Tuesday, January 15, 2013

Besprekingsvrae: 12-17 jariges - TWYFEL, VREES EN BEKOMMERNIS


In hierdie besprekingsvraag gaan ons kyk na die redes vir "klein geloof".  Watter dinge kan veroorsaak dat ons nie altyd die geloof het nie?
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
LEES Matt. 14:22-35

In hierdie skrifgedeelte het Jesus die dissipels gedwing om voor Hom uit te vaar in die skuit na die oorkant, terwyl Hy die skare wegstuur.  Toe het Hy eers gaan BID.  Teen die aand, was die skuit al in die middel van die see met die wind teen hulle en geteister deur die golwe.  Ons lees verder hoe Jesus op die see aangeloop kom na hulle en hulle eers dink dit is 'n spook, maar Hy hulle gerusstel dat dit Hy is en dat hulle nie moet bang wees nie.  Toe wil Petrus ook op die water na Hom gaan, en Hy laat hom toe, maar toe Petrus DIE STERK WIND SIEN, HET HY BANG GEWORD; en toe hy begin sink, roep hy uit en sê: Here, red my! En Jesus het dadelik sy hand uitgesteek en hom gegryp en vir hom gesê:  Kleingelowige, waarom het jy getwyfel?

In hierdie gedeelte sien ons dat "twyfel" die oorsaak was waarom Petrus begin sink het. Kyk veral die woorde:  "maar toe Petrus die sterk wind sien, het hy bang geword" - omstandighede laat ons twyfel.  Baiemaal weet ons goed wat die Here se wil is en ons kan 'n stap van geloof neem, maar die oomblik wanneer omstandighede verander of mense teen ons draai of wat ookal, dan begin TWYFEL ons - hierdie twyfel veroorsaak dat ons dit nie kan deurvoer nie - en dat wonder ons wat het gebeur en baie mense neem dan die Here kwalik dat dit nie uitgewerk het nie, terwyl dit die persoon self is wat begin twyfel het. ONS MOET ONS OE OP DIE HERE HOU, nie op omstandighede nie.  ONS MOET HOM VERTROU, ten spyte van hoe verkeerd dinge kan loop. Natuurlik geld hierdie nou nie vir selfverheffing of eie wil nie! - l.w. dat Petrus eers seker gemaak het dit is die wil van die Here voor hy op die water gegaan het.  Ons moet ook in alles die Here se wil vra, en eers wag op Sy antwoord voor ons kan glo.  As Sy antwoord verskillend is, dan kan ek nie geloof he in dit wat ek wou doen nie.

------------------------------------------------------------------------------------------------------------


LEES Matt. 16:5-12

In hierdie skrifgedeelte sien ons hoe die dissipels vergeet het om brode saam te neem.  Jesus maak 'n opmerking, nl. "Pas op en wees op julle hoede vir die suurdeeg van die Fariseërs en Sadduseërs", maar die dissipels se gedagtes is so gerig op die feit dat hulle die brood vergeet het, dat hulle vir Jesus heel verkeerd verstaan en dink Hy verwys na die brood.  Toe Jesus opmerk dat hulle onder mekaar redeneer hieroor, sê Hy vir hulle: "Wat redeneer julle onder mekaar, KLEINGELIWIGES, dat julle geen brode saamgeneem het nie? Begryp julle nog nie, en onthou julle nie die vyf brode van die vyf duisend, en hoeveel mandjiesvol julle opgetel het nie?  Of die sewe brode van die vier duisend, en hoeveel mandjiesvol julle opgetel het nie? Hoe is dit dat julle nie begryp dat Ek nie in verband met brood vir julle gesê het om op te pas vir die suurdeeg van die Fariseërs en Sadduseërs nie?".  

Bekommernis veroorsaak dat ons nie altyd "hoor" wat iemand sê  nie - ons gedagtes is dan so op daardie ding, dat dit veroorsaak dat ons nie reg hoor nie.  Net so veroorsaak "bekommernis" dat ons nie altyd hoor wat die Here se nie, of dat ons nie "reg hoor" nie!  Ons moet versigtig wees om te sit en top oor dinge wat ons bekommerd maak. Daarom praat die skrif baie oor hoe ons ons gedagtes moet vernuwe en moet plaas op die dinge daarbo.  Wanneer ons gedagtes heeltyd op die wereldse dinge, dan dink en sien ons soos die wereld sien, nie soos die Here sien nie.

 (Mat 6:23)  Maar as jou oog verkeerd is, sal jou hele liggaam donker wees. As dan die lig in jou donkerheid is, hoe groot is die donkerheid nie!
(Mat 6:24)  Niemand kan twee here dien nie; want òf hy sal die een haat en die ander liefhê, òf hy sal die een aanhang en die ander verag. Julle kan nie God én Mammon dien nie!
(Mat 6:25)  Daarom sê Ek vir julle: Moenie julle kwel oor jul lewe—wat julle sal eet en wat julle sal drink nie; of oor jul liggaam—wat julle sal aantrek nie. Is die lewe nie meer as die voedsel en die liggaam as die klere nie?
(Mat 6:26)  Kyk na die voëls van die hemel; hulle saai nie en hulle maai nie en hulle bring nie bymekaar in skure nie, en tog voed julle hemelse Vader hulle. Is julle nie baie meer werd as hulle nie?
(Mat 6:27)  Wie tog onder julle kan, deur hom te kwel, een el by sy lengte voeg?
(Mat 6:28)  En wat kwel julle jul oor klere? Let op die lelies van die veld, hoe hulle groei; hulle arbei nie en hulle spin nie;

------------------------------------------------------------------------------------------------------------
LEES Matt. 8:23-27

In hierdie skrifgedeelte klim Jesus in 'n skuit en Sy dissipels volg Hom. En daar het ‘n groot storm op die see gekom, sodat die skuit toe was onder die golwe; maar Hy was aan die slaap. Toe kom sy dissipels en maak Hom wakker en sê: "Here, red ons, ons vergaan!"  En Hy sê vir hulle: "Waarom is julle bang, kleingelowiges?" Toe staan Hy op en bestraf die winde en die see, en daar het ‘n groot stilte gekom. 

Weer noem Jesus hulle "kleingelowiges" - a.g.v. hulle vrees was hulle paniekbevange i.p.v. om te glo.  Vrees veroorsaak ongeloof.  In daardie toestand het daar nie 'n uitweg gekom nie, maar eers toe hulle die Here wakker maak en om hulp vra. Die Here gee nie altyd vir ons die uitweg wat ons verwag nie - somtyds ly ons terwille van die geloof, maar dan moet ons ook nie bang wees nie - so het Jesus bv. gese dat ons nie moet vrees vir die wat die liggaam doodmaak nie, maar liewer vir Hom wat sowel siel en liggaam in die hel kan verderwe - Hy het dit gese in konteks met hoe ons gehaat sal word ter wille van Sy Naam, m.a.w. ter wille van die geloof. Om angstig te raak is 'n heel natuurlike reaksie vir die mens, maar die mens moet nie toelaat dat dit in die pad staan van die Here se wil nie. Wanneer mense angstig raak, dan voer hulle nie altyd die Here se wil uit nie, maar kies die uitweg wat breed en maklik is.
ONS MOET ONS HOOP EERDER IN DIE HERE PLAAS - DAARVOOR IS GEBED EN VAS NODIG.

------------------------------------------------------------------------------------------------------------
http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/08/wies-nou-eintlik-deur-die-gees-gelei.html

No comments:

Post a Comment

Note: Only a member of this blog may post a comment.