Saturday, April 4, 2020

DIE MENS (lig, kos, water, klere)(les 1: LIG/ASEM)

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Inleiding:
Die mens kan voorgestel word met saad of 'n plant of boom wat groei en vrug dra, en het lig of asem nodig om te kan lewe, en kos en water nodig om aan die lewe te bly, en klere om hom te bedek.  IN HIERDIE LES WORD SPESIFIEK NA "LIG" GEKYK (of "asem")Alhoewel die les vir alle ouderdomme bedoel is, sal sekere dele net vir die groter kinders verstaanbaar wees. Die les moet dus aangepas word, watter dele met watter ouderdom behandel moet word.

Net soos 'n plant LIG nodig het vir groei en lewe, net so kan die mens nie lewe sonder die asem wat God gee nie (Job 34:14,15).
---------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

LES 1:  LIG (asem)

Les INLEIDING:

Bespreek die volgende interessante vrae in groepe:
- Vraag 1:  Wat gebeur wanneer iemand doodgaan en hoe weet ons hy is dood?
(bv., wat is die tekens?  Wat gebeur met die liggaam? bv. hart gaan staan ens.).
-  Vraag 2: Die mens is tweeledig van aard, nl. die uiterlike mens, en die innerlike mens.
Watter deel is dit wat sterf wanneer iemand doodgaan?

Gee tyd vir gesels en terugvoer. Die bespreking kan op die volgende uitloop: 
Die mens gaan nie dood omdat sy hart gaan staan nie, maar omdat sy asem uitgaan ("blaas laaste asem uit"), en dan gaan staan sy hart...  Wanneer iemand se hart gaan staan is dit dus 'n bewys dat die asem wat aan hom geleen is, teruggeneem is en teruggegaan het na God wat dit gegee het. 
Wanneer die mens doodgaan is dit sy uiterlike (mens) wat sterwe, nie die innerlike (mens) nie die innerlike lewe dan nog en wag op die tweede dood (sien tema "geeste van afgestorwenes);   tensy iemand die Heilige Gees het! - "geestelike mense" in wie die Heilige Gees is sal nie doodgaan nie (sal dus nie deur die tweede dood gaan nie), want hulle het die ASEM vd Heilige Gees waardeur hulle LEWE... (en hulle wag ook op die opstanding vd uiterlike mens - dan in ander soort liggame, nl. "verheerlikte liggame"). 
-------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

LESAANBIEDING:


Net soos 'n plant LIG nodig het vir groei en lewe, net so kan die mens nie lewe sonder die asem wat God gee nie.  Maar dit geld nie net vir die uiterlike mens nie maar ook vir die mens van binne (nl. "die innerlike mens"), want net soos die uiterlike mens asem nodig het om te kan lewe, net so het die innerlike mens asem nodig. 

Asem is soos LIG vir die liggaam (soos lig is vir 'n plant).  

Les 1:  LIG (asem)



Gen. 2:7 leer vir ons dat die manier hoe iemand 'n LEWENDE SIEL word is wanneer die Here asem in sy neus inblaas ("asem in neus" / "asem vd lewe")("lewensasem"-Job 27:3).  Hierdie "gees" of ASEM wat God gee is soos LIG vir die liggaam.  In Biologie leer ons dat "lig" plante se enigste bron van krag is - die rede hiervoor is omdat dit lig nodig het om kos te kan produseer...  Die mens is, net soos plante, ook afhanklik van LIG (asem/gees) om te kan lewe (en kos te kan produseer, en geen mens kan sonder kos en water aan die lewe bly nie.  Sonder ASEM ("lig") kan die kos nie in die liggaam verwerk word tot 'n bron van energie nie - wanneer asem die liggaam verlaat dan gaan die uiterlike mens dood, die hart gaan dan staan, bloed stop en organe kom tot stilstand...
As jy kos en water in 'n dooie liggaam plaas kan dit geen energie produseer nie want die liggaam kan nie die kos omsit in energie nie (die liggaam "werk" dan nie meer nie). M.a.w., slegs wanneer iemand nog in die lewe is (m.a.w. wanneer hy nog ASEM het) kan kos en water in sy liggaam dien as 'n bron van energie, want die liggaam LEWE EN kan dit verwerk. Die "asem" wat God gee is dus die bewegende rede waarom iemand in die lewe is want sonder hierdie asem kan sy liggaam nie funksioneer nie (m.a.w., "kan hy nie 'n lewende siel wees op aarde nie")(Job 34:14,15  "As Hy op Homself ag sou gee, sy Gees en sy asem na Hom sou terugtrek, dan sou alle vlees tesame die asem uitblaas en die mens sou tot stof terugkeer");  en a.g.v. hierdie asem kan kos en water in die liggaam verwerk word. Net soos plante het die mens dus LIG (asem/gees) nodig om te kan lewe - sonder asem kan die siel (net soos 'n saad of plant) nie groei nie en kan dit nie vrug dra nie.  

Hierdie is natuurlik nie net letterlik bedoel nie, maar ook figuurlik (vd innerlike mens), want net soos die uiterlike mens asem nodig het om te kan lewe en voedsel te kan verwerk. net so die innerlike mens. As die innerlike mens nie asem het nie, kan hy nie kos verwerk en groei en vrug dra nie. Maar die soort asem waardeur die innerlike mens lewe is belangrik, want dit gaan die soort vrug wat iemand dra beinvloed.  Bv., "natuurlike mense" het 'n wereldse gees ("asem") en dra vrugte vir die dood, maar "geestelike mense" het die Gees van God en kan daarom vrug dra wat tot ewige lewe lei ("vrug tot ewige lewe")...

Die mens kan vergelyk word met 'n:
saad / plant in 
grond, met 
lig (energie) wat hom in die lewe hou.

Anders gestel, die mens bestaan uit: 
LIGGAAM:  (wat soos GROND voorgestel kan word, en is inderdaad uit grond gemaak!, en keer terug na grond wanneer die uiterlike mens sterwe)    
SIEL:  (wat soos SAAD/PLANT/BOOM voorgestel kan word - wat inderdaad "groei en vrug dra" - en wanneer Jesus terugkom sal hierdie vrug geoes word), en 
GEES:  (wat soos LIG voorgestel kan word - asem waarsonder niemand kan lewe nie). 

Of nog anders gestel, die mens bestaan uit:
- LIGGAAM (menslike wese / vleis/bene), 
- SIEL (lewe in bloed / lewende wese / hart), en 
- GEES (asem)(gees wat in binneste gevorm word).
-------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Verdere inligting vir lesaanbieding en opgesom:
(veral bedoel vir groter kinders)
(sekere inligting hieronder is herhaal, maar bedoel om dit op 'n ander manier te verduidelik)


Ons is ten eerste uit GROND gemaak (en keer dus terug na stof wanneer ons doodgaan)(Ps. 90:3; 104:29; Pred. 3:20). In verskeie skrifte word die mens ook voorgestel soos 'n PLANT of BOOM of SAAD... wat in die wêreld geplant of gesaai word;  maar sonder LIG (altans sonder die "asem" wat God gee) kan geen menslike wese as 'n siel lewe nie! -daarom gaan die mens dood wanneer hy sy laaste asem uitblaa(Job 34:15)(Mark. 15:37,39). M.a.w., wanneer sy uiterlike nie lig het nie, gaan hy dood (Hand. 17:25; Job 11:20; 34:14,15; Luk. 23:46...)(m.a.w. hart stop, bloed stop, organe en sintuie stop ens.). Wanneer iemand sterwe kom die liggaam dus tot stilstand - en is soos ("dooie") grond wat tot geen nut is en waarin niks kan groei nie. Die asem gaan dan op boontoe, terug na God wat dit gegee het, en die mens hou op om as lewende wese te lewe op aarde (ook genoem die "siel verlaat hom"), en die liggaam keer terug na stof (waaruit dit gemaak is)... Hierdie verwys natuurlik meer na die UITERLIKE MENS, nie die INNERLIKE nie. Die "menslike wese" is nie net uiterlik (letterlik) van aard nie maar ook innerlik (figuurlik) van aard, want wanneer hy 'n lewende siel word word daar 'n gees in sy binneste geformeer (Sag. 12:1; Job 32:18...)(en na die dood is hy dus soos " 'n gees sonder vlees en bene")(vgl. met tema "geeste van afgestorwenes")...  Op dieselfde wyse wat die UITERLIKE MENS asem (lig) nodig het om te kan lewe, so het die INNERLIKE ook asem (lig) nodig om te kan lewe! Ons moet dus onderskei tussen die natuurlike en die geestelike mens. Wanneer die" NATUURLIKE MENS" sterf wag hy op die "tweede dood" (m.a.w. die oordeel vd hel), maar wanneer die "GEESTELIKE MENS" (in wie die Heilige Gees is) sterf, wag hy op die opstanding! (en sal nie onder die oordeel vd hel of tweede dood val nie), want sy innerlike LEWE! (hy het "asem" / "lig" wat hom laat lewe, en is instaat om geestelike voedsel en water te verwerk wat vir hom vrug kan dra tot ewige lewe).  In geval vd geestelike mens gaan sy UITERLIKE liggaam wel tot niet wanneer hy sterwe (en keer terug na stof en daar kan niks in sy grond groei nie - m.a.w. die uiterlike siel/bloed, organe en sintuie ens. kom tot stilstand, en die uiterlike asem gaan uit), maar wat sy INNERLIKE aanbetref LEWE hy! Sy innerlike liggaam is dus vrugbare (goeie) grond waarin sy innerlike siel kan lewe (sy lewe is in die bloed van Christus - vgl met die tema van "siel") en die Gees van God hou sy innerlike aan die lewe, soos lig nodig is vir 'n plant...- en omdat hy figuurlik gesproke lewe (lig het), is hy instaat om (as gelowige boom) te groei en vrug te dra tot ewige lewe... 
Wat die natuurlike mens dus aanbetref wanneer hy doodgaan, sterwe nie net sy uiterlike nie maar ook sy innerlike wag op die tweede dood omdat sy innerlike grond van geen nut is nie ("ou liggaam"), en sy innerlike siel geen lewe het nie (want hy glo nie in Jesus Christus nie en het dus nie lewe in Sy bloed nie en sy hart is nie vernuwe nie), en hy het nie die Heilige Gees wat om as lewende wese aan die lewe kan hou nie.


Net soos 'n plant LIG nodig het vir groei en lewe, net so kan die mens nie lewe sonder die asem wat God gee nie.  Maar dit geld nie net vir die uiterlike mens nie, maar ook vir die mens van binne (nl. "die innerlike mens");  want net soos die uiterlike mens asem nodig het om te kan lewe (en daarom doodgaan wanneer hy sy laaste asem uitblaas), net so het die innerlike mens ASEM nodig om te kan lewe (en hierdie asem verwys na "gees" - bv. in die gval vd natuurlike mens het hy die wereldse gees, maar in geval van die geestelike mens het hy die Heilige Gees). Wanneer die uiterlike mens doodgaan is dit die uiterlike wat sterwe - die innerlike lewe dan nog en wag op die tweede dood (sien tema "geeste van afgestorwenes);   tensy iemand die Heilige Gees het! - "geestelike mense" in wie die Heilige Gees het sal nie doodgaan nie (sal dus nie deur die tweede dood gaan nie), want hulle het die ASEM vd Heilige Gees waardeur hulle kan LEWE... Wat die INNERLIKE MENS aanbetref, het dit dus ook ASEM nodig om te kan LEWE (net soos die uiterlike mens).  Die natuurlike mens se innerlike is dus anders as die innerlike vd geestelike mens.  Die "GEESTELIKE MENS" het die ASEM van die Heilige Gees en het daarom LEWE in Jesus Christus, want sonder die Heilige Gees wat deur Jesus Christus gegee word vir die wat in Hom glo, is daar geen LIG in die innerlike mens nie! Jesus Christus is die waaragtige LIG wat elke mens kan verlig! (Joh. 1:9; Hebr. 6:4). 

Die "natuurlike mens" se innerlike is nie verlig nie - daarom wag hulle nie net op "die dood" (eerste dood) nie, maar ook op die tweede dood (poel van vuur/oordeel vd hel). 
Maar "VERLIGTES" (die wat in Jesus Christus glo - Hebr. 6:4; 10:32)(die "geestelike mens") wag wel op die dood  maar sal nie onder die oordeel van die hel (die tweede dood) val nie, want hulle innerlike word in bewaring gehou omdat hulle "lewe".  Hulle INNERLIKE is m.a.w. verlig! (lewe deur die Gees)(hulle het die "asem" waardeur hulle siele aan die lewe gehou word, en het nie net die belofte van opstanding vd liggaam nie, maar ook die belofte dat hulle nie onder die oordeel van die tweede dood sal val nie). Hulle is soos mense wat "weer gebore" is.  Op dieselfde manier wat die natuurlike mens 'n lewende wese word deur die asem wat God gee, so word die geestelike mens 'n NUWE MENS deur die asem van Sy Gees.

Die INNERLIKE (liggaam, siel en gees - figuurlik gesproke) van die natuurlike mens lyk anders as die INNERLIKE van die geestelike mens, want die geestelike mens se INNERLIKE is vernuwe! Dit is maklik om te onderskei tussen die NATUURLIKE en die GEESTELIKE MENS, want die natuurlike mens verstaan nie die geestelike dinge nie - dit is vir hom dwaasheid omdat hy die gees van die wêreld het (1 Kor. 2:12-14).  Daarom maak hy staat op "menslike wysheid" (die wysheid van die wêreld) - hulle praat "uit die wêreld, en die wêreld luister na hulle" (1 Joh. 4:5).  Maar die wat uit God is "sien" en beoordeel alles geestelik (1 Kor. 2:14)... Geestelike mense se wysheid kom van die Here.  Hierdie is 'n TEKEN van wie die Gees van God het en wie nie.  Geestelike mense se "waarheid" is dit wat God sê dit is (nie wat mense besluit dit is nie) en hulle weet "wat is waarheid" omdat hulle die Gees van God het. Niemand weet wat in 'n ander mens is nie behalwe die gees vd mens (wat in hom is) - op dieselfde wyse weet die mens nie wat in God is nie, behalwe die Gees van God (1 Kor. 2:11) - as iemand dus nou die Gees van God in hom het, dan weet hy "wat in God is"... Daarom is geestelike mense die mense in hierdie wereld wat weet wat is nou eintlik die waarheid. Natuurlike mense het nie die Gees van God nie, so hulle weet nie "wat in God is" nie (en kan dus nie geestelik dinge beoordeel nie - hulle kan nie hierdie geestelike voedsel verwerk nie omdat hulle nie die asem van die Heilige Gees het nie).
"Geestelike mense" (die mense na wie verwys word in die Skrif as die wat wel die Gees van God het) weet wat is in God want hulle het Sy Gees;  daarom "sien" en "verstaan" hulle, en beoordeel dinge op 'n geestelike manier (1 Kor. 2:12,13)... - hulle kan hierdie geestelike voedsel dus verteer omdat hulle die "lig/asem" het - hulle LEWE deur die ASEM vd Heilige Gees.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Nog bronne:
_____________________________________________________________________________________________

No comments:

Post a Comment

Note: Only a member of this blog may post a comment.