Thursday, July 24, 2014

Muurkaart: Hoe word die terme "saai/saaier" in die Skrif gebruik?

PLAK ONDERSTAANDE 3 AFDRUKKE HORISONTAAL LANGS MEKAAR om 'n horisontale muurkaart te vorm.

Die muurkaart gaan oor hoe die woord saaier in die Nuwe Testament gebruik word, en wie die saai-werk doen. "Saaier" in die Skrif verwys somtyds na die Here Jesus Christus as die saaier, somtyds na die kinders v/d koninkryk as die saaiers, maar ook die duiwel doen somtyds saaiwerk. Gelowiges word deur die Here Jesus Christus gesaai in die wereld om vrug te dra, maar die duiwel saai ook kinders v/d bose onder die kinders v/d koninkryk.  Dit is die "vrug" wat getuig wie kinders v/d koninkryk is, en wie kinders v/d bose is. Wanneer beide nog jonk, is dit egter moeilik om hierdie onderskeiding te maak, maar met die tyd, soos hul begin vrug dra, raak dit duidelik sigbaar.  Die ongehoorsames en die wat nog hulle eie wil dien (die koringkorrels wat nie gesterf het), is die akteurs onder die kinders v/d koninkryk - hulle is die wat gesaai is deur die duiwel.  Jesus het hulle genoem, "geveinsdes".  Hy het ons ook gewaarsku teen valse profete en dat hulle aan hulle vrug geken sal word.  Die gelowige wat "goeie vrug" dra, is die gehoorsames en die wat die wil van die Vader doen - hulle "doen ook goed" en "voorsien in ander se behoeftes" uit diensbaarheid aan die Here. Hulle optrede en manier van hoe hulle praat wys dat hulle die Here dien.  Hulle is self ook saaiers van die woord, en selfs maaier waar hulle nie gesaai het nie.  Hulle het die Gees van God in hulle, en dra die vrugte v/d Gees.

========================================================================
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

------------------------------------------------------------------------------------------------------------

------------------------------------------------------------------------------------------------------------

No comments:

Post a Comment

Note: Only a member of this blog may post a comment.