Thursday, January 17, 2013

Beprekingsvrae 12-17 jariges: WAT IS GELOOF?

1.  Geloof is om Hom te ken
Bespreek die volgende standpunt: 
 "WANNEER CHRISTENE NIE DIE HERE VERTROU NIE, IS DIT OMDAT HULLE HOM NIE KEN NIE!"

(wat beteken dit om iemand te KEN? wat is die verskil tussen "weet van iemand" of "om hom te ken"?)Dit is moeilik om iemand te vertrou vir wie jy nie goed ken nie bv. veronderstel jy het 'n vriend wat jy al jare ken - julle het baie saam gelag, saam geleer, dinge saam gedoen, dinge met mekaar gedeel ens.  Maar jy het ook 'n ander vriend wat jy nog net 2 weke ken.  In watter vriend gaan jy jou vertroue sit in 'n tyd van nood?  Of met watter een van die twee sal jy eerste jou goeie nuus wil deel?  Gaan jy nie die een wat jy goed ken eerder vertrou nie?

Dus:  Jy gaan jou eersgenoemde vriend meer vertrou omdat jy hom KEN.

(Vgl. dit met wat dit beteken om die Here lief te he)
(Bespreek hoe Jesus die "ewige lewe" in 'n gebed beskryf het: (Joh 17:3)  "En dit is die ewige lewe, dat hulle U ken, die enige waaragtige God, en Jesus Christus wat U gestuur het).

http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/01/gods-bewus-of-selfbewus.html
ander: http://warechristene.blogspot.co.nz/2011/10/bedieninge-en-gawes.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/03/meditasie.html


----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
2.  Geloof is om Hom gehoorsaam te wees


Bespreek die volgende standpunt:
 WANNEER KINDERS VAN DIE HERE OPSETLIK EN AANHOUDEND ONGEHOORSAAM IS AAN DIE HERE, DAN BEVRAAGTEKEN DIT HULLE VERTROUE IN DIE HERE.


Wanneer jy jou in 'n posisie bevind waar jy onderdanig is aan 'n leier, maar jy vertrou nie regtig die leier nie, dan is dit tog logies dat jy nie gehoorsaam gaan wees aan so iemand nie!  Wanneer daar nie vertroue is in 'n leier nie, dan kry jy baie skeuringe in 'n groep en mense trek na verskillende kante toe - elk doen dan wat hy wil.

Dus:  Jy gaan GEHOORSAAM wees aan 'n leier vir wie jy vertrou.


(vgl. dit met die vorige standpunt)
(Bespreek ook die volgende: (Joh 15:13,14)  "Groter liefde het niemand as dit nie, dat iemand sy lewe vir sy vriende gee. Julle is my vriende as julle alles doen wat Ek julle beveel" - wat het "gehoorsaamheid" en "liefde" met mekaar te doen?)

http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/03/as-jy-dink-jy-doen-goed.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2011/09/wereldse-hardkoppigheid.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/01/is-daar-iets-soos-groot-en-klein-sonde.html


------------------------------------------------------------------------------------------------------------
3.  Geloof is om Hom lief te he
Bespreek die volgende standpunt:
 WANNEER CHRISTENE NIE DIE HERE VERTROU NIE, IS HULLE ONGEDULDIG MET HOM, SELFGESENTREERD, SELFS VERBITTERD, OPGEBLASE IN DIE DAT HULLE NIE DIE WAARHEID SOEK NIE EN DIT OOK NIE LIEFHET NIE.


In gebroke huishoudings sien ons min van ware liefde soos om geduld met mekaar te he, lydsaamheid, vriendelikheid, waar iemand nie net sy eie belang soek nie,  nie opgeblase nie ens.  Wanneer daar geen vertroue is tussen mense nie, dan heers daar 'n soort van onvriendelikheid en ongeduldigheid tussen hulle, waar elkeen glo net hy is reg, opgeblase of selfs grootpraterig. So iemand raak maklik verbitterd  teenoor die ander  en soek net sy eie belang. Hy sal selfs bly wees as dit nie so goed gaan met die ander een nie, sodat hy dink dis 'n bewys hy was reg, en as iets goed gebeur met die ander, sal hy jaloers wees daarop.  Hy soek nie na die waarheid nie, want volgens hom weet hy of glo hy hy's reg.  Dit is nie liefde nie! 

Dus:  Wanneer daar geen vertroue is tussen mense nie, dan toon hulle nie die vrugte van liefde nie.


(Bespreek ook die volgende: (Joh 14:15)  "As julle My liefhet, bewaar my gebooie").

http://warechristene.blogspot.co.nz/2011/09/het-jy-hom-regtig-lief.html
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
4.  Geloof  is om ander te vergewe
Bespreek die volgende standpunt:
WANNEER 'N CHRISTEN ANDER VERGEWE, HET HY VERTROUE DAT DIE HERE OOK SO VIR HOM MAAK WANNEER HY SY SONDE BELY


Wanneer iemand jou te na kom, dan het hy enige vertroue wat jy in hom gehad het, geskend.  Hoekom wil mense nie altyd 'n ander vergewe nie? Want hy vertrou hom nie meer nie en hy wil eintlik he dit moet sleggaan met die persoon omdat hy voel hy verdien dit.  As ons onsself in dieselfde boot moet sit teenoor God - hoekom moet Hy ons vergewe vir die patete wat ons is?  Ons verdien dit nie dat dit met ons goedgaan nie! (Mat 6:14) - "Want as julle die mense hulle oortredinge vergewe, sal julle hemelse Vader julle ook vergewe".
(Mat 6:15) - "Maar as julle die mense hulle oortredinge nie vergewe nie, sal julle Vader julle oortredinge ook nie vergewe nie".

Dus:  om jouself op te offer om bietjie vertroue weer te he in 'n ander wanneer hy verskoning vra en die beste vir hom toe te wens deur hom te vergewe, kan jy die Here vertrou dat Hy jou ook sal vergewe!

(Vgl. dit met die verhaal van Jona - ons moet versigtig wees om te redeneer dat iemand anders nie verdien om vergewe te word nie - ons moet egter hoop daarop dat iemand tot inkeer kom, nie hoop dat hulle verlore gaan nie - vgl. dit ook met wat Jesus gese het dat Hy gekom het vir "die wat verlore is" en die gelykenisse wat Hy daaroor vertel het soos die verlore skaap, verlore seun ens.)

------------------------------------------------------------------------------------------------------------
5.  Geloof is om "reg te wees voor God"


Bespreek die volgende standpunt:
GELOWIGES STAAN NET "REG  VOOR GOD" AS HULLE GOD SE VOORWAARDES NAKOM
(1)  Wanneer 'n kind ongehoorsaam is aan 'n ouer en hy moet iets doen om op te maak vir dit, dan, wanneer hy dit gedoen het wat van hom verwag word, staan "hy reg voor" sy ouer.  Die ongehoorsaamheid is vergewe en vergete.  Hy moet egter die voorwaarde nakom - hy moet doen wat "verwag" word en kan nie sy eie heil uitwerk nie. 

Dus:  Net so kan ons ook nie ons eie heil uitwerk deur allerhande gelowe en tradisies en wette te gehoorsaam nie, maar ons kan slegs "reg staan voor die Here" deur die weg wat Hy beskik het, deur Sy Seun Jesus Christus en deur ons sondes te bely en ons lewe op te gee vir Hom.

Bespreek ook die volgende standpunt:
NET DIE "WAT OORWIN", SAL GOD SE BELOFTES DEELAGTIG RAAK.
(2)  As die kind vergewe is, maar hy doen daardie selfde ding oor en oor, dan kan veroorsaak dat sy ouer heeltemal vertroue in hom verloor - hy bewys dan ook dat hy geen respek het vir sy ouer nie en bewys ook daardeur dat hy homself nie onderdanig stel aan sy ouer nie.

Dus:  Wanneer iemand vergifnis van sondes ontvang het deur Jesus Christus, maar hulle bly voortstap in opsetlik aanhoudende sondes, dan is daar geen offer meer vir die sonde nie - dit wys daarop dat die persoon nie die nodige respek het vir die Here nie;  ook dat hy homself nie onderdanig stel aan die Here nie.


(Heb 10:26)  "Want as ons opsetlik sondig, nadat ons die kennis van die waarheid ontvang het, bly daar geen offer vir die sondes meer oor nie"

http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/01/oefen-jou-in-die-godsaligheid.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2011/10/wette-sonde-en-mensgemaakte-reels.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2011/07/god-sien-die-hart.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/03/wie-oorwin-sal-beklee-word-met-wit.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/03/as-jesus-kom-sal-hy-wel-die-geloof-op.html

------------------------------------------------------------------------------------------------------------

No comments:

Post a Comment

Note: Only a member of this blog may post a comment.