Wednesday, December 26, 2012

Storieverhaalkaart 4: Jesus, die Here


In die storieverhaal-kaarte, is die verhale in die boeke van Mattheus, Markus, Lukas en Johannes, bymekaargebring - ekstra inligting is bygevoeg en flitskaarte uit die "Het jy geweet..."-boekie is ingesluit:  (gaan na die "Het jy geweet - page" om nog inligting te versamel)..  (Die storieverhale, kan gebruik word vir voorlesing en lesaanbieding in konteksverband)

  • Storieverhaal-kaart 4:  JESUS, die Here!  (Die aandag word gerig op sowel O.T. profesiee en op wat die volk verstaan het van hulle Messias - sou Hy ook Here wees?)
  • - bedoel vir 9 - 12 jariges, alhoewel dit in beprekingsvorm gebruik kan word vir tot 15 jariges (vrae wat dan gevra word, is bv.:  "Was Jesus net 'n profeet, soos sekere gelowe leer, of was Hy inderdaad die Seun van God en Here?"; "Hoekom bid ons "in die Naam van Jesus?"  ens.)
-----------------------------------------------------------


Storieverhaalkaart 4: "Jesus, die Here" 


In die skrif lees ons dat Jesus se eie mense Hom nie aangeneem het nie, tog was daar hope bewyse dat Hy wel die Messias was op wie hulle vir eeue gewag het. 
In die boek van Johannes in die Bybel, lees ons die volgende oor Jesus Christus 
(Joh 1:1)  In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God.
(Joh 1:2)  Hy was in die begin by God.
(Joh 1:3)  Alle dinge het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding ontstaan wat ontstaan het nie.
(Joh 1:4)  In Hom was lewe, en die lewe was die lig van die mense.

(Joh 1:9)  Die waaragtige lig wat elke mens verlig, was aan kom in die wêreld.
(Joh 1:10)  Hy was in die wêreld, en die wêreld het deur Hom ontstaan, en die wêreld het Hom nie geken nie.
(Joh 1:11)  Hy het na sy eiendom gekom, en sy eie mense het Hom nie aangeneem nie.
-  Nie net verklaar hierdie skrifgedeelte dat Jesus inderdaad die Messias is op wie hulle gewag het nie, maar dit verklaar ook dat Hy Here is!


In Matt. 22 vra Jesus vir die Fariseers 'n vraag - dit is duidelik dat hulle verstaan het dat die Christus uit die geslag van Dawid gebore sal word, maar het hulle verstaan dat Hy ook Here sou wees? 
-(Mat 22:42)  en sê: Wat dink julle van die Christus? Wie se seun is Hy? Hulle antwoord Hom: Dawid s’n.
(Mat 22:43)  Hy sê vir hulle: Hoe is dit dan dat Dawid Hom in die Gees Here noem as hy sê:
(Mat 22:44)  Die Here het tot my Here gespreek: Sit aan my regterhand totdat Ek u vyande gemaak het ‘n voetbank van u voete?
(Mat 22:45)  As Dawid Hom dan Here noem, hoe is Hy sy seun?
(Mat 22:46)  En niemand kon Hom ‘n woord antwoord nie; ook het geeneen van daardie dag af dit meer gewaag om Hom vrae te stel nie.

In die gedeelte van Matt. 16 gee Jesus Simon Petrus se insig toe aan die feit dat "die Vader dit aan hom openbaar het":
(Mat 16:13)  En toe Jesus in die streke van Cesaréa-Filippi kom, vra Hy sy dissipels en sê: Wie sê die mense dat Ek, die Seun van die mens, is?
(Mat 16:14)  En hulle antwoord: Sommige Johannes die Doper, en sommige Elía, en ander Jeremia of een van die profete.
(Mat 16:15)  Hy sê vir hulle: Maar julle, wie sê julle is Ek?
(Mat 16:16)  En Simon Petrus antwoord en sê: U is die Christus, die Seun van die lewende God.
(Mat 16:17)  Toe antwoord Jesus en sê vir hom: Salig is jy, Simon Bar-Jona, want vlees en bloed het dit nie aan jou geopenbaar nie, maar my Vader wat in die hemele is.

Jesus het op 'n stadium verklaar dat die skrifgeleerdes en Fariseers se probleem was dat hulle nie regtig die Vader geken het nie (Matt. 15:8) - sou hulle die VADER KEN, sou hulle natuurlik glad nie getwyfel het in die feit dat Jesus die Christus was nie. Dit verwys dus weer-eens na die persoon se hartstoestand en hoe hy homself ondergeskik stel aan sy Skepper.  Vir die een wat sy wil onderwerp aan die Here, is dit logies dat Jesus die Seun van God is, die Christus, die Here...

Dit is dan duidelik uit Matt. 22:44 (Ps. 110:1) dat profesie inderdaad na Hom verwys het as HERE. 
Terwyl sommige voorgee dat Hy net 'n verlosser (van vyande) en 'n koning  sou wees, is dit duidelik uit OT profesiee dat Hy ook as HERE gereken sou word, gedood (deurboor) sou word ter wille van ons oortredinge, aan die regterhand van God gaan sit en dat Hy sou kom om te oordeel  (wat ons nou verstaan van die wederkoms). Dit is nie altyd maklik om die lyn van profesiee te onderskei nie, net soos dit nou vir ons moeilik is om te weet presies hoe alles inmekaar pas met die wederkoms en die voleinding van die wereld - met vervulling van profesie, raak alles egter gewoonlik duidelik. Hierdie moes ook duidelik geraak het vir die Skrifgeleerdes, sou hulle die skrifte ondersoek. Nadat Jesus opgestaan het uit die dode, het Hy aan baie dissipels verskyn - ons lees o.a. in Luk 24:45 hoe Hy hulle verstand geopen het om die Skrifte te verstaan.
 Jesus Christus, as Here en Seun van God, was nooit "net 'n NT begrip", soos sommige voorgee nie, maar inderdaad deur OT profete voorspel. Dit was ook kenmerkend van die Messias. NT skrifte bewys ook dat hierdie wel die manier was hoe/wie die Joodse volk verstaan het hulle Messias sou wees, verkry uit OT profesie - in storie-verhaalkaart 1 het ons reeds uitgeklaar dat Jesus Christus inderdaad die een was waarop hulle gewag het. In hierdie verhaalkaart wil ons deur OT profesiee bewys dat hulle inderdaad verstaan het dat die Messias ook HERE was/is! 

 HIER IS 'N PAAR VAN DIE TEKENS WAARAAN HULLE HOM SOU ERKEN (Kom ons gaan kyk na 'n paar skrifte van waar profete oor die Messias geprofeteer het en kyk of hierdie skrifte ook wys daarop dat Hy Here is):

(1)  'n Maagd sou swanger word:  (Jes. 7:14 - "Daarom sal die HERE self aan julle ‘n teken gee: Kyk, die maagd sal swanger word en ‘n seun baar en hom Immánuel noem")-( l.w. dat in die profesie die seun, Immánuel genoem word, wat beteken 'GOD MET ONS").  Dat 'n MAAGD SOU SWANGER WORD,  was iets waarna hulle spesifiek uitgekyk het - die begrip was dus nie so vreemd vir hulle nie, want hulle het die spesifieke gebeurtenis verwag! - hulle het geweet dat die tyd sou kom wanneer die Here 'n maagd sou swanger maak en dit sou 'n teken wees van hulle Messias. Maar, om seker te maak dat die gebeurtenis getrou is, sou daar ook ander bewyse moes wees daarvan.  Die maagd, Maria, wat deur die Heilige Gees bevrug is, is op verskillende maniere BEVESTIG: (1) 'n Engel het aan Maria verskyn,(2) asook aan Josef, (3) en toe Maria vir Elisabet gaan kuier het nadat sy die nuus van die engel verneem het, het sy, vervul deur die Heilige Gees, die volgende opmerking gemaak: (Luk 1:43 - "En wat het my oorgekom dat die moeder van my Here na my toe kom?"). "Kyk, die maagd sal swanger word...".  Die feit dat die profesie oor die maagd wat sou swanger word, die woorde bevat: " 'n seun baar EN HOM IMMANUEL NOEM",is een van die voorbeelde wat daarop wys dat die volk verstaan het dat die Messias ook HERE is, (Immanuel beteken: "God met ons").

(2)  Die Messias sou gebore word uit die stam van Dawid:  Volgens Matt. 1 is Jesus definitief gebore uit die stam van Dawid.  Terwyl sommige oorweeg het of Jesus die "seun van Dawid" was (Matt. 12:23), was ander oortuig daarvan dat Hy die profesie vervul het en Hom aangespreek as die seun van Dawid!:  - Matt. 9:27; Matt. 15:22; 20:30; 21:9... Toe Jesus Jerusalem inry op die esel (l.w. nog vervulde profesie!), het die skare uitgeroep: (Mat 21:9) " En die skare wat voor geloop en die wat gevolg het, het uitgeroep en gesê: Hosanna vir die Seun van Dawid! Geseënd is Hy wat kom in die Naam van die Here! Hosanna in die hoogste hemele!". Die menigtes het Hom openlik erken as die Een wat gebore sou word uit die stam van Dawid -  Vgl. dit met bg. skrif van Matt. 22:44 (Ps. 110:1) - as hulle Hom Seun van Dawid genoem het, het hulle dus verklaar dat Hy daardie Een is van wie Dawid gepraat het, die HERE! 

(3) Johannes het openlik bevestig dat Jesus die Christus is: (Joh 1:36)  "en toe hy Jesus sien wandel, sê hy: Dáár is die Lam van God!" (vgl. met Jes. 40:11). Dit is agter hierdie getuienis van Johannes aan, wat sekere dissipels Jesus begin volg het - die woord was uit:  (Joh 1:45)  (1:46) "... Filippus het Natánael gekry en vir hom gesê: Ons het Hom gevind van wie Moses in die wet en ook die profete geskrywe hetJesus, die seun van Josef van Násaret".(Joh 1:49)  (1:50) Natánael antwoord en sê vir Hom: Rabbi, U is die Seun van God, U is die Koning van Israel!"  - ook volgens hierdie getuienisse is dit duidelik dat die volk verstaan het dat die Messias ook HERE is!  

(4)  Hy sou in Betlehem gebore word:  (Mig 5:2)  (5:1) "En jy, Betlehem Éfrata, klein om te wees onder die geslagte van Juda, uit jou sal daar vir My uitgaan een wat ‘n Heerser in Israel sal wees; en sy uitgange is uit die voortyd, uit die dae van die ewigheid".  (Mat 2:1-5")  En toe Jesus te Betlehem in Judéa gebore is, in die dae van koning Herodes, het daar wyse manne uit die Ooste in Jerusalem aangekom  en gesê: Waar is die Koning van die Jode, wat gebore is? Want ons het sy ster in die Ooste gesien (BEWYS) en gekom om Hom hulde te bewys. En toe koning Herodes dit hoor, was hy ontsteld en die hele Jerusalem saam met hom; en hy het al die owerpriesters en die skrifgeleerdes van die volk bymekaar laat kom en by hulle navraag gedoen waar die Christus gebore sou word. En hulle het vir hom gesê: Te Betlehem in Judéa, want so is daar deur die profeet geskrywe" - dit is duidelik dat daar geen twyfel by die owerpriesters en skrifgeleerdes was oor waar die Christus gebore sou word nie. Hierdie feit is verder bewys deur die feit dat God engele gestuur het na die herders daar naby en die engele die herders gestuur het om Hom te gaan soek, met verdere bewyse!  Dit is dus deur en deur bewys dat Jesus wel in Betlehem gebore is, al wil sommige voorgee dat dit net 'n opmaak storie is. (Jer 23:5,6) " Kyk, daar kom dae, spreek die HERE, dat Ek vir Dawid ‘n regverdige Spruit sal verwek, en as Koning sal Hy regeer en verstandig handel en reg en geregtigheid doen in die land. In sy dae sal Juda verlos word en Israel veilig woon; en dit is sy naam waarmee Hy genoem sal word: DIE HERE ONS GEREGTIGHEID".

(5)  Hy sou SONDES VERGEWE  en ter wille van ons oortredinge deurboor word:  
- Vergifnis van sonde was nodig sodat iemand in die "opstanding" kan opstaan in 'n ewige lewe en nie in 'n ewige dood nie (en l.w. dat dit nodig is om in die koninkryk van God te kan ingaan; daarom dan dat die boodskap van "bekering en vergifnis van sondes" van uiterste belang was, toe Johannes (en Jesus  en Sy dissipels) die woorde begin preek het, "bekeer julle, want die koninkryk het naby gekom") - (Jes. 53:7 - "Hy is mishandel, hoewel Hy onderworpe was, en Hy het sy mond nie oopgemaak nie; SOOS 'N LAM wat na die slagplek gelei word en soos ‘n skaap wat stom is voor sy skeerders—ja, Hy het sy mond nie oopgemaak nie") - dit was geen geheim dat Hy die offerlam sou word nie - l.w. dat Hy, "die een wat soos 'n lam na die slagplek gelei word", in v. 6 HERE genoem word.  (Jer 50:20 -  "In dié dae en in dié tyd, spreek die HERE, sal die ongeregtigheid van Israel gesoek word, maar dit sal daar nie wees nie; en die sondes van Juda, maar hulle sal nie gevind word nie; want Ek sal vergifnis skenk aan diegene wat Ek laat oorbly") - terwyl die gedeelte spesifiek praat van die "laaste dae" en wanneer Jesus terugkom, moet ons verstaan dat die begrip "laaste dae" regdeur die Nuwe Testament trek (Hand. 5:31 - "Hom het God as Leidsman en Verlosser deur sy regterhand verhoog om aan Israel bekering en vergifnis van sondes te skenk").

 Dit was geen geheim dat Hy hulle skuld sou dra en deur die dood, sou betaal vir hulle sonde nie.  (Jes. 52:13) " Kyk, my Kneg sal voorspoedig wees, Hy sal hoog en verhewe, ja, baie hoog word........(Jes. 53:2-12)  Hy tog het soos ‘n loot voor sy aangesig opgespruit en soos ‘n wortel uit droë grond. Hy het geen gestalte of heerlikheid gehad, dat ons Hom sou aansien nie, en geen voorkoms, dat ons Hom sou begeer nie.  Hy was verag en deur die mense verlaat, ‘n man van smarte en bekend met krankheid; ja, soos een vir wie ‘n mens sy gelaat verberg; Hy was verag en ons het Hom nie geag nie. Nogtans het Hy óns krankhede op Hom geneem, en óns smarte—dié het Hy gedra; maar óns het Hom gehou vir een wat geplaag, deur God geslaan en verdruk was.  Maar Hy is ter wille van ons oortredinge deurboor, ter wille van ons ongeregtighede is Hy verbrysel; die straf wat vir ons die vrede aanbring, was op Hom, en deur sy wonde het daar vir ons genesing gekom. Ons almal het gedwaal soos skape, ons het elkeen sy eie pad geloop; maar die HERE het die ongeregtigheid van ons almal op Hom laat neerkom. Hy is mishandel, hoewel Hy onderworpe was, en Hy het sy mond nie oopgemaak nie; soos ‘n lam wat na die slagplek gelei word en soos ‘n skaap wat stom is voor sy skeerders—ja, Hy het sy mond nie oopgemaak nie. Uit die druk en uit die strafgerig is Hy weggeneem; en onder sy tydgenote—wie het daaroor gedink dat Hy afgesny is uit die land van die lewendes? Ter wille van die oortreding van my volk was die plaag op Hom. En hulle het Hom sy graf by die goddelose gegee; en by ‘n ryke was Hy in sy dood, omdat Hy geen onreg gedoen het nie en geen bedrog in sy mond gewees het nie.  Maar dit het die HERE behaag om Hom te verbrysel; Hy het Hom krank gemaak; as sy siel ‘n skuldoffer aangebied het, sal Hy ‘n nakroos sien; Hy sal die dae verleng, en die welbehae van die HERE sal deur sy hand voorspoedig wees. Weens die moeitevolle lyde van sy siel sal Hy dit sien en versadig word; deur sy kennis sal my Kneg, die Regverdige, baie regverdig maak; en Hy sal hulle skuld dra.  Daarom sal Ek Hom ‘n deel gee onder die grotes, en met magtiges sal Hy buit verdeel; omdat Hy sy siel uitgestort het in die dood en saam met die oortreders getel was, terwyl Hy tog die sonde van baie gedra en vir die oortreders gebid het....(Jes. 54:5)  Want jou Maker is jou Man; HERE van die leërskare is sy Naam; en die Heilige van Israel is jou Verlosser. Hy sal die God van die hele aarde genoem word" - weer-eens is dit duidelik volgens die profesiee dat die volk verstaan het dat die Christus, die Messias, ook Here is!

(6)  Hy sou gebore word:  Met die wederkoms, sal die Messias kom op die wolke...  Sy eerste koms was egter anders - Hy sou gebore word soos 'n mens.  Terwyl die Jode in die dorp waar Jesus grootgeword het, nie vreeslik geglo het nie (omdat hulle hom maar net gesien het as die seun van Josef), was OT profesie duidelik dat Hy "gebore sou word" - dit was dus nie veronderstel om 'n vreemde begrip te wees nie. (Jes. 9:6)  (9:5) "Want ‘n Kind is vir ons gebore, ‘n Seun is aan ons gegee; en die heerskappy is op sy skouer, en Hy word genoem: Wonderbaar, Raadsman, Sterke God, Ewige Vader, Vredevors—(Jes. 9:7)  (9:6) tot vermeerdering van die heerskappy en tot vrede sonder einde, op die troon van Dawid en oor sy koninkryk, om dit te bevestig en dit te versterk deur reg en deur geregtigheid, van nou af tot in ewigheid. Die ywer van die HERE van die leërskare sal dit doen".  - Party mense wil probeer bewys dat Sy koms net verwys het na wanneer Hy kom om die volk te red en te herstel, maar dit is duidelik uit die OT profesiee dat 'n deel van Sy koms, verwys het na die feit "dat Hy ook gebore sou word".  Sy koms is dus in twee dele:  Sy eerste koms en toe Hy vir ons oortredinge deurboor is;  tweedens, Sy wederkoms.  -( Let egter daarop dat sommige mense glo dat die wederkoms ook in twee dele gaan geskied, maar soos ons skriftelike bewyse het van Sy "koms" in twee dele, kan dieselfde egter nie gese word van die wederkoms nie!).  Dit is interessant om te merk die dissipels se vraag aan die Here na Sy opstanding, voor Sy opvaarding: (Hand. 1:6)  "Die wat bymekaargekom het, vra Hom toe en sê: Here, gaan U in hierdie tyd die koninkryk vir Israel weer oprig?",  Party Jode het miskien gedink dat Hy onmiddellik na hierdie gebeure Sy koninkryk sou oprig, maar ons weet dat dit eers gaan gebeur met die wederkoms.  Dit is ook duidelik volgens profesie dat Jesus sou gaan sit aan die regterhand van God, iets wat eers moes gebeur voor Sy wederkoms: (Psa 110:1) "Van Dawid. ‘n Psalm. Die HERE het tot my Here gespreek: Sit aan my regterhand, totdat Ek u vyande maak ‘n voetbank vir u voete". 

(7) Iets wat voortspruit uit  Jes. 11, is die woorde:  "en op Hom sal die Gees van die Here rus, die Gees van wysheid en verstand, die Gees van raad en sterkte, die Gees van kennis en van die vrees van die Here". Hierdie wysheid van Jesus het baie mense verstom.- (Mat 13:54)  En Hy het in sy vaderstad gekom en hulle geleer in hul sinagoge, sodat hulle verslae was en gesê het: Waar kry Hy hierdie wysheid en kragte vandaan?-(Luk 2:40)  En die Kindjie het gegroei en sterk geword in die Gees en vol van wysheid. En die genade van God was op Hom.-(Luk 19:47)  En elke dag was Hy besig om in die tempel te leer; en die owerpriesters en die skrifgeleerdes en die vernaamstes van die volk het probeer om Hom om te bring;(Luk 19:48)  en hulle het niks gevind wat hulle kon doen nie, want die hele volk het Hom aangehang en na Hom geluister.-(Luk 21:37)  En Hy was oordag in die tempel besig om te leer, en snags het Hy uitgegaan en vernag op die berg wat die Olyfberg genoem word.(Luk 21:38)  En die hele volk het vroeg in die môre na Hom in die tempel gekom om na Hom te luister.-(Luk 2:46)  En ná drie dae het hulle Hom in die tempel gevind, terwyl Hy in die midde van die leraars sit en na hulle luister en hulle uitvra.(Luk 2:47)  En almal wat Hom gehoor het, was verbaas oor sy verstand en sy antwoorde.-(Joh 5:30)  Ek kan uit Myself niks doen nie. Soos Ek hoor, oordeel Ek; en my oordeel is regverdig, omdat Ek nie my wil soek nie, maar die wil van die Vader wat My gestuur het.

(8) God sou iemand stuur wat die pad vir die Messias sou regmaak;  hy sou 'n toegeruste volk vir die Here berei:  Die OT profesiee praat van hom as die een wat kom "in die gees van Elia";  ander skrifte praat van "Elia wat sal kom". (Mal 4:5 -" Kyk, Ek stuur julle die profeet Elía voordat die groot en vreeslike dag van die HERE aanbreek")-(die groot en vreeslike dag spreek hier van die dag van oordeel, wat deel is van die Messias se doel - huidiglik verwys dit na die dag van wederkoms).  Johannes die Doper was dus self 'n bewys, as die een wat die pad regmaak, om "vir die Here" 'n toegeruste volk voor te berei: hierdie feit is BEVESTIG: (1) deur die engel wat aan Sagaria verskyn het in die tempel - die engel het bv. die volgende opmerking gemaak t.o.v. Johannes:(Luk 1:16,17 - "En hy sal baie van die kinders van Israel bekeer tot die Here hulle God. En hy sal voor Hom uit gaan in die gees en die krag van Elía, om die harte van die vaders terug te bring tot die kinders en die ongehoorsames tot die gesindheid van die regverdiges, om vir die Here ‘n toegeruste volk te berei").  -en was dieselfde as wat voorspel was deur die profete, o.a. Mal. 3:1; 4:6; Jes. 40:3-5... (2) Die hele volk het aanskou hoe Sagaria uitgekom het uit die tempel, met stomheid geslaan, en hulle het geweet dat hy 'n gesig gesien het (Luk 1:21,22) " En die volk het op Sagaría bly wag en was verwonderd dat hy so lank in die tempel vertoef. Maar toe hy uitkom, kon hy met hulle nie praat nie; hulle bemerk toe dat hy ‘n gesig in die tempel gesien het. En hy het aanhoudend vir hulle beduie en stom gebly".  Die feit dat Johannes inderdaad die een was wat die pad sou gereedmaak vir die Here, is deur en deur bewys.  -(Mat 3:3 -"Want dit is hy van wie deur die profeet Jesaja gespreek is toe hy gesê het: Die stem van een wat roep in die woestyn: Berei die weg van die Here, maak sy paaie reguit!". (3)  Luk. 1:59-80 - sy naam is bevestig deurdat die Here sy stomheid weggeneem het op daardie oomblik - (Luk 1:65,66)  "En daar het vrees gekom oor almal wat rondom hulle gewoon het, en daar is baie gepraat oor al hierdie dinge in die hele bergstreek van Judéa. En almal wat dit gehoor het, het dit ter harte geneem en gesê: Wat sal tog van hierdie kindjie word? En die hand van die Here was met hom" - kyk wat het Sagaria (wat oorspronklik nie die engel wou glo nie!), nou ewe skielik te se oor Johannes! (v.67-80) - l.w. o.a.:  (Luk 1:76 - "En jy, kindjie, sal ‘n profeet van die Allerhoogste genoem word, want jy sal voor die aangesig van die Here uitgaan om sy weë reg te maak".(Luk 1:17) " En hy sal voor Hom uit gaan in die gees en die krag van Elía, om die harte van die vaders terug te bring tot die kinders en die ongehoorsames tot die gesindheid van die regverdiges, om vir die Here ‘n toegeruste volk te berei".  / (Mat 17:10) " En sy dissipels vra Hom en sê: Waarom sê die skrifgeleerdes dan dat Elía eers moet kom?  En Jesus antwoord en sê vir hulle: Dis waar, Elía kom eers en sal alles herstel;  maar Ek sê vir julle dat Elía al gekom het, en hulle het hom nie erken nie, maar aan hom alles gedoen wat hulle wou. So sal die Seun van die mens ook deur hulle ly. Toe verstaan die dissipels dat Hy met hulle van Johannes die Doper gespreek het" - (kyk ook Mark. 9:11-13). Die feit dat Sagaria van Johannes gese het dat hy sal uitgaan voor die aangesig VAN DIE HERE, is een van die vb.e wat daarop wys dat die volk verstaan het dat die  Messias ook HERE is! Toe Johannes sy bediening begin, het hy die mense geroep gese:  (Mat 3:2 - "Bekeer julle, want die koninkryk van die hemele het naby gekom".  Die feit dat die Fariseërs en Sadduseërs probeer het om hulle deur Johannes te laat doop, is 'n bewys dat hulle geglo het dat Johannes inderdaad die een was op wie hulle gewag het.   Met Johannes se aankoms, het hulle definitief die koninkryk verwag! (Mat 3:2)  "gepreek en gesê: Bekeer julle, want die koninkryk van die hemele het naby gekom". Dit is ook duidelik uit spesifieke vrae wat gevolg het deur verskeie Jode dat hulle die koninkryk verwag het.  Johannes was dus self 'n bewys van "dat die Messias", die Here, oppad was. Tog het almal van hulle nie geglo nie. Toe die owerpriesters en skrifgeleerdes Jesus se gesag bevraagteken, was Jesus se antwoord:  (Mat 21:25-27 - "Die doop van Johannes, waar was dit vandaan, uit die hemel of uit mense? En hulle het by hulleself geredeneer en gesê: As ons sê: Uit die hemel—dan sal Hy ons vra: Waarom het julle hom dan nie geglo nie? En as ons sê: Uit mense—dan moet ons oppas vir die menigte, want almal hou Johannes vir ‘n profeet. Toe antwoord hulle Jesus en sê: Ons weet nie. Hy sê toe ook vir hulle: Dan vertel Ek julle ook nie deur watter gesag Ek hierdie dinge doen nie".(Mat 11:18,19)  Want Johannes het gekom en nie geëet of gedrink nie, en hulle sê: Hy het ‘n duiwel.  Die Seun van die mens het gekom—Hy eet en drink, en hulle sê: Dáár is ‘n mens wat ‘n vraat en ‘n wynsuiper is, ‘n vriend van tollenaars en sondaars. Maar die wysheid is geregverdig deur sy kinders.  Daar was egter genoeg bewyse, die owerpriesters en skrifgeleerdes wou dit net nie aanvaar nie;  ook was hulle dalk kwaad oor Johannes nie almal van hulle wou doop nie en is hulle "gesag" aangeraak (Matt. 3:7-12).  Ten spyte van die paar wat nie geglo het nie, het die meerderheid geglo dat Johannes die een was wat die pad sou voorberei vir die Messias, soos die profete voorspel het: (Mar 1:2-5)  Soos geskrywe is in die Profete: Kyk, Ek stuur my boodskapper voor u aangesig, wat u pad voor U uit sal regmaak—  die stem van een wat roep in die woestyn: Berei die weg van die Here, maak sy paaie reguit! Johannes het gekom en was besig om in die woestyn te doop en die doop van bekering tot vergifnis van sondes te verkondig.  En die hele Joodse land en die inwoners van Jerusalem het uitgegaan na hom toe, en almal is deur hom gedoop in die Jordaanrivier met belydenis van hulle sondes.


(9)  Hy sou die Heilige Gees uitstort: Hierdie was 'n baie definitiewe teken dat Hy die Messias is.  (Joe 2:28,29)  "En daarna sal Ek my Gees uitgiet op alle vlees, en julle seuns en julle dogters sal profeteer, julle ou mense drome droom, julle jongelinge gesigte sien. En ook op die diensknegte en op die diensmaagde sal Ek in dié dae my Gees uitgiet" - alhoewel ook hierdie skrif verwys na die tyd wanneer die Here Sy koninkryk gaan oprig, is dit ook verwysend na die tyd waarin ons lewe - kyk die gebeurtenis van die uitstorting van die Heilige Gees in Hand. 2 en Petrus se aanhaling van Joe 2:28,29 in sy eerste preek waar meer as 3000 mense tot bekering gekom het.  Hierdie was dus ook iets waarop die volk gewag het, iets wat juis die Messias sou kenmerk, dat Hy die Heilige Gees sal uitstort "op alle vlees".  Ons moet verstaan wat dit beteken as die skrif se "alle vlees" - net soos wat "alle nasies" geseen sou word deur die saad van Abraham, maar tog nie almal die koninkryk sal ingaan nie, moet ons verstaan dat hierdie uitstorting van die Heilige Gees ook beteken dat dit toeganklik is vir "alle vlees", maar dat dit net die is wat die voorwaardes nakom, wat die Heilige Gees ontvang - dus, net soos saligheid toeganklik is vir almal wat die voorwaardes nakom, net so is die Heilige Gees toeganklik vir almal wat die voorwaardes nakom (in die Ou Testament was die Heilige Gees net vir sekere mense toeganklik).  (Hand. 2:33) " Nadat Hy dan deur die regterhand van God verhoog is en van die Vader die belofte van die Heilige Gees ontvang het, het Hy dít uitgestort, wat julle nou sien en hoor" - hierdie feit van dat Hy deur die regterhand van God verhoog is, is ook kenmerkend van die HERE - (Psa 110:1)  "Van Dawid. ‘n Psalm. Die HERE het tot my HERE gespreek: Sit aan my regterhand, totdat Ek u vyande maak ‘n voetbank vir u voete" - Jesus word hier deur Dawid "Here" genoem.



(10) Hy sou as koning regeer en die land herstel en die volk versamel:  (Jer 23:5)  "Kyk, daar kom dae, spreek die HERE, dat Ek vir Dawid ‘n regverdige Spruit sal verwek, en as Koning sal Hy regeer en verstandig handel en reg en geregtigheid doen in die land.(Jer 23:6)  In sy dae sal Juda verlos word en Israel veilig woon; en dit is sy naam waarmee Hy genoem sal word: DIE HERE ONS GEREGTIGHEID". Terwyl die skrifgedeelte nie die deel uitwys van waar Hy sou sterf vir ons oortredinge nie, niks praat van die "deurboor" gedeelte soos ons nou al gesien het nie, of die gedeelte oor "aan die regterhand van God" sit nie, beteken dit nie dat ons die ander skrifte net eevoudig moet ignoreer nie.  Ons moet tog al die profesiee oor die Messias in aanmerking neem wanneer ons die wil beoordeel.  (Amo 9:11)  In dié dag sal Ek die vervalle hut van Dawid weer oprig, en Ek sal sy skeure toebou en sy puinhope herstel, en Ek sal dit opbou soos in die ou tyd...Hierdie Messias, Seun van God, Here, wat gekom het en gesterf het vir ons sonde, opgestaan het uit die dood, wat nou sit aan die regterhand van God die Vader, sal terugkom: (Jes. 40:10)  Kyk, die Here HERE sal kom as ‘n Sterke, en sy arm sal heers; kyk, sy loon is by Hom, en sy beloning is voor sy aangesig. (kyk ook storieverhaalkaart 3: Jesus, die Koning)(ons moet verstaan dat wanneer Jesus Christus terugkom, Hy al die ander koninkryke sal verbrysel en Sy koninkryk oprig - Hy sal Koning wees oor die hele aarde - nie net sal die volk Israel saam met Hom regeer nie, maar ook alle gelowiges wat deel geraak het van Sy volk, die wat in Jesus Christus glo en Sy Naam bely - m.a.w. ook die wat in Christus gesterf het en die gelowiges wat oor is wanneer Hy terugkom, sal saam met Hom regeer in die 1000 jaar ).

----------------------------------------------------------------------------------------------------
(SIEN DIE STORIEVERHAAL van storieverhaalkaart 4, OP DIE VOLGENDE BLOGPOST)
-----------------------------------------------------------------------------------------------------



No comments:

Post a Comment

Note: Only a member of this blog may post a comment.