Showing posts with label 3 tot 8 jariges. Show all posts
Showing posts with label 3 tot 8 jariges. Show all posts

Sunday, March 9, 2014

Lesaanbieding Idees (3 - 8 jariges)

Die idee van "Lesaanbieding Idees", is om voorbeelde te gee van maniere om die les prakties aan te bied, sodat die kinders beter konsentreer en hulle die les beter onthou.  Deur sekere van hierdie lesaanbiedings, word die kinders ook aangemoedig om die manier hoe sy/hy dinge verstaan, in woorde of in takies uit te druk - dit help hulle ook om die les beter te onthou. Hulle word ook aangemoedig om beter te luister, en is veral gepas op Verhaal-voorlesings.  Die idees kan op enige verhale toegepas word (bedoel vir 3 - 8 jariges).

(1)  http://sondagskooltuis.blogspot.co.nz/2014/03/lesaanbieding-idees-3-8-jariges-nr-1.html
(2)  http://sondagskooltuis.blogspot.co.nz/2014/03/lesaanbieding-idees-3-8-jariges-nr-2.html
(3)  http://sondagskooltuis.blogspot.co.nz/2014/03/lesaanbieding-idees-3-8-jariges-nr-3.html
(4)  http://sondagskooltuis.blogspot.co.nz/2014/03/lesaanbieding-idees-3-8-jariges-nr-4.html 
(5)  http://sondagskooltuis.blogspot.co.nz/2014/03/lesaanbieding-idees-3-8-jariges-nr-5.html
(6)  http://sondagskooltuis.blogspot.co.nz/2014/03/lesaanbieding-idees-3-8-jariges-nr-6.html

Lesaanbieding idees (3 - 8 jariges) -NR. 6

Voorbeelde van om lesaanbieding meer prakties te maak in die sondagskoolklas, die kinders beter te laat konsentreer en sodat hulle die les onthou.
 ---------------------------------------------------------------------------------------------
(6) Plaas 'n paar voorwerpe of kaarte in 'n ry.  Laat die kinders daarna kyk, hulle oe toemaak, skommel, en laat hulle dit dan in die regte volgorde sorteer. 

Hier is 'n vb. van so 'n  les:

- Gebruik inkleurprente - gaan na hierdie url (en rol af na inkleurprente): http://sondagskooltuis.blogspot.co.nz/p/my-eerste-bybelwoorde.html.  Plaas die prente in volgorde in 'n ry en doen soos punt 6 verduidelik.  Wanneer die kinders dit reg sorteer het, kan hulle elkeen 'n prent kies om in te kleur.

   ....ens.

(print gerus die kleurprente en plak dit op in volgorde iewers op die muur)
========================================================================

Lesaanbieding idees (3 - 8 jariges) -NR. 5

Voorbeelde van om lesaanbieding meer prakties te maak in die sondagskoolklas, die kinders beter te laat konsentreer en sodat hulle die les onthou.

---------------------------------------------------------------------------------------------
(5)  Die kinders word elkeen 'n stuk klei gegee om iets te maak aan die einde van die verhaal voorlesing.  Vertel hulle aan die begin van die les wat hulle gaan doen, sodat hulle goed aandag gee gedurende die verhaal voorlesing.  Hulle kan enige iets uit die verhaal skep, bv. in die verhaal van Adam en Eva, kan hulle kies om 'n boom te maak, 'n slang, 'n vrug ens.

Hier is 'n goedkoop Gekookte Deegklei resep (wat baie lekker werk):

Lees eers die verhaal voor:

Laat die kinders idees gee van wat hulle kan vorm uit die klei - die onderwyser moet ten minste een ding noem vir 'n vb., soos 'n "sprinkaan".  (Vb.e wat uit die les kom:  'n stad, berge, vy, granaat, druiwe (tros), reus, sprinkaan, manne (verkenners)ens.).

Die onderwyser kan gerus prente kry, want sommige kinders het nodig om 'n prent te sien wanneer hulle iets uit klei vorm.

========================================================================

Lesaanbieding idees (3 - 8 jariges) -NR. 4

Voorbeelde van om lesaanbieding meer prakties te maak in die sondagskoolklas, die kinders beter te laat konsentreer en sodat hulle die les onthou.
---------------------------------------------------------------------------------------------
(4)  Die onderwyser vertel 'n verhaal uit die Bybel met redelik baie feite.  Nou begin hy die verhaal van vooraf, maar die kinders moet elke keer se wat volgende gebeur het  (hulle word vooraf vertel wat gaan gebeur, sodat hulle mooi luister die eerste keer). Vir hierdie doel kan ook die tydlyne gebruik word, of selfs prente in 'n lyn deurmekaar teen die muur opgesit word.
http://sondagskooltuis.blogspot.co.nz/p/ons-ware-geskiedenis.html
http://sondagskooltuis.blogspot.co.nz/2013/02/die-bybelverhaal-in-prente-eksodus.html
http://sondagskooltuis.blogspot.co.nz/2012/11/sleutelgebeure-in-eksodus.html

HIER IS 'N LES VB. VAN HOE OM HIERDIE PRAKTIES TOE TE PAS:

Sit prente op teen muur, in verkeerde volgorde, en laat die kinders dit reg sorteer.

========================================================================

Lesaanbieding idees (3 - 8 jariges) -NR. 3

Voorbeelde van om lesaanbieding meer prakties te maak in die sondagskoolklas, die kinders beter te laat konsentreer en sodat hulle die les onthou.

---------------------------------------------------------------------------------------------
(3)  Die onderwyser noem 'n paar feite oor die les, of lees die verhaal eers voor - dan word dit weer voorgelees, maar die kinders moet dit korrigeer, soos bv. "Moses het met sy staf teen die rots geslaan, toe kom daar melk uit" - laat hulle se wat verkeerd is, en wat die regte antwoord is.

HIER IS 'N LES VB. VAN HOE OM HIERDIE PRAKTIES TOE TE PAS:

Skryf die verhaal in 'n verkorte, maklike vorm:

Skryf die verhaal met foute, sodat die kinders dit kan korrigeer wanneer die voorgelees word:
========================================================================

Lesaanbieding idees (3 - 8 jariges) -NR. 2

Voorbeelde van om lesaanbieding meer prakties te maak in die sondagskoolklas, die kinders beter te laat konsentreer en sodat hulle die les onthou.
---------------------------------------------------------------------------------------------
(2)  Deel vir elke leerling 'n flitskaart uit - die onderwyser het ooreenstemmendes.  Wys prente terwyl die les aangebied word en die kind wat elke keer daardie flitskaart het, moet dit vorentoe bring en aanwend soos die onderwyser voorstel.

HIER IS 'N LES VB. VAN HOE OM HIERDIE PRAKTIES TOE TE PAS:

(maak bv. klomp afdrukke van die prent, en knip verskillende dele uit wat as flitskaarte dien)(soos die verhaal voorgelees word, bou die kinders op die prent - gebruik gerus iets op die agterkant van elke uitknipsel wat dit effens vorentoe laat staan wanneer die kind dit opplak om 'n 3D idee te gee).

(Kinders word verskillende uitknipsels gegee)

========================================================================

Lesaanbieding idees (3 - 8 jariges) -NR. 1

Voorbeelde van om lesaanbieding meer prakties te maak in die sondagskoolklas, die kinders beter te laat konsentreer en sodat hulle die les onthou.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(1)  Plaas ongeveer 4 voorwerpe op 'n skinkbord en laat die leerlinge daarna kyk.  Bedek dit, en die leerlinge moet nou se watter voorwerpe hulle gesien het.  (Op 'n les wat bv. oor Dawid handel, kan verskillende prente opgehou word van sy staf, kettie, harp ens.  Die onderwyser wys dit en vertel wat elke ding is.  Dan neem hy/sy dit weg en die kinders moet onthou wat hulle gesien het - hulle kan selfs probeer beskryf hoe dit gelyk het).

HIER IS 'N LES VB. VAN HOE OM HIERDIE PRAKTIES TOE TE PAS:

------------------------------------------------------------------------------------------------------------