Showing posts with label Kanaan. Show all posts
Showing posts with label Kanaan. Show all posts

Saturday, March 8, 2025

Die Koninkryk van God (12-17 jariges)(Deel van boekie "Die volk van God")(Les 1)


 
Hierdie les vorm deel vd boekie "Die volk van God".
In hierdie stel van lesse word die volgende behandel:
- (les 1) die PLEK wat vir die Here se volk uitgekies is, nl. KANAäN / ISRAEL; 
- (les 2) die STAD JERUSALEM wat vir ewig sal bestaan;
- (les 3) die KONING vd Koninkryk (en Sy teenwoordigheid).

Vir die ander lesse in hierdie reeks, gaan na: https://sondagskooltuis.blogspot.com/p/die-volk-van-god.html
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
LES 1:
(PLEK van die koninkryk van God op aarde) 
(heelwat skrifte word gegee - die onderwyser kan kies watter skrifte voorgelees word)

VRAAG (vir bespreking in die groep):  Mense wat gered word het die belofte dat hulle vir ewig sal lewe.  Gaan hulle vir ewig op die aarde leef, of in die hemel?

ANTWOORD:  Hulle gaan op aarde lewe.

Dit word wel algemeen aanvaar dat Christene huidiglik hemel toe gaan wanneer hulle doodgaan, maar wanneer hulle nuwe liggame kry sal hulle op die aarde woon... (nie in die hemel nie). Onder al die mense vd aarde is die Here besig om vir Hom 'n volk te versamel, en Sy bedoeling is dat hulle saam op 'n plek op aarde sal woon - waar Hy is! Die Koninkryk wat vir die volk van God belowe word sal 'n koninkryk OP AARDE wees... (Matt. 13:43; 25:34). Die Skrif leer dat gereddes "die aarde sal beerwe" (Matt. 5:5; Ps. 37:9,11,22,29,34; Rom. 4:13; ens.). 
(1) In die "volgende eeu"-bedeling,'n 1000 jaar tydperk waarin Jesus oor die hele aarde sal regeer, sal ons ook op aarde wees, want wanneer Jesus terugkom sal Hy die wat in Hom gesterf het, saambring...en hulle nuwe liggame gee (sien die tema vd "opstanding")(1 Thes. 4:13,14, en die wat in Hom glo maar dan nog in die lewe is, sal ook nuwe liggame kry (sien die tema vd "wegraping")(1 Thess. 4:13-17). Jesus Christus sal van die hemel af terugkom, die ander koninkryke verbrysel en Sy ewige koninkryk oprig (dit sal begin met 'n 1000 jaar tydperk, maar dit verwys ook na 'n koninkryk wat tot in ewigheid op aarde sal bestaan...)(Dan. 2:44; 4:3; Gen. 49:10; Ps. 2:6-12; Ps. 89:3,4,36; Eseg. 35:25; Luk. 1:32,33; Joh. 12:34). Wnneer Hy terugkom sien ons dus die opstanding (met die wegraping wat net daarna plaasvind) en die Skrif leer dat ons "altyd by die Here sal wees"... (1 Thess. 4:17). Waar gaan Hy (Jesus Christus) wees? - Op die aarde! Die Skrif verklaar dat Jesus vanuit Jerusalem (in Israel) sal regeer oor die hele aarde (Sag. 14:9; Jes. 24:35; Mag. 4:7; Ps. 47);  dus, as Hy hier op aarde gaan wees en ons "by Hom gaan wees", dan beteken dit duidelik dat ons ook op aarde sal wees (nie in die hemel nie). 
(2) Ook aan die einde van die 1000 jaar tydperk, wanneer die hemel en aarde nuut gemaak word, sal ons "op die aarde" woon, want dit sal wees in die nuwe stad Jerusalem wat vanuit die hemel neerdaal "op die aarde"(Openb. 21:2,3).

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
VRAAG (vir bespreking in die groep):  'n Koninkryk word nie net gekenmerk deur wie aan daardie koninkryk behoort (nl. die volk) nie, maar gaan ook oor WAAR die koninkryk GEVIND kan word.  Die volk van God behoort aan "DIE KONINKRYK VAN GOD", maar waar woon hierdie volk? Waar is daardie koninkryk? IS DAAR 'N SPESIFIEKE PLEK OP AARDE WAT DIE HERE UITGEKIES HET VIR SY VOLK OM IN TE WOON?

ANTWOORD:  Die land van melk en heuning = Kanaän = (Israel). 
(1)Die koninkryk van God is natuurlik ook hemels van aard (want God bly in die hemel - God die Vader is in die hemel en Jesus Christus Sy seun is ook huidiglik in die hemel, en Jesus sal vd hemel af kom en Sy koninkryk hier oprig) - maar verwys ook na 'n aardse koninkryk... 
(2) In ander woorde, Sy koninkryk is ook op aarde want God is hier teenwoordig deur Sy Gees..., en Hy het 'n volk op aarde. Huidiglik kan die Koninkryk miskien soos 'n "geestelike koninkryk" voorgestel word en is dus alreeds op aarde, maar sal eendag 'n fisiese koninkryk wees op aarde (wat sal in vervulling gaan wanneer Jesus terugkom)(Luk. 19:11-27; Matt. 15:43; Luk. 23:51).  Wanneer Jesus terugkom sal Hy Sy koninkryk oprig en vanuit Jerusalem oor die hele aarde regeer (Ps. 2:6-9; Jes. 24:23; Dan. 2:44). Matt. 25:34 leer vir ons dat hierdie koninkryk vir ons berei is alreeds van die grondlegging van die werêld af! God wil graag onder Sy mense woon en vir hulle 'n plek gee waar hulle kan saamwoon. 

Alhoewel die land Kanaan spesifiek uitgekies is as die plek waar God se volk sal woon, was hulle nie altyd daar nie...., maar hulle sal daar opeindig!  Kortom, alle kinders vd Here sal uiteindelik in Israel woon - in die volgende 1000-jaar bedeling beslis, en ook daarna (in die nuwe stad Jerusalem). Daar was 'n tyd wat Abraham en sy familie fisies daar gewoon het, nl. 4000 Jaar gelede (Gen. 11:31,32), maar weens hongersnood het hulle vir 'n tyd lank Egipte toe getrek (vir 'n tydperk van 400 jaar) - waar hulle opgeeindig het as slawe, maar God het hulle daaruit gered en hulle is toe weer terug na hulle land. 2000 jaar gelede is die land ingeneem deur Rome en die Hebreeuse volk was versprei oor die hele aarde.Oor die eeue het baie nasies die land probeer verower en ingeneem. Huidiglik is daar baie van die volk weer terug in die land ( Jode en Christene), maar meeste van die volk is steeds versprei oor die aarde. Wanneer Jesus terugkom sal Hy al die kinders vd Koninkryk terugbring in die land! In die "volgende eeu"-bedeling (die 1000 jaar nadat Jesus teruggekom het) gaan Jesus vanuit Jerusalem oor die hele aarde regeer (Jer. 33:16; 3:17; 1 Kon. 11:36; ens.) - Jesus Christus sal Hom "trou" aan die land (Israel)(kyk die beeldspraak wat gebruik word van hoe die land voorgestel word as Sy bruid)(Jes. 25:6; Mark. 2:18,19; Joh. 3:28,29; Openb. 19:7,8; Matt. 22... ens.)(en l.w. dat ons huidiglik uitgenooi word na hierdie bruilofsmaal! - Christene is deel van die "uitgenooides").  In sekere O.T. skrifte word daar na Israel (land en volk) verwys as "die vrou van die Lam", en die nuwe stad Jerusalem word ook soos 'n bruid voorgestel.  Na hierdie tydperk (aan die einde vd 1000 jaar-Openb. 20) gaan die hemel (hemel bo die aarde, nie die hemel waar God woon nie) en aarde nuut gemaak word, die nuwe stad Jerusalem gaan vanuit die hemel (vanuit die hemel waar God woon) op die aarde neerdaal (Openb. 3:12; 21), en almal wat gered word sal vir ewig daarin woon (Openb. 21:24; 22:14) - ons sien dus dat die Skrif dit duidelik maak "waar" die volk van God uiteindelik sal woon. Nie almal wat op die aarde woon sal ingaan in hierdie koninkryk nie... (Matt. 25:31-46).  
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

VIR DIE ONDERWYSER:  
(nog bewoording wat kan help om bg. beter te verduidelik... - vir verse kan op die links geklik word wat hieronder voorsien is)(in hierdie les word nie veel stilgestaan by die verhaal van Abraham, hoe hy geroep en gestuur is ens. nie, en ook nie veel stilgestaan by "wie" hierdie volk is nie maar dit mag miskien nodig wees om die agtergrond kortliks te gee)(DIE ONDERWYSER KAN MISKIEN 'N WERELDKAART KRY EN VIR DIE KINDERS AANDUI WAAR DIE PLEKKE GEVIND KAN WORD).

Die land Kanaän (of "Israel" soos ons dit ken) is die land wat God uitverkies het op aarde vir sy volk om in te woon. Sowat 4000 jaar gelede het die Here vir Abraham na Kanaän gestuur en vir hom en sy nageslag hierdie land gegee  (die groepe wat voor Abraham en sy nageslag daar gewoon het was die Kanaäniete, Hetiete, Amoriete, Feresiete, Hewiete en Jebusiete - Eks. 3:8)).  Abraham was die stamvader vd Hebreeuse volk en het oorspronklik in Ur (vd Chaldeers - Gen. 15:7) gewoon, maar hy is deur God gekies as die persoon deur wie die Here vir Hom 'n volk op aarde sou bymekaarmaak ('n volk wat vir ewig op die aarde sal lewe). Abraham het die God vd hemel (die Here wat hemel en aarde gemaak het) gedien, en sy kinders dien die Here... - die mense/volk na wie hier maw verwys word wat die land Kanaan beerwe het/sal beerwe, is natuurlik die kinders van Abraham...(en die belofte is bevestig deur 'n spesifieke geslagslyn) - maar l.w. dat dit veral verwys na die "kinders van geloof"! (Joh. 8:39; Gal. 3:7), nl. die wat die Here dien. Kinders van Abraham word oor die algemeen na verwys as "die kinders vd Koninkryk" - Christene is bv. ook deel van hierdie "kinders", nl. dat hulle deur geloof onder die kinders van Abraham ingedoop word, en verwys veral na die wat die aarde gaan beerwe, nl. "die Hebreeuse volk" (kinders van Abraham, bevestig deur die geslagslyn Isak, Jakob...) en "die wat in Jesus Christus glo" (nl. Christene). 

Op 'n spesifieke tyd in die geskiedenis was die stamvader (Abram-Abraham-Gen. 12:1) geroep om na 'n land te trek wat die Here vir Abraham en sy nageslag bepaal het om in te woon... - en hierdie volk sou die Here se volk wees (Gen. 17:8)(die belofte van erfenis was dus spesifiek belowe aan hierdie stamvader se nageslag) - en hierdie land word ook in die Skrif na verwys as die plek waar gereddes vir ewig sal woon!  Die land wat vir hulle belowe is is die land "Kanaan" - wat ook Israel genoem word (l.w. dat God Jakob se naam verander het na Israel, Gen. 32:28 - dit is waar die naam Israel vandaan kom en hoekom Kanaan Israel genoem word). En l.w. dat dit nie net belowe was vir 'n tyd nie, maar ook tot in ewigheid. Maar die wat deel is van hierdie koninkryk (van God; maw, die "kinders vd koninkryk") verwys nie net na mense wat 
letterlik gebore is uit Abraham se saad nie, maar verwys ook na die wat 
geestelik gebore is uit sy nageslag - spesifiek uit Jesus Christus, nl. die wat in Jesus Christus GLO... (Jesus Christus is gebore uit die geslag van Abraham-Matt. 1:1)(die wat in Jesus Christus glo word gesien soos Jesus se nageslag... - is gebore uit God-1 Joh. 1:13 / met Christus beklee-Gal. 3:27 / van Sy vlees en bene-Ef. 5:30)(Rom. 9:6-8) - hulle word Sy kinders - die wat in Jesus Christus glo word onder die kinders van Abraham ingedoop.  "Kinders van Abraham" verwys wel na die fisies gebore uit daardie geslag, maar VERAL na die "kinders van geloof" (Joh. 8:39; Gal. 3:7).

Jesus Christus was gebore uit die nageslag van Abraham (Matt. 1:1), en almal wat in Hom glo word deel van hierdie volk (hulle word onder die volk ingedoop/Gal. 3:7, en word "met Christus beklee"-Gal. 3:27, wat beteken dat hulle soos Sy familie word).  Die Christelike doop stel bv. o.a. hierdie voor.., na hoe ons ingedoop word onder die kinders van Abraham-Gal. 3:24-29), en is dus volgens die belofte ook ERFGENAME! Almal wat in Jesus Christus glo sal ook uiteindelik in hierdie land Kanaan/Israel bly;  m.a.w., hulle gaan dit erf... Die land Kanaan is dus spesifiek belowe aan Abraham en sy nageslag... - maar nie net die wat letterlik uit Abraham se saad gebore is nie, maar enige iemand ingedoop onder die volk;  bv. veral die kinders van geloof, dus ook die geestelik daaruit gebore (nl. die wat glo in Jesus Christus).  En die erfenis is verder belowe vir "tot in ewigheid" ... (2 Kron. 33:7; ens.).

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Naslaan (vir die onderwyser):

Thursday, November 15, 2012

Sleutelgebeure in Eksodus

VIR 'N OPSOMMING OOR GENESIS, GAAN NA: http://sondagskooltuis.blogspot.co.nz/p/ons-ware-geskiedenis.html

===========================================

Eksodus

"Eksodus",
 die tweede boek in die Bybel, se gebeure speel sowat 400 jaar later af na Genesis, sowat 1300 jaar v.C.  (In die volgende 100 jaar daarna:  Eksodus, Levitikus, Numeri, Deutoronomium en Josua).  

Die woord "Eksodus" beteken "uittog" en gaan oor die "uittog" van die volk Israel uit Egipte, waar hulle slawe was.

------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Opsomming Hoofgebeure in Eksodus
Eks. 1:1 - 2:23
(1) Die nageslag van Jakob:  slawe in Egipte
(2) Geboorte van Moses 
(3)(Moses in mandjie van biesies)
(4)(Farao se dogter "trek hom uit die water")
(5)(Moses raak haar seun)
(6) Moses vlug
(7)(Moses slaan Egiptenaar dood en vlug na Midian)
(8)(Moses trou met Sippora, dogter van Jetro, priester van Midian - sy baar 'n seun, Gersom)
(9)(Moses pas kleinvee op vir sy skoonvader - kom by berg Horeb)
(10)(Die Here verskyn aan Moses in 'n vuurvlam uit 'n doringbos en gee hom opdrag om terug te gaan Egipte toe en die volk te verlos)
(11)(Neem sy vrou en kinders en gaan na Egipte)
(12)(Die Here stuur vir Aaron, Moses tegemoet, om vir Moses die praatwerk te doen.)
Eks. 5:1 - 18:21
(13) Moses (80 jaar oud) en Aaron (83 jaar oud) by die Farao
(14)(Die Farao wil hulle nie laat gaan nie en weier om onderdanig te wees aan die Here)
(14) Die 10 plae
(15) EERSTE PLAAG: (Nyl se water verander in bloed: visse gaan dood en stink; kan nie water drink nie; ook Egiptenaars se strome, kanale, waterkuile, alle versamelplekke van water, ook hout en klipbakke se water het bloed geword. Farao se towenaars doen dieselfde. Hulle grawe rondom Nyl vir water.  7 Dae gaan verby).
(16) TWEEDE PLAAG: (Nyl, strome, kanale, waterkuile, wemel van paddas en klim op en gaan in huise in, in slaapkamers, beddens, bakskottels en oonde en spring teen almal op. Farao se towenaars doen dieselfde. Farao vra dat hulle die paddas wegneem na volgende dag en belowe dat hy hulle sal laat gaan)(Moses roep tot die Here, neem paddas weg laat daar net in Nyl oorbly).
(17) DERDE PLAAG: (Stof raak muskiete en kom op die mense en op die vee.  Farao se towenaars kry dit nie reg nie en se, "dit is die vinger van God", maar Farao se hart verhard).  
(18)  VIERDE PLAAG: ( Huise vol dik swerms steekvlieë en selfs die grond waarop hulle gestaan het.  Gosen - waar volk woon - word nie daardeur geraak nie.  Land deur steekvlieë verwoes.  Farao gee hulle toestemming om in land te offer, maar Moses weier en eis dat hulle 3 dagreise ver gaan.  Farao stem in en vra hulle moet vir hom bid.  Moses bid tot die Here en Hy neem die steekvlieë weg sodat daar nie een oorbly nie.  Farao se hart weer verhard).
(19) VYFDE PLAAG: (Die Here se hand teen die Farao se vee, perde, esels, kamele, beeste en kleinvee met baie swaar pes.  Die Israeliete se vee beskerm. Egiptenaars se vee gaan dood. Farao se hart steeds verhard).
(20) SESDE PLAAG: (Moses strooi twee hande vol roet uit voor Farao se oe.  Word fyn stof wat swere veroorsaak oor hele Egipteland op mense en diere wat in blare uitbreek. Towenaars kon nie eens voor Moses-hulle staan nie, soveel sere op hulle en op Egiptenaars. Farao se hart steeds hard).
(21) SEWENDE PLAAG: (Die Here maak dit duidelik dat die enigste rede hoekom die Farao nog lewe en Hy hom nog nie uitgeroei het nie, is om Sy krag te wys sodat almal sal weet, Hy is die Here.  Baie swaar hael, waarin vuur was, reen op Egipteland soos daar nog nie gewees het nie.  Die mense was gewaarsku om hulle vee en mense uit veld te bring, maar almal het dit nie gedoen nie.  Donder en hael op mense, diere, bome en plante, maar nie in Gosen nie. Hulle vlas en gars was weggeslaan.  Farao vra weer dat hulle vir hom bid - hulle belowe so gou as hulle uit die stad uit is en het dit gedoen en hael het opgehou. Farao se hart nog verhard).
(22) AGSTE PLAAG: (Sprinkane in Farao se grondgebied, oppervlakte so bedek dat mens die land nie kon sien nie.  Alles wat oorgebly het van die haal, is deur sprinkane opgeeet.  Sprinkane in huise van al die Egiptenaars.  Geen groenigheid aan die bome of plante van die veld het in Egipteland oorgebly nie. Farao vra weer vir hulle om te bid, en die Here neem sprinkane weg sodat nie een oorbly nie).
(23) NEGENDE PLAAG: (3 dae duisternis oor die hele Egipteland.  Kinders van Israel het lig in hulle woonplekke gehad).
(24) TIENDE PLAAG: (Al die Eersgeborenes van die Egiptenaars sterwe, ook Farao se eersgeborene asook alle eersgeborenes van die vee.  Israeliete veilig.  Instelling Pasga.).      
(25) Die Paas- instelling en Uittog
(26)Sukkot, Etam, draai terug soos die Here beveel het, na tot voor Pi-Hágirot, tussen Migdol en die see. Reg teenoor Baäl-Sefon laer opgeslaan by die see. Farao met strydwaens en manskappe agter Israel aan - pad deur die Rooi See - Israel trek deur - Farao en sy hele leermag verdrink.  Israel sing tot eer van die Here.  

(27) Van Rooisee tot by Sinai berg
(Geleerdes weet nie presies waar die Here die pad deur die Rooi see gemaak het nie, alhoewel sekere argeoloe meer lig werp op die onderwerp vandag.  Vir baie jare was daar geraai oor die roete van die Israeliete en die presiese ligging van die Sinai berg).   

Die Israeliete trek verder tot by Sur, drie dae lank en kry geen water. Kom in Mara, maar die water van Mara was bitter.  Die Here beveel Moses om 'n stuk hout in die water te gooi en die water het soet geword.Kom by Elim waar 12 waterfonteine en 70 palmbome was.  Van Elim na die woestyn Sin (tussen Elim en Sinai). 15 de v/d 2 de maand.  Israel murmureer teen Moses en Aaron dat hulle honger is - die heerlikheid van die Here verskyn in 'n wolk in die woestyn - God stuur vir kwartels vir vleis saans, en manna vir brood soggens.  Die volk het die Sabatte gehou.  'n Kruik met 'n gomer - tiende van 'n efa - van manna is voor die Here se aangesig geplaas as getuienis vir die die nageslagte. In al die 40 jaar in die woestyn, het die Here vir hulle manna gestuur. Van plek tot plek getrek in die woestyn Sin en laer opgeslaan by  Ráfidim.  Geen water - hulle murmureer teen Moses.  God beveel Moses om vooruit te gaan met van die oudstes, tot by berg Horeb- slaan op berg - water uit rots. Amalek trek teen die Israeliete op.  Moses stuur Josua met manskappe om te veg - Moses het op top van heuwel gaan staan met die staf van God in sy hand.  As Moses sy hand laat sak, Amalek die sterkste.  Lig hy sy hand, Israel die sterkste.  Aaron en Hur ondersteun Moses se hande en le klip onder hom neer sodat sy hande in die lug bly.  Israel wen.  Moses bou 'n altaar en die gebeurtenis word opgeskryf.  God belowe om die gedagtenis van Amalek onder die hemel uit te delg.  Jetro, priester van Midian, Moses se skoonvader, gaan besoek Moses en offer aan die Here.  Hy gee Moses raad om bekwame manne aan te stel wat hom kan help met regspraak onder die volk.  Jetro gaan terug huisstoe.  Kom in derde maand in Sinai aan.  Hulle slaan laer op by Sinai berg en Moses klim op berg om met die Here te praat.  Die Here gee vir die volk woord en God het in 'n dik wolk na Moses gekom sodat die volk kon hoor as Hy met hom praat.  Die volk word geheilig.  Op die derde dag het die Here voor die oe van die volk van die berg Sinai afgedaal.  Daar was 'n grens rondom die berg en elkeen wat die berg aanraak of oor die grens gaan, moes gedood word.  Op die derde dag was daar donderslae en blitse en ‘n swaar wolk op die berg en die geluid van ‘n baie sterk basuin, sodat die hele volk wat in die laer was, gebewe het.  Almal het gaan staan by die voet van die berg.  Die berg het gebewe en gerook omdat die Here in 'n vuur daarop neergedaal het.  Terwyl die basuin sterker word, het Moses met God gepraat en Hy het hom telkens HARDOP geantwoord. God roep Moses na die top van die berg en hy klim op.  God beveel ook vir Moses om vir Aaron te gaan haal, maar niemand anders mag op die berg geklim het nie, ook nie die priesters nie.  God gee vir hulle die 10 gebooie asook nog ander wette).
    Eks. 19:1 - 40:38
(28) 10 Gebooie en Verbond
(God het toegelaat dat Aäron, Nadab en Abíhu en sewentig van die oudstes van Israel nader kom, maar nie heel opgaan nie - en hulle het die God van Israel gesien, en onder sy voete net soos ‘n vloerwerk van saffierstene en so helder soos die hemel self. Moses klim op om by die Here te vertoef en 'n wolk oordek die berg - God se heerlikheid was soos 'n verterende vuur in die oe van die Israeliete - Moses was in die wolk by die Here op die berg 40 dae en 40 nagte.  God gee vir Moses kliptafels wat Hy geskryf het met die wet en die gebooie. God beveel hulle om 'n tabernakel te bou en wys Moses presies hoe dit moet lyk.  Aaron en sy seuns word gekies as priesters.  God vul  Besáleël met die Gees van God en vul hom met wysheid, kennis, verstand en bekwaamheid vir allerhande werk en om kunstige planne uit te dink vir die bou van die tabernakel;  so ook vir Ohóliab).   
(29) Goue Kalf
(Toe Moses so lank vertoef op die berg terwyl die Here vir hom die opdragte gee asook die kliptafels met Sy vinger geskryf, het die volk ongeduldig geraak omdat hulle nie geweet het wat van Moses geword het nie.  Hulle bou 'n afgod, 'n goue kalf.  God raak so kwaad dat Hy die volk wou verteer en net vir Moses 'n groot nasie maak, maar Moses het Hom om genade gesmeek ter wille van die volk.  Toe Moses afklim en die kalf en hulle koordanse sien, het hy baie kwaad geword en die kliptafels stukkend gegooi. Die kalf is in die vuur verbrand, fyn gemaal en op die water gestrooi en hy het die kinders van Israel dit laat drink.  Moses het by die poort van die laer gaan staan en gesê: Wie vír die HERE is, kom na my toe! Toe het al die seuns van Levi by hom versamel en Moses het die seuns van Levi beveel om die ander dood te maak - daardie dag het daar 3000 man geval.  Moses klim weer op na die Here om versoening te probeer doen vir die volk, maar die Here weier om saam met die volk te trek. God beveel Moses om twee kliptafels te kap - soos die eerstes - sodat God vir hom weer die gebooie en wette daarop kan skrywe.  God gee ook vir hom wette vir wanneer hulle in die beloofde land kom.  Toe Moses van die berg afklim met die twee kliptafels, die "tafels van Getuienis" , het sy gesig so geblink dat die Israeliete bang was om naby hom te kom.  Omdat sy gesig so geblink het, het Moses 'n sluier oor sy gesig getrek wanneer hy met die Israeliete praat, maar wanneer hy met die Here gaan praat, het hy die sluier verwyder.  
(30) Tabernakel
Die volk het toe die tabernakel gebou net soos die Here hulle opdrag gegee het en Moses het hulle geseen.  Toe die tabernakel voltooi is,  het die wolk die tent van samekoms oordek, en die heerlikheid van die HERE het die tabernakel vervul.  En as die wolk van die tabernakel af optrek, het die kinders van Israel elke keer weggetrek op al hulle togte; maar as die wolk nie optrek nie, dan trek hulle nie weg nie, totdat dit weer optrek. Want die wolk van die HERE was bedags op die tabernakel, en vuur was snags daarin, voor die oë van die hele huis van Israel.

-------------------------------------------------------------------------------------------------------------
  Algemene inligting, onderwerpe in Eksodus: 
("Het jy geweet" (vrae wat kinders vra) en
Flitskaarte vir Eksodus)
 *  Priesters:  Die pligte van die priesters, hou meestal verband met die tabernakel- en die tempeloffers.  Die man in beheer van die priesters, was die hoëpriester.  Die priesters moes ook namens God antwoorde gee op vrae wat nie andersins opgelos kon word deur die volk nie.  Hiervoor het hulle die heilige klippe gebruik, die urim en die tummin.  Hulle moes ook God se wette aan die volk leer. Alhoewel dit wil voorkom asof die idee van 'n "priesterdom"  sy oorsprong het onder die volk van God eers in Ex. 28, was die term "priester" nie onbekend voor dit nie.  Ons lees alreeds in Gen. 29:18-20 van die koning van Salem, "Melgisedek" - "wat 'n priester van God, die Allerhoogste, was...".  Ons lees ook op ander plekke van "priesters".  Wat die priesterdom in Eks. 28 verskillend maak van die ander priesters, is die definitiewe reëls en regulasies, klere ens. wat God van hulle verwag het- hulle pligte was spesifiek op tabernakel -(en later tempel) diens gemik, iets wat nog nie bestaan het voor die boek van Eksodus nie; God het dit ook beperk tot 'n spesifieke generasie van die Leviete. Om 'n priester te wees, klink na 'n heel lekker "job", maar in der waarheid was God baie streng gewees op die priesters.  Lees bv. die spesifieke pligte en hoe presies dit uitgevoer moes word (Num., Lev.). Lees ook in Lev 10:1,2 hoe God die seuns van Aäron, Nadab en Abíhu, met vuur verteer het omdat hulle nie God se opdragte presies uitgevoer het nie! Deel van die priesterdom se pligte, was die offers wat hulle moes bring in die tabernakel (later tempel).  Daar was bv. die brandoffer, die spysoffer, die dankoffer en die SONDOFFER.  Die sondoffer was gebring wanneer iemand teen God of teen 'n ander gesondig het.  Dan is bloed gesprinkel as teken van reiniging. Op VERSOENDIG was dit egter anders gedoen - dan is 2 bokke geoffer (een soos 'n gewone sondoffer doodgemaak, die ander een die woestyn ingejaag as simbool van die sonde wat verwyder word). Sonde wat die doodstraf verdien het, kon nie deur 'n offer betaal word nie. Die Hoepriester het eenmaal 'n jaar, op Versoendag,  in die allerheiligste ingegaan waar hy bloed op die versoendeksel gesprinkel het.  Volgens Hebr. 7 tot 10 is Jesus Christus nou ons ewige Hoëpriester.  Siende ons almal die dood verdien, kon geen aardse offer daarvoor betaal nie;  inteendeel was geen offer volkome nie (Hebr. 10:11).  Christus Jesus was die volmaakte offer en daarom kan die wat in Hom glo, die ewige lewe deelagtig raak - ons het dus ook nie aardse priesters meer nodig nie.  Lees Luk. 23:45 - van die voorhangsel voor die allerheiligste in die tempel wat in twee geskeur het net voor Jesus Sy asem uitgeblaas het op die kruis. (Hebr. 10:20)

Lees Hebr. 9:1-28






  Tabernakel:  Die Tabernakel was 'n groot tent wat deur die Israeliete gemaak is op God se bevel.  Dit was die teken dat God altyd by hulle sou wees.  Dit is ook "die tent van samekoms" of "die huis van God" genoem.  Die binnekant was in twee vertrekke verdeel:  die "allerheiligste" (waar net die hoëpriester kon ingaan en die plek waar God met hom gepraat het);   en die "heiligste".  In die allerheiligste was die "ark van die verbond". Die tabernakel kon opgeslaan word en het saam met die Israeliete getrek deur die woestyn. Ander artikels in die tabernakel:  Die REUKALTAAR (waarop wierook elke oggend en aand gebrand is), die GOUE KANDELAAR (die enigste ligbron in die tabernakel) die TAFEL VAN DIE TOONBRODE (elke sabbat is 12 nuwe brode daar neergesit), die KOPERWASKOM (die priesters het hulle hande en voete daarin gewas), en die BRANDOFFERALTAAR (hierop het hulle lammers, bulle, bokke en ander diere geoffer).  (Eks. 25-27; 30:1-10, 17-21) Die tabernakel was saam met die Israeliete rondgedra in die woestyn oppad na die beloofde land.  Dit was 'n teken dat God altyd by hulle was en o.a. "die tent van samekoms" genoem, of "die huis van God". Dit het uit twee vertrekke bestaan en is opgerig met 'n omheinde area waar die offers plaasgevind het. God het baie spesifieke instruksies gegee oor hoe die tabernakel oorspronklik gebou moes word en watter voorwerpe alles in die tabernakel moes staan - (Gaan lees gerus Eks. 25 tot 40).  Op die dag wat dit voltooi is, het 'n wolk die plek van ontmoeting oordek, "en die magtige teenwoordigheid van die Here het die tabernakel gevul" (Eks. 4:34).  Die volk het dit dus ervaar as dat die Here afgekom het om onder Sy mense te woon - Eks. 29:42-46. Die Leviete was verantwoordelik vir die op- en afslaan van die tabernakel asook vir al die voorwerpe of gereedskap. Dit het in die middel van die kamp gestaan met die tente van die Leviete rondom, en daaragter die tente van die ander stamme van Israel (Num. 1:50 - 2:31). Daar was verskillende voorwerpe in die tabernakel wat elkeen 'n doel gedien het.  Die tabernakel was 'n heilige plek en enige sonde het dit verontreining;  daarom is daar offerbloed gesprinkel as teken vir reiniging. Die tabernakel het vir sowat 300 jaar die fokuspunt gebly van die volk se aanbidding, totdat Salomo die tempel opgerig het. Lees Hebr. 9 om beter te verstaan oor hoekom ons nie meer die tabernakel (wat met hande gemaak is), nodig het nie en hoe Christus Jesus se bloed "op al die gereedskap van die tabernakel besprinkel is".     

Nadat die Israeliete Kanaän ingeneem het, het hulle nie meer nodig gehad om die tabernakel oral saam met hulle te dra nie.  Koning Dawid het 'n stuk grond noord van Jerusalem gekoop en beplan om 'n permanente tempel vir God daar te bou.  Die tempeluitleg was baie soos die van die tabernakel.  Dawid se seun, Salomo, het uiteindelik die tempel gebou.

Is "die kerk" vandag die "huis van God" (soos die tabernakel en die tempel genoem was)?

Hoekom die tabernakel so genoem was, is omdat dit soos 'n woning was vir die Here om "onder Sy volk te woon". Dus, wanneer mense "die kerk", "die huis van God" noem, dan verwys hulle gewoonlik na die feit dat God by hulle is.  Dit hang natuurlik ook af van die mens se begrip van die woorde, "die kerk". Die kerk verwys egter nie na 'n klipgebou nie, maar eerder na Christene in geheel. God woon onder Christene d.m.v. Sy Heilige Gees: 
-  (Joh 14:17)- "die Gees van die waarheid wat die wêreld nie kan ontvang nie, omdat dit Hom nie sien en Hom nie ken nie; maar julle ken Hom, omdat Hy by julle bly en in julle sal wees". 
-  Jesus het bv. ook die volgende stelling gemaak in Joh 8:29 -  "En Hy wat My gestuur het, is met My; die Vader het My nie alleen gelaat nie, omdat Ek altyd doen wat Hom welgevallig is".  Ons merk dat gehoorsaamheid hier hand aan hand gaan met die teenwoordigheid van die Here.  God bly dus by die wat Hom vrees en Sy wil soek in hulle lewens.  Jesus moedig ons egter aan in Luk 11:13 om te bid dat die Vader vir ons die Heilige Gees gee: - " As julle dan wat sleg is, weet om goeie gawes aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal die hemelse Vader die Heilige Gees gee aan die wat Hom bid?"  Wanneer ons die skrifgedeelte in konteks gaan lees, praat Jesus van "gebed" en dus 'n verhouding met die Here, van mense wat tyd met die Here spandeer en vir Hom lief is.  Die "kerkgebou" dra egter niks sulke karaktertrekke nie, maar wel die Christene (wat ons noem, "die kerk). Omdat Christene saamkom in die kerkgebou, noem baie mense dit "die huis van God". Paulus skryf aan die gemeente van Ef. hoe hy vir hulle bid:  -(Ef .3:17)-  "sodat Christus deur die geloof IN JULLE HARTE KAN WOON, julle wat in die liefde gewortel en gegrond is". 



NOG "HET JY GEWEET" - VRAE WAT KINDERS VRA (IDEAAL OM AF TE DRUK EN UIT TE DEEL IN DIE SONDAGSKOOLKLAS) 



















FLITSKAARTE