Showing posts with label bekering. Show all posts
Showing posts with label bekering. Show all posts

Tuesday, October 15, 2024

Die volk van God - Identiteit en geslagslyne (4)(LES 5)

VIR DIE VORIGE LESSE OOR HIERDIE ONDERWERP, GAAN NA: 

- Inleiding: https://sondagskooltuis.blogspot.com/2020/02/die-volk-van-god-identiteit-geslagslyne_25.html

- (1) les 1 en 2: https://sondagskooltuis.blogspot.com/2020/03/die-volk-van-god-identiteitgeslagslyne.html

- (2) les 3: https://sondagskooltuis.blogspot.com/2020/06/die-volk-van-god-identiteit-geslagslyne.html

- (3) les 4: https://sondagskooltuis.blogspot.com/2020/06/die-volk-van-god-identiteit-geslagslyne.html.

- Eersgeborenes/eerstelinge: https://sondagskooltuis.blogspot.com/2021/05/eerstelinge-deel-vd-boekie-volk-van.html

- Eersgeborenes/eerstelinge: https://sondagskooltuis.blogspot.com/2015/10/eersgeborenespriesters-deel-van-boekie.html

---------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Vir die onderwyser:  Waaroor gaan hierdie les?:

Nie almal wat aan die Christelike kerk behoort is burgers vd Koninkryk nie. 'n Reisiger en 'n immigrant is bv. anders as 'n burger van 'n land...  Op ditto wyse is kinders vd koninkryk ook nie almal dieselfde nie, want sommige is soos reisigers wat die kerk besoek, en sommige soos immigrante wat graag burgerskap wil he maar dit nog nie ontvang het nie.

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Bespreek in die groep:

VRAAG:  In 'n land is daar reisigers, immigrante, en burgers.  Hoe sou jy die verskil tussen hulle beskryf? Hoeveel weet elk van daardie volk se waardes, feeste en kosse? Hoe ontvanklik is hy vir die volk se wette, reels en waardes?... Watter voordele verkry elk terwyl hulle in die land is, bv. 'n reisiger, of  'n immigrant, of die een wat burgerskap het - hoe verskil elkeen se voordele? 

'n Reisiger is iemand wat 'n land besoek (woon nie in die land nie, maar is net vir 'n kort rukkie daar). 
'n Emmigrant gaan woon in 'n land wat nie sy eie geboorteland is nie (hy's dan 'n immigrant van daardie land, maar het nie burgerskap nie).
'n Burger woon in sy geboorteland, of het burgerskap gekry... (asof dit sy geboorteland is).

Op ditto wyse is nie almal in die Christelike kerk BURGERS van die Koninkryk van God nie.  Sommige is reisigers (en net besoekers in die kerk), en ander is immigrante... Bv., Kinders wat opgroei in die Christelike kerk (maw, kinders van Christelike ouers) word hanteer soos burgers omdat hulle die volk se besonderse kultuur en waardes leer ken en in die seeninge deel, maar hulle is eintlik soos immigrante - hulle word baie dieselfde hanteer as burgers, maar hulle het nog nie burgerskap nie.  Burgerskap in die Koninkryk van God word op 'n baie spesifieke manier ontvang. Kinders wat opgroei in die Christelike kerk het nie outomaties burgerskap in die Koninkryk van God nie, maar is wel soos immigrante wat soortvan deel is vd volk solank hulle in hulle ouers se huis is. Uiteindelik moet elkeen self 'n burger word! Om " 'n kind van 'n volk " te wees, moes jy gebore word onder daardie volk, en al is jy jou ouers se kind beteken dit nie dat jy outomaties ook 'n kind van die Koninkryk is nie.  Jy word soos 'n immigrant hanteer (en leef, leer, werk, ontvang, ens. saam met God se volk), maar het burgerskap nodig om al die voordele te geniet en saam met die volk te erf. Kortom, as jy nie burgerskap het in die Koninkryk van God nie, dan sal jy nie soos hulle eendag redding ontvang en erf nie...

Immigrante moet gewoonlik 'n metode volg tot burgerskap. Kinders wat Christelike ouers het deel wel in dieselfde seeninge (van Christene) omdat hulle ouers Christene is (soos immigrante deel in die seeninge van 'n land waarin hulle woon), maar na regte kan hulle nooit deel word van die volk van God as hulle nie die kultuur en waardes AANNEEM nie (m.a.w., hulle moet hulle bekeer tot daardie volk se kultuur en waardes en reels - amper soos 'n immigrant moet doen), en daar is 'n bepaalde manier wat die Here geskep het waarop hierdie aanneming plaasvind. Jy moet bv. "trou sweer" aan Jesus Christus! - wat nie bedoel jy moet sweer nie, maar moet geloof in Jesus Christus bely - wat gepaardgaan met die afwassing van sondes, en die Heilige Gees ontvang (m.a.w., jy moet weergebore word) - sonder weergeboorte kan niemand in die koninkryk van God ingaan nie (Joh. 3:5)  (in die volgende paragraaf is 'n beter uiteensetting hiervan, en kan ook eers bespreek word ...). 

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

VRAAG: Is dit moontlik vir iemand om deel te word van 'n familie of volk of land, al is hy nie in daardie familie, volk of land gebore nie? En hoe verkry hy kindskap of burgerskap?M.a.w., wat moet iemand doen om burgerskap te kry? Wat presies beteken burgerskap?  

Om kindskap of burgerskap te verkry kan vgl. word met bekering en wedergeboorte.  Al is iemand nie gebore in 'n spesiefieke familie of volk nie, is dit wel moontlik om aangeneem te word as 'n kind of burgerskap te verkry, maar hierdie "aanneming tot kind" of "om burgerskap te verkry" het bepaalde voorwaardes.  Die wat burgerskap soek in 'n land wat nie hulle geboorteland is nie, soek 'n tipe wedergeboorte, m.a.w. al is hy nie gebore in daardie land nie, soek hy burgerskap asof hy gebore is in daardie land!, want "burgerskap" is bedoel vir die wat gebore is in die land. .. 

As jy nie gebore word in 'n volk of land nie, dan is jy maw nie 'n burger van daardie land nie, maar burgerskap kan op 'n ander manier verkry word (asof jy gebore is in daardie land), maar voor so iemand dan burgerskap kan ontvang, moet hy hom eers bekeer tot daardie land se wette. Bv. niemand kan burgerskap ontvang as hy nie 'n belofte afle dat hy homself sal ondergeskik stel aan daardie land se reels en wette nie. Hy soek dus "wedergeboorte" (burgerskap), maar voor hy dit kan ontvang, moet hy hom eers "bekeer" tot daardie land en wette. Dieselfde geld vir "aanneming tot kinders" (in die Koninkryk van God). Wanneer 'n paartjie 'n kind aanneem wat nie hulle eie kind is nie, verwag hulle ten minste dat daardie kind hom of haarself ondergeskik stel aan hulle gesag en hulle huis se wette gehoorsaam (want dan bewys hy dat hy 'n kind is van daardie huis).  Hulle verwag dus 'n tipe van "bekering" tot hulle huishouding voor "aanneming tot kind" werklik gebeur. As die kind steeds nie wil inskakel by die familie nie, sal hy nooit werklik 'n kin wees nie!  Hierdie is baiemaal die probleem vir pleegouers..., wanneer 'n kind in hulle huis inkom asof hulle "kind" maar die kind wil hom nie ondergeskik stel aan hulle gesag nie, of gehoorsaam nie hulle huis se wette nie. Vir "aanneming tot kind" is daar dus bepaalde voorwaardes, waarvan vrees (vir die ouers) verwag word, asook geregtigheid (dat die kind die ouers gehoorsaam). God is ook nie 'n aannemer vd persoon nie, maar in elke nasie is die een wat Hom vrees en geregtigheid doen, vir Hom welgevallig! (Hand. 10:35). Dit beteken dat "bekering" nodig is om aangeneem te word as 'n kind, m.a.w. dit is slegs die wat die Here vrees en Sy geregtigheid soek/doen, wat wederbaar kan word... Op dieselfde wyse kan niemand burgerskap in 'n land ontvang as hy hom nie onderskik stel aan daardie land om daardie outoriteit te vrees en die wette te gehoorsaam nie - "bekering" tot daardie land is dus eerste nodig - en dan is dit moontlik vir iemand om burgerskap ("wedergeboorte") te verkry. Deur "bekering" plaas hy m.a.w. sy "geloof" in daardie land, en dan is wederbaring moontlik... Die volgende stap om burgerskap te kry is wedergeboorte (hy word 'n burger van daardie land asof daar gebore). Op dieselfde wyse word iemand 'n kind van die Koninkryk van God deur wedergeboorte (asof hy "oor gebore" word). Elke land het spesifieke reels op hoe iemand 'n burger kan word;  op dieselfde wyse vind weergeboorte op 'n baie spesifieke manier plaas, nl. die manier wat God sê dit moet wees - nl. deur WATER en GEES...(vir die onderwyser vir 'n studie oor weergeboorte, gaan na: https://warechristene.blogspot.com/2014/02/weer-gebore-wedergeboorte-wedergebore.html ).

Die Christelike doop is 'n TEKEN van hierdie gebeurtenisse, nl. bekering en wedergeboorte.  Bv., dit simboliseer o.a. "dood en opstanding", soos iemand wat 'n burgerskap afle en 'n ander opneem/aanneem...
------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Monday, February 14, 2022

Die volk van God - Identiteit / geslagslyne 2 (les 3)

Hierdie is deel vd boekie "die volk van God" (onder die tema van IDENTITEIT). 
Vir die eerste 2 lesse, gaan na: https://sondagskooltuis.blogspot.com/2020/03/die-volk-van-god-identiteitgeslagslyne.html.  

In hierdie les kyk ons meer spesifiek na: 
-hoe iemand hierdie identiteit (van "geestelike mens") kan verkry, en 
-wie dit is wat gekies word om dit te verkry - m.a.w., die klem is op SALIGHEIDHierdie pos is nie bedoel om noodwendig die antwoorde hierop te gee nie (want die onderwyser ken die antwoorde), MAAR BEDOEL OM 'N RIGLYN TE STEL VIR DIE PRAKTIESE AANBIEDING VAN SO 'N LES ('n meer logiese praktiese benadering om te verstaan hoe iemand deel word van die Here se geslag, en hoekom).
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
In 'n vorige les het ons die volgende geleer oor die identiteit van God se volk (hier volg 'n kort opsomming daarvan):
- Identiteit word nie net beskryf deur dinge soos taal en kultuur nie, maar ook deur GESLAG (m.a.w. uit watter geslag iemand gebore is). 
- Geestelike mense (Christene) is anders as natuurlike mense, want hulle word (weer)gebore uit onverganklike saad (soos mense gebore uit God se geslag) - en sal dus nie soos natuurlike mense (wat uit verganklike saad gebore is) doodgaan nie (verwys daarna dat hulle die tweede dood sal vryspring), en hulle het ook die belofte van opstanding in nuwe liggame wanneer Jesus terugkom (opstanding vd uiterlike mens in 'n nuwe onverganklike liggaam)(en sal so die dood oorwin). 
-Na regte word alle mense gebore as "natuurlike mense", maar die wat weergebore word word geestelike mense genoem (gebore uit water en Gees - verwys dus na die wie se sondesafgewas is en wie die Gees ontvang het) - hulle innerlike mens is vernuwe en hulle uiterlike sal ook vernuwe word wanneer Jesus terugkom.  Omdat hulle innerlike vernuwe is is hulle instaat om vrug te dra tot (ewige) lewe... (en het dus die belofte van ewige lewe en dat hulle nie deur die tweede dood sal gaan nie, maar dit word eers voltrek in die opstanding). 
- Geestelike mense se uiterlike sterf steeds want hulle uiterlike is nog nie vernuwe tot onverganklike liggame nie, maar hulle het die belofte dat hulle uiterlike ook vernuwe sal word wanneer Jesus terugkom.
- Geestelike mense (weergeborenes / die wat die Gees het) word reeds gesien as "gebore uit God" (deel van Sy geslag), maar hulle aanneming tot kinders word eers voltrek in die opstanding (vd uiterlike mens). Geestelike mense is m.aw. deel van God se familie (is uit Sy saad gebore) - is soos mense wat van Sy vlees en been is...
___________________________________________________________________________________
LES 3: 

(a) Bespreek in groep:
----------------------------
- As God vir Hom 'n volk sou kies uit al die nasies vd aarde, wat dink jy sou die kriteria wees waarop Hy hulle uitkies?  Gee tyd in die groep om hieroor te gesels. Die vraag kan miskien eers op 'n ander manier gevra word, bv. "as jy mense moes kies om saam met jou te regeer - wie sou jy kies?";  of, "watter kriteria sal jy gebruik om te kies wie burgers van jou land (koninkryk) word"?



DIE ONDERWYSER KAN INLIGTING VOORAF VERGADER VAN WAT IEMAND MOET DOEN OM BURGERSKAP IN 'N ANDER LAND TE VERWERF...;    OF WAT IS BELANGRIK IN POLITIEK, BV. WAT IS DIT WAT MENSE HOOG AG AS BELANGRIK WANNEER HULLE KIES WIE MOET IN DIE LAND REGEER...;    OF WATTER KRITERIA IS BELANGRIK VIR OUERS WANNEER HULLE BESLUIT WIE WAT GAAN ERF...   Hierdie punte kan in verskillende lesse behandel word, bv. "jy moet 'n kind wees" om te kan erf  (kyk tema "aanneming tot kinders" en hoe dit verkry kan word in Jesus Christus); of  bv. "moet geen kriminele rekord he nie" as jy wil burgerskap ontvang (kyk tema van bekering en skoonwassing); of bv. "jy moet wys dat jy vir die mense vd land omgee" as jy wil regeer (kyk tema van barmhartigheid, dien en deel);  ens. 


HIER IS 'N BIETJIE INLIGTING en SKRIFTE WAT MAG HELP IN DIE BESPREKINGS:
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------
aanneming tot kinders - Rom. 8:15,23; 9:4; Gal. 4:5
skoongewas: Openb. 1:5; Hebr. 10:22; Matt. 9:6; Rom. 4:7; 1 Joh. 1:9; 1 Joh. 2:12; Hebr. 4:14
geloof - Kol. 2:6; Joh. 11:25,26; Openb. 21:7 
lewe volgens geloof - Gal. 5:21; 1 Kor. 6:9 

Die wat hemelse burgerskap het verwys NIE na die wat "volgens die vlees wandel" nie (Ef. 2:11,12), maar verwys na mense wie se harte besny is.  In enige land waar burgerskap toegeken word aan vreemdelinge, word daar eers navraag gedoen oor karakter, kriminele rekord ens., selfs aan watter familie jy behoort! (sien bv. hier die belangrikheid van sondes afwas en die besluit om vir die Here te leef, asook hoe belangrik wedergeboorte is). Hierdie is belangrik wanneer mense gekies word om burgerskap te ontvang (en daarom het Jesus se bediening begin deur mense op te roep tot bekering, en kyk die belangrikheid vd besluit om Hom te volg/in Hom te glo). Vir iemand om in 'n land te bly, is bv. belangrik dat die persoon besluit om te leef volgens wat daardie land van jou verwag  (bekering en geloof), om jou ondergeskik te stel aan die wette, die kultuur te respekteer, ens. Die tema van "besnydenis vd hart (en ore)" is ook nie net iets wat die Here vir ons doen nie, maar is ook iets wat van onsself verwag word om te doen. In hierdie koninkryk moet ons bv. gehoorsaam wees aan die gesag wat oor ons gestel is...
 
Die volgende kan in 'n volgende les behandel word, nl. die tema van geestelike mense wat saam met Christus gaan regeer. Die wat in Jesus Christus glo het die belofte dat hulle eendag saam met Hom sal regeer, maar let wel dat nie almal wat "burgerskap" het hierdie belofte ook het nie... - slegs die wat oorwin sal dit ontvang. Bv., Christene is "konings en priesters" gemaak vir die Here... (Openb. 5:9,10; 19:5; 20:6; 22:5; Dan. 7:18);  maar natuurlik, net soos nie alle mense geskik is vir 'n regerings-amp nie, net so sal nie alle Christene geskik wees om saam met Christus te regeer nie!.Ten eerste behels regering dat jy moet sorg dra vir dit wat "aan 'n ander behoort" (Matt. 25:14);  bv., die Here vertrou sekere goed aan Sy kinders toe maar as ons nie nou getrou is in hoe ons dit bestuur nie, hoe kan ons verwag om eendag te erwe? (Luk. 16:12). Alles behoort aan die Here - niks wat ons nou het behoort aan onsself nie... Die vraag is, hoe bestuur jy dit wat nou aan jou toevertrou word?  Hoe wil die Here he moet jy dit wat Hy aan jou toevertrou, bestuur?  As jy bv. leierskap ontvang, is jy besig om te lei volgens hoe die Here wil? (bv. verstaan jy dat leierskap gaan oor "om te dien", nie om gedien te word nie;  is jy barmhartig?; lei jy hulle om die wil vd Here te doen?, ens. - is jy 'n priester vir die Here?).  Hoe wend jy die geld aan wat die Here aan jou toevertrou? Wat van gawes wat Hy aan jou gee?......ens.
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Sunday, March 10, 2013

Evangelie Reeks 12-17 jariges: Wette en Geloof

VIR ANDER ONDERWERPE IN HIERDIE REEKS, GAAN NA:
-  http://sondagskooltuis.blogspot.co.nz/2013/01/interessante-vrae-vir-bespreking-12-tot.html
-  http://sondagskooltuis.blogspot.co.nz/2012/10/interessante-vrae-vir-bespreking-vir-12.html

ANDER POSTE VD EVANGELIE REEKS:
========================================================================

(Luk 16:16) " Die wet en die profete was tot op Johannesvan toe af word die evangelie van die koninkryk van God verkondig, en elkeen dring met geweld daarin".  

---------------------------------------------------------------------------------------------

VRAAG VIR BESPREKING:
(1) As die "wet en profete was tot op Johannes" (en van toe af die evangelie van die koninkryk verkondig word), beteken dit dat ons geen wette meer hoef te onderhou nie?  


===========================================================
Alhoewel die wet en profete vervul is, beteken dit nie dat die Christen geen "wette" het nie! Inteendeel, in die evangelie van die koninkryk, het "wette" 'n sterker betekenis gekry en moet die geregtigheid oorvloediger wees! Die onderhouding van die wet, was inteendeel nooit bedoel as 'n weg na saligheid nie, ook nie in die O.T. nie! -(Rom. 3-5).  "GELOOF" was altyd! . Beteken dit dan dat daar geen "gehoorsaamheid" van ons verwag word nie? Nee.  Deur "gehoorsaamheid" bewys die Christen dat hy die Here in beheer sit van sy lewe - dit word dus van die gelowige verwag om gehoorsaam te wees! Net so is baie leringe in die "evangelie van die koninkryk" nie 'n manier om saligheid te verkry nie, maar eerder die manier hoe die Christen regtig "in die geloof" lewe. ("ongehoorsaamheid" was in die eerste plek dit wat veroorsaak het dat Adam en Eva geval het)

*  "bekering en geloof is noodsaaklik om "kinders van die koninkryk te word", maar as die kinders van die koninkryk nie die nodige vrug dra nie, kan hulle hul seunskap verloor!"

*  "ons kan nie saligheid ontvang deur die onderhouding van wette nie, maar om in die wil van die Here te lewe, is 'n bewys dat iemand tot geloof gekom het"

OM HIERDIE REDE HET JESUS NIE NET DIE OPDRAG GEGEE OM DIE EVANGELIE AAN AL DIE NASIES TE VERKONDIG NIE, MAAR HY HET OOK GESE:  (Mat 28:19)  "Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het".  
Wanneer ons dus praat van "DIE EVANGELIE", dan is dit belangrik dat dit aan mense verduidelik word dat hulle hulself moet ondergeskik stel aan hulle Skepper- die persoon moet verstaan dat, om deel te wees van die kinders van die koninkryk, of om die koninkryk te beerwe, beteken dat hy homself ondergeskik stel AAN DIE KONING van daardie koninkryk (- dit gaan dan nie meer oor die persoon se eie wil nie, maar oor "wat die Here wil").  Jesus het baie oor hierdie dinge gepreek terwyl Hy die "evangelie van die koninkryk" verkondig het, nl. "gehoorsaamheid", "om die wil van die Vader te doen", "om te bekeer" ens.
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------


Ook in die eerste gemeentes, het die dissipels nie die "evangelie van Jesus Christus" geskei van die "evangelie van die koninkryk" nie:
  
(Hand. 8:12)  "Maar toe hulle Filippus geglo het, wat die evangelie (1) aangaande die koninkryk van God en (2)die Naam van Jesus Christus verkondig het, is hulle gedoop, manne sowel as vroue".

Let ook daarop dat toe Jesus gepraat het van hoe die evangelie aan die hele wereld verkondig sal word as getuienis, Hy volgens Matt. 24:14 die woorde "die evangelie van die koninkryk" gebruik het. Die evangelie behels dus nie net die feit dat Jesus vir ons gesterf het sodat ons sondes afgewas kan word nie, maar behels ook die feit van Sy koninkryk.  Net so natuurlik, is die evangelie van vrede verkondig in die eerste gemeentes, saam met die evangelie van Jesus Christus.

As net die "evangelie van Jesus Christus" verkondig word sonder die "evangelie van die koninkryk", dan het dit tot gevolg dat baie dink hulle saligheid is beklink, maar is dit?  Iemand kan 'n kind van die koninkryk word deur wedergeboorte, maar watter gevolge sal dit he sou daardie persoon nie "die nodige vrug dra nie?"  Kom ons kyk wat Jesus gese het van "die Jode wat Hom verwerp het en nie die nodige vrug gedra het nie":  
(Mat 21:42)  "Jesus sê vir hulle: Het julle nooit in die Skrifte gelees nie: Die steen wat die bouers verwerp het, dit het ‘n hoeksteen geword. Hy het van die Here gekom en is wonderbaar in ons oë?
(Mat 21:43)  Daarom sê Ek vir julle: Die koninkryk van God sal van julle weggeneem en aan ‘n volk gegee word wat die vrugte daarvan sal dra". (Kyk ook Matt. 3:7-11).  Baie sal redeneer dat die woorde  slegs bedoel is vir die wat Jesus regtig verwerp, maar dit is duidelik dat die skrif ook die feit van "vrug dra" insluit;  - bv. kyk ook na "die gelykenis van die Saaier" en vele ander skrifte oor die onderwerp - dit is duidelik dat iemand sy kindskap kan verloor, sou hy homself nie ondergeskik stel aan die Here om Hom gehoorsaam te wees nie (dit is immers wat bekering beteken, maar as iemand dan nou opsetlik bly sondig nadat hulle tot die waarheid gekom het, watter ander offer is daar dan? -Hebr. 10:26).  DUS MOET ONS SEKER MAAK DAT ONS VERSTAAN WAT "DIE EVANGELIE" REGTIG BEHELS.  

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Die evangelie bevat dus die begrip van "bekering".  Bekering was altyd, en is nog steeds 'n voorwaarde om "kinders van die koninkryk" te kan word.  Bekering gaan daaroor dat iemand homself ondergeskik stel aan die Here - hy le sy lewe af vir die Here - dit gaan nie meer oor sy eie wil nie, maar oor die Here se wil - hy erken Hom as sy Koning - hy dien Hom - hy volg Hom ..........daarom skryf Paulus:  (Kol 3:9,10)  "Lieg nie vir mekaar nie, omdat julle die oue mens met sy werke afgelê het en julle jul met die nuwe mens beklee het wat vernuwe word tot kennis na die beeld van sy Skepper", 

---------------------------------------------------------------
(Mat 9:17)  ‘n Mens gooi ook nie nuwe wyn in ou leersakke nie; anders bars die sakke en die wyn loop uit en die sakke vergaan. Maar ‘n mens gooi nuwe wyn in nuwe sakke en altwee bly behoue.

Saturday, September 1, 2012

Storieverhaal-kaart 2: die Stem van een wat roep in die woestyn!

In die storieverhaal-kaarte, is die verhale in die boeke van Mattheus, Markus, Lukas en Johannes, bymekaargebring - ekstra inligting is bygevoeg en flitskaarte uit die "Het jy geweet..."-boekie is ingesluit:  (gaan na die "Het jy geweet - page" om nog inligting te versamel)..  (Die storieverhale, kan gebruik word vir voorlesing en lesaanbieding in konteksverband.) 
  • Storieverhaal-kaart 2:  die Stem van een wat roep in die woestyn! (dit vertel die verhaal van die bediening van  Johannes die Doper)
  • - bedoel vir 9 - 12 jariges, alhoewel dit in beprekingsvorm gebruik kan word vir tot 15 jariges (vrae wat dan gevra word, is bv.:  "Wat  het die doop van Johannes regtig beteken?" of "Johannes het gepreek dat die koninkryk van die hemele naby is - hoekom was bekering belangrik daarvoor en wat was hierdie koninkryk waarvan hy gepraat het?" of "Wat het Johannes bedoel met die terme koring en kaf?" ens.)
-----------------------------------------------------------




Storieverhaalkaart 2:  die Stem van een wat roep in die woestyn! 
 Die volk het vir lank gewag op die "redding" wat deur die profete eeue voor die tyd voorspel is - 'n Koning wat hulle sou verlos uit die hand van hulle vyande. Daar was ook geprofeteer van die een wat voor Hom sou uitgaan, nl. Johannes die Doper:  "Kyk, Ek stuur my boodskapper voor u aangesig, wat u weg voor U uit sal regmaak".  Die volk het dus iemand verwag wat voor die Messias sou uitgaan, en die pad voorberei vir die verlossing. Hierdie persoon sou die kennis van saligheid aan die volk gee en vergifnis van hulle sondes. 

Johannes die Doper het voor Jesus Christus uitgegaan om die weg gereed te maak, om die "harte van die vaders terug te bring tot die kinders en die ongehoorsames tot die gesindheid van die regverdiges, om vir die Here ‘n toegeruste volk te berei".  Dit is dan ook die rede hoekom hy mense gedoop het, dit was 'n "doop van bekering" - bekering was nodig om deel te wees van die aardse koninkryk met die Verlosser as Koning.  Net voor Jesus se hemelvaart, het die dissipels Hom gevra: "Here, gaan U in hierdie tyd die koninkryk vir Israel weer oprig?" -(Hand. 1:6).   In  (Mat 20:20,21), vra die hoogmoedige moeder van die seuns van Sebedéüs vir Jesus: "Sê dat hierdie twee seuns van my in u koninkryk mag sit, een aan u regter— en een aan u linkerhand...".  -Sy het ook duidelik 'n koninkryk verwag met Jesus as Koning..

(Luk 19:11-" En terwyl hulle na hierdie dinge luister, vertel Hy daar nog ‘n gelykenis by, omdat Hy naby Jerusalem was en hulle gedink het dat die koninkryk van God onmiddellik sou verskyn - lees gerus die verhaal wat Jesus vertel in die gedeelte:  Luk. 19:12-27).
  Dit is ook wat Johannes gepreek het:  "Bekeer julle, want die koninkryk van die hemele het naby gekom".  Jesus het dit ook gepreek.  Later het Hy vir die owerpriesters en die Fariseërs gesê dat die koninkryk van God  van hulle weggeneem sal word en aan ‘n volk gegee word wat die vrugte daarvan sal dra, omdat hulle Hom verwerp - so sien ons ook dat dit juis die  Fariseërs en die wetgeleerdes was wat hulle nie wou laat doop deur die doop van Johannes nie. Die tema van "koninkryk" was dus 'n belangrike term en baie werklik vir die volk;  dit waaroor daar vir eeue gesels is en iets soos 800 jaar voor dit geprofeteer is. Oor wanneer Jesus nou hierdie koninkryk gaan oprig, was Sy antwoord aan die dissipels: "Dit kom julle nie toe om die tye of geleenthede te weet wat die Vader deur sy eie mag bepaal het nie; maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judéa en Samaría en tot aan die uiterste van die aarde"
 Steeds 2000 jaar later, word daar steeds gewag op hierdie "koninkryk".  Jesus het baie verhale vertel rondom die konkryk.  In die verhale gee Hy ook die voorwaardes vir "om te kan ingaan in die koninkryk".  Johannes het ook die voorbeeld gebruik van "koring en kaf" en daarmee verduidelik dat slegs die wat die nodige vrug dra, sal kan ingaan in die konkryk van die hemele. Daar is heelwat verskille onder die geleerdes t.o.v. koninkryk-studies, en baie geleerdes wil graag 'n onderskeid tref tussen die terme "koninkryk van die hemele" en  "koninkryk van God" en "koninkryk van Israel". Sommige geleerdes stel elke term voor as beduidende van 'n ander groep, bv. kerk of Jode ens.  Deur deeglike studie sal bevind word dat die terme somtyds oorvleuel. Die klem moet egter berus op die term "koninkryk". Alhoewel God die "koninkryk van Israel" wel sal oprig in die 1000-jarige Vrederyk (Openb. 11:15; 20:4) , moet ons verstaan dat die "kerk van Christus", wat bestaan uit Jode sowel heidene wat in Jesus Christus glo as hulle Saligmaker" (die wat deel gehad het aan die eerste opstanding), ook deel gaan wees van hierdie koninkryk. Wat die term "koninkryk van God" betref, is dit meer verwysend na die hartstoestand - Jesus het self ook verduidelik dat "die koninkryk van God nie kom met sigbare tekens nie, maar binne-in ons is" - Luk. 17:20,21. Tog word die term "koninkryk van God" in sommige skrifte gebruik in dieselfde konteks as die "koninkryk van die hemele". Om dit beter te verstaan, sou ons dit miskien as volg kon verduidelik: die manier hoe God bepaal wie deel is van die koninkryk van God of kan ingaan in die koninkryk van God/hemele, is deur na die hart van die mens te kyk - gehoorsaamheid en ondergeskiktheid aan Hom;  m.a.w. of die mens regtig glo en Hom eerste stel in sy lewe.  Sou die "koninkryk van die hemele" meer verwysend wees na hierdie aardse koninkryk, dan moet iemand steeds deel wees van die koninkryk van God om die koninkryk van die hemele in te gaan;  dit wil dus voorkom asof die verhale wat Jesus vertel het van die "koninkryk van die hemele", baie kenmerkend is van die kerk - nie dat die kerk huidiglik regeer nie, maar inteendeel, dat die wat deel is van die  "kerk van Christus", diensknegte is wat uitgaan om mense te versamel en tot bekering te roep sodat hulle kan deel wees van hierdie koninkryk.  Waarop ons veral moet ag gee, in die verhale wat Jesus vertel het rondom koninkryk van God/hemele, is die VOORWAARDES van om deel te kan wees van die koninkryk van die hemele/God.  (kyk gerus na "Vrae wat Tieners vra:  Eindtyd Onderwerpe).     
---------------------------------------------------------------------------


(Die volgende kan soos 'n verhaal voorgelees word en gaan oor)
Johannes die Doper, volgens die boeke van "Mattheus", "Markus", "Lukas" en "Johannes"
 -(die onderstaande gebeure is nie noodwendig in volgorde nie) :


  Daar was ‘n man van God gestuur, wie se naam Johannes was.  Hy het tot ‘n getuienis gekom om van die lig, Jesus Christus, te getuig, sodat almal deur hom sou glo. Hy was nie die lig nie, maar hy moes van die lig getuig.

Voor Johannes se geboorte, het 'n engel aan sy pa, Sagaria, verskyn en hom meegedeel dat sy vrou 'n seun sou baar vir wie hulle Johannes moes noem, en dat Johannes baie van die kinders van Israel sou bekeer tot die Here hulle God en dat hy voor Jesus Christus sou uitgaan om die weg gereed te maak.  Ook het die engel gese dat baie mense bly sou wees oor Johannes se geboorte omdat hy groot sal wees voor die Here. Die engel se woorde was verder:  "En wyn en sterk drank sal hy nooit drink nie, en hy sal vervul word met die Heilige Gees reeds van die skoot van sy moeder af. En hy sal baie van die kinders van Israel bekeer tot die Here hulle God".

( Die feit dat hy geen wyn of sterk drank sou drink nie, was een van die tekens vir iemand wat afgesonder is vir die Here. Gewoonlik was so iemand 'n "Nasareer" genoem en moontlik is Johannes ook so genoem).


Sagaria het nie die engel geglo nie en kon nie verstaan hoe die dinge selfs moontlik kon wees nie, siende hy al 'n ou man was en sy vrou ver op gevorderde leeftyd.  Hy wou ook 'n teken hê.
Toe sê die engel vir hom: "Ek is Gabriël wat voor God staan, en ek is gestuur om met jou te spreek en jou hierdie goeie tyding te bring.  En kyk, jy sal swyg en nie kan praat nie tot op die dag dat hierdie dinge gebeur, omdat jy my woorde wat op hulle tyd vervul sal word, nie geglo het nie".  Dit het alles gebeur terwyl Sagaria besig was
in die tempel van die Here, om die reukwerk te brand.  Die hele menigte van die volk was buite, besig om te bid op die uur van die reukoffer.  En die volk het op Sagaría bly wag en was verwonderd dat hy so lank in die tempel vertoef.  Maar toe hy uitkom, kon hy met hulle nie praat nie; hulle bemerk toe dat hy ‘n gesig in die tempel gesien het. En hy het aanhoudend vir hulle beduie en stom gebly.  En toe die dae van sy diens vervul was, het hy huis toe gegaan. Ná hierdie dae het Elisabet, sy vrou, swanger geraak en haar vyf maande lank verberg en gesê:  "So het die Here met my gedoen in die dae toe Hy my aangesien het om my smaad onder die mense weg te neem".



 In daardie dae het daar ook 'n engel aan 'n bloedverwant van Elisabet verskyn, nl. aan Maria, en haar meegedeel dat sy sal swanger word en 'n Seun baar, en sy moes Hom Jesus noem. Van Hom het die engel gese: "Hy sal groot wees en die Seun van die Allerhoogste genoem word; en die Here God sal aan Hom die troon van sy vader Dawid gee, en Hy sal koning wees oor die huis van Jakob tot in ewigheid, en aan sy koninkryk sal daar geen einde wees nie".  Voor die engel weggaan, het hy haar ook vertel van Elisabet wat swanger is. 

Daarna, in daardie dae, het Maria opgestaan en haastig na die bergstreek gegaan, na ‘n stad van Juda;  en sy het in die huis van Sagaría gekom en Elisabet gegroet.  En toe Elisabet die groet van Maria hoor, het die kindjie in haar skoot opgespring; en Elisabet is vervul met die Heilige Gees  en het met ‘n groot stem uitgeroep en gesê: "Geseënd is jy onder die vroue, en geseënd is die vrug van jou skoot!  En wat het my oorgekom dat die moeder van my Here na my toe kom?  Want kyk, toe die geluid van jou groet in my ore klink, het die kindjie in my skoot van vreugde opgespring.  En salig is sy wat geglo het, want die dinge wat deur die Here aan haar gesê is, sal vervul word". 
 En Maria het gesê: "My siel maak die Here groot,  en my gees is verheug in God, my Saligmaker;  omdat Hy die nederige toestand van sy diensmaagd aangesien het; want kyk, van nou af sal al die geslagte my salig noem.  Want Hy wat magtig is, het groot dinge aan my gedoen, en heilig is sy Naam.  En sy barmhartigheid is van geslag tot geslag vir die wat Hom vrees. Hy het deur sy arm kragtige dade gedoen. Hoogmoediges in die gedagtes van hulle hart het Hy verstrooi.  Maghebbers het Hy van trone afgeruk en nederiges verhoog.  Hongeriges het Hy met goeie dinge vervul en rykes met leë hande weggestuur.  Hy het sy kneg Israel bygestaan, sodat Hy aan sy barmhartigheid sou dink  soos Hy tot ons vaders gespreek het—aan Abraham en sy nageslag tot in ewigheid.  En Maria het by haar omtrent drie maande gebly; en sy het teruggegaan na haar huis toe. 

 En die tyd dat sy moeder moes word, is vir Elisabet vervul, en sy het ‘n seun gebaar.  En toe haar bure en bloedverwante hoor dat die Here sy barmhartigheid aan haar groot gemaak het, was hulle saam met haar bly.  En op die agtste dag het hulle gekom om die kindjie te besny, en hulle wou hom Sagaría noem, na die naam van sy vader.  Toe antwoord sy moeder en sê: Nee, maar hy moet Johannes genoem word.  En hulle sê vir haar: Daar is niemand in jou familie wat dié naam het nie.  En hulle beduie vir sy vader hoe hy wou hê dat hy genoem moes word.  Hy vra toe ‘n skryfbordjie en skryf: Johannes is sy naam. En almal was verwonderd.  En onmiddellik is sy mond geopen en het sy tong losgeraak, en hy het gepraat en God geloof.  En daar het vrees gekom oor almal wat rondom hulle gewoon het, en daar is baie gepraat oor al hierdie dinge in die hele bergstreek van Judéa.  En almal wat dit gehoor het, het dit ter harte geneem en gesê: Wat sal tog van hierdie kindjie word? En die hand van die Here was met hom.  En Sagaría, sy vader, is vervul met die Heilige Gees en het geprofeteer en gesê:  "Geloofd sy die Here, die God van Israel, omdat Hy sy volk besoek het en vir hulle verlossing teweeggebring het,  en ‘n horing van heil vir ons opgerig het in die huis van Dawid, sy kneg—  soos Hy gespreek het deur die mond van sy heilige profete van ouds af—  redding van ons vyande en uit die hand van almal wat vir ons haat,  om barmhartigheid te bewys aan ons vaders en aan sy heilige verbond te dink,  aan die eed wat Hy gesweer het vir Abraham, ons vader, om aan ons te gee dat ons, verlos uit die hand van ons vyande, Hom sonder vrees kan dien,  in heiligheid en geregtigheid voor Hom, al die dae van ons lewe.
  En jy, kindjie, sal ‘n profeet van die Allerhoogste genoem word, want jy sal voor die aangesig van die Here uitgaan om sy weë reg te maak;  om kennis van saligheid aan sy volk te gee in die vergifnis van hulle sondes, deur die innige barmhartigheid van onse God waarmee die opgaande Lig uit die hoogte ons besoek het,  om te skyn oor die wat in duisternis en doodskaduwee sit, om ons voete na die pad van vrede te rig".  

En die kindjie het gegroei en sterk geword in die Gees; en hy was in die woestyne tot op die dag van sy vertoning aan Israel.

  En in die vyftiende jaar van die regering van keiser Tibérius, toe Pontius Pilatus goewerneur was van Judéa en Herodes viervors van Galiléa, en Filippus, sy broer, viervors van Ituréa en die land Trachonítus, en Lisánias viervors van Abiléne,  tydens die hoëpriesterskap van Annas en Kájafas, het die woord van God gekom tot Johannes, die seun van Sagaría, in die woestyn. In daardie dae het hy opgetree en in die woestyn van Judéa  gepreek en gesê: 'Bekeer julle, want die koninkryk van die hemele het naby gekom".  Johannes was besig om in die woestyn te doop en die doop van bekering tot vergifnis van sondes te verkondig. En die hele Joodse land en die inwoners van Jerusalem het uitgegaan na hom toe, en is deur hom gedoop in die Jordaanrivier met belydenis van hulle sondes, want dit is hy van wie deur die profeet Jesaja gespreek is toe hy gesê het: "Die stem van een wat roep in die woestyn: Berei die weg van die Here, maak sy paaie reguit!  Elke dal moet opgevul word en elke berg en heuwel wegsak; en die krom draaie sal ‘n reguit pad word en die skurwe plekke gelyk weë.  En alle vlees sal die heil van God sien". En hy, Johannes, het ‘n kleed gedra van kameelhare en ‘n leergord om sy heupe, en sy voedsel was sprinkane en wilde heuning. Maar toe hy baie van die Fariseërs en Sadduseërs na sy doop sien kom, sê hy vir hulle: "Addergeslag, wie het julle aangewys om te vlug vir die toorn wat aan kom is?  Dra dan vrugte wat by die bekering pas.  En moenie dink om by julleself te sê: ons het Abraham as vader nie; want ek sê vir julle dat God mag het om uit hierdie klippe kinders vir Abraham op te wek.  Maar die byl lê ook al teen die wortel van die bome. Elke boom wat geen goeie vrugte dra nie, word uitgekap en in die vuur gegooi".  



En die skare het hom gevra en gesê: Wat moet ons dan doen?  En hy antwoord en sê vir hulle: "Wie twee kledingstukke het, moet meedeel aan hom wat nie het nie; en wie voedsel het, moet dieselfde doen". En tollenaars het ook gekom om gedoop te word, en vir hom gesê: Meester, wat moet ons doen?  En hy antwoord hulle: "Moenie meer invorder as wat julle voorgeskrywe is nie".  En die soldate het hom ook gevra en gesê: En ons, wat moet ons doen? En hy sê vir hulle: "Julle moet niemand geweld aandoen of iets afpers nie; en wees tevrede met julle soldy".  En terwyl die volk in verwagting was, en almal in hulle hart oorweeg het aangaande Johannes of hy nie miskien die Christus was nie, antwoord Johannes almal en sê:  "Ek doop julle wel met water tot bekering; maar Hy wat ná my kom, is sterker as ek, wie se skoene ek nie waardig is om aan te dra nie. Hy sal julle doop met die Heilige Gees en met vuur.  Sy skop is in sy hand, en Hy sal sy dorsvloer deur en deur skoonmaak en sy koring in die skuur saambring, maar die kaf sal Hy met onuitbluslike vuur verbrand. Hy het dan ook met baie ander vermaninge die evangelie aan die volk verkondig".

Toe het Jesus van Nasaret in Galiléa na die Jordaan, na Johannes gekom om deur hom gedoop te word.  Maar Johannes het Hom ernstig teëgegaan en gesê: Ek het nodig om deur U gedoop te word, en kom U na my toe?  Maar Jesus het geantwoord en vir hom gesê: "Laat dit nou toe, want só pas dit ons om alle geregtigheid te vervul". (Alhoewel Jesus nooit gesondig het nie, het Hy Hom deur Johannes laat doop om Sy gehoorsaamheid aan God die Vader, te toon.
En nadat Jesus gedoop was, het Hy dadelik uit die water opgeklim, en meteens gaan die hemele vir Hom oop en Hy sien die hemele skeur en die Gees van God soos ‘n duif neerdaal en op Hom kom.  En daar kom ‘n stem uit die hemele wat sê: "Dit is my geliefde Seun in wie Ek ‘n welbehae het". 

En dit is die getuienis van Johannes, toe die Jode uit Jerusalem priesters en Leviete gestuur het om hom te vra: Wie is u?  En hy het erken en nie ontken nie, maar het erken: Ek is nie die Christus nie.  Toe vra hulle hom:" Wat dan? Is u Elía?" En hy sê: "Ek is nie". "Is u die profeet?" En hy antwoord:"Nee".  Toe sê hulle vir hom: Wie is u? —dat ons antwoord kan gee aan die wat ons gestuur het. "Wat sê u van uself?"  Hy antwoord:" Ek is die stem van een wat roep in die woestyn: Maak die pad van die Here reguit! soos Jesaja, die profeet, gesê het".  En die wat gestuur was, was uit die Fariseërs.  En hulle vra hom en sê vir hom: Waarom doop u dan as u nie die Christus of Elía of die profeet is nie?  Johannes antwoord hulle en sê: "Ek doop met water, maar onder julle staan Hy vir wie julle nie ken nie—  dit is Hy wat ná my kom, wat voor my geword het, wie se skoenriem ek nie waardig is om los te maak nie".  En dit het gebeur in Betábara, oorkant die Jordaan, waar Johannes besig was om te doop. 
Op 'n ander dag sien Johannes Jesus na hom toe kom, en hy sê: 'Dáár is die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem!  Dit is Hy van wie ek gesê het: Ná my kom ‘n man wat voor my geword het, want Hy was eerder as ek.  En ek het Hom nie geken nie; maar dat Hy aan Israel openbaar sou word, daarom het ek gekom en met water gedoop.  En Johannes het getuig en gesê: Ek het die Gees soos ‘n duif uit die hemel sien neerdaal, en Hy het op Hom gebly.  En ek het Hom nie geken nie; maar Hy wat my gestuur het om met water te doop, Hy het aan my gesê: Op wie jy die Gees sien neerdaal en op Hom bly, dit is Hy wat met die Heilige Gees doop.  En ek het gesien en getuig dat Hy die Seun van God is".  Die volgende dag het Johannes weer daar gestaan en twee van sy dissipels het hom dit hoor sê en Jesus gevolg.

  Hierna het Jesus en sy dissipels na die land van Judéa gegaan, en Hy het daar met hulle vertoef en gedoop.  En Johannes was ook besig om te doop in Enon naby Salim, omdat daar baie water was. En die mense het daar gekom en is gedoop. Daar het toe van die kant van die dissipels van Johannes ‘n redenasie met die Jode ontstaan oor die reiniging.  En hulle het na Johannes gekom en vir hom gesê: "Rabbi, Hy wat saam met u oorkant die Jordaan was, van wie u getuig het, kyk, Hy doop, en almal gaan na Hom toe'.  Johannes antwoord en sê:" ‘n Mens kan niks aanneem as dit hom nie uit die hemel gegee is nie.  Julle is self my getuies dat ek gesê het: Ek is nie die Christus nie; maar dat ek voor Hom uitgestuur is.  Hy wat die bruid het, is die bruidegom; maar die vriend van die bruidegom wat na hom staan en luister, verbly hom baie oor die stem van die bruidegom. So is dan hierdie blydskap van my volkome.  Hy moet meer word, maar ek minder". Op 'n ander keer was die dissipels van Johannes en dié van die Fariseërs besig om te vas. Toe kom hulle en sê vir Jesus: "Waarom vas die dissipels van Johannes en dié van die Fariseërs, maar u dissipels vas nie?"  En Jesus sê vir hulle: "Kan die bruilofsgaste dan vas terwyl die bruidegom by hulle is? So lank as hulle die bruidegom by hulle het, kan hulle nie vas nie.  Maar daar sal dae kom wanneer die bruidegom van hulle weggeneem word, en dan sal hulle vas, in daardie dae".  



Toe Herodes, die viervors, deur Johannes bestraf is oor Heródias, die vrou van Filippus, sy broer, en oor al die slegte dinge wat Herodes gedoen het, het hy‘n oog op Johannes gehad en wou hom om die lewe bring, want Johannes het vir hom gesê: "Dit is u nie geoorloof om u broer se vrou te hê nie".  Hy het Johannes gevang, geboei en in die gevangenis gesit.  En toe Jesus hoor dat Johannes in die gevangenis gesit is, het Hy na Galiléa teruggegaan.  Hoewel Herodes vir Johannes wou doodmaak,  was hy bang vir Johannes, omdat hy wis dat hy ‘n regverdige en heilige man was, en hy het hom beskerm; en nadat hy hom gehoor het, het hy baie dinge gedoen en graag na hom geluister.  Hy het ook die skare gevrees, omdat hulle hom vir 'n profeet gehou het. 

Terwyl Johannes in die gevangenis was, het hy sekere twee van sy dissipels na hom geroep en hulle na Jesus gestuur en gesê: "Is U die Een wat sou kom, of moet ons ‘n ander een verwag?"  En toe die manne by Hom kom, sê hulle: "Johannes die Doper het ons na U gestuur en gesê: Is U die Een wat sou kom, of moet ons ‘n ander een verwag?"  En in dieselfde uur het Jesus baie mense genees van siektes en kwale en bose geeste, en aan baie blindes die gesig geskenk.  En Jesus antwoord en sê vir hulle: "Gaan vertel aan Johannes wat julle sien en hoor: blindes sien weer, kreupeles loop, melaatses word gereinig, dowes hoor, dooies word opgewek, aan armes word die evangelie verkondig.  En salig is elkeen wat aan My nie aanstoot neem nie".  En nadat die boodskappers van Johannes weggegaan het, begin Hy vir die skare aangaande Johannes te sê: "Wat het julle uitgegaan in die woestyn om te aanskou? ‘n Riet wat deur die wind beweeg word?  Maar wat het julle uitgegaan om te sien? ‘n Man met sagte klere aan? Kyk, die wat pragtige klere dra en in weelde lewe, is in die paleise.  Maar wat het julle uitgegaan om te sien? ‘n Profeet? Ja, Ek sê vir julle, nog baie meer as ‘n profeet!  Dit is hy van wie daar geskrywe is: Kyk, Ek stuur my boodskapper voor u aangesig, wat u weg voor U uit sal regmaak.  Want Ek sê vir julle, onder die wat uit vroue gebore is, is daar geen profeet groter as Johannes die Doper nie".  En toe die hele volk en die tollenaars dit hoor, het hulle God geregverdig deur hulle te laat doop met die doop van Johannes.  Maar die Fariseërs en die wetgeleerdes het die raad van God aangaande hulle verwerp deur hulle nie deur hom te laat doop nie.

 By die viering van die verjaarsdag van Herodes het die dogter van Heródias voor hulle gedans en Herodes behaag.   Daarom het hy met ‘n eed beloof om haar enigiets te gee wat sy sou vra.  Toe sê sy, nadat sy deur haar moeder aangehits was: Gee my hier op ‘n skottel die hoof van Johannes die Doper.  En die koning het treurig geword, maar ter wille van die eed en die feesgenote het hy beveel dat dit gegee moes word.  En hy het gestuur en Johannes in die gevangenis onthoof. Sy hoof is toe op ‘n skottel gebring en aan die meisie gegee, en sy het dit na haar moeder gebring.  En toe Johannes se dissipels dit hoor, het hulle gekom en sy liggaam weggeneem en dit begrawe, en hulle het dit vir Jesus gaan vertel. .En toe Jesus dit hoor, het Hy daarvandaan in ‘n skuit vertrek na ‘n verlate plek alleen, maar die skare het Jesus van die stede af te voet gevolg.  Toe koning Herodes dit hoor—want Jesus se naam het bekend geword—het hy gesê: "Johannes die Doper het uit die dode opgestaan, en daarom werk dié kragte in Hom".  Ander het gesê: Hy is Elía, en ander weer het gesê: Hy is ‘n profeet of soos een van die profete.  En Herodes het gesê: "Johannes het ek onthoof; maar wie is hierdie man van wie ek sulke dinge hoor?"  Hy het probeer om Jesus te sien.  






---------------------------------------------------------------------------------


VIR BESPREKING:
---------------------------------------------------------------------------------
*  Wat is die voorwaardes om te kan ingaan in die koninkryk?

1.  "Bekering" is belangrik - dit is duidelik deur die prediking van Johannes die Doper
2.  Wat nog?  Kyk na wat het Jesus vir ons geleer daaroor uit die verhale wat Hy vertel het?
-  (a) ons moet die nodige vrug dra (die wat baie het, sal meer kry, en die wat min het, sal van weggeneem word wat hulle het);
- (b)  ons moet gereed wees;
- (c) wie sy lewe verloor om Sy ontwil, sal dit wen.