Showing posts with label Jesus Christus. Show all posts
Showing posts with label Jesus Christus. Show all posts

Sunday, March 10, 2013

Storieverhaalkaart 7: Die Koninkryk van God


In die storieverhaal-kaarte, is die verhale in die boeke van Mattheus, Markus, Lukas en Johannes, bymekaargebring - ekstra inligting is bygevoeg en flitskaarte uit die "Het jy geweet..."-boekie is ingesluit:  (gaan na die "Het jy geweet - page" om nog inligting te versamel)..  (Die storieverhale kan gebruik word vir voorlesing en lesaanbieding in konteksverband)

  • Storieverhaal-kaart 7:  Die Koninkryk van God  (in hierdie verhaalkaart word die begrip van die "koninkryk van God/hemele" behandel - of die "evangelie van die koninkryk")
  • - bedoel vir 12-17 jariges, alhoewel dit in beprekingsvorm gebruik kan word vir tot 15 jariges (vrae wat dan gevra word, is bv.:  "Wat word bedoel met die begrip "die koninkryk van God?";  "hoe raak iemand deel van die koninkryk van God?";  "is die koninkryk van God dieselfde as "koninkryk van die hemele?"; "is die koninkryk van God hemels van aard?";  ens.)

------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Die onderwerp van die "koninkryk van God" is 'n wye onderwerp - Jesus en Sy dissipels het vele tyd spandeer om "die evangelie van die koninkryk" aan ander te leer. 

Ons kan wel opsom dat: 
(1)  (Luk 16:16)  "Die wet en die profete was tot op Johannes; van toe af word die evangelie van DIE KONINKRYK van God verkondig, en elkeen dring met geweld daarin".  (omdat die "wet en die profete" vervul is, beteken dit NIE dat die "evangelie van die koninkryk" geen voorwaardes het nie!)
(dus moet ons onmiddellik vra:  wat behels die "evangelie van die koninkryk"?)(Die "evangelie" moet gesien word as sowel die "evangelie van Jesus Christus" asook die "evangelie van die koninkryk" - die twee moet nie geskei word nie).

 (2)  Hierdie "koninkryk van God" is vir die mens berei van die grondlegging van die wereld af ! (Matt. 25:34)

(3)   Leringe rondom die koninkryk was verborge (van die grondlegging van die wereld af) totdat Jesus Christus dit begin preek het (Matt. 13:35), (alhoewel die profete wel geprofeteer het van hierdie  EWIGE KONINKRYK, was die "evangelie" daarvan verborge) (Dan. 4:3; 7:14; 7:27))( 2 Pet. 1:11).

(4)  in baie skrifte lees die "KONINKRYK VAN GOD", dieselfde as die "EVANGELIE VAN DIE KONINKRYK";  die begrip "koninkryk van die hemele", word in baie skrifte ook dieselfde gebruik  as "koninkryk van God" - vgl. bv. Mark. 1:14 met Matt. 4:17 ens.;

(5)  beide die "evangelie van die koninkryk" en die "evangelie van Jesus Christus" is in die eerste gemeentes deur die dissipels gepreek - Hand. 8:12;  inteendeel, dit vorm SAAM "die evangelie" en die twee moet nie geskei word nie- Kol.1:13,14;(in sommige skrifte word  na die "evangelie van die koninkryk verwys  as bloot "die evangelie" (Luk. 3:18; 4:18; Luk. 7:22 ens.)- net soos die evangelie van Jesus Christus ook in ander skrifte na verwys word as bloot, "die evangelie");

(6)  die "konkryk van God" verwys deels na 'n "fisiese koninkryk" wat Jesus Christus op die aarde sal oprig -Dan. 2:44; Hebr. 1:7,8;

(7)  die "koninkryk van God" verwys deels na 'n "geestelike koninkryk" wat behels die voorwaardes om deel te kan raak van die koninkryk, asook, verwys na die geestelike lewe van die Christen - 1 Kor. 4:20; Rom. 14:17; 

(8)  die "koninkryk van God" verwys deels na 'n "hemelse koninkryk": wanneer Jesus Christus terugkom, sal die leers van die hemel Hom volg en saam met Hom veg (dan sal Hy die ander koninkryke verbrysel, 'n einde daaraan maak, en Sy koninkryk op aarde sal vir ewig wees; dit gaan gepaard met OORDEEL)- Joh. 18:36; Judas 1:14,15; Mark. 16:28.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------


(Die volgende is verhaal gedeeltes geneem uit die boeke van "Mattheus", "Markus", "Lukas" en "Johannes"=  -(die onderstaande gebeure is nie noodwendig in volgorde nie en net sekere inligting rakende die onderwerp van bespreking, is uitgelig) - HIERDIE KAN GEBRUIK IN GROEPSBESPREKING:

---------------------------------------------------------------------
VRAAG VIR BESPREKING:
 *  Watter rede gee Jesus as bewys dat die koninkryk van God by hulle gekom het?

Jesus het baie mense gesond gemaak, sodat almal wat vol kwale was, op Hom toegeloop het om Hom aan te raak. En elke keer as die onreine geeste Hom sien, het hulle voor Hom neergeval en geskreeu en gesê: U is die Seun van God! En Jesus het die mense herhaaldelik streng gebied om Hom nie bekend te maak nie.  En Hy het twaalf aangestel, sodat hulle saam met Hom kon wees en Hy hulle kon uitstuur om te preek en mag te hê om siektes te genees en die duiwels uit te dryf. En aan Simon het Hy die bynaam Petrus gegee; en verder Jakobus, die seun van Sebedéüs, en Johannes, die broer van Jakobus—aan hulle het Hy die bynaam Boanérges gegee, dit is, seuns van die donder— en Andréas en Filippus, en Bartholoméüs en Matthéüs, en Thomas en Jakobus, die seun van Alféüs, en Thaddéüs en Simon Kananítes, en Judas Iskáriot Toe het hulle ‘n duiwelbesetene wat blind en stom was, na Hom gebring; en Hy het hom gesond gemaak, sodat die blinde en stomme kon praat en sien en die skare het hulle verwonder.  En die hele menigte was verbaas en het gesê: Is Hy nie miskien die seun van Dawid nie?  Maar toe die Fariseërs dit hoor, sê hulle: Hy dryf die duiwels nie anders uit as deur Beëlsebul, die owerste van die duiwels, nie. En ander het Hom versoek en van Hom ‘n teken uit die hemel begeer. Maar Jesus het hulle gedagtes geken en vir hulle gesê: Elke koninkryk wat teen homself verdeeld is, word verwoes; en elke stad of huis wat teen homself verdeeld is, sal nie bly staan nie. En as die Satan die Satan uitdryf, dan is hy teen homself verdeeld. Hoe sal sy koninkryk dan bly staan? En as Ek deur Beëlsebul die duiwels uitdryf, deur wie dryf julle seuns hulle uit? Daarom sal hulle jul regters wees. Maar as Ek deur die Gees van God die duiwels uitdryf, dan het die koninkryk van God by julle gekom. Wanneer ‘n sterk man wat goed gewapend is, sy huis bewaak, is sy besittings in veiligheid. Maar as een hom oorval wat sterker is as hy en hom oorwin, neem hy sy volle wapenrusting weg waar hy op vertrou het, en deel sy buit uit. Of hoe kan iemand in die huis van ‘n sterk man ingaan en sy goed roof, as hy nie eers die sterk man geboei het nie? En dan sal hy sy huis beroof. Hy wat nie met My is nie, is teen My; en hy wat nie saam met My versamel nie, verstrooi. Daarom sê Ek vir julle: Elke sonde en lastering sal die mense vergewe word, maar die lastering teen die Gees sal die mense nie vergewe word nie.  En elkeen wat ‘n woord spreek teen die Seun van die mens, dit sal hom vergewe word; maar elkeen wat spreek teen die Heilige Gees, dit sal hom nie vergewe word nie, in hierdie eeu nie en ook in die toekomende nie, maar is skuldig aan die ewige oordeel. Maar Ek sê vir julle dat van elke ydele woord wat die mense praat, daarvan moet hulle rekenskap gee in die oordeelsdag.  Want uit jou woorde sal jy geregverdig word, en uit jou woorde sal jy veroordeel word.
(Matt. 12; Mark. 3; Luk. 11)
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------
VRAE VIR BESPREKING:
*  Wat is die rede hoekom Jesus deur gelykenisse tot die mense gespreek het?
*  Maak 'n studie van wat die gelykenis van die Saaier beteken - vgl. dit in die verskillende evangelies: Matt. 13:18-23; Mark. 4:14-20; Luk. 8:11-15.
*  Wat het hierdie gelykenis te doen met die koninkryk v/d hemele?

Op 'n ander dag het Jesus uit die huis uitgegaan en by die see gaan sit. En groot menigtes het by Hom vergader, sodat Hy in ‘n skuit geklim en gaan sit het. En die hele skare het op die strand gestaan. En Hy het baie dinge deur gelykenisse tot hulle gespreek en gesê: ‘n Saaier het uitgegaan om sy saad te saai; en terwyl hy saai, val ‘n deel langs die pad, en die voëls het gekom en dit opgeëet. En ‘n ander deel het op rotsagtige plekke geval waar daar nie baie grond was nie; en dadelik het dit opgekom, omdat dit geen vogtigheid gehad het en diepte van grond nie; maar toe die son opgaan, is dit verskroei, en omdat dit geen wortel gehad het nie, het dit verdroog. En ‘n ander deel het in die dorings geval, en die dorings het daarmee saamgegroei en dit verstik, en dit het geen vrug opgelewer nie. En ‘n ander deel het in die goeie grond geval en vrug opgelewer: die een honderd—, die ander sestig—, die ander dertigvoudig. Wie ore het om te hoor, laat hom hoor!  En die dissipels het gekom en vir Hom gesê: Waarom spreek U tot hulle deur gelykenisse en wat beteken hierdie gelykenis tog? Toe antwoord Hy en sê vir hulle: Omdat dit aan julle gegee is om die verborgenhede van die koninkryk van die hemele te ken, maar aan hulle is dit nie gegee nie. Want hy wat het, aan hom sal gegee word, en hy sal oorvloed hê; maar hy wat nie het nie, van hom sal weggeneem word ook wat hy het. Daarom spreek Ek tot hulle deur gelykenisse, omdat hulle, terwyl hulle sien, nie sien nie, en terwyl hulle hoor, nie hoor of verstaan nie. En aan hulle word die profesie van Jesaja vervul wat sê: Met die gehoor sal julle hoor en glad nie verstaan nie, en julle sal kyk en kyk, en glad nie sien nie. Want die hart van hierdie volk het stomp geword, en met die ore het hulle beswaarlik gehoor; en hul oë het hulle toegesluit, sodat hulle nie miskien met die oë sou sien en met die ore hoor en met die hart verstaan en hulle bekeer en Ek hulle genees nie. Maar julle oë is gelukkig, omdat hulle sien; en julle ore, omdat hulle hoor. Want, voorwaar Ek sê vir julle, baie profete en regverdiges het begeer om te sien wat julle sien, en het dit nie gesien nie, en om te hoor wat julle hoor, en het dit nie gehoor nie.  Luister julle dan na die gelykenis van die saaier.  Die saaier saai die woord. Die saad is die woord van God.  Dié langs die pad is die hoorders—waar die woord gesaai word, maar sodra hulle dit gehoor het, kom die Satan dadelik en neem die woord weg wat in hulle harte gesaai is omdat hulle die woord van die koninkryk hoor en nie verstaan nie, sodat hulle nie sou glo en gered word nie.  En by wie op rotsagtige plekke gesaai is—dit is hy wat die woord met blydskap ontvang wanneer hy dit hoor en dit dadelik aanneem;  maar hy het geen wortel in homself nie, aangesien hy net vir ‘n tyd glo, en in die tyd van versoeking, as daar verdrukking en vervolging kom ter wille van die woord, struikel hy dadelik. En by wie in die dorings gesaai is—dit is die wat gehoor het, en hulle gaan weg en word verstik deur die sorge en verleiding van die rykdom en genietinge van die lewe en begeerlikhede in verband met ander dinge - hulle dra geen ryp vrug nie en word onvrugbaar. En by wie op die goeie grond gesaai is—dit is hy wat die woord hoor, aanneem en verstaan, en wat dan ook vrug dra en oplewer: die een honderd,die ander sestig—, die ander dertigvoudig—dit is die wat, nadat hulle gehoor het, die woord in ‘n edele en goeie hart hou en met volharding vrug dra. En niemand steek ‘n lamp op en maak dit met iets toe of sit dit onder ‘n bed nie; maar hy sit dit op ‘n staander, sodat die wat inkom, die lig kan sien. Want daar is niks verborge wat nie openbaar sal word nie, of weggesteek wat nie bekend sal word en in die lig sal kom nie. Pas dan op hoe julle hoor; want elkeen wat het, aan hom sal gegee word; en elkeen wat nie het nie, van hom sal weggeneem word ook wat hy dink dat hy het.
(Matt. 13; Luk. 4; Luk. 8)





--------------------------------------------------------------------------------------------------

VRAAG VIR BESPREKING:
*  Wat kan jy leer omtrent die koninkryk van God/hemele uit die volgende gedeeltes?

(1) En Hy het gesê: So is die koninkryk van God, soos wanneer ‘n mens die saad in die grond gooi; en hy gaan slaap en staan op, nag en dag, en die saad spruit uit en word groot—hoe, weet hy self nie. Want vanself bring die aarde vrug voort, eers ‘n halm, dan ‘n aar, dan die volle koring in die aar.  En wanneer die vrug dit toelaat, steek hy die sekel dadelik in, omdat die oes daar is.

(2) ‘n Ander gelykenis het Hy hulle voorgehou en gesê: Die koninkryk van die hemele is soos ‘n man wat goeie saad in sy land gesaai het; maar terwyl die mense slaap, het sy vyand gekom en onkruid onder die koring gesaai en weggegaan. En toe die spruitjies opgeskiet en vrug gevorm het, toe verskyn die onkruid ook. En die diensknegte van die huisheer het gekom en vir hom gesê: Meneer, het u dan nie goeie saad in u land gesaai nie? Waar kry dit dan die onkruid vandaan? En hy antwoord hulle: ‘n Vyandige mens het dit gedoen. Toe sê die diensknegte vir hom: Wil u dan hê dat ons dit moet gaan bymekaarmaak?  Maar hy antwoord: Nee, dat julle nie miskien, as julle die onkruid bymekaarmaak, die koring daarmee saam uittrek nie. Laat altwee saam groei tot die oes toe, en in die oestyd sal ek vir die maaiers sê: Maak eers die onkruid bymekaar en bind dit in bondels om dit te verbrand, maar bring die koring bymekaar in my skuur.
Nadat Hy die skare weggestuur het, het Jesus huis toe gegaan; en sy dissipels het na Hom gekom en gesê: Verklaar vir ons die gelykenis van die onkruid in die saailand. En Hy het geantwoord en vir hulle gesê: Hy wat die goeie saad saai, is die Seun van die mens, en die saailand is die wêreld. Die goeie saad—dit is die kinders van die koninkryk, en die onkruid is die kinders van die Bose, en die vyand wat dit gesaai het, is die duiwel. Die oes is die voleinding van die wêreld, en die maaiers is die engele. Net soos die onkruid dan bymekaargemaak en met vuur verbrand word, so sal dit wees in die voleinding van hierdie wêreld: die Seun van die mens sal sy engele uitstuur, en hulle sal uit sy koninkryk bymekaarmaak al die struikelblokke en die wat die ongeregtigheid doen, en sal hulle in die vuuroond gooi. Daar sal geween wees en gekners van die tande. Dan sal die regverdiges skyn soos die son in die koninkryk van hulle Vader. Wie ore het om te hoor, laat hom hoor.

(3) ‘n Ander gelykenis het Hy hulle voorgehou en gesê: Die koninkryk van die hemele is soos ‘n mosterdsaad wat ‘n man neem en in sy land saai; wat wel die kleinste is van al die soorte saad, maar as dit gegroei het, groter is as die groentesoorte en ‘n boom word, sodat die voëls van die hemel kom en nes maak in sy takke. ‘n Ander gelykenis het Hy hulle vertel: Die koninkryk van die hemele is soos suurdeeg wat ‘n vrou neem en in drie mate meel inwerk totdat dit heeltemal ingesuur is. Al hierdie dinge het Jesus deur gelykenisse vir die skare gesê, en sonder gelykenis het Hy vir hulle niks gesê nie; sodat vervul sou word die woord wat gespreek is deur die profeet: Ek sal my mond open deur gelykenisse; Ek sal uitspreek dinge wat verborge was van die grondlegging van die wêreld af.

(4) Verder is die koninkryk van die hemele soos ‘n skat wat verborge is in die saailand, wat ‘n man kry en wegsteek; en uit blydskap daaroor gaan hy en verkoop alles wat hy het, en koop daardie saailand.

(5) Verder is die koninkryk van die hemele soos ‘n koopman wat mooi pêrels soek; en toe hy een baie kosbare pêrel kry, gaan hy weg en verkoop alles wat hy het, en koop dit.

(6)Verder is die koninkryk van die hemele soos ‘n net wat in die see gegooi word en van elke soort bymekaarbring; en as dit vol geword het, trek hulle dit op die strand uit en gaan sit en maak die goeies in bakke bymekaar, maar gooi die slegtes weg. So sal dit wees in die voleinding van die wêreld: die engele sal uitgaan en die slegte mense onder die regverdiges uit afskei en hulle in die vuuroond gooi. Daar sal geween wees en gekners van die tande. Jesus sê vir hulle: Het julle ál hierdie dinge verstaan? Hulle antwoord Hom: Ja, Here! Toe sê Hy vir hulle: Daarom is elke skrifgeleerde wat ‘n leerling geword het in die koninkryk van die hemele, soos ‘n huisheer wat uit sy skat nuwe en ou dinge te voorskyn bring. En toe Jesus hierdie gelykenisse geëindig het, het Hy daarvandaan weggegaan. En Hy het in sy vaderstad gekom en hulle geleer in hul sinagoge, sodat hulle verslae was en gesê het: Waar kry Hy hierdie wysheid en kragte vandaan? Is Hy nie die seun van die timmerman nie? Is die naam van sy moeder nie Maria en dié van sy broers Jakobus en Joses en Simon en Judas nie? En sy susters, is hulle nie almal by ons nie? Waar kry Hy dan al hierdie dinge vandaan? En hulle het aanstoot aan Hom geneem. Maar Jesus sê vir hulle: ‘n Profeet is nie ongeëerd nie, behalwe in sy vaderland en in sy huis. En Hy het daar vanweë hulle ongeloof nie baie kragtige dade gedoen nie.

------------------------------------------------------------------------------------------------------------



==============================================

In die gelykenisse, verhale en leringe wat Jesus gegee het oor die Koninkryk van God:

-(1)  stel Hy voor dat die Koninkryk in so 'n mate begeer moet word, dat die mens bereid moet wees om alles op te gee daarvoor en dit bo wereldse dinge moet soek (bv. bekering/wedergeboorte -(Joh. 3:1-18 veral v.3)(Matt. 3:2)(Matt. 4:17)(Mark. 1:15))(geestelike groei)(die pad van godsaligheid)- hierdie onderwerpe word gedek onder die "evangelie van die koninkryk"(vgl. met Luk. 16:16)   - alhoewel Christene reeds "kinders van die koninkryk" genoem word, word die koninkryk eers beerwe na die eerste opstanding (met Jesus se wederkoms)  (Matt. 13:44,45)(Luk. 12:36-49) 

-(2)  Dit word ook voorgestel as "iets" wat "deur baie met geweld ingedring word", maar nie almal sal dit beerwe nie, bv. dat Sy diensknegte uitgestuur word om mense te "vang soos visse" of mense "uit te nooi na die bruilof", waarvan, met Jesus se wederkoms, die goeies van die slegtes geskei sal word Matt. 13:24-43)(Matt. 13:47-50)(Matt. 22:2-14); daarom dan die vele waarskuwings dat almal moet seker maak "hulle is gereed" (Matt. 25:1-13).  -dus, alhoewel baie hulleself sien as "kinders van die koninkryk" (Matt. 8:11,12)(Matt. 13:38), is dit slegs die wat die nodige VRUG dra wat by die bekering pas (Matt. 21:33-46), die WIL VAN DIE VADER DOEN (goed doen) (Matt. 21:28-32)(Matt. 7:21; 12:50; 5:30)(Matt. 25:31-46), Hom KEN, LIEHET en BO ALLES STEL (Mark. 10:20-24)(Luk. 18:29,30)(Luk. 12:13-34) ,  asook die wat hulle broeders VERGEWE (Matt. 18:23-35),  wat sal ingaan in die koninkryk - dit is die wat "arm van gees" is (soos kindertjies - Matt. 18:3,4; Mark. 10:14; Jak. 2:5), die "wat vervolg word ter wille van die geregtigheid" (verdrukking en vervolging)(Matt. 5:10), en die wat nie moedeloos word nie, maar "besig" gevind sal word met Sy wederkoms (Luk. 12:43). 

-(3)  Die koninkryk van God is "iets" wat groot sal word (Matt. 13:31-33)en is nie beperk tot een nasie nie, maar is vir enige iemand bedoel, Jood sowel nie-Jood, "die wat die voorwaardes nakom".

-(4)  Alhoewel gelowiges verskillend beloon gaan word in die koninkryk, moet hulle wees soos "onverdienstelike diensknegte -  (Matt. 20:1-16)(Matt. 24:42-51)(Luk. 12:36-48)(Luk. 17:5-10)(Matt. 25:14-30)(Luk. 19:11-27)(Luk. 18:29,30)Matt. 24:46,47)
 -----------------------------------------------------------------------------------
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
WIE IS GESKIK VIR DIE 
KONINKRYK VAN GOD ?


-  SLEGS DIE WAT TOT BEKERING/WEDERGEBOORTE GEKOM HET EN DIE EVANGELIE GLO:
(Mat 3:2)  gepreek en gesê: Bekeer julle, want die koninkryk van die hemele het naby gekom. (ook Matt. 4:17; Mark. 1:15; Luk. 15:7,10; Hand. 2:38; 3:19... ) ("bekering" was nog altyd 'n voorvereiste - dit was dan ook Johannes die Doper se doel om bekering  te preek, "want die koninkryk van die hemele het naby gekom"... BEKERING is steeds 'n voorvereiste om te kan ingaan in die koninkryk van God.) (Mar 1:15)- "Die tyd is vervul en die koninkryk van God het naby gekom; bekeer julle en glo die evangelie".  ((Mar 9:47)  En as jou oog jou laat struikel, pluk dit uit. Dit is beter vir jou om met een oog die koninkryk van God in te gaan, as om twee oë te hê en in die helse vuur gewerp te word)(Joh. 3:3)  Iets wat die volk tog goed moes verstaan, is dat dit net die is wie regtig die Here liefhet, hulleself aan Hom onderwerp en glo in die "Een wat sou kom",  wat kon deel he aan hierdie koninkryk (m.a.w. die wat hulle bekeer, want dit was deel van die prediking).  Tog het almal dit nie so verstaan nie! (Matt. 3:7-12)- daar was baie ongelowige Jode wat hulleself gesien het as "kinders van die koninkryk", maar nie die nodige vrug gedra het nie (wat gewys het op hulle hartstoestand). Interessant dat baie die boodskap vandag nog steeds nie verstaan nie, m.a.w. dat "bekering" (en geloof) nodig is om deel te raak van die "kinders van die koninkryk"- volgens die manier hoe Johannes dit verduidelik het, is dit duidelik dat daar ook voorwaardes is rondom bekering, dat iemand wat tot bekering gekom het, se dade moet verander en die nodige vrug dra wat by die bekering pas!  Alhoewel vrug en geestelike groei 'n uitvloeisel is van bekering, is dit ook 'n bewys van of iemand regtig bekeer is!  (Luk. 3:3-14).  In die "evangelie van die koninkryk" moet al hierdie dinge gepreek word, nie net "geloof" nie.



-  SLEGS DIE WAT SE BEGEERTE NA DIE HERE IS:
 (Mat 6:33)  " Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word". -(in die konteks vra Jesus dat ons ons nie kwel oor wereldse node nie en Hy verklaar die volgende: "want na al hierdie dinge soek die heidene".  Jesus het baie gepraat oor rykdom, besittings en ander dinge wat veroorsaak dat mense meer besig raak met die lewe, as met Hom.  Ons moet Hom altyd EERSTE nader en Sy wil vra en ons vertroue in Hom plaas - selfs wanneer die Here vir ons 'n werk voorsien, is dit genade.  Wat ons doen, moet dus nie tot selfverheerliking wees nie, maar altyd tot eer van die Here.)  - PLAAS JOU VERTROUE IN DIE HERE, nie in wereldse dinge nie (Mar 10:24)  En die dissipels was verbaas oor sy woorde; maar Jesus antwoord weer en sê vir hulle: Kinders, hoe swaar is dit vir die wat op hulle goed vertrou, om in die koninkryk van God in te gaan!


-  SLEGS DIE WAT DIE WIL VAN DIE VADER DOEN:
 (Mat 7:21)  "Nie elkeen wat vir My sê: Here, Here! sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar HY WAT DIE WIL DOEN VAN MY VADER wat in die hemele is"-(in die konteks van die skrifgedeelte, het Jesus gewaarsku teen valse profete en gepraat oor bome goeie of slegte vrugte - 'n manier dus om te bepaal of iemand se vrug goed of sleg/of om te weet wanneer iemand 'n valse profeet is, is deur te kyk of die persoon homself ondergeskik stel aan die Here, deur die "wil van die Vader" te soek en te doen)(valse profete sal nie in die koninkryk van die hemele ingaan nie)(die wat nie die nodige vrug dra nie, sal nie in die koninkryk van die hemele ingaan nie) - d.w.s. die wat hulle eie wil soek, en nie die wil van die Vader nie. In v.23 stel Jesus dit duidelik dat dit die is wat nie regtig die Here KEN nie, m.a.w. "om die Here te ken, gaan ook oor "om Sy wil te soek" (en te doen).  SOEK EN DOEN DIE WIL VAN DIE VADER 

- SLEGS DIE WAT HULSELF ONDERGESKIK STEL AAN DIE HERE, DIE NEDERIGES: 
(Mar 10:15)  Voorwaar Ek sê vir julle, elkeen wat die koninkryk van God nie soos ‘n kindjie ontvang nie, sal daar nooit ingaan nie.-(Wanneer Jesus in Matt. 18 vra wie die grootste is in die hemele, dan roep Hy 'n kindjie na Hom toe en se die volgende woorde:   (Mat 18:3,4) "Voorwaar Ek sê vir julle, as julle nie verander en soos die kindertjies word nie, sal julle nooit in die koninkryk van die hemele ingaan nie!  Elkeen dan wat homself verneder soos hierdie kindjie, hy is die grootste in die koninkryk van die hemele". Dit gaan dus oor "status" - net die nederiges sal in die koninkryk van die hemele ingaan, NIE die wat "groot wil wees" of belangriker wil wees nie;  ook nie die wat neerkyk op die nederiges nie! -kyk v.5,6)(Mat 11:11)  "Voorwaar Ek sê vir julle, onder die wat uit vroue gebore is, het daar nie een opgestaan wat groter is as Johannes die Doper nie; maar die kleinste in die koninkryk van die hemele is groter as hy".


- SLEGS DIE WAT HULLE HOOP PLAAS IN DIE HERE:
 (Mar 10:23,24)  Toe kyk Jesus rond en sê vir sy dissipels: Hoe beswaarlik sal hulle wat goed besit, in die koninkryk van God ingaan! En die dissipels was verbaas oor sy woorde; maar Jesus antwoord weer en sê vir hulle: Kinders, hoe swaar is dit vir die wat op hulle goed vertrou, om in die koninkryk van God in te gaan! -(in die konteks van hierdie skrifgedeelte gesels Jesus met iemand wat 'n vb. van "goed" was, wat die gebooie onderhou het en die skrif se selfs dat Jesus, toe Hy na hom kyk, hom liefgekry het, MAAR daar het een ding geskort en hierdie ding sou veroorsaak dat hy baie moeilik in die koninkryk van God sou kon ingaan - v. 21 "Een ding kom jy kort—gaan verkoop alles wat jy het, en gee dit aan die armes, en jy sal ‘n skat in die hemel hê; kom dan hier, neem die kruis op en volg My" -toe Jesus dit van hom vra, het hy treurig geword, WANT HY HET BAIE BESITTINGS GEHAD. Jesus het ook die woorde gebruik: "hoe swaar is dit vir die wat op hulle goed vertrou, om in die koninkryk van God in te gaan - Hy sluit die insident af deur die woorde: (Mar 10:31)  "Maar baie wat eerste is, sal laaste wees, en die wat laaste is, eerste"; dus die wat min het in hierdie wereld en eerder op die Here vertrou as op wereldse dinge,  as "laaste" volgens die wereld bestempel word, sal eerste wees in die koninkryk van God; en die wat as "eerste" bestempel word in die wereld, sal as laaste bestempel word in die koninkryk van God.(Mat 6:19)  Moenie vir julle skatte bymekaarmaak op die aarde, waar mot en roes verniel en waar diewe inbreek en steel nie. (Luk 12:15)  En Hy sê vir hulle: Pas op en wees op julle hoede vir die hebsug, want iemand se lewe bestaan nie uit die oorvloed van sy besittings nie. (1Pe 1:14)  Soos gehoorsame kinders moet julle nie jul lewe inrig volgens die begeerlikhede wat tevore in julle onwetendheid bestaan het nie.

- SLEGS DIE WAT DIE HERE MEER LIEFHET as die lewe:
(Luk 9:62)  En Jesus antwoord hom: Niemand wat sy hand aan die ploeg slaan en agtertoe kyk, is geskik vir die koninkryk van God nie-(in die konteks van die gedeelte, gebeur die volgende: (Luk 9:57,58)  "En terwyl hulle op reis was, sê iemand op die pad vir Hom: Here, ek sal U volg, waar U ook mag gaan! Toe sê Jesus vir hom: Die jakkalse het gate en die voëls van die hemel neste, maar die Seun van die mens het geen plek waar Hy sy hoof kan neerlê nie". Hoekom sou Jesus hierdie vreemde antwoord gee?  Miskien omdat Hy wou toon dat om Hom te volg, nie so rooskleurig lyk nie, dit sal nie maklik wees nie en jy moet bereid wees om jou gemaklikhede op te offer in die proses.  In die volgende vers se Hy vir 'n ander: (Luk 9:59) "Volg My. Maar hy antwoord: Here, laat my toe om eers my vader te gaan begrawe". En Jesus sê vir hom: (v.60) "Laat die dooies hul eie dooies begrawe; maar gaan jy en verkondig die koninkryk van God". Ook ''n ander een wat Hom wou volg wou eers gaan afskeid neem van sy huis (v.61). Die Here is tog nie sonder kompassie nie, maar hy ken die harte van mense - in hierdie bg. gevalle het Hy ook hulle harte onderskei en geweet dat menseverhoudinge en dinge van die lewe vir diesulkes belangriker was.  Dit laat dink mens ook aan Sy woorde in Luk. 17:31 en 32 waar Hy die dissipels herinner aan Lot se vrou (wat omgekyk het) en Jesus verduidelik in die skrifgedeelte dat, a.g.v. die feit dat die "lewe", nl. menseverhoudinge, kultuur, menslike gebooie ens., vir sekere mense so belangrik is, dit kan veroorsaak dat hulle nie gereed is wanneer Hy terugkom nie -  (Luk 17:28,29) - ons moet die Here meer liefhe as enigiemand of enigiets.   "Net soos dit ook gebeur het in die dae van Lot: hulle het geëet en gedrink, gekoop en verkoop, hulle het geplant en gebou. Maar op die dag toe Lot van Sodom uitgaan, het vuur en swawel van die hemel af gereën en almal vernietig" - dit was dan ook Lot se vrou se probleem, dat sy besorg was oor wat sy agterlaat het, mense en "hulle lewe", en dit nie wou opgee nie. ELKEEN WAT PROBEER OM SY LEWE TE RED, SAL DIT VERLOOR; EN ELKEEN WAT DIT VERLOOR, SAL DIT BEHOU - (Luk 17:33).

-  (1 Kor. 6:9)  Of weet julle nie dat die onregverdiges die koninkryk van God nie sal beërwe nie?
    (Gal 5:16-21 -  "Maar ek sê: Wandel deur die Gees, dan sal julle nooit die begeerlikheid van die vlees volbring nie .... Maar as julle deur die Gees gelei word, dan is julle nie onder die wet nie.  En die werke van die vlees is openbaar, naamlik owerspel, hoerery, onreinheid, ongebondenheid; afgodery, towery, vyandskap, twis, jaloersheid, toornigheid, naywer, tweedrag, partyskap; afguns, moord, dronkenskap, brassery en dergelike dinge, waarvan ek julle vooraf sê, soos ek al vroeër gesê het, dat die wat sulke dinge doen, die koninkryk van God nie sal beërwe nie") (Ef. 5:5)

-  DIE WAT HOM LIEFHET  (Jak. 2:5)  "Luister, my geliefde broeders—het God nie die armes van hierdie wêreld uitverkies as rykes in die geloof en erfgename van die koninkryk wat Hy beloof het aan die wat Hom liefhet nie?"

-  ONS HET OOK GESIEN DAT DIT DIE IS WAT: - ARM VAN GEES IS; DIE WAT BEREID IS OM VERVOLG TE WORD TERWILLE VAN DIE HERE en  DIE WAT DIE GEREGTIGHEID DOEN EN DIT AAN ANDER LEER ens.

-  DAAR IS NOG HEELWAT MEER TE LEER UIT DIE GELYKENISSE WAT JESUS VERTEL HET - sien 'n lys hiervan onderaan...
--------------------------------------------

DIE EVANGELIE VAN DIE KONINKRYK:
(Mat 4:23)  "En Jesus het deur die hele Galiléa rondgegaan en in hulle sinagoges geleer en die evangelie van die koninkryk verkondig en elke siekte en elke kwaal onder die volk genees" .


Maar wat presies is hierdie "evangelie" van die koninkryk?  Ons merk dat Jesus hierdie evangelie verkondig het oral waar Hy rondgegaan het (Matt. 4:23, Matt. 9:35, Mark. 1:14, Luk. 4:43, Luk. 8:1, Luk. 16:16).  Hy het die volgende opmerking gemaak in Mar 1:15  "en gesê: Die tyd is vervul en die koninkryk van God het naby gekom; bekeer julle en glo die evangelie" - van watter "evangelie" praat Hy hier? - Hy se, "glo die evangelie" - dit kan nie verwys na die evangelie van Hom wat gesterf het aan die kruis nie (vir vergifnis van ons sondes), want op daardie stadium was Hy nog nie gekruisig nie en reeds besig om "hierdie evangelie van die koninkryk" te verkondig!  Ons moet verstaan dat waneer ons praat van "die evangelie",  dit nie net gaan oor Jesus Christus wat soos 'n Lam "vir ons geslag is nie", maar dit gaan ook oor "die evangelie van die koninkryk", die "evangelie van vrede" en die vele leerstellings wat Jesus geleer het - kyk bv. wat Hy geleer het d.m.v. gelykenisse.
(Luk 16:16) " Die wet en die profete was tot op Johannesvan toe af word die evangelie van die koninkryk van God verkondig, en elkeen dring met geweld daarin".  
Alhoewel die wet en profete vervul is, beteken dit nie dat al die voorwaardes weggeval het nie!  Nee, inteendeel dra die "evangelie van die koninkryk" sy eie stel voorwaardes!
Die "evangelie van Jesus Christus" moet nie geskei word van die "evangelie van die koninkryk" nie:
  (Hand. 8:12)  "Maar toe hulle Filippus geglo het, wat die evangelie (1)aangaande die koninkryk van God en (2)die Naam van Jesus Christus verkondig het, is hulle gedoop, manne sowel as vroue".
Let ook daarop dat toe Jesus gepraat het van hoe die evangelie aan die hele wereld verkondig sal word as getuienis, Hy volgens Matt. 24:14 die woorde "die evangelie van die koninkryk" gebruik het. Die evangelie behels dus nie net die feit dat Jesus vir ons gesterf het sodat ons sondes afgewas kan word nie, maar behels ook die feit van Sy koninkryk.  Hierdie "evangelie van die koninkryk" moet saam met die evangelie van Jesus gepreek word.   



- (Hand. 19:8)  En hy het in die sinagoge ingegaan en vrymoediglik drie maande lank met hulle geredeneer en hulle probeer oortuig van die dinge wat die koninkryk van God aangaan.
- (Hand. 20:25)  En nou weet ek dat julle almal onder wie ek rondgegaan en die koninkryk van God verkondig het, my aangesig nie meer sal sien nie.
- (Hand. 28:30)  En Paulus het twee volle jare in sy eie gehuurde huis gebly en almal ontvang wat na hom gekom het,
(Hand. 28:31)  terwyl hy die koninkryk van God gepreek en onderrig gegee het aangaande die Here Jesus Christus, met volle vrymoedigheid sonder enige verhindering.
- (Kol. 4:11)  ook Jesus wat Justus genoem word, manne wat uit die besnydenis is. Hulle alleen is my medewerkers vir die koninkryk van God en hulle was ‘n troos vir my.
- (Openb. 1:9)  Ek, Johannes, julle broeder en deelgenoot in die verdrukking en in die koninkryk en lydsaamheid van Jesus Christus, was op die eiland wat Patmos genoem word, ter wille van die woord van God en om die getuienis van Jesus Christus.

- (Hand. 28:23)  En hulle het vir hom ‘n dag bepaal, en baie het na hom in sy verblyfplek gekom. En in ‘n kragtige getuienis het hy vir hulle die koninkryk van God uitgelê; en van die môre vroeg tot die aand toe het hy uit die wet van Moses en uit die profete hulle probeer oortuig aangaande Jesus.

DIE EVANGELIE VAN DIE KONINKRYK / KONINKRYK VAN GOD, behels:
(1)  die evangelie van JESUS CHRISTUS - die feit dat Hy ons sondes vergewe (sodat ons kan ingaan in die koninkryk), die feit dat Hy opgestaan het uit die dode as Eersteling (sodat vervul kan word, oorwinning oor die dood vir ons, wanneer ons met Sy wederkoms nuwe liggame gaan kry).  Terwyl die wet en die profete slegs na Jesus gewys het, gaan die evangelie van die koninkryk oor Hom wat gekom het.  Die evangelie van die koninkryk behels ook (Hand. 18:23) dat ons kan getuig en bewys deur die wet en profete, dat Jesus Christus inderdaad die Messias is op wie almal gewag het!  (Dus behels die evangelie van die koninkryk ook die uitleg van skrifte as voldoende bewyse).
(2) die evangelie van VREDE - dat Hy HERE IS VAN ALMAL en daar geen onderskeid is tussen Jood en nie-Jood nie
(3)  feite rondom die "koninkryk van God"
(4)  voorwaardes om te kan ingaan in die "koninkryk van God";  en Christelike lewe

-----------------------------------------------------------------------------------------------
WAT IS DIE "EVANGELIE VAN VREDE?"

(Hand. 10:34)  En Petrus het sy mond geopen en gesê: Ek sien waarlik dat God geen aannemer van die persoon is nie,
(Hand. 10:35)  maar dat in elke nasie die een wat Hom vrees en geregtigheid doen, Hom welgevallig is.
(Hand. 10:36)  Dit is die woord wat Hy gestuur het aan die kinders van Israel toe Hy die evangelie van vrede verkondig het deur Jesus Christus—Hy is die Here van almal.

In hierdie gedeelte maak Petrus dit duidelik dat "evangelie van vrede" die volgende behels:
- dat "(1) God geen aannemer van die persoon is nie, maar dat in ELKE NASIE die een WAT HOM VREES en GEREGTIGHEID DOEN, Hom welgevallig is";  -(v.36)(2)"HY IS DIE HERE VAN ALMAL.

-Hierdie feit word ook in Ef. 2 goed verduidelik.
-Kyk ook  Rom 10:12-15 - "(1) Want daar is geen onderskeid tussen Jood en Griek nie; dieselfde (2) Here tog is Here van almal en is ryk oor almal wat Hom aanroep. Want: Elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word. Hoe kan hulle Hom dan aanroep in wie hulle nie geglo het nie? En hoe kan hulle in Hom glo van wie hulle nie gehoor het nie? En hoe kan hulle hoor sonder een wat preek? En hoe kan hulle preek as hulle nie gestuur word nie? Soos geskrywe is: Hoe lieflik is die voete van die wat die evangelie van vrede verkondig, van die wat die evangelie van die goeie verkondig!


Storieverhaal-kaart 5: Jesus Christus, die Lam van God


Storieverhaal-kaart 5: Jesus Christus, die Lam van God


In die storieverhaal-kaarte, is die verhale in die boeke van Mattheus, Markus, Lukas en Johannes, bymekaargebring - ekstra inligting is bygevoeg en flitskaarte uit die "Het jy geweet..."-boekie is ingesluit:  (gaan na die "Het jy geweet - page" om nog inligting te versamel)..  (Die storieverhale, kan gebruik word vir voorlesing en lesaanbieding in konteksverband)


  • Storieverhaal-kaart 5:  JESUS CHRISTUS, DIE LAM VAN GOD  (dit vertel die verhaal van Jesus Christus, die Seun van God, wat mens geword het, onder die mens kom woon het - die een oor wie geprofeteer is, die Messias, die een wat "mag het om sondes te vergewe" - daar is ook oor Sy dood geprofeteer -Jes. 53; Ps. 22)
  • - bedoel vir 11-14 jariges, alhoewel dit in beprekingsvorm gebruik kan word vir tot 15 jariges (vrae wat dan gevra word, is bv.:  "Wat het dit regtig beteken dat die Messias sondes kan vergewe?" of ?Hoekom het Johannes Jesus die 'Lam van God' genoem"?  ens.)
-----------------------------------------------------------


Storieverhaalkaart 5: "Jesus Christus, die Lam van God"

(Hand. 10:43)  "Aangaande Hom getuig al die profete dat elkeen wat in Hom glo, vergifnis van sondes deur sy Naam ontvang".

In die boek van Openbaring word daar baie na Jesus verwys as die "Lam" - (Openb. 5:6) "... in die midde van die ouderlinge staan daar ‘n Lam asof Hy geslag is";  (Openb. 5:8)  "en toe Hy die boek neem, val die vier lewende wesens en die vier en twintig ouderlinge voor die Lam neer..."; (Openb. 7:17)  "want die Lam wat in die middel van die troon is, sal hulle laat wei en hulle na lewende waterfonteine lei, en God sal alle trane van hulle oë afvee"; (Openb. 19:9)  "Toe sê hy vir my: Skryf salig is die wat genooi is na die bruilofsmaal van die Lam. En hy sê vir my: Dit is die waaragtige woorde van God".
Johannes het ook vir Jesus genoem die "Lam van God" - "...die volgende dag sien Johannes Jesus na hom toe kom, en hy sê: "Dáár is die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem!"...";  ...die volgende dag het Johannes weer daar gestaan en twee van sy dissipels; en toe hy Jesus sien wandel, sê hy:" Dáár is die Lam van God!...".

Wat het Johannes regtig met hierdie woorde bedoel en hoekom word na Jesus verwys as die "Lam"?  
In Luk. 24, nadat Jesus opgestaan het uit die dood en aan baie dissipels verskyn het verskeie male, het Hy op een geleentheid die volgende aan hulle gese: 

(Luk 24:44) " En Hy sê vir hulle: Dit is die woorde wat Ek met julle gespreek het toe Ek nog by julle was, dat alles wat oor My geskrywe is in die wet van Moses en die profete en die psalms, vervul moet word.
(Luk 24:45)  Toe open Hy hulle verstand om die Skrifte te verstaan.
(Luk 24:46)  En Hy sê vir hulle: So is dit geskrywe, en so moes die Christus ly en op die derde dag uit die dode opstaan,
(Luk 24:47)  en bekering en vergewing van sondes in sy Naam verkondig word aan al die nasies, van Jerusalem af en verder".  
Jesus verwys in hierdie gedeelte na dit wat oor Hom geskrywe is in die wet van Moses, die profete en die Psalms. Die profetiese boeke het nie net verwys na Jesus "as Koning" nie, maar ook as Een wat moes ly... Kom ons kyk na een of twee van hierdie profetiese skrifgedeeltes:

------------------------------------
*  (Psa 22:1-32)  Vir die musiekleier; op die wysie van: "Die hert van die dageraad." ‘n Psalm van Dawid. My God, my God, waarom het U my verlaat, ver van my hulp, van die woorde van my gebrul? My God, ek roep bedags, maar U antwoord nie; en snags, en ek kan nie swyg nie. Tog is U die Heilige wat woon onder die lofsange van Israel! Op U het ons vaders vertrou; hulle het vertrou, en U het hulle uitgered. Hulle het U aangeroep en het ontvlug; op U het hulle vertrou en nie beskaamd gestaan nie. Maar ek is ‘n wurm en geen man nie, ‘n smaad van die mense en verag deur die volk. Almal wat my sien, spot met my; hulle steek die lip uit, hulle skud die hoof en sê: Laat dit aan die HERE oor! Laat Hy hom red, laat Hy hom bevry: Hy het mos behae in hom! Ja, U is dit wat my uit die moederskoot uitgetrek het, wat my veilig laat rus het aan my moeder se bors. Aan U is ek oorgegee van die geboorte af; van die skoot van my moeder af is U my God. Wees nie ver van my af nie, want die nood is naby, want daar is geen helper nie. Baie stiere het my omsingel, sterkes van Basan het my omring. Hulle het hul mond teen my oopgespalk soos ‘n leeu wat verskeur en brul. Ek is uitgestort soos water; al my beendere raak los; my hart het soos was geword; dit het gesmelt binne-in my ingewande. My krag is verdroog soos ‘n potskerf, en my tong kleef aan my verhemelte; en U lê my neer in die stof van die dood.  Want honde het my omsingel; ‘n bende kwaaddoeners het my omring; hulle het my hande en my voete deurgrawe. Al my beendere kan ek tel; húlle kyk, hulle sien met welgevalle op my neer! Hulle verdeel my klere onder mekaar en werp die lot oor my gewaad. Maar U, HERE, wees nie ver nie; my Sterkte, maak tog gou om my te help! Red my siel van die swaard, my enigste uit die mag van die hond. Verlos my uit die bek van die leeu, en uit die horings van die buffels het U my verhoor! Ek wil u Naam aan my broers vertel, in die vergadering U prys. Julle wat die HERE vrees, prys Hom! Al die nakomelinge van Jakob, vereer Hom! Ja, vrees Hom, al die nakomelinge van Israel! Want Hy het die ellende van die ellendige nie verag of verfoei en sy aangesig vir hom nie verberg nie; maar Hy het gehoor toe dié Hom aangeroep het om hulp. Van U kom my lof in ‘n groot vergadering; ek sal my geloftes betaal in teenwoordigheid van die wat Hom vrees. Die ootmoediges sal eet en versadig word; húlle sal die HERE prys wat na Hom soek; mag julle hart vir ewig lewe! Al die eindes van die aarde sal daaraan dink en hulle tot die HERE bekeer, en al die geslagte van die nasies sal voor u aangesig aanbid. Want die koninkryk behoort aan die HERE, en Hy heers oor die nasies. Al die grotes van die aarde sal eet en aanbid; almal wat in die stof neerdaal, sal voor sy aangesig kniel en hy wat sy siel nie in die lewe kan hou nie. ‘n Nageslag sal Hom dien; dit sal vertel word van die HERE aan die volgende geslag. Hulle sal aankom en sy geregtigheid verkondig aan die volk wat gebore word; want Hy het dit gedoen.
----------------------------------------
*  (Jes. 53:1-12)  Wie het geglo wat aan ons verkondig is? En aan wie is die arm van die HERE geopenbaar? Hy tog het soos ‘n loot voor sy aangesig opgespruit en soos ‘n wortel uit droë grond. Hy het geen gestalte of heerlikheid gehad, dat ons Hom sou aansien nie, en geen voorkoms, dat ons Hom sou begeer nie. Hy was verag en deur die mense verlaat, ‘n man van smarte en bekend met krankheid; ja, soos een vir wie ‘n mens sy gelaat verberg; Hy was verag en ons het Hom nie geag nie. Nogtans het Hy óns krankhede op Hom geneem, en óns smarte—dié het Hy gedra; maar óns het Hom gehou vir een wat geplaag, deur God geslaan en verdruk was. Maar Hy is ter wille van ons oortredinge deurboor, ter wille van ons ongeregtighede is Hy verbrysel; die straf wat vir ons die vrede aanbring, was op Hom, en deur sy wonde het daar vir ons genesing gekom. Ons almal het gedwaal soos skape, ons het elkeen sy eie pad geloop; maar die HERE het die ongeregtigheid van ons almal op Hom laat neerkom. Hy is mishandel, hoewel Hy onderworpe was, en Hy het sy mond nie oopgemaak niesoos ‘n lam wat na die slagplek gelei word en soos ‘n skaap wat stom is voor sy skeerders—ja, Hy het sy mond nie oopgemaak nie. Uit die druk en uit die strafgerig is Hy weggeneem; en onder sy tydgenote—wie het daaroor gedink dat Hy afgesny is uit die land van die lewendes? Ter wille van die oortreding van my volk was die plaag op Hom. En hulle het Hom sy graf by die goddelose gegee; en by ‘n ryke was Hy in sy dood, omdat Hy geen onreg gedoen het nie en geen bedrog in sy mond gewees het nie. Maar dit het die HERE behaag om Hom te verbrysel; Hy het Hom krank gemaak; as sy siel ‘n skuldoffer aangebied het, sal Hy ‘n nakroos sien; Hy sal die dae verleng, en die welbehae van die HERE sal deur sy hand voorspoedig wees. Weens die moeitevolle lyde van sy siel sal Hy dit sien en versadig word; deur sy kennis sal my Kneg, die Regverdige, baie regverdig maak; en Hy sal hulle skuld dra. Daarom sal Ek Hom ‘n deel gee onder die grotes, en met magtiges sal Hy buit verdeel; omdat Hy sy siel uitgestort het in die dood en saam met die oortreders getel was, terwyl Hy tog die sonde van baie gedra en vir die oortreders gebid het.
----------------------------------------

In O.T. tye is die "sondoffer" gebring wanneer iemand teen 'n ander of teen God gesondig het.  Die gebruik van offers bring aan die Here, is egter iets wat gedoen is van die vroegste tye en reeds te sien in  Gen. 4, waar Abel 'n LAM SLAG en die beste dele aan die Here offer. Net so lees ons bv. van Abraham wat offers aan die Here gebring het, ook Noag e.a. In die boek van Levitikus word verskillende soorte offers beskryf soos God aan die volk opdrag gegee het, o.a. die "sondoffer" wat spesifiek 'n offer was vir die sonde.  Die "dood van die dier", kan soos 'n plaasvervanger gesien word vir die persoon "wat eintlik die dood verdien".  Vir sonde wat die dood verdien het, kon egter nie eens met 'n offer betaal word nie.  Skape en bokke was gebruik as sondoffer.  Die offer op "Versoendag" was anders as die gewone sondoffers (Lev. 16).  Op die geleentheid is blykbaar twee bokke geoffer:  een soos 'n gewone sondoffer, en die ander is lewendig die woestyn ingejaag as simbool van die sonde wat verwyder word.  Die bloed van die sondoffer is dan gesprinkel op die versoendeksel  van die ark van die verbond in die Allerheiligste deel van die tabernakel/ later tempel - slegs die hoepriester kon ingaan in die allerheiligste - dit was gedoen een maal 'n jaar (Hebr. 9) - hierdie offer het behels " 'n offer vir onwetende sondes" - daadsondes. 






(let wel dat die Jode egter wel beweer dat hulle presies weet waar die ark van die verbond gebere is)



Wat dit nou beteken, is dat die Messias, Jesus Christus, met Sy dood, (een maal) ingegaan het in die allerheiligste, as hoepriester, en met Sy eie bloed, versoening gedoen het vir ons sonde. (Heb 9:15-17 - "En daarom is Hy Middelaar van ‘n nuwe testament, sodat, terwyl daar ‘n dood plaasgevind het vir die verlossing van die oortredinge onder die eerste testament, die wat geroepe is, die belofte van die ewige erfenis kan ontvang. Want waar ‘n testament is, moet noodsaaklik die dood van die testamentmaker aangekondig word; want ‘n testament is geldig by sterfgevalle, aangesien dit nooit van krag is so lank as die testamentmaker nog leef nie".) Met die kruisiging van die Messias, het die nuwe testament in werking getree deurdat Hy vir ons geoffer is.  Siende die offers van die Ou Testament nie vir God tevrede kon stel nie en oor en oor gedoen moes word, het Jesus gekom om die wil van die Vader uit te voer en Sy lewe af te le as die perfekte Lam (1 Pet. 3:18).(Heb 9:24-26)  "Want Christus het nie ingegaan in ‘n heiligdom met hande gemaak, ‘n teëbeeld van die ware nie, maar in die hemel self om nou voor die aangesig van God vir ons te verskyn; ook nie om Homself dikwels te offer, soos die hoëpriester elke jaar in die heiligdom ingaan met bloed wat nie sy eie is nie, want dan moes Hy dikwels gely het van die grondlegging van die wêreld af. Maar nou het Hy een maal in die voleinding van die eeue verskyn om die sonde deur sy offer weg te doen".
  Hy was die perfekte offer.  Daarom is dit so gevaarlik om in opsetlike sonde voort te stap, want (Heb 10:26 - "...as ons opsetlik sondig, nadat ons die kennis van die waarheid ontvang het, bly daar geen offer vir die sondes meer oor nie").

  

(Hand. 13:38)  "Laat dit dan aan julle bekend wees, broeders, dat deur Hom vergifnis van sondes aan julle verkondig word,

(Hand. 13:39)  en dat elkeen wat glo, deur Hom geregverdig word van alles waarvan julle deur die wet van Moses nie geregverdig kon word nie".

Hierdie is ook deur die profeet Jesaja voorspel:   "Maar Hy is ter wille van ons oortredinge deurboor, ter wille van ons ongeregtighede is Hy verbrysel..........soos ‘n lam wat na die slagplek gelei word en soos ‘n skaap wat stom is voor sy skeerders...".

=================================================================================
(Die volgende is verhaal gedeeltes geneem uit die boeke van "Mattheus", "Markus", "Lukas" en "Johannes"=  -(die onderstaande gebeure is nie noodwendig in volgorde nie en net sekere inligting rakende die onderwerp van bespreking, is uitgelig) - HIERDIE KAN GEBRUIK IN GROEPSBESPREKING:

*  JESUS HET SELF GETUIG DAT HY DIE LAM IS:

Die volgende vrae kan aan die groep gestel word:  
- "Watter voorwaarde stel Jesus sodat iemand gered word en nie in sy sondes sterwe nie?
- "Watter voorwaarde stel Jesus as bewys dat iemand waarlik Sy dissipel is?

Baie dinge het Jesus gespreek terwyl Hy in die tempel geleer het.
En Jesus het weer vir hulle gesê: Ek gaan weg, en julle sal My soek en in julle sonde sterwe. Waar Ek gaan, kan julle nie kom nie. Toe sê die Jode: Hy sal Homself tog nie om die lewe bring nie, omdat Hy sê: Waar Ek gaan, kan julle nie kom nie? En Hy sê vir hulle: Julle is van benede, Ek is van bo; julle is uit hierdie wêreld, Ek is nie uit hierdie wêreld nie. Ek het dan vir julle gesê dat julle in jul sondes sal sterwe; want as julle nie glo dat dit Ek is nie, sal julle in jul sondes sterwe. Toe sê hulle vir Hom: Wie is U dan? En Jesus antwoord hulle: Net dit wat Ek vir julle sê. Ek het baie dinge om van julle te sê en te oordeel; maar Hy wat My gestuur het, is waaragtig; en Ek, wat Ek van Hom gehoor het, dit spreek Ek tot die wêreld. Hulle het nie verstaan dat Hy met hulle van die Vader gespreek het nie. En Jesus sê vir hulle: Wanneer julle die Seun van die mens verhoog het, dan sal julle weet dat dit Ek is; en uit Myself doen Ek niks nie; maar net wat my Vader My geleer het, dit spreek Ek. En Hy wat My gestuur het, is met My; die Vader het My nie alleen gelaat nie, omdat Ek altyd doen wat Hom welgevallig is. 


Terwyl Hy hierdie dinge spreek, het baie in Hom geglo. En Jesus sê vir die Jode wat in Hom geglo het: As julle in my woord bly, is julle waarlik my dissipels. En julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak. 

--------------------------------------------------------------------

WIE HET JOHANNES DIE DOPER GESE IS JESUS?

 Daar was ‘n man van God gestuur, wie se naam Johannes was. Hy het tot ‘n getuienis gekom om van die lig te getuig, sodat almal deur hom sou glo. Hy was nie die lig nie, maar hy moes van die lig getuig.
 Die waaragtige lig wat elke mens verlig, was aan kom in die wêreld. Hy was in die wêreld, en die wêreld het deur Hom ontstaan, en die wêreld het Hom nie geken nie. Hy het na sy eiendom gekom, en sy eie mense het Hom nie aangeneem nie. Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo; wat nie uit die bloed of uit die wil van die vlees of uit die wil van ‘n man nie, maar uit God gebore is. En die Woord het vlees geword en het onder ons gewoon—en ons het sy heerlikheid aanskou, ‘n heerlikheid soos van die Eniggeborene wat van die Vader kom—vol van genade en waarheid. 

Johannes getuig van Hom en roep en sê: "Dit was Hy van wie ek gesê het: Hy wat ná my kom, het voor my geword, want Hy was eerder as ek. En uit sy volheid het ons almal ontvang, ja, genade op genade. Want die wet is deur Moses gegee; die genade en die waarheid het deur Jesus Christus gekom. Niemand het ooit God gesien nie; die eniggebore Seun wat in die boesem van die Vader is, dié het Hom verklaar".

 En die Jode uit Jerusalem het priesters en Leviete gestuur om Johannes te vra: "Wie is u?" 

En hy het erken en nie ontken nie, maar het erken: "Ek is nie die Christus nie". 

Toe vra hulle hom: "Wat dan? Is u Elía?"

 En hy sê:  "Ek is nie". 

"Is u die profeet?" 

En hy antwoord: "Nee".

 Toe sê hulle vir hom: "Wie is u? —dat ons antwoord kan gee aan die wat ons gestuur het. Wat sê u van uself?" 

Hy antwoord:  "Ek is die stem van een wat roep in die woestyn: Maak die pad van die Here reguit! soos Jesaja, die profeet, gesê het".

 En die wat gestuur was, was uit die Fariseërs.  En hulle vra hom en sê vir hom: "Waarom doop u dan as u nie die Christus of Elía of die profeet is nie?" 

Johannes antwoord hulle en sê: "Ek doop met water, maar onder julle staan Hy vir wie julle nie ken nie— dit is Hy wat ná my kom, wat voor my geword het, wie se skoenriem ek nie waardig is om los te maak nie".

 Dit het gebeur in Betábara, oorkant die Jordaan, waar Johannes besig was om te doop. 

Die volgende dag sien Johannes Jesus na hom toe kom, en hy sê: "Dáár is die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem! Dit is Hy van wie ek gesê het: Ná my kom ‘n man wat voor my geword het, want Hy was eerder as ek. En ek het Hom nie geken nie; maar dat Hy aan Israel openbaar sou word, daarom het ek gekom en met water gedoop". En Johannes het getuig en gesê: "Ek het die Gees soos ‘n duif uit die hemel sien neerdaal, en Hy het op Hom gebly. En ek het Hom nie geken nie; maar Hy wat my gestuur het om met water te doop, Hy het aan my gesê: Op wie jy die Gees sien neerdaal en op Hom bly, dit is Hy wat met die Heilige Gees doop. En ek het gesien en getuig dat Hy die Seun van God is".

 Die volgende dag het Johannes weer daar gestaan en twee van sy dissipels; en toe hy Jesus sien wandel, sê hy:" Dáár is die Lam van God!"

 En die twee dissipels het hom dit hoor sê en Jesus gevolg.