Tuesday, May 13, 2025

Bybelstudie Diagramme vir die lesreeks "Verskillende soorte liggame"

 Vir gebruik in lesse 12-17 jariges.

https://sondagskooltuis.blogspot.com/2024/01/verskillende-soorte-liggame-9-12.html

https://sondagskooltuis.blogspot.com/2024/01/die-natuurlike-liggaam-en-die.html

https://sondagskooltuis.blogspot.com/2025/05/verskillende-soorte-liggame-12-17.html

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

NATUURLIKE MENS / GEESTELIKE MENS / - DIE DOOD:



-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
- NATUURLIKE MENS / GEESTELIKE MENS 
- NATUURLIKE LIGGAAM / GEESTELIKE LIGGAAM



----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
DIE MENS SOOS SAAD:



-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
DIE INNERLIKE MENS ("liggaam, siel gees" geestelike beskrywe):



-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Storieverhaalkaart 6: Die uitstorting van die Heilige Gees


In die storieverhaal-kaarte, is die verhale in die boeke van Mattheus, Markus, Lukas en Johannes, bymekaargebring - ekstra inligting is bygevoeg en flitskaarte uit die "Het jy geweet..."-boekie is ingesluit.  (Die storieverhale kan gebruik word vir voorlesing en lesaanbieding in konteksverband).

  • Storieverhaal-kaart 6:  Die uitstorting van die Heilige Gees  (Die aandag word gerig op O.T. profesieë rondom die uitstorting van die Heilige Gees, asook die feit dat die uitstorting van die Heilige Gees self 'n bewys is dat Jesus die Messias is)
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Storieverhaalkaart 6: "Die uitstorting van die Heilige Gees": 

Die uitstorting van die Heilige Gees was reeds eeue voor Jesus se geboorte voorspel.  Dit is iets waarna die Jode uitgesien het en in baie profesieë was die koms van die Messias gekoppel met die uitstorting van die Heilige Gees (Hand. 2:17,18).  (Joël 2:28-32: "En daarna sal Ek my Gees uitgiet op alle vlees, en julle seuns en julle dogters sal profeteer, julle ou mense drome droom, julle jongelinge gesigte sien. En ook op die diensknegte en op die diensmaagde sal Ek in dié dae my Gees uitgiet"). Die volk het verwag dat wanneer die Messias kom die uitstorting van die Heilige Gees o.a. ook sal plaasvind. - die uitstorting van die Heilige Gees was dus 'n gebeurtenis wat self bewys het dat Jesus die Messias is!, want as Hy nie was nie sou die uitstorting van die Gees nie plaasvind nie.

Jesus het self die volgende stelling gemaak in Joh 7:38 en 39: "Hy wat in My glo, soos die Skrif sê: strome van lewende water sal uit sy binneste vloei. En dit het Hy gesê van die Gees wat dié sou ontvang wat in Hom glo; want die Heilige Gees was daar nog nie, omdat Jesus nog nie verheerlik was nie". Nadat Jesus opgestaan het uit die dode en vir 40 dae aan die dissipels verskyn het en hulle geleer het oor die koninkryk van God, het Hy hulle bevel gegee om in Jerusalem te wag op hierdie belofte van die Vader, en het Hy gese:  (Hand. 1:5 - "...Want Johannes het wel met water gedoop, maar julle sal met die Heilige Gees gedoop word nie lank ná hierdie dae nie"). Johannes die Doper het ook hiervan getuig:  (Matt. 3:11 - " Ek doop julle wel met water tot bekering; maar Hy wat ná my kom, is sterker as ek, wie se skoene ek nie waardig is om aan te dra nie. Hy sal julle doop met die Heilige Gees en met vuur")(Luk. 3:16).   Tydens Petrus se eerste prediking in Hand. 2 (toe 3000 mense tot bekering gekom het ), het Petrus juis die woorde in Joel aangehaal om te bevestig dat hierdie profesie van die uitstorting van die Heilige Gees vervul is... "....Maar dit is wat deur die profeet Joël gespreek is", se hy in v.16.
 - die uitstorting van die Heilige Gees is 'n klinkklare bewys dat Jesus inderdaad die Messias is op wie hulle gewag het!  Die uitstorting van die Heilige Gees was nie 'n vreemde begrip vir die Jode nie en hulle het verwag dat dit sal gebeur nadat die Messias verheerlik is (Joh. 7:39).  In Hand. 2:33 sê Petrus die volgende:   " Nadat Hy (dit is Jesus) dan deur die regterhand van God verhoog is en van die Vader die belofte van die Heilige Gees ontvang het, het Hy dít uitgestort, wat julle nou sien en hoor" - dit is Jesus Christus wie die Heilige Gees vir ons gee.  As jy in Hom glo kan jy ook die Heilige Gees ontvang.

In Ou Testamentiese tye kon net sekere mense die Heilige Gees ontvang, bv. die profete en sekere konings... Die res van die volk was gelei deur die wat die Heilige Gees gehad het. Koning Dawid het ook die Heilige Gees in hom gehad - ons lees bv. in 1 Sam. 16:13 dat toe Samuel vir Dawid gaan salf het as koning, het God se Gees oor Dawid vaardig geraak. Die profete van die Here in die O.T. (bv. Elia, Elisa, Daniël, Eségiël, ens.), het almal die Heilige Gees gehad - die Here het Sy Gees gebruik om hulle te lei sodat hulle doen en praat dit wat Hy wil hê gedoen en gesê moet word. Dit is ook hoekom konings die Heilige Gees ontvang het, is sodat hulle die volk kon lei volgens die Here se wil;  maar daar was gevolge as hulle nie doen wat die Gees hulle sê om te doen nie! Bv., koning Saul het ook die Heilige Gees in hom gehad maar omdat hy ongehoorsaam was en nie gedoen het wat die Here wou hê hy moet doen nie, het God Sy Gees weer van hom weggeneem...(1 Sam. 16:14). Dawid het gesien wat met Saul gebeur het (dat God Sy Gees van Saul af weggeneem het), en wou seker maak dat dit nie met hom gebeur nie - hy't bv. die volgende geskrywe in (Psa 51:11/13  "Verwerp my nie van u aangesig nie en neem u Heilige Gees nie van my weg nie").  Sommige Christene glo nie dat dit met hulle kan gebeur nie, maar wat die Skrif ons leer is dat Geesvervulde mense die Gees kan verloor as hulle ongehoorsaam bly.  Weergeborenes in wie die Gees is, wat in opsetlik aanhoudende sonde stap, staan bv. die gevaar dat God Sy Gees van hulle kan wegneem sou hulle hul nie bekeer nie!  GEHOORSAAMHEID is belangrik vir die Here, nie net om die Heilige Gees te behou nie, maar ook om die Heilige Gees te ontvang! (Hand. 5:32 - "En ons is sy getuies van hierdie dinge, en ook die Heilige Gees wat God gegee het aan die wat Hom gehoorsaam is"). Beide gehoorsaamheid en bekering is voorvaardes om die gawe van die Heilige Gees te ontvang (Hand. 2:38). 

Jesus Christus het voor Sy hemelvaart vir Sy dissipels gesê dat Hy met hulle is al die dae tot aan die voleinding  van die wêreld! (Matt. 28:20). Dit beteken nie dat Hy self fisies hier teenwoordig is nie (want Hy het opgevaar na die hemel en sit aan die regterhand van God), maar wat Hy bedoel het is dat Hy d.m.v. die Heilige Gees teenwoordig is... Waar die Heilige Gees teenwoordig is, is God teenwoordig... (Jes. 63:11).  M.a.w., as die Heilige Gees in iemand is, dan is God by hulle teenwoordig  (1 Kor. 6:19 - "Of weet julle nie dat julle liggaam ‘n tempel is van die Heilige Gees wat in julle is, wat julle van God het, en dat julle nie aan julself behoort nie?"). Die Heilige Gees is bedoel vir mense wat aan Jesus Christus behoort - Hy gee die Heilige Gees aan hulle. Die wat die Heilige Gees ontvang is mense wat vir die Here begin leef - hulle leef nie vir hulleself nie.  Hulle dien en volg Hom. Dit is amper soos om gemerk te wees - woorde wat in die Skrif hiervoor gebruik word, is "gesalf" of "verseel". Die wat die Heilige Gees ontvang is gesalfde mense - die Heilige Gees leer en lei hulle, en hulle is gesalf om vir die Here te werk en lewe (1 Joh. 2:27). Hulle dien vir Jesus Christus (Hy is die Een wat hulle salf).  Wat dit kortom beteken is dat hulle Hom soos slawe begin dien... 

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Jesus het baie mense gesond gemaak, sodat almal wat vol kwale was, op Hom toegeloop het om Hom aan te raak. En elke keer as die onreine geeste Hom sien, het hulle voor Hom neergeval en geskreeu en gesê: U is die Seun van God! En Jesus het die mense herhaaldelik streng gebied om Hom nie bekend te maak nie.  En Hy het twaalf aangestel, sodat hulle saam met Hom kon wees en Hy hulle kon uitstuur om te preek en mag te hê om siektes te genees en die duiwels uit te dryf. En aan Simon het Hy die bynaam Petrus gegee; en verder Jakobus, die seun van Sebedéüs, en Johannes, die broer van Jakobus—aan hulle het Hy die bynaam Boanérges gegee, dit is, seuns van die donder— en Andréas en Filippus, en Bartholoméüs en Matthéüs, en Thomas en Jakobus, die seun van Alféüs, en Thaddéüs en Simon Kananítes, en Judas Iskáriot.  Toe het hulle ‘n duiwelbesetene wat blind en stom was, na Hom gebring; en Hy het hom gesond gemaak, sodat die blinde en stomme kon praat en sien en die skare het hulle verwonder.  En die hele menigte was verbaas en het gesê: Is Hy nie miskien die seun van Dawid nie?  Maar toe die Fariseërs dit hoor, sê hulle: Hy dryf die duiwels nie anders uit as deur Beëlsebul, die owerste van die duiwels, nie. En ander het Hom versoek en van Hom ‘n teken uit die hemel begeer. Maar Jesus het hulle gedagtes geken en vir hulle gesê: Elke koninkryk wat teen homself verdeeld is, word verwoes; en elke stad of huis wat teen homself verdeeld is, sal nie bly staan nie. En as die Satan die Satan uitdryf, dan is hy teen homself verdeeld. Hoe sal sy koninkryk dan bly staan? En as Ek deur Beëlsebul die duiwels uitdryf, deur wie dryf julle seuns hulle uit? Daarom sal hulle jul regters wees. Maar as Ek deur die Gees van God die duiwels uitdryf, dan het die koninkryk van God by julle gekom. Wanneer ‘n sterk man wat goed gewapend is, sy huis bewaak, is sy besittings in veiligheid. Maar as een hom oorval wat sterker is as hy en hom oorwin, neem hy sy volle wapenrusting weg waar hy op vertrou het, en deel sy buit uit. Of hoe kan iemand in die huis van ‘n sterk man ingaan en sy goed roof, as hy nie eers die sterk man geboei het nie? En dan sal hy sy huis beroof. Hy wat nie met My is nie, is teen My; en hy wat nie saam met My versamel nie, verstrooi. Daarom sê Ek vir julle: Elke sonde en lastering sal die mense vergewe word, maar die lastering teen die Gees sal die mense nie vergewe word nie.  En elkeen wat ‘n woord spreek teen die Seun van die mens, dit sal hom vergewe word; maar elkeen wat spreek teen die Heilige Gees, dit sal hom nie vergewe word nie, in hierdie eeu nie en ook in die toekomende nie, maar is skuldig aan die ewige oordeel. Maar Ek sê vir julle dat van elke ydele woord wat die mense praat, daarvan moet hulle rekenskap gee in die oordeelsdag.  Want uit jou woorde sal jy geregverdig word, en uit jou woorde sal jy veroordeel word (Matt. 12; Mark. 3; Luk. 11).

Verskillende soorte liggame (12-17 jariges)(Les 3)

Hierdie is deel vd reeks oor "die mens" (die mensdom)(bedoel vir 9-12 jariges). 

- (LES 1) Verskillende wesens het verskillende soorte liggame.

- (LES 2) Die verskil tussen die natuurlike liggaam en die geestelike liggaam.

IN HIERDIE LES:  (LES 3) - beskrywing van terme gebruik in hierdie stel lesse...

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------INLEIDING VIR DIE ONDERWYSER: Dit is belangrik vir die onderwyser om seker te maak dat uself instaat is om kortliks te kan verduidelik die verskil tussen verskillende terme wat in hierdie stel lesse gebruik word... - terme soos "liggaam, siel, gees", "natuurlike mens", "geestelike mens", "natuurlike liggaam", "geestelike liggaam", "uiterlike mens", en "innerlike mens".

Hieronder is 'n paar vrae opgestel om in die klas te behandel, wat kan help dat die kinders hierdie terme leer verstaan (klik gerus op die links gegee vir meer skrifte vir voorbereiding vir die onderwyser...).  Rol tot heel onder vir 'n opsomming waar bg. terme kortliks opgesom is. ----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

LES 3 van hierdie reeks:

KIES WATTER VAN DIE VOLGENDE VRAE BESPREEK WORD IN DIE KLAS. Die idee is om rustig te gesels oor hierdie onderwerpe sodat die onderwyser in die proses geleentheid kry om die terme aan die kinders te verduidelik.

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------HOE VERSKIL natuurlike mense VAN geestelike mense?:

VRAAG:  Die mensdom kan ingedeel word tussen "natuurlike mense" en "geestelike mense". Wat leer die Bybel is die verskil tussen NATUURLIKE MENSE en GEESTELIKE MENSE? (lees Jud. 1:10; 1 Kor. 2:14,15; 3:1)  

ANTWOORD:  Die groot verskil is dat natuurlike mense nie die Gees van God het nie (Jud. 1:10; 1 Kor. 2:14). Alle mense word as "natuurlike mense" gebore en dien die sonde en het nie die Heilige Gees nie, maar geestelike mense (maw, mense wat "oor gebore"/weergebore is, het die Heilige Gees ontvang).

Geestelike mense het die Gees van God (1 Kor. 2:14,15; 3:1; Gal. 4:6)Mense wat weergebore is word "geestelike mense" genoem, want hulle het die Heilige Gees! (hulle het die asem vd Gees) - en hulle dien die Gees! (is onder die wet van die Gees).  Geestelike/weergebore mense se (1) sondes is vergewe (hulle is vrygekoop van hulle slaafskap onder sonde en dien nie meer die sonde) en (2) het die Heilige Gees ontvang (is onder die wet van die Gees / dien die Gees).  


HOE PRESIES VERSKIL GEESTELIKE EN NATUURLIKE MENSE:

- VRAAG:  "Geestelike mense" verwys na mense wat weergebore is, en word o.a. ook na verwys as mense wat "uit God gebore" is... (1 Joh. 5:1,4)(asof  "uit Hom gebore", maar natuurlik nie fisies uit Hom gebore nie maar geestelik). Dink jy dat as iemand uit God gebore word hy anders sal wees as iemand wat uit 'n mens gebore is?  (ANTWOORD:  Ja). Hoe dink jy sal so iemand "anders wees"? (bespreek gerus hierdie in die groep, bv. "wees soos", "dink soos", erf karakter, ens.). 

-...OF DIE VRAAG KAN AS VOLG GESTEL WORD:  Weergebore mense (m.a.w., "GEESTELIKE MENSE" / mense wie se sonde afgewas is (water) en die Heilige Gees het (Gees)) is soos mense wat "oor gebore" is, maar hierdie keer nie uit Adam se saad nie maar uit God gebore... (lees Joh. 3:3-8; 1 Pet. 1:23).  Hoe dink jy sal iemand wees wat uit God se saad gebore is? Dink jy dat as iemand uit God gebore word hy anders sal wees as iemand wat uit 'n mens gebore is?

(vir die onderwyser vir 'n les wat by hierdie tema aansluit, gaan na: https://sondagskooltuis.blogspot.com/2020/02/die-volk-van-god-identiteit-geslagslyne_25.html ).

Laat die gesprek rigting aanneem... (bv. dat die wat weergebore word deur die Heilige Gees vernuwe word! - hulle begin dink en sien anders..., karakter verander, ens. Natuurlike mense het nie die Heilige Gees nie, so hulle dink en sien anders, maar geestelike mense (weergeborenes) het die Heilige Gees en hulle het dus die Here se saad in hulle;  maw, noodwendig gaan hulle anders wees want hulle het 'n ander pa! Weergebore mense/"geestelike mense" is en word vernuwe (is op 'n pad van godsaligheid) - in ander woorde, hulle innerlike mens is en word daagliks (deur die Heilige Gees) vernuwe... - 2 Kor. 4:6 (amper asof hulle nuwe harte gekry het en hulle uit ander saad, nl. uit God se saad gebore is... - hulle is "oor gebore", maar hierdie keer nie uit Adam se saad onder slaafskap van sonde nie, maar uit God se saad en is 'n slaaf van Jesus Christus, m.a.w. hulle dien die Gees).  Maar l.w. dat hulle uiterlike mens nog nie vernuwe is nie! (dit word eers vernuwe wanneer Jesus terugkom - kyk die tema vd opstanding). 

NS: Weergeborenes/geestelike mense dien die Gees (hulle is onder die Gees, en daarom kan hulle vrug "tot lewe" dra-Rom. 6:22(1 Joh. 5:18; 3:9)), maar natuurlike mense dien die sonde (hulle is onder slaafskap, is slawe van sonde - en daarom dra hulle vrugte vir die dood-Rom. 7:5).

ANTWOORD:   God kan nie doodgaan nie;  dus, logies gesproke sal die wat uit Hom gebore word ook nie doodgaan nie... (1Pe 1:23 - "want julle is wedergebore nie uit verganklike saad nie, maar uit onverganklike, deur die lewende woord van God wat tot in ewigheid bly"). ).  M.a.w., as jy uit Sy saad gebore is dan gaan jy vrug dra "tot lewe" en dus nie doodgaan nie. "Saad" bepaal wat se boom jy sal wees en wat se vrug jy gaan dra. As iemand gebore is uit God se saad dan is sy liggaam, wat terloops met grond vgl. kan word, soos grond waarin dit wat daarin groei nooit kan doodgaan nie - sien dus die belangrikheid van die opstanding!, wanneer geestelike mense nuwe onverganklike liggame kry. Omdat elk van ons uit 'n mens gebore is (is kinders van Adam) gaan ons net soos Adam ook dood, maar wanneer ons eendag opgewek word uit die dood (wanneer Jesus terugkom) en nuwe liggame kry, dan is ook ons liggame "asof uit God gebore" (soos ons innerlike huidiglik is). Alhoewel weergebore mense se huidige liggame nog nie vernuwe is nie, is hulle siel/innerlike mens vernuwe deur die Heilige Gees deur wie hulle alreeds kan vrug dra tot lewe... - en hulle word terloops alreeds gesien soos mense wat "uit God gebore is"!  (en het daarom die belofte van ewige lewe!, alhoewel dit eers volkome voltrek word wanneer hulle ook nuwe, onverganklike liggame kry)(1 Kor. 15).  

Geestelike mense word alreeds gesien soos mense wat "uit God gebore is" (weergebore mense is soos mense wat oor gebore is, maar hierdie keer uit God se saad, nie uit Adam se saad nie) - maar neem kennis dat 'n mens moet uit 'n mens gebore word om 'n mens te kan wees... Dus, om so "oor gebore" te word uit God se saad, moet dit duidelik na 'n mens verwys wat ook God is - en daar is net Een wat beide mens en God is en dit is Jesus Christus (die Seun van God, wat mens geword het ter wille van ons). Die wat in Jesus Christus glo is nie letterlik uit Sy saad gebore nie, maar wel geestelik "uit Hom gebore" - is Sy kinders... - hulle word gesien as "van Sy vlees en bene"! (Ef. 5:30) (https://warechristene.blogspot.com/2018/10/vlees-en-been-vlees-of-liggaam-en-bloed.html).  En siende die belofte van erfenis gemaak is aan die kinders van Abraham, word die wat in Jesus Christus glo (Sy kinders) ook ingedoop onder die kinders van Abraham... (onthou dat Jesus Christus is uit daardie geslag gebore - Abraham ...(Dawid) se geslag). Alhoewel geestelike mense dit op 'n geestelike manier verkry het, word hulle gesien as deel van Abraham se geslag...(Gal. 3:7, 26-29). "Kinders van Abraham" verwys wel na die fisies uit daardie geslag gebore, maar dit wys veral na die wat dit in die geloof is! - (Joh 8:39 - "Hulle antwoord en sê vir Hom: Ons vader is Abraham. Jesus sê vir hulle: As julle die kinders van Abraham was, sou julle die werke van Abraham doen"). 

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

DIE (1) VERSKIL TUSSEN natuurlike "mense" EN natuurlike "liggame";  en (2) DIE VERSKIL TUSSEN geestelike "mense" EN geestelike "liggame":

VRAAG:  Het "natuurlike mense" natuurlike liggame?;  en "geestelike mense" geestelike liggame?

ANTWOORD:  Nee. Beide natuurlike mense (die wat nie weergebore is nie) asook geestelike mense (weergeborenes) het natuurlike liggame... (l.w. dat die begrip "liggaam" verwys na die uiterlike mens, nie die innerlike mens nie). Natuurlike liggame is verganklik (gaan dood), maar geestelike liggame is onverganklik (gaan nie dood nie) - weergeborenes het nog nie onverganklike liggame nie! Alhoewel hulle innerlike daagsliks vernuwe word, word hulle uiterlike eers vernuwe in die opstanding wanneer Jesus terugkom (2 Kor. 4:6; 1 Kor. 15). Duidelik het geestelike mense (nl. weergeborenes) nog nie geestelike liggame nie, want hulle gaan steeds dood! (maw, hulle innerlike mens is wel vernuwe en word ook daagliks vernuwe, maar die uiterlike mens is nog nie vernuwe nie).  

Die natuurlike liggaam is die liggaam waarin ons almal gebore word... - almal word as "natuurlike mense" gebore en het natuurlike liggame wat doodgaan... Lees Gen 3:17-19: - "En aan die mens het Hy gesê: Omdat jy geluister het na die stem van jou vrou en van die boom geëet het waarvan Ek jou beveel het om nie te eet nie—vervloek is die aarde om jou ontwil; met moeite sal jy daarvan eet al die dae van jou lewe. Ook sal dit vir jou dorings en distels voortbring; en jy sal die plante van die veld eet. In die sweet van jou aangesig sal jy brood eet totdat jy terugkeer na die aarde, want daaruit is jy geneem. Want stof is jy, en tot stof sal jy terugkeer"). Jesus was anders, want alhoewel die soort liggaam waarin Hy gebore was 'n mens is (van Maria se kant af), was Maria bevrug deur die Heilige Gees... (nie deur 'n mens/man nie);  m.a.w., Jesus is 100% mens en 100% God !(en was dus nie soos ander mense in sonde gebore nie, maar het dieselfde vlees aangeneem..., so Hy kon wel versoek word soos mense). Alhoewel Hy nie veronderstel was om dood te gaan nie (want Hy was nie in sonde gebore nie en het ook geen sonde gehad nie), het Hy Sy lewe vrywilliglik afgele ter wille van ons... 1 Pet. 2:22-24; 3:18; 1 Kor. 5:21; Jes. 53:4-12; Rom. 8:3; 1 Joh. 3:5,16; Matt. 20:28; Joh. 10:15; 1 Pet. 2:24). 

Geestelike liggame is anders as natuurlike liggame... (is 'n ander soort liggaam as dit wat ons nou het/1 Kor. 15:54-57, en is dieselfde as die liggaam waarin Jesus opgestaan het uit die dood/Hy, die eersgeborene uit die dood...). Daar word ook na geestelike liggame verwys as "onverganklike" liggame (dit is onverganklik - kan nie doodgaan nie)(vir 'n studie hieroor vir die onderwyser, gaan na: https://warechristene.blogspot.com/2017/11/verheerliktegeestelikeonverganklike.html).Weergeborenes ("geestelike mense") het nog nie "geestelike liggame" nie (daarom gaan hulle steeds dood), maar het die belofte dat hulle eendag "geestelike liggame" (of verheerlikte, onverganklike liggame) sal kry... (nl. wanneer Jesus terugkom). Maar wat presies is dit dan wat vernuwe word wanneer iemand weergebore word?  - dit is die innerlike mens... (2 Kor. 4:6)(die uiterlike mens word eers vernuwe wanneer Jesus terugkom). Huidiglik is en word die wat weergebore word se innerlike mens vernuwe deur die Heilige Gees, en word daagliks ook vernuwe, en dit is waarom hulle instaat is om "vrug tot lewe" te dra! (vrug wat eendag vir hulle die ewige lewe kan oes), maar die ewige lewe word eers finaal geoes nadat die laaste vynand (nl. die dood) verslaan is - nl. in die opstanding... (wat verwys na die wat "opstaan tot lewe", nie die wat opstaan tot veroordeling nie-Joh. 5:29).

(https://sondagskooltuis.blogspot.com/2024/01/die-natuurlike-liggaam-en-die.html)(https://warechristene.blogspot.com/2017/11/verheerliktegeestelikeonverganklike.html).

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------DIE DOOD:

VRAAG:  Wat het God gesê sal met Adam en Eva gebeur wanneer hulle van die boom van kennis van goed en kwaad eet? Lees Gen. 2:17.

ANTWOORD: Hulle sou sterwe.. - God het hulle hierteen gewaarsku (Gen 2:17 - "maar van die boom van die kennis van goed en kwaad, daarvan mag jy nie eet nie; want die dag as jy daarvan eet, sal jy sekerlik sterwe").  

VRAAG:  Die mens bestaan nie net uit 'n UITERLIKE MENS (nl. die "liggaam") nie, maar het ook 'n INNERLIKE MENS ("siel" / gees vd mens / die mens van binne). Wat presies is dit wat sterwe wanneer die mens doodgaan? - is dit die uiterlike mens of die innerlike mens? 

ANTWOORD:  Wanneer die mens doodgaan is dit die uiterlike wat sterwe ("die liggaam"). Die mens se liggaam (die uiterlike mens) is van grond gemaak, en keer terug na grond wanneer dit doogaan (Gen. 3:19). Die Here formeer ook 'n gees in elke mens se binneste (Sag. 12:1) - jou gees (innerlike mens) is anders as die natuurlike liggaam/uiterlike mens - die mens van binne is gees, terwyl die uiterlike mens/liggaam is vlees. 

----------------------------

VRAAG:  Kan die innerlike mens ook sterwe? 

ANTWOORD: Die begrip "dood" verwys nie net na wanneer die liggaam (uiterlike mens) sterwe nie, maar ook na die "tweede dood"... (wanneer beide die "liggaam"/uiterlike mens asook die "siel"/innerlike mens verderf word)(Matt. 10:28; Openb. 20:14; 21:8). Die liggaam (uiterlike mens) is soos onvrugbare grond waarin alles wat daarin groei, doodgaan (dra vrugte vir die dood...).  Die innerlike mens word weer op beurt in die Skrif voorgestel soos saad wat groei tot 'n boom wat vrug dra, en het lig nodig om te kan lewe!  Sonder die lig/asem vd Heilige Gees kan iemand nie "lewe" nie (kan dus nie vrug dra tot lewe nie). Op beurt is die regte soort geestelike kos en water weer nodig om die geestelike mens aan die lewe te hou...

Die natuurlike mens nie die lig/asem vd Heilige Gees nie;  m.a.w., sy innerlike is nie instaat om vrug tot lewe te dra nie!, en sy grond (nl. die liggaam) is soos onvrugbare grond omdat hy nie die regte soort geestelike kos en water kry nie. So iemand kan nie die ewige lewe oes nie!, maar sal die dood oes. Wat die mens nodig het om te kan LEWE, is lig/asem (Gen. 2:7) en die regte soort geestelike kos en water om hom aan die lewe te hou. VIR 'N STUDIE HIEROOR VIR DIE ONDERWYSER (met skrifte), GAAN NA: https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2024/10/waarna-verwys-lig-kos-en-water-geestelik.html.

Die begrip "redding" verwys nie net na hoe die liggaam (Hebr. 9:13; 10:22) van die mens redding nodig het nie, maar ook die siel! (1 Pet. 1:9; 3:21; Hebr. 9:14; 10:22)(https://warechristene.blogspot.com/2020/08/bybelstudie-die-begrip-saligheid-oorsig.html). M.a.w., dit is nie net die uiterlike mens (liggaam) wat sterf nie, maar ook die innerlike mens, nl. die siel sal verderf word as iemand nie redding kry nie...  Bv., wanneer die mens sterf, verwys dit gewoonlik na die uiterlike mens wat doodgaan en vergaan in die graf (is in sonde gebore en dra vrugte vir die dood), maar wat gebeur dan met die gees (die innerlike mens)? - die innerlike mens wag dan op die tweede dood... - tensy iemand redding kry! Die wat redding kry het die belofte dat hulle nie deur die tweede dood sal gaan nie (Openb. 2:11; 20:6), en het ook die belofte van opstanding eendag! (hulle liggame sal opgewek word uit die dood in nuwe onverganklike liggame). In hierdie opsig is dit nie net die uiterlike mens (beskryf "liggaam, siel en gees" FISIES) wat sal doodgaan nie, maar ook die die innerlike mens (die gees vd mens / beskryf "liggaam, siel en gees" GEESTELIK) sal verderf word as die mens nie redding kry nie. Dit is dus nie net ons LIGGAME (Hebr. 9:13; 10:22) wat redding (van die dood) nodig het nie, maar ook ons SIELE (het redding nodig van ons slaafskap onder sonde-Rom. 7:14; Ps. 51:5; Job 15:14; Rom. 6:20; Joh. 8:34, want hierdie slaafskap veroorsaak dat ons vrugte dra vir die dood)(1 Pet. 1:9; 3:21; Hebr. 10:22)(https://warechristene.blogspot.com/2020/08/bybelstudie-die-begrip-saligheid-oorsig.html). Die wat die Gees dien is nie meer onder slaafskap van sonde nie, maar is slawe/diensknegte van Jesus Christus (Rom. 7:3-6; Gal. 4:1,7-9; 1:10; 1 Kor. 6:19,20)(https://warechristene.blogspot.com/2018/12/lewende-wese-lewende-siel-menslike.html). Die weergeborene se liggaam behoort ook aan Christus;  m.a.w., omdat hy die Here dien (en nie die sonde nie) het hy die belofte van opstanding in 'n nuwe liggaam eendag (https://warechristene.blogspot.com/2017/11/verheerliktegeestelikeonverganklike.html).

----------------------------

VRAAG:  Is die dood verskillend vir natuurlike mense as vir geestelike mense?

ANTWOORD:  NATUURLIKE MENSE se uiteinde is (1) die dood, asook die (2) tweede dood!  "Dood" verwys na wanneer die uiterlike mens sterwe - natuurlike mense sal nie deel he aan die opstanding waarin mense onverganklike liggame kan kry nie - hulle sal wel herlewe op 'n ander tyd, en die wie se name nie in die boek vd lewe is nie sal in die poel van vuur gewerp word, ook genoem "die tweede dood". Die term "tweede dood" verwys dus nie net na die herleefde liggaam wat verderwe word nie, maar ook die siel sal verderwe word (vir die wat nie redding kry nie).  Dit is die uiteinde van "natuurlike mense"... (hulle dra vrugte vir die dood - beide liggaam en siel sal in die poel van vuur verderf word).               GEESTELIKE MENSE aan die ander kant het die belofte (1) dat al sterf hulle, sal hulle eendag opstaan uit die dood in onverganklike liggame wanneer Jesus terugkom, en (2) hulle het ook die belofte dat hulle nie deur die tweede dood sal gaan nie! Die geestelike mens se innerlike mens ("siel") is vernuwe en kan dus nie doodgaan nie omdat hy vrug dra tot (ewige) lewe - solank hy sy vrug behou! (kyk gelykenis vd saaier)(hulle het dus die belofte dat hulle nie deur die tweede dood sal gaan nie, maar l.w. dat hulle liggame nog nie vernuwe nie, dus; logies gesproke sterf hulle uiterlike mens steeds). Die geestelike mens se uiteinde is dus ook  (1) die dood (vd "liggaam"), maar anders as natuurlike mense het hulle die belofte van nuwe onverganklike liggame! (hulle huidige liggame is soos 'n tempel van die Heilige Gees, en die Gees hou dit in bewaring tot die dag van opstanding)(hulle kry ook die regte soort geestelike kos en water wat hulle in die lewe hou en hulle grond vrugbaar maak)(sien ook die tema van "die opstanding" - geestelike mense wat vashou aan die geloof sal nie in dieselfde soort liggame opstaan nie);  dus, al gaan geestelike mense dood (liggaam sterwe) het hulle die belofte dat hulle vir ewig sal lewe - die wat deel het aan die "eerste opstanding" sal NIE deur die tweede dood gaan nie. 

Vir studie en skrifte vir die onderwyser, gaan na:

https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2021/12/algemene-vrae-oor-saligheid-lewe-of-dood.html

-https://warechristene.blogspot.com/2020/05/wat-gebeur-met-die-mens-wanneer-hy.html

-https://warechristene.blogspot.com/2023/11/die-eerste-opstanding.html

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

VIR DIE ONDERWYSER:

Poste en skrifte rakende bg. onderwerpe:



FEITE KORTLIKS BESKRYF:

Natuurlike mense dra vrugte vir die dood (is kinders van Adam - in sonde gebore/dien die sonde)(Rom.7:5; Rom. 6:6).  

Geestelike mense dra vrug tot (ewige) lewe (is kinders van Jesus - uit God gebore/sonde afgewas en dien die Gees )(Tom. 6:22; Jud. 1:21; 1 Tim. 6:19; ens.). 

https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2021/12/algemene-vrae-oor-saligheid-lewe-of-dood.html

-----------

Die mens kan beskryf word deur die term "liggaam, siel en gees":

- Waar die mens FISIES deur "liggaam, siel en gees" beskryf word, verwys dit na die UITERLIKE MENS.

- Waar die mens GEESTELIK deur "liggaam, siel en gees" beskryf word, verwys dit na die INNERLIKE MENS.

https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2025/01/verskil-tussen-uiterlike-innerlike-mens.html

https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2024/08/liggaam-siel-en-gees.html

-----------

"Natuurlike" of "geestelike" LIGGAAM verwys na "soort liggaam".

"Natuurlike" of "geestelike" MENS verwys na of iemand die Heilige Gees het of nie (en dus na wat se soort natuur hy het).

Ons moet onderskei tussen die begrippe "natuurlike liggaam" en "natuurlike mens", want alhoewel alle mense met natuurlike liggame gebore word (en doodgaan), word daar nie na weergebore mense verwys as natuurlike mense nie, maar geestelike mense. M.a.w., die "natuurlike liggaam" verwys na die soort liggaam waarmee almal gebore word..., terwyl die term "natuurlike mens" nie verwys na die soort liggaam wat ons het nie, maar is baie spesifiek beskrywend van die wat nie die Heilige Gees het nie. 

Net so moet daar dus onderskei word tussen die begrippe "geestelike liggaam" en "geestelike mens", want geestelike mense het bv. nie outomaties geestelike liggame nie, alhoewel hulle die belofte het dat hulle eendag geestelike liggame sal kry! Die term "geestelike liggaam" verwys na die soort liggaam wat weergeborenes eendag sal kry (huidiglik het hulle nog natuurlike liggame);  die term "geestelike mens" verwys nie na die soort liggaam wat iemand het nie, maar verwys na mense wat die Heilige Gees het.

geestelike liggaam: https://warechristene.blogspot.com/2017/11/verheerliktegeestelikeonverganklike.html

-----------

Die mens bestaan uit gees, siel en liggaam (1 Thess. 5:23):-  Sou ons "gees, siel en liggaam" vgl. met saad wat in grond geplant word en groei en vrug dra, en lig nodig het, dan kan ons die volgende opsom (hou ook in gedagte dat die woord "liggaam" somtyds bloot gebruik word vir die uiterlike mens, en die woord "siel" somtyds bloot gebruik word vir die innerlike mens). Kom ons kyk na waar "liggaam, siel en gees" in konneksie gebruik word met "natuurlike of geestelike mens":

Die liggaam (verwys na die "UITERLIKE MENS") kan vgl. word met GROND (Hebr. 6:7/Jak. 5:7). NATUURLIKE MENSE het NATUURLIKE LIGGAME (en gaan dood). GEESTELIKE MENSE het ook nog natuurlike liggame en gaan dood, maar HET DIE BELOFTE VAN GEESTELIKE LIGGAME eendag.

Die siel (verwys na die "INNERLIKE MENS"/die mens van binne) kan vgl. word met 'n PLANT/BOOM wat groei en vrug dra (die natuurlike mens dra vrugte vir die dood-Rom. 6:21; 7:5)(die geestelike mens dra vrugte tot lewe-Rom. 6:22; Kol. 1:10; Joh. 4:36; 12:24). NATUURLIKE MENSE SE SIELE IS NIE VERNUWE NIE (hulle het "ou harte"), en hulle dra vrugte vir die dood.  GEESTELIKE MENSE SE SIELE IS VERNUWE (hulle het "nuwe harte"), en hulle dra vrugte tot lewe  (Bestudeer die tema "ou en nuwe mens").  

- G/gees/asem kan vergelyk word met LIG - Jak. 2:26 (die liggaam en siel het lig nodig om te kan lewe).  DIE NATUURLIKE MENS HET DIE "GEES VD WERELD".  DIE GEESTELIKE MENS HET "DIE GEES VAN GOD"/DIE HEILIGE GEES.


Nog ander terme kortliks verduidelik (hierdie is net 'n opsomming - klik asb op die links vir skrifte):

- Die wat UIT GOD GEBORE is word "geestelike mense" genoem (is nie meer "natuurlike mense" nie). 

- NATUURLIKE MENSE is nie weergebore nie;  m.a.w., hulle sondes is nie vergewe nie en hulle het nie die Gees van God ontvang nie (natuurlike mense is gebore uit Adam se saad en dien die sonde en hulle uiteinde is die dood, maar geestelike mense is soos mense wat uit God se saad gebore is en hulle uiteinde is die lewe). God het 'n weg geskep waar "natuurlike mense" WEER GEBORE kan word!, en hierdie weg is deur Sy seun Jesus Christus, en word verkry deur geloof in Hom. Die wat deur Hom gered word is soos mense wat "weer of oor gebore" word, maar hierdie keer uit God se saad... (en dit gebeur deur water en Gees - hulle word skoongewas en ontvang die Heilige Gees). Weergeborenes het die belofte dat hulle ook NUWE LIGGAME sal kry - al gaan hulle dood, sal hulle die dood oorwin!;  m.a.w., hulle sal eendag opgewek word uit die dood en nuwe liggame kry (wat duidelik 'n ander soort liggaam sal wees - genoem "verheerlikte liggame"). Net soos die mens nie kan leef sonder asem nie,  op ditto wyse is die Heilige Gees soos asem vir die geestelike mens (wat hom dus aan die lewe hou). WEERGEBORE MENSE se uiterlike mens word wel eers vernuwe wanneer Jesus terugkom (in die komende opstanding), maar hulle innerlike mens is alreeds vernuwe - dit beteken dat hulle alreeds kan begin vrug dra tot ewige lewe... (en word dus alreeds verwys na mense wat die ewige lewe het!). M.a.w., hulle dra vrug wat vir hulle eendag die ewige lewe sal gee... -die Skrif noem dit "vrug tot lewe" of "vrug tot ewige lewe"  (maar natuurlike mense dra "vrugte vir die dood") - weergebore mense se uiterlike kan gesien word soos vrugbare grond omdat die Heilige Gees in hulle liggame woon - alhoewel hulle liggame nog nie vernuwe is nie, laat die Gees vrugbare plante opkom. 

- DIE LIGGAAM (voorgestel as "grond"... - en is immers uit grond gemaak!):  Wat die mens se oorsprong aanbetref is alle mense gebore uit Adam se saad.  Beide natuurlike en geestelike mense het huidiglik "natuurlike liggame", maar geestelike mense (weergeborenes / gereddes) sal eendag ook "geestelike (onverganklike) liggame" kry. Die mens se liggaam kan vgl. word met GROND, siende Adam uit grond gemaak is. Na die sondeval kan Adam se liggaam vgl. word met grond waarin alles wat daarin groei, doodgaan. Op die oomblik het almal van ons "natuurlike liggame", en die uiteinde van 'n natuurlike liggaam is die dood (dit is soos grond waarin alles wat daarin groei, doodgaan - dit dra "vrugte vir die dood"), maar die wonderwerk vir die weergeborene is dat hulle liggame kan plante voortbring wat nie doodgaan nie! Geestelike mense is m.a.w. instaat om vrute te dra "tot lewe"!  Daarom word geestelike mense ook in die Skrif beskryf as mense wat alreeds doodgegaan het en opgestaan het in 'n nuwe liggaam (en hierdie word deur die Christelike doop voorgestel), en wat hulle liggame aanbetref is dit soos 'n tempel, 'n tempel van die Heilige Gees, en die Gees hou hulle in bewaring tot die dag van opstanding

- Die term "DOOD": Alle mense gebore uit Adam is "natuurlike mense" genoem en gaan dood. Maar die term dood verwys nie net na wanneer die liggaam doodgaan nie, maar ook na die "tweede dood" (wanneer beide liggaam en siel in die poel van vuur gewerp word). Weergebore mense (wie se sondes vergewe is en die Heilige Gees ontvang het) se siele is alreeds vernuwe, maar hulle liggame is nog nie vernuwe nie (alhoewel hulle sonde vergewe is en die Gees bly in hulle liggame).  Hulle kan alreeds vrug dra tot ewige lewe, maar hulle liggame gaan steeds dood omdat dit nog nie vernuwe is nie.  Wanneer hulle liggame ook vernuwe is, dan is die dood finaal oorwin, en hulle het die belofte dat hulle nie deur die tweede dood gaan nie (Openb. 20:5,6)(sien onderwerp "eerste opstanding"). 

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Saturday, March 8, 2025

Die Koninkryk van God (12-17 jariges)(Deel van boekie "Die volk van God")(Les 1)


 
Hierdie les vorm deel vd boekie "Die volk van God".
In hierdie stel van lesse word die volgende behandel:
- (les 1) die PLEK wat vir die Here se volk uitgekies is, nl. KANAäN / ISRAEL; 
- (les 2) die STAD JERUSALEM wat vir ewig sal bestaan;
- (les 3) die KONING vd Koninkryk (en Sy teenwoordigheid).

Vir die ander lesse in hierdie reeks, gaan na: https://sondagskooltuis.blogspot.com/p/die-volk-van-god.html
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
LES 1:
(PLEK van die koninkryk van God op aarde) 
(heelwat skrifte word gegee - die onderwyser kan kies watter skrifte voorgelees word)

VRAAG (vir bespreking in die groep):  Mense wat gered word het die belofte dat hulle vir ewig sal lewe.  Gaan hulle vir ewig op die aarde leef, of in die hemel?

ANTWOORD:  Hulle gaan op aarde lewe.

Dit word wel algemeen aanvaar dat Christene huidiglik hemel toe gaan wanneer hulle doodgaan, maar wanneer hulle nuwe liggame kry sal hulle op die aarde woon... (nie in die hemel nie). Onder al die mense vd aarde is die Here besig om vir Hom 'n volk te versamel, en Sy bedoeling is dat hulle saam op 'n plek op aarde sal woon - waar Hy is! Die Koninkryk wat vir die volk van God belowe word sal 'n koninkryk OP AARDE wees... (Matt. 13:43; 25:34). Die Skrif leer dat gereddes "die aarde sal beerwe" (Matt. 5:5; Ps. 37:9,11,22,29,34; Rom. 4:13; ens.). 
(1) In die "volgende eeu"-bedeling,'n 1000 jaar tydperk waarin Jesus oor die hele aarde sal regeer, sal ons ook op aarde wees, want wanneer Jesus terugkom sal Hy die wat in Hom gesterf het, saambring...en hulle nuwe liggame gee (sien die tema vd "opstanding")(1 Thes. 4:13,14, en die wat in Hom glo maar dan nog in die lewe is, sal ook nuwe liggame kry (sien die tema vd "wegraping")(1 Thess. 4:13-17). Jesus Christus sal van die hemel af terugkom, die ander koninkryke verbrysel en Sy ewige koninkryk oprig (dit sal begin met 'n 1000 jaar tydperk, maar dit verwys ook na 'n koninkryk wat tot in ewigheid op aarde sal bestaan...)(Dan. 2:44; 4:3; Gen. 49:10; Ps. 2:6-12; Ps. 89:3,4,36; Eseg. 35:25; Luk. 1:32,33; Joh. 12:34). Wnneer Hy terugkom sien ons dus die opstanding (met die wegraping wat net daarna plaasvind) en die Skrif leer dat ons "altyd by die Here sal wees"... (1 Thess. 4:17). Waar gaan Hy (Jesus Christus) wees? - Op die aarde! Die Skrif verklaar dat Jesus vanuit Jerusalem (in Israel) sal regeer oor die hele aarde (Sag. 14:9; Jes. 24:35; Mag. 4:7; Ps. 47);  dus, as Hy hier op aarde gaan wees en ons "by Hom gaan wees", dan beteken dit duidelik dat ons ook op aarde sal wees (nie in die hemel nie). 
(2) Ook aan die einde van die 1000 jaar tydperk, wanneer die hemel en aarde nuut gemaak word, sal ons "op die aarde" woon, want dit sal wees in die nuwe stad Jerusalem wat vanuit die hemel neerdaal "op die aarde"(Openb. 21:2,3).

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
VRAAG (vir bespreking in die groep):  'n Koninkryk word nie net gekenmerk deur wie aan daardie koninkryk behoort (nl. die volk) nie, maar gaan ook oor WAAR die koninkryk GEVIND kan word.  Die volk van God behoort aan "DIE KONINKRYK VAN GOD", maar waar woon hierdie volk? Waar is daardie koninkryk? IS DAAR 'N SPESIFIEKE PLEK OP AARDE WAT DIE HERE UITGEKIES HET VIR SY VOLK OM IN TE WOON?

ANTWOORD:  Die land van melk en heuning = Kanaän = (Israel). 
(1)Die koninkryk van God is natuurlik ook hemels van aard (want God bly in die hemel - God die Vader is in die hemel en Jesus Christus Sy seun is ook huidiglik in die hemel, en Jesus sal vd hemel af kom en Sy koninkryk hier oprig) - maar verwys ook na 'n aardse koninkryk... 
(2) In ander woorde, Sy koninkryk is ook op aarde want God is hier teenwoordig deur Sy Gees..., en Hy het 'n volk op aarde. Huidiglik kan die Koninkryk miskien soos 'n "geestelike koninkryk" voorgestel word en is dus alreeds op aarde, maar sal eendag 'n fisiese koninkryk wees op aarde (wat sal in vervulling gaan wanneer Jesus terugkom)(Luk. 19:11-27; Matt. 15:43; Luk. 23:51).  Wanneer Jesus terugkom sal Hy Sy koninkryk oprig en vanuit Jerusalem oor die hele aarde regeer (Ps. 2:6-9; Jes. 24:23; Dan. 2:44). Matt. 25:34 leer vir ons dat hierdie koninkryk vir ons berei is alreeds van die grondlegging van die werêld af! God wil graag onder Sy mense woon en vir hulle 'n plek gee waar hulle kan saamwoon. 

Alhoewel die land Kanaan spesifiek uitgekies is as die plek waar God se volk sal woon, was hulle nie altyd daar nie...., maar hulle sal daar opeindig!  Kortom, alle kinders vd Here sal uiteindelik in Israel woon - in die volgende 1000-jaar bedeling beslis, en ook daarna (in die nuwe stad Jerusalem). Daar was 'n tyd wat Abraham en sy familie fisies daar gewoon het, nl. 4000 Jaar gelede (Gen. 11:31,32), maar weens hongersnood het hulle vir 'n tyd lank Egipte toe getrek (vir 'n tydperk van 400 jaar) - waar hulle opgeeindig het as slawe, maar God het hulle daaruit gered en hulle is toe weer terug na hulle land. 2000 jaar gelede is die land ingeneem deur Rome en die Hebreeuse volk was versprei oor die hele aarde.Oor die eeue het baie nasies die land probeer verower en ingeneem. Huidiglik is daar baie van die volk weer terug in die land ( Jode en Christene), maar meeste van die volk is steeds versprei oor die aarde. Wanneer Jesus terugkom sal Hy al die kinders vd Koninkryk terugbring in die land! In die "volgende eeu"-bedeling (die 1000 jaar nadat Jesus teruggekom het) gaan Jesus vanuit Jerusalem oor die hele aarde regeer (Jer. 33:16; 3:17; 1 Kon. 11:36; ens.) - Jesus Christus sal Hom "trou" aan die land (Israel)(kyk die beeldspraak wat gebruik word van hoe die land voorgestel word as Sy bruid)(Jes. 25:6; Mark. 2:18,19; Joh. 3:28,29; Openb. 19:7,8; Matt. 22... ens.)(en l.w. dat ons huidiglik uitgenooi word na hierdie bruilofsmaal! - Christene is deel van die "uitgenooides").  In sekere O.T. skrifte word daar na Israel (land en volk) verwys as "die vrou van die Lam", en die nuwe stad Jerusalem word ook soos 'n bruid voorgestel.  Na hierdie tydperk (aan die einde vd 1000 jaar-Openb. 20) gaan die hemel (hemel bo die aarde, nie die hemel waar God woon nie) en aarde nuut gemaak word, die nuwe stad Jerusalem gaan vanuit die hemel (vanuit die hemel waar God woon) op die aarde neerdaal (Openb. 3:12; 21), en almal wat gered word sal vir ewig daarin woon (Openb. 21:24; 22:14) - ons sien dus dat die Skrif dit duidelik maak "waar" die volk van God uiteindelik sal woon. Nie almal wat op die aarde woon sal ingaan in hierdie koninkryk nie... (Matt. 25:31-46).  
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

VIR DIE ONDERWYSER:  
(nog bewoording wat kan help om bg. beter te verduidelik... - vir verse kan op die links geklik word wat hieronder voorsien is)(in hierdie les word nie veel stilgestaan by die verhaal van Abraham, hoe hy geroep en gestuur is ens. nie, en ook nie veel stilgestaan by "wie" hierdie volk is nie maar dit mag miskien nodig wees om die agtergrond kortliks te gee)(DIE ONDERWYSER KAN MISKIEN 'N WERELDKAART KRY EN VIR DIE KINDERS AANDUI WAAR DIE PLEKKE GEVIND KAN WORD).

Die land Kanaän (of "Israel" soos ons dit ken) is die land wat God uitverkies het op aarde vir sy volk om in te woon. Sowat 4000 jaar gelede het die Here vir Abraham na Kanaän gestuur en vir hom en sy nageslag hierdie land gegee  (die groepe wat voor Abraham en sy nageslag daar gewoon het was die Kanaäniete, Hetiete, Amoriete, Feresiete, Hewiete en Jebusiete - Eks. 3:8)).  Abraham was die stamvader vd Hebreeuse volk en het oorspronklik in Ur (vd Chaldeers - Gen. 15:7) gewoon, maar hy is deur God gekies as die persoon deur wie die Here vir Hom 'n volk op aarde sou bymekaarmaak ('n volk wat vir ewig op die aarde sal lewe). Abraham het die God vd hemel (die Here wat hemel en aarde gemaak het) gedien, en sy kinders dien die Here... - die mense/volk na wie hier maw verwys word wat die land Kanaan beerwe het/sal beerwe, is natuurlik die kinders van Abraham...(en die belofte is bevestig deur 'n spesifieke geslagslyn) - maar l.w. dat dit veral verwys na die "kinders van geloof"! (Joh. 8:39; Gal. 3:7), nl. die wat die Here dien. Kinders van Abraham word oor die algemeen na verwys as "die kinders vd Koninkryk" - Christene is bv. ook deel van hierdie "kinders", nl. dat hulle deur geloof onder die kinders van Abraham ingedoop word, en verwys veral na die wat die aarde gaan beerwe, nl. "die Hebreeuse volk" (kinders van Abraham, bevestig deur die geslagslyn Isak, Jakob...) en "die wat in Jesus Christus glo" (nl. Christene). 

Op 'n spesifieke tyd in die geskiedenis was die stamvader (Abram-Abraham-Gen. 12:1) geroep om na 'n land te trek wat die Here vir Abraham en sy nageslag bepaal het om in te woon... - en hierdie volk sou die Here se volk wees (Gen. 17:8)(die belofte van erfenis was dus spesifiek belowe aan hierdie stamvader se nageslag) - en hierdie land word ook in die Skrif na verwys as die plek waar gereddes vir ewig sal woon!  Die land wat vir hulle belowe is is die land "Kanaan" - wat ook Israel genoem word (l.w. dat God Jakob se naam verander het na Israel, Gen. 32:28 - dit is waar die naam Israel vandaan kom en hoekom Kanaan Israel genoem word). En l.w. dat dit nie net belowe was vir 'n tyd nie, maar ook tot in ewigheid. Maar die wat deel is van hierdie koninkryk (van God; maw, die "kinders vd koninkryk") verwys nie net na mense wat 
letterlik gebore is uit Abraham se saad nie, maar verwys ook na die wat 
geestelik gebore is uit sy nageslag - spesifiek uit Jesus Christus, nl. die wat in Jesus Christus GLO... (Jesus Christus is gebore uit die geslag van Abraham-Matt. 1:1)(die wat in Jesus Christus glo word gesien soos Jesus se nageslag... - is gebore uit God-1 Joh. 1:13 / met Christus beklee-Gal. 3:27 / van Sy vlees en bene-Ef. 5:30)(Rom. 9:6-8) - hulle word Sy kinders - die wat in Jesus Christus glo word onder die kinders van Abraham ingedoop.  "Kinders van Abraham" verwys wel na die fisies gebore uit daardie geslag, maar VERAL na die "kinders van geloof" (Joh. 8:39; Gal. 3:7).

Jesus Christus was gebore uit die nageslag van Abraham (Matt. 1:1), en almal wat in Hom glo word deel van hierdie volk (hulle word onder die volk ingedoop/Gal. 3:7, en word "met Christus beklee"-Gal. 3:27, wat beteken dat hulle soos Sy familie word).  Die Christelike doop stel bv. o.a. hierdie voor.., na hoe ons ingedoop word onder die kinders van Abraham-Gal. 3:24-29), en is dus volgens die belofte ook ERFGENAME! Almal wat in Jesus Christus glo sal ook uiteindelik in hierdie land Kanaan/Israel bly;  m.a.w., hulle gaan dit erf... Die land Kanaan is dus spesifiek belowe aan Abraham en sy nageslag... - maar nie net die wat letterlik uit Abraham se saad gebore is nie, maar enige iemand ingedoop onder die volk;  bv. veral die kinders van geloof, dus ook die geestelik daaruit gebore (nl. die wat glo in Jesus Christus).  En die erfenis is verder belowe vir "tot in ewigheid" ... (2 Kron. 33:7; ens.).

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Naslaan (vir die onderwyser):

Tuesday, October 15, 2024

Die volk van God - Identiteit en geslagslyne (4)(LES 5)

VIR DIE VORIGE LESSE OOR HIERDIE ONDERWERP, GAAN NA: 

- Inleiding: https://sondagskooltuis.blogspot.com/2020/02/die-volk-van-god-identiteit-geslagslyne_25.html

- (1) les 1 en 2: https://sondagskooltuis.blogspot.com/2020/03/die-volk-van-god-identiteitgeslagslyne.html

- (2) les 3: https://sondagskooltuis.blogspot.com/2020/06/die-volk-van-god-identiteit-geslagslyne.html

- (3) les 4: https://sondagskooltuis.blogspot.com/2020/06/die-volk-van-god-identiteit-geslagslyne.html.

- Eersgeborenes/eerstelinge: https://sondagskooltuis.blogspot.com/2021/05/eerstelinge-deel-vd-boekie-volk-van.html

- Eersgeborenes/eerstelinge: https://sondagskooltuis.blogspot.com/2015/10/eersgeborenespriesters-deel-van-boekie.html

---------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Vir die onderwyser:  Waaroor gaan hierdie les?:

Nie almal wat aan die Christelike kerk behoort is burgers vd Koninkryk nie. 'n Reisiger en 'n immigrant is bv. anders as 'n burger van 'n land...  Op ditto wyse is kinders vd koninkryk ook nie almal dieselfde nie, want sommige is soos reisigers wat die kerk besoek, en sommige soos immigrante wat graag burgerskap wil he maar dit nog nie ontvang het nie.

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Bespreek in die groep:

VRAAG:  In 'n land is daar reisigers, immigrante, en burgers.  Hoe sou jy die verskil tussen hulle beskryf? Hoeveel weet elk van daardie volk se waardes, feeste en kosse? Hoe ontvanklik is hy vir die volk se wette, reels en waardes?... Watter voordele verkry elk terwyl hulle in die land is, bv. 'n reisiger, of  'n immigrant, of die een wat burgerskap het - hoe verskil elkeen se voordele? 

'n Reisiger is iemand wat 'n land besoek (woon nie in die land nie, maar is net vir 'n kort rukkie daar). 
'n Emmigrant gaan woon in 'n land wat nie sy eie geboorteland is nie (hy's dan 'n immigrant van daardie land, maar het nie burgerskap nie).
'n Burger woon in sy geboorteland, of het burgerskap gekry... (asof dit sy geboorteland is).

Op ditto wyse is nie almal in die Christelike kerk BURGERS van die Koninkryk van God nie.  Sommige is reisigers (en net besoekers in die kerk), en ander is immigrante... Bv., Kinders wat opgroei in die Christelike kerk (maw, kinders van Christelike ouers) word hanteer soos burgers omdat hulle die volk se besonderse kultuur en waardes leer ken en in die seeninge deel, maar hulle is eintlik soos immigrante - hulle word baie dieselfde hanteer as burgers, maar hulle het nog nie burgerskap nie.  Burgerskap in die Koninkryk van God word op 'n baie spesifieke manier ontvang. Kinders wat opgroei in die Christelike kerk het nie outomaties burgerskap in die Koninkryk van God nie, maar is wel soos immigrante wat soortvan deel is vd volk solank hulle in hulle ouers se huis is. Uiteindelik moet elkeen self 'n burger word! Om " 'n kind van 'n volk " te wees, moes jy gebore word onder daardie volk, en al is jy jou ouers se kind beteken dit nie dat jy outomaties ook 'n kind van die Koninkryk is nie.  Jy word soos 'n immigrant hanteer (en leef, leer, werk, ontvang, ens. saam met God se volk), maar het burgerskap nodig om al die voordele te geniet en saam met die volk te erf. Kortom, as jy nie burgerskap het in die Koninkryk van God nie, dan sal jy nie soos hulle eendag redding ontvang en erf nie...

Immigrante moet gewoonlik 'n metode volg tot burgerskap. Kinders wat Christelike ouers het deel wel in dieselfde seeninge (van Christene) omdat hulle ouers Christene is (soos immigrante deel in die seeninge van 'n land waarin hulle woon), maar na regte kan hulle nooit deel word van die volk van God as hulle nie die kultuur en waardes AANNEEM nie (m.a.w., hulle moet hulle bekeer tot daardie volk se kultuur en waardes en reels - amper soos 'n immigrant moet doen), en daar is 'n bepaalde manier wat die Here geskep het waarop hierdie aanneming plaasvind. Jy moet bv. "trou sweer" aan Jesus Christus! - wat nie bedoel jy moet sweer nie, maar moet geloof in Jesus Christus bely - wat gepaardgaan met die afwassing van sondes, en die Heilige Gees ontvang (m.a.w., jy moet weergebore word) - sonder weergeboorte kan niemand in die koninkryk van God ingaan nie (Joh. 3:5)  (in die volgende paragraaf is 'n beter uiteensetting hiervan, en kan ook eers bespreek word ...). 

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

VRAAG: Is dit moontlik vir iemand om deel te word van 'n familie of volk of land, al is hy nie in daardie familie, volk of land gebore nie? En hoe verkry hy kindskap of burgerskap?M.a.w., wat moet iemand doen om burgerskap te kry? Wat presies beteken burgerskap?  

Om kindskap of burgerskap te verkry kan vgl. word met bekering en wedergeboorte.  Al is iemand nie gebore in 'n spesiefieke familie of volk nie, is dit wel moontlik om aangeneem te word as 'n kind of burgerskap te verkry, maar hierdie "aanneming tot kind" of "om burgerskap te verkry" het bepaalde voorwaardes.  Die wat burgerskap soek in 'n land wat nie hulle geboorteland is nie, soek 'n tipe wedergeboorte, m.a.w. al is hy nie gebore in daardie land nie, soek hy burgerskap asof hy gebore is in daardie land!, want "burgerskap" is bedoel vir die wat gebore is in die land. .. 

As jy nie gebore word in 'n volk of land nie, dan is jy maw nie 'n burger van daardie land nie, maar burgerskap kan op 'n ander manier verkry word (asof jy gebore is in daardie land), maar voor so iemand dan burgerskap kan ontvang, moet hy hom eers bekeer tot daardie land se wette. Bv. niemand kan burgerskap ontvang as hy nie 'n belofte afle dat hy homself sal ondergeskik stel aan daardie land se reels en wette nie. Hy soek dus "wedergeboorte" (burgerskap), maar voor hy dit kan ontvang, moet hy hom eers "bekeer" tot daardie land en wette. Dieselfde geld vir "aanneming tot kinders" (in die Koninkryk van God). Wanneer 'n paartjie 'n kind aanneem wat nie hulle eie kind is nie, verwag hulle ten minste dat daardie kind hom of haarself ondergeskik stel aan hulle gesag en hulle huis se wette gehoorsaam (want dan bewys hy dat hy 'n kind is van daardie huis).  Hulle verwag dus 'n tipe van "bekering" tot hulle huishouding voor "aanneming tot kind" werklik gebeur. As die kind steeds nie wil inskakel by die familie nie, sal hy nooit werklik 'n kin wees nie!  Hierdie is baiemaal die probleem vir pleegouers..., wanneer 'n kind in hulle huis inkom asof hulle "kind" maar die kind wil hom nie ondergeskik stel aan hulle gesag nie, of gehoorsaam nie hulle huis se wette nie. Vir "aanneming tot kind" is daar dus bepaalde voorwaardes, waarvan vrees (vir die ouers) verwag word, asook geregtigheid (dat die kind die ouers gehoorsaam). God is ook nie 'n aannemer vd persoon nie, maar in elke nasie is die een wat Hom vrees en geregtigheid doen, vir Hom welgevallig! (Hand. 10:35). Dit beteken dat "bekering" nodig is om aangeneem te word as 'n kind, m.a.w. dit is slegs die wat die Here vrees en Sy geregtigheid soek/doen, wat wederbaar kan word... Op dieselfde wyse kan niemand burgerskap in 'n land ontvang as hy hom nie onderskik stel aan daardie land om daardie outoriteit te vrees en die wette te gehoorsaam nie - "bekering" tot daardie land is dus eerste nodig - en dan is dit moontlik vir iemand om burgerskap ("wedergeboorte") te verkry. Deur "bekering" plaas hy m.a.w. sy "geloof" in daardie land, en dan is wederbaring moontlik... Die volgende stap om burgerskap te kry is wedergeboorte (hy word 'n burger van daardie land asof daar gebore). Op dieselfde wyse word iemand 'n kind van die Koninkryk van God deur wedergeboorte (asof hy "oor gebore" word). Elke land het spesifieke reels op hoe iemand 'n burger kan word;  op dieselfde wyse vind weergeboorte op 'n baie spesifieke manier plaas, nl. die manier wat God sê dit moet wees - nl. deur WATER en GEES...(vir die onderwyser vir 'n studie oor weergeboorte, gaan na: https://warechristene.blogspot.com/2014/02/weer-gebore-wedergeboorte-wedergebore.html ).

Die Christelike doop is 'n TEKEN van hierdie gebeurtenisse, nl. bekering en wedergeboorte.  Bv., dit simboliseer o.a. "dood en opstanding", soos iemand wat 'n burgerskap afle en 'n ander opneem/aanneem...
------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Thursday, July 4, 2024

Die gelowige 'n boom - interessante vrae vir lekker gesels (bybelstudie 12 jaar tot volwassenes)

Hierdie is deel van die boekie "die gelowige 'n boom" (bedoel vir bybelstudie 12 jaar tot volwassenes).

Vir die vorige lesse in hierdie reeks, gaan na:

https://sondagskooltuis.blogspot.com/2014/07/a4-muurkaart-vertikaal-die-gelowige.html

https://sondagskooltuis.blogspot.com/2024/07/die-gelowige-n-boom-2.html

https://sondagskooltuis.blogspot.com/2024/07/die-gelowige-n-boom-3-wat-se-soort-boom.html

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

LES 1:

(hierdie les is opgestel met 'n klomp vrae vir lekker gesels) (let op die links waarop geklik kan word vir verderde studie vir die leier...)

(1) Vraag vir bespreking:  Alle mense is soos saad wat in die wereld geplant word, en (soos 'n boom) groei en dra vrug... Maar vir wie dra ons hierdie vrugte? want die waarheid is dat ons doodgaan!;  m.a.w. almal dra eintlik VRUGTE VIR DIE DOOD... (Rom. 7:5) - asof hulle lewe tot niks kom. Hoekom is dit die geval? - hoekom gaan alle mense dood? - m.a.w., hoekom dra die natuurlike mens vrugte vir die dood? Antwoord: Alle mense word "in sonde" gebore (Ps. 51:7), want hulle is kinders van Adam...  Adam was 'n slaaf (van sonde)(2 Pet. 2:19; Joh. 8:34), en noodwendig sal sy kinders ook as slawe gebore word. Dit is hoe dit in die lewe werk - as jou ouers slawe is word jy noodwendig ook as 'n slaaf gebore. M.a.w., almal uit Adam gebore, is (net soos hy) slawe (slawe van sonde)...., en as jy 'n slaaf is van sonde is jou uiteinde die dood (God het vir Adam gewaarsku dat as hulle vd boom van goed en kwaad eet, hulle sal doodgaan - dit is hoe Adam 'n slaaf geword het van sonde, en waarvan die uiteinde is die dood). Die loon vd sonde is die dood - as jy die sonde dien dan sal jy doodgaan. In daardie opsig kan die dood gesien word as die mens se groot vyand (1 Kor. 15:15,17). 

(2) Vraag vir bespreking:  Hoe sou jy slaafskap beskryf?  Wat beteken dit om 'n slaaf te wees? En hoe beinvloed hierdie antwoord die feit dat die mens gebore word as slawe van sonde?  Antwoord:  Hierdie tema gaan veral oor 2 dinge, nl. slaafskap en vrug: - (1) Wie dit is wat gedien word?; - wie is dit van wie jy 'n slaaf is?; vir wie dien jy?; aan wie behoort jy? (1 Kor. 7:22; 2 Pet. 2:19) - wie is die slaaf se meester?. (2) Gehoorsaamheid - wie jy gehoorsaam is 'n bewys van wie dit is vir wie jy dien... (Matt. 7:17-20).'n Slaaf het 'n meester vir wie hy dien/gehoorsaam. Die natuurlike mens DIEN die sonde / is gehoorsaam aan die sonde (en het daarom vrymaking van hierdie slaafskap nodig!;  m.a.w., die "liggaam van sonde" moet tot niet gemaak word sodat ons nie meer die sonde dien nie... - Rom 6:6). Natuurlike mense is dus "slawe van die verdorwenheid" - word almal gebore as "slawe onder sonde", wat dus beteken hulle is "diensknegte van sonde" (Joh. 8:34; Ps. 51:7; Rom. 6:12,13);  maar geestelike mense (die wat vrygekoop is) is slawe van die meester deur wie hulle losgekoop is, m.a.w. "slawe van Christus"!- hulle behoort nou aan Hom, en hulle dien Hom (1 Kor. 3:23; Rom. 14:8; 1 Kor. 7:22). Selfs die vrygekoopte se liggaam behoort aan Christus (Kol. 2:17)(1 Kor. 6:19,20 - "Of weet julle nie dat julle liggaam ‘n tempel is van die Heilige Gees wat in julle is, wat julle van God het, en dat julle nie aan julself behoort nieWant julle is duur gekoop. Verheerlik God dan in julle liggaam en in julle gees wat aan God behoort"). Wat dit beteken is dat geestelike mense dien/is gehoorsaam aan die Here (nie aan die sondige natuur nie). Dit is wat dit beteken om vrygekoop te wees - dit gaan oor wie jy gehoorsaam en na wie jy luister. 

(3) Vraag vir bespreking:  Gaan alle mense dood?  Antwoord? Ja, alle mense gaan dood, maar ons moet verstaan dat die term "dood" nie net verwys na wanneer die uiterlike mens sterwe nie, maar ook verwys na die "tweede dood".  Die mens bestaan uit 'n uiterlike mens (word ook na verwys as "die liggaam") en 'n innerlike mens (word ook na verwys as "siel", somtyds "gees vd mens");  m.a.w., wanneer iemand doodgaan is dit die uiterlike mens wat sterwe (nie jou innerlike nie).  Daar is ook 'n tweede dood wat op die mens wag sou hy nie redding kry nie, en dit is wanneer beide die liggaam (uiterlike mens) en siel (innerlike mens) in die poel van vuur verwoes word (ook genoem, "die oordeel vd hel"). Die mens is dus nie net vir oordeel bestem nie, maar vir die ewige oordeel (tweede dood), en het dus redding nodig! (redding nodig van hierdie toorn)(1 Thess. 5:9) / Die begrip saligheid verwys nie net na saligheid van die siel nie, maar ook na saligheid van die liggaam - sien die belangrikheid vd komende opstanding (saligheid vd siel - 1 Pet. 1:9; 3:21; Hebr. 10:22)(saligheid vd liggaam - Hebr. 9:13; 10:22).

(4) Vraag vir bespreking: Die mensdom kan ingedeel word in natuurlike mense en geestelike menseWat is die verskil tussen "natuurlike mense" en "geestelike mense"?  (lees Jud. 1:10; 1 Kor. 2:14,15; 1 Kor. 3:1).  Antwoord:  Almal word as natuurlike mense gebore;  m.a.w. is kinders van Adam en word in sonde gebore (en het dus redding nodig) - natuurlike mense is "vleeslik" / "sinnelik"... (Jud. 1:19; 1 Kor. 2:14; Spr. 12:10; 1 Kor. 3; Job 25:4).  Die begrip geestelike mense verwys weer na die mense wat redding verkry het - hulle is vrygekoop van hulle slaafskap (onder sonde) en word nou gesien soos mense "wat uit God gebore is" (1 Joh. 5:1)(wat veral verwys na hulle innerlike mens wat vernuwe is en dus alreeds vrug kan dra TOT LEWE, en dus die belofte het dat hulle nie deur die tweede dood sal gaan nie.  Hulle uiterlike mens is nog nie vernuwe nie! - daarom gaan die liggaam steeds dood.., maar hulle het die belofte dat hulle uiterlike ook vernuwe sal word in die opstanding wanneer Jesus terugkom - hulle sal opstaan "tot lewe"!) - hulle word gesien soos mense wat "weer gebore" is (al verwys dit huidiglik meer na die innerlike, nog nie die uiterlike nie). Weergebore mense se sonde is vergewe en hulle het die Heilige Gees ontvang - hierdie is die groot verskil tussen natuurlike mense en geestelike mense. , en dit beinvloed natuurlik die manier hoe hulle "sien en dink". Natuurlike mense het nie die Gees nie en dink en sien dus soos die wereld;  geestelike mense het die Gees (van God) en dink en sien dus anders! (sien soos die Here/glo in Hom, Sy woorde - het wysheid van bo). Geestelike mense word o.a. gesien as met 'n "goddelike natuur", en gesien soos die familie van Jesus Christus (hulle is van Sy been)(2 Pet. 1:4; Joh. 3:5,9; 1 Joh. 4:7; 5:4). Geestelike mense dra dus VRUGTE TOT LEWE (dra vrugte vir die Here - Hy gee vir hulle die lewe/Rom. 7:4), want hulle is LOSGEKOOP van hulle slaafskap (onder sonde)(1 Kor. 7:23; Gal 5:1; Rom. 6:17,18);  terwyl natuurlike mense nie instaat is om hierdie soort vrug (tot lewe) te dra nie (Rom. 6:21-23)(die natuurlike mens kan nie deur goeie werk hierdie soort vrug dra wat vir hulle die ewige lewe gee nie - niemand kan dit deur werke ontvang nie, want (1) sy sondes is nog nie afgewas nie en hy is dus oppad na die dood,  en (2) hy is steeds 'n slaaf van sonde. Iemand moet dus skoonkom en gehoorsaam word aan die Here..., en dus aan Sy Gees, voor hy kan vrug tot lewe dra). Daarom is GEHOORSAAMHEID belangrik!, want dit wys wie dit is vir wie jy dien. Geestelike mense luister na die Here, luister na die Heilige Gees. Geestelike mense verkry 'n goddellike natuur (2 Pet. 1:4; 1 Joh. 3:9) - hulle is vry van die vorige natuur en dink nie meer vleeslik nie, maar beoordeel dinge op 'n geestelike manier (hulle "dink en sien" anders). 

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------