Friday, January 17, 2020

Drome en Gesigte (bedoel vir 12-17 jariges)(4 groot diere)(die eerste dier)

Ander poste onder hierdie tema sover:
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Hierdie is deel van die boekie "Drome en Gesigte" waarin die DROOMGESIG vd 4 groot diere in Daniël 7 behandel word.  In hierdie pos word gekyk na die uitleg op sekere terme in profesie asook, die eerste dier in Dan. 7 word behandel.  

Laat die klas die hfst. deurlees (Dan. 7:1-28).


Flitskaart:
Vir die onderwyser is hierdie flitskaart 'n opsomming van waarop 'n uitleg op die eerste dier moontlik kan uitdraai;  -alhoewel in hierdie les die aandag meer is op die uitleg van sekere terme in profesie, "drome en gesigte" asook vergelykings met ander soortgelyke profesie.


Vrae en besprekings:

-  Waarmee kan die "see" (waaruit die 4 diere opklim) vgl. word in hierdie droomgesig? (lees Dan. 7:3,17). 
Antwoord:  "aarde" (verkry van Dan. 7:17).   M.a.w. wat ons hier leer is dat in profesie en beeldspraak die woord "see" kan verwys na "aarde" - hierdie dier sal bv. opstaan uit die "see van mense" vd aarde. Vgl. dit gerus met Jes. 17:12,13 waarin "die gebruis van baie volke en nasies" vgl. word met die gebruis vd see of van geweldige watersDit kan help dat ons ander profesiee of droomgesigte wat in die Skrif gegee word, waar die woord "see" ook gebruik word, beter verstaan.  Bv. die "dier uit die see" (Openb. 13:1) verwys dus ook na iets wat "uit die aarde" uit opkom... 

-  Wat presies stel hierdie 4 "diere" voor? (lees Dan. 7:17,19-24). 
Antwoord: "4 konings" (verkry van Dan. 7:17), en verwys na "koninkryke" (verkry van Dan. 7:23,24).  M.a.w., wat ons hier leer is dat in profesie en beeldspraak die woord "diere" somtyds gebruik word om "konings" en "koninkryke" voor te stel.  Dus, met bg. vraag in aanmerking geneem, soos Dan. 7:17 ook vir ons die uitleg gee, verwys hierdie 4 diere na 4 konings of koninkryke wat uit die aarde opstaan (dus 4 koninkryke op aarde), en mekaar opvolg. As ons bv. weet wie die eerste dier voorstel, dan sal geskiedenis vir ons leer wie die tweede "dier" verteenwoordig....en so die derde en vierde... 
-  Watter ander woord word ook somtyds vir "konings" gebruik in profesie en beeldspraak? (lees Dan. 7:24).
Antwoord:  "horings" (verkry van Dan. 7:24).  Nog 'n vb.e hiervan kan in Dan. 8 gevind word:
- kyk Dan. 8:3,20 waar die 2 "horings" verwys na die konings van Mede & Perse;  
- en kyk ook Dan. 8: 5,8,21 waar die "aansienlike horing" en later 4 horings ook verwys na konings (bv., groot horing = eerste koning, koning van Griekeland, en die 4 verwys na 4 koninkryke). 

- Ons het dus nou geleer dat in profesie die term "see" gebruik word vir aarde, en die term "diere" vir konings of koninkryke (en die term "horings" word ook gebruik vir konings en koninkryke, maar dan bv. konings of koninkryke wat uit 'n spesifieke koninkryk kom).
Kom ons kyk ook na ander vb.e in die Bybel waar die term "diere" in profesie gebruik word - bv. Openb. 13:1 ("dier uit see" = koning/koninkryk uit aarde)(en let gerus op die vergelyking tussen hierdie "dier" in Openb. 13 met die 4 diere in Dan. 7 - leeu, beer, luiperd...).  
Watter ander "diere" word in die boek van Openbaring gebruik?
Antwoord: - (lees Openb. 11:7; 17:8) - "dier wat uit die afgrond opkom"
                    - (lees Openb. 13:1) - "dier uit die see"
                    - (lees Openb. 13:11) - "dier uit aarde"
                    - (lees Openb. 17:3) - "die skarlakenrooi dier".
Dus, waarna verwys al hierdie "diere"?  Antwoord:  konings en koninkryke. Daar word nie nou ingegaan op wie presies elkeen van hierdie "diere" is nie...; al wat nou van belang is in hierdie les is dat "diere" in beeldspraak verwys na konings of koninkryke.

-  Wat is die (kort) uitleg van die droomgesig in Dan. 7 - waaroor gaan die hele gesig? (lees Dan. 7:17,18).
Antwoord:  
(1) 4 Konings /koninkryke sal uit die aarde opstaan;  
(2) Die heiliges van die Allerhoogste sal die koningskap ontvang, en hulle sal die koninkryk in besit neem tot in ewigheid.
L.w. dat dit ook dieselfde is waaroor die droomgesig vd beeld in Dan. 2 gaan, en gaan oor verskillende koninkryke wat mekaar opvolg, en hoe aan die einde die heiliges vd Allerhoogste koningskap sal ontvang (Dan. 2:44).

-  Wat stel die leeu voor?
Antwoord: Waarna hierdie leeu met vlerke verwys, altans na watter koning en/of koninkryk dit verwys, word nie vir ons in Dan. 2 gegee nie.  Die antwoord hierop het dus te doen met interpretasie.  Omdat hierdie gesig sover terug in die verlede gebeur het, is dit baie moontlik dat geskiedenis vir ons die antwoord kan gee hierop,  'n Ander opsie is om hierdie gedeelte te vgl. met soortgelyke droomgesigte, bv. die beeld in Dan. 2, en die ram en bok in Dan. 8, en bv. te kyk watter koninkryke mekaar daar opvolg;  dus, as ons weet wat een van hierdie diere voorstel, is dit logies wat die ander koninkryke is siende dit deels gesien kan word in die geskiedenis, asook dat meer inligting miskien gegee word in ander soortgelyke droomgesigte.  Geleerdes het alreeds baie tyd spandeer om te sien wat geskiedenis vir ons hieroor leer.  Bg. flitskaart gee vir ons 'n kort opsomming van wat so 'n gevolgtrekking, altans 'n gepaste interpresie kan wees op die leeu;  en volgens dit stel die leeu die Babiloniese koninkryk koning Nebukadnesar voor. 
Die kinders kan geleentheid gegee word om in die klas op die internet te gaan en te gaan oplees oor die Babiloniese koninkryk (en kyk bv. na die leeu as simbool).  Laat hulle gerus solank kyk watter koninkryk het die Babiloniese opgevolg... (wat alreeds 'n aanduiding is van wie die tweede dier in die volgende les gaan voorstel). 
--------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

No comments:

Post a Comment

Note: Only a member of this blog may post a comment.