Saturday, March 8, 2025

Die Koninkryk van God (12-17 jariges)(Deel van boekie "Die volk van God")(Les 1)


 
Hierdie les vorm deel vd boekie "Die volk van God".
In hierdie stel van lesse word die volgende behandel:
- (les 1) die PLEK wat vir die Here se volk uitgekies is, nl. KANAäN / ISRAEL; 
- (les 2) die STAD JERUSALEM wat vir ewig sal bestaan;
- (les 3) die KONING vd Koninkryk (en Sy teenwoordigheid).

Vir die ander lesse in hierdie reeks, gaan na: https://sondagskooltuis.blogspot.com/p/die-volk-van-god.html
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
LES 1:
(PLEK van die koninkryk van God op aarde) 
(heelwat skrifte word gegee - die onderwyser kan kies watter skrifte voorgelees word)

VRAAG (vir bespreking in die groep):  Mense wat gered word het die belofte dat hulle vir ewig sal lewe.  Gaan hulle vir ewig op die aarde leef, of in die hemel?

ANTWOORD:  Hulle gaan op aarde lewe.

Dit word wel algemeen aanvaar dat Christene huidiglik hemel toe gaan wanneer hulle doodgaan, maar wanneer hulle nuwe liggame kry sal hulle op die aarde woon... (nie in die hemel nie). Onder al die mense vd aarde is die Here besig om vir Hom 'n volk te versamel, en Sy bedoeling is dat hulle saam op 'n plek op aarde sal woon - waar Hy is! Die Koninkryk wat vir die volk van God belowe word sal 'n koninkryk OP AARDE wees... (Matt. 13:43; 25:34). Die Skrif leer dat gereddes "die aarde sal beerwe" (Matt. 5:5; Ps. 37:9,11,22,29,34; Rom. 4:13; ens.). 
(1) In die "volgende eeu"-bedeling,'n 1000 jaar tydperk waarin Jesus oor die hele aarde sal regeer, sal ons ook op aarde wees, want wanneer Jesus terugkom sal Hy die wat in Hom gesterf het, saambring...en hulle nuwe liggame gee (sien die tema vd "opstanding")(1 Thes. 4:13,14, en die wat in Hom glo maar dan nog in die lewe is, sal ook nuwe liggame kry (sien die tema vd "wegraping")(1 Thess. 4:13-17). Jesus Christus sal van die hemel af terugkom, die ander koninkryke verbrysel en Sy ewige koninkryk oprig (dit sal begin met 'n 1000 jaar tydperk, maar dit verwys ook na 'n koninkryk wat tot in ewigheid op aarde sal bestaan...)(Dan. 2:44; 4:3; Gen. 49:10; Ps. 2:6-12; Ps. 89:3,4,36; Eseg. 35:25; Luk. 1:32,33; Joh. 12:34). Wnneer Hy terugkom sien ons dus die opstanding (met die wegraping wat net daarna plaasvind) en die Skrif leer dat ons "altyd by die Here sal wees"... (1 Thess. 4:17). Waar gaan Hy (Jesus Christus) wees? - Op die aarde! Die Skrif verklaar dat Jesus vanuit Jerusalem (in Israel) sal regeer oor die hele aarde (Sag. 14:9; Jes. 24:35; Mag. 4:7; Ps. 47);  dus, as Hy hier op aarde gaan wees en ons "by Hom gaan wees", dan beteken dit duidelik dat ons ook op aarde sal wees (nie in die hemel nie). 
(2) Ook aan die einde van die 1000 jaar tydperk, wanneer die hemel en aarde nuut gemaak word, sal ons "op die aarde" woon, want dit sal wees in die nuwe stad Jerusalem wat vanuit die hemel neerdaal "op die aarde"(Openb. 21:2,3).

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
VRAAG (vir bespreking in die groep):  'n Koninkryk word nie net gekenmerk deur wie aan daardie koninkryk behoort (nl. die volk) nie, maar gaan ook oor WAAR die koninkryk GEVIND kan word.  Die volk van God behoort aan "DIE KONINKRYK VAN GOD", maar waar woon hierdie volk? Waar is daardie koninkryk? IS DAAR 'N SPESIFIEKE PLEK OP AARDE WAT DIE HERE UITGEKIES HET VIR SY VOLK OM IN TE WOON?

ANTWOORD:  Die land van melk en heuning = Kanaän = (Israel). 
(1)Die koninkryk van God is natuurlik ook hemels van aard (want God bly in die hemel - God die Vader is in die hemel en Jesus Christus Sy seun is ook huidiglik in die hemel, en Jesus sal vd hemel af kom en Sy koninkryk hier oprig) - maar verwys ook na 'n aardse koninkryk... 
(2) In ander woorde, Sy koninkryk is ook op aarde want God is hier teenwoordig deur Sy Gees..., en Hy het 'n volk op aarde. Huidiglik kan die Koninkryk miskien soos 'n "geestelike koninkryk" voorgestel word en is dus alreeds op aarde, maar sal eendag 'n fisiese koninkryk wees op aarde (wat sal in vervulling gaan wanneer Jesus terugkom)(Luk. 19:11-27; Matt. 15:43; Luk. 23:51).  Wanneer Jesus terugkom sal Hy Sy koninkryk oprig en vanuit Jerusalem oor die hele aarde regeer (Ps. 2:6-9; Jes. 24:23; Dan. 2:44). Matt. 25:34 leer vir ons dat hierdie koninkryk vir ons berei is alreeds van die grondlegging van die werêld af! God wil graag onder Sy mense woon en vir hulle 'n plek gee waar hulle kan saamwoon. 

Alhoewel die land Kanaan spesifiek uitgekies is as die plek waar God se volk sal woon, was hulle nie altyd daar nie...., maar hulle sal daar opeindig!  Kortom, alle kinders vd Here sal uiteindelik in Israel woon - in die volgende 1000-jaar bedeling beslis, en ook daarna (in die nuwe stad Jerusalem). Daar was 'n tyd wat Abraham en sy familie fisies daar gewoon het, nl. 4000 Jaar gelede (Gen. 11:31,32), maar weens hongersnood het hulle vir 'n tyd lank Egipte toe getrek (vir 'n tydperk van 400 jaar) - waar hulle opgeeindig het as slawe, maar God het hulle daaruit gered en hulle is toe weer terug na hulle land. 2000 jaar gelede is die land ingeneem deur Rome en die Hebreeuse volk was versprei oor die hele aarde.Oor die eeue het baie nasies die land probeer verower en ingeneem. Huidiglik is daar baie van die volk weer terug in die land ( Jode en Christene), maar meeste van die volk is steeds versprei oor die aarde. Wanneer Jesus terugkom sal Hy al die kinders vd Koninkryk terugbring in die land! In die "volgende eeu"-bedeling (die 1000 jaar nadat Jesus teruggekom het) gaan Jesus vanuit Jerusalem oor die hele aarde regeer (Jer. 33:16; 3:17; 1 Kon. 11:36; ens.) - Jesus Christus sal Hom "trou" aan die land (Israel)(kyk die beeldspraak wat gebruik word van hoe die land voorgestel word as Sy bruid)(Jes. 25:6; Mark. 2:18,19; Joh. 3:28,29; Openb. 19:7,8; Matt. 22... ens.)(en l.w. dat ons huidiglik uitgenooi word na hierdie bruilofsmaal! - Christene is deel van die "uitgenooides").  In sekere O.T. skrifte word daar na Israel (land en volk) verwys as "die vrou van die Lam", en die nuwe stad Jerusalem word ook soos 'n bruid voorgestel.  Na hierdie tydperk (aan die einde vd 1000 jaar-Openb. 20) gaan die hemel (hemel bo die aarde, nie die hemel waar God woon nie) en aarde nuut gemaak word, die nuwe stad Jerusalem gaan vanuit die hemel (vanuit die hemel waar God woon) op die aarde neerdaal (Openb. 3:12; 21), en almal wat gered word sal vir ewig daarin woon (Openb. 21:24; 22:14) - ons sien dus dat die Skrif dit duidelik maak "waar" die volk van God uiteindelik sal woon. Nie almal wat op die aarde woon sal ingaan in hierdie koninkryk nie... (Matt. 25:31-46).  
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

VIR DIE ONDERWYSER:  
(nog bewoording wat kan help om bg. beter te verduidelik... - vir verse kan op die links geklik word wat hieronder voorsien is)(in hierdie les word nie veel stilgestaan by die verhaal van Abraham, hoe hy geroep en gestuur is ens. nie, en ook nie veel stilgestaan by "wie" hierdie volk is nie maar dit mag miskien nodig wees om die agtergrond kortliks te gee)(DIE ONDERWYSER KAN MISKIEN 'N WERELDKAART KRY EN VIR DIE KINDERS AANDUI WAAR DIE PLEKKE GEVIND KAN WORD).

Die land Kanaän (of "Israel" soos ons dit ken) is die land wat God uitverkies het op aarde vir sy volk om in te woon. Sowat 4000 jaar gelede het die Here vir Abraham na Kanaän gestuur en vir hom en sy nageslag hierdie land gegee  (die groepe wat voor Abraham en sy nageslag daar gewoon het was die Kanaäniete, Hetiete, Amoriete, Feresiete, Hewiete en Jebusiete - Eks. 3:8)).  Abraham was die stamvader vd Hebreeuse volk en het oorspronklik in Ur (vd Chaldeers - Gen. 15:7) gewoon, maar hy is deur God gekies as die persoon deur wie die Here vir Hom 'n volk op aarde sou bymekaarmaak ('n volk wat vir ewig op die aarde sal lewe). Abraham het die God vd hemel (die Here wat hemel en aarde gemaak het) gedien, en sy kinders dien die Here... - die mense/volk na wie hier maw verwys word wat die land Kanaan beerwe het/sal beerwe, is natuurlik die kinders van Abraham...(en die belofte is bevestig deur 'n spesifieke geslagslyn) - maar l.w. dat dit veral verwys na die "kinders van geloof"! (Joh. 8:39; Gal. 3:7), nl. die wat die Here dien. Kinders van Abraham word oor die algemeen na verwys as "die kinders vd Koninkryk" - Christene is bv. ook deel van hierdie "kinders", nl. dat hulle deur geloof onder die kinders van Abraham ingedoop word, en verwys veral na die wat die aarde gaan beerwe, nl. "die Hebreeuse volk" (kinders van Abraham, bevestig deur die geslagslyn Isak, Jakob...) en "die wat in Jesus Christus glo" (nl. Christene). 

Op 'n spesifieke tyd in die geskiedenis was die stamvader (Abram-Abraham-Gen. 12:1) geroep om na 'n land te trek wat die Here vir Abraham en sy nageslag bepaal het om in te woon... - en hierdie volk sou die Here se volk wees (Gen. 17:8)(die belofte van erfenis was dus spesifiek belowe aan hierdie stamvader se nageslag) - en hierdie land word ook in die Skrif na verwys as die plek waar gereddes vir ewig sal woon!  Die land wat vir hulle belowe is is die land "Kanaan" - wat ook Israel genoem word (l.w. dat God Jakob se naam verander het na Israel, Gen. 32:28 - dit is waar die naam Israel vandaan kom en hoekom Kanaan Israel genoem word). En l.w. dat dit nie net belowe was vir 'n tyd nie, maar ook tot in ewigheid. Maar die wat deel is van hierdie koninkryk (van God; maw, die "kinders vd koninkryk") verwys nie net na mense wat 
letterlik gebore is uit Abraham se saad nie, maar verwys ook na die wat 
geestelik gebore is uit sy nageslag - spesifiek uit Jesus Christus, nl. die wat in Jesus Christus GLO... (Jesus Christus is gebore uit die geslag van Abraham-Matt. 1:1)(die wat in Jesus Christus glo word gesien soos Jesus se nageslag... - is gebore uit God-1 Joh. 1:13 / met Christus beklee-Gal. 3:27 / van Sy vlees en bene-Ef. 5:30)(Rom. 9:6-8) - hulle word Sy kinders - die wat in Jesus Christus glo word onder die kinders van Abraham ingedoop.  "Kinders van Abraham" verwys wel na die fisies gebore uit daardie geslag, maar VERAL na die "kinders van geloof" (Joh. 8:39; Gal. 3:7).

Jesus Christus was gebore uit die nageslag van Abraham (Matt. 1:1), en almal wat in Hom glo word deel van hierdie volk (hulle word onder die volk ingedoop/Gal. 3:7, en word "met Christus beklee"-Gal. 3:27, wat beteken dat hulle soos Sy familie word).  Die Christelike doop stel bv. o.a. hierdie voor.., na hoe ons ingedoop word onder die kinders van Abraham-Gal. 3:24-29), en is dus volgens die belofte ook ERFGENAME! Almal wat in Jesus Christus glo sal ook uiteindelik in hierdie land Kanaan/Israel bly;  m.a.w., hulle gaan dit erf... Die land Kanaan is dus spesifiek belowe aan Abraham en sy nageslag... - maar nie net die wat letterlik uit Abraham se saad gebore is nie, maar enige iemand ingedoop onder die volk;  bv. veral die kinders van geloof, dus ook die geestelik daaruit gebore (nl. die wat glo in Jesus Christus).  En die erfenis is verder belowe vir "tot in ewigheid" ... (2 Kron. 33:7; ens.).

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Naslaan (vir die onderwyser):

No comments:

Post a Comment

Note: Only a member of this blog may post a comment.