Saturday, May 6, 2023

Eerstelinge (Deel van boekie "Die volk van God")(bedoel vir 12-17 jariges)(TWEEDE LES)

Vir Les 1 oor hierdie onderwerp, gaan na: 
https://sondagskooltuis.blogspot.com/2021/05/eerstelinge-deel-vd-boekie-volk-van.html
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
INLIGTING vir die onderwyser:
----------------------------------------

Vir meer inligting oor die onderwerp "eersgeborenes", kan hierdie pos behandel word: https://sondagskooltuis.blogspot.com/2015/10/eersgeborenespriesters-deel-van-boekie.html

Vir 'n opsomming oor die tema "eersgeborenes / eerstelinge / priesters", gaan na: https://warechristene.blogspot.com/2015/04/eersgeborenes-en-eerstelingepriesters.html
=================================================================================
Les 2:

IN HIERDIE LES:
(Die gee van TIENDE  en  OFFERGAWES).


LES:
Hierdie les gaan oor "om te gee", bv. tiendes (in die eerste les het ons gekyk na wat presies bedoel word met eerstelinge van oes en produksie).

Deel op in groepe en bespreek die vraag oor die belangrikheid van "tiende gee":
-  Vraag: Is die Christen in die N.T. verplig om 'n tiende te gee (soos vd volk van God verwag was in die O.T,; altans, wat verwag was vd wat onder die wet van Moses was)? 

Rol af vir moontlike ander vrae wat ook gevra kan word, asook voorbeelde van antwoorde.


"Eerstelinge" verwys nie net na die eerstelinge van wat jy oes of produseer nie, maar ook na die "eerste van wat jy verdien"Ons verwys hier na "TIENDES".  Om bv. tiende te gee kan ook gesien word soos 'n "fees" en moet met 'n bly hart geskied, maar wat interessant is is dat die persoon wat dit gee, verdere baat vind daarby (die wat gee, ontvang!).
- (Spr. 3:9,10 - "Vereer die HERE uit jou goed en uit die eerstelinge van al jou inkomste, dan sal jou skure vol word van oorvloed en jou parskuipe oorloop van mos").  
- (Spr. 11:24,25 - "Daar is een wat ruim uitdeel en nog meer kry, en een wat terughou meer as wat reg is, maar tot sy gebrek. Die siel wat seën, word versadig; en hy wat laaf, word self ook gelaaf").
 - (Mal 3:10 - "Bring die hele tiende na die skathuis, sodat daar spys in my huis kan wees; en beproef My tog hierin, sê die HERE van die leërskare, of Ek vir julle nie die vensters van die hemel sal oopmaak en op julle ‘n oorvloedige seën sal uitstort nie"). Maar die rede waarom ons gee is nie "om te ontvang" nie!, maar gaan oor die feit dat alles wat ons het van die Here kom;  dus, as die Here jou opdrag gee om iets te gee (bv. 'n tiende) en jy doen dit nie, is jy eintlik besig om die Here te beroof (Mal. 3:8). Bv., "eerstelinge" behoort aan die Here, dus "tiende" behoort aan die Here...

Om die tema van "tiendes" beter te verstaan kan ingekyk word op ander soortgelyke onderwerpe, bv. "die Sabbat" - die Sabbat kan ook gesien word soos 'n "fees" (en terloops ook gesien word soos 'n "eersteling", bv. "eerste" dag vd week). Die wet o
or die Sabbat onderhou is bv. nie tot niet nie, maar word nie noodwendig dieselfde vervul in die N.T. as in die O.T. nie (https://warechristene.blogspot.com/2017/06/die-sabbat.html). En so kan ons na ander vb.e ook kyk,  bv., die wet oor die besnydenis is ook nie tot niet nie, maar hoe word dit vervul in die N.T.? Dieselfde met die onderwerp van "tiende" (eerstelinge van wat jy verdien)... - die wet oor tiendes is nie tot niet nie, maar hoe word dit vervul in die N.T.?

Iets wat elke gelowige moet onthou is dat alles wat "eerstelinge" is  (bv. van 'n groep), na regte aan die Here behoort - bv. die eerstelinge "van wat verdien" (bv. tiende) behoort aan die Here...  

Maar in die N.T. is dit nie noodwendig al wat verwag word nie! Die Here mag dalk vra dat jy meer as dit gee! Elkeen moet gee soos die Here hom lei om te doen.  Ja, Christene is darem veronderstel om die eerstelinge van wat hulle verdien te gee - want na regte behoort alle eerstelinge aan die Here (en moet afgesonder word en nie vir jouself gehou word nie). Hierdie is nie net 'n O.T.iese begrip nie, en moet bv. nie gesien word as iets wat slegs onder die wet van Moses van toepassing was nie, want dit is na regte iets wat van die vroegste tye alreeds verwag was (nie net onder die wet van Moses nie)(bv,, Abraham het sy tiende gegee - Hebr. 7:2-4; Gen. 14:18, en dit was nog voor die wet van Moses). 

Die begrip "tiende", in die sin van "eerstelinge van wat jy verdien", kom egter nie in die N.T. voor nie en nerens word 'n opdrag aan Christene gegee om spesifiek 'n tiende van inkomste te gee nie;  tog is daar vele ander vb.e in die N.T. waar gelowiges gevra word "om te gee". Daar is dus nie 'n wet op hoeveel presies gegee moet word nie maar wel 'n wet "om te ge"e, en selfs om alles te gee wat jy kan! (nie net 'n deel nie). Ja, in die N.T. het wette 'n sterker betekenis... (Matt. 5:19,20)). (Rom 3:31 - "Maak ons dan die wet tot niet deur die geloof? Nee, stellig nie! Inteendeel, ons bevestig die wet"). Bv., Jesus het die volgende opmerking gemaak: (Luk 12:33,34 - "Verkoop julle besittings en gee aalmoese; maak vir julle beurse wat nie oud word nie, ‘n skat in die hemel wat onuitputlik is, waar geen dief by kom of mot verteer nie.Want waar julle skat is, daar sal julle hart ook wees")(Vgl. dit gerus met Luk. 18:22). Die eerste gelowiges het alles "gemeenskaplik besit", en (ekstra) besittings en eiendome verkoop en die opbrings onder mekaar verdeel volgens wat elkeen nodig gehad het (Hand. 2:45)... - (Hand. 4:32 - "En die menigte van die wat gelowig geword het, was een van hart en siel, en nie een het gesê dat iets van sy besittings sy eie was nie, maar hulle het alles in gemeenskap gehad").  Hulle het dus nie net "eerstelinge" gegee nie, maar watookal hulle ekstra gehad het en het net dit wat hulle nodig het, vir hulleself gehou. Hierdie is m.a.w. hoe hierdie wet in die N.T,. vervul word. Ten minste moet die Christen in die gewoonte wees om 'n tiende te gee, en waar hy kan, dus meer as dit te gee...
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

AS DAAR MEER TYD IS VIR GROEPSBESPREKING, KAN DIE VOLGENDE MOONTLIKE VRAE GEVRA WORD (hierdie deel hoef nie gedoen te word nie).

Moontlike vrae oor die belangrikheid van "eerstelinge gee" in groepe:
Die volgende moontlike vrae kan o.a. gevra word 
- Vraag 1: Dit was 'n wet in die O.T. dat die volk eerstelinge van oes of produksie gee (bv., moes hulle tiende gee).  Hoekom was dit van hulle verwag?
-  Vraag2:  Wat kan alles gesien word as "oes" of "produksie"?
-  Vraag3:  Beskryf wat is "eerstelinge" van 'n oes of produksie?
-  Vraag4: Is dit die gewoonte in julle huis (of dink julle dit is die gewoonte oor die algemeen onder kinders vd Here) om alles wat eerste geoes of geproduseer word te skenk?
- Vraag5: In hierdie les kan gekyk word na of  "om tiende te gee" 'n wet is in die N.T.?
- Vraag 6: Waarna verwys die begrip "offergawes"? 

Moontlike kort antwoorde asook skrifte (vir die onderwyser):
VRAAG 1 - Hoekom eerstelinge gee? (vir die antwoord hierop kan les 1 vinnig hersien word;  bv., ten eerste het die Here dit verwag - dit was afgesonder vir 'n spesieke doel of taak...) (as die Here dit van jou verwag maar jy dit nie gee nie, dan is jy besig om Hom te beroof - Mal. 3:8;  maw, dit wat aan die Here behoort, mag jy nie vir jouself hou nie). 
VRAAG 2 - Wat is oes of produksie?   Oes of produksie gaan oor "vrug van jou werk", bv. die vrug van wat geplant is, of verdienste van arbeid (Lev. 23:10). Kyk bv. sommige feeste in die O.T. wat spesifiek gegaan het oor die "gee van eerstelinge van wat geoes is - kyk bv. "loofhuttefees" (Eks. 34:22; Joh. 7:2,37,38; Rig. 21:21-29; Neh. 8:4-16; Lev. 23:39-43).
VRAAG 3 - Wat is "eerstelinge" van oes of produksie?  Dit wat "eerste" geoes is, of die eerste deel (soos 'n tiende) van verdienste (Lev. 6:20; Mal. 3:10);  bv. "eerstelinge van die oes of produksie" van bv vrugte, groente, olie ens. - dit was aan die Here "geheilig" / afgesonder / het aan die Here behoort.
VRAAG 5 - Tiende:  Is die Christen onder wet om tiende te gee? Die antwoord is nee en ja -ons is wel nie onder die wet van Moses nie, maar het 'n opdrag ook in die N.T. om "te gee" - nie noodwendig hoeveel gegee moet word nie, want daar kan selfs van jou verwag word om meer te gee as jou tiende! Die Christen behoort nie aan homself nie, en alles wat hy het ontvang hy van die Here. Hy is wel nie onder die wet nie, maar hy is "onder die Gees"! Dus, alhoewel daar nie 'n wet is wat die Christen in die N.T. beveel om 'n tiende te gee nie, is dit sekerlik so dat die Gees jou gaan lei om te gee (ten minste 'n tiende van produksie, verdienste ens, siende dit die vb. is wat vir ons gestel is in die O.T...).Dit beteken dat "om te gee" is 'n wet wat nie tot niet is nie;   minste moet jy gee!, nl. 'n tiende, of daar mag dalk van jou verwag word om meer te gee (gaan nie noodwendig oor hoeveel jy gee nie, maar eerder oor barmhartigheid oor gehoorsaamheid). Christene is gehoorsaam aan die Gees, net soos die volk gehoorsaam was aan die wet van Moses (1Kor. 16:1,2 - "Wat die insameling vir die heiliges betref, moet julle ook so doen soos ek vir die gemeentes van Galásië gereël het. Op elke eerste dag van die week moet elkeen van julle self opsy sit en opspaar namate sy voorspoed is, sodat die insamelinge nie eers plaasvind as ek kom nie"). Daar is dus nie 'n wet in die N.T. wat beveel presies hoeveel jy moet gee nie, maar wel 'n wet dat jy iets moet GEE! Kyk ook Rom. 12:13; 15:26; Hand. 11:30; Gal. 2:10; 1 Joh. 3:17 ens.  Ons moet verstaan dat die begrip van "eerstelinge" nie 'n O.T. begrip is wat tot niet is in die N.T. nie, want as ons die studie oor eerstelinge en eersgeborenes by die deur wil uitgooi, dan beteken Christene se status as 'n "volk van eersgeborenes" nie veel nie, en die betekenis van eerstelinge as AFGESONDER VIR DIE HERE, verdwyn dan... So ja, natuurlik moet die begrip van eerstelinge waarde behou.  Ons kan nie op die een hand wil staatmaak op eersgeboortereg en dit wat ons saam met dit verdien, maar dan op die ander hand die begrip van eerstelinge wil tot niet maak asof eerstelinge nie aan die Here behoort nie... Ons mag dus net sowel die tema van "eerstelinge wat aan die Here behoort" deurtrek na die N.T., en alhoewel daar nie 'n wet is vir die Christen in die N.T. wat beveel hoeveel hy moet gee nie, moet ons ten minste gereed wees om ons eerstelinge van oes of produksie te gee (wat met reg gesien kan word as "tiende"). 

Verdere Inligting vir die onderwyser:
Die woord "eersteling" verwys na dit wat eerste is (van watookal - bv. van wat jy produseer, bv. olie of wol wat verwerk word ens.) (of van dit wat die grond gee, m.a.w. van dit wat jy oes - die eerste vrugte, ens.)
- is die Hebr. woord "  bik-koor'  " (Eks. 23:16), wat beteken eerste vrugte (bv. wat ryp is - Num. 18:13);  
- of die Hebr. woord " peh'-ter, pit-raw' " (Eks. 34:19), wat verwys na die eersteling van iets wat oopgaan (bv. vd baarmoeder, en in hierdie geval het dit spesifiek verwys na die eersgebore seuns);
- die Hebr. woord " ray-sheeth' " word ook gebruik (Lev. 2:12), wat ook verwys na eerste (bv. eerste deeg - Num. 15:21; of bv. van wat geoes of gemaak word - mielies, wyn, olie ens. - Deut. 18:4), of "begin" of "hoof van" - die oorspronklike.

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

No comments:

Post a Comment

Note: Only a member of this blog may post a comment.