Showing posts with label opstanding. Show all posts
Showing posts with label opstanding. Show all posts

Thursday, July 4, 2024

Die gelowige 'n boom - interessante vrae vir lekker gesels (bybelstudie 12 jaar tot volwassenes)

Hierdie is deel van die boekie "die gelowige 'n boom" (bedoel vir bybelstudie 12 jaar tot volwassenes).

Vir die vorige lesse in hierdie reeks, gaan na:

https://sondagskooltuis.blogspot.com/2014/07/a4-muurkaart-vertikaal-die-gelowige.html

https://sondagskooltuis.blogspot.com/2024/07/die-gelowige-n-boom-2.html

https://sondagskooltuis.blogspot.com/2024/07/die-gelowige-n-boom-3-wat-se-soort-boom.html

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

LES 1:

(hierdie les is opgestel met 'n klomp vrae vir lekker gesels) (let op die links waarop geklik kan word vir verderde studie vir die leier...)

(1) Vraag vir bespreking:  Alle mense is soos saad wat in die wereld geplant word, en (soos 'n boom) groei en dra vrug... Maar vir wie dra ons hierdie vrugte? want die waarheid is dat ons doodgaan!;  m.a.w. almal dra eintlik VRUGTE VIR DIE DOOD... (Rom. 7:5) - asof hulle lewe tot niks kom. Hoekom is dit die geval? - hoekom gaan alle mense dood? - m.a.w., hoekom dra die natuurlike mens vrugte vir die dood? Antwoord: Alle mense word "in sonde" gebore (Ps. 51:7), want hulle is kinders van Adam...  Adam was 'n slaaf (van sonde)(2 Pet. 2:19; Joh. 8:34), en noodwendig sal sy kinders ook as slawe gebore word. Dit is hoe dit in die lewe werk - as jou ouers slawe is word jy noodwendig ook as 'n slaaf gebore. M.a.w., almal uit Adam gebore, is (net soos hy) slawe (slawe van sonde)...., en as jy 'n slaaf is van sonde is jou uiteinde die dood (God het vir Adam gewaarsku dat as hulle vd boom van goed en kwaad eet, hulle sal doodgaan - dit is hoe Adam 'n slaaf geword het van sonde, en waarvan die uiteinde is die dood). Die loon vd sonde is die dood - as jy die sonde dien dan sal jy doodgaan. In daardie opsig kan die dood gesien word as die mens se groot vyand (1 Kor. 15:15,17). 

(2) Vraag vir bespreking:  Hoe sou jy slaafskap beskryf?  Wat beteken dit om 'n slaaf te wees? En hoe beinvloed hierdie antwoord die feit dat die mens gebore word as slawe van sonde?  Antwoord:  Hierdie tema gaan veral oor 2 dinge, nl. slaafskap en vrug: - (1) Wie dit is wat gedien word?; - wie is dit van wie jy 'n slaaf is?; vir wie dien jy?; aan wie behoort jy? (1 Kor. 7:22; 2 Pet. 2:19) - wie is die slaaf se meester?. (2) Gehoorsaamheid - wie jy gehoorsaam is 'n bewys van wie dit is vir wie jy dien... (Matt. 7:17-20).'n Slaaf het 'n meester vir wie hy dien/gehoorsaam. Die natuurlike mens DIEN die sonde / is gehoorsaam aan die sonde (en het daarom vrymaking van hierdie slaafskap nodig!;  m.a.w., die "liggaam van sonde" moet tot niet gemaak word sodat ons nie meer die sonde dien nie... - Rom 6:6). Natuurlike mense is dus "slawe van die verdorwenheid" - word almal gebore as "slawe onder sonde", wat dus beteken hulle is "diensknegte van sonde" (Joh. 8:34; Ps. 51:7; Rom. 6:12,13);  maar geestelike mense (die wat vrygekoop is) is slawe van die meester deur wie hulle losgekoop is, m.a.w. "slawe van Christus"!- hulle behoort nou aan Hom, en hulle dien Hom (1 Kor. 3:23; Rom. 14:8; 1 Kor. 7:22). Selfs die vrygekoopte se liggaam behoort aan Christus (Kol. 2:17)(1 Kor. 6:19,20 - "Of weet julle nie dat julle liggaam ‘n tempel is van die Heilige Gees wat in julle is, wat julle van God het, en dat julle nie aan julself behoort nieWant julle is duur gekoop. Verheerlik God dan in julle liggaam en in julle gees wat aan God behoort"). Wat dit beteken is dat geestelike mense dien/is gehoorsaam aan die Here (nie aan die sondige natuur nie). Dit is wat dit beteken om vrygekoop te wees - dit gaan oor wie jy gehoorsaam en na wie jy luister. 

(3) Vraag vir bespreking:  Gaan alle mense dood?  Antwoord? Ja, alle mense gaan dood, maar ons moet verstaan dat die term "dood" nie net verwys na wanneer die uiterlike mens sterwe nie, maar ook verwys na die "tweede dood".  Die mens bestaan uit 'n uiterlike mens (word ook na verwys as "die liggaam") en 'n innerlike mens (word ook na verwys as "siel", somtyds "gees vd mens");  m.a.w., wanneer iemand doodgaan is dit die uiterlike mens wat sterwe (nie jou innerlike nie).  Daar is ook 'n tweede dood wat op die mens wag sou hy nie redding kry nie, en dit is wanneer beide die liggaam (uiterlike mens) en siel (innerlike mens) in die poel van vuur verwoes word (ook genoem, "die oordeel vd hel"). Die mens is dus nie net vir oordeel bestem nie, maar vir die ewige oordeel (tweede dood), en het dus redding nodig! (redding nodig van hierdie toorn)(1 Thess. 5:9) / Die begrip saligheid verwys nie net na saligheid van die siel nie, maar ook na saligheid van die liggaam - sien die belangrikheid vd komende opstanding (saligheid vd siel - 1 Pet. 1:9; 3:21; Hebr. 10:22)(saligheid vd liggaam - Hebr. 9:13; 10:22).

(4) Vraag vir bespreking: Die mensdom kan ingedeel word in natuurlike mense en geestelike menseWat is die verskil tussen "natuurlike mense" en "geestelike mense"?  (lees Jud. 1:10; 1 Kor. 2:14,15; 1 Kor. 3:1).  Antwoord:  Almal word as natuurlike mense gebore;  m.a.w. is kinders van Adam en word in sonde gebore (en het dus redding nodig) - natuurlike mense is "vleeslik" / "sinnelik"... (Jud. 1:19; 1 Kor. 2:14; Spr. 12:10; 1 Kor. 3; Job 25:4).  Die begrip geestelike mense verwys weer na die mense wat redding verkry het - hulle is vrygekoop van hulle slaafskap (onder sonde) en word nou gesien soos mense "wat uit God gebore is" (1 Joh. 5:1)(wat veral verwys na hulle innerlike mens wat vernuwe is en dus alreeds vrug kan dra TOT LEWE, en dus die belofte het dat hulle nie deur die tweede dood sal gaan nie.  Hulle uiterlike mens is nog nie vernuwe nie! - daarom gaan die liggaam steeds dood.., maar hulle het die belofte dat hulle uiterlike ook vernuwe sal word in die opstanding wanneer Jesus terugkom - hulle sal opstaan "tot lewe"!) - hulle word gesien soos mense wat "weer gebore" is (al verwys dit huidiglik meer na die innerlike, nog nie die uiterlike nie). Weergebore mense se sonde is vergewe en hulle het die Heilige Gees ontvang - hierdie is die groot verskil tussen natuurlike mense en geestelike mense. , en dit beinvloed natuurlik die manier hoe hulle "sien en dink". Natuurlike mense het nie die Gees nie en dink en sien dus soos die wereld;  geestelike mense het die Gees (van God) en dink en sien dus anders! (sien soos die Here/glo in Hom, Sy woorde - het wysheid van bo). Geestelike mense word o.a. gesien as met 'n "goddelike natuur", en gesien soos die familie van Jesus Christus (hulle is van Sy been)(2 Pet. 1:4; Joh. 3:5,9; 1 Joh. 4:7; 5:4). Geestelike mense dra dus VRUGTE TOT LEWE (dra vrugte vir die Here - Hy gee vir hulle die lewe/Rom. 7:4), want hulle is LOSGEKOOP van hulle slaafskap (onder sonde)(1 Kor. 7:23; Gal 5:1; Rom. 6:17,18);  terwyl natuurlike mense nie instaat is om hierdie soort vrug (tot lewe) te dra nie (Rom. 6:21-23)(die natuurlike mens kan nie deur goeie werk hierdie soort vrug dra wat vir hulle die ewige lewe gee nie - niemand kan dit deur werke ontvang nie, want (1) sy sondes is nog nie afgewas nie en hy is dus oppad na die dood,  en (2) hy is steeds 'n slaaf van sonde. Iemand moet dus skoonkom en gehoorsaam word aan die Here..., en dus aan Sy Gees, voor hy kan vrug tot lewe dra). Daarom is GEHOORSAAMHEID belangrik!, want dit wys wie dit is vir wie jy dien. Geestelike mense luister na die Here, luister na die Heilige Gees. Geestelike mense verkry 'n goddellike natuur (2 Pet. 1:4; 1 Joh. 3:9) - hulle is vry van die vorige natuur en dink nie meer vleeslik nie, maar beoordeel dinge op 'n geestelike manier (hulle "dink en sien" anders). 

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Sunday, May 3, 2020

Die mens (flitskaarte vervolg)

--------------------------------------------------------------------------------------------------------

--------------------------------------------------------------------------------------------------------
_________________________________________________________________________________
Vir skrifte en studie:
http://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2018/10/die-innerlike-mens.html
http://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2018/10/lig-nodig-om-lewende-wese-te-wees.html
https://warechristene.blogspot.com/2018/10/natuurlike-mens-geestelike-mens.html
https://warechristene.blogspot.com/2018/10/uiterlike-mens-innerlike-mens.html
https://warechristene.blogspot.com/2019/10/asem-vd-innerlike-mens.html
https://warechristene.blogspot.com/2019/10/die-geeste-van-alle-vlees.html
https://warechristene.blogspot.com/2014/07/die-oordeelewige-oordeel-3.html
https://warechristene.blogspot.com/2017/11/verheerliktegeestelikeonverganklike.html
http://warechristene.blogspot.com/p/blog-page.html

http://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2019/02/die-mens-as-lewende-siel.html
http://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2019/05/liggaam-siel-en-gees.html
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
http://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2018/10/kinders-vd-koninkryk-se-identiteit.html
https://warechristene.blogspot.com/2020/01/met-christus-beklee.html
http://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2019/05/wat-is-saligheid-1.html

Wednesday, March 25, 2020

"DIE MENS" - Diagramme (Inleiding / Tweeledig van aard / Liggaam, siel en gees)

Hierdie is deel vd boekie "Die Mens".

IN HIERDIE LES WORD SPESIFIEK GEKYK NA DIE VERSKIL TUSSEN 
DIE UITERLIKE MENS EN DIE INNERLIKE MENS.



------------------------------------------------------------------------------------------------------------
LES en GROEPBESPREKING:
(vir die onderwyser is 'n opsomming ondertoe)
- Lees Luk. 16:19-31

Vrae wat bespreek kan word:
(1) - Hoe is dit moontlik dat Lasarus en Abraham en die ryk man kon sien en praat en voel, selfs na hulle dood?  
Antwoord: Die mens is tweeledig van aard, nl. die uiterlike mens en die innerlike mens. (2Kor. 4:16 - "Daarom gee ons nie moed op nie, maar al vergaan ons uiterlike mens ook, nogtans word die innerlike mens dag ná dag vernuwe"). Dit beteken dat elkeen van ons is nie net letterlik van aard (uiterlik) nie, maar ook figuurlik van aard (innerlik) wat verwys na 'n gees in die binneste (wat terloops ook kan sien, praat, voel ens.!).
Elke mens het 'n innerlike, en wanneer die uiterlike mens doodgaan beteken dit nie die innerlike mens gaan ook dood nie (alhoewel die innerlike mens dan wag op óf die tweede dood, óf die opstanding in die geval van "geestelike mense") - (m.a.w., na die dood, wat verwys na die uiterlike mens wat sterwe en terugkeer na stof, dan wag "natuurlike mense" op die tweede dood. maar geestelike mense het die belofte dat hulle nie deur die tweede dood sal gaan nie - want hulle het die "asem" vd Heilige Gees - so hulle wag dan op "die optstanding" en die Heilige Gees hou hulle in bewaring tot daardie dag).


(2) Vrae 2 en 3 kan miskien saam behandel word.
- Hoe kon Lasarus deur die engele weg"gedra" word asof hy 'n liggaam het, alhoewel toe alreeds dood?
Antwoord:  Hierdie verwys nie na die liggaam letterlik gesproke nie, maar na die liggaam figuurlik gesproke. Ons innerlike het op die oomblik "vlees en bene" (wat verwys na die uiterlike, wat gesien kan word soos 'n huis), maar wanneer die mens doodgaan, is hy soos 'n gees sonder vlees en bene. Die innerlike mens is wel gees, ja, maar het ook 'n vorm en kan miskien figuurlik gesien word as liggaam, siel en gees, bv. kan sien en praat en voel - vgl. dit met "sintuie".  Kan dink - vgl. dit met "hart".  Kan beweeg - vgl. dit met "liggaam".
M.a.w., die gees in iemand se binneste (nl. die innerlike mens) kan net soos die uiterlike mens, ook gesien word soos "liggaam, siel en gees"... (alhoewel nie met letterlike "vlees en bene" soos die geval met die uiterlike mens nie). Die innerlike mens het m.a.w. ook 'n vorm soos die geval met 'n liggaam (alhoewel nie 'n letterlike liggaam soos die vd uiterlike mens nie, en het ook kos en water en klere nodig...

(3) -  Elke mens het 'n "gees in sy binneste" (wat gesien kan word soos 'n gees - word ook na verwys as "die mens se gees").  Kom ons kyk na 'n paar skrifte om dit beter te verstaan:  - lees Job 32:18, Ps. 143:4; Spr. 20:27; Jes. 26:9 en Eseg. 11:19 in die klas. 
- Lees nou Luk. 24:36-40.  Wat leer Jesus vir ons hier oor die beskrywing van "'n gees"?
Antwoord:  Hy leer daar dat 'n gees nie vlees en bene het nie (hierdie verwys na letterlike vlees en bene, m.a.w. vd "uiterlike mens" wat soos 'n huis is vir die innerlike mens)('n gees het dus nie vlees en bene soos 'n uiterlike mens nie, maar het wel 'n vorm en kan ook beweeg asof 'n liggaam - "figuurlike liggaam"). Wanneer die mens sterwe is hy m.a.w. soos " 'n gees sonder (letterlike) vlees en bene" - bedoelende hier dat hy nie 'n uiterlike mens het nie - is nie in 'n uiterlike liggaam nie. Vgl. dit met die tema van "geeste van afgestorwenes (Lev. 19:31 ens.) - 'n gees is iets wat in 'n liggaam kan in of uitgaan (in hierdie geval verwys ons nie na "gees" soos in letterlike "asem" nie, maar die mens se "gees in binneste", verwysend na DIE MENS SE GEES - nl. die innerlike mens). (Hier is 'n pos vir die onderwyser vir 'n studie oor verskillende "geeste" in die Skrif - rol af in die pos tot sowat die 8ste paragraaf...).
NS: Elkeen van ons het 'n uiterlike mens wat verwys na
- letterlike liggaam (vlees, bene, vel ens.) en
- letterlike siel (hart wat pomp, bloed, organe) en
- letterlike gees (asem waarsonder niemand kan lewe nie).
Maar elkeen van ons is ook "gees" wat verwys na die innerlike mens, en alhoewel die innerlike ook gesien kan word soos "liggaam, siel en gees", is dit meer figuurlik;  bv.,
- siel verwys dan nie na die hart van vlees wat bloed deur die liggaam pomp nie, maar verwys na gedagtes (vd hart), oorlegginge ens.
- Op dieselfde wyse bv. die gees of asem, want in die geval vd innerlike mens verwys "gees" of asem nie na letterlike asem soos die vd uiterlike mens nie, maar na asem waardeur die innerlike mens lewe (bv., in die geval vd natuurlike mens is dit die wereldse gees, en in geval vd geestelike mens is dit die Heilige Gees).
- Net so die liggaam - wat die innerlike mens aanbetref het dit ook 'n vorm en kan beweeg, maar hierdie "liggaam" verwys o.a. na "ou mens" of "nuwe mens".  Bv., die geestelike mens se innerlike mens is vernuwe, en is soos iemand wat opgestaan het in 'n nuwe liggaam (vgl. dit met die Christelike doop) en gebore uit die saad van God (nie meer uit die saad van Adam nie)(vgl. met die tema van Wedergeboorte).  Daarom sal die geestelike mens nie deur die tweede dood gaan nie...
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Verdere inligting vir lesaanbieding:
Die mens kan voorgestel word soos saad of 'n plant of boom wat groei en vrug dra - net soos 'n plant kos en water en lig nodig het om te kan groei en lewe, net so het die mens kos en water en lig nodig (vir groei en lewe).  Bv., sonder kos en water sal die mens doodgaan.  En sonder lig of asem, kan geen mens lewe nie. Op 'n volgende les word hierdie ook behandel.

Die mens bestaan uit LIGGAAM, SIEL en GEES (Gen. 2:7; 1 Thess. 5:23),
maar is TWEELEDIG van aard, nl.:
-  Die uiterlike mens (letterlik)(2 Kor. 4:16; 5:12);
-  Die innerlike mens (figuurlik)(Rom. 7:22; 2 Kor. 4:16; Ef. 3:16; 1 Pet. 3:3,4; 1 Sam. 16:17).
Die begrip "Liggaam, siel en gees" verwys dus nie net na die uiterlike mens nie, maar ook na die innerlike mens, want elke mens is nie net letterlik van aard nie, maar het ook 'n innerlike (nl. die mens van binne - Sag. 12:1)(elke mens is dus ook "gees", verwysend na die mens se gees, of ook genoem "die geeste van (alle) vlees" - ...en is daarom soos 'n gees sonder vlees en bene wanneer hy doodgaan! - kyk tema van "geeste van afgestorwenes").

Alhoewel die twee begrippe "uiterlike mens" en "innerlike mens" slegs in 'n paar skrifte voorkom, is daar heelwat ander skrifte of skrifgedeeltes wat vir ons meer hieroor leer.



Ons kan dit moontlik as volg verduidelik dat die mens:
-LETTERLIK liggaam, siel en gees is, maar ook
-FIGUURLIK liggaam, siel en gees.
Bv., die letterlike liggaam verwys na die mens as menslike wese letterlik bedoel, die vleis, bene ens. (bv. "vlees, mensdom, die self, vel, naaktheid, nageslag, liggaamlik, slaaf, menslike natuur, vergangklik" ens. - vir die onderwyser is 'n studie hieroor, klik vir pos getiteld "die liggaam). Die liggaam figuurlik gesproke verwys ook na hierdie dinge maar natuurlik figuurlik bedoel, bv. elkeen as 'n gees het ook figuurlik 'n liggaam - kyk die vb. in die gelykenis vd ryk man en Lasarus, hoe Lasarus nadat hy doodgegaan het, deur die engele weg"gedra" is na die boesem van Abraham... (Luk. 16:22) - en terloops kon Lasarus en die ryk man en Abraham (alhoewel hulle almal dood was) praat, hoor, sien, voel ens. Vir 'n vollediger opsomming hieroor, gaan na: http://warechristene.blogspot.com/2018/10/uiterlike-mens-innerlike-mens.html.
Min of meer dieselfde geld vir die uiterlike mens en die innerlike mens.  Bv., net soos die uiterlike mens kos en water nodig het om aan die lewe te bly, net so het die innerlike mens die regte soort kos en water nodig (figuurlik) om aan die lewe te bly.  Die uiterlike mens kan bv. ook nie sonder die letterlik ASEM ("gees") lewe nie en daarom, wanneer iemand die laaste asem uitblaas, sterf hy. Op dieselfde wyse kan die innerlike mens ook nie lewe sonder die ASEM vd Heilige Gees nie! "Asem" verander iemand in 'n lewende siel - op dieselfde wyse kan die een wat die gees vd wereld het gesien word as "dood", maar die "geestelike mens" gesien word as lewendig omdat hy die Heilige Gees het en die Heilige Gees sy hart vernuwe. Hy is 'n "nuwe mens" - opgestaan in 'n nuwe liggaam (figuurlik gesproke vd innerlike mens) en het 'n nuwe siel/hart en het nie die gees vd wereld nie, maar die Gees van God. Wanneer ons 'n studie maak oor DIE MENS, dan moet ons dus altyd onderskei tussen die innerlike vd "natuurlike mens" en die innerlike vd "geestelike mens".

Beide die natuurlike en die geestelike mens se UITERLIKE MENS sterf (gaan dood)(is verganklik); alhoewel die geestelike mens die belofte het van eendag letterlik opstanding! Wanneer die natuurlike mens sterwe wag hy op die oordeel van die hel (ook genoem TWEEDE DOOD), maar die geestelike mens sal nie in hierdie oordeel kom nie omdat sy innerlike lewe (deur die asem vd Heilige Gees)!
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Ons moet onderskei tussen die innerlike vd NATUURLIKE MENS, en die innterlike vd GEESTELIKE MENS:  
Die "natuurlik mens" is deel van die "kinders vd vlees",
maar die "geestelike mens" is deel vd "kinders vd Gees".

- liggaam
(natuurlike mens) = vleeslik/ou mens (gebore uit verganklike saad);
(geestelike mens) = geestelik/nuwe mens (opgestaan in nuwe liggaam).

- siel
(natuurlike mens) = dra vrugte vir dood  ;  (geestelike mens) = dra vrug tot ewige lewe
(natuurlike mens) = "ou hart" (hart onbesny) ;  (geestelike mens) = nuwe hart (hart is besny)
(natuurlike mens) = verganklik (siel in bloed)  ;  (geestelike mens) = onverganklik (lewe in bloed van Christus)

- gees / asem / lig
(natuurlike mens) = KINDERS VD DUISTERNIS  ;  (geestelike mens) = is KINDERS VD LIG
(natuurlike mens) = GEES VD WERELD  ;  (geestelike mens) =  het GEES VAN GOD
(natuurlike mens) = (GEES VD DWALING  ;  (geestelike mens) =  het GEES VD WAARHEID
------------------------------------------------------------------------------------------------------------