VIR DIE VORIGE LESSE OOR HIERDIE ONDERWERP, GAAN NA:
- Inleiding: https://sondagskooltuis.blogspot.com/2020/02/die-volk-van-god-identiteit-geslagslyne_25.html
- (1) les 1 en 2: https://sondagskooltuis.blogspot.com/2020/03/die-volk-van-god-identiteitgeslagslyne.html
- (2) les 3: https://sondagskooltuis.blogspot.com/2020/06/die-volk-van-god-identiteit-geslagslyne.html
- (3) les 4: https://sondagskooltuis.blogspot.com/2020/06/die-volk-van-god-identiteit-geslagslyne.html.
- Eersgeborenes/eerstelinge: https://sondagskooltuis.blogspot.com/2021/05/eerstelinge-deel-vd-boekie-volk-van.html
- Eersgeborenes/eerstelinge: https://sondagskooltuis.blogspot.com/2015/10/eersgeborenespriesters-deel-van-boekie.html
---------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Vir die onderwyser: Waaroor gaan hierdie les?:
Nie almal wat aan die Christelike kerk behoort is burgers vd Koninkryk nie. 'n Reisiger en 'n immigrant is bv. anders as 'n burger van 'n land... Op ditto wyse is kinders vd koninkryk ook nie almal dieselfde nie, want sommige is soos reisigers wat die kerk besoek, en sommige soos immigrante wat graag burgerskap wil he maar dit nog nie ontvang het nie.
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Bespreek in die groep:
- VRAAG: In 'n land is daar reisigers, immigrante, en burgers. Hoe sou jy die verskil tussen hulle beskryf? Hoeveel weet elk van daardie volk se waardes, feeste en kosse? Hoe ontvanklik is hy vir die volk se wette, reels en waardes?... Watter voordele verkry elk terwyl hulle in die land is, bv. 'n reisiger, of 'n immigrant, of die een wat burgerskap het - hoe verskil elkeen se voordele?
'n Reisiger is iemand wat 'n land besoek (woon nie in die land nie, maar is net vir 'n kort rukkie daar).
'n Emmigrant gaan woon in 'n land wat nie sy eie geboorteland is nie (hy's dan 'n immigrant van daardie land, maar het nie burgerskap nie).
'n Burger woon in sy geboorteland, of het burgerskap gekry... (asof dit sy geboorteland is).
Op ditto wyse is nie almal in die Christelike kerk BURGERS van die Koninkryk van God nie. Sommige is reisigers (en net besoekers in die kerk), en ander is immigrante... Bv., Kinders wat opgroei in die Christelike kerk (maw, kinders van Christelike ouers) word hanteer soos burgers omdat hulle die volk se besonderse kultuur en waardes leer ken en in die seeninge deel, maar hulle is eintlik soos immigrante - hulle word baie dieselfde hanteer as burgers, maar hulle het nog nie burgerskap nie. Burgerskap in die Koninkryk van God word op 'n baie spesifieke manier ontvang. Kinders wat opgroei in die Christelike kerk het nie outomaties burgerskap in die Koninkryk van God nie, maar is wel soos immigrante wat soortvan deel is vd volk solank hulle in hulle ouers se huis is. Uiteindelik moet elkeen self 'n burger word! Om " 'n kind van 'n volk " te wees, moes jy gebore word onder daardie volk, en al is jy jou ouers se kind beteken dit nie dat jy outomaties ook 'n kind van die Koninkryk is nie. Jy word soos 'n immigrant hanteer (en leef, leer, werk, ontvang, ens. saam met God se volk), maar het burgerskap nodig om al die voordele te geniet en saam met die volk te erf. Kortom, as jy nie burgerskap het in die Koninkryk van God nie, dan sal jy nie soos hulle eendag redding ontvang en erf nie...
Immigrante moet gewoonlik 'n metode volg tot burgerskap.
Kinders wat Christelike ouers het deel wel in dieselfde seeninge (van Christene) omdat hulle ouers Christene is (soos immigrante deel in die seeninge van 'n land waarin hulle woon), maar na regte kan hulle nooit deel word van die volk van God as hulle nie die kultuur en waardes AANNEEM nie (m.a.w., hulle moet hulle bekeer tot daardie volk se kultuur en waardes en reels - amper soos 'n immigrant moet doen), en daar is 'n bepaalde manier wat die Here geskep het waarop hierdie aanneming plaasvind. Jy moet bv. "trou sweer" aan Jesus Christus!, afwassing van sondes ontvang, en die Heilige Gees ontvang (m.a.w., moet weergebore word) (in die volgende paragraaf is 'n beter uiteensetting hiervan, en kan ook eers bespreek word ...).
------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
- VRAAG: Is dit moontlik vir iemand om deel te word van 'n familie of volk of land, al is hy nie in daardie familie, volk of land gebore nie? En hoe verkry hy kindskap of burgerskap?M.a.w., wat moet iemand doen om burgerskap te kry? Wat presies beteken burgerskap?
Om kindskap of burgerskap te verkry kan vgl. word met bekering en wedergeboorte. Al is iemand nie gebore in 'n spesiefieke familie of volk nie, is dit wel moontlik om aangeneem te word as 'n kind of burgerskap te verkry, maar hierdie "aanneming tot kind" of "om burgerskap te verkry" het bepaalde voorwaardes. Die wat burgerskap soek in 'n land wat nie hulle geboorteland is nie, soek 'n tipe wedergeboorte, m.a.w. al is hy nie gebore in daardie land nie, soek hy burgerskap asof hy gebore is in daardie land!, want "burgerskap" is bedoel vir die wat gebore is in die land. ..
As jy nie gebore word in 'n volk of land nie, dan is jy maw nie 'n burger van daardie land nie, maar burgerskap kan op 'n ander manier verkry word (asof jy gebore is in daardie land), maar voor so iemand dan burgerskap kan ontvang, moet hy hom eers bekeer tot daardie land se wette. Bv. niemand kan burgerskap ontvang as hy nie 'n belofte afle dat hy homself sal ondergeskik stel aan daardie land se reels en wette nie. Hy soek dus "wedergeboorte" (burgerskap), maar voor hy dit kan ontvang, moet hy hom eers "bekeer" tot daardie land en wette. Dieselfde geld vir "aanneming tot kinders" (in die Koninkryk van God). Wanneer 'n paartjie 'n kind aanneem wat nie hulle eie kind is nie, verwag hulle ten minste dat daardie kind hom of haarself ondergeskik stel aan hulle gesag en hulle huis se wette gehoorsaam (want dan bewys hy dat hy 'n kind is van daardie huis). Hulle verwag dus 'n tipe van "bekering" tot hulle huishouding voor "aanneming tot kind" werklik gebeur. As die kind steeds nie wil inskakel by die familie nie, sal hy nooit werklik 'n kin wees nie! Hierdie is baiemaal die probleem vir pleegouers..., wanneer 'n kind in hulle huis inkom asof hulle "kind" maar die kind wil hom nie ondergeskik stel aan hulle gesag nie, of gehoorsaam nie hulle huis se wette nie. Vir "aanneming tot kind" is daar dus bepaalde voorwaardes, waarvan vrees (vir die ouers) verwag word, asook geregtigheid (dat die kind die ouers gehoorsaam). God is ook nie 'n aannemer vd persoon nie, maar in elke nasie is die een wat Hom vrees en geregtigheid doen, vir Hom welgevallig! (Hand. 10:35). Dit beteken dat "bekering" nodig is om aangeneem te word as 'n kind, m.a.w. dit is slegs die wat die Here vrees en Sy geregtigheid soek/doen, wat wederbaar kan word... Op dieselfde wyse kan niemand burgerskap in 'n land ontvang as hy hom nie onderskik stel aan daardie land om daardie outoriteit te vrees en die wette te gehoorsaam nie - "bekering" tot daardie land is dus eerste nodig - en dan is dit moontlik vir iemand om burgerskap ("wedergeboorte") te verkry. Deur "bekering" plaas hy m.a.w. sy "geloof" in daardie land, en dan is wederbaring moontlik... Die volgende stap om burgerskap te kry is wedergeboorte (hy word 'n burger van daardie land asof daar gebore). Op dieselfde wyse word iemand 'n kind van die Koninkryk van God deur wedergeboorte (asof hy "oor gebore" word). Elke land het spesifieke reels op hoe iemand 'n burger kan word; op dieselfde wyse vind weergeboorte op 'n baie spesifieke manier plaas, nl. die manier wat God sĂȘ dit moet wees - nl. deur WATER en GEES...(vir die onderwyser vir 'n studie oor weergeboorte, gaan na: https://warechristene.blogspot.com/2014/02/weer-gebore-wedergeboorte-wedergebore.html ).
Die Christelike doop is 'n TEKEN van hierdie gebeurtenisse, nl. bekering en wedergeboorte. Bv., dit simboliseer o.a. "dood en opstanding", soos iemand wat 'n burgerskap afle en 'n ander opneem/aanneem...------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
No comments:
Post a Comment
Note: Only a member of this blog may post a comment.