Showing posts with label gehoorsaam. Show all posts
Showing posts with label gehoorsaam. Show all posts

Sunday, March 10, 2013

Evangelie Reeks 12-17 jariges: Wette en Geloof

VIR ANDER ONDERWERPE IN HIERDIE REEKS, GAAN NA:
-  http://sondagskooltuis.blogspot.co.nz/2013/01/interessante-vrae-vir-bespreking-12-tot.html
-  http://sondagskooltuis.blogspot.co.nz/2012/10/interessante-vrae-vir-bespreking-vir-12.html

ANDER POSTE VD EVANGELIE REEKS:
========================================================================

(Luk 16:16) " Die wet en die profete was tot op Johannes; van toe af word die evangelie van die koninkryk van God verkondig, en elkeen dring met geweld daarin".  

---------------------------------------------------------------------------------------------

VRAAG VIR BESPREKING:
(1) As die "wet en profete was tot op Johannes" (en van toe af die evangelie van die koninkryk verkondig word), beteken dit dat ons geen wette meer hoef te onderhou nie?  


===========================================================
Alhoewel die wet en profete vervul is, beteken dit nie dat die Christen geen "wette" het nie! Inteendeel, in die evangelie van die koninkryk, het "wette" 'n sterker betekenis gekry en moet die geregtigheid oorvloediger wees! Die onderhouding van die wet, was inteendeel nooit bedoel as 'n weg na saligheid nie, ook nie in die O.T. nie! -(Rom. 3-5).  "GELOOF" was altyd! . Beteken dit dan dat daar geen "gehoorsaamheid" van ons verwag word nie? Nee.  Deur "gehoorsaamheid" bewys die Christen dat hy die Here in beheer sit van sy lewe - dit word dus van die gelowige verwag om gehoorsaam te wees! Net so is baie leringe in die "evangelie van die koninkryk" nie 'n manier om saligheid te verkry nie, maar eerder die manier hoe die Christen regtig "in die geloof" lewe. ("ongehoorsaamheid" was in die eerste plek dit wat veroorsaak het dat Adam en Eva geval het)

*  "bekering en geloof is noodsaaklik om "kinders van die koninkryk te word", maar as die kinders van die koninkryk nie die nodige vrug dra nie, kan hulle hul seunskap verloor!"

*  "ons kan nie saligheid ontvang deur die onderhouding van wette nie, maar om in die wil van die Here te lewe, is 'n bewys dat iemand tot geloof gekom het"

OM HIERDIE REDE HET JESUS NIE NET DIE OPDRAG GEGEE OM DIE EVANGELIE AAN AL DIE NASIES TE VERKONDIG NIE, MAAR HY HET OOK GESE:  (Mat 28:19)  "Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het".  
Wanneer ons dus praat van "DIE EVANGELIE", dan is dit belangrik dat dit aan mense verduidelik word dat hulle hulself moet ondergeskik stel aan hulle Skepper- die persoon moet verstaan dat, om deel te wees van die kinders van die koninkryk, of om die koninkryk te beerwe, beteken dat hy homself ondergeskik stel AAN DIE KONING van daardie koninkryk (- dit gaan dan nie meer oor die persoon se eie wil nie, maar oor "wat die Here wil").  Jesus het baie oor hierdie dinge gepreek terwyl Hy die "evangelie van die koninkryk" verkondig het, nl. "gehoorsaamheid", "om die wil van die Vader te doen", "om te bekeer" ens.
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------


Ook in die eerste gemeentes, het die dissipels nie die "evangelie van Jesus Christus" geskei van die "evangelie van die koninkryk" nie:
  
(Hand. 8:12)  "Maar toe hulle Filippus geglo het, wat die evangelie (1) aangaande die koninkryk van God en (2)die Naam van Jesus Christus verkondig het, is hulle gedoop, manne sowel as vroue".

Let ook daarop dat toe Jesus gepraat het van hoe die evangelie aan die hele wereld verkondig sal word as getuienis, Hy volgens Matt. 24:14 die woorde "die evangelie van die koninkryk" gebruik het. Die evangelie behels dus nie net die feit dat Jesus vir ons gesterf het sodat ons sondes afgewas kan word nie, maar behels ook die feit van Sy koninkryk.  Net so natuurlik, is die evangelie van vrede verkondig in die eerste gemeentes, saam met die evangelie van Jesus Christus.

As net die "evangelie van Jesus Christus" verkondig word sonder die "evangelie van die koninkryk", dan het dit tot gevolg dat baie dink hulle saligheid is beklink, maar is dit?  Iemand kan 'n kind van die koninkryk word deur wedergeboorte, maar watter gevolge sal dit he sou daardie persoon nie "die nodige vrug dra nie?"  Kom ons kyk wat Jesus gese het van "die Jode wat Hom verwerp het en nie die nodige vrug gedra het nie":  
(Mat 21:42)  "Jesus sê vir hulle: Het julle nooit in die Skrifte gelees nie: Die steen wat die bouers verwerp het, dit het ‘n hoeksteen geword. Hy het van die Here gekom en is wonderbaar in ons oë?
(Mat 21:43)  Daarom sê Ek vir julle: Die koninkryk van God sal van julle weggeneem en aan ‘n volk gegee word wat die vrugte daarvan sal dra". (Kyk ook Matt. 3:7-11).  Baie sal redeneer dat die woorde  slegs bedoel is vir die wat Jesus regtig verwerp, maar dit is duidelik dat die skrif ook die feit van "vrug dra" insluit;  - bv. kyk ook na "die gelykenis van die Saaier" en vele ander skrifte oor die onderwerp - dit is duidelik dat iemand sy kindskap kan verloor, sou hy homself nie ondergeskik stel aan die Here om Hom gehoorsaam te wees nie (dit is immers wat bekering beteken, maar as iemand dan nou opsetlik bly sondig nadat hulle tot die waarheid gekom het, watter ander offer is daar dan? -Hebr. 10:26).  DUS MOET ONS SEKER MAAK DAT ONS VERSTAAN WAT "DIE EVANGELIE" REGTIG BEHELS.  

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Die evangelie bevat dus die begrip van "bekering".  Bekering was altyd, en is nog steeds 'n voorwaarde om "kinders van die koninkryk" te kan word.  Bekering gaan daaroor dat iemand homself ondergeskik stel aan die Here - hy le sy lewe af vir die Here - dit gaan nie meer oor sy eie wil nie, maar oor die Here se wil - hy erken Hom as sy Koning - hy dien Hom - hy volg Hom ..........daarom skryf Paulus:  (Kol 3:9,10)  "Lieg nie vir mekaar nie, omdat julle die oue mens met sy werke afgelê het en julle jul met die nuwe mens beklee het wat vernuwe word tot kennis na die beeld van sy Skepper", 

---------------------------------------------------------------
(Mat 9:17)  ‘n Mens gooi ook nie nuwe wyn in ou leersakke nie; anders bars die sakke en die wyn loop uit en die sakke vergaan. Maar ‘n mens gooi nuwe wyn in nuwe sakke en altwee bly behoue.

Thursday, January 17, 2013

Beprekingsvrae 12-17 jariges: WAT IS GELOOF?

1.  Geloof is om Hom te ken
Bespreek die volgende standpunt: 
 "WANNEER CHRISTENE NIE DIE HERE VERTROU NIE, IS DIT OMDAT HULLE HOM NIE KEN NIE!"

(wat beteken dit om iemand te KEN? wat is die verskil tussen "weet van iemand" of "om hom te ken"?)Dit is moeilik om iemand te vertrou vir wie jy nie goed ken nie bv. veronderstel jy het 'n vriend wat jy al jare ken - julle het baie saam gelag, saam geleer, dinge saam gedoen, dinge met mekaar gedeel ens.  Maar jy het ook 'n ander vriend wat jy nog net 2 weke ken.  In watter vriend gaan jy jou vertroue sit in 'n tyd van nood?  Of met watter een van die twee sal jy eerste jou goeie nuus wil deel?  Gaan jy nie die een wat jy goed ken eerder vertrou nie?

Dus:  Jy gaan jou eersgenoemde vriend meer vertrou omdat jy hom KEN.

(Vgl. dit met wat dit beteken om die Here lief te he)
(Bespreek hoe Jesus die "ewige lewe" in 'n gebed beskryf het: (Joh 17:3)  "En dit is die ewige lewe, dat hulle U ken, die enige waaragtige God, en Jesus Christus wat U gestuur het).

http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/01/gods-bewus-of-selfbewus.html
ander: http://warechristene.blogspot.co.nz/2011/10/bedieninge-en-gawes.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/03/meditasie.html


----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
2.  Geloof is om Hom gehoorsaam te wees


Bespreek die volgende standpunt:
 WANNEER KINDERS VAN DIE HERE OPSETLIK EN AANHOUDEND ONGEHOORSAAM IS AAN DIE HERE, DAN BEVRAAGTEKEN DIT HULLE VERTROUE IN DIE HERE.


Wanneer jy jou in 'n posisie bevind waar jy onderdanig is aan 'n leier, maar jy vertrou nie regtig die leier nie, dan is dit tog logies dat jy nie gehoorsaam gaan wees aan so iemand nie!  Wanneer daar nie vertroue is in 'n leier nie, dan kry jy baie skeuringe in 'n groep en mense trek na verskillende kante toe - elk doen dan wat hy wil.

Dus:  Jy gaan GEHOORSAAM wees aan 'n leier vir wie jy vertrou.


(vgl. dit met die vorige standpunt)
(Bespreek ook die volgende: (Joh 15:13,14)  "Groter liefde het niemand as dit nie, dat iemand sy lewe vir sy vriende gee. Julle is my vriende as julle alles doen wat Ek julle beveel" - wat het "gehoorsaamheid" en "liefde" met mekaar te doen?)

http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/03/as-jy-dink-jy-doen-goed.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2011/09/wereldse-hardkoppigheid.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/01/is-daar-iets-soos-groot-en-klein-sonde.html


------------------------------------------------------------------------------------------------------------
3.  Geloof is om Hom lief te he
Bespreek die volgende standpunt:
 WANNEER CHRISTENE NIE DIE HERE VERTROU NIE, IS HULLE ONGEDULDIG MET HOM, SELFGESENTREERD, SELFS VERBITTERD, OPGEBLASE IN DIE DAT HULLE NIE DIE WAARHEID SOEK NIE EN DIT OOK NIE LIEFHET NIE.


In gebroke huishoudings sien ons min van ware liefde soos om geduld met mekaar te he, lydsaamheid, vriendelikheid, waar iemand nie net sy eie belang soek nie,  nie opgeblase nie ens.  Wanneer daar geen vertroue is tussen mense nie, dan heers daar 'n soort van onvriendelikheid en ongeduldigheid tussen hulle, waar elkeen glo net hy is reg, opgeblase of selfs grootpraterig. So iemand raak maklik verbitterd  teenoor die ander  en soek net sy eie belang. Hy sal selfs bly wees as dit nie so goed gaan met die ander een nie, sodat hy dink dis 'n bewys hy was reg, en as iets goed gebeur met die ander, sal hy jaloers wees daarop.  Hy soek nie na die waarheid nie, want volgens hom weet hy of glo hy hy's reg.  Dit is nie liefde nie! 

Dus:  Wanneer daar geen vertroue is tussen mense nie, dan toon hulle nie die vrugte van liefde nie.


(Bespreek ook die volgende: (Joh 14:15)  "As julle My liefhet, bewaar my gebooie").

http://warechristene.blogspot.co.nz/2011/09/het-jy-hom-regtig-lief.html
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
4.  Geloof  is om ander te vergewe
Bespreek die volgende standpunt:
WANNEER 'N CHRISTEN ANDER VERGEWE, HET HY VERTROUE DAT DIE HERE OOK SO VIR HOM MAAK WANNEER HY SY SONDE BELY


Wanneer iemand jou te na kom, dan het hy enige vertroue wat jy in hom gehad het, geskend.  Hoekom wil mense nie altyd 'n ander vergewe nie? Want hy vertrou hom nie meer nie en hy wil eintlik he dit moet sleggaan met die persoon omdat hy voel hy verdien dit.  As ons onsself in dieselfde boot moet sit teenoor God - hoekom moet Hy ons vergewe vir die patete wat ons is?  Ons verdien dit nie dat dit met ons goedgaan nie! (Mat 6:14) - "Want as julle die mense hulle oortredinge vergewe, sal julle hemelse Vader julle ook vergewe".
(Mat 6:15) - "Maar as julle die mense hulle oortredinge nie vergewe nie, sal julle Vader julle oortredinge ook nie vergewe nie".

Dus:  om jouself op te offer om bietjie vertroue weer te he in 'n ander wanneer hy verskoning vra en die beste vir hom toe te wens deur hom te vergewe, kan jy die Here vertrou dat Hy jou ook sal vergewe!

(Vgl. dit met die verhaal van Jona - ons moet versigtig wees om te redeneer dat iemand anders nie verdien om vergewe te word nie - ons moet egter hoop daarop dat iemand tot inkeer kom, nie hoop dat hulle verlore gaan nie - vgl. dit ook met wat Jesus gese het dat Hy gekom het vir "die wat verlore is" en die gelykenisse wat Hy daaroor vertel het soos die verlore skaap, verlore seun ens.)

------------------------------------------------------------------------------------------------------------
5.  Geloof is om "reg te wees voor God"


Bespreek die volgende standpunt:
GELOWIGES STAAN NET "REG  VOOR GOD" AS HULLE GOD SE VOORWAARDES NAKOM
(1)  Wanneer 'n kind ongehoorsaam is aan 'n ouer en hy moet iets doen om op te maak vir dit, dan, wanneer hy dit gedoen het wat van hom verwag word, staan "hy reg voor" sy ouer.  Die ongehoorsaamheid is vergewe en vergete.  Hy moet egter die voorwaarde nakom - hy moet doen wat "verwag" word en kan nie sy eie heil uitwerk nie. 

Dus:  Net so kan ons ook nie ons eie heil uitwerk deur allerhande gelowe en tradisies en wette te gehoorsaam nie, maar ons kan slegs "reg staan voor die Here" deur die weg wat Hy beskik het, deur Sy Seun Jesus Christus en deur ons sondes te bely en ons lewe op te gee vir Hom.

Bespreek ook die volgende standpunt:
NET DIE "WAT OORWIN", SAL GOD SE BELOFTES DEELAGTIG RAAK.
(2)  As die kind vergewe is, maar hy doen daardie selfde ding oor en oor, dan kan veroorsaak dat sy ouer heeltemal vertroue in hom verloor - hy bewys dan ook dat hy geen respek het vir sy ouer nie en bewys ook daardeur dat hy homself nie onderdanig stel aan sy ouer nie.

Dus:  Wanneer iemand vergifnis van sondes ontvang het deur Jesus Christus, maar hulle bly voortstap in opsetlik aanhoudende sondes, dan is daar geen offer meer vir die sonde nie - dit wys daarop dat die persoon nie die nodige respek het vir die Here nie;  ook dat hy homself nie onderdanig stel aan die Here nie.


(Heb 10:26)  "Want as ons opsetlik sondig, nadat ons die kennis van die waarheid ontvang het, bly daar geen offer vir die sondes meer oor nie"

http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/01/oefen-jou-in-die-godsaligheid.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2011/10/wette-sonde-en-mensgemaakte-reels.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2011/07/god-sien-die-hart.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/03/wie-oorwin-sal-beklee-word-met-wit.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/03/as-jesus-kom-sal-hy-wel-die-geloof-op.html

------------------------------------------------------------------------------------------------------------