop voorgestel), en wat hulle liggame aanbetref is dit soos 'n tempel, 'n tempel van die Heilige Gees, en die Gees hou hulle in bewaring tot die dag van opstanding. 

- Die term "DOOD": Alle mense gebore uit Adam is "natuurlike mense" genoem en gaan dood. Maar die term dood verwys nie net na wanneer die liggaam doodgaan nie, maar ook na die "tweede dood" (wanneer beide liggaam en siel in die poel van vuur gewerp word). Weergebore mense (wie se sondes vergewe is en die Heilige Gees ontvang het) se siele is alreeds vernuwe, maar hulle liggame is nog nie vernuwe nie (alhoewel hulle sonde vergewe is en die Gees bly in hulle liggame).  Hulle kan alreeds vrug dra tot ewige lewe, maar hulle liggame gaan steeds dood omdat dit nog nie vernuwe is nie.  Wanneer hulle liggame ook vernuwe is, dan is die dood finaal oorwin, en hulle het die belofte dat hulle nie deur die tweede dood gaan nie (Openb. 20:5,6)(sien onderwerp "eerste opstanding"). 

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Tuesday, January 23, 2024

Die "natuurlike liggaam" en die "geestelike liggaam" (11 - 15 jariges)(Les 2)

Hierdie is deel vd reeks oor "die mens" (die mensdom)(bedoel vir 9-12 jariges). 

In hierdie groep lesse word gekyk na soorte liggame, en in die derde les word die innerlike mens ook in konteks met dit gebring::

- (LES 1) Verskillende wesens het verskillende soorte liggame.

- (LES 2) Die verskil tussen die natuurlike liggaam en die geestelike liggaam (mense).

- (LES 3) Die verskil tussen die natuurlike mens en die geestelike mens.    

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------LES 2:

VIR DIE ONDERWYSER: Hierdie les is soos 'n inleiding vir die saligheidsboodskap en die komende opstanding. Let wel dat daar veral stilgestaan word by die term "DIE LIGGAAM" of "die uiterlike vd mens" (nie die innerlike nie). Hierdie les sluit aan by die vorige les wat gaan oor "verskillende soorte liggame" - in hierdie les word verduidelik dat, alhoewel alle mense met "natuurlike liggame" gebore word (en hulle uiteinde dus die dood is), sal gereddes eendag "geestelike liggame" kry - 'n geestelike liggaam is 'n ander soort liggaam wat nie kan doodgaan nie (let daarop dat die begrip "geestelike liggaam" ook nie verwys na die innerlike of die gees vd mens nie, maar verwys na 'n ander soort uiterlike/liggaam as die een wat ons nou het... - hierdie konteks is belangrik in orde om hierdie tema goed te kan verduidelik). As u meer skrifte soek, rol gerus af tot heel onder vir ekstra skrifte (getiteld "opsomming vir die onderwyser").   DIE TWEEDE DEEL VD LES IS ter wille van konteks LANGDRADIG UITGESKRYF EN SAL MOONTLIK DEUR DIE ONDERWYSER VERKORT MOET WORD VIR LESAANBIEDING... 

EERSTE DEEL VD LES:

VRAAG: Wat dink julle is die grootste probleem hoekom saad somtyds sukkel om groei, of plante doodgaan nadat hulle gegroei het? 

(die onderwyser kan moontlik iemand met kennis oor plante uitnooi om by die klas in te sit...) 

ANTWOORD:  Daar is heelwat faktore wat 'n rol kan speel, maar die grootste probleem is DIE GROND. .. (Vir die onderwyser:  hierdie les gaan voort met die onderwerp van "grond", wat op beurt met "die liggaam" vgl. word, - sien vorige les...). Plante gaan dood in onvrugbare grond. 

Soos in die vorige les gesien kan die liggaam voorgestel word soos grond. 

In hierdie les gaan ons die NATUURLIKE LIGGAAM (vd mens) voorstel met "onvrugbare grond". Wat gebeur as jou grond/liggaam soos onvrugbare grond is? Wel, dieselfde gaan gebeur soos wat in die natuur gebeur - die mens groei en dra vrug..., maar gaan dan dood a.g.v. die grond. Die woorde wat die Bybel veral hiervoor gebruik is dat die mens /die natuurlike mens ("kinders van Adam") "dra vrugte vir die dood" (Rom. 7:5))(dit beteken alle mense gaan dood).  Alle mense word in sonde gebore (gebore uit Adam se saad), en het dus NATUURLIKE LIGGAME (liggame wat doodgaan).  M.a.w., net soos onvrugbare grond veroorsaak dat plante doodgaan, net so is die natuurlike liggaam waarin ons gebore is, soos onvrugbare grond en daarom gaan alle mense dood.   


TWEEDE DEEL VD LES: (in hierdie deel vd les kyk ons na hoekom kinders van Adam met natuurlike liggame gebore word?)

LEES Gen. 2:16,17  (van Adam en Eva in die tuin van Eden...).

VRAAG:  Wat het God gesê sal met Adam en Eva gebeur as hulle vd boom van kennis van goed en kwaad eet?

 ANTWOORD:  Hulle sal sterwe / doodgaan. Dit is die rede waarom alle mense sterwe. Toe Adam die sonde kies het hy 'n SLAAF geword van sonde... (Bespreek gerus in die groep wat dit beteken om 'n slaaf te wees?). 'n Slaaf het 'n meester vir wie hy dien en gehoorsaam. As ons nou beweer dat Adam 'n slaaf was van sonde, dan beteken dit dat "sonde" sy meester was.  Adam het gekies om die sonde te begin DIEN... (Rom. 6:6) - m.a.w., omdat hy gekies het om ongehoorsaam te wees aan die Here en die sonde gehoorsaam, het hy die sonde begin dien (so het hy 'n slaaf geword van sonde). 

Wat dink jy het met Adam se kinders gebeur?  - wat gebeur met slawe se kinders, is hulle vry?, of is hulle ook slawe? Antw.:  Slawe se kinders is gewoonlik ook as slawe gebore! Hulle word AS SLAWE GEBORE EN DIEN DIESELFDE MEESTER...  M.a.w., almal wat uit Adam gebore is is ook as slawe (van sonde) gebore... Adam was 'n slaaf, so jy is ook 'n slaaf gebore;  m.a.w., alle kinders van Adam dien/is gehoorsaam aan die sonde - is 'n slaaf van sonde.  En die feit dat ons almal sondig is 'n bewys hiervan!  Is daar enige mens wat jy ken wat nog nooit gesondig het nie? (behalwe Jesus Christus). Nee, almal sondig;  dus, almal is slawe van sonde want hulle is kinders van Adam... - en a.g.v. hierdie slaafskap gaan almal dood... (1 Kor. 15:22; Gen. 2:17; Rom. 5:12). 

Die Skrif het spesifieke woorde wat hiervoor gebruik word, nl. dat "mense in sonde gebore word" (hulle is gebore uit Adam se saad) - omdat ons kinders van slawe is is ons self ook slawe (in hierdie geval "slawe van sonde"). Kinders van slawe dien dieselfde meester as wat hulle ouers gedien het.  Maar God het vir Adam (en Eva) gewaarsku, het Hy nie?... Wat het Hy vir hulle gese sal gebeur as hulle die sonde kies? (wat het ons bo gelees?) - hulle sal doodgaan. Wanneer iemand die sonde dien het dit vreeslike gevolge, en dit is dat so iemand DOODGAAN. Wat het met Adam en Eva gebeur?  -hulle het doodgegaan. Wat gebeur met al die kinders wat uit Adam se saad gebore is? -hulle is almal as slawe van sonde gebore, so hulle uiteinde is ook DIE DOOD...  Die hele mensdom is uit Adam se saad gebore; en is dus as slawe gebore, en as jy 'n slaaf is van sonde dan is jou uiteinde DIE DOOD (almal in sonde gebore is "kinders vd toorn"-Ef. 2:3)(Rom. 5:12-21). "Die dood" verwys nie net na wanneer die liggaam sterwe nie, maar veral na die tweede dood, wanneer beide die liggaam en siel in die hel gewerp word). In hierdie les gaan ons nie kyk na die "tweede dood" nie (dit sal op 'n ander les behandel word), maar net stilstaan by die feit dat DIE LIGGAAM (die natuurlike liggaam) doodgaan. Wanneer iemand doodgaan is dit sy liggaam/uiterlike mens wat sterwe en begrawe word, nie sy siel/innerlike mens nie.  M.a.w., as jou ouers se liggame onder SLAAFSKAP was toe jy gebore is, is jou liggaam ook 'n SLAAF, en as jy dus as 'n "slaaf van sonde" gebore is ("in sonde gebore"- Ps. 51:5; Job 15:14; Rom. 6:20; Joh. 8:34 / is "verkoop" onder sonde-Rom. 7:14) dan beteken dit dat jou meester die sonde is... (as dit nie so was nie, dan sou jy nooit gesondig het nie).  Ons is in slawerny gebore en sal daarom sterwe (1 Kor. 15:22; Ps. 39:4; Rom. 8:21). DIE MENS HET DUS REDDING NODIG VAN HIERDIE SLAAFSKAP (onder sonde). 

Maar hoe kan ons vrykom daarvan?  Weet julle hoe slawe kon vrykom? (daar kan in die klas eers bietjie hieroor gesels word - beeldmateriaal kan miskien gebruik word om te wys hoe dit gebeur). 

Die maniere hoe 'n slaaf kon loskom van slaafskap, is: 

- (1) deur homself vry te koop (bv. werke /geld), of 

- (2) jy moet deur 'n ander meester gekoop/losgekoop word. 

Daar is niks wat die mens kan doen waardeur hyself sy vryheid kan bewerk nie - geen werke of geld kan vir jou hierdie vryheid koop nie (Ef. 2:8,9; Rom. 3:28; 4:2; 11:6; 1 Kor. 1:29-31; Tit. 3:3-5; ens.). Al doen jy goeie werke jou hele lewe lank, dit sal jou nie kan vrykoop nie.  Die enigste manier vir die mens om vry te kom van slaafskap onder sonde, is deur "VRYgekoop" te word deur 'n ander meester (Joh. 8:36)(en is dan vry van die vorige meester, maar behoort dan natuurlik aan die een wat jou gekoop het)(1 Kor. 7:22; 1 Pet. 2:16) - en dis nie enige meester wat hierdie prys kan betaal nie (God besluit hoe hierdie redding verkry word, en Sy oplossing is deur Sy Seun;  mense kan nie besluit hoe dit verkry word nie). Jesus Christus is die enigste Een wat instaat is om ons vry te koop, want die een wat ons kan vrykom sal moet ten minste iemand wees wat die dood kan oorwin! 

Kortom, almal wat glo in Jesus Chrisus word deur Hom vrygekoop van hulle slaafskap onder sonde - hulle behoort nou aan Hom en het die belofte van ewige LEWE (dit is waarom gelowiges nuwe liggame belowe word, wat sal plaasvind in die volgende opstanding). Dit beteken dat al gaan hulle dood sal Hy hulle eendag opwek uit die dood en nuwe liggame gee wat vir ewig lewe (daar word gewoonlik in die Skrif hierna verwys as "die opstanding", en almal wat in Jesus Chritus sterf gaan op 'n spesifieke tyd opstaan... - daar is 'n dag hiervoor bepaal, nl. wanneer Jesus Christus terugkom). As iemand vrygekoop is deur Jesus Christus dan dien hy nie meer die sonde nie, maar dien nou vir Jesus Christus.  Maar l.w. dat die natuurlike liggaam waarmee ons gebore is nie onmiddellik vernuwe word (wanneer ons vrygekoop word) nie - weergeborenes gaan steeds dood (omdat hulle nog hierdie liggame het), maar het alreeds die belofte van nuwe liggame! Net soos die dood (en slaafskap onder sonde) deur een mens (nl. Adam) gekom het, net so sal "lewe" (opstanding vd dode) deur een Mens kom... (nl. Jesus Christus).(1Kor. 15:21-23). Die dood kan gesien word soos 'n vyand... (dit is die mens se vyand), en sal vernietig word wanneer iemand opstaan uit die dood - dit kom deur een Mens, nl. Jesus Christus... (1Kor. 15:26).

Die wat in Jesus Christus glo sal eendag NUWE LIGGAME kry - hulle sal uit die dood opgewek word en 'n ander soort liggaam gegee word - 'n liggaam wat VIR EWIG kan LEWE .  Dit sal 'n ander soort liggaam wees as die natuurlike liggaam wat ons nou het, en word 'n GEESTELIKE of ONVERGANKLIKE LIGGAAM genoem.  DAAR KAN IN DIE GROEP GEKYK WORD NA HIERDIE "GEESTELIKE LIGGAAM" WAT VIR WEERGEBORENES BELOWE WORD, EN HOE DIT VERSKIL VD NATUURLIKE LIGGAAM  (vir die onderwyser vir 'n studie hieroor, gaan na: https://warechristene.blogspot.com/2017/11/verheerliktegeestelikeonverganklike.html). 

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Onderstaande is nie deel vd les nie, maar bedoel om 'n opsomming te gee vd geheel (miskien vir meer woorde om iets beter te kan verduidelik), asook meer skrifte word hier gegee.

'n Ekstra OPSOMMING VIR DIE ONDERWYSER (ekstra skrifte):  

Adam se liggaam (na die sondeval) kan vgl. word met grond waarin plante sukkel om te groei, en as dit gegroei het gaan dit dood.  Die mens se liggaam (die "natuurlike liggaam" wat uit Adam se saad gebore is) kan vgl. word met 'n boom wat vrugte dra, maar omdat sy grond nie vrugbaar is nie, dra hy vrugte vir die dood... (alle mense gaan dood).  Die begrip "dood" verwys nie net na wanneer die liggaam doodgaan (en verderf in die graf) nie, maar verwys ook na die "tweede dood" (Openb. 20:6,14; 21:8), nl. die "oordeel vd hel" wanneer beide die liggaam en siel verderwe word in die hel (Matt. 10:28)  -  in hierdie les word daar net gekyk na wanneer die uiterlike mens / die liggaam doodgaan;  daar word nie regtig na die tweede dood in hierdie les gekyk nie.

Wat beteken dit dat die mens 'n "natuurlike liggaam" het?  Mense met natuurlike liggame gaan dood...  - dit gaan oor die soort liggaam en uit wie se saad iemand gebore is. Natuurlike mense (maw, kinders van Adam) het natuurlike liggame, en daarom gaan hulle dood...  'n Natuurlike liggaam kan vgl. word met onvrugbare grond - as jy iets daarin plant, sal dit doodgaan;  MAAR mense wat weergebore word (genoem "geestelike mense") dra vrugte tot lewe! (Rom. 7:4) - hulle is soos mense wat oor gebore is (alhoewel hulle nog natuurlike liggame het, word hulle nie meer gesien soos mense wat uit Adam se saad gebore is nie, maar asof gebore uit God (alhoewel nie fisies uit Hom gebore nie, maar geestelik). Hulle word geestelike mense genoem, maar kry eers later geestelike liggame. Dus, alhoewel hulle nog natuurlike liggame het het hulle die Heilige Gees in hulle liggame wat hulle instaat stel om vrug tot (ewige) lewe te dra - hulle liggame word nie onmiddellik vernuwe met weergeboorte nie, maar hierdie "vrug tot lewe" (wat hulle deur die Gees dra) verdien vir hulle die ewige lewe... verdien vir hulle liggame wat vir ewig kan lewe - hulle sal m.a.w. eendag geestelike liggame "oes"... (1 Kor. 15:44)(Mark. 4:29; Matt. 13:30; ens.). Die mens bestaan uit 'n UITERLIKE en 'n INNERLIKE (2 Kor. 4:16; 5:12; Rom. 7:22; Ef. 3:16; 1 Pet. 3:3,4; 1 Sam. 16:17) - (1) 'n uiterlike mens (word somtyds bloot na verwys as "die liggaam") en (2) 'n innerlike mens (word na verwys as "die siel" / en word somtyds na verwys as "die gees vd mens"). Wanneer iemand "weer gebore" word (deur Jesus Christus - sy sonde vergewe word en hy die Heilige Gees ontvang), dan is dit sy innerlike mens wat alreeds vernuwe word (nie sy uiterlike nie - sy uiterlike word eers vernuwe in die opstanding).  Die natuurlike liggaam waarin hy gebore is (die UITERLIKE) is dus nog nie vernuwe nie, al is sy innerlike al vernuwe;  en daarom sal sy natuurlike liggaam steeds doodgaan... (maar weergeborenes se liggame sal ook eendag vernuwe word!).  Weergeborene of "geestelike mense" (die wie se sondes afgewas is en die Heilige Gees het) het hierdie belofte dat hulle eendag GEESTELIKE LIGGAME sal kry, liggame wat nie doodgaan nie. Dit sal gebeur in die opstanding wanneer Jesus terugkom - hulle sal dan opgewek word uit die dood en nuwe liggame gegee word. 

Geestelike mense het 'n "goddelike natuur" verkry (1 Pet. 1:4);  m.a.w., in plaas van om die wereld te begeer, begeer geestelike mense eerder die wil vd Here. Hierdie wys "wie dit is vir wie hulle nou dien - hulle dien nie meer die sonde nie (die sonde is nie meer hulle meester nie), maar dien nou vir Jesus Christus (hy is hulle Meester - hulle behoort nou aan Hom, is deur Hom gekoop, en is terloops soos Sy kinders asof uit God gebore - is as vryes gebore!). Dit wys o.a. daarop dat hulle innerlike alreeds vernuwe is (het 'n "nuwe hart" - hulle "sien" en dink anders...)(bestudeer veral die tema "besnydenis van hart en ore" om hierdie beter te verstaan). 

Die wat deur Jesus vrygekoop is is "slawe van Christus" - hulle liggame en gees behoort aan die Here, want hulle is duur gekoop... (1 Kor. 6:19,20; 7:22).  

M.a.w., alhoewel alle mense op die oomblik 

- NATUURLIKE LIGGAME het, 

het die wat deur Jesus vrygekoop word die belofte dat hulle eendag

- GEESTELIKE LIGGAME sal kry . 

MAAR ALHOEWEL HULLE STEEDS NATUURLIKE LIGGAME HET, STEL HULLE ALREEDS HULLE LIGGAME IN DIENS VD HERE - hulle liggame is soos slawe van Christus... - hulle dien Hom deur hulle liggame (1 Kor. 7:22; 6:19,20; 2 Pet. 2:19). In daardie opsig is hulle alreeds vry van hulle slaafskap onder sonde, maar het nog nie nuwe liggame nie... (maar omdat hulle die Here met hulle liggame dien is hulle besig om vrug vir die ewige lewe te verdien, en sal nuwe liggame oes wanneer Jesus terugkom). 

NATUURLIKE MENSE:  -hierdie is 'n begrip wat nie net van die uiterlike mens (nl. die natuurlike liggaam) gebruik word nie, maar word ook somtyds in 'n ander konteks gebruik om die innerlike te beskryf (bv., die natuurlike mens het nie die Gees van God nie en is vleeslik). Dit is indirek 'n verwysing na die wat in sonde gebore word, nl. kinders van Adam. Wat die innerlike mens bv. aanbetref verwys die begrip "natuurlike mens" veral na iemand se "natuur" (nie dit wat natuurlik is nie!) - bv., "natuurlike mense" is sinnelik of vleeslik, en dink vleeslik... - in hierdie les staan ons nie stil by hierdie innerlike aspek  nie, maar kyk slegs na die uiterlike, nl. die "natuurlike liggaam" (Jud. 1:10; 1 Kor. 2:14; Rom. 8:5). Die begrip "natuurlike mens" sal in die volgende les behandel word, waarin veral gekyk gaan word na die verskil tussen die natuurlike mens en die geestelike mens. 

Natuurlike mense het NATUURLIKE LIGGAME (dit is die liggame waarin ons almal gebore is)(die begrip "natuurlike liggaame" verwys na die met 'n "sondige natuur" - is in sonde gebore, en is daarom verganklik)(1 Kor. 15:44; Ps. 51:7). Natuurlike mense DRA VRUGTE VIR DIE DOOD (omdat hulle kinders van Adam is word hulle in sonde gebore, en gaan dus dood)(Gen. 2:16,17).

GEESTELIKE LIGGAAM:  -dit is die liggaam waarin weergeborenes of geestelike mense eendag opgewek gaan word (1 Kor. 15:44).  Die liggaam waarin die geredde eendag opgewek word is anders as die huidige natuurlike liggaam, en word o.a. 'n "geestelike" (of "verheerlikte" of "onverganklike") liggaam genoem. GEESTELIKE LIGGAME IS ANDERS AS NATUURLIKE LIGGAME - geestelike liggame gaan bv. nie dood nie, maar natuurlike liggame gaan dood.   

Vrykoping gebeur op 'n spesifieke manier, en Jesus Christus is die Meester wat ons kan vrykoop. Op geen ander manier kan ons vrykom nie. Hy is die enigste manier wat deur God die Vader aanvaar word (Hand. 4:12). Wie sou instaat wees om ons vry te koop? Natuurlik die een wat die dood oorwin! Daar was net een mens in die geskiedenis wat dit kon doen, nl. Jesus Christus - wie eintlik Here is maar mens geword het terwille van ons (1 Kor. 15:12-29). God het Sy Seun gestuur om ons te kom red... Deur Sy opstanding het Jesus Christus die dood oorwin. Hy het opgestaan uit die dood, en so mag gekry oor die dood (maar ons gaan nie hier baie gesels oor die hele saligheidsboodskap nie - hierdie is slegs 'n kort opsomming om te verstaan deels hoekom die mens redding nodig het en hoe dit verkry word). Jesus het die dood oorwin en het dus die mag om ons los te koop vd dood... Hy het terloops self geen sonde gehad nie en het beslis nie die dood verdien nie, maar is doodgemaak (en Hy het dit toegelaat sodat Hy deur die dood hom, nl. die duiwel, tot niet kon maak wat mag gehad het oor die dood)(Heb 2:14) - "Aangesien die kinders dan vlees en bloed deelagtig is, het Hy dit ook op dieselfde manier deelagtig geword, sodat Hy deur die dood hom tot niet kon maak wat mag oor die dood het—dit is die duiwel—").

Die wat in Jesus Christus glo en wederbaar word is mense wat vrygekoop word van hulle slaafskap. Dit beteken hulle dien nie meer die sonde nie, maar dien nou vir Christus... (Rom. 5:22,23)(hulle is slawe van Hom - 1 Kor. 7:22; 1 Pet. 2:16; Rom. 7:3-6; Gal. 4:1, 7-10).  En alhoewel hulle kinders van Adam is en natuurlike liggame het en dus steeds doodgaan (want hulle liggame is nog nie vernuwe nie), word die wat deur Jesus vrygekoop is alreeds gesien soos kinders van God... (hulle word nie meer gesien as kinders van Adam, nl. "natuurlike mense" nie, maar gesien as die Here se kinders - hulle is nou "geestelike mense");  soos mense wat oor gebore is! (in die Skrif word daarna verwys as "weer gebore").  Weergebore, maar hierdie keer nie uit Adam se saad nie maar uit God gebore! Weergebore mense word gesien soos mense wat "uit God gebore is", uit Sy saad... - al is hulle nie fisies uit Hom gebore nie (1 Joh. 5:1; 4:7; 5:4; Gal. 4:1-7). 

Wanneer iemand weergebore word kry hy nie onmiddellik 'n nuwe liggaam nie, maar hy het die belofte dat hy dit eendag sal kry (Luk. 20:35,36; Joh. 5:29; Matt. 22:28-30; Luk. 14:14), meer presies sal dit 'n liggaam wees wat nie doodgaan nie. Weergeborenes het bv. nog nie nuwe liggame ontvang nie, alhoewel hulle siele vernuwe is (en het die belofte dat hulle liggame ook eendag vernuwe sal word). Hulle huidige "natuurlike liggame" is dus nog nie vernuwe nie (daarom gaan geestelike mense steeds dood), maar hulle sal eendag deur Jesus (wanneer Hy terugkom) opgewek word uit die dood, en net soos hulle innerlike vernuwe is sal hulle uiterlike dan ook vernuwe word - hulle sal nuwe LIGGAME kry WAT NIE KAN DOODGAAN NIE.  Hierdie liggame word geestelike of onverganklike liggame genoem - en die wat hierdie liggame gaan ontvang, sal vir ewig kan lewe... (Rom. 6:22,23; 5:21; Joh. 10:28; Gal. 6:8; ens.).

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Sunday, January 14, 2024

Verskillende soorte liggame (9 - 12 jariges)(Les 1)

Hierdie is deel vd reeks oor "die mens" (die mensdom)(bedoel vir 9-15 jariges). 

In hierdie groep lesse word gekyk na soorte liggame, en in die derde les word die innerlike mens ook in konteks met dit gebring: :

- (LES 1) Verskillende wesens het verskillende soorte liggame.

- (LES 2) Die verskil tussen die natuurlike liggaam en die geestelike liggaam (mense).

- (LES 3) Die verskil tussen die natuurlike mens en die geestelike mens.  

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

LES 1:

(hierdie les is bedoel vir 9-12 jr., maar kan kombineer word met moeiliker temas vir ouer kinders, bv. "die Here se wingerd", "braak vir julle 'n braakland", ens.). 

VRAAG:  Wanneer die mens doodgaan verander sy liggaam oor tyd na stof/grond...  Hoekom dink julle is dit die geval;  m.a.w., hoekom verander die mens se liggaam spesifiek na "grond" wanneer hy doodgaan?  LEES Gen. 3:19: -("In die sweet van jou aangesig sal jy brood eet totdat jy terugkeer na die aarde, want daaruit is jy geneem. Want stof is jy, en tot stof sal jy terugkeer").      

ANTWOORD:  Want ons is uit stof/grond gemaak. 

Lees Gen. 2:7.

Die mens se liggaam is van grond gemaak, en wanneer iemand die laaste asem uitblaas gaan hy dood en sy liggaam sal met die tyd weer terug verander na grond... (Ps. 90:3; 104:29; Pred. 3:20).  Alle mense word met dieselfde soort liggaam gebore en is dus van dieselfde soort "grond" (is almal kinders van Adam). Jy sal merk dat ons in hierdie les DIE LIGGAAM van die mens (nl. ons vlees) vgl. met GROND.  In sommige skrifte in die Bybel word die mens se liggaam ook soos grond voorgestel... (gelykenis vd saaier; Hebr. 6:8; Matt. 13; Jer. 4:3; Hos. 10:12).  

'n Ander woord wat ook somtyds vir "liggaam" gebruik word is die woord "vlees" - die hele mensdom is van dieselfde SOORT VLEES - is van dieselfde soort "grond". 'n Term wat in die Skrif gebruik word om te beskryf hoe alle mense van dieselfde soort vlees is (nl. kinders van Adam), is die woorde "natuurlike mense" - alle mense word as "natuurlike mense" gebore;  wat beteken hulle is van dieselfde soort "grond"... (is kinders van Adam)(het "natuurlike liggame"). 

Vir die onderwyser: Die volgende paragraaf (in rooi) kan behandel word as daar genoeg tyd is in die klas, anders kan daar na die volgende paragraaf gespring word:

Maar die mens bestaan nie net uit 'n LIGGAAM (grond) nie, 

maar het ook 'n siel (wat soos saad/plant/boom voorgestel kan word),

en het ook 'n gees... (wat soos lig voorgestel kan word).  

Die mens bestaan uit LIGGAAM (grond), SIEL (saad/plant/boom) en GEES (lig)(1 Thess. 5:23). Die siel vd mens kan gesien word soos saad of plant wat in ons grond (in ons liggame) geplant word, wat GROEI soos 'n boom en later VRUG dra (in Matt. 13 word die mens bv. voorgestel soos saad wat in die wereld geplant word). Hierdie saadjie wat binne-in die liggaam geplant word word gewoonlik na verwys as "siel" (bv., in sommige skrifte word daar na die mens verwys as "liggaam en siel"-Matt. 10:28; Ps. 31:10), maar somtyds word daar ook na siel verwys as "gees" - in elke mens se binneste word 'n gees gevorm ("die gees vd mens"), wat groei en vrug dra (en let wel dat dit nie moontlik is sonder asem (gees/lig) nie)!, want net soos 'n plant lig nodig het om te kan lewe, net so het die siel vd mens lig of ASEM nodig om te kan lewe (en wanneer die Here die asem wat Hy gee terugtrek, gaan die mens dood). 

Die mens se liggaam verwys na die VLEIS EN BENE, maar die woord "liggaam" verwys eintlik na baie meer as dit in verskillende kontekste! ;  bv., familie, werke, voedsel, die self, klere, en naaktheid (vir 'n studie vir die onderwyser oor die Hebr. woord vir liggaam en hierdie betekenisse in konteks, gaan na:https://warechristene.blogspot.com/2019/05/die-liggaam.html). Die liggaam is maw ook iets wat kan aandui uit watter familie jy gebore is... (die term wat veral in die Skrif daarvoor gebruik word, is "vlees en been" - dna, ens.);  en kan ook verwys na wat die liggaam nodig het om aan die lewe te bly... nl. kos (en water); of verwys na die feit dat ons naak is en bedekking nodig het..., nl. klere, ens.  

Lees 1 Kor. 15:39-40. 

Daar is baie soorte lewende wesens, nie net mense, diere, voels en visse op aarde nie, maar ook ander wesens bo en onder die aarde - en almal het verskillende soorte liggame... - Wat beteken dit? Ons het gesien dat die woord "liggaam" baie betekenisse het en dit beskryf dus ook die verskil tussen verskillende soorte liggame;  bv., verskillende wesens stel verskillende "families" voor, verskillende wesens eet verskillende voedsels, verskillende wesens het nie dieselfde bedekking nie, ens. 

-Die mens se liggaam is bv. anders as diere se liggame; (as daar tyd is in die klas kan hieroor gesels word); 

-Die mens se liggaam is anders as engele se liggame... (of daar kan miskien eerder hieroor gesels word... - vir 'n studie oor engele, vir die onderwyser, gaan na: https://warechristene.blogspot.com/2018/06/engele.html). 

-En die natuurlike liggaam (waarin ons gebore is) is anders as die geestelike liggaam (wat vir weergeborenes belowe word, wat hulle eendag sal kry in die opstanding)(hierdie is nog 'n vb. wat gebruik kan word om te gesels oor verskillende soorte liggame... In hierdie geval kan daar dan gesels word oor die geestelike liggaam waarin Jesus opgestaan het uit die dood, of die liggaam waarin ons eendag in opgewek gaan word, nl. "verheerlikte liggame". Vir 'n studie oor hierdie soort liggaam, gaan na: https://warechristene.blogspot.com/2017/11/verheerliktegeestelikeonverganklike.html)(vir die onderwyser:  -let wel dat die verskil tussen die natuurlike liggaam en die geestelike liggaam ook behandel word in LES 2 van hierdie reeks lesse). 

- Nog 'n voorbeeld van ander soort wesens is die 4 lewende wesens bo in die hemel ( ...of hierdie vb. kan miskien gebruik word - die skrif kan voorgelees word in die klas - hierdie wesens is baie interessant!, rondom en in die middel van God se troon is daar 4 lewende wesens vol oë van voor en van agter, elkeen het 6 vlerke, en rondom en binne vol oë) (die 1ste lewende wese lyk soos 'n leeu, die 2de soos 'n kalf, die 3de het 'n gesig soos 'n mens, en die 4de is soos 'n arend wat vlieg... )(Openb. 4:6-8).

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Studies vir die onderwyser:

- https://warechristene.blogspot.com/2019/05/die-liggaam.html

- https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2021/12/algemene-vrae-oor-saligheid-lewe-of-dood.html

- https://warechristene.blogspot.com/2018/06/dorings-en-distels-braak-vir-julle-n.html

- https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2017/07/die-here-se-wingerd.html