Pages
- Home
- Het jy geweet...
- Vrae wat Tieners vra - Eindtyd onderwerpe
- My Eerste Bybelwoorde
- Die Bybelverhaal in Prente: GENESIS
- Eindtyd Onderwerpe 2
- Storie-Verhaalkaart 1: Jesus is die Messias!
- Besprekingsvrae: 12-17 jariges
- Evangelie Reeks: 12-17 jariges
- Sondagskool Mobile
- Sondagskool Crafts
- OPSOMMING VAN LESSE op hierdie blog
- Les aanbieding Idees
- Groeplesse
- Geloofwaardigheid vd Bybel
- Wat is ek?
- Die volk van God
- Die mens
- Flitskaarte
Showing posts with label tieners. Show all posts
Showing posts with label tieners. Show all posts
Wednesday, April 3, 2013
Saturday, February 23, 2013
Die God van die hemel sal 'n koninkryk verwek...
Hierdie studie is bedoel vir 14-18 jariges. Dit handel oor skrifgedeeltes uit die boek van Daniel, asook uit Openbaring en kyk spesifiek in die studie van wereldse koninkryke tot op die wederkoms. Met Jesus se wederkoms sal Hy alle ander koninkryke tot niet maak en 'n ewige koninkryk verwek...
In die studie word ook na spesifiek figure en onderwerpe gekyk, bv. die Antichris, die valse profeet, die stad Babilon, die regering van die koninkryk van God, ens. Dit beoog ook om gebeure in verskillende skrifgedeeltes (in konteks) saam te bring en regoor mekaar te stel sodat 'n tipe van geheelbeeld gevorm kan word. Gebeure is opgesom, vertikaal volgens skrifgedeeltes (bv. legkaart 1 gaan oor Dan. 2), en horisontaal skakel dit met ander skrifgedeeltes (bv. legkaart 2 pas horisontaal langs legkaart 1).
Mees belangrik is die bybelstudie gedeeltes waarin geestelike sake behandel word, bv. die feit dat GOD IN BEHEER is, die feit dat HY 'N KONINKRYK GAAN VERWEK, die feit van WIE KINDERS VAN HIERDIE KONINKRYK GAAN WEES.......ens.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(legkaart 1)
(legkaart 1b)(pas vertikaal onder legkaart 1)
(legkaart 1 ekstra)(bybelstudie gedeelte op legkaart 1)
(legkaart 1b eksta)(bybelstudie gedeelte op legkaart 1)
(samevoeging van legkaart 1 met bybelstudie)
(legkaart 2)(pas horisontaal aan legkaart 1)
(legkaart 2b)(pas vertikaal aan legkaart 2)(pas horisontaal aan legkaart 1b)
(legkaart 2 ekstra)(bybelstudie gedeelte van legkaart 2)
(legkaart 2b ekstra)(bybelstudie gedeelte van legkaart 2)
(samevoeging legkaart 2 met bybelstudie)
(samevoeging van legkaart 1 en 1b met 2 en 2b)
Saturday, February 9, 2013
Evangelie Reeks 12-17 jariges: Inleiding
ANDER POSTE VD EVANGELIE REEKS:
http://sondagskooltuis.blogspot.co.nz/2013/02/evangelie-reeks-12-17-jariges-jood-en.html
http://sondagskooltuis.blogspot.co.nz/2013/03/evangelie-reeks-12-17-jariges-wette-en.html
http://sondagskooltuis.blogspot.co.nz/2014/07/hoe-om-die-evangelie-te-verkondig_28.html
http://sondagskooltuis.blogspot.co.nz/2014/07/hoe-om-die-evangelie-te-verkondig.html
(Mat 28:19) "Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het".
Hierdie was deel van Jesus se laaste woorde aan die 11 dissipels in die 40 dae wat Hy nog aan baie dissipels verskyn het voor Hy opgevaar het hemel toe. Die opdrag was duidelik: "maak dissipels van alle nasies..en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.". In hierdie "Evangelie Reeks" gaan ons kyk hoe die dissipels hierdie woorde prakties toegepas het. http://sondagskooltuis.blogspot.co.nz/2013/02/evangelie-reeks-12-17-jariges-jood-en.html
http://sondagskooltuis.blogspot.co.nz/2013/03/evangelie-reeks-12-17-jariges-wette-en.html
http://sondagskooltuis.blogspot.co.nz/2014/07/hoe-om-die-evangelie-te-verkondig_28.html
http://sondagskooltuis.blogspot.co.nz/2014/07/hoe-om-die-evangelie-te-verkondig.html
VIR ANDER ONDERWERPE IN HIERDIE REEKS, GAAN NA:
(Mat 28:19) "Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het".
- Hoe het hulle "dissipels gemaak"?
- Wat het hulle gepreek, m.a.w. wat is nou juis "die evangelie" wat hulle gepreek het?
- Het hulle verstaan dat die evangelie bedoel was vir "alle nasies"?
Wat het die opdrag presies behels?
Was hierdie opdrag net aan uitverkorenes gegee?
ens.
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
-Praat Hy hier van Homself?(evangelie van Jesus Christus?) (in ag geneem dat dit aan die begin van Sy bediening was en Hy nog nie gekruisig en opgestaan het uit die dood nie en nog nie opgevaar het nie). -Praat Hy van die "evangelie van vrede"?; -Praat Hy van die "evangelie van die koninkryk"? ens.
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Die EVANGELIE
Wat is die evangelie? Wat behels die evangelie werklik? Ons
lees o.a. in die Skrif van die "evangelie van die koninkryk", "die
evangelie van Jesus Christus", die "evangelie van vrede"... - wat
is die verskil? Is daar enige verskil?
BESPREEK IN DIE GROEP:
* (1) Wat verstaan jy van die begrip "evangelie"? (Wat is die evangelie?)(As jy aan iemand die evangelie sou verkondig, wat sou jy vir hom se?)
* (2) Lees die volgende skrif: - (Mat 4:23) "En Jesus het deur die hele Galiléa rondgegaan en in hulle sinagoges geleer en die evangelie van die koninkryk verkondig en elke siekte en elke kwaal onder die volk genees" .
Ons merk dat Jesus die "evangelie van die koninkryk" verkondig het oral waar Hy rondgegaan het - (kyk ook Matt. 4:23, Matt. 9:35, Mark. 1:14, Luk. 4:43, Luk. 8:1, Luk. 16:16). Hy het die volgende opmerking gemaak in Mar 1:15 "en gesê: Die tyd is vervul en die koninkryk van God het naby gekom; bekeer julle en glo die evangelie"
- van watter "evangelie" praat Hy hier wanneer Hy se, "glo die evangelie"?
Hoe het Jesus die evangelie verkondig?
(3) Die evangelie gaan daaroor dat iemand die geleentheid kry om te "hoor"- (Rom 10:17) "Die geloof is dus uit die gehoor, en die gehoor is deur die woord van God". Met evangelie-prediking verstaan mense nie altyd mooi hoekom Jesus nou eintlik vir ons sondes moes sterf nie, of wat die doel van die uitstorting van die Heilige Gees was nie, of wat die doop beteken en of dit enigsins nodig is nie ens. Baie mense verstaan glad nie wat dit beteken "om te glo" nie, of selfs wat dit beteken "om te bekeer" nie. Die persoon word gelei tot bekering, maar nie vertel wat bekering regtig behels nie. Die persoon word gelei tot geloof, maar nie vertel wat dit beteken "om te glo" nie.
Bestudeer die "gelykenis van die Saaier" om te sien wat met mense gebeur "nadat hulle gehoor het" -(in die gelykenis van die Saaier, word 4 groepe mense verduidelik - laat die groep 'n opsomming maak hieroor).
Hoe beinvloed die manier van hoe die evangelie verkondig is, die 4 verskillende groepe?
(Hoe sou groep 2 bv. beinvloed wees as hulle vertel is dat hulle "persoonlike gebedstyd met die Here moet he" en dat "verdrukking en vervolging 'n heel natuurlike ding is vir die Christen om deur te maak en ook nodig?")
(Hoe sou groep 3 beinvloed word as hulle verduidelik word wat dit beteken om die Here as Eerste Liefde te ken en hulle leer om "meer besig te raak met die Here as met die lewe"?)
(Nota: l.w. dat die gelykenis van die Saaier deel was van Jesus se prediking terwyl Hy die "evangelie van die koninkryk" verkondig het!)
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
VIR DIE ONDERWYSER VIR LESAANBIEDING:
----------------------------------------------------------
Alhoewel Jesus in Sy prediking wel getuig het van Sy Messiaskap (m.a.w. die feit dat Hy die Messias is en die Een wat sondes vergewe en terugkom om te oordeel en 'n ewige koninkryk gaan oprig) (Matt. 20:28, Joh. 7:38 ens.) (m.a.w. * die "evangelie van Jesus Christus"), moet ons verstaan dat Sy leringe heelwat verder gestrek het as dit . Sy manier van "die evangelie verkondig", was amper intensiewe lering!
Dit het ook gegaan oor:
* die "evangelie van vrede" ( - die feit dat God "geen aannemer van die persoon is nie", maar dat in ELKE NASIE die een WAT HOM VREES en GEREGTIGHEID DOEN, Hom welgevallig is", die feit dat "HY HERE IS VAN ALMAL" );
* en die "evangelie van die koninkryk" waarin Hy vir hulle leringe gegee het rondom Sy koninkryk (die pad van godsaligheid asook voorwaardes om kinders van die koninkryk te raak en uiteindelik die koninkryk te beerwe)(Hy het aan hulle verduidelik "wat dit beteken om te glo", "wat dit beteken om te bekeer", "wat dit beteken om vrug te dra", "wat dit beteken om gereed te wees", "wat dit beteken om die Here as Eerste Liefde te ken", "wat van die gelowige verwag word", ........ens. - in Jesus se manier van die EVANGELIE VERKONDIG, het Hy dus nie net getuig van Sy Messiaskap nie, maar Hy het intensiewe lering gegee! Dit dan die antwoord op die vraag, "Hoe het Jesus die evangelie verkondig?")
(vir verdere skrifte oor bg. en "die Koninkryk van God": http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/12/jesus-christus-se-koninkryk-die.html - in hierdie blogpost word die "koninkryk van God/hemele" in diepte verduidelik, voorwaardes, leringe ens. - hierdie koninkryk wat vir die mens berei was van die grondlegging van die wereld af, 'n koninkryk wat Jesus sal oprig wanneer Hy terugkom - Hy sal die ander koninkryke verbrysel en 'n ewige koninkryk oprig wat sal begin met die 1000 jaar Vrederyk waarin Jode sowel die gelowiges "wat oorwin", saam met Hom sal regeer);
-die evangelie van Jesus Christus en van vrede, kan nie geskei word van die evangelie van die koninkryk nie - dit vorm alles deel van "die evangelie". Toe Jesus lering gegee het oor die evangelie van die koninkryk, het dit meerendeels gegaan oor die voorwaardes om kinders van die koninkryk te word, asook leringe oor wie uiteindelik sal ingaan in die koninkryk, m.a.w. leringe soos "om gereed te wees", die "vrug van die gelowige" ens. - hierdie is ook alles deel van die evangelie.
-die "evanglie" gaan nie NET OOR die "evangelie van Jesus Christus" nie, ook nie NET OOR "die evangelie van die koninkryk" nie, ook nie NET OOR "die evangelie van vrede" nie, maar dit alles saam vorm "die evangelie".
(Waar daar bv. net bekering en wedergeboorte gepreek word, is dit nie die volle evangelie nie)
(Waar daar bv. net geloof gepreek word, is dit nie die volle evangelie nie)
(Waar daar net gepreek word oor die pad van godsaligheid, is dit nie die volle evangelie nie)
(Waar daar bv. net bekering en wedergeboorte gepreek word, is dit nie die volle evangelie nie)
(Waar daar bv. net geloof gepreek word, is dit nie die volle evangelie nie)
(Waar daar net gepreek word oor die pad van godsaligheid, is dit nie die volle evangelie nie)
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Hoe om die evangelie te verstaan.............................................................................
DIE EVANGELIE behels die volgende:
- (1) die evangelie van JESUS CHRISTUS - bv. die feit dat Hy ons sondes vergewe (sodat ons kinders van die koninkryk kan raak); die feit dat Hy opgestaan het uit die dode as Eersteling (sodat vervul kan word, oorwinning oor die dood vir ons, wanneer ons met Sy wederkoms nuwe liggame kry).
Terwyl die wet en die profete slegs gewys het om die Messias wat sou kom, gaan die evangelie van die koninkryk van God oor Hom wat gekom het en weer gaan kom. Die evangelie van die koninkryk behels ook (Hand. 18:23) dat ons kan getuig en bewys deur die wet en profete, dat Jesus Christus inderdaad die Messias is op wie almal gewag het! Dus behels die evangelie van die koninkryk ook die uitleg van skrifte as voldoende bewyse. Hierdie bewyse bevat o.a. "die vergifnis van sondes", die "uitstorting van die Heilige Gees" (wat ook 'n bewys is dat Hy inderdaad die Messias is, anders sou dit nie plaasgevind het nie!) ens. -(bg. is alles deel van die bewyse dat Hy inderdaad die Messias is) - so was Sy opvaarding na die Vader bv. nodig vir die uitstorting van die Heilige Gees ens. Dus, die evangelie van die koninkryk, gaan OOK oor die evangelie van Jesus Christus, want ook nie geskei kan word nie van:

- (2) die evangelie van VREDE - (dat Hy HERE IS VAN ALMAL en daar geen onderskeid is tussen Jood en nie-Jood nie)
- (3) en die evangelie van die koninkryk (wat gaan oor die feite rondom die "koninkryk van God",
voorwaardes om "kinders van die koninkryk" te word (saligheid - bekering en geloof);
en voorwaardes om uiteindelik die koninkryk te kan beerwe (Christelike lewe)(pad van godsaligheid))
voorwaardes om "kinders van die koninkryk" te word (saligheid - bekering en geloof);
en voorwaardes om uiteindelik die koninkryk te kan beerwe (Christelike lewe)(pad van godsaligheid))
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(Vir les oor die geloofwaardigheid vd Bybel: (http://sondagskooltuis.blogspot.co.nz/2015/04/die-geloofwaardigheid-van-die-bybel_79.html)).
(Nog verwysings moontlik van belang: http://sondagskooltuis.blogspot.co.nz/2014/07/a4-muurkaart-vertikaal-die-gelowige.html)
(Nog verwysings moontlik van belang: http://sondagskooltuis.blogspot.co.nz/2014/07/a4-muurkaart-vertikaal-die-gelowige.html)
Thursday, February 7, 2013
Besprekingsvrae 12-17 jariges: Hoe om skrifte te verstaan
BESPREEK VRAAG IN GROEP:
Verse word heelwat verskillend geinterpreteer deur verskillende gelowiges en dit is nie altyd maklik om te weet na wie om te luister nie - hoe kan iemand seker maak dat hy die regte interpretasie het van 'n skrif? (m.a.w. dat hy verstaan wat die skrif werklik wil leer)
ANTWOORD:
(1) Lees die skrif in KONTEKS met die skrifte voor en na daardie betrokke vers.
(2) Hoofstukke voor en na, moet ook somtyds gelees word om dit behoorlik te verstaan.
(3) Ander soortgelyke verse kan ook opgesoek word in ander boeke in die Bybel om meer insig te gee op die betrokke vers.
(1 Kor. 6:10) "Moenie dwaal nie! Geen hoereerders of afgodedienaars of egbrekers of wellustelinge of sodomiete of diewe of gierigaards of dronkaards of kwaadsprekers of rowers sal die koninkryk van God beërwe nie".
DIE KONTEKS IS DUIDELIK: (1) Ons moet opsetlike sondes afle; (2) Ons moet ons nie deur iets laat oorheers nie; (3) die uiteinde van die wat in opsetlike sondes voortstap, is duidelik.
(3) ANDER SOORTGELYKE VERSE KAN OOK OPGESOEK WORD IN ANDER BOEKE IN DIE BYBEL OM MEER INSIG TE GEE OP DIE BETROKKE VERS:
(Hierdie is slegs 'n paar vb. e; L.W. dat al die vb.e hieronder genoem, gerig is tot CHRISTENE, mense wat reeds tot geloof gekom het!)
(1Pe 4:15) Want niemand van julle moet ly as moordenaar of dief of kwaaddoener of as een wat hom met die sake van ‘n ander bemoei nie.
(1Pe 4:16) Maar wanneer iemand as ‘n Christen ly, moet hy hom nie skaam nie, maar God verheerlik in hierdie opsig.
(1Pe 4:17) Want die tyd is daar dat die oordeel moet begin by die huis van God. En as dit eers by ons begin, wat sal die einde wees van die wat aan die evangelie van God ongehoorsaam is?
(Gal 5:9) ‘n Bietjie suurdeeg maak die hele deeg suur.
(Gal 5:10) Ek vertrou van julle in die Here dat julle nie anders sal dink nie; maar die een wat julle in die war bring, sal die oordeel dra, wie dit ook mag wees.
(Gal 5:11) Maar ek, broeders, as ek nog die besnydenis verkondig, waarom word ek nog vervolg? Dan is die struikelblok van die kruis vernietig!
(Gal 5:12) Ag, as die wat julle opstandig maak, hulleself tog maar ook wou vermink!
(Gal 5:13) Want julle is tot vryheid geroep, broeders; gebruik net nie julle vryheid as ‘n aanleiding vir die vlees nie, maar dien mekaar deur die liefde.
(Rom 6:19) Ek spreek menslikerwys ter wille van die swakheid van julle vlees; want net soos julle jul lede diensbaar gestel het aan die onreinheid en wetteloosheid om wetteloos te wees, so moet julle nou jul lede diensbaar stel aan die geregtigheid tot heiligmaking.
(Rom 6:20) Want toe julle diensknegte was van die sonde, was julle vry van die geregtigheid.
(Rom 6:21) Watter vrug dan het julle toe gehad van die dinge waaroor julle jul nou skaam? Want die uiteinde daarvan is die dood.
Verse word heelwat verskillend geinterpreteer deur verskillende gelowiges en dit is nie altyd maklik om te weet na wie om te luister nie - hoe kan iemand seker maak dat hy die regte interpretasie het van 'n skrif? (m.a.w. dat hy verstaan wat die skrif werklik wil leer)
ANTWOORD:
(1) Lees die skrif in KONTEKS met die skrifte voor en na daardie betrokke vers.
(2) Hoofstukke voor en na, moet ook somtyds gelees word om dit behoorlik te verstaan.
(3) Ander soortgelyke verse kan ook opgesoek word in ander boeke in die Bybel om meer insig te gee op die betrokke vers.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
DIE GROEP KAN DIT PRAKTIES TOEPAS:
(Vir hierdie doel gaan ons die volgende vers gebruik):
(1 Kor. 6:10) "Moenie dwaal nie! Geen hoereerders of afgodedienaars of egbrekers of wellustelinge of sodomiete of diewe of gierigaards of dronkaards of kwaadsprekers of rowers sal die koninkryk van God beërwe nie".
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(1) LEES DIE SKRIF IN KONTEKS MET DIE SKRIFTE VOOR EN NA DAARDIE BETROKKE VERS:
Verse 1-9 (voor 1 Kor. 6:10): Eerstens moet ons besef dat hierdie brief gerig was aan Christene. Paulus raak die saak aan van broeders wat mekaar na die hof neem - hulle is veronderstel om sake tussen mekaar uit te klaar, nie raad te vra by ongelowiges nie (want die ongelowige se wysheid is natuurlik anders as die van die gelowige). Hy gee vir hulle die oplossing op die probleem, die antwoord wat hulle eintlik self by moes uitkom, nl. "Waarom ly julle nie liewer onreg nie? Waarom laat julle jul nie liewer berowe nie?". In hierdie geval is die probleem die feit dat die persoon nie bereid is om onreg te ly nie (vgl. met Matt. 5:40). En dan vra hy: "Maar julle doen onreg en pleeg roof, en dit aan broeders" - die onderwerp gaan dus oor "roof" - "ROWERS".
Verse 11-20 (na 1 Kor. 6:10): Paulus herinner hulle daaraan dat hulle nie meer veronderstel is om in hierdie sondes (opsetlik) te stap nie, omdat hulle hul "laat afwas het en geheilig en geregverdig is in die Naam van die Here Jesus en deur Sy Gees". Dan se hy verder in v. 12: "Alles is my geoorloof, maar nie alles is nuttig nie; alles is my geoorloof, maar ek sal my nie deur iets laat oorheers nie" - en dit dan die konteks van v. 11-20. Hy praat dan oor 'n spesifieke sonde, nl. hoerery, 'n sonde wat teen die eie liggaam is (terwyl alle ander sondes buite die liggaam is). Alhoewel die liggaam uiteindelik tot niet gaan, beteken dit nie dat dit nou gebruik kan word vir iets wat nie vir my nuttig is nie, of iets wat begin heers oor my nie. Alhoewel die maag vir die voedsel is en voedsel vir die maag, kan ons nie dieselfde se van "hoerery" nie - "die liggaam is nie vir hoerery nie, maar vir die Here; en die Here vir die liggaam". Hy verduidelik dit verder deur te se dat die "een vir wie jy aanhang, met daardie een, is jy een gees". Hy beveel hulle om te vlug vir hoerery, en herinner hulle aan hoe duur hulle gekoop is en dat hulle liggaam 'n tempel is van die Heilige Gees. "Verheerlik God dan in julle liggaam en in julle gees wat aan God behoort".
OPSOMMING: DIT IS DUIDELIK DAT PAULUS HIER VERWYS NA OPSETLIKE SONDES. SOMMIGE GELOWIGES HET GEDINK DAT HULLE KAN VOORTSTAP IN SEKERE SONDES. OMDAT HULLE "AFGEWAS" IS, MOET HULLE JUIS DAAROP AG GEE OM NIE IN OPSETLIKE SONDES TE STAP NIE. HY PRAAT OOR 'N HELE PAAR VAN HIERDIE SONDES EN MEER SPESIFIEK OOR "ROOF" EN "HOERERY".
DIE KONTEKS IS DUIDELIK: (1) Ons moet opsetlike sondes afle; (2) Ons moet ons nie deur iets laat oorheers nie; (3) die uiteinde van die wat in opsetlike sondes voortstap, is duidelik.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(2) HOOFSTUKKE VOOR EN NA, MOET OOK SOMTYDS GELEES WORD OM DIT BEHOORLIK TE VERSTAAN:
-------------------------------------
* 1 Kor. 5: -Die vorige hfst. begin met die volgende woorde: (1 Kor. 5:1 - "‘n Mens hoor waarlik van hoerery onder julle, en hoerery van so ‘n aard as wat selfs onder die heidene nie bekend is nie: dat iemand die vrou van sy vader het". Dit is duidelik dat daar groot probleme was in die gemeente van Korinthiers. Nie net was daar sekere gelowiges wat in opsetlike sondes gestap het nie, maar hulle was ook opgeblase hieroor, want hulle het die "suurdeeg" toegelaat in die gemeente, (-hom liewer probeer beskerm as om hom te vermaan!?) Paulus moedig hulle aan om liewer die suurdeeg te verwyder (omdat 'n bietjie suurdeeg, die hele deeg suur maak). Hy beveel aan dat hulle die persoon uit die gemeente uitwerp (met die doel om hom te probeer wen) en beveel hulle ook om "nie om te gaan met hoereerders nie" - hy gaan verder: (1 Kor. 5:10-12) "dit wil sê, nie die hoereerders van hierdie wêreld of die gierigaards of rowers of afgodedienaars in die algemeen nie, want dan sou julle uit die wêreld moet uitgaan— maar nou skryf ek aan julle om nie om te gaan met iemand wat, al staan hy as ‘n broeder bekend, ‘n hoereerder is of ‘n gierigaard of ‘n afgodedienaar of ‘n kwaadspreker of ‘n dronkaard of ‘n rower nie; met so iemand moet julle selfs nie saam eet nie. Want waarom sou ek ook die wat buite is, oordeel? Oordeel julle nie die wat binne is nie?" - hy verduidelik dat dit ons as Christene se plig is om die "wat binne is", te oordeel (maar die wat "buite is", word deur God geoordeel).
OPSOMMING: DIE TEMA VAN "OORDEEL" WORD BAIE VERKEERD VERSTAAN VANDAG - VERKEERDE OORDEEL GAAN OOR "KWAADSPREEK" EN "FOUT SOEK", NIE OOR "VERMANING" NIE. OPSETLIKE SONDE MOET AANGESPREEK WORD EN DIE KERK MOET PASOP DAT HULLE NIE SUURDEEG TOELAAT (WAT DIE HELE DEEG KAN SUURMAAK) NIE.
DIE KONTEKS IS DUIDELIK: (1) Dit dan die rede hoekom hy "hoerery" so sterk aanhaal in die volgende hfst. (hfst. 6) - omdat dit regtig 'n probleem was in die kerk en hy wou seker maak dat hulle verstaan dat, al het iemand tot geloof gekom, hy nie die koninkryk sal beerwe, sou hy opsetlik voortstap in sonde soos hoerery nie; (2) Die Christen moet nie omgaan met mense wat opsetlik voorstap in sonde nie; (3) Die Christen moet so iemand vermaan met die doel om hom te probeer red; (4) Ook in die hfst. word "hoereerders", "gierigaards", "rowers", "afgodedienaars", "kwaadsprekers" en "dronkaards" in dieselfde konteks genoem - meer spesifiek hier, in die konteks van dat ons "die wat binne is", moet oordeel (op sonde natuurlik, nie loop en fout soek nie!).
----------------------------------------
* 1 Kor. 7:- In die volgende hfst. praat hy verder oor die "hoerery" en hoe dit is a.g.daarvan, dat elke man liewer sy eie vrou moet he. Hy praat oor hoe dit behoort te wees tussen getroudes en noem dat as 2 ongetroudes hul nie kan beheers nie, hulle liewer moet trou (hoekom stel hy dit voor? - "want dit is beter om te trou as om van begeerte te brand" - dus is daar geen manier hoe voorhuwelikse seks toelaatbaar is nie!). Verder praat hy oor die tema van "skei" en "gelowiges en ongelowiges" wat trou, ens.
OPSOMMING: DIT IS DUIDELIK DAT DAAR SEKERE DINGE VAN DIE CHRISTEN VERWAG WORD - HY KAN NIE DOEN SOOS HY WIL OMDAT HY "VRY" IS NIE.
DIE KONTEKS IS DUIDELIK: (1) Die huwelik is ingestel vir die rede dat hoerery nie plaasvind nie; (2) Daar word van die Christen verwag om gehoorsaam te wees aan die Here.
-------------------------------------
* 1 Kor. 5: -Die vorige hfst. begin met die volgende woorde: (1 Kor. 5:1 - "‘n Mens hoor waarlik van hoerery onder julle, en hoerery van so ‘n aard as wat selfs onder die heidene nie bekend is nie: dat iemand die vrou van sy vader het". Dit is duidelik dat daar groot probleme was in die gemeente van Korinthiers. Nie net was daar sekere gelowiges wat in opsetlike sondes gestap het nie, maar hulle was ook opgeblase hieroor, want hulle het die "suurdeeg" toegelaat in die gemeente, (-hom liewer probeer beskerm as om hom te vermaan!?) Paulus moedig hulle aan om liewer die suurdeeg te verwyder (omdat 'n bietjie suurdeeg, die hele deeg suur maak). Hy beveel aan dat hulle die persoon uit die gemeente uitwerp (met die doel om hom te probeer wen) en beveel hulle ook om "nie om te gaan met hoereerders nie" - hy gaan verder: (1 Kor. 5:10-12) "dit wil sê, nie die hoereerders van hierdie wêreld of die gierigaards of rowers of afgodedienaars in die algemeen nie, want dan sou julle uit die wêreld moet uitgaan— maar nou skryf ek aan julle om nie om te gaan met iemand wat, al staan hy as ‘n broeder bekend, ‘n hoereerder is of ‘n gierigaard of ‘n afgodedienaar of ‘n kwaadspreker of ‘n dronkaard of ‘n rower nie; met so iemand moet julle selfs nie saam eet nie. Want waarom sou ek ook die wat buite is, oordeel? Oordeel julle nie die wat binne is nie?" - hy verduidelik dat dit ons as Christene se plig is om die "wat binne is", te oordeel (maar die wat "buite is", word deur God geoordeel).
OPSOMMING: DIE TEMA VAN "OORDEEL" WORD BAIE VERKEERD VERSTAAN VANDAG - VERKEERDE OORDEEL GAAN OOR "KWAADSPREEK" EN "FOUT SOEK", NIE OOR "VERMANING" NIE. OPSETLIKE SONDE MOET AANGESPREEK WORD EN DIE KERK MOET PASOP DAT HULLE NIE SUURDEEG TOELAAT (WAT DIE HELE DEEG KAN SUURMAAK) NIE.
DIE KONTEKS IS DUIDELIK: (1) Dit dan die rede hoekom hy "hoerery" so sterk aanhaal in die volgende hfst. (hfst. 6) - omdat dit regtig 'n probleem was in die kerk en hy wou seker maak dat hulle verstaan dat, al het iemand tot geloof gekom, hy nie die koninkryk sal beerwe, sou hy opsetlik voortstap in sonde soos hoerery nie; (2) Die Christen moet nie omgaan met mense wat opsetlik voorstap in sonde nie; (3) Die Christen moet so iemand vermaan met die doel om hom te probeer red; (4) Ook in die hfst. word "hoereerders", "gierigaards", "rowers", "afgodedienaars", "kwaadsprekers" en "dronkaards" in dieselfde konteks genoem - meer spesifiek hier, in die konteks van dat ons "die wat binne is", moet oordeel (op sonde natuurlik, nie loop en fout soek nie!).
----------------------------------------
* 1 Kor. 7:- In die volgende hfst. praat hy verder oor die "hoerery" en hoe dit is a.g.daarvan, dat elke man liewer sy eie vrou moet he. Hy praat oor hoe dit behoort te wees tussen getroudes en noem dat as 2 ongetroudes hul nie kan beheers nie, hulle liewer moet trou (hoekom stel hy dit voor? - "want dit is beter om te trou as om van begeerte te brand" - dus is daar geen manier hoe voorhuwelikse seks toelaatbaar is nie!). Verder praat hy oor die tema van "skei" en "gelowiges en ongelowiges" wat trou, ens.
OPSOMMING: DIT IS DUIDELIK DAT DAAR SEKERE DINGE VAN DIE CHRISTEN VERWAG WORD - HY KAN NIE DOEN SOOS HY WIL OMDAT HY "VRY" IS NIE.
DIE KONTEKS IS DUIDELIK: (1) Die huwelik is ingestel vir die rede dat hoerery nie plaasvind nie; (2) Daar word van die Christen verwag om gehoorsaam te wees aan die Here.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(3) ANDER SOORTGELYKE VERSE KAN OOK OPGESOEK WORD IN ANDER BOEKE IN DIE BYBEL OM MEER INSIG TE GEE OP DIE BETROKKE VERS:
(Hierdie is slegs 'n paar vb. e; L.W. dat al die vb.e hieronder genoem, gerig is tot CHRISTENE, mense wat reeds tot geloof gekom het!)
(1Pe 4:15) Want niemand van julle moet ly as moordenaar of dief of kwaaddoener of as een wat hom met die sake van ‘n ander bemoei nie.
(1Pe 4:16) Maar wanneer iemand as ‘n Christen ly, moet hy hom nie skaam nie, maar God verheerlik in hierdie opsig.
(1Pe 4:17) Want die tyd is daar dat die oordeel moet begin by die huis van God. En as dit eers by ons begin, wat sal die einde wees van die wat aan die evangelie van God ongehoorsaam is?
(Gal 5:19) En die werke van die vlees is openbaar, naamlik owerspel, hoerery, onreinheid, ongebondenheid;
(Gal 5:20) afgodery, towery, vyandskap, twis, jaloersheid, toornigheid, naywer, tweedrag, partyskap;
(Gal 5:21) afguns, moord, dronkenskap, brassery en dergelike dinge, waarvan ek julle vooraf sê, soos ek al vroeër gesê het, dat die wat sulke dinge doen, die koninkryk van God nie sal beërwe nie.
(1Th 4:3) Want dit is die wil van God: julle heiligmaking; dat julle jul moet onthou van die hoerery;
(1Th 4:4) dat elkeen van julle moet weet om sy eie vrou te verkry in heiligheid en eer,
(1Th 4:5) nie in hartstogtelike begeerlikheid soos die heidene wat God nie ken nie;
(1Th 4:6) dat niemand sy broeder in hierdie saak moet bedrieg en benadeel nie, omdat die Here ‘n wreker is oor al hierdie dinge, soos ons aan julle ook vantevore gesê en betuig het.
(1Th 4:7) Want God het ons nie tot onreinheid geroep nie, maar tot heiligmaking.
(1Th 4:8) Daarom, hy wat dit verwerp, verwerp nie ‘n mens nie, maar God wat ook sy Heilige Gees aan ons gegee het.
(Gal 5:9) ‘n Bietjie suurdeeg maak die hele deeg suur.
(Gal 5:10) Ek vertrou van julle in die Here dat julle nie anders sal dink nie; maar die een wat julle in die war bring, sal die oordeel dra, wie dit ook mag wees.
(Gal 5:11) Maar ek, broeders, as ek nog die besnydenis verkondig, waarom word ek nog vervolg? Dan is die struikelblok van die kruis vernietig!
(Gal 5:12) Ag, as die wat julle opstandig maak, hulleself tog maar ook wou vermink!
(Gal 5:13) Want julle is tot vryheid geroep, broeders; gebruik net nie julle vryheid as ‘n aanleiding vir die vlees nie, maar dien mekaar deur die liefde.
(Rom 6:19) Ek spreek menslikerwys ter wille van die swakheid van julle vlees; want net soos julle jul lede diensbaar gestel het aan die onreinheid en wetteloosheid om wetteloos te wees, so moet julle nou jul lede diensbaar stel aan die geregtigheid tot heiligmaking.
(Rom 6:20) Want toe julle diensknegte was van die sonde, was julle vry van die geregtigheid.
(Rom 6:21) Watter vrug dan het julle toe gehad van die dinge waaroor julle jul nou skaam? Want die uiteinde daarvan is die dood.
----------------------------------
ENS. (Materiaal kan deur die onderwyser verskaf word waardeur die kinders kruisverwysings oor die betrokke skrif opsoek)
Saturday, February 2, 2013
Besprekingsvrae 12-17 jariges: OPGAAR
Bespreek die volgende in die groep:
Jy is 'n boer. Met oestyd hierdie jaar het jy besonders goed gedoen, so goed dat dit hopeloos te veel is vir wat jy nodig het in een jaar - inteendeel, dit is so baie, dat dit gelyk is aan baie jare se oes...
- Vertel vir die groep wat jy met jou oes gaan doen.
----------------------------------------
Kom ons kyk wat het Jesus geleer die regte ding sou wees om te doen:
(Luk 12:16) Toe vertel Hy hulle hierdie gelykenis: ‘n Ryk man se grond het goed gedra.
(Luk 12:17) En hy het by homself geredeneer en gesê: Wat sal ek doen, want ek het geen plek waar ek my oes kan insamel nie?
(Luk 12:18) Toe sê hy: Dit sal ek doen: ek sal my skure afbreek en groter bou, en ek sal daar al my opbrengste en my goed insamel.
(Luk 12:19) En ek sal vir my siel sê: Siel, jy het baie goed wat weggesit is vir baie jare; neem rus, eet, drink, wees vrolik.
(Luk 12:20) Maar God het aan hom gesê: Jou dwaas, in hierdie nag sal hulle jou siel van jou afeis; en wat jy gereedgemaak het, wie s’n sal dit wees?
(Luk 12:21) So gaan dit met hom wat vir homself skatte vergader en nie ryk is in God nie.
Volgens hierdie gedeelte sou dit verkeerd wees vir iemand om hierdie goeie oes (of die geld wat hy daarmee verkry het) vir homself te hou en daarmee te beoog om minder te werk en 'n lekker lewe te he. Ons almal ken die verhaal van Josef, hoe hy die oorskot koring vir 7 jaar moes versamel vir die volgende 7 jaar.
VRAAG: WAT IS DIE VERSKIL
(1) TUSSEN DIT WAT JESUS IN LUK. 12 VERTEL HET EN HY ONS LEER OM NIE DIE OORSKOT TE HOU VIR ONSSELF NIE, EN
(2) DIE VERHAAL VAN JOSEF WAAR HY BEVEEL IS OM DIE OORSKOT WEL TE HOU?
(Laat die groep Gen. 41 lees om meer insig hieroor te kry)
(Gen 41:25) Toe sê Josef vir Farao: Die droom van Farao is een en dieselfde. Wat God van plan is om te doen, het Hy aan Farao te kenne gegee.
(Gen 41:26) Die sewe mooi koeie is sewe jare; en die sewe mooi are is sewe jare; die droom is een en dieselfde.
(Gen 41:27) En die sewe maer en lelike koeie wat ná hulle opgekom het, is sewe jare; en die sewe maer, deur die oostewind verskroeide are sal sewe jare van hongersnood wees.
(Gen 41:28) Dit is die woord wat ek tot Farao gespreek het: wat God van plan is om te doen, het Hy Farao laat sien.
(Gen 41:29) Kyk, daar kom sewe jare van groot oorvloed in die hele Egipteland;
(Gen 41:30) maar daarna sal sewe jare van hongersnood aanbreek, en al die oorvloed sal in Egipteland vergeet word, en die hongersnood sal die land verteer.
(Gen 41:31) En van die oorvloed sal in die land niks gemerk word weens dié hongersnood wat daarna sal wees nie; want dit sal baie swaar wees.
(Gen 41:32) En wat dit betref dat die droom twee maal vir Farao herhaal is—dit is omdat die saak deur God vas besluit is en God dit gou sal doen.
(Gen 41:33) Laat Farao dan nou uitkyk na ‘n verstandige en wyse man en hom aanstel oor Egipteland.
(Gen 41:34) Farao moet so maak en opsigters oor die land aanstel en in die sewe jare van oorvloed die vyfde deel hef van die opbrings van Egipteland.
(Gen 41:35) En hulle moet al die voedsel van hierdie goeie jare wat kom, versamel en onder leiding van Farao koring ophoop as voedsel in die stede en dit wegbêre.
(Gen 41:36) So sal dan die voedsel ‘n voorraad wees vir die land vir die sewe jare van hongersnood wat in Egipteland sal kom, sodat die land nie deur die hongersnood te gronde gaan nie.
(Gen 41:37) En die woord was goed in die oë van Farao en van al sy dienaars.
BESPREEK DIE VERSKILLE:
- (1) In geval een, was dit tot selfverheffing, maar in geval 2 was dit TERWILLE VAN duisende mense.
- (2) In geval een, was dit uit selfsug en nie die wil van die Here nie, maar in geval 2, was dit volgens die WIL VAN DIE HERE.
- (3) (ALHOEWEL BAIE OOR DIE VOLGENDE PUNT GAAN VERSKIL, MOET ONS SEKER MAAK DAT ONS WEET WAT DIE SKRIF ONS LEER OOR HIERDIE ONDERWERP
- dit is nou die onderwyser se keuse of hy die volgende in soveel woorde met die groep wil deel of nie -
dit is egter seker dat sou 'n onderwyser hierdie waarheid deel, baie kerklidmate ongeskik en kwaad sal word hieroor, maar ons weet dat dit die waarheid is wat vrymaak, nie mense se opinies nie!).
Dit gaan dus oor die "wil van die Here" - iemand kan die ekstra wegsit as daar 'n doel is daarvoor en die Here hulle spesifiek die opdrag gee, maar vir 'n Christen "om ryk te word", is nie skriftuurlik korrek nie! Jesus het geleer dat ons soos diensknegte moet wees en deel met mekaar. Dit is dan ook die rede hoekom daar soveel nood is, a.g.v. selfsug en selfverheffing - waar die Here iemand seen om "meer te he", is hy veronderstel om uit te deel! (tensy die Here hom anders ly vir 'n spesifieke doel). Uiteindelik sal almal se werke aan die lig kom - die wat nie reg werk met hulle besittings of geld nie, sal eendag verantwoording doen. Die tema van uitdeel, was baie kenmerkend in die eerste gemeentes; inteendeel, hulle het selfs ekstra grond verkoop om in ander se nood te voorsien! In meeste kerke word hierdie nie eintlik geleer vandag nie - daar is hope valse leerstellings oor voorspoed en seeninge in die Here wat gebaseer is op selfsug en selfverheffing - Jesus het egter vir ons iets anders geleer en het juis ons begrip probeer verander van wie "die geseendes" genoem word - kyk gerus na my blogpost getiteld: http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/05/is-jy-n-geseende.html

Ander skrifte t.o.v. die onderwerp:
- (Luk 12:15) En Hy sê vir hulle: Pas op en wees op julle hoede vir die hebsug, want iemand se lewe bestaan nie uit die oorvloed van sy besittings nie.
- (Luk 12:33,34) Verkoop julle besittings en gee aalmoese; maak vir julle beurse wat nie oud word nie, ‘n skat in die hemel wat onuitputlik is, waar geen dief by kom of mot verteer nie. Want waar julle skat is, daar sal julle hart ook wees.
- (Luk 18:22) En toe Jesus dit hoor, antwoord Hy hom: Nog een ding ontbreek jou—verkoop alles wat jy het, en verdeel dit onder die armes, en jy sal ‘n skat in die hemel hê; kom dan hier, volg My.
- (Mat 6:19,20) Moenie vir julle skatte bymekaarmaak op die aarde, waar mot en roes verniel en waar diewe inbreek en steel nie; maar maak vir julle skatte bymekaar in die hemel, waar geen mot of roes verniel nie en waar diewe nie inbreek en steel nie;
ENS.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/09/die-post-wat-het-logika-daarmee-te-doen.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/08/wies-nou-eintlik-deur-die-gees-gelei.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/09/n-wonderwerk-in-wording.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/06/wat-dit-beteken-om-gereed-te-wees.html
Tuesday, January 15, 2013
Besprekingsvrae: 12-17 jariges - TWYFEL, VREES EN BEKOMMERNIS
In hierdie besprekingsvraag gaan ons kyk na die redes vir "klein geloof". Watter dinge kan veroorsaak dat ons nie altyd die geloof het nie?
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
LEES Matt. 14:22-35
In hierdie skrifgedeelte het Jesus die dissipels gedwing om voor Hom uit te vaar in die skuit na die oorkant, terwyl Hy die skare wegstuur. Toe het Hy eers gaan BID. Teen die aand, was die skuit al in die middel van die see met die wind teen hulle en geteister deur die golwe. Ons lees verder hoe Jesus op die see aangeloop kom na hulle en hulle eers dink dit is 'n spook, maar Hy hulle gerusstel dat dit Hy is en dat hulle nie moet bang wees nie. Toe wil Petrus ook op die water na Hom gaan, en Hy laat hom toe, maar toe Petrus DIE STERK WIND SIEN, HET HY BANG GEWORD; en toe hy begin sink, roep hy uit en sê: Here, red my! En Jesus het dadelik sy hand uitgesteek en hom gegryp en vir hom gesê: Kleingelowige, waarom het jy getwyfel?
In hierdie gedeelte sien ons dat "twyfel" die oorsaak was waarom Petrus begin sink het. Kyk veral die woorde: "maar toe Petrus die sterk wind sien, het hy bang geword" - omstandighede laat ons twyfel. Baiemaal weet ons goed wat die Here se wil is en ons kan 'n stap van geloof neem, maar die oomblik wanneer omstandighede verander of mense teen ons draai of wat ookal, dan begin TWYFEL ons - hierdie twyfel veroorsaak dat ons dit nie kan deurvoer nie - en dat wonder ons wat het gebeur en baie mense neem dan die Here kwalik dat dit nie uitgewerk het nie, terwyl dit die persoon self is wat begin twyfel het. ONS MOET ONS OE OP DIE HERE HOU, nie op omstandighede nie. ONS MOET HOM VERTROU, ten spyte van hoe verkeerd dinge kan loop. Natuurlik geld hierdie nou nie vir selfverheffing of eie wil nie! - l.w. dat Petrus eers seker gemaak het dit is die wil van die Here voor hy op die water gegaan het. Ons moet ook in alles die Here se wil vra, en eers wag op Sy antwoord voor ons kan glo. As Sy antwoord verskillend is, dan kan ek nie geloof he in dit wat ek wou doen nie.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
LEES Matt. 16:5-12
In hierdie skrifgedeelte sien ons hoe die dissipels vergeet het om brode saam te neem. Jesus maak 'n opmerking, nl. "Pas op en wees op julle hoede vir die suurdeeg van die Fariseërs en Sadduseërs", maar die dissipels se gedagtes is so gerig op die feit dat hulle die brood vergeet het, dat hulle vir Jesus heel verkeerd verstaan en dink Hy verwys na die brood. Toe Jesus opmerk dat hulle onder mekaar redeneer hieroor, sê Hy vir hulle: "Wat redeneer julle onder mekaar, KLEINGELIWIGES, dat julle geen brode saamgeneem het nie? Begryp julle nog nie, en onthou julle nie die vyf brode van die vyf duisend, en hoeveel mandjiesvol julle opgetel het nie? Of die sewe brode van die vier duisend, en hoeveel mandjiesvol julle opgetel het nie? Hoe is dit dat julle nie begryp dat Ek nie in verband met brood vir julle gesê het om op te pas vir die suurdeeg van die Fariseërs en Sadduseërs nie?".
Bekommernis veroorsaak dat ons nie altyd "hoor" wat iemand sê nie - ons gedagtes is dan so op daardie ding, dat dit veroorsaak dat ons nie reg hoor nie. Net so veroorsaak "bekommernis" dat ons nie altyd hoor wat die Here se nie, of dat ons nie "reg hoor" nie! Ons moet versigtig wees om te sit en top oor dinge wat ons bekommerd maak. Daarom praat die skrif baie oor hoe ons ons gedagtes moet vernuwe en moet plaas op die dinge daarbo. Wanneer ons gedagtes heeltyd op die wereldse dinge, dan dink en sien ons soos die wereld sien, nie soos die Here sien nie.
(Mat 6:23) Maar as jou oog verkeerd is, sal jou hele liggaam donker wees. As dan die lig in jou donkerheid is, hoe groot is die donkerheid nie!
(Mat 6:24) Niemand kan twee here dien nie; want òf hy sal die een haat en die ander liefhê, òf hy sal die een aanhang en die ander verag. Julle kan nie God én Mammon dien nie!
(Mat 6:25) Daarom sê Ek vir julle: Moenie julle kwel oor jul lewe—wat julle sal eet en wat julle sal drink nie; of oor jul liggaam—wat julle sal aantrek nie. Is die lewe nie meer as die voedsel en die liggaam as die klere nie?
(Mat 6:26) Kyk na die voëls van die hemel; hulle saai nie en hulle maai nie en hulle bring nie bymekaar in skure nie, en tog voed julle hemelse Vader hulle. Is julle nie baie meer werd as hulle nie?
(Mat 6:27) Wie tog onder julle kan, deur hom te kwel, een el by sy lengte voeg?
(Mat 6:28) En wat kwel julle jul oor klere? Let op die lelies van die veld, hoe hulle groei; hulle arbei nie en hulle spin nie;
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
LEES Matt. 8:23-27In hierdie skrifgedeelte klim Jesus in 'n skuit en Sy dissipels volg Hom. En daar het ‘n groot storm op die see gekom, sodat die skuit toe was onder die golwe; maar Hy was aan die slaap. Toe kom sy dissipels en maak Hom wakker en sê: "Here, red ons, ons vergaan!" En Hy sê vir hulle: "Waarom is julle bang, kleingelowiges?" Toe staan Hy op en bestraf die winde en die see, en daar het ‘n groot stilte gekom.
Weer noem Jesus hulle "kleingelowiges" - a.g.v. hulle vrees was hulle paniekbevange i.p.v. om te glo. Vrees veroorsaak ongeloof. In daardie toestand het daar nie 'n uitweg gekom nie, maar eers toe hulle die Here wakker maak en om hulp vra. Die Here gee nie altyd vir ons die uitweg wat ons verwag nie - somtyds ly ons terwille van die geloof, maar dan moet ons ook nie bang wees nie - so het Jesus bv. gese dat ons nie moet vrees vir die wat die liggaam doodmaak nie, maar liewer vir Hom wat sowel siel en liggaam in die hel kan verderwe - Hy het dit gese in konteks met hoe ons gehaat sal word ter wille van Sy Naam, m.a.w. ter wille van die geloof. Om angstig te raak is 'n heel natuurlike reaksie vir die mens, maar die mens moet nie toelaat dat dit in die pad staan van die Here se wil nie. Wanneer mense angstig raak, dan voer hulle nie altyd die Here se wil uit nie, maar kies die uitweg wat breed en maklik is.
ONS MOET ONS HOOP EERDER IN DIE HERE PLAAS - DAARVOOR IS GEBED EN VAS NODIG.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Vir verdere skrifte op hierdie onderwerpe:
http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/09/n-wonderwerk-in-wording.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/08/wies-nou-eintlik-deur-die-gees-gelei.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/09/n-wonderwerk-in-wording.html
Sunday, January 13, 2013
Besprekingsvrae 12-17 jariges: HOEKOM AANBID MENSE AFGODE?
- VRAAG: In Rom. 1:20 word verduidelik dat GEEN MENS sonder verontskuldiging is nie: (Rom 1:20) "Want sy onsigbare dinge kan van die skepping van die wêreld af in sy werke verstaan en duidelik gesien word, naamlik sy ewige krag en goddelikheid, sodat hulle geen verontskuldiging het nie" en dat (:19) "wat van God geken kan word, in hulle openbaar is, want God het dit aan hulle geopenbaar".
Hoekom dan aanbid so baie mense afgode?
Volgens bg. skrifgedeeltes, is dit duidelik dat God Homself openbaar aan elke mens op een of ander stadium - niemand sal enige verontskuldiging he nie. Hoekom kies baie mense dan eerder om "dinge" te aanbid as vir God self? Selfs baie van die Joodse volk het afgedwaal en afgode aanbid - kyk maar bv. in die woestyn oppad na Kanaan! Hulle het God se almag eerstehands ervaar en het geen rede gehad om agter gode aan te gaan nie; tog het baie van hulle, maar hoekom???
- Lees Rom. 1:18-32
In hierdie skrifgedeelte, praat Paulus oor mense wat die waarheid verdruk.
Hy verwys na hulle as mense wat opsetlik nie vir God wil ken nie en Hom ook nie as God verheerlik of dank nie.
Hy verwys ook na hulle as mense wat dink dat hulle baie wys is, maar eintlik is hulle dwaas.
Hy gaan verder deur te noem wie hierdie mense is en praat o.a. van mense wat afgodsdiens beoefen en in opsetlike sondes stap - hy praat van hoereerders, kwaadsprekers, kinders wat ongehoorsaam is aan hulle ouers, homoseksualisme, grootpraters ens.
Kyk veral (Rom 1:18) "Want die toorn van God word van die hemel af geopenbaar oor al die goddeloosheid en ongeregtigheid van die mense wat in ongeregtigheid die waarheid onderdruk", en (Rom 1:25) "hulle wat die waarheid van God verruil het vir die leuen en die skepsel vereer en gedien het bo die Skepper wat geprys moet word tot in ewigheid. Amen". Afgodediens was die wortel van baie ONGEREGTIGHEID en ONSEDELIKHEID onder die heidene; asook onder God se volk! Tye wanneer die Israeliete afgode aanbid het, was wanneer hulle juis afvallig was en nie ondergeskik was aan die Here se wil nie - tye wanneer hulle ontevrede was en hulle eie wil gesoek het, wanneer hulle gekies het OM IN SONDE TE STAP en nie wou regmaak met die Here nie. Dan het hulle vir hulle afgode gemaak om "dinge vir hulle te doen wat God nie vir hulle wou doen nie" - nie dat afgode enige iets kan doen nie! Op so 'n manier probeer diesulkes hulleself regverdig en stap voort in hulle sonde sonder om reg te maak met die Here. Hulle skep vir hulle 'n god wat hulle nie beoordeel nie. So iemand wil self god wees oor hulle eie lewe en wil 'n god dien slegs om "selfsugtige redes". God laat Hom egter nie beskryf deur mense nie, maar beskryf Homself soos Hy wil. Mense moet ook nie dink dat dit hulle plek is om die Here voor te skryf nie, maar moet onderdanig wees aan die Here en wat Hy wil.
DIE REDE DUS HOEKOM MENSE AFGODE AANBID, IS A.G.V. SONDE EN DIE FEIT DAT HULLE HULSELF NIE ONDERGESKIK WIL STEL AAN HULLE SKEPPER NIE - Paulus het hierdie punt goed beskryf in Rom. 1.
Ons moet ook verstaan dat afgodsdiens nie net verwys na 'n afgodsbeeld nie, maar verwys na enige iets wat bo die Here gekies word: (Kol 3:5) " Maak dood dan julle lede wat op die aarde is, naamlik hoerery, onreinheid, hartstog, slegte begeertes en gierigheid, wat afgodediens is". Daarom is dit baie gevaarlik om in opsetlik, aanhoudende sonde te stap, want dit raak iemand se eerste liefde! As die Christen nie bereid is om op die pad van godsaligheid, opsetlike sondes neer te le nie, bestaan die kans dat hy kan verloor wat hy verkry het in die Here - (Openb. 2:4,5) " Maar Ek het teen jou dat jy jou eerste liefde verlaat het. Onthou dan waarvandaan jy uitgeval het, en bekeer jou en doen die eerste werke. Anders kom Ek gou na jou toe en sal jou kandelaar van sy plek verwyder as jy jou nie bekeer nie" - lees ook die vorige verse - daardie Christen se" arbeid en werke en lydsaamheid en die feit dat hy slegte mense nie kan verdra nie en selfs die onderskeiding het om die valse uit te ken en ter wille van die Here se Naam gearbei het sonder om moeg te raak", sal vir hom niks beteken as hy nie die Here as Eerste Liefde KEN nie! -("Anders kom Ek gou na jou toe en sal jou kandelaar van sy plek verwyder as jy jou nie bekeer nie"). .
In vandag se lewe word baie dinge algemeen aanvaar, selfs in Christelike kringe: baie jongmense beoefen seks voor die huwelik (wat vir hoerery deurgaan); om van ander kwaad te spreek, is algemeen, selfs in baie Christelike kerke; dit is nie eens snaaks as kinders ongehoorsaam is aan hulle ouers nie en homoseksualisme word voorgestel as niks mee verkeerd nie; almal is so ingestel op sukses dat dit vandag 'n heeltemal natuurlike ding geraak het vir baie om groot te praat, trots te wees ens. In Rom. 1 word hierdie mense egter almal gesorteer onder die WAT NIE VIR GOD WIL KEN NIE, HOM NIE VERHEERLIK NIE EN HOM NIE DANK NIE, m.a.w. mense wat "nie wil glo nie". Dit is die wat ander dinge hulle eerste liefde maak, in plaas van dat die Here hulle Eerste Liefde moet wees.
Saturday, January 12, 2013
Besprekingsvrae 12-17 jariges: MEER GELOOF
-LEES Luk. 17:5
In die skrif vra die dissipels vir "meer geloof".
-Kyk wat anders sê die Skrif oor "meer" of "minder" geloof:
(Rom 12:3) Want deur die genade wat aan my gegee is, sê ek vir elkeen wat onder julle is, dat hy nie van homself meer moet dink as wat ‘n mens behoort te dink nie; maar dat hy daaraan moet dink om besadig te wees na die maat van geloof soos God dit aan elkeen toebedeel het.
(Luk 17:6) En die Here sê: As julle geloof gehad het soos ‘n mosterdsaad, sou julle vir hierdie moerbeiboom sê: Word ontwortel en in die see geplant—en hy sou julle gehoorsaam wees.
(Mat 8:10) Toe Jesus dit hoor, het Hy Hom verwonder en aan sy volgelinge gesê: Voorwaar Ek sê vir julle, selfs in Israel het Ek so ‘n groot geloof nie gevind nie.
(Mat 9:29) Toe raak Hy hulle oë aan en sê: Laat dit vir julle wees volgens julle geloof.
(Mat 17:19) Toe kom die dissipels na Jesus afsonderlik en sê: Waarom kon ons hom nie uitdryf nie?
(Mat 17:20) En Jesus antwoord hulle: Deur julle ongeloof; want, voorwaar Ek sê vir julle, as julle geloof het soos ‘n mosterdsaad sal julle vir hierdie berg sê: Gaan weg hiervandaan daarnatoe! en hy sal weggaan, en niks sal vir julle onmoontlik wees nie.
(Mar 4:40) Toe sê Hy vir hulle: Waarom is julle so bang? Hoe het julle dan geen geloof nie?
(Luk 18:8) Ek sê vir julle dat Hy gou aan hulle reg sal doen; maar as die Seun van die mens kom, sal Hy wel die geloof op die aarde vind?
(Act 11:24) want hy was ‘n goeie man en vol van die Heilige Gees en geloof; en ‘n aansienlike skare is aan die Here toegebring.
-VRAAG: Dit is dus duidelik dat mense verskillende mates van geloof het en lyk of sekere mense "MEER GELOOF HET AS ANDER"; dit is ook duidelik dat die Here selfs wonderwerke deur ons kan doen, sou ons die geloof he!
Die vraag is nou: hoe kry ons "meer geloof"?
Wat beteken dit dat sekere mense 'n ander maat van geloof ontvang?
Die vraag is nou: hoe kry ons "meer geloof"?
Wat beteken dit dat sekere mense 'n ander maat van geloof ontvang?
Eerstens moet ons kyk na die antwoord wat Jesus vir die dissipels gegee het in Luk. 17. Hy't begin met die volgende woorde: (:6) "As julle geloof gehad het soos ‘n mosterdsaad, sou julle vir hierdie moerbeiboom sê: Word ontwortel en in die see geplant—en hy sou julle gehoorsaam wees" - in die eerste plek moet ons dus nie gefokus wees op "meer" geloof nie, maar moet verstaan wat geloof werklik beteken, want as dit die geval is dat ons slegs geloof nodig het "soos 'n mosterdsaad" om 'n moerbeiboom te ontwortel, behoort hierdie vir baie Christene moontlik te wees om te doen, of is dit so?
Min mense verstaan regtig wat geloof beteken.
Baie sien geloof as "positief dink", m.a.w. glo dat iets sal gebeur, en dit sal gebeur. Ander glo weer dat hulle woorde soveel krag dra dat, sou hulle dit uitspreek wat moet gebeur, dit sal gebeur, maar klop dit met wat die Skrif se? Kom ons lees hoe Jesus dit verduidelik het in Luk. 17:
(Luk 17:7) "En wie is daar van julle wat ‘n dienskneg het wat ploeg of vee oppas, en as hy inkom van die veld vir hom sal sê: Kom dadelik hier aan tafel? (Luk 17:8) Sal hy nie eerder vir hom sê nie: Maak vir my die aandete klaar en omgord jou en bedien my totdat ek geëet en gedrink het; en daarna kan jy eet en drink? (Luk 17:9) Bedank hy daardie dienskneg, omdat hy gedoen het wat hom beveel is? Ek glo nie. (Luk 17:10) So ook julle, wanneer julle alles gedoen het wat julle beveel is, sê dan: Ons is onverdienstelike diensknegte, want ons het gedoen wat ons verplig was om te doen".
Hierdie antwoord van die Here, is NIE so heeltemal wat meeste sou verwag Jesus se antwoord sou wees nie! Wat het "dienskneg" te doen met "geloof"?
As ons gaan kyk na wat "geloof" self werklik is, (Hebr. 11:1-"Die geloof dan is ‘n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, ‘n bewys van die dinge wat ons nie sien nie"), dan merk ons dat dit iets is wat van binne kom - VERTROUE, HOOP... maar wat het dit te doen met "dienskneg"?
Kom ons kyk na 'n vb. van 'n vertrouensverhouding in 'n opset van werk en waar iemand vir 'n baas werk: dit is altyd maklik om te sien wie die is wat "vertroue" in hulle base het. 'n Werker wat reken dat hyself beter besluite neem as die baas, of dat hy meer kennis het, gaan nie altyd die baas onderdanig wees nie en ook kronies verskil van hom. Daar is dus nie die nodige vertroue nie. Kyk ons na 'n ouer-kind verhouding waar die kind glo dat sy pa of ma minder weet as sy onderwyser of as wat die wereld vir hom vertel, dan is die ook 'n tipiese geval waar die kind in opstand kom teen die ouer se gesag, m.a.w. daar is nie vertroue nie. Vertroue en hoop is dus gegrond op ons persepsie van 'n ander en word bewys deur die "ondergeskik stel van", of " 'n dienskneg wees van". Iemand stel homself ondergeskik aan sy leier omdat hy sy leier vertrou. 'n Kind stel homself ondergeskik aan 'n ouer, omdat hy sy ouer vertrou. Waar daar dus 'n "opstand" probleem is, is daar ook 'n probleem met vertroue. 'n Kind kan nou nie juis 'n vader vertrou wat onregverdig is nie! 'n Werker kan nie 'n baas vertrou wat skelm is nie!
As iemand iemand anders ten volle vertrou, sal hy ook onderdanig wees ten spyte van die feit van of hy met hom saamstem of nie! Dit het dus te doen met ons persepsie van die ander persoon. Sien ons Jesus as ons Here en Koning? Sien ons vir God as ons Vader? Is ons onderdanig en gehoorsaam aan Hom soos 'n kind aan 'n wereldse vader? As ons persepsie reg is, dan wil ons Sy dienskneg wees, m.a.w. Hom vertrou - dit is nie iets wat opgewek word nie, maar 'n toestand van die hart. Geen wonder Jesus het gesê: "Voorwaar Ek sê vir julle, as julle nie verander en soos die kindertjies word nie, sal julle nooit in die koninkryk van die hemele ingaan nie!" - Matt. 18:3
Baie mense soek "geloof" vir die verkeerde redes, m.a.w. vir wat hulle uit die "deal" kan kry, dus om "wonderwerke te kan doen", soos Simon of om die Here se arm te draai om te kry wat hulle begeer. Dit is juis waarna Jesus verwys in v.7-10! ((Luk 17:10) "So ook julle, wanneer julle alles gedoen het wat julle beveel is, sê dan: Ons is onverdienstelike diensknegte, want ons het gedoen wat ons verplig was om te doen"). As iemand die Here dien bloot vir wat hy uit die deal kan kry, dan is sy persepsie verkeerd. Dan gaan dit oor om "homself groter te maak". Die lewe gaan nie regtig oor "wat iemand vermag" of "verdien" nie, maar eerder oor "om te dien". Geloof is dus nie "positiewe denke" NIE; ook nie "krag in woorde" nie, maar gaan oor "om die Here te dien", m.a.w. om Sy wil uit te voer.
"MEER GELOOF" BETEKEN DAT IEMAND "DIE HERE DIEN" SOOS "ONVERDIENSTELIKE DIENSKNEGTE", absoluut gehoorsaam en ondergeskik aan Hom (soos 'n kind)-dan gaan dit oor "wat die Here wil doen", nie "wat jy wil he moet gebeur nie".
Omdat meeste mense met 'n verkeerde persepsie grootword dat die lewe gaan oor vermag of verdien, is dit vir hulle moeilik om "te dien" - dit is hoekom mense altyd wil probeer uitstyg bo ander, sodat hulle nie hoef "te dien" nie. Dit is hoekom Eva van die boom van kennis van goed en kwaad geeet het, sodat sy "soos God" kon wees - die begeerte na "groter of beter wees" was altyd dit wat die mens laat faal het.
Is jou persepsie van die Here as volg?:
- dat Hy in beheer is van jou lewe en die lot van jou lewe bepaal en dat jy moet lewe volgens Sy wil?
- dat die mens, as deel van Sy skepping, Hom moet eer (hoe kan die skepping groter wees as die Skepper!)?
- dat die Here nie beskryf word deur die mens nie, maar Hy die een is wat altyd was, is, en sal wees en Homself beskryf aan die mens soos Hy wil?
- dat die mens, as deel van Sy skepping, Hom moet gehoorsaam en dat die Here van hom kan verwag wat Hy ookal wil en met hom doen, wat Hy ookal wil?
Wanneer iemand leer om die Here te dien en Hom gehoorsaam soos 'n dienskneg sonder om verdienste te verwag, dan kom "meer geloof" outomaties. Dit hoef nie opgewek te word nie, maar deur ondergeskiktheid aan die Here, leer die gelowige wat die wil van die Here is en kan enige iets doen, omdat hy optree volgens die wil van die Here en die Here Sy gawes deur hom werk soos Hy wil. Die wat werklik deur die Here gebruik word, is gewoonlik nie die wat "kragtig" voorkom nie, maar eintlik die wat swak is en op die Here vertrou, m.a.w. die GEHOORSAMES en die wat hulleself ondergeskik stel aan die Here - die DIENSKNEGTE.
So werk die Here ook net Sy gawes deur die wat bloot gehoorsaam is! - deur die wat DIENSKNEGTE is (sonder om iets te wil verdien).
Subscribe to:
Posts (Atom)