Tuesday, April 14, 2015

Die geloofwaardigheid van die Bybel (manuskripte)

Ander poste wat handel oor die Geloofwaardigheid vd Bybel:

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------
Geleerdes kan nie die geloofwaardigheid of akkuraatheid van die Bybel bepaal deur oorspronklikes nie, want daar is geen oorspronklikes meer nie!  (maar daar is natuurlik ook nie enige oorspronklikes van enige ander antieke boeke nie).  Waarmee geleerdes werk, is "manuskripte", anders gestel handgeskrewe kopiee.  Hulle het nie so baie manuskripte van die Ou Testament nie, maar geweldig baie van die Nuwe Testament.  
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
-  VIR HIERDIE GEDEELTE KAN MOONTLIK DIE VOLGENDE VIDEO's VIR DIE GROEP GEWYS WORD:
https://www.youtube.com/watch?v=C_SGHPxnN8g


-  OM MEER OP TE LEES OOR MANUSKRIPTE, GAAN NA:
http://www.schoyencollection.com/bible-collection-foreword
========================================================================

VERDERE INLIGTING VIR DIE GROEPLEIER:
Daar is geen voorbeeld van enige van die oorspronklike geskrifte wat deur die apostels geskryf is nie - alle ou geskrifte wat ons wel het, is kopiee.  Maar die waarheid is dat daar ook geen oorspronklike geskrifte van enige ander antieke geskrifte is nie.  So dit is duidelik dat geen antieke boek se geloofwaardigheid in twyfel getrek kan word omdat daar geen oorspronklike geskrifte meer is nie, maar wat wel 'n verskil maak, is die geloofwaardigheid van kopiee, en die hoeveelheid jaar wat tussen hulle verloop. Hoe meer kopiee of manuskripte bestaan, hoe makliker is dit om te weet wat die oospronklike werklik gese het.   Daar is bv. duisende kopiee van Bybelboeke manuskripte wat almal dieselfde lees, en die jare is nie veel verskil tussen hulle nie.  Kyk ons egter na ander bekende ou geskrifte in die wereld, is daar nie naastenby soveel manuskripte vir hulle nie - tog betwyfel niemand hierdie geskrifte se geloofwaardigheid nie, maar hulle betwyfel die akkuraatheid van die Bybel?  Onder hierdie wereldse manuskripte is daar bv. Caesar (Gallic Wars) = 10 manuskripte daarvan;  Plato = 7; Taticus = 20; Pliny the younger = 7; Thucydidus = 8; Suotonius = 8; Herodotus = 8; Sophocles = 193; Lucretius = 2; Euripides = 9; Demosthenes = 200; Aristophanes = 10 of 12; Aristotle = 49.  
-VERGELYK DIT MET BYBEL MANUSKRIPTE!, wat meer 24 000 is! 

Die ou geskrifte van Bybelboeke van die N.T. kan in drie groepe opgedeel word: (1) MANUSKRIPTE (kopiee in die oorspronklike Grieks);  (2) VROEE VERTALINGS (die hele N.T. kan saamgevoeg word deur 19000 kopiee van vroee vertalings);  (3) KWOTASIES deur Christene (die hele N.T., behalwe vir 11 verse...).  

Onder die manuskripte is daar:
- 76 papyri;
- 250 uncials (drukwerk) op vellum (calf skin), gedateer 350 - 800 n.C.;
- 2464 cursives (miniscules) op papier;
- 1997 lectionaries (van 'n kerk se kalender lesings);
- ongeveer 25 ostraca (bybelversies op pottebakkery);
-  9 talismans (bybelversies op gelukbringers).

Onder die vroee vertalings kry ons:
- Aramaic (300 - 400 n.C.);
- Old Latin (vir evangeliste na Noord-Afrika en Italie)(300 - 1200 n.C.);
- Egyptian (200 n.C.)

Onder die kwotasies kry ons:
- Clement of Rome (96 n.C.);
- Barnabas (nie die ene in die N.T. nie)(100 n.C.); die Didache (leringe van die 12 - 100 n.C.);
- Ignatius (115 n.C.);
- Polycarp (120 n.C.);
- e.a....

DIE HOEVEELHEID GESKRIFTE WAT OORLEEF HET, is ongelooflik;  en die vgl. tussen hierdie geskrifte geweldig akkuraat.  Daar is vele male meer kopiee van boeke van die Bybel as wat daar is van enige ander antieke boek!  Die verskil in jare tussen kopiee van boeke van die Bybel, is iets soos 30 - 120 jaar, terwyl in die geval van ander antieke boeke, dit sowat 300 - 850 jaar is.  Dit maak die boeke van die Bybel baie meer geloofwaardig as ander antieke boeke.  Onder die kopiee van die N.T. is selfs 'n fragment wat maar iets soos 30 jaar geskryf is nadat die apostels dit geskryf het!  Slegs iets soos 40 sinne/40 woorde in die N.T. word bevraagteken wanneer kopiee met mekaar vgl. word;  terwyl in die geval van ander antieke of heilige geskrifte baie meer bevraagteken word - in een 764 sinne, en 'n ander 26000 sinne! - boeke wat bekend staan as "heilig", maar nie naastenby kan kers vashou by die geloofwaardigheid tussen ou kopiee van bybelboeke nie.

In die Bybel is ook baie historiese gebeure beskryf wat tog duidelik moet kan bewys word.  Baie gebeure word selfs in detail beskryf.  Deur argeologie en ander geskrifte is keer op keer bewys dat historiese gebeure in die Bybel akkuraat en waar is. Inteendeel, geen ander boek van die antieke wêreld beskryf historiese gebeure so deeglik soos die boeke van die Bybel nie.  


No comments:

Post a Comment

Note: Only a member of this blog may post a comment.