Saturday, February 9, 2013

Evangelie Reeks 12-17 jariges: Inleiding

ANDER POSTE VD EVANGELIE REEKS:
http://sondagskooltuis.blogspot.co.nz/2013/02/evangelie-reeks-12-17-jariges-jood-en.html
http://sondagskooltuis.blogspot.co.nz/2013/03/evangelie-reeks-12-17-jariges-wette-en.html
http://sondagskooltuis.blogspot.co.nz/2014/07/hoe-om-die-evangelie-te-verkondig_28.html
http://sondagskooltuis.blogspot.co.nz/2014/07/hoe-om-die-evangelie-te-verkondig.html


VIR ANDER ONDERWERPE IN HIERDIE REEKS, GAAN NA:


(Mat 28:19)  "Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het".
Hierdie was deel van Jesus se laaste woorde aan die 11 dissipels  in die 40 dae wat Hy nog aan baie dissipels verskyn het voor Hy opgevaar het hemel toe.  Die opdrag was duidelik:  "maak dissipels van alle nasies..en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.".  In hierdie "Evangelie Reeks" gaan ons kyk hoe die dissipels hierdie woorde prakties toegepas het.  
-  Hoe het hulle "dissipels gemaak"?  
-  Wat het hulle gepreek, m.a.w. wat is nou juis "die evangelie" wat hulle gepreek het?  
-  Het hulle verstaan dat die evangelie bedoel was vir "alle nasies"?  
Wat het die opdrag presies behels?
Was hierdie opdrag net aan uitverkorenes gegee?
ens.

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Die EVANGELIE

                                Wat is die evangelie?  Wat behels die evangelie werklik?  Ons 
                     lees o.a. in die Skrif van die "evangelie van die koninkryk", "die 
                         evangelie van Jesus Christus",  die "evangelie van vrede"... - wat 
                                is die verskil?  Is daar enige verskil?  




BESPREEK IN DIE GROEP:

*  (1)  Wat verstaan jy van die begrip "evangelie"?  (Wat is die evangelie?)(As jy aan iemand die evangelie sou verkondig, wat sou jy vir hom se?)


*  (2)  Lees die volgende skrif: - (Mat 4:23)  "En Jesus het deur die hele Galiléa rondgegaan en in hulle sinagoges geleer en die evangelie van die koninkryk verkondig en elke siekte en elke kwaal onder die volk genees" .


Ons merk dat Jesus die "evangelie van die koninkryk" verkondig het oral waar Hy rondgegaan het - (kyk ook Matt. 4:23, Matt. 9:35, Mark. 1:14, Luk. 4:43, Luk. 8:1, Luk. 16:16).  Hy het die volgende opmerking gemaak in Mar 1:15  "en gesê: Die tyd is vervul en die koninkryk van God het naby gekom; bekeer julle en glo die evangelie
- van watter "evangelie" praat Hy hier wanneer Hy se, "glo die evangelie"?

-Praat Hy hier van Homself?(evangelie van Jesus Christus?) (in ag geneem dat dit aan die begin van Sy bediening was en Hy nog nie gekruisig en opgestaan het uit die dood nie en nog nie opgevaar het nie).  -Praat Hy van die "evangelie van vrede"?; -Praat Hy van die "evangelie van die koninkryk"? 

Hoe het Jesus die evangelie verkondig? 



(3)  Die evangelie gaan daaroor dat iemand die geleentheid kry om te "hoor"- (Rom 10:17)  "Die geloof is dus uit die gehoor, en die gehoor is deur die woord van God".  Met evangelie-prediking verstaan mense nie altyd mooi hoekom Jesus nou eintlik vir ons sondes moes sterf nie, of wat die doel van die uitstorting van die Heilige Gees was nie, of wat die doop beteken en of dit enigsins nodig is nie ens.  Baie mense verstaan glad nie wat dit beteken "om te glo" nie, of selfs wat dit beteken "om te bekeer" nie.  Die persoon word gelei tot bekering, maar nie vertel wat bekering regtig behels nie.  Die persoon word gelei tot geloof, maar nie vertel wat dit beteken "om te glo" nie.  

Bestudeer die "gelykenis van die Saaier" om te sien wat met mense gebeur "nadat hulle gehoor het" -(in die gelykenis van die Saaier, word 4 groepe mense verduidelik - laat die groep 'n opsomming maak hieroor).

Hoe beinvloed die manier van hoe die evangelie verkondig is, die 4 verskillende groepe?
(Hoe sou groep 2 bv. beinvloed wees as hulle vertel is dat hulle "persoonlike gebedstyd met die Here moet he"  en dat "verdrukking en vervolging 'n heel natuurlike ding is vir die Christen om deur te maak en ook nodig?")
(Hoe sou groep 3 beinvloed word as hulle verduidelik word wat dit beteken om die Here as Eerste Liefde te ken en hulle leer om "meer besig te raak met die Here as met die lewe"?)

(Nota:  l.w. dat die gelykenis van die Saaier deel was van Jesus se prediking terwyl Hy die "evangelie van die koninkryk" verkondig het!)



----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

VIR DIE ONDERWYSER VIR LESAANBIEDING:
----------------------------------------------------------

 Alhoewel Jesus in Sy prediking wel getuig het van Sy Messiaskap (m.a.w. die feit dat Hy die Messias is en die Een wat sondes vergewe en terugkom om te oordeel en 'n ewige koninkryk gaan oprig) (Matt. 20:28, Joh. 7:38 ens.) (m.a.w. * die "evangelie van Jesus Christus"),  moet ons verstaan dat Sy leringe heelwat verder gestrek het as dit . Sy manier van "die evangelie verkondig", was amper intensiewe lering!  

Dit het ook gegaan oor:

*  die  "evangelie van vrede" ( - die feit dat God "geen aannemer van die persoon is nie", maar dat in ELKE NASIE die een WAT HOM VREES en GEREGTIGHEID DOEN, Hom welgevallig is", die feit dat "HY  HERE IS VAN ALMAL" ); 
* en  die "evangelie van die koninkryk"  waarin Hy vir hulle leringe gegee het rondom Sy koninkryk (die pad van godsaligheid asook voorwaardes om kinders van die koninkryk te raak en uiteindelik die koninkryk te beerwe)(Hy het aan hulle verduidelik "wat dit beteken om te glo", "wat dit beteken om te bekeer", "wat dit beteken om vrug te dra", "wat dit beteken om gereed te wees", "wat dit beteken om die Here as Eerste Liefde te ken", "wat van die gelowige verwag word", ........ens. - in Jesus se manier van die EVANGELIE VERKONDIG, het Hy dus nie net getuig van Sy Messiaskap nie, maar Hy het intensiewe lering gegee!  Dit dan die antwoord op die vraag, "Hoe het Jesus die evangelie verkondig?")



(vir verdere skrifte oor bg. en "die Koninkryk van God": http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/12/jesus-christus-se-koninkryk-die.html - in hierdie blogpost word die "koninkryk van God/hemele" in diepte verduidelik, voorwaardes, leringe ens. - hierdie koninkryk wat vir die mens berei was van die grondlegging van die wereld af, 'n koninkryk wat Jesus sal oprig wanneer Hy terugkom - Hy sal die ander koninkryke verbrysel en 'n ewige koninkryk oprig wat sal begin met die 1000 jaar Vrederyk waarin Jode sowel die gelowiges "wat oorwin", saam met Hom sal regeer);


 -die evangelie van Jesus Christus en van vrede, kan nie geskei  word van die evangelie van die koninkryk nie - dit vorm alles deel van "die evangelie".  Toe Jesus lering gegee het oor  die evangelie van die koninkryk, het dit meerendeels gegaan oor die voorwaardes om kinders van die koninkryk te word, asook leringe oor wie uiteindelik sal ingaan in die koninkryk, m.a.w. leringe soos "om gereed te wees", die "vrug van die gelowige" ens. - hierdie is ook alles deel van die evangelie.     


-die "evanglie" gaan nie NET OOR die "evangelie van Jesus Christus" nie, ook nie NET OOR "die evangelie van die koninkryk" nie, ook nie NET OOR "die evangelie van vrede" nie, maar dit alles saam vorm "die evangelie".
 (Waar daar bv. net bekering en wedergeboorte gepreek word, is dit nie die volle evangelie nie)
(Waar daar bv. net geloof gepreek word, is dit nie die volle evangelie nie)
(Waar daar net gepreek word oor die pad van godsaligheid, is dit nie die volle evangelie nie)



----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Hoe om die evangelie te verstaan.............................................................................
DIE EVANGELIE behels die volgende:

(1)  die evangelie van JESUS CHRISTUS bv. die feit dat Hy ons sondes vergewe (sodat ons kinders van die koninkryk kan raak); die feit dat Hy opgestaan het uit die dode as Eersteling (sodat vervul kan word, oorwinning oor die dood vir ons, wanneer ons met Sy wederkoms nuwe liggame kry). 
 Terwyl die wet en die profete slegs gewys het om die Messias wat sou kom, gaan die evangelie van die koninkryk van God  oor Hom wat gekom het en weer gaan kom.  Die evangelie van die koninkryk behels ook (Hand. 18:23) dat ons kan getuig en bewys deur die wet en profete, dat Jesus Christus inderdaad die Messias is op wie almal gewag het!  Dus behels die evangelie van die koninkryk ook die uitleg van skrifte as voldoende bewyse.  Hierdie bewyse bevat o.a. "die vergifnis van sondes", die "uitstorting van die Heilige Gees" (wat ook 'n bewys is dat Hy inderdaad die Messias is, anders sou dit nie plaasgevind het nie!) ens. -(bg. is alles deel van die bewyse dat Hy inderdaad die Messias is) - so was Sy opvaarding na die Vader bv. nodig vir die uitstorting van die Heilige Gees ens.  Dus, die evangelie van die koninkryk, gaan OOK oor die evangelie van Jesus Christus, want ook nie geskei kan word nie van: 
(2) die evangelie van VREDE - (dat Hy HERE IS VAN ALMAL en daar geen onderskeid is tussen Jood en nie-Jood nie)
(3)  en die evangelie van die koninkryk (wat gaan oor die feite rondom die "koninkryk van God",
         voorwaardes om "kinders van die koninkryk" te word (saligheid - bekering en geloof);  
         en voorwaardes om uiteindelik die koninkryk te kan beerwe (Christelike lewe)(pad van godsaligheid))



----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

No comments:

Post a Comment

Note: Only a member of this blog may post a comment.