Showing posts with label gebed. Show all posts
Showing posts with label gebed. Show all posts

Tuesday, April 7, 2020

DIE MENS (lig, kos, water, klere)(les : KOS)

Vir die ander dele oor hierdie onderwerp, gaan na:
- lig/asem: https://sondagskooltuis.blogspot.com/2020/04/die-mens-lig-kos-water-klereles-1.html
- kos: (hierdie les)
- water: https://sondagskooltuis.blogspot.com/2020/04/die-mens-lig-kos-water-klereles-3-water.html
- klere: https://sondagskooltuis.blogspot.com/2020/05/die-mens-lig-kos-water-klereles-4-klere.html

Inleiding:
Die mens kan voorgestel word met saad of 'n plant of boom wat groei en vrug dra, en het lig nodig om te kan lewe, en kos en water nodig om aan die lewe te bly, en klere om hom te bedek. In hierdie reeks kyk ons na basiese lewensbenodigdhede, maar in konteks met die INNERLIKE MENS, want net soos die uiterlike mens hierdie (asem, kos, water, klere) nodig het, net so het die innerlike mens dit nodig.

In hierdie les word gekyk na "KOS".  Bv.. wat se soort kos het die innerlike mens nodig (om te kan lewe)?
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
LES 2:
KOS:
Les Aanbieding:
- Gesels in die groep hoekom ons geld nodig het, en vir watter basiese behoeftes ons geld nodig het (bv. KOS).
- Plaas 'n skinkbord met 'n verskeidenheid van eetgoed voor die kinders (een eetdingetjie per persoon) en laat hulle kies, maar sit 'n bybel en 'n kruis op die skinkbord tussen die eetgoed (maak die eetgoedjies klein sodat hulle nie te veel tyd neem om dit te eet nie).

Gee tyd vir gesels en eet.

Die gesprek kan op die volgende uitloop:
Vra of hulle verstaan hoekom daar 'n Bybel en 'n kruis is op die skinkbord.  Verduidelik aan hulle dat net soos die uiterlike mens kos nodig het, net so het die innerlike mens kos nodig (om te kan lewe).  Die Here se woorde, asook Jesus self is soos kos vir die innerlike mens...
Vra hulle of hulle geweet het dat net soos die uiterlike mens sterwe sonder kos en water, net so sal die innerlike mens sterwe as dit nie kos en water kry nie (meer presies, as dit nie die regte soort kos en water kry nie) - alle mense gaan dood ja, maar dit verwys nie net na wanneer die uiterlike mens sterwe (en na stof terugkeer) nie, maar verwys ook na die "tweede dood" (die oordeel van die hel) waardeur elkeen sal gaan;  meer presies, waardeur die "natuurlike mens" sal gaan.  Die innerlike mens (die mens van binne / mens as gees) is soos iets sonder 'n huis wanneer die uiterlike mens sterwe.  Dan wag die innerlike mens op die tweede dood...;  tensy wedergebore!  Bv., "geestelike mense" of wedergebore mense wat die regte soort kos en water kry, sal nie deur die tweede dood gaan nie! Die geestelike lewe wel deur die asem van die Heilige Gees (verwysend na die innerlike mens), maar as hy nie kos en water kry nie, hoe kan hy verwag om aan die lewe te bly?

Lees in groep:  Joh. 6:27 - "Moenie werk om die spys wat vergaan nie, maar om die spys wat bly tot in die ewige lewe, wat die Seun van die mens julle sal gee; want Hom het God, die Vader, verseël". 'n Groot gedeelte van die salaris wat ons verdien, gaan vir KOS.  Ons sit dus baie ure in om te werk vir spys wat vergaan, maar hoeveel tyd spandeer ons om te werk vir die kos wat nooit vergaan nie?  
Hoe werk ons vir hierdie kos?  
(1) Lees Joh. 6:28-35.  Antw.:  -glo in Jesus Christus.  Wanneer iemand glo in Jesus dan is dit asof hy werk vir daardie kos (wat bly tot in die ewige lewe).  Jesus Christus is soos BROOD vir ons (Hy is die brood wat uit die hemel neergedaal het)(Joh. 6:58). As iemand se innerlike nie van hierdie (regte soort) brood en water kry nie, dan kan hy nie aan die lewe bly nie - net soos die uiterlike mens ook nie aan die lewe kan bly sonder kos en water nie. (Joh 6:35 - "En Jesus sê vir hulle: Ek is die brood van die lewe; wie na My toe kom, sal nooit honger kry nie; en wie in My glo, sal nooit dors kry nie"). Baie mense se innerlike is honger en dors omdat hulle nie vir Jesus Christus ken of in Hom glo nie, maar wanneer iemand in Hom glo, dan voel hy versadig.
(2) Lees Luk. 4:4.  Antw.  -doen bybelstudie of lees die woord.  Die woorde van God is soos brood (vir die innerlike mens).  
(3) Lees Luk. 4:34.  Antw. -doen die wil vd Here.  Wanneer ons die wil vd Here doen dan is ons besig om ons innerlike mens te voed. 

"Voedsel" verwys nie altyd na kos wat per mond ingeneem word nie. maar kan dus ook verwys na die woorde vd Here, of om Sy wil te doen of 'n opdrag uit te voer wat Hy vir jou gee, te bid of te vas, die Here te raadpleeg en jou hoop in Hom te stel. 

Net soos die uiterlike mens nie sonder kos kan lewe nie, net so kan die innerlike mens nie sonder die Here en Sy woorde lewe nie:  (Mat 4:4 - "Maar Hy antwoord en sê: Daar is geskrywe: Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord wat deur die mond van God uitgaan"). Ons kan nie van brood (wat vergaan) alleen LEWE nie! 
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Verdere inligting vir lesaanbieding:

Van altyd af was gereelde "vas" of vas op vasgestelde tye, iets wat voorgeskryf was aan die volk van God.  Die eerste Christene het ook gereeld gevas (Hand. 13:2,3; 14:23; 1 Kor. 7:5);  nie om 'n wet na te kom nie maar om tyd met die Bruidegom te spandeer, om Hom te raadpleeg en Sy woorde te soek. Vir 'n studie oor vas en wat alles om in aanmerking te neem, gaan na: https://warechristene.blogspot.com/2016/01/om-te-vas.html.  

(Mar 2:18-20 - "En die dissipels van Johannes en dié van die Fariseërs was besig om te vas. Toe kom hulle en sê vir Hom: Waarom vas die dissipels van Johannes en dié van die Fariseërs, maar u dissipels vas nie? En Jesus sê vir hulle: Kan die bruilofsgaste dan vas terwyl die bruidegom by hulle is? So lank as hulle die bruidegom by hulle het, kan hulle nie vas nie. Maar daar sal dae kom wanneer die bruidegom van hulle weggeneem word, en dan sal hulle vas, in daardie dae.)(Bestudeer gerus ook die tema "nuwe wyn moet in nuwe sakke gegooi word" https://warechristene.blogspot.com/2016/01/nuwe-wyn-moet-in-nuwe-sakke-gegooi-word.html).

Wanneer ons vas dan plaas dit die klem op "kos vir die binneste" - dit is m.a.w. soos OM TE EET, maar nie voedsel vir die uiterlike mens nie, maar voedsel vir die innerlike mens.  Hierdie soort kos is nie kos wat vergaan nie, maar kos wat ewigheidswaarde het (bv. om vir Jesus Christus te ken en Sy woorde te bestudeer, Sy wil te doen...).  "Om te vas" gaan dus nie oor glad nie eet nie, maar gaan oor wat jy eet!
_________________________________________________________________________________
Nog bronne:
------------
Honger: https://warechristene.blogspot.com/2017/10/honger-dors-vreemdeling-naak-siek.html
Vas: http://warechristene.blogspot.com/2016/01/om-te-vas.html
Ryk in die Here: http://warechristene.blogspot.com/2017/09/wat-dit-beteken-om-ryk-te-wees-in-god.html------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Monday, January 14, 2013

Besprekingsvrae 12-17 jariges: GEBED EN VAS



In verskeie skrifte sien ons hoe Jesus die dissipels uitgestuur het om die evangelie van die koninkryk te verkondig - bv. in Mat 10:5-8 waar Hy die 12 uitgestuur het en vir hulle die volgende gesê het: "....gaan preek en sê: Die koninkryk van die hemele het naby gekom.  Maak siekes gesond, reinig melaatses, wek dooies op, dryf duiwels uit. Julle het dit verniet ontvang, verniet moet julle dit gee".


In Luk 10:1 het die Here weer sewentig ander aangestel, en hulle twee-twee voor Hom uitgestuur na elke stad en plek waar Hy sou kom. Ons lees hoe die sewentig met blydskap teruggekom het en gesê het: "Here, ook die duiwels onderwerp hulle aan ons in u Naam".  Tog, in Matt. 17:14-20 lees ons van 'n man wat na Jesus gekom het, voor Hom op sy knieë neergeval het en gesê het: "Here, ontferm U oor my seun, want hy is maansiek en ly swaar; want dikwels val hy in die vuur en dikwels in die water. En ek het hom na u dissipels gebring, en hulle kon hom nie gesond maak nie". Toe antwoord Jesus en sê: o Ongelowige en verdraaide geslag, hoe lank sal Ek by julle wees, hoe lank sal Ek julle verdra? Bring hom hier vir My.  Daarop bestraf Jesus hom; en die duiwel het van hom uitgegaan, en die seun het gesond geword van daardie uur af". 

Dus, alhoewel die dissipels tog op ander plekke duiwels uitgedryf het, kon hulle dit nie in Matt. 17 doen nie.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
VRAAG:  
-Jesus het vir hulle die mag gegee om selfs duiwels in Sy Naam uit te dryf.  Hoekom kon hulle dit nie altyd regkry nie?

- Jesus het die volgende gese in Mar 16:17,18 - "En vir die wat geglo het, sal hierdie tekens volg: in my Naam sal hulle duiwels uitdryf, met nuwe tale sal hulle spreek, slange sal hulle opneem; en as hulle iets dodeliks drink, sal dit hulle geen kwaad doen nie; op siekes sal hulle die hande lê, en hulle sal gesond word.."  BETEKEN DAT ALLE GELOWIGES HIERDIE DINGE SAL ERVAAR?  .


(Mat 17:19)  Toe kom die dissipels na Jesus afsonderlik en sê: Waarom kon ons hom nie uitdryf nie?


(Mat 17:20)  En Jesus antwoord hulle: Deur julle ongeloof; want, voorwaar Ek sê vir julle, as julle geloof het soos ‘n mosterdsaad sal julle vir hierdie berg sê: Gaan weg hiervandaan daarnatoe! en hy sal weggaan, en niks sal vir julle onmoontlik wees nie. (Mat 17:21)  Maar hierdie geslag gaan nie uit behalwe deur gebed en vas nie.

Dus, al gee die Here vir ons die mag om in Sy Naam "dinge" te doen, beteken dit nie dat ons almal dit outomaties kan doen nie!  Die Christen moet die nodige GELOOF he, maar hoe kry ons daardie nodige geloof?  Jesus gee vir ons die antwoord in v. 21:  GEBED en VAS. ( Sommige vertalings laat die woord "vas" weg).  Dit lyk of ons nie die enigstes is wat sukkel met "geloof" kwessies nie - selfs die dissipels het daarmee gesukkel.  Jesus het baie met hulle gesels oor "geloof" sodat hulle verstaan wat geloof werklik beteken.  In hierdie geval het Hy vir hulle 'n belangrike les geleer, en dit is die belangrikheid van "gebed en vas".  Die Christen se aandag moet nie wees op die feit "dat hy kan wonderwerke doen of duiwels uitdryf nie", maar die aandag moet wees op 
"die pad van godsaligheid".  Jesus het ook hierdie punt duidelik gemaak toe die 70 terugkom in opgewondenheid omadat selfs die duiwels hulle aan hul onderwerp het in die Naam van Jesus - In Luk 10:20 antwoord Jesus hulle as volg:  "Maar julle moenie daaroor bly wees dat die geeste aan julle onderworpe is nie, maar wees liewer bly dat julle name in die hemele opgeskrywe is". Wanneer die Christen uitgestuur word, is dit nie om homself te verryk nie, maar om ander na die Here te trek - basies OM SY WIL TE DOEN. Dit is dan ook die rede waarom Hy vir ons gawes gee deur Sy Gees - dit is nie soos 'n "mag" wat ons verkry om onsself te verryk nie, maar dit is om ander te stig en na Hom te trek - basies "om Sy wil te doen". (1 Kor. 12:7-11) " Maar aan elkeen word die openbaring van die Gees gegee met die oog op wat nuttig is. Want aan die een word deur die Gees ‘n woord van wysheid gegee, en aan die ander ‘n woord van kennis vanweë dieselfde Gees; aan ‘n ander weer geloof deur dieselfde Gees, en aan ‘n ander genadegawes van gesondmaking deur dieselfde Gees; aan ‘n ander werkinge van kragte, aan ‘n ander profesie, aan ‘n ander onderskeiding van die geeste, aan ‘n ander allerhande tale, aan ‘n ander uitleg van tale. Maar al hierdie dinge werk een en dieselfde Gees wat aan elkeen afsonderlik uitdeel soos Hy wil" - nie soos "ons wil" NIE!


Jesus het self die volgende opmerking gemaak: Joh 5:30 - "Ek kan uit Myself niks doen nie. Soos Ek hoor, oordeel Ek; en my oordeel is regverdig, omdat Ek nie my wil soek nie, maar die wil van die Vader wat My gestuur het".


(Mat 12:50)  "Want elkeen wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is, dié is my broer en suster en moeder".

Ons het GEBED en VAS nodig om die wil van die Here te ken - so iemand word dan deur die Heilige Gees gelei in verskillende gawes - so 'n persoon het dan ook outomaties "genoeg" geloof, omdat hy die wil van die Here ken.  Jesus het vir ons 'n goeie vb. gestel van hoe gereeld ons moet BID.  Die eerste gemeentes het ook daardie vb. gestel (Hand. 1:14; Hand. 2:42) - (eensgesindheid kom ook saam met gebed).

Baie gelowiges ignoreer die belangrikheid van "vas", maar kom ons kyk wat het Jesus daaroor gese:
 (Luk 5:33) " Toe sê hulle vir Hom: Waarom vas die dissipels van Johannes dikwels en doen gebede; so ook dié van die Fariseërs; maar u dissipels eet en drink?(Luk 5:34)  En Hy sê vir hulle: Kan julle die bruilofsgaste dan laat vas solank as die bruidegom by hulle is?(Luk 5:35)  Maar daar sal dae kom wanneer die bruidegom van hulle weggeneem word; dan sal hulle vas, in daardie dae".

Geloof kom nie outomaties nie, tensy iemand die wil van die Here ken 
- daarvoor het hy gebed en vas nodig.