Monday, May 31, 2021

Eerstelinge (Deel vd boekie "volk van God")(bedoel vir 12 - 17 jariges)(Doel of plig van eersgeborenes/eerstelinge)

Les 1:

IN HIERDIE LES:
Om die begrip te verstaan van EERSTELINGE VAN GROEPE (hierdie kan in verskillende lesse behandel word).
- (in die volgende lesse sal ons kyk na eerstelinge van oes en produksie, asook eerstelinge van verdienste, bv. tiendes). IN HIERDIE LES KYK ONS NA EERSGEBORENES EN EERSTELINGE, en waarom hulle so genoem of uitgesonder word.

EERSGEBORENES EN EERSTELINGE VAN MENSE/DIERE
Bespreek in groep / VRAAG:
Voor elke punt bestudeer word, bespreek gerus eers in die groep die rede waarom elkeen van hierdie onderstaande groepe mense, of dit betrokke, as geheilig gesien word?  Bv., waarom het God verklaar dat die eersgeborenes aan Hom behoort?, of waarom word God se volk o.a. "eersgebore seun" genoem, of "eerstelinge van Sy skepsele"? 

ANTWOORD: In elke geval moet die antwoord min of meer uitkom by die feit dat eerstelinge 'n werk of doel het, bv. word gesien as "geheilig", wat beteken "AFGESONDER" vir 'n spesifieke taak of doel. M.a.w., "hulle behoort aan die Here" - in die sin van is afgesonder vir Hom, om vir Hom te werk, of as 'n offer, of vir 'n spesifieke doel ens.  Bv., 'n eersgeborene onder God se volk het die verantwoordelikhede van 'n priester ontvang, en die eerstelinge van diere was geheilig of "afgesonder" vir 'n doel, bv. eersteling van skaap of bok uitgesit vir offers.

(ROL AF ONDERTOE VIR VERDERE INLIGTING VIR DIE ONDERWYSER)
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

(1) "eersgeborene" (in families) verwys na die "eersteling" van 'n groep kinders gebore (Gen. 43:33):

- (Exo 34:19)  Alles wat die moederskoot open, is myne; ook al jou vee wat manlik is, die eerstelinge van beeste en kleinvee.
- (Luk 2:23)  soos geskrywe is in die wet van die Here: Elke manlike kind wat die moederskoot open, sal heilig vir die Here genoem word;
DIE BEGRIP "EERSGEBORENES" VERWYS NA WIE DIT IS WAT UITGEKIES IS OM PRIESTERS TE WEES VIR DIE HERE. Vir meer inligting oor die onderwerp "eersgeborenes" as priesters, kan hierdie pos behandel word: https://sondagskooltuis.blogspot.com/2015/10/eersgeborenespriesters-deel-van-boekie.html
Die eersgeborenes onder die volk is deur die Here gesien as Syne - hulle het aan Hom behoort; selfs die eerstelinge van beeste en kleinvee is so gesien... (Eks. 34:19). Hoekom het hulle aan die Here behoort? Eersgeborenes onder die volk van God is gesien as "heilig" (Luk. 2:23), m.a.w., "AFGESONDER". Vir wat afgesonder?  Hulle was afgesonder om vir die Here priesters te wees (bv., hulle plig was om hul families te lei in die wil vd Here, offers te bring, Sy kennis bewaar ens...);  maar na die insident vd goue kalf was hierdie priesterlike pligte oorgedra aan die stam vd Leviete (omdat die eersgeborenes nie hulle plig as priesters nagekom het nie). Toe die volk se eersgeborenes m.a.w. nie hierdie plig gehoorsaam nie, toe het die Here 'n spesifieke stam gekies om hierdie werk van priesterskap in hulle plek te vervul, en die res vd volk moes hulle betaal om in hulle plek te dien (Num. 3:41-51). Ons sien dus dat daar 'n doel was hoekom die Here die eersgebore seuns gesien het as "Syne" - dit was omdat hulle die plig gehad het om vir Hom te werk in die families (was priesters).
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

(2)  die woord eerstelinge kan ook verwys na die EERSGEBORENES VAN 'N LAND (Ps. 78:51
(bv., die volk Israel is vir die Here 'n heiligheid en EERSTELINGE van Sy opbrings... (Jer. 2:3)(Rom. 11:16);

DIE BEGRIP "EERSGEBORENES VAN 'N LAND" VERWYS NA 'N VOLK OF GROEP MENSE WAT GEROEP IS OM PRIESTERS TE WEES VIR DIE HERE (in 'n land of in die wêreld/ uitgekies onder die nasies vd aarde...).
"Eersgeborenes" het 'n doel en dit is om die familie te lei in die wil vd Here en die Here namens hulle op te soek, offers te bring, die kennis vd Here te bewaar ens. - net soos 'n eersgebore seun in 'n familie hierdie plig gehad het, net so het die volk van God hierdie plig onder die nasies vd aarde... - en word dus gesien as "eersgeborenes" ('n eersgebore volk).  Die volk Israel was bv. gesien as "eerstelinge van Sy opbrings", wat verwys na hoe hulle gereken word as "eersgeborenes" onder die nasies... (en dus aan die Here behoort). Maar "eerstelinge van Sy opbrings" verwys ook na bv. eerstelinge van 'n oes, wat m.a.w. uitgesit of geheilig of afgesonder word. Christene word ook gesien as "eerstelinge van Sy skepsele" (Jak. 1:18)(kyk punt 3) en is dus uitgesit en geheilig - en het net soos enige ander "eersgeborene" die plig om die Here te soek en Sy wil, Sy kennis te bewaar in hierdie wêreld en Sy wil bekend te maak, ens. - m.a.w., om vir Hom priesters te wees in hierdie wêreld. Bv., in 1 Pet. 2:5 word Christene 'n heilige priesterdom genoem. 
Vir 'n opsomming oor die tema "eersgeborenes / eerstelinge / priesters", gaan na: https://warechristene.blogspot.com/2015/04/eersgeborenes-en-eerstelingepriesters.html
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

(3)  Christene word die EERSTELINGE VAN SY SKEPSELE genoem (Jak. 1:18)( die brief Jakobus was wel gerig "aan die 12 stamme wat in die verstrooiing is";  maar natuurlik word almal wat in Jesus Christus glo en met Sy Gees gevul word, deel vd kinders van Abraham - die Christelike doop is o.a. 'n teken hiervan...).

DIE BEGRIP "EERSTELINGE VAN SY SKEPSELE" VEWYS NA WATTER SKEPSELE VIR HOM GEOFFER WORD, BV. VIR 'N SPESIFIEKE DOEL, OM VIR HOM TE WERK, OM HOM TE GEHOORSAAM, OM HOM TE DIEN ENS.
"Eerstelinge van Sy skepsele" verwys na die wat gesien word as die eerstelinge vd Here se skepsele.  Die begrip "eerstelinge" kan vgl. word met iets wat eerste geproduseer word, en dus gesien word as iets wat aan die Here behoort, soos "eerste vruge" wat weggegee word (dit is waarna die woord "eerstelinge" hier in die Grieks verwys - "ap-ar-khay'", wat verwys na dit wat aanvanklik geoffer word;  beteken "eerste vrugte")
- m.a.w., verwys na dit wat geoffer word (kinders vd koninkryk is soos die eerste vrugte wat geoffer word...). Bv., vir 'n spesifieke doel geoffer. Kom ons kyk na die konteks van (Jak. 1:18 - "Volgens sy wil het Hy ons voortgebring deur die woord van die waarheid, sodat ons as eerstelinge van sy skepsele kan wees") - die konteks waarin hierdie genoem was, het te doen gehad met ons plig as eerstelinge van Sy skepsele - om bv. daders vd woord te wees en die geloof na te jaag... (Jak. 1:2-22 )(lees in konteks) - 'n "rein en onbesmette godsdiens".  Eerstelinge vd Here se skepsels (kinders vd koninkryk) word geoffer om vir die Here te leef.  Hulle leef nie meer vir hulleself nie en hulle offer hulleself tot 'n rein en onbesmette godsiens. Om eersteline van Sy skepsele te wees verwys dus na die wat die Here DIEN, Hom gehoorsaam, Sy wil en kennis soek, vir Hom leef, ens. Kan gesien word as die wat geoffer word om slawe te wees vir Christus... - hulle dien nie die sonde en mense nie (is nie slawe vir die sonde of vir mense nie - in daardie opsig is hulle vrymense), maar dien die Here (is slawe vir Christus)(1 Kor. 7:22,23). 
Die 144000 man in Openb. 14:4 word gesien as "eerstelinge vir God en die Lam - hoekom? hulle is gekoop is uit die mense as eerstelinge vir God en die Lam - dus, verwys hier na maagdelike reines wat die Lam volg waar Hy ookal gaan... - hulle is m.a.w. geoffer vir hierdie doel.  
Kyk ook na Rom. 8:23 van wedergeborenes wat die "eerstelinge vd Gees" het - hulle is dus geoffer om die Gees te gehoorsaam). 

Die "eerstelinge vd Here se skepsele" verwys nie net na watter mense geoffer word nie, maar kan ook verwys na die eerstelinge vd vee - (Eks. 34:19 - "Alles wat die moederskoot open, is myne; ook al jou vee wat manlik is, die eerstelinge van beeste en kleinvee"), bv. kyk na die tema van die lam wat geoffer word (sondoffer)(Hand. 8:32; Jes. 53:7,8) - Hy wat geen sonde gehad het nie, het in ons plek gesterwe ter wille van ons sonde (ons moes eintlik sterwe).  In Jes. 53:1-12 is die Messias ook voorgestel soos 'n LAM wat na die slagplek gelei word... ('n lam wat geheilig is vir offers, moes sonder gebrek wees - Jesus Christus was immers sonder gebrek! - 1 Pet. 1:19).  In hierdie opsig was Hy geheilig om geoffer te word.
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

(4)  Christene het die EERSTELINGE VAN DIE GEES  (Rom 8:23 - "En nie alleen dit nie, maar ons self ook wat die eerstelinge van die Gees het, ons sug ook in onsself in afwagting van die aanneming tot kinders, naamlik die verlossing van ons liggaam") - in konteks verwys "eerstelinge vd Gees" na die wat eendag deel het aan die "eerste opstanding" en opstaan tot lewe;  m.a.w., verwys spesifiek na die wat afgesonder is om die aanneming tot kinders te verkry.

DIE BEGRIP "EERSTELINGE VD GEES" VERWYS NA WIE DIT IS WAT EENDAG AANGENEEM WORD TOT KINDERS WANNEER HULLE OPSTAAN IN NUWE LIGGAME - VERWYS SPESIFIEK NA DIE WAT DIE GEES VAN GOD HET. In hierdie opsig verwys dit nie net na die wat geoffer is om die Gees te gehoorsaam nie, maar verwys na DIE WAT GEROEP IS. 
Vgl. dit met (Rom 8:14-16 - "Want almal wat deur die Gees van God gelei word, dié is kinders van God. Want julle het nie ontvang ‘n gees van slawerny om weer te vrees nie, maar julle het ontvang die Gees van aanneming tot kinders, deur wie ons roep: Abba, Vader! Die Gees self getuig saam met ons gees dat ons kinders van God is"). Hierdie verwys na die wat "weer gebore" is deur water en Gees.  Kinders van God word gekenmerk deur die wat die Gees van God het (en hulle word deur die Gees gelei) - hulle het die belofte van aanneming tot kinders wat eendag bevestig sal word deur die "verlossing vd liggaam" (sal opstaan in nuwe verheerlikte liggame wat vir ewig lewe). 
Vgl. dit ook met (2Co 5:5)  Maar Hy wat ons juis hiervoor toeberei het, is God, wat ons ook die Gees as onderpand gegee het.
Vir meer inligting kan die volgende onderwerpe bestudeer word:
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(5)  Christus Jesus was die EERSTELING VAN DIE WAT UIT DIE DOOD OPSTAAN ((1Kor. 15:20,21).

Oor al die eeue sien gelowiges uit na die beloofde opstanding waarin ons opgewek sal word in nuwe liggame (nuwe uiterlike mens).  Die wat opstaan tot lewe (die wat deel het aan die "eerste opstanding") se liggame sal anders daarna uitsien as die huidige uiterlike mens - dit sal onverganklik wees (sal "opstaan tot lewe")(sal vir ewig lewe).  Vir 'n studie oor hierdie soort liggaam, gaan na: https://warechristene.blogspot.com/2017/11/verheerliktegeestelikeonverganklike.html.
Jesus Christus was die eerste wat opgestaan het uit die dood in hierdie soort liggaam;  daarom is Hy die " die EERSGEBORENE onder baie broeders...  (Rom. 8:29; Kol. 1:18) - onder die wat sal deel he aan hierdie opstanding, was Hy die eerste.  

En as eersgeborene sal Hy die hoogste wees onder die konings vd aarde, en sal terugkom om te regeer... (Ps. 89:28). Jesus Christus is 'n eersgeborene, nie net toe Hy as mens gebore is (Matt. 1:25; Luk. 2:7) nie, maar is ook die eerste seun gebore in 'n nuwe uiterlike mens , en sal weer as die Eersgeborene in die wêreld inbring word... (Hebr. 1:6). En was terloops van die begin af - die EERSGEBORENE VD HELE SKEPPING ! (Kol. 1:15,16; Mig. 6:7)(maar het ter wille van ons in 'n menslike vorm gekom om ons te red).  In Jesus Christus is alle dinge geskape wat in die hemele en op die aarde is, wat sienlik en onsienlik is, trone sowel as heerskappye en owerhede en magte—alle dinge is deur Hom en tot Hom geskape (Kol 1:17) - Hy is voor alle dinge, en in Hom hou alle dinge stand...(Kol 1:18)."
Vir verdere inligting oor die tema van "opstanding of dooies wat sal herlewe" kan die volgende behandel word:
- https://eindtydonderwerpe.blogspot.com/2017/05/die-opstanding-dooies-sal-herlewe.html
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(6)  die 144 000 (uit die stamme van Israel)(Openb. 7 en 14), 
word beskryf as EERSTELINGE WAT GEKOOP IS UIT DIE GELOWIGES VIR GOD. 
Wat beteken dit?  Waarom word hulle na verwys as "eerstelinge"? 

Onder al die gelowiges is hulle gekies/gekoop met 'n spesifieke doel vir God en die Lam.  Hulle is terloops almal maagdelik rein en geen bedrog in hulle mond gevind nie, en hulle sal die Lam volg waar Hy ookal gaan (Openb. 14:1-5). Hulle word o.a. gesien as "sonder gebrek", net soos die eerstelinge van diere wat geheilig was vir offers sonder gebrek moes wees. 


----------------------------------------------------------------------------------------------------------------
VERDERE INLIGTING VIR DIE ONDERWYSER:



- Die woord EERSTELING verwys na "eerstelinge uit 'n groep" (bv. eerstelinge van 'n oes (Eks. 23:16) of van beeste en kleinvee (Eks. 34:19, of eerstelinge van inkomste (Spr. 3:9) ens. "Eerstelinge" is iets wat gewoonlik uitgesit word, bv. as offer of vir 'n spesifieke taak, of uitgekies.
Vb. e van eerstelinge:
-  die 144 000 (uit die stamme van Israel)(Openb. 7 en 14), 
word bv. beskryf as EERSTELINGE WAT GEKOOP IS UIT DIE GELOWIGES VIR GOD - (uitgesit vir 'n spesifieke taak); 
-  die woord eerstelinge kan ook verwys na die EERSGEBORENES VAN 'N LAND (Ps. 78:51
(bv., die volk Israel is vir die Here 'n heiligheid en EERSTELINGE van Sy opbrings... (Jer. 2:3)(Rom. 11:16)(uitgesit vir 'n spesifieke taak);
-  Christene word die EERSTELINGE VAN SY SKEPSELE genoem (Jak. 1:18)( die brief Jakobus was wel gerig "aan die 12 stamme wat in die verstrooiing is";  maar natuurlik word almal wat in Jesus Christus glo en met Sy Gees gevul word, deel vd kinders van Abraham...) (uitgesit as priesterdom - uitgekies).
-  Christene het die EERSTELINGE VAN DIE GEES (Rom. 8:23) - (Heilige ("afgesonderde") Gees - Gees afgesonder vir gelowiges).
-  Christus Jesus was die EERSTELING VAN DIE WAT UIT DIE DOOD OPSTAAN ((1Kor. 15:20,21) - (Hy die uitverkose om die dood te oorwin en daaroor te heers). 

____________________________________________________________________________________

No comments:

Post a Comment

Note: Only a member of this blog may post a comment.