Showing posts with label muurkaart. Show all posts
Showing posts with label muurkaart. Show all posts

Friday, July 25, 2014

Opsomming posts VRUG VAN DIE GELOWIGE

VIR 'N VOLLEDIGE OPSOMMING OOR "VRUG TOT EWIGE LEWE", GAAN NA: http://warechristene.blogspot.co.nz/p/blog-page.html
=======================================================================
========================================================================
=========================================================================
NOG ANDER ONDERWERPE WAT SAAM MET HIERDIE ONDERWERP GAAN:

A4 Muurkaart (vertikaal): Die Gelowige soos 'n boom

Gelowiges word soos saad in die wereld gesaai om te groei, soos 'n boom, en vrug te dra.  Jesus het baie gepraat oor iemand se "vrug".  Alhoewel vrug verwys na goeie dade, optrede, die manier hoe iemand praat ens., moet dit nie gesien word soos werke nie, maar eerder soos "loon", m.a.w. "loon wat iemand verdien wanneer hulle die evangelie verkondig", of "loon omdat iemand in die Here bly", of "loon omdat iemand ag gee op die waarheid" ens.  

========================================================================

Ware gelowiges (koring) word deur die Seun v/d Mens (Jesus die Christus) in die wereld gesaai - HULLE DRA GOEIE VRUG (word ook genoem:  "vrug tot heiligmaking" of "vrug vir die ewige lewe").

Voorgee-gelowiges (onkruid) word deur die duiwel gesaai onder die koring (onder die ware gelowiges) - HULLE DRA SLEGTE VRUG (al lyk dit soos goeie vrug, is dit nie omdat dit nie gedoen word uit "diensbaarheid aan God" nie) - HULLE SIEN "VRUG SOOS "WERKE", maar vrug gaan nie oor werke tot saligheid nie, maar goeie vrug is a.g.v. saligheid, a.g.v. die feit dat iemand die Here KEN, a.g.v. die feit dat hy in Hom bly, a.g.v. die feit dat hy ag gee op Sy waarheid ens.

Alhoewel ongelowiges ook nie goeie vrug gaan dra nie, verwys skrifte wat handel oor die wat geen vrug dra nie, eintlik na "gelowiges" (nie noodwendig voorgee-gelowiges nie, maar ook ware gelowiges - die wat bv. wel tot geloof gekom het, maar nie in die Here bly nie, ag gee op Sy waarheid nie en meer besig raak met die lewe, as met die Here).
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------

Ware gelowiges (koring) word deur die Seun v/d Mens (Jesus die Christus) in die wereld gesaai - HULLE DRA GOEIE VRUG (word ook genoem:  "vrug tot heiligmaking" of "vrug vir die ewige lewe").

Sommige kom tot geloof, maar hulle glo net vir 'n tyd, en val af in tyd van versoeking of verdrukking (2de groep in die gelykenis v/d saaier).  Jesus het dit duidelik gemaak dat niemand vrug kan dra as hulle nie IN HOM BLY nie!(en die wat nie "goeie" vrug dra nie, sal uitgekap word!;  Dit beteken dat iemand wel 'n Christen kan word en deel wees van die kinders v/d koninkryk - die hoop op saligheid en opstanding tot ewige lewe - maar ontwortel kan word sou hy nie vashou aan die geloof nie, net soos baie van die natuurlike takke ontwortel is, alhoewel dit nie beteken dat die Here hulle nie kan terugent nie!).

Sommige begin wel vrug dra, maar verloor dit omdat hulle meer besig raak met die lewe, as met die Here (bv. die sorge, begeerlikhede, rykdom en genietinge van die lewe)(3de groep in die gelykenis van die saaier).  
Ander dra vrug, en hou vas aan die geloof.  Hulle sal dan ook meer vrug kry, en word ook gesnoei om meer vrug te dra.
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------

Ware gelowiges (koring) word deur die Seun v/d Mens (Jesus die Christus) in die wereld gesaai - HULLE DRA GOEIE VRUG (word ook genoem:  "vrug tot heiligmaking" of "vrug vir die ewige lewe").

"Kaf" verwys ook na gelowiges (kinders van die koninkryk)(kinders van Abraham), maar dit is die wat nie die VRUGTE dra wat by die bekering pas nie.  (In die natuur is kaf gewoonlik daardie deel wat onbruikbaar is, en word van die koring geskei en met vuur verbrand).
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------

Ware gelowiges (koring) word deur die Seun v/d Mens (Jesus die Christus) in die wereld gesaai.

Voorgee-gelowiges (onkruid) word deur die duiwel gesaai onder die koring (onder die ware gelowiges).
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Ware gelowiges (koring) word deur die Seun v/d Mens (Jesus die Christus) in die wereld gesaai.  Hulle is die "skape" - die wat na Sy stem luister!  Die beeldspraak van "skaap" gaan veral oor GEHOORSAAMHEID - die wat die wil van die Vader doen - die wat Jesus die Christus gehoorsaam is.  Hulle is ook die BARMHARTIGES en is barmhartig soos die Here barmhartig is, en vergewe soos die Here hulle vergewe.  Nie alle "goed doen" sal eendag beloon word nie.  Jesus het dit duidelik gemaak dat die wat goed doen (barmhartig is) vir eie gewin, of om geeer of gesien te word, sal nie beloning daarvoor ontvang nie; maar waar iemand goed doen uit GEHOORSAAMHEID aan die Here, omdat hy regtig barmhartig is of wil vergewe, dit word as "goed doen" gesien, en sal ook eendag beloon word!

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------

A4 Muurkaart (horisontaal): SAAD EN VRUG EN TRAPPE VAN GEESTELIKE ONDERVINDING

PLAAS DIE TWEE DIAGRAMME LANGS MEKAAR OM 'N HORISONTALE MUURKAART TE VORM
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

------------------------------------------------------------------------------------------------------------

========================================================================

Thursday, July 24, 2014

Muurkaart: Waarmee word "saad" vgl. in die Skrif?

PLAK ONDERSTAANDE 3 AFDRUKKE HORISONTAAL LANGS MEKAAR om 'n horisontale muurkaart te vorm.

Die muurkaart gaan oor hoe die woord saad in die Nuwe Testament gebruik word, en wat "saad" alles voorstel.  Gelowiges word o.a. voorgestel soos saad, wat gesaai word in die wereld, groei en VRUG dra.  Die wat nie vrug dra wanneer die Here Jesus terugkom nie, sal uitgekap word en in die vuur gegooi word soos onkruid.  Onkruid verwys na die kinders van die bose en word deur die vyand gesaai onder die koring (onder die kinders van die koninkryk). Die onkruid verwys dus na die wat voorgee dat hulle kinders van die koninkryk is, maar eintlik die ongeregtigheid doen. Die voorstelling met saad word andersins gebruik vir "die woord van God" in die gelykenis van die saaier.  Jesus het ook die koninkryk van die hemele/God voorgestel met saad wat klein is, maar groot word.  En dan natuurlik die voorstelling van "uit saad gebore", wat verwys na nageslag...

========================================================================
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

------------------------------------------------------------------------------------------------------------

------------------------------------------------------------------------------------------------------------

------------------------------------------------------------------------------------------------------------
http://sondagskooltuis.blogspot.co.nz/2014/07/muurkaart-hoe-word-die-terme-saaisaaier.html
http://sondagskooltuis.blogspot.co.nz/2014/07/a4-muurkaart-gelykenis-van-die-saaier.html

Muurkaart: Hoe word die terme "saai/saaier" in die Skrif gebruik?

PLAK ONDERSTAANDE 3 AFDRUKKE HORISONTAAL LANGS MEKAAR om 'n horisontale muurkaart te vorm.

Die muurkaart gaan oor hoe die woord saaier in die Nuwe Testament gebruik word, en wie die saai-werk doen. "Saaier" in die Skrif verwys somtyds na die Here Jesus Christus as die saaier, somtyds na die kinders v/d koninkryk as die saaiers, maar ook die duiwel doen somtyds saaiwerk. Gelowiges word deur die Here Jesus Christus gesaai in die wereld om vrug te dra, maar die duiwel saai ook kinders v/d bose onder die kinders v/d koninkryk.  Dit is die "vrug" wat getuig wie kinders v/d koninkryk is, en wie kinders v/d bose is. Wanneer beide nog jonk, is dit egter moeilik om hierdie onderskeiding te maak, maar met die tyd, soos hul begin vrug dra, raak dit duidelik sigbaar.  Die ongehoorsames en die wat nog hulle eie wil dien (die koringkorrels wat nie gesterf het), is die akteurs onder die kinders v/d koninkryk - hulle is die wat gesaai is deur die duiwel.  Jesus het hulle genoem, "geveinsdes".  Hy het ons ook gewaarsku teen valse profete en dat hulle aan hulle vrug geken sal word.  Die gelowige wat "goeie vrug" dra, is die gehoorsames en die wat die wil van die Vader doen - hulle "doen ook goed" en "voorsien in ander se behoeftes" uit diensbaarheid aan die Here. Hulle optrede en manier van hoe hulle praat wys dat hulle die Here dien.  Hulle is self ook saaiers van die woord, en selfs maaier waar hulle nie gesaai het nie.  Hulle het die Gees van God in hulle, en dra die vrugte v/d Gees.

========================================================================
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

------------------------------------------------------------------------------------------------------------

------------------------------------------------------------------------------------------------------------

A4 muurkaart: Gelykenis van die saaier

Monday, March 31, 2014

Die Bybelverhaal in Prente: Eksodus (sleutelgebeure muurkaart)

=======================================================================
MUURKAART EKSODUS (Sleutelgebeure)

========================================================================
Flitskaarte wat saam met hierdie gebruik kan word:
(geneem uit die "Het jy geweet"-reeks)

-------------------------------------------------------------------------------

----------------------------------------------------------------------------------------

---------------------------------------------------------------------------------------------------------

Saturday, February 16, 2013

Die Bybelverhaal in Prente: Eksodus

========================================================================

========================================================================

Saturday, December 1, 2012

Die Bybelverhaal in Prente Muurkaart met Tydlyn

=======================================================================

(DIE MUURKAART WORD HORISONTAAL AANMEKAARGESIT)
(TYDLYN ONDER PRENT)
(hoofsaaklik Genesis, maar laaste 4 van tydlyn gaan tot op Christus se geboorte)(datums slegs geskat)

----------   ------------------   ---------------------   -----------

-----------   ------------   ------------   ------------------

--------------   -----------------   ----------------   ---------------

-------------   --------------   -------------------   ------------

-------------   ---------------   -----------------   -----------------   ---------------------   --------------