Showing posts with label wette. Show all posts
Showing posts with label wette. Show all posts

Sunday, March 10, 2013

Evangelie Reeks 12-17 jariges: Wette en Geloof

VIR ANDER ONDERWERPE IN HIERDIE REEKS, GAAN NA:
-  http://sondagskooltuis.blogspot.co.nz/2013/01/interessante-vrae-vir-bespreking-12-tot.html
-  http://sondagskooltuis.blogspot.co.nz/2012/10/interessante-vrae-vir-bespreking-vir-12.html

ANDER POSTE VD EVANGELIE REEKS:
========================================================================

(Luk 16:16) " Die wet en die profete was tot op Johannes; van toe af word die evangelie van die koninkryk van God verkondig, en elkeen dring met geweld daarin".  

---------------------------------------------------------------------------------------------

VRAAG VIR BESPREKING:
(1) As die "wet en profete was tot op Johannes" (en van toe af die evangelie van die koninkryk verkondig word), beteken dit dat ons geen wette meer hoef te onderhou nie?  


===========================================================
Alhoewel die wet en profete vervul is, beteken dit nie dat die Christen geen "wette" het nie! Inteendeel, in die evangelie van die koninkryk, het "wette" 'n sterker betekenis gekry en moet die geregtigheid oorvloediger wees! Die onderhouding van die wet, was inteendeel nooit bedoel as 'n weg na saligheid nie, ook nie in die O.T. nie! -(Rom. 3-5).  "GELOOF" was altyd! . Beteken dit dan dat daar geen "gehoorsaamheid" van ons verwag word nie? Nee.  Deur "gehoorsaamheid" bewys die Christen dat hy die Here in beheer sit van sy lewe - dit word dus van die gelowige verwag om gehoorsaam te wees! Net so is baie leringe in die "evangelie van die koninkryk" nie 'n manier om saligheid te verkry nie, maar eerder die manier hoe die Christen regtig "in die geloof" lewe. ("ongehoorsaamheid" was in die eerste plek dit wat veroorsaak het dat Adam en Eva geval het)

*  "bekering en geloof is noodsaaklik om "kinders van die koninkryk te word", maar as die kinders van die koninkryk nie die nodige vrug dra nie, kan hulle hul seunskap verloor!"

*  "ons kan nie saligheid ontvang deur die onderhouding van wette nie, maar om in die wil van die Here te lewe, is 'n bewys dat iemand tot geloof gekom het"

OM HIERDIE REDE HET JESUS NIE NET DIE OPDRAG GEGEE OM DIE EVANGELIE AAN AL DIE NASIES TE VERKONDIG NIE, MAAR HY HET OOK GESE:  (Mat 28:19)  "Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het".  
Wanneer ons dus praat van "DIE EVANGELIE", dan is dit belangrik dat dit aan mense verduidelik word dat hulle hulself moet ondergeskik stel aan hulle Skepper- die persoon moet verstaan dat, om deel te wees van die kinders van die koninkryk, of om die koninkryk te beerwe, beteken dat hy homself ondergeskik stel AAN DIE KONING van daardie koninkryk (- dit gaan dan nie meer oor die persoon se eie wil nie, maar oor "wat die Here wil").  Jesus het baie oor hierdie dinge gepreek terwyl Hy die "evangelie van die koninkryk" verkondig het, nl. "gehoorsaamheid", "om die wil van die Vader te doen", "om te bekeer" ens.
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------


Ook in die eerste gemeentes, het die dissipels nie die "evangelie van Jesus Christus" geskei van die "evangelie van die koninkryk" nie:
  
(Hand. 8:12)  "Maar toe hulle Filippus geglo het, wat die evangelie (1) aangaande die koninkryk van God en (2)die Naam van Jesus Christus verkondig het, is hulle gedoop, manne sowel as vroue".

Let ook daarop dat toe Jesus gepraat het van hoe die evangelie aan die hele wereld verkondig sal word as getuienis, Hy volgens Matt. 24:14 die woorde "die evangelie van die koninkryk" gebruik het. Die evangelie behels dus nie net die feit dat Jesus vir ons gesterf het sodat ons sondes afgewas kan word nie, maar behels ook die feit van Sy koninkryk.  Net so natuurlik, is die evangelie van vrede verkondig in die eerste gemeentes, saam met die evangelie van Jesus Christus.

As net die "evangelie van Jesus Christus" verkondig word sonder die "evangelie van die koninkryk", dan het dit tot gevolg dat baie dink hulle saligheid is beklink, maar is dit?  Iemand kan 'n kind van die koninkryk word deur wedergeboorte, maar watter gevolge sal dit he sou daardie persoon nie "die nodige vrug dra nie?"  Kom ons kyk wat Jesus gese het van "die Jode wat Hom verwerp het en nie die nodige vrug gedra het nie":  
(Mat 21:42)  "Jesus sê vir hulle: Het julle nooit in die Skrifte gelees nie: Die steen wat die bouers verwerp het, dit het ‘n hoeksteen geword. Hy het van die Here gekom en is wonderbaar in ons oë?
(Mat 21:43)  Daarom sê Ek vir julle: Die koninkryk van God sal van julle weggeneem en aan ‘n volk gegee word wat die vrugte daarvan sal dra". (Kyk ook Matt. 3:7-11).  Baie sal redeneer dat die woorde  slegs bedoel is vir die wat Jesus regtig verwerp, maar dit is duidelik dat die skrif ook die feit van "vrug dra" insluit;  - bv. kyk ook na "die gelykenis van die Saaier" en vele ander skrifte oor die onderwerp - dit is duidelik dat iemand sy kindskap kan verloor, sou hy homself nie ondergeskik stel aan die Here om Hom gehoorsaam te wees nie (dit is immers wat bekering beteken, maar as iemand dan nou opsetlik bly sondig nadat hulle tot die waarheid gekom het, watter ander offer is daar dan? -Hebr. 10:26).  DUS MOET ONS SEKER MAAK DAT ONS VERSTAAN WAT "DIE EVANGELIE" REGTIG BEHELS.  

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Die evangelie bevat dus die begrip van "bekering".  Bekering was altyd, en is nog steeds 'n voorwaarde om "kinders van die koninkryk" te kan word.  Bekering gaan daaroor dat iemand homself ondergeskik stel aan die Here - hy le sy lewe af vir die Here - dit gaan nie meer oor sy eie wil nie, maar oor die Here se wil - hy erken Hom as sy Koning - hy dien Hom - hy volg Hom ..........daarom skryf Paulus:  (Kol 3:9,10)  "Lieg nie vir mekaar nie, omdat julle die oue mens met sy werke afgelê het en julle jul met die nuwe mens beklee het wat vernuwe word tot kennis na die beeld van sy Skepper", 

---------------------------------------------------------------
(Mat 9:17)  ‘n Mens gooi ook nie nuwe wyn in ou leersakke nie; anders bars die sakke en die wyn loop uit en die sakke vergaan. Maar ‘n mens gooi nuwe wyn in nuwe sakke en altwee bly behoue.

Monday, January 14, 2013

Besprekingsvrae 12-17 jariges: GEBED EN VAS



In verskeie skrifte sien ons hoe Jesus die dissipels uitgestuur het om die evangelie van die koninkryk te verkondig - bv. in Mat 10:5-8 waar Hy die 12 uitgestuur het en vir hulle die volgende gesê het: "....gaan preek en sê: Die koninkryk van die hemele het naby gekom.  Maak siekes gesond, reinig melaatses, wek dooies op, dryf duiwels uit. Julle het dit verniet ontvang, verniet moet julle dit gee".


In Luk 10:1 het die Here weer sewentig ander aangestel, en hulle twee-twee voor Hom uitgestuur na elke stad en plek waar Hy sou kom. Ons lees hoe die sewentig met blydskap teruggekom het en gesê het: "Here, ook die duiwels onderwerp hulle aan ons in u Naam".  Tog, in Matt. 17:14-20 lees ons van 'n man wat na Jesus gekom het, voor Hom op sy knieë neergeval het en gesê het: "Here, ontferm U oor my seun, want hy is maansiek en ly swaar; want dikwels val hy in die vuur en dikwels in die water. En ek het hom na u dissipels gebring, en hulle kon hom nie gesond maak nie". Toe antwoord Jesus en sê: o Ongelowige en verdraaide geslag, hoe lank sal Ek by julle wees, hoe lank sal Ek julle verdra? Bring hom hier vir My.  Daarop bestraf Jesus hom; en die duiwel het van hom uitgegaan, en die seun het gesond geword van daardie uur af". 

Dus, alhoewel die dissipels tog op ander plekke duiwels uitgedryf het, kon hulle dit nie in Matt. 17 doen nie.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
VRAAG:  
-Jesus het vir hulle die mag gegee om selfs duiwels in Sy Naam uit te dryf.  Hoekom kon hulle dit nie altyd regkry nie?

- Jesus het die volgende gese in Mar 16:17,18 - "En vir die wat geglo het, sal hierdie tekens volg: in my Naam sal hulle duiwels uitdryf, met nuwe tale sal hulle spreek, slange sal hulle opneem; en as hulle iets dodeliks drink, sal dit hulle geen kwaad doen nie; op siekes sal hulle die hande lê, en hulle sal gesond word.."  BETEKEN DAT ALLE GELOWIGES HIERDIE DINGE SAL ERVAAR?  .


(Mat 17:19)  Toe kom die dissipels na Jesus afsonderlik en sê: Waarom kon ons hom nie uitdryf nie?


(Mat 17:20)  En Jesus antwoord hulle: Deur julle ongeloof; want, voorwaar Ek sê vir julle, as julle geloof het soos ‘n mosterdsaad sal julle vir hierdie berg sê: Gaan weg hiervandaan daarnatoe! en hy sal weggaan, en niks sal vir julle onmoontlik wees nie. (Mat 17:21)  Maar hierdie geslag gaan nie uit behalwe deur gebed en vas nie.

Dus, al gee die Here vir ons die mag om in Sy Naam "dinge" te doen, beteken dit nie dat ons almal dit outomaties kan doen nie!  Die Christen moet die nodige GELOOF he, maar hoe kry ons daardie nodige geloof?  Jesus gee vir ons die antwoord in v. 21:  GEBED en VAS. ( Sommige vertalings laat die woord "vas" weg).  Dit lyk of ons nie die enigstes is wat sukkel met "geloof" kwessies nie - selfs die dissipels het daarmee gesukkel.  Jesus het baie met hulle gesels oor "geloof" sodat hulle verstaan wat geloof werklik beteken.  In hierdie geval het Hy vir hulle 'n belangrike les geleer, en dit is die belangrikheid van "gebed en vas".  Die Christen se aandag moet nie wees op die feit "dat hy kan wonderwerke doen of duiwels uitdryf nie", maar die aandag moet wees op 
"die pad van godsaligheid".  Jesus het ook hierdie punt duidelik gemaak toe die 70 terugkom in opgewondenheid omadat selfs die duiwels hulle aan hul onderwerp het in die Naam van Jesus - In Luk 10:20 antwoord Jesus hulle as volg:  "Maar julle moenie daaroor bly wees dat die geeste aan julle onderworpe is nie, maar wees liewer bly dat julle name in die hemele opgeskrywe is". Wanneer die Christen uitgestuur word, is dit nie om homself te verryk nie, maar om ander na die Here te trek - basies OM SY WIL TE DOEN. Dit is dan ook die rede waarom Hy vir ons gawes gee deur Sy Gees - dit is nie soos 'n "mag" wat ons verkry om onsself te verryk nie, maar dit is om ander te stig en na Hom te trek - basies "om Sy wil te doen". (1 Kor. 12:7-11) " Maar aan elkeen word die openbaring van die Gees gegee met die oog op wat nuttig is. Want aan die een word deur die Gees ‘n woord van wysheid gegee, en aan die ander ‘n woord van kennis vanweë dieselfde Gees; aan ‘n ander weer geloof deur dieselfde Gees, en aan ‘n ander genadegawes van gesondmaking deur dieselfde Gees; aan ‘n ander werkinge van kragte, aan ‘n ander profesie, aan ‘n ander onderskeiding van die geeste, aan ‘n ander allerhande tale, aan ‘n ander uitleg van tale. Maar al hierdie dinge werk een en dieselfde Gees wat aan elkeen afsonderlik uitdeel soos Hy wil" - nie soos "ons wil" NIE!


Jesus het self die volgende opmerking gemaak: Joh 5:30 - "Ek kan uit Myself niks doen nie. Soos Ek hoor, oordeel Ek; en my oordeel is regverdig, omdat Ek nie my wil soek nie, maar die wil van die Vader wat My gestuur het".


(Mat 12:50)  "Want elkeen wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is, dié is my broer en suster en moeder".

Ons het GEBED en VAS nodig om die wil van die Here te ken - so iemand word dan deur die Heilige Gees gelei in verskillende gawes - so 'n persoon het dan ook outomaties "genoeg" geloof, omdat hy die wil van die Here ken.  Jesus het vir ons 'n goeie vb. gestel van hoe gereeld ons moet BID.  Die eerste gemeentes het ook daardie vb. gestel (Hand. 1:14; Hand. 2:42) - (eensgesindheid kom ook saam met gebed).

Baie gelowiges ignoreer die belangrikheid van "vas", maar kom ons kyk wat het Jesus daaroor gese:
 (Luk 5:33) " Toe sê hulle vir Hom: Waarom vas die dissipels van Johannes dikwels en doen gebede; so ook dié van die Fariseërs; maar u dissipels eet en drink?(Luk 5:34)  En Hy sê vir hulle: Kan julle die bruilofsgaste dan laat vas solank as die bruidegom by hulle is?(Luk 5:35)  Maar daar sal dae kom wanneer die bruidegom van hulle weggeneem word; dan sal hulle vas, in daardie dae".

Geloof kom nie outomaties nie, tensy iemand die wil van die Here ken 
- daarvoor het hy gebed en vas nodig.