Monday, July 28, 2014

Hoe om die evangelie te verkondig (Bybelstudie vir 12-17 jariges)

In hierdie bybelstudie-stukke word beoog om kinders te leer oor 
"hoe om die evangelie te verkondig"
 deur te gaan kyk na voorbeelde van hoe die evangelie verkondig is in die eerste gemeentes. 

Ons gaan ook kyk na wat die evangelie nou eintlik alles regtig behels - wat is hierdie goeie boodskap (waarheid) wat vir ons gebring is?, m.a.w. "waaroor gaan die evangelie alles"?  
========================================================================
(1)  Maak 'n opsomming van hoe die evangelie gebring is in die eerste kerke - kyk na voorbeelde van evangelie-prediking en gebruik die diagram hieronder.  Neem in aanmerking dat wanneer die evangelie gebring word, dit belangrik is om te let op 'MET WIE' gepraat word.  Word daar met Jode gepraat?  Word daar met heidene gepraat?  Word daar met gelowiges gepraat?  Wanneer daar met Jode gepraat word, moet ons verstaan dat hulle baie kennis het van die Ou Testament, en sommige van hulle baie bekend is met die profetiese boeke - om bv. vir so iemand te getuig dat Jesus die Christus is, sal jy self dit ook uit die profetiese boeke moet kan bewys.  M.a.w., die evangelie gaan verskillend gebring word aan verskillende groepe, afhangende van die persoon se kennis, en of hy wetend of onwetend is.
(2)  Wanneer ons dink aan die woord "evangelie", dan dink ons baiemaal dat dit slegs gaan oor die goeie boodskap van Jesus Christus, maar ons moet verstaan dat die EVANGELIE nie net gaan oor die "evangelie van Jesus Christus", maar ook oor "die evangelie van vrede", asook "die evangelie van die koninkryk".  Inteendeel, om die evangelie van Jesus Christus te verstaan, moet ons bekend wees met die evangelie van vrede en die evangelie van die koninkryk.  Ons moet ag gee op die waarheid wat Jesus vir ons kom deel het oor die Koninkryk van God (die evangelie van die koninkryk).  http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/12/jesus-christus-se-koninkryk-die.html
(3)  Die gelowige moet IN DIE HERE BLY, want hy kan niks sonder die Here doen nie (Joh. 15:15).  Om te kan bedien (om die evangelie te verkondig), het ons nodig om in die Here te bly.  Iemand wat 'n getuie wil wees,  moet hom ook deur die GEES LAAT LEI wanneer hy die evangelie aan mense bring - daarom moet ons bid vir die krag van Sy Gees, sodat ons kan GETUIG van die waarheid.
=========================================================================
(GEBRUIK DIE VOLGENDE VORM OM 'N OPSOMMING TE MAAK VAN HOE DIE EVANGELIE IN DIE EERSTE GEMEENTES VERKONDIG IS)(die kinders kan in groepe ingedeel word - gebruik onderstaande opsommings van gevalle in die boek van Handelinge waar die evangelie gebring is)

------------------------------------------------------------------------------------------------------------

(GEBRUIK HIERDIE VORMS OM VERDERE OPSOMMINGS TE MAAK:  IN HIERDIE GEVAL, DIE VOORWAARDES EN BELOFTES WAT TYDENS EVANGELIE-PREDIKING GEGEE IS)
(voorwaardes:  "wat moes hulle doen om gered te word?";  en 
-beloftes:  "wat is belowe, sou hulle verkry as hulle die voorwaardes nakom"?)
(Gebruik weer die boonste voorbeelde om hierdie opsommings te maak)

No comments:

Post a Comment

Note: Only a member of this blog may post a comment.