Tuesday, May 13, 2025

Verskillende soorte liggame (12-17 jariges)(Les 3)

Hierdie is deel vd reeks oor "die mens" (die mensdom)(bedoel vir 9-12 jariges). 

- (LES 1) Verskillende wesens het verskillende soorte liggame.

- (LES 2) Die verskil tussen die natuurlike liggaam en die geestelike liggaam.

IN HIERDIE LES:  (LES 3) - beskrywing van terme gebruik in hierdie stel lesse...

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------INLEIDING VIR DIE ONDERWYSER: Dit is belangrik vir die onderwyser om seker te maak dat uself instaat is om kortliks te kan verduidelik die verskil tussen verskillende terme wat in hierdie stel lesse gebruik word... - terme soos "liggaam, siel, gees", "natuurlike mens", "geestelike mens", "natuurlike liggaam", "geestelike liggaam", "uiterlike mens", en "innerlike mens".

Hieronder is 'n paar vrae opgestel om in die klas te behandel, wat kan help dat die kinders hierdie terme leer verstaan (klik gerus op die links gegee vir meer skrifte vir voorbereiding vir die onderwyser...).  Rol tot heel onder vir 'n opsomming waar bg. terme kortliks opgesom is. ----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

LES 3 van hierdie reeks:

KIES WATTER VAN DIE VOLGENDE VRAE BESPREEK WORD IN DIE KLAS. Die idee is om rustig te gesels oor hierdie onderwerpe sodat die onderwyser in die proses geleentheid kry om die terme aan die kinders te verduidelik.

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------HOE VERSKIL natuurlike mense VAN geestelike mense?:

VRAAG:  Die mensdom kan ingedeel word tussen "natuurlike mense" en "geestelike mense". Wat leer die Bybel is die verskil tussen NATUURLIKE MENSE en GEESTELIKE MENSE? (lees Jud. 1:10; 1 Kor. 2:14,15; 3:1)  

ANTWOORD:  Die groot verskil is dat natuurlike mense nie die Gees van God het nie (Jud. 1:10; 1 Kor. 2:14). Alle mense word as "natuurlike mense" gebore en dien die sonde en het nie die Heilige Gees nie, maar geestelike mense (maw, mense wat "oor gebore"/weergebore is, het die Heilige Gees ontvang).

Geestelike mense het die Gees van God (1 Kor. 2:14,15; 3:1; Gal. 4:6)Mense wat weergebore is word "geestelike mense" genoem, want hulle het die Heilige Gees! (hulle het die asem vd Gees) - en hulle dien die Gees! (is onder die wet van die Gees).  Geestelike/weergebore mense se (1) sondes is vergewe (hulle is vrygekoop van hulle slaafskap onder sonde en dien nie meer die sonde) en (2) het die Heilige Gees ontvang (is onder die wet van die Gees / dien die Gees).  


HOE PRESIES VERSKIL GEESTELIKE EN NATUURLIKE MENSE:

- VRAAG:  "Geestelike mense" verwys na mense wat weergebore is, en word o.a. ook na verwys as mense wat "uit God gebore" is... (1 Joh. 5:1,4)(asof  "uit Hom gebore", maar natuurlik nie fisies uit Hom gebore nie maar geestelik). Dink jy dat as iemand uit God gebore word hy anders sal wees as iemand wat uit 'n mens gebore is?  (ANTWOORD:  Ja). Hoe dink jy sal so iemand "anders wees"? (bespreek gerus hierdie in die groep, bv. "wees soos", "dink soos", erf karakter, ens.). 

-...OF DIE VRAAG KAN AS VOLG GESTEL WORD:  Weergebore mense (m.a.w., "GEESTELIKE MENSE" / mense wie se sonde afgewas is (water) en die Heilige Gees het (Gees)) is soos mense wat "oor gebore" is, maar hierdie keer nie uit Adam se saad nie maar uit God gebore... (lees Joh. 3:3-8; 1 Pet. 1:23).  Hoe dink jy sal iemand wees wat uit God se saad gebore is? Dink jy dat as iemand uit God gebore word hy anders sal wees as iemand wat uit 'n mens gebore is?

(vir die onderwyser vir 'n les wat by hierdie tema aansluit, gaan na: https://sondagskooltuis.blogspot.com/2020/02/die-volk-van-god-identiteit-geslagslyne_25.html ).

Laat die gesprek rigting aanneem... (bv. dat die wat weergebore word deur die Heilige Gees vernuwe word! - hulle begin dink en sien anders..., karakter verander, ens. Natuurlike mense het nie die Heilige Gees nie, so hulle dink en sien anders, maar geestelike mense (weergeborenes) het die Heilige Gees en hulle het dus die Here se saad in hulle;  maw, noodwendig gaan hulle anders wees want hulle het 'n ander pa! Weergebore mense/"geestelike mense" is en word vernuwe (is op 'n pad van godsaligheid) - in ander woorde, hulle innerlike mens is en word daagliks (deur die Heilige Gees) vernuwe... - 2 Kor. 4:6 (amper asof hulle nuwe harte gekry het en hulle uit ander saad, nl. uit God se saad gebore is... - hulle is "oor gebore", maar hierdie keer nie uit Adam se saad onder slaafskap van sonde nie, maar uit God se saad en is 'n slaaf van Jesus Christus, m.a.w. hulle dien die Gees).  Maar l.w. dat hulle uiterlike mens nog nie vernuwe is nie! (dit word eers vernuwe wanneer Jesus terugkom - kyk die tema vd opstanding). 

NS: Weergeborenes/geestelike mense dien die Gees (hulle is onder die Gees, en daarom kan hulle vrug "tot lewe" dra-Rom. 6:22(1 Joh. 5:18; 3:9)), maar natuurlike mense dien die sonde (hulle is onder slaafskap, is slawe van sonde - en daarom dra hulle vrugte vir die dood-Rom. 7:5).

ANTWOORD:   God kan nie doodgaan nie;  dus, logies gesproke sal die wat uit Hom gebore word ook nie doodgaan nie... (1Pe 1:23 - "want julle is wedergebore nie uit verganklike saad nie, maar uit onverganklike, deur die lewende woord van God wat tot in ewigheid bly"). ).  M.a.w., as jy uit Sy saad gebore is dan gaan jy vrug dra "tot lewe" en dus nie doodgaan nie. "Saad" bepaal wat se boom jy sal wees en wat se vrug jy gaan dra. As iemand gebore is uit God se saad dan is sy liggaam, wat terloops met grond vgl. kan word, soos grond waarin dit wat daarin groei nooit kan doodgaan nie - sien dus die belangrikheid van die opstanding!, wanneer geestelike mense nuwe onverganklike liggame kry. Omdat elk van ons uit 'n mens gebore is (is kinders van Adam) gaan ons net soos Adam ook dood, maar wanneer ons eendag opgewek word uit die dood (wanneer Jesus terugkom) en nuwe liggame kry, dan is ook ons liggame "asof uit God gebore" (soos ons innerlike huidiglik is). Alhoewel weergebore mense se huidige liggame nog nie vernuwe is nie, is hulle siel/innerlike mens vernuwe deur die Heilige Gees deur wie hulle alreeds kan vrug dra tot lewe... - en hulle word terloops alreeds gesien soos mense wat "uit God gebore is"!  (en het daarom die belofte van ewige lewe!, alhoewel dit eers volkome voltrek word wanneer hulle ook nuwe, onverganklike liggame kry)(1 Kor. 15).  

Geestelike mense word alreeds gesien soos mense wat "uit God gebore is" (weergebore mense is soos mense wat oor gebore is, maar hierdie keer uit God se saad, nie uit Adam se saad nie) - maar neem kennis dat 'n mens moet uit 'n mens gebore word om 'n mens te kan wees... Dus, om so "oor gebore" te word uit God se saad, moet dit duidelik na 'n mens verwys wat ook God is - en daar is net Een wat beide mens en God is en dit is Jesus Christus (die Seun van God, wat mens geword het ter wille van ons). Die wat in Jesus Christus glo is nie letterlik uit Sy saad gebore nie, maar wel geestelik "uit Hom gebore" - is Sy kinders... - hulle word gesien as "van Sy vlees en bene"! (Ef. 5:30) (https://warechristene.blogspot.com/2018/10/vlees-en-been-vlees-of-liggaam-en-bloed.html).  En siende die belofte van erfenis gemaak is aan die kinders van Abraham, word die wat in Jesus Christus glo (Sy kinders) ook ingedoop onder die kinders van Abraham... (onthou dat Jesus Christus is uit daardie geslag gebore - Abraham ...(Dawid) se geslag). Alhoewel geestelike mense dit op 'n geestelike manier verkry het, word hulle gesien as deel van Abraham se geslag...(Gal. 3:7, 26-29). "Kinders van Abraham" verwys wel na die fisies uit daardie geslag gebore, maar dit wys veral na die wat dit in die geloof is! - (Joh 8:39 - "Hulle antwoord en sê vir Hom: Ons vader is Abraham. Jesus sê vir hulle: As julle die kinders van Abraham was, sou julle die werke van Abraham doen"). 

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

DIE (1) VERSKIL TUSSEN natuurlike "mense" EN natuurlike "liggame";  en (2) DIE VERSKIL TUSSEN geestelike "mense" EN geestelike "liggame":

VRAAG:  Het "natuurlike mense" natuurlike liggame?;  en "geestelike mense" geestelike liggame?

ANTWOORD:  Nee. Beide natuurlike mense (die wat nie weergebore is nie) asook geestelike mense (weergeborenes) het natuurlike liggame... (l.w. dat die begrip "liggaam" verwys na die uiterlike mens, nie die innerlike mens nie). Natuurlike liggame is verganklik (gaan dood), maar geestelike liggame is onverganklik (gaan nie dood nie) - weergeborenes het nog nie onverganklike liggame nie! Alhoewel hulle innerlike daagsliks vernuwe word, word hulle uiterlike eers vernuwe in die opstanding wanneer Jesus terugkom (2 Kor. 4:6; 1 Kor. 15). Duidelik het geestelike mense (nl. weergeborenes) nog nie geestelike liggame nie, want hulle gaan steeds dood! (maw, hulle innerlike mens is wel vernuwe en word ook daagliks vernuwe, maar die uiterlike mens is nog nie vernuwe nie).  

Die natuurlike liggaam is die liggaam waarin ons almal gebore word... - almal word as "natuurlike mense" gebore en het natuurlike liggame wat doodgaan... Lees Gen 3:17-19: - "En aan die mens het Hy gesê: Omdat jy geluister het na die stem van jou vrou en van die boom geëet het waarvan Ek jou beveel het om nie te eet nie—vervloek is die aarde om jou ontwil; met moeite sal jy daarvan eet al die dae van jou lewe. Ook sal dit vir jou dorings en distels voortbring; en jy sal die plante van die veld eet. In die sweet van jou aangesig sal jy brood eet totdat jy terugkeer na die aarde, want daaruit is jy geneem. Want stof is jy, en tot stof sal jy terugkeer"). Jesus was anders, want alhoewel die soort liggaam waarin Hy gebore was 'n mens is (van Maria se kant af), was Maria bevrug deur die Heilige Gees... (nie deur 'n mens/man nie);  m.a.w., Jesus is 100% mens en 100% God !(en was dus nie soos ander mense in sonde gebore nie, maar het dieselfde vlees aangeneem..., so Hy kon wel versoek word soos mense). Alhoewel Hy nie veronderstel was om dood te gaan nie (want Hy was nie in sonde gebore nie en het ook geen sonde gehad nie), het Hy Sy lewe vrywilliglik afgele ter wille van ons... 1 Pet. 2:22-24; 3:18; 1 Kor. 5:21; Jes. 53:4-12; Rom. 8:3; 1 Joh. 3:5,16; Matt. 20:28; Joh. 10:15; 1 Pet. 2:24). 

Geestelike liggame is anders as natuurlike liggame... (is 'n ander soort liggaam as dit wat ons nou het/1 Kor. 15:54-57, en is dieselfde as die liggaam waarin Jesus opgestaan het uit die dood/Hy, die eersgeborene uit die dood...). Daar word ook na geestelike liggame verwys as "onverganklike" liggame (dit is onverganklik - kan nie doodgaan nie)(vir 'n studie hieroor vir die onderwyser, gaan na: https://warechristene.blogspot.com/2017/11/verheerliktegeestelikeonverganklike.html).Weergeborenes ("geestelike mense") het nog nie "geestelike liggame" nie (daarom gaan hulle steeds dood), maar het die belofte dat hulle eendag "geestelike liggame" (of verheerlikte, onverganklike liggame) sal kry... (nl. wanneer Jesus terugkom). Maar wat presies is dit dan wat vernuwe word wanneer iemand weergebore word?  - dit is die innerlike mens... (2 Kor. 4:6)(die uiterlike mens word eers vernuwe wanneer Jesus terugkom). Huidiglik is en word die wat weergebore word se innerlike mens vernuwe deur die Heilige Gees, en word daagliks ook vernuwe, en dit is waarom hulle instaat is om "vrug tot lewe" te dra! (vrug wat eendag vir hulle die ewige lewe kan oes), maar die ewige lewe word eers finaal geoes nadat die laaste vynand (nl. die dood) verslaan is - nl. in die opstanding... (wat verwys na die wat "opstaan tot lewe", nie die wat opstaan tot veroordeling nie-Joh. 5:29).

(https://sondagskooltuis.blogspot.com/2024/01/die-natuurlike-liggaam-en-die.html)(https://warechristene.blogspot.com/2017/11/verheerliktegeestelikeonverganklike.html).

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------DIE DOOD:

VRAAG:  Wat het God gesê sal met Adam en Eva gebeur wanneer hulle van die boom van kennis van goed en kwaad eet? Lees Gen. 2:17.

ANTWOORD: Hulle sou sterwe.. - God het hulle hierteen gewaarsku (Gen 2:17 - "maar van die boom van die kennis van goed en kwaad, daarvan mag jy nie eet nie; want die dag as jy daarvan eet, sal jy sekerlik sterwe").  

VRAAG:  Die mens bestaan nie net uit 'n UITERLIKE MENS (nl. die "liggaam") nie, maar het ook 'n INNERLIKE MENS ("siel" / gees vd mens / die mens van binne). Wat presies is dit wat sterwe wanneer die mens doodgaan? - is dit die uiterlike mens of die innerlike mens? 

ANTWOORD:  Wanneer die mens doodgaan is dit die uiterlike wat sterwe ("die liggaam"). Die mens se liggaam (die uiterlike mens) is van grond gemaak, en keer terug na grond wanneer dit doogaan (Gen. 3:19). Die Here formeer ook 'n gees in elke mens se binneste (Sag. 12:1) - jou gees (innerlike mens) is anders as die natuurlike liggaam/uiterlike mens - die mens van binne is gees, terwyl die uiterlike mens/liggaam is vlees. 

----------------------------

VRAAG:  Kan die innerlike mens ook sterwe? 

ANTWOORD: Die begrip "dood" verwys nie net na wanneer die liggaam (uiterlike mens) sterwe nie, maar ook na die "tweede dood"... (wanneer beide die "liggaam"/uiterlike mens asook die "siel"/innerlike mens verderf word)(Matt. 10:28; Openb. 20:14; 21:8). Die liggaam (uiterlike mens) is soos onvrugbare grond waarin alles wat daarin groei, doodgaan (dra vrugte vir die dood...).  Die innerlike mens word weer op beurt in die Skrif voorgestel soos saad wat groei tot 'n boom wat vrug dra, en het lig nodig om te kan lewe!  Sonder die lig/asem vd Heilige Gees kan iemand nie "lewe" nie (kan dus nie vrug dra tot lewe nie). Op beurt is die regte soort geestelike kos en water weer nodig om die geestelike mens aan die lewe te hou...

Die natuurlike mens nie die lig/asem vd Heilige Gees nie;  m.a.w., sy innerlike is nie instaat om vrug tot lewe te dra nie!, en sy grond (nl. die liggaam) is soos onvrugbare grond omdat hy nie die regte soort geestelike kos en water kry nie. So iemand kan nie die ewige lewe oes nie!, maar sal die dood oes. Wat die mens nodig het om te kan LEWE, is lig/asem (Gen. 2:7) en die regte soort geestelike kos en water om hom aan die lewe te hou. VIR 'N STUDIE HIEROOR VIR DIE ONDERWYSER (met skrifte), GAAN NA: https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2024/10/waarna-verwys-lig-kos-en-water-geestelik.html.

Die begrip "redding" verwys nie net na hoe die liggaam (Hebr. 9:13; 10:22) van die mens redding nodig het nie, maar ook die siel! (1 Pet. 1:9; 3:21; Hebr. 9:14; 10:22)(https://warechristene.blogspot.com/2020/08/bybelstudie-die-begrip-saligheid-oorsig.html). M.a.w., dit is nie net die uiterlike mens (liggaam) wat sterf nie, maar ook die innerlike mens, nl. die siel sal verderf word as iemand nie redding kry nie...  Bv., wanneer die mens sterf, verwys dit gewoonlik na die uiterlike mens wat doodgaan en vergaan in die graf (is in sonde gebore en dra vrugte vir die dood), maar wat gebeur dan met die gees (die innerlike mens)? - die innerlike mens wag dan op die tweede dood... - tensy iemand redding kry! Die wat redding kry het die belofte dat hulle nie deur die tweede dood sal gaan nie (Openb. 2:11; 20:6), en het ook die belofte van opstanding eendag! (hulle liggame sal opgewek word uit die dood in nuwe onverganklike liggame). In hierdie opsig is dit nie net die uiterlike mens (beskryf "liggaam, siel en gees" FISIES) wat sal doodgaan nie, maar ook die die innerlike mens (die gees vd mens / beskryf "liggaam, siel en gees" GEESTELIK) sal verderf word as die mens nie redding kry nie. Dit is dus nie net ons LIGGAME (Hebr. 9:13; 10:22) wat redding (van die dood) nodig het nie, maar ook ons SIELE (het redding nodig van ons slaafskap onder sonde-Rom. 7:14; Ps. 51:5; Job 15:14; Rom. 6:20; Joh. 8:34, want hierdie slaafskap veroorsaak dat ons vrugte dra vir die dood)(1 Pet. 1:9; 3:21; Hebr. 10:22)(https://warechristene.blogspot.com/2020/08/bybelstudie-die-begrip-saligheid-oorsig.html). Die wat die Gees dien is nie meer onder slaafskap van sonde nie, maar is slawe/diensknegte van Jesus Christus (Rom. 7:3-6; Gal. 4:1,7-9; 1:10; 1 Kor. 6:19,20)(https://warechristene.blogspot.com/2018/12/lewende-wese-lewende-siel-menslike.html). Die weergeborene se liggaam behoort ook aan Christus;  m.a.w., omdat hy die Here dien (en nie die sonde nie) het hy die belofte van opstanding in 'n nuwe liggaam eendag (https://warechristene.blogspot.com/2017/11/verheerliktegeestelikeonverganklike.html).

----------------------------

VRAAG:  Is die dood verskillend vir natuurlike mense as vir geestelike mense?

ANTWOORD:  NATUURLIKE MENSE se uiteinde is (1) die dood, asook die (2) tweede dood!  "Dood" verwys na wanneer die uiterlike mens sterwe - natuurlike mense sal nie deel he aan die opstanding waarin mense onverganklike liggame kan kry nie - hulle sal wel herlewe op 'n ander tyd, en die wie se name nie in die boek vd lewe is nie sal in die poel van vuur gewerp word, ook genoem "die tweede dood". Die term "tweede dood" verwys dus nie net na die herleefde liggaam wat verderwe word nie, maar ook die siel sal verderwe word (vir die wat nie redding kry nie).  Dit is die uiteinde van "natuurlike mense"... (hulle dra vrugte vir die dood - beide liggaam en siel sal in die poel van vuur verderf word).               GEESTELIKE MENSE aan die ander kant het die belofte (1) dat al sterf hulle, sal hulle eendag opstaan uit die dood in onverganklike liggame wanneer Jesus terugkom, en (2) hulle het ook die belofte dat hulle nie deur die tweede dood sal gaan nie! Die geestelike mens se innerlike mens ("siel") is vernuwe en kan dus nie doodgaan nie omdat hy vrug dra tot (ewige) lewe - solank hy sy vrug behou! (kyk gelykenis vd saaier)(hulle het dus die belofte dat hulle nie deur die tweede dood sal gaan nie, maar l.w. dat hulle liggame nog nie vernuwe nie, dus; logies gesproke sterf hulle uiterlike mens steeds). Die geestelike mens se uiteinde is dus ook  (1) die dood (vd "liggaam"), maar anders as natuurlike mense het hulle die belofte van nuwe onverganklike liggame! (hulle huidige liggame is soos 'n tempel van die Heilige Gees, en die Gees hou dit in bewaring tot die dag van opstanding)(hulle kry ook die regte soort geestelike kos en water wat hulle in die lewe hou en hulle grond vrugbaar maak)(sien ook die tema van "die opstanding" - geestelike mense wat vashou aan die geloof sal nie in dieselfde soort liggame opstaan nie);  dus, al gaan geestelike mense dood (liggaam sterwe) het hulle die belofte dat hulle vir ewig sal lewe - die wat deel het aan die "eerste opstanding" sal NIE deur die tweede dood gaan nie. 

Vir studie en skrifte vir die onderwyser, gaan na:

https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2021/12/algemene-vrae-oor-saligheid-lewe-of-dood.html

-https://warechristene.blogspot.com/2020/05/wat-gebeur-met-die-mens-wanneer-hy.html

-https://warechristene.blogspot.com/2023/11/die-eerste-opstanding.html

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

VIR DIE ONDERWYSER:

Poste en skrifte rakende bg. onderwerpe:



FEITE KORTLIKS BESKRYF:

Natuurlike mense dra vrugte vir die dood (is kinders van Adam - in sonde gebore/dien die sonde)(Rom.7:5; Rom. 6:6).  

Geestelike mense dra vrug tot (ewige) lewe (is kinders van Jesus - uit God gebore/sonde afgewas en dien die Gees )(Tom. 6:22; Jud. 1:21; 1 Tim. 6:19; ens.). 

https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2021/12/algemene-vrae-oor-saligheid-lewe-of-dood.html

-----------

Die mens kan beskryf word deur die term "liggaam, siel en gees":

- Waar die mens FISIES deur "liggaam, siel en gees" beskryf word, verwys dit na die UITERLIKE MENS.

- Waar die mens GEESTELIK deur "liggaam, siel en gees" beskryf word, verwys dit na die INNERLIKE MENS.

https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2025/01/verskil-tussen-uiterlike-innerlike-mens.html

https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2024/08/liggaam-siel-en-gees.html

-----------

"Natuurlike" of "geestelike" LIGGAAM verwys na "soort liggaam".

"Natuurlike" of "geestelike" MENS verwys na of iemand die Heilige Gees het of nie (en dus na wat se soort natuur hy het).

Ons moet onderskei tussen die begrippe "natuurlike liggaam" en "natuurlike mens", want alhoewel alle mense met natuurlike liggame gebore word (en doodgaan), word daar nie na weergebore mense verwys as natuurlike mense nie, maar geestelike mense. M.a.w., die "natuurlike liggaam" verwys na die soort liggaam waarmee almal gebore word..., terwyl die term "natuurlike mens" nie verwys na die soort liggaam wat ons het nie, maar is baie spesifiek beskrywend van die wat nie die Heilige Gees het nie. 

Net so moet daar dus onderskei word tussen die begrippe "geestelike liggaam" en "geestelike mens", want geestelike mense het bv. nie outomaties geestelike liggame nie, alhoewel hulle die belofte het dat hulle eendag geestelike liggame sal kry! Die term "geestelike liggaam" verwys na die soort liggaam wat weergeborenes eendag sal kry (huidiglik het hulle nog natuurlike liggame);  die term "geestelike mens" verwys nie na die soort liggaam wat iemand het nie, maar verwys na mense wat die Heilige Gees het.

geestelike liggaam: https://warechristene.blogspot.com/2017/11/verheerliktegeestelikeonverganklike.html

-----------

Die mens bestaan uit gees, siel en liggaam (1 Thess. 5:23):-  Sou ons "gees, siel en liggaam" vgl. met saad wat in grond geplant word en groei en vrug dra, en lig nodig het, dan kan ons die volgende opsom (hou ook in gedagte dat die woord "liggaam" somtyds bloot gebruik word vir die uiterlike mens, en die woord "siel" somtyds bloot gebruik word vir die innerlike mens). Kom ons kyk na waar "liggaam, siel en gees" in konneksie gebruik word met "natuurlike of geestelike mens":

Die liggaam (verwys na die "UITERLIKE MENS") kan vgl. word met GROND (Hebr. 6:7/Jak. 5:7). NATUURLIKE MENSE het NATUURLIKE LIGGAME (en gaan dood). GEESTELIKE MENSE het ook nog natuurlike liggame en gaan dood, maar HET DIE BELOFTE VAN GEESTELIKE LIGGAME eendag.

Die siel (verwys na die "INNERLIKE MENS"/die mens van binne) kan vgl. word met 'n PLANT/BOOM wat groei en vrug dra (die natuurlike mens dra vrugte vir die dood-Rom. 6:21; 7:5)(die geestelike mens dra vrugte tot lewe-Rom. 6:22; Kol. 1:10; Joh. 4:36; 12:24). NATUURLIKE MENSE SE SIELE IS NIE VERNUWE NIE (hulle het "ou harte"), en hulle dra vrugte vir die dood.  GEESTELIKE MENSE SE SIELE IS VERNUWE (hulle het "nuwe harte"), en hulle dra vrugte tot lewe  (Bestudeer die tema "ou en nuwe mens").  

- G/gees/asem kan vergelyk word met LIG - Jak. 2:26 (die liggaam en siel het lig nodig om te kan lewe).  DIE NATUURLIKE MENS HET DIE "GEES VD WERELD".  DIE GEESTELIKE MENS HET "DIE GEES VAN GOD"/DIE HEILIGE GEES.


Nog ander terme kortliks verduidelik (hierdie is net 'n opsomming - klik asb op die links vir skrifte):

- Die wat UIT GOD GEBORE is word "geestelike mense" genoem (is nie meer "natuurlike mense" nie). 

- NATUURLIKE MENSE is nie weergebore nie;  m.a.w., hulle sondes is nie vergewe nie en hulle het nie die Gees van God ontvang nie (natuurlike mense is gebore uit Adam se saad en dien die sonde en hulle uiteinde is die dood, maar geestelike mense is soos mense wat uit God se saad gebore is en hulle uiteinde is die lewe). God het 'n weg geskep waar "natuurlike mense" WEER GEBORE kan word!, en hierdie weg is deur Sy seun Jesus Christus, en word verkry deur geloof in Hom. Die wat deur Hom gered word is soos mense wat "weer of oor gebore" word, maar hierdie keer uit God se saad... (en dit gebeur deur water en Gees - hulle word skoongewas en ontvang die Heilige Gees). Weergeborenes het die belofte dat hulle ook NUWE LIGGAME sal kry - al gaan hulle dood, sal hulle die dood oorwin!;  m.a.w., hulle sal eendag opgewek word uit die dood en nuwe liggame kry (wat duidelik 'n ander soort liggaam sal wees - genoem "verheerlikte liggame"). Net soos die mens nie kan leef sonder asem nie,  op ditto wyse is die Heilige Gees soos asem vir die geestelike mens (wat hom dus aan die lewe hou). WEERGEBORE MENSE se uiterlike mens word wel eers vernuwe wanneer Jesus terugkom (in die komende opstanding), maar hulle innerlike mens is alreeds vernuwe - dit beteken dat hulle alreeds kan begin vrug dra tot ewige lewe... (en word dus alreeds verwys na mense wat die ewige lewe het!). M.a.w., hulle dra vrug wat vir hulle eendag die ewige lewe sal gee... -die Skrif noem dit "vrug tot lewe" of "vrug tot ewige lewe"  (maar natuurlike mense dra "vrugte vir die dood") - weergebore mense se uiterlike kan gesien word soos vrugbare grond omdat die Heilige Gees in hulle liggame woon - alhoewel hulle liggame nog nie vernuwe is nie, laat die Gees vrugbare plante opkom. 

- DIE LIGGAAM (voorgestel as "grond"... - en is immers uit grond gemaak!):  Wat die mens se oorsprong aanbetref is alle mense gebore uit Adam se saad.  Beide natuurlike en geestelike mense het huidiglik "natuurlike liggame", maar geestelike mense (weergeborenes / gereddes) sal eendag ook "geestelike (onverganklike) liggame" kry. Die mens se liggaam kan vgl. word met GROND, siende Adam uit grond gemaak is. Na die sondeval kan Adam se liggaam vgl. word met grond waarin alles wat daarin groei, doodgaan. Op die oomblik het almal van ons "natuurlike liggame", en die uiteinde van 'n natuurlike liggaam is die dood (dit is soos grond waarin alles wat daarin groei, doodgaan - dit dra "vrugte vir die dood"), maar die wonderwerk vir die weergeborene is dat hulle liggame kan plante voortbring wat nie doodgaan nie! Geestelike mense is m.a.w. instaat om vrute te dra "tot lewe"!  Daarom word geestelike mense ook in die Skrif beskryf as mense wat alreeds doodgegaan het en opgestaan het in 'n nuwe liggaam (en hierdie word deur die Christelike doop voorgestel), en wat hulle liggame aanbetref is dit soos 'n tempel, 'n tempel van die Heilige Gees, en die Gees hou hulle in bewaring tot die dag van opstanding

- Die term "DOOD": Alle mense gebore uit Adam is "natuurlike mense" genoem en gaan dood. Maar die term dood verwys nie net na wanneer die liggaam doodgaan nie, maar ook na die "tweede dood" (wanneer beide liggaam en siel in die poel van vuur gewerp word). Weergebore mense (wie se sondes vergewe is en die Heilige Gees ontvang het) se siele is alreeds vernuwe, maar hulle liggame is nog nie vernuwe nie (alhoewel hulle sonde vergewe is en die Gees bly in hulle liggame).  Hulle kan alreeds vrug dra tot ewige lewe, maar hulle liggame gaan steeds dood omdat dit nog nie vernuwe is nie.  Wanneer hulle liggame ook vernuwe is, dan is die dood finaal oorwin, en hulle het die belofte dat hulle nie deur die tweede dood gaan nie (Openb. 20:5,6)(sien onderwerp "eerste opstanding"). 

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

No comments:

Post a Comment

Note: Only a member of this blog may post a comment.