Thursday, February 7, 2013

Besprekingsvrae 12-17 jariges: Hoe om skrifte te verstaan

BESPREEK VRAAG IN GROEP:

Verse word heelwat verskillend geinterpreteer deur verskillende gelowiges en dit is nie altyd maklik om te weet na wie om te luister nie  - hoe kan iemand seker maak dat hy die regte interpretasie het van 'n skrif? (m.a.w. dat hy verstaan wat die skrif werklik wil leer)

ANTWOORD:
(1)  Lees die skrif in KONTEKS met die skrifte voor en na daardie betrokke vers.
(2)  Hoofstukke voor en na, moet ook somtyds gelees word om dit behoorlik te verstaan.
(3)  Ander soortgelyke verse kan ook opgesoek word in ander boeke in die Bybel om meer insig te gee op die betrokke vers.


------------------------------------------------------------------------------------------------------------
DIE GROEP KAN DIT PRAKTIES TOEPAS:
(Vir hierdie doel gaan ons die volgende vers gebruik):

(1 Kor. 6:10) "Moenie dwaal nie! Geen hoereerders of afgodedienaars of egbrekers of wellustelinge of sodomiete of diewe of gierigaards of dronkaards of kwaadsprekers of rowers sal die koninkryk van God beërwe nie".
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

(1)  LEES DIE SKRIF IN KONTEKS MET DIE SKRIFTE VOOR EN NA DAARDIE BETROKKE VERS:
Verse 1-9 (voor 1 Kor. 6:10):  Eerstens moet ons besef dat hierdie brief gerig was aan Christene.  Paulus raak die saak aan van broeders wat mekaar na die hof neem - hulle is veronderstel om sake tussen mekaar uit te klaar, nie raad te vra by ongelowiges nie (want die ongelowige se wysheid is natuurlik anders as die van die gelowige).  Hy gee vir hulle die oplossing op die probleem, die antwoord wat hulle eintlik self by moes uitkom, nl. "Waarom ly julle nie liewer onreg nie? Waarom laat julle jul nie liewer berowe nie?". In hierdie geval is die probleem die feit dat die persoon nie bereid is om onreg te ly nie (vgl. met Matt. 5:40). En dan vra hy: "Maar julle doen onreg en pleeg roof, en dit aan broeders" - die onderwerp gaan dus oor "roof" - "ROWERS".  
Verse 11-20 (na 1 Kor. 6:10):  Paulus herinner hulle daaraan dat hulle nie meer veronderstel is om in hierdie sondes (opsetlik) te stap nie, omdat hulle hul "laat afwas het en geheilig en geregverdig is in die Naam van die Here Jesus en deur Sy Gees". Dan se hy verder in v. 12:  "Alles is my geoorloof, maar nie alles is nuttig nie; alles is my geoorloof, maar ek sal my nie deur iets laat oorheers nie" - en dit dan die konteks van v. 11-20. Hy praat dan oor 'n spesifieke sonde, nl. hoerery, 'n sonde wat teen die eie liggaam is (terwyl alle ander sondes buite die liggaam is).  Alhoewel die liggaam uiteindelik tot niet gaan, beteken dit nie dat dit nou gebruik kan word vir iets wat nie vir my nuttig is nie, of iets wat begin heers oor my nie.  Alhoewel die maag vir die voedsel is en voedsel vir die maag, kan ons nie dieselfde se van "hoerery" nie -  "die liggaam is nie vir hoerery nie, maar vir die Here; en die Here vir die liggaam".  Hy verduidelik dit verder deur te se dat die "een vir wie jy aanhang, met daardie een, is jy een gees".  Hy beveel hulle om te vlug vir hoerery, en herinner hulle aan hoe duur hulle gekoop is en dat hulle liggaam 'n tempel is van die Heilige Gees.  "Verheerlik God dan in julle liggaam en in julle gees wat aan God behoort"

OPSOMMING:  DIT IS DUIDELIK DAT PAULUS HIER VERWYS NA OPSETLIKE SONDES.  SOMMIGE GELOWIGES HET GEDINK DAT HULLE KAN VOORTSTAP IN SEKERE SONDES.  OMDAT HULLE "AFGEWAS" IS, MOET HULLE JUIS DAAROP AG GEE OM NIE IN OPSETLIKE SONDES TE STAP NIE.  HY PRAAT OOR 'N HELE PAAR VAN HIERDIE SONDES EN MEER SPESIFIEK OOR "ROOF" EN "HOERERY".  

DIE KONTEKS IS DUIDELIK:   (1)  Ons moet opsetlike sondes afle;  (2)  Ons moet ons nie deur iets laat oorheers nie;  (3)  die uiteinde van die wat in opsetlike sondes voortstap, is duidelik. 
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

(2)  HOOFSTUKKE VOOR EN NA, MOET OOK SOMTYDS GELEES WORD OM DIT BEHOORLIK TE VERSTAAN:
-------------------------------------

*     1 Kor. 5:  -Die vorige hfst. begin met die volgende woorde: (1 Kor. 5:1 - "‘n Mens hoor waarlik van hoerery onder julle, en hoerery van so ‘n aard as wat selfs onder die heidene nie bekend is nie: dat iemand die vrou van sy vader het".  Dit is duidelik dat daar groot probleme was in die gemeente van Korinthiers.  Nie net was daar sekere gelowiges wat in opsetlike sondes gestap het nie, maar hulle was ook opgeblase hieroor, want hulle het die "suurdeeg" toegelaat in die gemeente, (-hom liewer probeer beskerm as om hom te vermaan!?)  Paulus moedig hulle aan om liewer die suurdeeg te verwyder (omdat 'n bietjie suurdeeg, die hele deeg suur maak).  Hy beveel aan dat hulle die persoon uit die gemeente uitwerp (met die doel om hom te probeer wen) en beveel hulle ook om "nie om te gaan met hoereerders nie" - hy gaan verder:  (1 Kor. 5:10-12)  "dit wil sê, nie die hoereerders van hierdie wêreld of die gierigaards of rowers of afgodedienaars in die algemeen nie, want dan sou julle uit die wêreld moet uitgaan— maar nou skryf ek aan julle om nie om te gaan met iemand wat, al staan hy as ‘n broeder bekend, ‘n hoereerder is of ‘n gierigaard of ‘n afgodedienaar of ‘n kwaadspreker of ‘n dronkaard of ‘n rower nie; met so iemand moet julle selfs nie saam eet nie. Want waarom sou ek ook die wat buite is, oordeel? Oordeel julle nie die wat binne is nie?" - hy verduidelik dat dit ons as Christene se plig is om die "wat binne is", te oordeel (maar die wat "buite is", word deur God geoordeel).  

OPSOMMING:  DIE TEMA VAN "OORDEEL" WORD BAIE VERKEERD VERSTAAN VANDAG - VERKEERDE OORDEEL GAAN OOR "KWAADSPREEK" EN "FOUT SOEK", NIE OOR "VERMANING" NIE.  OPSETLIKE SONDE MOET AANGESPREEK WORD EN DIE KERK MOET PASOP DAT HULLE NIE SUURDEEG TOELAAT (WAT DIE HELE DEEG KAN SUURMAAK) NIE.

DIE KONTEKS IS DUIDELIK:  (1) Dit dan die rede hoekom hy "hoerery" so sterk aanhaal in die volgende hfst. (hfst. 6) - omdat dit regtig 'n probleem was in die kerk en hy wou seker maak dat hulle verstaan dat, al het iemand tot geloof gekom, hy nie die koninkryk sal beerwe, sou hy opsetlik voortstap in sonde soos hoerery nie;  (2)  Die Christen moet nie omgaan met mense wat opsetlik voorstap in sonde nie;  (3)  Die Christen moet so iemand vermaan met die doel om hom te probeer red;  (4)  Ook in die hfst. word "hoereerders", "gierigaards", "rowers", "afgodedienaars", "kwaadsprekers" en "dronkaards"  in dieselfde konteks genoem - meer spesifiek hier, in die konteks van dat ons "die wat binne is", moet oordeel (op sonde natuurlik, nie loop en fout soek nie!).
----------------------------------------
*     1 Kor. 7:-  In die volgende hfst. praat hy verder oor die "hoerery" en hoe dit is a.g.daarvan,  dat elke man liewer sy eie vrou moet he.  Hy praat oor hoe dit behoort te wees tussen getroudes en noem dat as 2  ongetroudes hul nie kan beheers nie, hulle liewer moet trou (hoekom stel hy dit voor? - "want dit is beter om te trou as om van begeerte te brand" - dus is daar geen manier hoe voorhuwelikse seks toelaatbaar is nie!).  Verder praat hy oor die tema van "skei" en "gelowiges en ongelowiges" wat trou, ens.  

OPSOMMING:  DIT IS DUIDELIK DAT DAAR SEKERE DINGE VAN DIE CHRISTEN VERWAG WORD - HY KAN NIE DOEN SOOS HY WIL OMDAT HY "VRY" IS NIE. 

DIE KONTEKS IS DUIDELIK:  (1)  Die huwelik is ingestel vir die rede dat hoerery nie plaasvind nie;  (2)  Daar word van die Christen verwag om gehoorsaam te wees aan die Here.

------------------------------------------------------------------------------------------------------------

(3)  ANDER SOORTGELYKE VERSE KAN OOK OPGESOEK WORD IN ANDER BOEKE IN DIE BYBEL OM MEER INSIG TE GEE OP DIE BETROKKE VERS:

(Hierdie is slegs 'n paar vb. e;  L.W. dat al die vb.e hieronder genoem, gerig is tot CHRISTENE, mense wat reeds tot geloof gekom het!)


(1Pe 4:15)  Want niemand van julle moet ly as moordenaar of dief of kwaaddoener of as een wat hom met die sake van ‘n ander bemoei nie.
(1Pe 4:16)  Maar wanneer iemand as ‘n Christen ly, moet hy hom nie skaam nie, maar God verheerlik in hierdie opsig.
(1Pe 4:17)  Want die tyd is daar dat die oordeel moet begin by die huis van God. En as dit eers by ons begin, wat sal die einde wees van die wat aan die evangelie van God ongehoorsaam is?

(Gal 5:19)  En die werke van die vlees is openbaar, naamlik owerspel, hoerery, onreinheid, ongebondenheid;
(Gal 5:20)  afgodery, towery, vyandskap, twis, jaloersheid, toornigheid, naywer, tweedrag, partyskap;
(Gal 5:21)  afguns, moord, dronkenskap, brassery en dergelike dinge, waarvan ek julle vooraf sê, soos ek al vroeër gesê het, dat die wat sulke dinge doen, die koninkryk van God nie sal beërwe nie.

(1Th 4:3)  Want dit is die wil van God: julle heiligmaking; dat julle jul moet onthou van die hoerery;
(1Th 4:4)  dat elkeen van julle moet weet om sy eie vrou te verkry in heiligheid en eer,
(1Th 4:5)  nie in hartstogtelike begeerlikheid soos die heidene wat God nie ken nie;
(1Th 4:6)  dat niemand sy broeder in hierdie saak moet bedrieg en benadeel nie, omdat die Here ‘n wreker is oor al hierdie dinge, soos ons aan julle ook vantevore gesê en betuig het.
(1Th 4:7)  Want God het ons nie tot onreinheid geroep nie, maar tot heiligmaking.
(1Th 4:8)  Daarom, hy wat dit verwerp, verwerp nie ‘n mens nie, maar God wat ook sy Heilige Gees aan ons gegee het.




(Gal 5:9)  ‘n Bietjie suurdeeg maak die hele deeg suur.
(Gal 5:10)  Ek vertrou van julle in die Here dat julle nie anders sal dink nie; maar die een wat julle in die war bring, sal die oordeel dra, wie dit ook mag wees.
(Gal 5:11)  Maar ek, broeders, as ek nog die besnydenis verkondig, waarom word ek nog vervolg? Dan is die struikelblok van die kruis vernietig!
(Gal 5:12)  Ag, as die wat julle opstandig maak, hulleself tog maar ook wou vermink!
(Gal 5:13)  Want julle is tot vryheid geroep, broeders; gebruik net nie julle vryheid as ‘n aanleiding vir die vlees nie, maar dien mekaar deur die liefde.


(Rom 6:19)  Ek spreek menslikerwys ter wille van die swakheid van julle vlees; want net soos julle jul lede diensbaar gestel het aan die onreinheid en wetteloosheid om wetteloos te wees, so moet julle nou jul lede diensbaar stel aan die geregtigheid tot heiligmaking.
(Rom 6:20)  Want toe julle diensknegte was van die sonde, was julle vry van die geregtigheid.
(Rom 6:21)  Watter vrug dan het julle toe gehad van die dinge waaroor julle jul nou skaam? Want die uiteinde daarvan is die dood.

----------------------------------
ENS.  (Materiaal kan deur die onderwyser verskaf word waardeur die kinders kruisverwysings oor die betrokke skrif opsoek)


No comments:

Post a Comment

Note: Only a member of this blog may post a comment.