Showing posts with label evangelie van Jesus Christus. Show all posts
Showing posts with label evangelie van Jesus Christus. Show all posts

Monday, July 28, 2014

Hoe om die evangelie te verkondig (Bybelstudie vir 12-17 jariges)

In hierdie bybelstudie-stukke word beoog om kinders te leer oor 
"hoe om die evangelie te verkondig"
 deur te gaan kyk na voorbeelde van hoe die evangelie verkondig is in die eerste gemeentes. 

Ons gaan ook kyk na wat die evangelie nou eintlik alles regtig behels - wat is hierdie goeie boodskap (waarheid) wat vir ons gebring is?, m.a.w. "waaroor gaan die evangelie alles"?  
========================================================================
(1)  Maak 'n opsomming van hoe die evangelie gebring is in die eerste kerke - kyk na voorbeelde van evangelie-prediking en gebruik die diagram hieronder.  Neem in aanmerking dat wanneer die evangelie gebring word, dit belangrik is om te let op 'MET WIE' gepraat word.  Word daar met Jode gepraat?  Word daar met heidene gepraat?  Word daar met gelowiges gepraat?  Wanneer daar met Jode gepraat word, moet ons verstaan dat hulle baie kennis het van die Ou Testament, en sommige van hulle baie bekend is met die profetiese boeke - om bv. vir so iemand te getuig dat Jesus die Christus is, sal jy self dit ook uit die profetiese boeke moet kan bewys.  M.a.w., die evangelie gaan verskillend gebring word aan verskillende groepe, afhangende van die persoon se kennis, en of hy wetend of onwetend is.
(2)  Wanneer ons dink aan die woord "evangelie", dan dink ons baiemaal dat dit slegs gaan oor die goeie boodskap van Jesus Christus, maar ons moet verstaan dat die EVANGELIE nie net gaan oor die "evangelie van Jesus Christus", maar ook oor "die evangelie van vrede", asook "die evangelie van die koninkryk".  Inteendeel, om die evangelie van Jesus Christus te verstaan, moet ons bekend wees met die evangelie van vrede en die evangelie van die koninkryk.  Ons moet ag gee op die waarheid wat Jesus vir ons kom deel het oor die Koninkryk van God (die evangelie van die koninkryk).  http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/12/jesus-christus-se-koninkryk-die.html
(3)  Die gelowige moet IN DIE HERE BLY, want hy kan niks sonder die Here doen nie (Joh. 15:15).  Om te kan bedien (om die evangelie te verkondig), het ons nodig om in die Here te bly.  Iemand wat 'n getuie wil wees,  moet hom ook deur die GEES LAAT LEI wanneer hy die evangelie aan mense bring - daarom moet ons bid vir die krag van Sy Gees, sodat ons kan GETUIG van die waarheid.
=========================================================================
(GEBRUIK DIE VOLGENDE VORM OM 'N OPSOMMING TE MAAK VAN HOE DIE EVANGELIE IN DIE EERSTE GEMEENTES VERKONDIG IS)(die kinders kan in groepe ingedeel word - gebruik onderstaande opsommings van gevalle in die boek van Handelinge waar die evangelie gebring is)

------------------------------------------------------------------------------------------------------------
 ------------------------------------------------------------------------------------------------------------
 ------------------------------------------------------------------------------------------------------------
 ------------------------------------------------------------------------------------------------------------
 ------------------------------------------------------------------------------------------------------------
 ------------------------------------------------------------------------------------------------------------
 ------------------------------------------------------------------------------------------------------------
 ------------------------------------------------------------------------------------------------------------
 ------------------------------------------------------------------------------------------------------------
 ------------------------------------------------------------------------------------------------------------
 ------------------------------------------------------------------------------------------------------------


========================================================================
(GEBRUIK HIERDIE VORMS OM VERDERE OPSOMMINGS TE MAAK:  IN HIERDIE GEVAL, DIE VOORWAARDES EN BELOFTES WAT TYDENS EVANGELIE-PREDIKING GEGEE IS)
(voorwaardes:  "wat moes hulle doen om gered te word?";  en 
-beloftes:  "wat is belowe, sou hulle verkry as hulle die voorwaardes nakom"?)
(Gebruik weer die boonste voorbeelde om hierdie opsommings te maak)


Saturday, February 9, 2013

Evangelie Reeks 12-17 jariges: Jood en Heiden

ANDER POSTE VD EVANGELIE REEKS:
http://sondagskooltuis.blogspot.co.nz/2013/02/evangelie-reeks-12-17-jariges-inleiding.html
http://sondagskooltuis.blogspot.co.nz/2013/03/evangelie-reeks-12-17-jariges-wette-en.html
http://sondagskooltuis.blogspot.co.nz/2014/07/hoe-om-die-evangelie-te-verkondig_28.html
http://sondagskooltuis.blogspot.co.nz/2014/07/hoe-om-die-evangelie-te-verkondig.html
VIR ANDER ONDERWERPE IN HIERDIE REEKS, GAAN NA:


Terwyl ons nou weet dat DIE EVANGELIE van Jesus Christus nie geskei kan word van "die evangelie van die koninkryk en vrede" nie (sien die "inleiding"-gedeelte van hierdie evangelie reeks), gaan ons kyk na basiese evangelie prediking in/deur die eerste gemeentes.
Wat was die "basiese evangelie" wat gepreek is en hoe is dit gepreek?

---------------------------------------------------------------------------------------------------------
Die verkondiging van die evangelie aan die Jode, was meer gerig daarop om te bewys dat Jesus inderdaad die Messias is en om te bewys hoe O.T. profesiee vervul is  (vir die wat nie so bekend was met die profesiee nie, is die skrifte later uitgele om dit te verstaan), maar wanneer die evangelie verkondig is aan die heidene (nie-Jode), was dit duidelik anders verkondig - dit is ook logies, in ag geneem dat wanneer daar gepreek word vir Jode,  hulle redelik bekend is met die O.T. profesiee,  terwyl met die heidene nie die geval is nie.  Siende die meeste Christene vandag van heidense oorsprong is en nie grootgeword het met die agtergrond van die Jode nie, is dit ook logies dat "die evangelie" vandag heelwat anders verkondig word.  Hoe meer die Christen egter bekend word met die Skrifte, hoe meer  verstaan hy van die EVANGELIE. 

Kyk bv. na:
(1)  *  Hand. 2:14-41, waar die evangelie gebring is aan Jode,
(in die Hand. 2 gedeelte het Petrus die volk herinner aan beloftes wat vervul is, en O.T. profesie gebruik as bewys dat Jesus die Messias is) 
(2)  *  en Hand. 14:15-17, waar die evangelie gebring is aan heidene.
(in die Hand. 14 gedeelte, het Paulus die heidene aangemoedig om die ware God en Skepper te soek en hulle te bekeer van afgodsaanbidding) (- nie dat bekering nie gepreek was ook aan die Jode nie, want baie van hulle moes ook terugkeer na God!).  Kyk bv. ook die Hand. 17:22-34 gedeelte:  hier word die evangelie ook aan die heidene gepreek - Paulus verkondig aan hulle die ware God en Skepper en verklaar dat die Skepper "Here is van almal" - ook dat God nie in tempels woon wat deur mensehande gemaak is nie; ook hoe Hy nie deur mensehande gedien word asof Hy 'n behoefte het aan iets nie - ook dat God "uit een bloed" al die nasies van die mensdom gemaak het - ens. ens. ;  Paulus moedig hulle aan om hulle te bekeer van afgodsaanbidding en maak dit duidelik dat hulle onder Jesus se oordeel sal val as hulle hulle nie bekeer tot Hom nie.  Om hulle te herinner aan "beloftes" waarvan hulle geen kennis het nie  (soos in Hand. 2 aan die Jode)  en "O.T. profesie" aan te haal, sou nie veel beteken vir die heiden nie, want hy was nie bekend hiermee nie, dus sou hy nie die evangelie verstaan as dit so aan hom gepreek was nie. 
----------------------------------------------------------------------------------------------------------

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------
*  (1) Ons moet dus verstaan dat, alhoewel DIE EVANGELIE wat gebring word dieselfde is aan alle groepe, die manier hoe dit gebring word afhang van die groep se kennis en stand van geloof.

*(2)Die evangelie was ook eerste aan die Jode gebring en later aan die heidene -
- tog was die dissipels bewus daarvan en het Jesus ook vir hulle so geleer dat "die evangelie" nie net beperk is tot die Jode nie, maar vir almal bedoel:-  (Mat 28:19)  "Gaan dan heen, maak dissipels VAN AL DIE NASIES, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het"). (Hand. 3:25 - "En julle is kinders van die profete en van die verbond wat God met ons vaders gesluit het toe Hy vir Abraham gesê het: En in jou saad sal al die geslagte van die aarde geseën word).  Petrus het dit ook bevestig in Hand. 10:34 -("En Petrus het sy mond geopen en gesê: Ek sien waarlik dat God geen aannemer van die persoon is nie,  maar dat in elke nasie die een wat Hom vrees en geregtigheid doen, Hom welgevallig is. Dit is die woord wat Hy gestuur het aan die kinders van Israel toe Hy die evangelie van vrede verkondig het deur Jesus Christus—Hy is die Here van almal").


  Toe Jesus die 12 dissipels uitgestuur het in Matt. 10, was Sy woorde o.a.: Mat 10:5 - "... Moenie gaan op pad na die heidene nie, en moenie ingaan in ‘n stad van die Samaritane nie".  In Hand. 3:26 verklaar Petrus ook dat die evangelie eerstens aan die Jode verkondig word:   "God het, nadat Hy sy Kind Jesus opgewek het, Hom eers vir julle gestuur om julle te seën deur elkeen van sy booshede te bekeer".

Dit dan die rede hoekom ons eers in Hand. 10 sien hoe die evangelie gebring word aan heidene.  Neem kennis dat die geval in Hand. 10 gaan oor nie-Jode wat wel vir God gevrees het (nie heidene wat afgode aanbid het nie - dus is die manier hoe die evangelie aan hulle gebring is, ook weer anders as die manier hoe dit aan heidene gebring word wat afgode aanbid).



------------------------------------------------------------------------------------------------------------
ONDERSOEK DIE VOLGENDE VB.e IN DIE GROEP EN BESPREEK:
========================================================================

VB. (1)   Lees Hand. 10:28-48 (rakende Petrus wat die evangelie aan "Cornelius se gesin en vriende" verkondig het)
(aan heidene wat God vrees)


l.w.:(hierdie het plaasgevind sowat 10 jaar nadat Jesus opgevaar het hemel toe - Petrus  praat met mense wat nie opgegroei het met Joodse agtergrond nie en nie so bekend is met die O.T. profesiee nie, maar wel bekend is met gebeure van toe Jesus op die aarde was en kultuur van die Jode bv. "dat dit ongeoorloof is vir ‘n Joodse man om met iemand van ‘n ander volk omgang te hê of hom te besoek".  Alhoewel Cornelius op hierdie stadium nog nie die volle evangelie gehoor het nie, het hy alreeds God gevrees, was in 'n persoonlike verhouding met Hom en het die geregtigheid gedoen!)
--------------------------------------------

-  Hoe is die evangelie in hierdie gedeelte verkondig?
(1)  Petrus verklaar dat God hom gewys het dat geen mens onheilig of onrein genoem mag nie.  
(2)  In v.36 begin hy met die woorde:  "Dit is die woord wat Hy gestuur het aan die kinders van Israel toe Hy die evangelie van vrede verkondig het deur Jesus Christus—Hy is die Here van almal". Wat is hierdie "woord" waarvan hy praat - wat Jesus aan die kinders van Israel verkondig het?  Dit kan of verwys na dit wat voor v.36 is, of verwys na dit na v. 36, maar vanaf v. 37 vertel Petrus wat alles gebeur het toe Jesus tussen hulle was, nie die "woord" of evangelie wat Hy verkondig het nie;  dus moet dit waarna Petrus hier verwys, wees: (v. 34,35) "Ek sien waarlik dat God geen aannemer van die persoon is nie, maar dat in elke nasie die een wat HOM VREES EN GEREGTIGHEID DOEN, HOM WELGEVALLIG  is.
(3)   Petrus begin met die woorde:  "Julle weet van die saak....." (L.w. dat Cornelius iemand was wat reeds vir God geken het - hy het gevas en gereeld gebid en goed gedoen en gehoorsaam gewees aan die Here - hulle het ook alreeds van Jesus geweet (v. 37).
(4)  Dan herinner hy hulle aan wat gebeur het deur die hele Judea en van Galilia af begin het, na die doop wat Johannes gepreek het, met betrekking tot JESUS VAN NASARET:  -(1) hoe God Hom GESALF HET MET DIE HEILIGE GEES EN KRAG;  (2) Hy het die  LAND DEURGEGAAN EN GOED GEDOEN EN ALMAL GENEES wat onder die mag van die duiwel was, omdat God met Hom was.
(5)  Petrus noem ook dat hulle getuies was van die dinge, van wat Hy alles gedoen het in die Joodse land en Jerusalem; 
(6)  ook dat Hy OMGEBRING is deur aan 'n KRUISDOOD opgehang te word;
(7) en dat God Hom op die derde dag OPGEWEK het en beskik het dat Hy verskyn het aan spesifieke mense - hulle het saam met Hom geeet en gedrink - nadat Hy UIT DIE DODE OPGESTAAN het;
(8)  Hy het hulle beveel dat hulle die volgende aan die volk verkondig en met krag betuig: -dat dit Hy is wat DEUR GOD BESTEM IS AS REGTER VAN LEWENDE EN DODE.
(9)  Petrus noem ook dat Jesus die Een is van wie al die profete getuig het dat elkeen wat IN HOM GLO, VERGIFNIS VAN SONDES deur Sy Naam ontvang.

-  Watter voorwaardes moes hulle nakom om gered te word?
(1)  Hulle moes GLO IN JESUS CHRISTUS (wat natuurlik lyk of dit reeds die geval was, in ag geneem die woorde waarmee Petrus begin in v.37 "julle weet van die saak" en Cornelius se getuienis van vas en gebed en goed doen;  hy was ook gehoorsaam aan die Here en het vir Petrus laat haal soos hy beveel is om te doen)(ook was Petrus nog besig om die evangelie te bring, toe die Heilige Gees op hulle almal wat die woord gehoor het, geval het en hulle in tale begin spreek het - dit is dus duidelik dat hulle alreeds op hierdie punt die voorwaardes nagekom het van "om die Naam van die Here aan te roep" en "bekering").  

-  Wat anders is kenmerkend van die skrifgedeelte?
(1)  Hulle is gedoop nadat hulle die Heilge Gees ontvang het.  In alle ander gevalle was mense eers gedoop voordat hulle die Heilige Gees ontvang het;  dus is dit duidelik dat "doop" nie 'n voorwaarde is om die Heilige Gees te ontvang nie, maar doop is 'n bewys van die geloof in Jesus Christus sodat die sonde afgewas kan word.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------



VB.(2) Lees Hand. 2:14-41 (rakende Petrus se evangelie-boodskap op die dag van die uitstorting van die Heilige Gees)
(aan Jode)

l.w.:  (hierdie was net na die uitstorting van die Heilige Gees - neem in ag dat die "uitstorting van die Heilige Gees" juis iets is waarop die Jode toe al vir eeue gewag het - iets wat "die Messias" sou doen, soos deur die profete voorspel - die uitstorting van die Heilige Gees was dus 'n BEWYS DAT JESUS INDERDAAD DIE MESSIAS IS!)

----------------------------------------------------
-  Hoe is die evangelie verkondig in hierdie gedeelte?
(1)  Petrus herinner hulle aan die BELOFTE wat lank voor die tyd voorspel is van die uitstorting van die Heilige Gees.
(2) Hy bevestig dat Jesus Christus die "Een is wat sou kom" soos geprofeteer; praat ook oor  Sy opstanding uit die dode, asook die feit dat Hy aan die regterhand van God gaan sit het en hy bewys dat Dawid hieroor geprofeteer het; omdat Jesus aan die regterhand van God gaan sit het,  het Hy die Heilige Gees uitgestort. 
(Hy praat van Jesus wat deur God gestuur is om wonderwerke te doen en wat deur die voorkennis van God, oorgelewer is om doodgemaak te word - God het Hom OPGEWEK UIT DIE DOOD - 'n aanhaling van Dawid word gebruik om dit te bevestig; terwyl Jesus die Een is wat uit die geslag van Dawid gebore is, het Dawid, wat self 'n profeet was, ook getuig van hierdie opstanding " dat sy siel nie in die doderyk verlaat is en sy vlees ook nie verderwing gesien het nie.  Petrus  noem ook dat hulle almal getuies is van Sy opstanding. Nadat Hy dan deur die regterhand van God verhoog is en van die Vader die belofte van die Heilige Gees ontvang het, het Hy dít uitgestort, en Petrus verklaar dat dit is wat hulle "nou sien en hoor" - dan haal Petrus weer woorde aan van Dawid om te bevestig dat Jesus aan die regterhand van God gaan sit het. Laat dan die hele huis van Israel sekerlik weet dat God Hom Here en Christus gemaak het, hierdie Jesus wat julle gekruisig het).
(3)  Petrus gee vir hulle die VOORWAARDES van om "gered te word" en bevestig dat deur dit te doen, hulle die gawe van die Heilige Gees sal ontvang (Hand. 2:38).



-  Wat moet hulle doen om gered te word?
- (1) "En elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word".
- (2) "Bekeer julle", 
- (3)  "en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes"
-  ("Laat julle red uit hierdie verkeerde geslag").

-  Wat sal gebeur nadat hulle die voorwaardes nagekom het?
-  - "en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang".(Want die belofte kom julle toe en julle kinders en almal wat daar ver is, die wat die Here onse God na Hom sal roep).


-  Waaroor anders het Petrus gepreek?  
(En in die laaste dae, spreek God, sal Ek van my Gees uitstort op alle vlees, en julle seuns en julle dogters sal profeteer, en julle jongelinge sal gesigte sien, en julle ou mense sal drome droom - (hy haal O.T. profesie aan om die waarheid te bevestig)
 En ook op my diensknegte en diensmaagde sal Ek in dié dae van my Gees uitstort, en hulle sal profeteer.

 En Ek sal wonders gee bo in die hemel en tekens onder op die aarde, bloed en vuur en rookdamp.
 Die son sal verander in duisternis en die maan in bloed voordat die groot en deurlugtige dag van die Here kom. -(hy praat ook oor dinge wat Jesus gese het in "die laaste dae" sal gebeur, (siende Hy die Heilige Gees belowe het "in die laaste dae).

(WAT BETEKEN DIT DAT DIE GEES UITGESTORT SOU WORD OP "ALLE VLEES"?  Wel, dieselfde word gese van die feit dat "alle nasie geseen sou word in Abraham se saad" - dit beteken nie dat alle nasies en alle mense outomaties geseend is en die beloftes deelagtig geraak het nie!  Net die wat die voorwaardes nakom, sal die beloftes deelagtig raak, maar dit is toeganklik vir alle nasies.  Die uitstorting van die Heilige Gees op "alle vlees", beteken dus ook nie dat alle mense die Heilige Gees ONTVANG nie, maar dat dit, net soos die beloftes en saligheid, TOEGANKLIK IS tot "alle mense" - sou hulle aan Hom gehoorsaam wees!  (vgl. dit met Hand 5:32)).

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------

VB. (3)  Hand. 14:15- (rakende:  in Listre, toe Paulus  'n kreupele genees en die skare (Grieke) Paulus en Barnabas vat vir "gode" en aan hulle offers wou bring)
(aan heidene wat afgode aanbid)



-  Hoe is die evangelie in hierdie gedeelte verkondig?
(Hulle getuig dat hulle net mense is soos hulle  en stop hulle om aan hulle te offer).
(1)  Evangelie:   "dat julle jul van hierdie nietige dinge moet BEKEER tot die lewende God wat die hemel en die aarde en die see en alles wat daarin is, gemaak het.  
(2)  v. 16,17 - "Hy het in die tye wat verby is, toegelaat dat al die nasies in hulle eie weë sou wandel, al het Hy Homself nie onbetuig gelaat nie, deur goed te doen, van die hemel vir ons reën en vrugbare tye te gee en ons harte met voedsel en vrolikheid te vervul".

-  Watter voorwaardes moes hulle nakom?
(1) Hulle moes hulle van "die nietige dinge" BEKEER - watter dinge?  -Afgodsaanbidding
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
VB. (4)   Hand. 17:22-34 (rakende Paulus se evangelie-verkondiging aan die
                                                                                                                                               Atheners)
                      (aan heidene wat afgode aanbid)

- Hoe is die evangelie in hierdie gedeelte verkondig?
(nadat die afgodsbeelde in die stad Paulus in sy gees opstandig gemaak het, het hy eers in die Sinagoge en op die mark die evangelie van Jesus verkondig; hy het ook kennis geneem van wat in die omtrek aangaan, soos die altaar wat hy gevind het waarop geskrywe staan: "Aan 'n onbekende God"; hy het selfs ag gegee op wat hulle digters kwytraak! (v.28))
(1) merk dat hulle "godsdienstig" is
(2) Paulus verwys na hulle altaar waarop geskrywe staan "Aan 'n onbekende God", en verklaar dat hy vir hulle gaan vertel van hierdie "onbekende God" (vir wie hulle vereer sonder om Hom te ken).
(3) Hy vertel hoe God, die Skepper wat die wereld en alles daarin gemaak het, Hy wat Here van hemel en aarde is, nie woon in tempels wat met hande gemaak is nie.
(4) Ook word Hy nie deur mensehande gedien asof Hy aan iets behoefte het nie, omdat Hy self aan almal lewe en asem en alles gee.
(5)  En Hy het uit een bloed al die nasies van die mensdom gemaak om oor die hele aarde te woon, terwyl Hy vooraf bepaalde tye en die grense van hulle woonplek vasgestel het, sodat hulle die Here kon soek, of hulle Hom miskien kon aanraak en vind, al is Hy nie ver van elkeen van ons nie;  want in Hom lewe ons, beweeg ons en is ons, soos sommige van julle digters ook gesê het: Want ons is ook sy geslag.
(6)  As ons dan die geslag van God is, moet ons nie dink dat die godheid aan goud of silwer of steen, die beeldwerk van menslike kuns en uitvinding, gelyk is nie.
(7)  God het dan die tye van onkunde oorgesien en verkondig nou aan al die mense oral dat hulle hul moet bekeer,
(8)  omdat Hy ‘n dag bepaal het waarop Hy die wêreld in geregtigheid sal oordeel deur ‘n Man wat Hy aangestel het, en Hy het hiervan aan almal sekerheid gegee deur Hom uit die dode op te wek.

-  Watter voorwaardes moes hulle nakom?
(1) Bekeer van afgodsaanbidding

-  Wat sal gebeur as hulle nie die voorwaardes nakom nie?
(1)  Sal onder Jesus se oordeel val

(vgl. hierdie evangelie-verkondiging met die van Hand. 20:21 - "terwyl ek kragtig by die Jode sowel as die Grieke aangedring het op die bekering tot God endie geloof in onse Here Jesus Christus".
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
VB. (5)  Hand. 13:16-52 (rakende Paulus se evangelie-verkondiging in Antiochíë in Pisídië)
(aan "Jode" en "die wat vir God vrees")

 Hoe is die evangelie in hierdie gedeelte verkondig?
(1) Hy begin met die woorde:  " Israeliete en julle wat God vrees, luister!"
(2) Hy praat oor hoe God die volk Israel uitverkies het en verhoog het in die tyd van toe hulle bywoners was in Egipteland en hoe Hy hulle uitgelei het; hoe Hy hulle 40 in die woestyn verdra het; hoe Hy 7 nasies in die land Kanaan uitgeroei het en die land deur die lot aan hulle uitgedeel het.
(3) Hy verwys ook na hoe God vir hulle profete gestuur het, en rigters tot op Samuel, maar hoe die volk 'n koning begeer het en die Here aan hulle Saul gegee het vir 40 jaar lank; en nadat Hy Saul afgesit het, het Hy vir hulle vir Dawid gegee as koning, van wie Hy ook gesê en getuig het: "Ek het Dawid, die seun van Isai, gevind, ‘n man na my hart, wat al my welbehae sal doen". Dan verwys Paulus na hoe Jesus gebore is UIT DIE GESLAG VAN DAWID en hoe God Hom as VERLOSSER verwek het. Hy praat ook van Johannes as die een wat voor Hom uitgegaan het, die doop van bekering aan die volk verkondig het en ook self getuig het dat Jesus die Verlosser is.
(4)  Dan se hy:  "Broederskinders van die geslag van Abrahamen die onder julle wat God vrees, vir julle is hierdie woord van verlossing gestuur". Want die inwoners van Jerusalem en hulle owerstes het Hom nie geken nie, en deur Hom te veroordeel, het hulle die woorde van die profete vervul wat elke sabbat gelees word".
(5)  Hy verwys ook na hoe hulle niks teen Hom kon vind wat die dood verdien nie, maar tog het hulle Hom laat ombring;  hy verwys ook na alles por Sy dood volbring is wat oor Hom geskryf is, maar oor hoe God Hom UIT DIE DODE OPGEWEK het en Hy gedurende baie dae aan die verskyn het wat saam met Hom opgegaan het van Galilea na Jerusalem - hulle is getuies van Sy opstanding.
(6)  Hy verwys na die belofte wat God aan hulle vaders gedoen het en dat Hy daardie belofte nou vervul het deur Jesus op te wek (genoem "goeie tyding") - v. 33 "soos daar ook in die tweede psalm geskrywe is: U is my Seun, vandag het Ek U gegenereer".  Hy haal ook O.T. skrifte aan (v.34,35) i.v.m. hoe Hy opgewek is sodat Hy, die Heilige, nie verderwing sou sien nie.  

(7)  Deur Hom word daar VERGIFNIS VAN SONDES verkondig;  ELKEEN WAT GLO, word deur Hom geregverdig (ook van alles waarvan die wet hulle nie kon regverdig nie). 
(8)  Hy waarsku hulle van  wat vroeer geprofeteer is, hoe hulle moet oppas dat die oordeel nie oor hulle kom wanneer hulle die Verlosser verwerp: (v,41)  "Kyk dan, julle veragters, en wees verwonderd en verdwyn! Want Ek gaan iets in julle dae doen, iets wat julle sekerlik nie sal glo as iemand julle dit vertel nie".


(9)  Op die volgende sabbat (toe byna die hele stad bymekaargekom het om die woord van God te hoor - HEIDENE - en die Jode met nydigheid vervul is en met lasterlike woorde weerspreek het wat deur Paulus gese is): 
Paulus en Barnabas wys vir hulle daarop dat die woord eerstens aan hulle, die Jode, gebring is, maar aangesien hulle dit verwerp het en hulleself nie die ewige lewe waardig ag nie, hulle hul nou tot die heidene wend.  Hull verwys ook na O.T. profesie wat verklaar het dat Jesus die Verlosser is vir ALLE NASIES.  


- Watter voorwaardes moes hulle nakom om gered te word?
(1) Moet IN JESUS GLO AS DIE VERLOSSER sodat hulle vergifnis van sondes kan ontvang, en die ewige lewe.

- Wat gebeur as hulle nie die voorwaardes nakom nie?
(1)  Hulle sal nie die ewige lewe beerwe nie
(2)  Hulle sal nie deur Hom regverdig word nie.

-  Wat anders is kenmerkend in die skrifgedeelte?
(1)  Die woord van verlossing is vir "DIE WAT GOD VREES" (vgl. dit met Hand. 10)
(2)  Hy haal bewyse aan dat Jesus die Verlosser is, nl. die feit dat Hy "uit die geslag van Dawid" gebore is;  ook die feit dat alle profesiee i.v.m. Sy dood, vervul is - God het Hom opgewek is uit die dood (die skrif verwys daarna as dat Hy "nie verderwing sou sien nie" (genoem die GOEIE TYDING).   




Evangelie Reeks 12-17 jariges: Inleiding

ANDER POSTE VD EVANGELIE REEKS:
http://sondagskooltuis.blogspot.co.nz/2013/02/evangelie-reeks-12-17-jariges-jood-en.html
http://sondagskooltuis.blogspot.co.nz/2013/03/evangelie-reeks-12-17-jariges-wette-en.html
http://sondagskooltuis.blogspot.co.nz/2014/07/hoe-om-die-evangelie-te-verkondig_28.html
http://sondagskooltuis.blogspot.co.nz/2014/07/hoe-om-die-evangelie-te-verkondig.html


VIR ANDER ONDERWERPE IN HIERDIE REEKS, GAAN NA:


(Mat 28:19)  "Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het".
Hierdie was deel van Jesus se laaste woorde aan die 11 dissipels  in die 40 dae wat Hy nog aan baie dissipels verskyn het voor Hy opgevaar het hemel toe.  Die opdrag was duidelik:  "maak dissipels van alle nasies..en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.".  In hierdie "Evangelie Reeks" gaan ons kyk hoe die dissipels hierdie woorde prakties toegepas het.  
-  Hoe het hulle "dissipels gemaak"?  
-  Wat het hulle gepreek, m.a.w. wat is nou juis "die evangelie" wat hulle gepreek het?  
-  Het hulle verstaan dat die evangelie bedoel was vir "alle nasies"?  
Wat het die opdrag presies behels?
Was hierdie opdrag net aan uitverkorenes gegee?
ens.

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Die EVANGELIE

                                Wat is die evangelie?  Wat behels die evangelie werklik?  Ons 
                     lees o.a. in die Skrif van die "evangelie van die koninkryk", "die 
                         evangelie van Jesus Christus",  die "evangelie van vrede"... - wat 
                                is die verskil?  Is daar enige verskil?  




BESPREEK IN DIE GROEP:

*  (1)  Wat verstaan jy van die begrip "evangelie"?  (Wat is die evangelie?)(As jy aan iemand die evangelie sou verkondig, wat sou jy vir hom se?)


*  (2)  Lees die volgende skrif: - (Mat 4:23)  "En Jesus het deur die hele Galiléa rondgegaan en in hulle sinagoges geleer en die evangelie van die koninkryk verkondig en elke siekte en elke kwaal onder die volk genees" .


Ons merk dat Jesus die "evangelie van die koninkryk" verkondig het oral waar Hy rondgegaan het - (kyk ook Matt. 4:23, Matt. 9:35, Mark. 1:14, Luk. 4:43, Luk. 8:1, Luk. 16:16).  Hy het die volgende opmerking gemaak in Mar 1:15  "en gesê: Die tyd is vervul en die koninkryk van God het naby gekom; bekeer julle en glo die evangelie
- van watter "evangelie" praat Hy hier wanneer Hy se, "glo die evangelie"?

-Praat Hy hier van Homself?(evangelie van Jesus Christus?) (in ag geneem dat dit aan die begin van Sy bediening was en Hy nog nie gekruisig en opgestaan het uit die dood nie en nog nie opgevaar het nie).  -Praat Hy van die "evangelie van vrede"?; -Praat Hy van die "evangelie van die koninkryk"? 

Hoe het Jesus die evangelie verkondig? 



(3)  Die evangelie gaan daaroor dat iemand die geleentheid kry om te "hoor"- (Rom 10:17)  "Die geloof is dus uit die gehoor, en die gehoor is deur die woord van God".  Met evangelie-prediking verstaan mense nie altyd mooi hoekom Jesus nou eintlik vir ons sondes moes sterf nie, of wat die doel van die uitstorting van die Heilige Gees was nie, of wat die doop beteken en of dit enigsins nodig is nie ens.  Baie mense verstaan glad nie wat dit beteken "om te glo" nie, of selfs wat dit beteken "om te bekeer" nie.  Die persoon word gelei tot bekering, maar nie vertel wat bekering regtig behels nie.  Die persoon word gelei tot geloof, maar nie vertel wat dit beteken "om te glo" nie.  

Bestudeer die "gelykenis van die Saaier" om te sien wat met mense gebeur "nadat hulle gehoor het" -(in die gelykenis van die Saaier, word 4 groepe mense verduidelik - laat die groep 'n opsomming maak hieroor).

Hoe beinvloed die manier van hoe die evangelie verkondig is, die 4 verskillende groepe?
(Hoe sou groep 2 bv. beinvloed wees as hulle vertel is dat hulle "persoonlike gebedstyd met die Here moet he"  en dat "verdrukking en vervolging 'n heel natuurlike ding is vir die Christen om deur te maak en ook nodig?")
(Hoe sou groep 3 beinvloed word as hulle verduidelik word wat dit beteken om die Here as Eerste Liefde te ken en hulle leer om "meer besig te raak met die Here as met die lewe"?)

(Nota:  l.w. dat die gelykenis van die Saaier deel was van Jesus se prediking terwyl Hy die "evangelie van die koninkryk" verkondig het!)



----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

VIR DIE ONDERWYSER VIR LESAANBIEDING:
----------------------------------------------------------

 Alhoewel Jesus in Sy prediking wel getuig het van Sy Messiaskap (m.a.w. die feit dat Hy die Messias is en die Een wat sondes vergewe en terugkom om te oordeel en 'n ewige koninkryk gaan oprig) (Matt. 20:28, Joh. 7:38 ens.) (m.a.w. * die "evangelie van Jesus Christus"),  moet ons verstaan dat Sy leringe heelwat verder gestrek het as dit . Sy manier van "die evangelie verkondig", was amper intensiewe lering!  

Dit het ook gegaan oor:

*  die  "evangelie van vrede" ( - die feit dat God "geen aannemer van die persoon is nie", maar dat in ELKE NASIE die een WAT HOM VREES en GEREGTIGHEID DOEN, Hom welgevallig is", die feit dat "HY  HERE IS VAN ALMAL" ); 
* en  die "evangelie van die koninkryk"  waarin Hy vir hulle leringe gegee het rondom Sy koninkryk (die pad van godsaligheid asook voorwaardes om kinders van die koninkryk te raak en uiteindelik die koninkryk te beerwe)(Hy het aan hulle verduidelik "wat dit beteken om te glo", "wat dit beteken om te bekeer", "wat dit beteken om vrug te dra", "wat dit beteken om gereed te wees", "wat dit beteken om die Here as Eerste Liefde te ken", "wat van die gelowige verwag word", ........ens. - in Jesus se manier van die EVANGELIE VERKONDIG, het Hy dus nie net getuig van Sy Messiaskap nie, maar Hy het intensiewe lering gegee!  Dit dan die antwoord op die vraag, "Hoe het Jesus die evangelie verkondig?")



(vir verdere skrifte oor bg. en "die Koninkryk van God": http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/12/jesus-christus-se-koninkryk-die.html - in hierdie blogpost word die "koninkryk van God/hemele" in diepte verduidelik, voorwaardes, leringe ens. - hierdie koninkryk wat vir die mens berei was van die grondlegging van die wereld af, 'n koninkryk wat Jesus sal oprig wanneer Hy terugkom - Hy sal die ander koninkryke verbrysel en 'n ewige koninkryk oprig wat sal begin met die 1000 jaar Vrederyk waarin Jode sowel die gelowiges "wat oorwin", saam met Hom sal regeer);


 -die evangelie van Jesus Christus en van vrede, kan nie geskei  word van die evangelie van die koninkryk nie - dit vorm alles deel van "die evangelie".  Toe Jesus lering gegee het oor  die evangelie van die koninkryk, het dit meerendeels gegaan oor die voorwaardes om kinders van die koninkryk te word, asook leringe oor wie uiteindelik sal ingaan in die koninkryk, m.a.w. leringe soos "om gereed te wees", die "vrug van die gelowige" ens. - hierdie is ook alles deel van die evangelie.     


-die "evanglie" gaan nie NET OOR die "evangelie van Jesus Christus" nie, ook nie NET OOR "die evangelie van die koninkryk" nie, ook nie NET OOR "die evangelie van vrede" nie, maar dit alles saam vorm "die evangelie".
 (Waar daar bv. net bekering en wedergeboorte gepreek word, is dit nie die volle evangelie nie)
(Waar daar bv. net geloof gepreek word, is dit nie die volle evangelie nie)
(Waar daar net gepreek word oor die pad van godsaligheid, is dit nie die volle evangelie nie)



----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Hoe om die evangelie te verstaan.............................................................................
DIE EVANGELIE behels die volgende:

(1)  die evangelie van JESUS CHRISTUS bv. die feit dat Hy ons sondes vergewe (sodat ons kinders van die koninkryk kan raak); die feit dat Hy opgestaan het uit die dode as Eersteling (sodat vervul kan word, oorwinning oor die dood vir ons, wanneer ons met Sy wederkoms nuwe liggame kry). 
 Terwyl die wet en die profete slegs gewys het om die Messias wat sou kom, gaan die evangelie van die koninkryk van God  oor Hom wat gekom het en weer gaan kom.  Die evangelie van die koninkryk behels ook (Hand. 18:23) dat ons kan getuig en bewys deur die wet en profete, dat Jesus Christus inderdaad die Messias is op wie almal gewag het!  Dus behels die evangelie van die koninkryk ook die uitleg van skrifte as voldoende bewyse.  Hierdie bewyse bevat o.a. "die vergifnis van sondes", die "uitstorting van die Heilige Gees" (wat ook 'n bewys is dat Hy inderdaad die Messias is, anders sou dit nie plaasgevind het nie!) ens. -(bg. is alles deel van die bewyse dat Hy inderdaad die Messias is) - so was Sy opvaarding na die Vader bv. nodig vir die uitstorting van die Heilige Gees ens.  Dus, die evangelie van die koninkryk, gaan OOK oor die evangelie van Jesus Christus, want ook nie geskei kan word nie van: 
(2) die evangelie van VREDE - (dat Hy HERE IS VAN ALMAL en daar geen onderskeid is tussen Jood en nie-Jood nie)
(3)  en die evangelie van die koninkryk (wat gaan oor die feite rondom die "koninkryk van God",
         voorwaardes om "kinders van die koninkryk" te word (saligheid - bekering en geloof);  
         en voorwaardes om uiteindelik die koninkryk te kan beerwe (Christelike lewe)(pad van godsaligheid))



----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------