Showing posts with label geloofwaardigheid van Bybel. Show all posts
Showing posts with label geloofwaardigheid van Bybel. Show all posts

Tuesday, April 14, 2015

Die geloofwaardigheid van die Bybel ("Christelike" boeke wat nie geloofwaardig is nie)

Ander poste wat handel oor die Geloofwaardigheid vd Bybel:


---------------------------------------------------------------------------------------------
In die brief deur Paulus aan Timoteus, waasku hy hom teen dwaalleringe in die kerk, veral teen sekere Joodse asook Gnostiese idees. Net soos vandag was daar reeds baie valse leerstellings wat die kerke ingesluip het in die tyd van die eerste kerke.  Die Gnostiese groep was veral 'n groep waarvoor hulle baie versigtig moes wees, omdat hulle leringe die waarheid verdraai het.  In 'n 5 hfst. boek geskryf deur 'n vroee kerkvader, Ireaeus (180 n.C.), waarin hy valse leerstellings uitwys, het hy o.a. die Gnostiese groep uitgewys (http://www.earlychristianwritings.com/irenaeus.html). Die Gnostiese groep het bestaan uit 'n groep van verskillende gelowe, en baie van hulle was sogenaamde Christene, maar hulle leringe het nie geklop met die leringe van die apostels en dit waaroor daar reeds ooreenstemming was op wat Jesus geleer het en wat regtig gebeur het nie.  Daar is baie valse leerstellings wat uit die Gnostiese geledere kom, o.a. dat saligheid kom deur "kennis" (vandaar ook die woord "gnosis", Griekse woord vir kennis) en as ons gaan kyk na wat hulle presies geglo het, is dit INTERESSANT OM TE SIEN DIE VERGELYKINGS TUSSEN HIERDIE AFVALLIGE LEERSTELLINGS EN DIE LEERSTELLINGS VAN HINDOEISME EN DIE NEW AGE. Die ergste is dat baie van hierdie leerstellings sommige Christelike kerke weer ingekruip het.  
---------------------------------------------------------------------------------------------
In hierdie pos gaan ons na een van hierdie gnostiese boeke kyk, nl. "die evangelie van Judas":
_____________________________________________________________________________________________


_________________________________________________________________________________


Die geloofwaardigheid van die Bybel (manuskripte)

Ander poste wat handel oor die Geloofwaardigheid vd Bybel:

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------
Geleerdes kan nie die geloofwaardigheid of akkuraatheid van die Bybel bepaal deur oorspronklikes nie, want daar is geen oorspronklikes meer nie!  (maar daar is natuurlik ook nie enige oorspronklikes van enige ander antieke boeke nie).  Waarmee geleerdes werk, is "manuskripte", anders gestel handgeskrewe kopiee.  Hulle het nie so baie manuskripte van die Ou Testament nie, maar geweldig baie van die Nuwe Testament.  
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
-  VIR HIERDIE GEDEELTE KAN MOONTLIK DIE VOLGENDE VIDEO's VIR DIE GROEP GEWYS WORD:
https://www.youtube.com/watch?v=C_SGHPxnN8g


-  OM MEER OP TE LEES OOR MANUSKRIPTE, GAAN NA:
http://www.schoyencollection.com/bible-collection-foreword
========================================================================

VERDERE INLIGTING VIR DIE GROEPLEIER:
Daar is geen voorbeeld van enige van die oorspronklike geskrifte wat deur die apostels geskryf is nie - alle ou geskrifte wat ons wel het, is kopiee.  Maar die waarheid is dat daar ook geen oorspronklike geskrifte van enige ander antieke geskrifte is nie.  So dit is duidelik dat geen antieke boek se geloofwaardigheid in twyfel getrek kan word omdat daar geen oorspronklike geskrifte meer is nie, maar wat wel 'n verskil maak, is die geloofwaardigheid van kopiee, en die hoeveelheid jaar wat tussen hulle verloop. Hoe meer kopiee of manuskripte bestaan, hoe makliker is dit om te weet wat die oospronklike werklik gese het.   Daar is bv. duisende kopiee van Bybelboeke manuskripte wat almal dieselfde lees, en die jare is nie veel verskil tussen hulle nie.  Kyk ons egter na ander bekende ou geskrifte in die wereld, is daar nie naastenby soveel manuskripte vir hulle nie - tog betwyfel niemand hierdie geskrifte se geloofwaardigheid nie, maar hulle betwyfel die akkuraatheid van die Bybel?  Onder hierdie wereldse manuskripte is daar bv. Caesar (Gallic Wars) = 10 manuskripte daarvan;  Plato = 7; Taticus = 20; Pliny the younger = 7; Thucydidus = 8; Suotonius = 8; Herodotus = 8; Sophocles = 193; Lucretius = 2; Euripides = 9; Demosthenes = 200; Aristophanes = 10 of 12; Aristotle = 49.  
-VERGELYK DIT MET BYBEL MANUSKRIPTE!, wat meer 24 000 is! 

Die ou geskrifte van Bybelboeke van die N.T. kan in drie groepe opgedeel word: (1) MANUSKRIPTE (kopiee in die oorspronklike Grieks);  (2) VROEE VERTALINGS (die hele N.T. kan saamgevoeg word deur 19000 kopiee van vroee vertalings);  (3) KWOTASIES deur Christene (die hele N.T., behalwe vir 11 verse...).  

Onder die manuskripte is daar:
- 76 papyri;
- 250 uncials (drukwerk) op vellum (calf skin), gedateer 350 - 800 n.C.;
- 2464 cursives (miniscules) op papier;
- 1997 lectionaries (van 'n kerk se kalender lesings);
- ongeveer 25 ostraca (bybelversies op pottebakkery);
-  9 talismans (bybelversies op gelukbringers).

Onder die vroee vertalings kry ons:
- Aramaic (300 - 400 n.C.);
- Old Latin (vir evangeliste na Noord-Afrika en Italie)(300 - 1200 n.C.);
- Egyptian (200 n.C.)

Onder die kwotasies kry ons:
- Clement of Rome (96 n.C.);
- Barnabas (nie die ene in die N.T. nie)(100 n.C.); die Didache (leringe van die 12 - 100 n.C.);
- Ignatius (115 n.C.);
- Polycarp (120 n.C.);
- e.a....

DIE HOEVEELHEID GESKRIFTE WAT OORLEEF HET, is ongelooflik;  en die vgl. tussen hierdie geskrifte geweldig akkuraat.  Daar is vele male meer kopiee van boeke van die Bybel as wat daar is van enige ander antieke boek!  Die verskil in jare tussen kopiee van boeke van die Bybel, is iets soos 30 - 120 jaar, terwyl in die geval van ander antieke boeke, dit sowat 300 - 850 jaar is.  Dit maak die boeke van die Bybel baie meer geloofwaardig as ander antieke boeke.  Onder die kopiee van die N.T. is selfs 'n fragment wat maar iets soos 30 jaar geskryf is nadat die apostels dit geskryf het!  Slegs iets soos 40 sinne/40 woorde in die N.T. word bevraagteken wanneer kopiee met mekaar vgl. word;  terwyl in die geval van ander antieke of heilige geskrifte baie meer bevraagteken word - in een 764 sinne, en 'n ander 26000 sinne! - boeke wat bekend staan as "heilig", maar nie naastenby kan kers vashou by die geloofwaardigheid tussen ou kopiee van bybelboeke nie.

In die Bybel is ook baie historiese gebeure beskryf wat tog duidelik moet kan bewys word.  Baie gebeure word selfs in detail beskryf.  Deur argeologie en ander geskrifte is keer op keer bewys dat historiese gebeure in die Bybel akkuraat en waar is. Inteendeel, geen ander boek van die antieke wêreld beskryf historiese gebeure so deeglik soos die boeke van die Bybel nie.  


Die geloofwaardigheid van die Bybel (Groepbespreking - praktiese gedeelte)

Ander poste wat handel oor die Geloofwaardigheid vd Bybel:
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------
Geleerdes gebruik 4 toetse om die geloofwaardigheid en akkuraatheid van die Bybelboeke te bepaal:
-  (1)  Die interne toets
-  (2)  Die eksterne toets
-  (3)  Die profetiese toets
-  (4)  Die bibliografiese toets

Ons gaan later in meer diepte hierna kyk.

Die volgende video's kan moontlik aan die groep gewys word aan die einde van die les:
https://www.youtube.com/watch?v=DDCmmAX3PFk
https://www.youtube.com/watch?v=Q-lK2hLf_Sg
(let wel dat hierdie persone se video's gekies is bloot op die inligting wat in daardie spes. video's van hulle voorkom en geen ander media van hulle bestudeer is nie)
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

----------------------------------------------------------------------------------------

======================================================================
________________________________________________________________________________
As ons die verskillende skrywers van die boeke van die Bybel se geskrifte met mekaar sou vgl., moet die verskillende getuienisse (m.a.w. soos waar hulle oor dieselfde dinge skryf) se woorde met mekaar ooreenstem.  So vgl. die geskrifte van die 4 Evangelies baie goed met mekaar - behalwe dit is die vertalings daarvan oor die eeue  baie betroubaar sou ons gaan kyk na die manuskripte. Daar bestaan meer as 24 000 oorspronklike manuskripte van die Nuwe Testament!  Dit self bewys die buitengewone akkuraatheid van die Nuwe Testament, en bewys dat dit betroubaar is.
Omdat meeste van ons nie toegang het tot hierdie manuskripte nie, is dit goed om te hoor wat geleerdes te se het hieroor:
-  Sir Fre­derick Kenyon, die voormalige kurator en direkteur van die Britse Museum en wêreldleier op die gebied van historiese li­teratuurmanuskripte, het die volgende gesê: “The last foundation for any doubt that the Scriptures have come down to us as they were written has now been removed. Both the authenti­city and the general integrity of the books of the New Testament may now be regarded as finally established.”
-  Dr. Simon Greenleaf, die man wat Harvard Universiteit beroemd gemaak het en een van die mees gerespekteerde regs­geleerdes wat die VSA ooit opgelewer het, het tot bekering gekom juis toe hy gepoog het om Jesus se opstanding uit die dood as ʼn mite te ontbloot. Hy het gesê: “According to the laws of legal evidence administered in the courts of justice, the resurrection of Jesus Christ is one of the best established events of history.”
-  Thomas Arnold, historikus en skrywer van die beroemde reeks boeke ‘The History of Rome’, het by geleentheid gesê: “I know of no fact in the history of mankind which is proved by better and fuller evidence than the Resurrection of Jesus Christ.”

En ons moet onthou dat Jesus se opstanding nie net deur 'n paar mense beleef is nie, maar dat Hy aan meer as 500 broeders verskyn het na Sy opstanding! (1 Kor. 15:5-7).  Dit wil se daar was oor die 500 OOGGETUIES van hierdie wonderlike gebeurtenis. In die tyd waarin Paulus gelewe het, was daar m.a.w amper 500 getuies wat ingeroep sou kon word, sou die vraag oor die opstanding voor 'n hof gebring word!
Feitlik die hele N.T. was geskryf deur ooggetuies, of mense wat weergee wat ander ooggetuies vertel het. Hulle het nie fabels verkondig nie, maar was persoonlik getuies van hierdie dinge (2 Pet. 1:16).
Dit wat die vroee en eerste kerke en kerkvaders geleer het, is ook self 'n bewys omdat dit grootendeels ooreenstem met boeke van die Bybel - kyk bv. dié van Josephus – 37-100 n.C. – wat die Joodse geskiedenis opgeteken het - Kyk hierdie aanhaling uit Josephus se antieke Arabiese manuskrip wat in 1972 deur Schlomo Pines ontdek is:
-  “At this time there was a wise man called Jesus, and his conduct was good, and he was known to be virtuous.  Many people among the Jews and the other nations became his disciples.  Pilate condemned him to be crucified and to die.  But those who had become his disciples did not abandon his discipleship.  They reported that he had appeared to them three days after his crucifixion and that he was alive.  Accordingly, he was perhaps the Messiah, concerning whom the prophets have reported wonders and the tribe of the Christians, so named after him, has not disappeared to this day.” (p. 35)

Daar is heelwat ander antieke bronne soos hierdie.  Inteendeel, sommige geleerdes beweer dat as al die Bybels in die wereld uitgewis sou word, dit vir hulle moonltik sou wees om die hele Bybel weer saam te stel (behalwe vir 11 verse in die N.T.) deur slegs gebruik te maak van hierdie soortgelyke antieke bronne - soveel is die woorde van die Bybel aangehaal in ander geskrewe stukke!  In nog 'n ander antieke bron was die volgende geskryf:  - Gaius Cornelius Tacitus, ’n Romeinse senator en geskiedskrywer (64 n.C.) -  hy bevestig in Boek XV van sy Die Annale oor Nero se vergrype teen die Christene, die kruisdood van die Here Jesus Christus, en gee daarmee ook historiese gewig aan die verhale oor die Here Jesus Christus.  Hy skryf: “Christus, the founder of the name, had undergone the death penalty in the reign of Tiberius, by sentence of the procurator Pontius Pilate ..” (p. 46).Kyk ons na ander boeke van die Bybel, soos Genesis, is dit ook interessant om te merk dat dit aangehaal word deur die hele Bybel - egter meer as enige ander boek van die Bybel! Die N.T. verwys meer as 200 keer na boeke in die O.T., en daar is 165 direkte aanhalings en verwysings na Genesis in die Nuwe Testament waarvan ongeveer 100 verwys na of aangehaal word uit Genesis 1-11  - en van hierdie gedeeltes, word 6 hoofstukke spesifiek deur Jesus self aangehaal!
-  Daar word  na Adam verwys in 6 ander boeke (Deuternomium, 1 Kronieke, Job, Hosea, Romeine en 1 Korintiers).
-  Noag word ook by die naam genoem in 3 Ou Testamentiese boeke (1Kronieke, Jesaja en Esegiel), en word verskeie kere genoem in die Nuwe Testament.
-  In 15 boeke van die O.T., en 11 boeke van die N.T., word na Abraham verwys.
-   Jakob word na verwys in 20 van die O.T. boeke en in 17 van die N.T. boeke.

 As iemand m.a.w. iets anders geskryf het oor Jesus se woorde as hierdie talle geskrifte, soos in die geval van die sg. "evangelie van Judas", dan is dit duidelik dat daar 'n groot vraagteken hang op die persoon se geskrif omdat dit verskil van soveel ander (wat saam dieselfde praat, maar hy praat verskillend) - daar is ook heelwat Gnostiese boeke van hierdie aard wat glad nie vertrou kan word nie! Heelwat ander boeke, soos die evangelie van Judas, kan nie as geloofwaardig bewys word nie, en ons moet ook versigtig wees om te dink dat alle antieke geskrifte geloofwaardig is!  Natuurlik moet daar bepaalde toetse uitgevoer word om te kan bepaal of 'n geskrif regtig vertrou kan word of nie.

Die geloofwaardigheid van die Bybel (Inleiding)

Ander poste wat handel oor die Geloofwaardigheid vd Bybel:
http://sondagskooltuis.blogspot.co.nz/2015/04/die-geloofwaardigheid-van-die-bybel_79.html
http://sondagskooltuis.blogspot.co.nz/2015/04/die-geloofwaardigheid-van-die-bybel.html
http://sondagskooltuis.blogspot.co.nz/2015/04/die-geloofwaardigheid-van-die-bybel_43.html

----------------------------------------------------------------------------------------------------------
INLEIDING VIR DIE ONDERWYSER OF GROEPLEIER:

Alhoewel dit 'n bedekte seen is dat soveel Christene net eenvoudig glo dat die boeke van die Bybel die geinspireerde woord van God is, het dit nodig geword in die tyd waarin ons lewe om die geloofwaardigheid van die Bybel ook te kan bewys, siende dit vreeslik van alle kante aangeval word en selfs baie Christene begin twyfel in wat die waarheid is. Die inligting waarna ons gaan kyk, is geneem uit verskillende bronne, en daar word veral stilgestaan by die verskillende metodes wat geleerdes gebruik om die geloofwaardigheid van skrifte te bewys.  D.m.v. groepbespreking vrae, gaan hulle hierdie verskillende metodes eerstehands ervaar.

   Die doel is ook nie slegs om te bewys dat die Bybelboeke geloofwaardig is nie, maar ook om te gaan kyk na wat WAARHEID regtig is. "Waarheid" is bv. nie dit wat elkeen glo dit is of graag wil he dit moet wees nie, maar dit wat die Here sê dit is! In die Here se handelinge met die mens oor die eeue, kan ons baie van Hom leer.  Die Nuwe Testament van die Bybel is baie belangrik vir die Christen omdat dit bv. die woorde bevat van die waarheid wat Christus Jesus vir ons gebring het.

Ons moet egter verstaan dat GELOOF NIE ONDERWERP IS AAN BEWYSE VAN OF DIE BYBELBOEKE GELOOFWAARDIG IS OF NIE - daar is heelwat voorbeelde van mense wat die hele Bybel deurgelees het, of van geleerdes wat baie kennis het oor manuskripte en self bely dat die Bybelboeke geloofwaardig is, maar tog het dit hulle nie beweeg om tot geloof te kom nie! Maar daar is ook ander wat wel tot geloof gekom het toe hulle tot kennis van die geloofwaardigheid van die Bybel gekom het - NATUURLIK IS DIT BELANGRIK OM TE WEET DAT DIT WAT JY GLO DIE WAARHEID IS!  En alhoewel die Christen wat hom deur die Gees laat lei nie regtig oortuiging nodig het nie, want die Heilige Gees lei hom in die waarheid, leef ons in 'n tyd waarin die waarheid vreeslik verdraai word en die geloofwaardigheid van die Bybelboeke belangrik is omdat dit die ware waarheid is. Christene kan nie meer terugsit en dit net aan die geleerdes oorlaat om te verduidelik nie, maar dit het nodig geword dat hulle ook self die nodige kennis opdoen.  Net so moet ons kinders ook hierdie kennis verkry omdat hulle daagliks gebombardeer word met onwaarhede in skole, leuens deur tegnologie en leef in 'n wereld wat "reg probeer verkeerd maak" en "verkeerd, reg"!