Tuesday, February 25, 2020

Die volk van God - Identiteit / geslagslyne (INLEIDING)(12-17 jariges)

(Hierdie vorm deel vd boekie "die volk van God").
In hierdie stel lesse word die identiteit van God se volk behandel.  Heelwat begrippe uit die Skrif  word in die reeks lesse behandel, bv. (begrippe soos) "die koninkryk van God", "kinders vd koninkryk" "vlees en been", "vlees en bloed", "natuurlike mense", "geestelike mense", "wedergeboorte", "gebore uit God", "liggaam en bloed", ens.

Dit word in verskillende lesse opgebreek (wat bv. in verskillende groepbesprekings behandel kan word) - natuurlik hoef die lesse nie in hierdie selfde volgorde gedoen te word (soos hieronder beskryf) nie - laat die onderwyser besluit oor die volgorde, of lesse bymekaarsit as wil...
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Inleiding vir die Onderwyser:

LES 1 - om na die les te gaan, klik op: (https://sondagskooltuis.blogspot.com/2020/03/die-volk-van-god-identiteitgeslagslyne.html): 

In hierdie les is die klem op "waar iemand se burgerskap is" (aan watter land behoort jy?). Almal behoort aan 'n land en het burgerskap daar, maar Christene het ook 'n ander burgerskap (nie van hierdie wêreld nie), nl. "burgerskap in die hemele", en hulle behoort dus nie net aan 'n wereldse koninkryk nie maar behoort aan die koninkryk van God  - 'n koninkryk wat terloops eendag ook fisies op die aarde sal wees en oor die hele aarde sal regeer!, en die wat hierdie burgerskap het, sal eendag saam met Christus Jesus regeer...  (Dan. 2...).  Omdat "plek" ook gebruik word om iemand se identiteit te beskryf, word geestelike mense se identiteit dus ook deels deur hierdie feit beskryf (m.a.w. dat hulle burgers is vd hemele en behoort aan die koninkryk van God), maar identiteit word nie net beskryf deur waarvandaan iemand kom nie maar ook deur familie, leringe, en kultuur (bv. dinge soos volksdanse, taal, klere en modes, spesiale geleenthede, onderwys, die manier hoe hulle handeldryf, tipe geneeskunde, kunste, huisvesting ens).
In hierdie les word dus vinnig gekyk na wereldse burgerskap, maar ook na die Christen of geestelike mens se "burgerskap" in die koninkryk van God - hulle "familie", "taal","kultuur";  m.a.w., hoedanig lyk die kind van God se familie, sy taal, sy kultuur, leringe ens.?
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
LES 2: - om na die les te gaan, klik op: (https://sondagskooltuis.blogspot.com/2020/03/die-volk-van-god-identiteitgeslagslyne.html):

In hierdie les is die klem op "familie" (bv., uit watter familie/nasie/volk is jy gebore?). Identiteit word deur baie dinge beskryf, maar veral deur "kultuur" (soos taal, feeste ens.);  en "uit watter geslag iemand gebore is" (geslagslyne, hetsy letterlik of figuurlik). Maak nie saak aan watter volk iemand behoort nie, almal is kinders van Adam en gebore uit sy saad.  Die feit dat almal kinders is van Adam (en Eva), beskryf die mensdom se identiteit (is "natuurlike mense"). Net soos mense gebore word in spesifieke families en hulle identiteit beskryf word deur die familie waarin hulle gebore is, net so kan die mensdom se identiteit beskryf word as almal "kinders van Adam" - dit beskryf uit watter geslag hulle gebore is. Alle mense word gebore as natuurlike "kinders".
Die skrif gebruik veral die woorde "vlees en bloed" (Hebr. 2:13; Eseg. 39:17,18; Matt. 16:17; Ef. 6:12; 1 Kor. 15:50) hiervoor - almal is vlees en bloed van mekaar want hulle is (1) UIT VLEES gebore (Joh. 3:6), en (2) UIT BLOED gebore (Joh. 1:13)(en is daarom terloops verganklik!). 'n Ander term wat ook in die Skrif gebruik word om geslagslyne te beskryf, is die woorde "vlees en been" (Gen. 29:14; 2:23; 37:27; 2 Sam. 5:1; 19:12,13; 1 Kron. 11:1; Rig. 9:2).  Adam en Eva was bv. vleen en been van mekaar (want immers is Eva uit een van Adam se ribbebene geskep). En dus, net so was die kinders wat uit hulle gebore is nie net vlees en been van hulle nie, maar ook familie van mekaar, en is almal "vlees en bloed".
Die mensdom kan ingedeel word in "natuurlike mense" en  "geestelike mense". "Geestelike mense" is "weer gebore" (m.a.w. gebore uit ander saad...) - natuurlik verwys hierdie na hulle "innerlike mens", nie die uiterlike nie want die uiterlike mens sterf steeds (is vlees en bloed);  maar alhoewel die geestelike mens se uiterlike nog nie vernuwe is nie, sal dit eendag ook vernuwe word deur "die opstanding"...
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
LES 3:
In hierdie les is die klem op burgerskap deur "geboorte". Die term "geestelike mense' in die Skrif beskryf nie mense van enige geloof (wat bv. deur die wereld gesien word as "geestelik") nie, maar verwys spesifiek na die wat kinders van God is;  meer spesifiek, die wat "weergebore" is - gebore is uit "water en Gees" (m.a.w. Christene wat skoongewas is en in wie die Gees van God is). "Geestelike mense" het die belofte van "opstanding tot lewe" en om "die aarde te beerwe";  maar "natuurlike mense" het nie hierdie selfde beloftes nie.  "Natuurlike mense" (verwysend na almal wat gebore is uit Adam se saad) het wel huidiglik burgerskap op die aarde, ja,  maar kan dit nie behou nie omdat almal doodgaan... Die erfenis vd aarde is vir "kinders van God", nie kinders wat gebore is in sonde nie. Slegs die wat aan die koninkryk van God behoort en gesien word as Sy kinders (dus die wat "uit Hom gebore is") kan eendag die aarde beerwe en vir ewig op die aarde lewe... (meer spesifiek, die wie se sonde nie toegereken sal word nie en wie vernuwe en in bewaring gehou word deur Sy Gees - gebore uit water en Gees).  Al gaan hulle deur die (eerste) dood, sal die wat weer gebore is nie deur die tweede dood gaan soos "natuurlike mense" nie.  "Geestelike mense" ontvang hierdie burgerskap m.a.w. ook deur geboorte...  As mense burgerskap soek in die koninkryk van God  het hulle nodig om  "weer gebore" te word "uit God se saad"! (en word dan gesien as "vlees en been" van Hom - is dan familie van Hom)(wederbaar deur "water" en die "Heilige Gees"). Die geestelike wedergeboorte wat gebeur deur die Gees van God (m.a.w. wanneer iemand Sy Gees ontvang - natuurlik verwysend na die innerlike mens!), beskryf  dus "identiteit" want iemand verkry burgerskap hierdeur (en die Gees hou hulle in bewaring tot die dag van verlossing).  Hierdie "wedergeboorte" kan m.a.w. gesien word soos om deel te word van God se geslag - is dan van Sy vlees en bene.  Hierdie is bv. die Christelike kerk se identiteit - m.a.w., almal wat Christene is en die Gees van God het, word gesien soos "vlees en bene van Christus Jesus" (Ef. 5:30). Hulle is gebore uit Hom en het hulle burgerskap deur Hom/deur Sy Gees ontvang. Die geestelike mens ("geestelike kinders") word gesien as kinders van God (kinders van Jesus Christus), en word veral beskryf deur die term "liggaam en bloed" (1 Kor. 10:16; 11:27) wat verwys na die wat in Christus familie is van mekaar.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(4) In hierdie les is die klem op ander onderwerpe van identiteit.

------------------------------------------------------------------------------------------------------------

No comments:

Post a Comment

Note: Only a member of this blog may post a comment.