Thursday, February 27, 2020

Drome en Gesigte (bedoel vir 12 - 17 jariges)(4 groot diere)(die tweede dier)

Ander poste onder hierdie tema sover:

-------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Hierdie is deel van die boekie "Drome en Gesigte" waarin die DROOMGESIG vd 
4 groot diere in Daniël 7 behandel word.  In hierdie pos word veral gekyk na die koninkryk wat opgevolg het na die "eerste dier"-koninkryk (Dan. 7). Oor na wie die "tweede dier"-koninkryk verwys is daar geen twyfel nie, maar wat die interpretasie aanbetref van bv. waarna presies die verskillende elemente vd dier verwys, verskil onder geleerdes.

Laat die klas die hfst. deurlees (Dan. 7:1-28).

Flitskaart:
Vir die onderwyser is hierdie flitskaart 'n opsomming van waarop 'n uitleg op die eerste dier moontlik kan uitdraai (bv. waarna die "effens opgewek aan een kant" verwys, of die "3 ribbes"...); alhoewel die klem in hierdie les meer is op watter koninkryk die "eerste dier" opgevolg het.


VRAE EN BESPREKING:
------------------------------------
Wat stel die beer in Dan. 7 voor? Ons het reeds in die vorige les (vd "eerste dier") gesien wat "diere" in Dan. 7 voorstel  - of lees Dan. 7:17 om hierdie uitleg te kry. 
Antwoord:  "koning/s".  In beeldspraak of profesie stel diere gewoonlik konings of koninkryke voor... - die beer 
verwys dus nie noodwendig na 'n spesifieke koning nie, maar kan ook na 'n koninkryk (Dan. 7:23,24) verwys (dus, kan verwys na meer as een koning). 
- Watter koning of konings, altans koninkryk, word deur die beer voorgestel?  Die beer stel 'n koninkryk voor wat volg op die "leeu met vlerke" ("eerste dier) koninkryk. Dus, as die eerste dier die Babiloniese koninkryk voorstel - watter koninkryk was in die geskiedenis opgevolg deur die Babiloniese koninkryk? (laat die klas gerus die internet gebruik vir hierdie doel). Hierdie behoort vir ons die antwoord te gee op watter koninkryk deur die beer voorgestel word...   2 Kron. 36:20 gee ook vir ons hierdie antwoord!   
Antwoord: "die koninkryk van Persië" - "die Mede & Perse" (of "Perse en Meders" soos hulle na verwys word in Est. 1:14, 18 en 19).  Geskiedenis verwys veral na hierdie koninkryk as bloot "die Persiese koninkryk"Bestudeer gerus ook Dan. 5, van Koning Bélsasar, "die skrif teen die muur" - kyk Daniël se uitleg en profesie in hierdie gedeelte - kyk veral Dan. 5:28 waarin verklaar word dat die Babiloniese koninkryk verdeel sal word en aan die Meders en Perse gegee sal word (en geskiedenis leer vir ons dat dit presies so gebeur het!).  Neem kennis dat Daniël in hierdie tyd geleef het, die tyd vd Babiloniese tydperk asook  vd Mede & Perse (kyk bv. Dan. 6 - Daniel in die leeukuil gegooi). Lees gerus op die internet op oor die Meders & Perse - hulle was naby familie van mekaar (almal van Iran). Dat dit 'n gesamentlike koninkryk was is verseker, en hulle het selfs gesamentlike wette gehad (Est. 1:19). 

Die Bybel is o.a. 'n geskiedenisboek en beslis kan ons iets van die Persiese koninkryk lees in die Bybel.  Kom ons kyk na voorbeelde waar die Persiese koninkryk genoem word in die Skrif: 
Wat kan ons leer oor die Persiese koninkryk uit 2 Kron. 36:22 en 23?
Antwoord:  Ons leer wie een vd konings was vd Persiese koninkryk - "koning Kores".  Ons leer ook dat koning Kores die volk van God toegelaat het om 'n huis vir die Here in Jerusalem te bou (vgl. hierdie gerus met Esra 1:1-11)(op die stadium wat die Persiese koninkryk aan bewind was was die volk van God onderwerp aan hulle bewind). Koning Kores word somtyds genoem 'n " messias vir die Jode", natuurlik nie bedoel dat hy "die Messias" was nie, maar was soos 'n messias vir die Hebreeuse volk... Gaan lees gerus meer hieroor.
- Word daar enige ander Pesiese konings genoem in die Bybel? Lees Dan. 6:1 en Esra 4:5,24 en Neh. 12:12.
Antwoord:  "koning Darius". Geskiedenis leer vir ons dat koning Darius meer beheer gehad het as koning Kores. Koning Darius het eers op die ouderdom van 62 koning geword - volgens Dan. 6:1, maar het toe nie vir lank nog gelewe nie (lyk of hy oorlede is op 64 jarige ouderdom) - volgens geleerdes wat verklaar dat hy na sy eerste jaar van koningskap gesterf en toe het Kores alleen heerskappy gehad... (sommige gleerdes verskil egter hieroor).  Nietemin wil dit voorkom asof beide hierdie konings in regering was op dele of op dieselfde tyd (lees Dan. 6:29), maar ons moet ook onderskei tussen die Darius in Dan. 6 en die Darius genoem in die boek van Esra, wat blykbaar nie na dieselfde "Darius" verwys nie. Darius in Dan. 6, die een wat vir Daniel in die leeukuil gegooi het, het net vir een of twee jaar regeer;  terwyl die Darius in die boek van Ester koning van Persie was vanaf 521 tot 486 v.C. (en hy het Kores opgevolg). 
Dit wil ook voorkom of die Darius genoem in Neh. 12:12 weer 'n ander Darius was... - meeste geleerdes glo dat hierdie Darius die laaste koning van Persie was, en hy was oorwin deur Alexander die grote.

- Wat kan dit moontlik beteken dat die beer aan die een kant opgerig was?
Antwoord: Laat die kinders hieroor gesels en dink aan moontlikhede. Die skrif gee nie vir ons die antwoord op hierdie vraag nie, maar geskiedenis kan nou lig werp daarop. Hierdie "een kant opgerig" verwys moontlik na die feit dat een van bg. twee konings meer of langer heerskappy gehad het (bv., verwysend na die heerskappy van koning Kores en koning Darius... - verwys na blokprent aan die begin van hierdie pos).

-Wat is moontlik die betekenis van die 3 ribbes in die bek?
Antwoord:  Laat die kinders hieroor gesels.  Lees weer Dan. 7:5 en wat afgelei kan word uit hierdie vers - kyk bv. die woorde "staan op, eet baie vleis".  Geleerdes is van mening dat hierdie verwys na nasies wat deur die Meders & Perse oorwin is, bv. Babilon, Egipte, en die Ludiete.  (- verwys na blokprent aan die begin van hierdie pos).

No comments:

Post a Comment

Note: Only a member of this blog may post a comment.