Showing posts with label burgerskap. Show all posts
Showing posts with label burgerskap. Show all posts

Tuesday, October 15, 2024

Die volk van God - Identiteit en geslagslyne (4)(LES 5)

VIR DIE VORIGE LESSE OOR HIERDIE ONDERWERP, GAAN NA: 

- Inleiding: https://sondagskooltuis.blogspot.com/2020/02/die-volk-van-god-identiteit-geslagslyne_25.html

- (1) les 1 en 2: https://sondagskooltuis.blogspot.com/2020/03/die-volk-van-god-identiteitgeslagslyne.html

- (2) les 3: https://sondagskooltuis.blogspot.com/2020/06/die-volk-van-god-identiteit-geslagslyne.html

- (3) les 4: https://sondagskooltuis.blogspot.com/2020/06/die-volk-van-god-identiteit-geslagslyne.html.

- Eersgeborenes/eerstelinge: https://sondagskooltuis.blogspot.com/2021/05/eerstelinge-deel-vd-boekie-volk-van.html

- Eersgeborenes/eerstelinge: https://sondagskooltuis.blogspot.com/2015/10/eersgeborenespriesters-deel-van-boekie.html

---------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Vir die onderwyser:  Waaroor gaan hierdie les?:

Nie almal wat aan die Christelike kerk behoort is burgers vd Koninkryk nie. 'n Reisiger en 'n immigrant is bv. anders as 'n burger van 'n land...  Op ditto wyse is kinders vd koninkryk ook nie almal dieselfde nie, want sommige is soos reisigers wat die kerk besoek, en sommige soos immigrante wat graag burgerskap wil he maar dit nog nie ontvang het nie.

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Bespreek in die groep:

VRAAG:  In 'n land is daar reisigers, immigrante, en burgers.  Hoe sou jy die verskil tussen hulle beskryf? Hoeveel weet elk van daardie volk se waardes, feeste en kosse? Hoe ontvanklik is hy vir die volk se wette, reels en waardes?... Watter voordele verkry elk terwyl hulle in die land is, bv. 'n reisiger, of  'n immigrant, of die een wat burgerskap het - hoe verskil elkeen se voordele? 

'n Reisiger is iemand wat 'n land besoek (woon nie in die land nie, maar is net vir 'n kort rukkie daar). 
'n Emmigrant gaan woon in 'n land wat nie sy eie geboorteland is nie (hy's dan 'n immigrant van daardie land, maar het nie burgerskap nie).
'n Burger woon in sy geboorteland, of het burgerskap gekry... (asof dit sy geboorteland is).

Op ditto wyse is nie almal in die Christelike kerk BURGERS van die Koninkryk van God nie.  Sommige is reisigers (en net besoekers in die kerk), en ander is immigrante... Bv., Kinders wat opgroei in die Christelike kerk (maw, kinders van Christelike ouers) word hanteer soos burgers omdat hulle die volk se besonderse kultuur en waardes leer ken en in die seeninge deel, maar hulle is eintlik soos immigrante - hulle word baie dieselfde hanteer as burgers, maar hulle het nog nie burgerskap nie.  Burgerskap in die Koninkryk van God word op 'n baie spesifieke manier ontvang. Kinders wat opgroei in die Christelike kerk het nie outomaties burgerskap in die Koninkryk van God nie, maar is wel soos immigrante wat soortvan deel is vd volk solank hulle in hulle ouers se huis is. Uiteindelik moet elkeen self 'n burger word! Om " 'n kind van 'n volk " te wees, moes jy gebore word onder daardie volk, en al is jy jou ouers se kind beteken dit nie dat jy outomaties ook 'n kind van die Koninkryk is nie.  Jy word soos 'n immigrant hanteer (en leef, leer, werk, ontvang, ens. saam met God se volk), maar het burgerskap nodig om al die voordele te geniet en saam met die volk te erf. Kortom, as jy nie burgerskap het in die Koninkryk van God nie, dan sal jy nie soos hulle eendag redding ontvang en erf nie...

Immigrante moet gewoonlik 'n metode volg tot burgerskap. Kinders wat Christelike ouers het deel wel in dieselfde seeninge (van Christene) omdat hulle ouers Christene is (soos immigrante deel in die seeninge van 'n land waarin hulle woon), maar na regte kan hulle nooit deel word van die volk van God as hulle nie die kultuur en waardes AANNEEM nie (m.a.w., hulle moet hulle bekeer tot daardie volk se kultuur en waardes en reels - amper soos 'n immigrant moet doen), en daar is 'n bepaalde manier wat die Here geskep het waarop hierdie aanneming plaasvind. Jy moet bv. "trou sweer" aan Jesus Christus! - wat nie bedoel jy moet sweer nie, maar moet geloof in Jesus Christus bely - wat gepaardgaan met die afwassing van sondes, en die Heilige Gees ontvang (m.a.w., jy moet weergebore word) - sonder weergeboorte kan niemand in die koninkryk van God ingaan nie (Joh. 3:5)  (in die volgende paragraaf is 'n beter uiteensetting hiervan, en kan ook eers bespreek word ...). 

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

VRAAG: Is dit moontlik vir iemand om deel te word van 'n familie of volk of land, al is hy nie in daardie familie, volk of land gebore nie? En hoe verkry hy kindskap of burgerskap?M.a.w., wat moet iemand doen om burgerskap te kry? Wat presies beteken burgerskap?  

Om kindskap of burgerskap te verkry kan vgl. word met bekering en wedergeboorte.  Al is iemand nie gebore in 'n spesiefieke familie of volk nie, is dit wel moontlik om aangeneem te word as 'n kind of burgerskap te verkry, maar hierdie "aanneming tot kind" of "om burgerskap te verkry" het bepaalde voorwaardes.  Die wat burgerskap soek in 'n land wat nie hulle geboorteland is nie, soek 'n tipe wedergeboorte, m.a.w. al is hy nie gebore in daardie land nie, soek hy burgerskap asof hy gebore is in daardie land!, want "burgerskap" is bedoel vir die wat gebore is in die land. .. 

As jy nie gebore word in 'n volk of land nie, dan is jy maw nie 'n burger van daardie land nie, maar burgerskap kan op 'n ander manier verkry word (asof jy gebore is in daardie land), maar voor so iemand dan burgerskap kan ontvang, moet hy hom eers bekeer tot daardie land se wette. Bv. niemand kan burgerskap ontvang as hy nie 'n belofte afle dat hy homself sal ondergeskik stel aan daardie land se reels en wette nie. Hy soek dus "wedergeboorte" (burgerskap), maar voor hy dit kan ontvang, moet hy hom eers "bekeer" tot daardie land en wette. Dieselfde geld vir "aanneming tot kinders" (in die Koninkryk van God). Wanneer 'n paartjie 'n kind aanneem wat nie hulle eie kind is nie, verwag hulle ten minste dat daardie kind hom of haarself ondergeskik stel aan hulle gesag en hulle huis se wette gehoorsaam (want dan bewys hy dat hy 'n kind is van daardie huis).  Hulle verwag dus 'n tipe van "bekering" tot hulle huishouding voor "aanneming tot kind" werklik gebeur. As die kind steeds nie wil inskakel by die familie nie, sal hy nooit werklik 'n kin wees nie!  Hierdie is baiemaal die probleem vir pleegouers..., wanneer 'n kind in hulle huis inkom asof hulle "kind" maar die kind wil hom nie ondergeskik stel aan hulle gesag nie, of gehoorsaam nie hulle huis se wette nie. Vir "aanneming tot kind" is daar dus bepaalde voorwaardes, waarvan vrees (vir die ouers) verwag word, asook geregtigheid (dat die kind die ouers gehoorsaam). God is ook nie 'n aannemer vd persoon nie, maar in elke nasie is die een wat Hom vrees en geregtigheid doen, vir Hom welgevallig! (Hand. 10:35). Dit beteken dat "bekering" nodig is om aangeneem te word as 'n kind, m.a.w. dit is slegs die wat die Here vrees en Sy geregtigheid soek/doen, wat wederbaar kan word... Op dieselfde wyse kan niemand burgerskap in 'n land ontvang as hy hom nie onderskik stel aan daardie land om daardie outoriteit te vrees en die wette te gehoorsaam nie - "bekering" tot daardie land is dus eerste nodig - en dan is dit moontlik vir iemand om burgerskap ("wedergeboorte") te verkry. Deur "bekering" plaas hy m.a.w. sy "geloof" in daardie land, en dan is wederbaring moontlik... Die volgende stap om burgerskap te kry is wedergeboorte (hy word 'n burger van daardie land asof daar gebore). Op dieselfde wyse word iemand 'n kind van die Koninkryk van God deur wedergeboorte (asof hy "oor gebore" word). Elke land het spesifieke reels op hoe iemand 'n burger kan word;  op dieselfde wyse vind weergeboorte op 'n baie spesifieke manier plaas, nl. die manier wat God sĂȘ dit moet wees - nl. deur WATER en GEES...(vir die onderwyser vir 'n studie oor weergeboorte, gaan na: https://warechristene.blogspot.com/2014/02/weer-gebore-wedergeboorte-wedergebore.html ).

Die Christelike doop is 'n TEKEN van hierdie gebeurtenisse, nl. bekering en wedergeboorte.  Bv., dit simboliseer o.a. "dood en opstanding", soos iemand wat 'n burgerskap afle en 'n ander opneem/aanneem...
------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Monday, February 14, 2022

Die volk van God - Identiteit / geslagslyne 2 (les 3)

Hierdie is deel vd boekie "die volk van God" (onder die tema van IDENTITEIT). 
Vir die eerste 2 lesse, gaan na: https://sondagskooltuis.blogspot.com/2020/03/die-volk-van-god-identiteitgeslagslyne.html.  

In hierdie les kyk ons meer spesifiek na: 
-hoe iemand hierdie identiteit (van "geestelike mens") kan verkry, en 
-wie dit is wat gekies word om dit te verkry - m.a.w., die klem is op SALIGHEIDHierdie pos is nie bedoel om noodwendig die antwoorde hierop te gee nie (want die onderwyser ken die antwoorde), MAAR BEDOEL OM 'N RIGLYN TE STEL VIR DIE PRAKTIESE AANBIEDING VAN SO 'N LES ('n meer logiese praktiese benadering om te verstaan hoe iemand deel word van die Here se geslag, en hoekom).
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
In 'n vorige les het ons die volgende geleer oor die identiteit van God se volk (hier volg 'n kort opsomming daarvan):
- Identiteit word nie net beskryf deur dinge soos taal en kultuur nie, maar ook deur GESLAG (m.a.w. uit watter geslag iemand gebore is). 
- Geestelike mense (Christene) is anders as natuurlike mense, want hulle word (weer)gebore uit onverganklike saad (soos mense gebore uit God se geslag) - en sal dus nie soos natuurlike mense (wat uit verganklike saad gebore is) doodgaan nie (verwys daarna dat hulle die tweede dood sal vryspring), en hulle het ook die belofte van opstanding in nuwe liggame wanneer Jesus terugkom (opstanding vd uiterlike mens in 'n nuwe onverganklike liggaam)(en sal so die dood oorwin). 
-Na regte word alle mense gebore as "natuurlike mense", maar die wat weergebore word word geestelike mense genoem (gebore uit water en Gees - verwys dus na die wie se sondesafgewas is en wie die Gees ontvang het) - hulle innerlike mens is vernuwe en hulle uiterlike sal ook vernuwe word wanneer Jesus terugkom.  Omdat hulle innerlike vernuwe is is hulle instaat om vrug te dra tot (ewige) lewe... (en het dus die belofte van ewige lewe en dat hulle nie deur die tweede dood sal gaan nie, maar dit word eers voltrek in die opstanding). 
- Geestelike mense se uiterlike sterf steeds want hulle uiterlike is nog nie vernuwe tot onverganklike liggame nie, maar hulle het die belofte dat hulle uiterlike ook vernuwe sal word wanneer Jesus terugkom.
- Geestelike mense (weergeborenes / die wat die Gees het) word reeds gesien as "gebore uit God" (deel van Sy geslag), maar hulle aanneming tot kinders word eers voltrek in die opstanding (vd uiterlike mens). Geestelike mense is m.aw. deel van God se familie (is uit Sy saad gebore) - is soos mense wat van Sy vlees en been is...
___________________________________________________________________________________
LES 3: 

(a) Bespreek in groep:
----------------------------
- As God vir Hom 'n volk sou kies uit al die nasies vd aarde, wat dink jy sou die kriteria wees waarop Hy hulle uitkies?  Gee tyd in die groep om hieroor te gesels. Die vraag kan miskien eers op 'n ander manier gevra word, bv. "as jy mense moes kies om saam met jou te regeer - wie sou jy kies?";  of, "watter kriteria sal jy gebruik om te kies wie burgers van jou land (koninkryk) word"?



DIE ONDERWYSER KAN INLIGTING VOORAF VERGADER VAN WAT IEMAND MOET DOEN OM BURGERSKAP IN 'N ANDER LAND TE VERWERF...;    OF WAT IS BELANGRIK IN POLITIEK, BV. WAT IS DIT WAT MENSE HOOG AG AS BELANGRIK WANNEER HULLE KIES WIE MOET IN DIE LAND REGEER...;    OF WATTER KRITERIA IS BELANGRIK VIR OUERS WANNEER HULLE BESLUIT WIE WAT GAAN ERF...   Hierdie punte kan in verskillende lesse behandel word, bv. "jy moet 'n kind wees" om te kan erf  (kyk tema "aanneming tot kinders" en hoe dit verkry kan word in Jesus Christus); of  bv. "moet geen kriminele rekord he nie" as jy wil burgerskap ontvang (kyk tema van bekering en skoonwassing); of bv. "jy moet wys dat jy vir die mense vd land omgee" as jy wil regeer (kyk tema van barmhartigheid, dien en deel);  ens. 


HIER IS 'N BIETJIE INLIGTING en SKRIFTE WAT MAG HELP IN DIE BESPREKINGS:
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------
aanneming tot kinders - Rom. 8:15,23; 9:4; Gal. 4:5
skoongewas: Openb. 1:5; Hebr. 10:22; Matt. 9:6; Rom. 4:7; 1 Joh. 1:9; 1 Joh. 2:12; Hebr. 4:14
geloof - Kol. 2:6; Joh. 11:25,26; Openb. 21:7 
lewe volgens geloof - Gal. 5:21; 1 Kor. 6:9 

Die wat hemelse burgerskap het verwys NIE na die wat "volgens die vlees wandel" nie (Ef. 2:11,12), maar verwys na mense wie se harte besny is.  In enige land waar burgerskap toegeken word aan vreemdelinge, word daar eers navraag gedoen oor karakter, kriminele rekord ens., selfs aan watter familie jy behoort! (sien bv. hier die belangrikheid van sondes afwas en die besluit om vir die Here te leef, asook hoe belangrik wedergeboorte is). Hierdie is belangrik wanneer mense gekies word om burgerskap te ontvang (en daarom het Jesus se bediening begin deur mense op te roep tot bekering, en kyk die belangrikheid vd besluit om Hom te volg/in Hom te glo). Vir iemand om in 'n land te bly, is bv. belangrik dat die persoon besluit om te leef volgens wat daardie land van jou verwag  (bekering en geloof), om jou ondergeskik te stel aan die wette, die kultuur te respekteer, ens. Die tema van "besnydenis vd hart (en ore)" is ook nie net iets wat die Here vir ons doen nie, maar is ook iets wat van onsself verwag word om te doen. In hierdie koninkryk moet ons bv. gehoorsaam wees aan die gesag wat oor ons gestel is...
 
Die volgende kan in 'n volgende les behandel word, nl. die tema van geestelike mense wat saam met Christus gaan regeer. Die wat in Jesus Christus glo het die belofte dat hulle eendag saam met Hom sal regeer, maar let wel dat nie almal wat "burgerskap" het hierdie belofte ook het nie... - slegs die wat oorwin sal dit ontvang. Bv., Christene is "konings en priesters" gemaak vir die Here... (Openb. 5:9,10; 19:5; 20:6; 22:5; Dan. 7:18);  maar natuurlik, net soos nie alle mense geskik is vir 'n regerings-amp nie, net so sal nie alle Christene geskik wees om saam met Christus te regeer nie!.Ten eerste behels regering dat jy moet sorg dra vir dit wat "aan 'n ander behoort" (Matt. 25:14);  bv., die Here vertrou sekere goed aan Sy kinders toe maar as ons nie nou getrou is in hoe ons dit bestuur nie, hoe kan ons verwag om eendag te erwe? (Luk. 16:12). Alles behoort aan die Here - niks wat ons nou het behoort aan onsself nie... Die vraag is, hoe bestuur jy dit wat nou aan jou toevertrou word?  Hoe wil die Here he moet jy dit wat Hy aan jou toevertrou, bestuur?  As jy bv. leierskap ontvang, is jy besig om te lei volgens hoe die Here wil? (bv. verstaan jy dat leierskap gaan oor "om te dien", nie om gedien te word nie;  is jy barmhartig?; lei jy hulle om die wil vd Here te doen?, ens. - is jy 'n priester vir die Here?).  Hoe wend jy die geld aan wat die Here aan jou toevertrou? Wat van gawes wat Hy aan jou gee?......ens.
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------