------------------------------------------------------------------------------------------------------------
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------
(Hulle getuig dat hulle net mense is soos hulle en stop hulle om aan hulle te offer).
(2) v. 16,17 - "Hy het in die tye wat verby is, toegelaat dat al die nasies in hulle eie weë sou wandel, al het Hy Homself nie onbetuig gelaat nie, deur goed te doen, van die hemel vir ons reën en vrugbare tye te gee en ons harte met voedsel en vrolikheid te vervul".
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(aan heidene wat afgode aanbid)
- Hoe is die evangelie in hierdie gedeelte verkondig?
(nadat die afgodsbeelde in die stad Paulus in sy gees opstandig gemaak het, het hy eers in die Sinagoge en op die mark die evangelie van Jesus verkondig; hy het ook kennis geneem van wat in die omtrek aangaan, soos die altaar wat hy gevind het waarop geskrywe staan: "Aan 'n onbekende God"; hy het selfs ag gegee op wat hulle digters kwytraak! (v.28))
(1) merk dat hulle "godsdienstig" is
(2) Paulus verwys na hulle altaar waarop geskrywe staan "Aan 'n onbekende God", en verklaar dat hy vir hulle gaan vertel van hierdie "onbekende God" (vir wie hulle vereer sonder om Hom te ken).
(3) Hy vertel hoe God, die Skepper wat die wereld en alles daarin gemaak het, Hy wat Here van hemel en aarde is, nie woon in tempels wat met hande gemaak is nie.
(4) Ook word Hy nie deur mensehande gedien asof Hy aan iets behoefte het nie, omdat Hy self aan almal lewe en asem en alles gee.
(5) En Hy het uit een bloed al die nasies van die mensdom gemaak om oor die hele aarde te woon, terwyl Hy vooraf bepaalde tye en die grense van hulle woonplek vasgestel het, sodat hulle die Here kon soek, of hulle Hom miskien kon aanraak en vind, al is Hy nie ver van elkeen van ons nie; want in Hom lewe ons, beweeg ons en is ons, soos sommige van julle digters ook gesê het: Want ons is ook sy geslag.
(6) As ons dan die geslag van God is, moet ons nie dink dat die godheid aan goud of silwer of steen, die beeldwerk van menslike kuns en uitvinding, gelyk is nie.
(7) God het dan die tye van onkunde oorgesien en verkondig nou aan al die mense oral dat hulle hul moet bekeer,
(8) omdat Hy ‘n dag bepaal het waarop Hy die wêreld in geregtigheid sal oordeel deur ‘n Man wat Hy aangestel het, en Hy het hiervan aan almal sekerheid gegee deur Hom uit die dode op te wek.
- Watter voorwaardes moes hulle nakom?
(1) Bekeer van afgodsaanbidding
- Wat sal gebeur as hulle nie die voorwaardes nakom nie?
(1) Sal onder Jesus se oordeel val
(vgl. hierdie evangelie-verkondiging met die van Hand. 20:21 - "terwyl ek kragtig by die Jode sowel as die Grieke aangedring het op die bekering tot God endie geloof in onse Here Jesus Christus".
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
VB. (5) Hand. 13:16-52 (rakende Paulus se evangelie-verkondiging in Antiochíë in Pisídië)
(aan "Jode" en "die wat vir God vrees")
- Hoe is die evangelie in hierdie gedeelte verkondig?
(1) Hy begin met die woorde: " Israeliete en julle wat God vrees, luister!"
(2) Hy praat oor hoe God die volk Israel uitverkies het en verhoog het in die tyd van toe hulle bywoners was in Egipteland en hoe Hy hulle uitgelei het; hoe Hy hulle 40 in die woestyn verdra het; hoe Hy 7 nasies in die land Kanaan uitgeroei het en die land deur die lot aan hulle uitgedeel het.
(3) Hy verwys ook na hoe God vir hulle profete gestuur het, en rigters tot op Samuel, maar hoe die volk 'n koning begeer het en die Here aan hulle Saul gegee het vir 40 jaar lank; en nadat Hy Saul afgesit het, het Hy vir hulle vir Dawid gegee as koning, van wie Hy ook gesê en getuig het: "Ek het Dawid, die seun van Isai, gevind, ‘n man na my hart, wat al my welbehae sal doen". Dan verwys Paulus na hoe Jesus gebore is UIT DIE GESLAG VAN DAWID en hoe God Hom as VERLOSSER verwek het. Hy praat ook van Johannes as die een wat voor Hom uitgegaan het, die doop van bekering aan die volk verkondig het en ook self getuig het dat Jesus die Verlosser is.
(4) Dan se hy: "Broeders, kinders van die geslag van Abraham, en die onder julle wat God vrees, vir julle is hierdie woord van verlossing gestuur". Want die inwoners van Jerusalem en hulle owerstes het Hom nie geken nie, en deur Hom te veroordeel, het hulle die woorde van die profete vervul wat elke sabbat gelees word".
(5) Hy verwys ook na hoe hulle niks teen Hom kon vind wat die dood verdien nie, maar tog het hulle Hom laat ombring; hy verwys ook na alles por Sy dood volbring is wat oor Hom geskryf is, maar oor hoe God Hom UIT DIE DODE OPGEWEK het en Hy gedurende baie dae aan die verskyn het wat saam met Hom opgegaan het van Galilea na Jerusalem - hulle is getuies van Sy opstanding.
(6) Hy verwys na die belofte wat God aan hulle vaders gedoen het en dat Hy daardie belofte nou vervul het deur Jesus op te wek (genoem "goeie tyding") - v. 33 "soos daar ook in die tweede psalm geskrywe is: U is my Seun, vandag het Ek U gegenereer". Hy haal ook O.T. skrifte aan (v.34,35) i.v.m. hoe Hy opgewek is sodat Hy, die Heilige, nie verderwing sou sien nie.
(7) Deur Hom word daar VERGIFNIS VAN SONDES verkondig; ELKEEN WAT GLO, word deur Hom geregverdig (ook van alles waarvan die wet hulle nie kon regverdig nie).
(8) Hy waarsku hulle van wat vroeer geprofeteer is, hoe hulle moet oppas dat die oordeel nie oor hulle kom wanneer hulle die Verlosser verwerp: (v,41) "Kyk dan, julle veragters, en wees verwonderd en verdwyn! Want Ek gaan iets in julle dae doen, iets wat julle sekerlik nie sal glo as iemand julle dit vertel nie".
(9) Op die volgende sabbat (toe byna die hele stad bymekaargekom het om die woord van God te hoor - HEIDENE - en die Jode met nydigheid vervul is en met lasterlike woorde weerspreek het wat deur Paulus gese is):
Paulus en Barnabas wys vir hulle daarop dat die woord eerstens aan hulle, die Jode, gebring is, maar aangesien hulle dit verwerp het en hulleself nie die ewige lewe waardig ag nie, hulle hul nou tot die heidene wend. Hull verwys ook na O.T. profesie wat verklaar het dat Jesus die Verlosser is vir ALLE NASIES.
- Watter voorwaardes moes hulle nakom om gered te word?
(1) Moet IN JESUS GLO AS DIE VERLOSSER sodat hulle vergifnis van sondes kan ontvang, en die ewige lewe.
- Wat gebeur as hulle nie die voorwaardes nakom nie?
(1) Hulle sal nie die ewige lewe beerwe nie
(2) Hulle sal nie deur Hom regverdig word nie.
- Wat anders is kenmerkend in die skrifgedeelte?
(1) Die woord van verlossing is vir "DIE WAT GOD VREES" (vgl. dit met Hand. 10)
(2) Hy haal bewyse aan dat Jesus die Verlosser is, nl. die feit dat Hy "uit die geslag van Dawid" gebore is; ook die feit dat alle profesiee i.v.m. Sy dood, vervul is - God het Hom opgewek is uit die dood (die skrif verwys daarna as dat Hy "nie verderwing sou sien nie" (genoem die GOEIE TYDING).