Saturday, February 2, 2013

Besprekingsvrae 12-17 jariges: OPGAAR


Bespreek die volgende in die groep:
Jy is 'n boer.  Met oestyd hierdie jaar het jy besonders goed gedoen, so goed dat dit hopeloos te veel is vir wat jy nodig het in een jaar - inteendeel, dit is so baie, dat dit gelyk is aan baie jare se oes...
-  Vertel vir die groep wat jy met jou oes gaan doen. 
----------------------------------------

Kom ons kyk wat het Jesus geleer die regte ding sou wees om te doen:
(Luk 12:16)  Toe vertel Hy hulle hierdie gelykenis: ‘n Ryk man se grond het goed gedra.

(Luk 12:17)  En hy het by homself geredeneer en gesê: Wat sal ek doen, want ek het geen plek waar ek my oes kan insamel nie?

(Luk 12:18)  Toe sê hy: Dit sal ek doen: ek sal my skure afbreek en groter bou, en ek sal daar al my opbrengste en my goed insamel.

(Luk 12:19)  En ek sal vir my siel sê: Siel, jy het baie goed wat weggesit is vir baie jare; neem rus, eet, drink, wees vrolik.

(Luk 12:20)  Maar God het aan hom gesê: Jou dwaas, in hierdie nag sal hulle jou siel van jou afeis; en wat jy gereedgemaak het, wie s’n sal dit wees?

(Luk 12:21)  So gaan dit met hom wat vir homself skatte vergader en nie ryk is in God nie.

Volgens hierdie gedeelte sou dit verkeerd wees vir iemand om hierdie goeie oes (of die geld wat hy daarmee verkry het) vir homself te hou en daarmee te beoog om minder te werk en 'n lekker lewe te he.  Ons almal ken die verhaal van Josef, hoe hy die oorskot koring vir 7 jaar moes versamel vir die volgende 7 jaar.
VRAAG:  WAT IS DIE VERSKIL 
(1) TUSSEN DIT WAT JESUS IN LUK. 12 VERTEL HET EN HY ONS LEER OM NIE DIE OORSKOT TE HOU VIR ONSSELF NIE, EN 
 (2) DIE VERHAAL VAN JOSEF WAAR HY BEVEEL IS OM DIE OORSKOT WEL TE HOU?

(Laat die groep Gen. 41 lees om meer insig hieroor te kry)  
(Gen 41:25)  Toe sê Josef vir Farao: Die droom van Farao is een en dieselfde. Wat God van plan is om te doen, het Hy aan Farao te kenne gegee.
(Gen 41:26)  Die sewe mooi koeie is sewe jare; en die sewe mooi are is sewe jare; die droom is een en dieselfde.
(Gen 41:27)  En die sewe maer en lelike koeie wat ná hulle opgekom het, is sewe jare; en die sewe maer, deur die oostewind verskroeide are sal sewe jare van hongersnood wees.
(Gen 41:28)  Dit is die woord wat ek tot Farao gespreek het: wat God van plan is om te doen, het Hy Farao laat sien.
(Gen 41:29)  Kyk, daar kom sewe jare van groot oorvloed in die hele Egipteland;
(Gen 41:30)  maar daarna sal sewe jare van hongersnood aanbreek, en al die oorvloed sal in Egipteland vergeet word, en die hongersnood sal die land verteer.
(Gen 41:31)  En van die oorvloed sal in die land niks gemerk word weens dié hongersnood wat daarna sal wees nie; want dit sal baie swaar wees.
(Gen 41:32)  En wat dit betref dat die droom twee maal vir Farao herhaal is—dit is omdat die saak deur God vas besluit is en God dit gou sal doen.
(Gen 41:33)  Laat Farao dan nou uitkyk na ‘n verstandige en wyse man en hom aanstel oor Egipteland.
(Gen 41:34)  Farao moet so maak en opsigters oor die land aanstel en in die sewe jare van oorvloed die vyfde deel hef van die opbrings van Egipteland.
(Gen 41:35)  En hulle moet al die voedsel van hierdie goeie jare wat kom, versamel en onder leiding van Farao koring ophoop as voedsel in die stede en dit wegbêre.
(Gen 41:36)  So sal dan die voedsel ‘n voorraad wees vir die land vir die sewe jare van hongersnood wat in Egipteland sal kom, sodat die land nie deur die hongersnood te gronde gaan nie.
(Gen 41:37)  En die woord was goed in die oë van Farao en van al sy dienaars.

BESPREEK DIE VERSKILLE:

-  (1)  In geval een, was dit tot selfverheffing, maar in geval 2 was dit TERWILLE VAN duisende mense.
-  (2)  In geval een, was dit uit selfsug en nie die wil van die Here nie, maar in geval 2, was dit volgens die  WIL VAN DIE HERE.
-  (3) (ALHOEWEL BAIE OOR DIE VOLGENDE PUNT GAAN VERSKIL, MOET ONS SEKER MAAK DAT ONS WEET WAT DIE SKRIF ONS LEER OOR HIERDIE ONDERWERP
 - dit is nou die onderwyser se keuse of hy die volgende in soveel woorde met die groep wil deel of nie -
 dit is egter seker dat sou 'n onderwyser hierdie waarheid deel, baie kerklidmate ongeskik en kwaad sal word hieroor, maar ons weet dat dit die waarheid is wat vrymaak, nie mense se opinies nie!).

Dit gaan dus oor die "wil van die Here" - iemand kan die ekstra wegsit as daar 'n doel is daarvoor en die Here hulle spesifiek die opdrag gee, maar vir 'n Christen "om ryk te word", is nie skriftuurlik korrek nie!  Jesus het geleer dat ons soos diensknegte moet wees en deel met mekaar.  Dit is dan ook die rede hoekom daar soveel nood is, a.g.v. selfsug en selfverheffing - waar die Here iemand seen om "meer te he", is hy veronderstel om uit te deel! (tensy die Here hom anders ly vir 'n spesifieke doel).  Uiteindelik sal almal se werke aan die lig kom - die wat nie reg werk met hulle besittings of geld nie, sal eendag verantwoording doen. Die tema van uitdeel, was baie kenmerkend in die eerste gemeentes;  inteendeel, hulle het selfs ekstra grond verkoop om in ander se nood te voorsien!  In meeste kerke word hierdie nie eintlik geleer vandag nie - daar is hope valse leerstellings oor voorspoed en seeninge in die Here wat gebaseer is op selfsug en selfverheffing - Jesus het egter vir ons iets anders geleer en het juis ons begrip probeer verander van wie "die geseendes" genoem word - kyk gerus na my blogpost getiteld:   http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/05/is-jy-n-geseende.html

------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Ander skrifte t.o.v. die onderwerp:
- (Luk 12:15)  En Hy sê vir hulle: Pas op en wees op julle hoede vir die hebsug, want iemand se lewe bestaan nie uit die oorvloed van sy besittings nie.

- (Luk 12:33,34)  Verkoop julle besittings en gee aalmoese; maak vir julle beurse wat nie oud word nie, ‘n skat in die hemel wat onuitputlik is, waar geen dief by kom of mot verteer nie. Want waar julle skat is, daar sal julle hart ook wees.

- (Luk 18:22)  En toe Jesus dit hoor, antwoord Hy hom: Nog een ding ontbreek jou—verkoop alles wat jy het, en verdeel dit onder die armes, en jy sal ‘n skat in die hemel hê; kom dan hier, volg My.

- (Mat 6:19,20)  Moenie vir julle skatte bymekaarmaak op die aarde, waar mot en roes verniel en waar diewe inbreek en steel nie;  maar maak vir julle skatte bymekaar in die hemel, waar geen mot of roes verniel nie en waar diewe nie inbreek en steel nie;

ENS.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/09/die-post-wat-het-logika-daarmee-te-doen.html

http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/08/wies-nou-eintlik-deur-die-gees-gelei.html

http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/09/n-wonderwerk-in-wording.html

http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/06/wat-dit-beteken-om-gereed-te-wees.html




No comments:

Post a Comment

Note: Only a member of this blog may post a comment.