Hierdie is deel vd boekie "Die volk van God".
Vir die ander lesse in hierdie reeks, gaan na: https://sondagskooltuis.blogspot.com/p/die-volk-van-god.html.
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------In les 2 word die volgende behandel (hierdie les is die B gedeelte):
- (les A) die PLEK wat vir die Here se volk uitgekies is, nl. KANAäN / ISRAEL;
- (les B) die STAD JERUSALEM wat vir ewig sal bestaan;
- (les C) die KONING vd Koninkryk (en Sy teenwoordigheid).
___________________________________________________________________________________
LES B:
(die stad Jerusalem)
VRAAG VIR BESPREKING:
Hoekom is Jerusalem belangrik vir die volk van God?
ANTWOORD: die stad JERUSALEM. Jerusalem is 'n stad in Israel; en word gesien as 'n/die HEILIGE STAD ('n land wat afgesonder is...)(Jes. 52:1; Dan. 9:24; Neh. 11:1,18; Sag. 8:3; Ps. 48:1; Jes. 48:2; Matt. 4:5; 27:53), en tereg want die stad Jerusalem is vir die Here baie belangrik, meer belangrik as enige ander stad in die wêreld! (1 Kon. 11:32)(dit beteken egter nie dat Hy altyd tevrede is met Jerusalem nie/Eseg. 5:6)). Onder al die stede vd wêreld is die stad Jerusalem afgesonder as 'n stad waar die Here Sy Naam sal vestig; en terloops, vir ewig! (2 Kon. 21:7). Die profeet Jeremia het geprofeteer dat wanneer Christus terugkom, Hy vanuit JERUSALEM sal regeer oor die hele aarde... (Jer. 33:16; 3:17; 1 Kon. 11:36). In Eseg. 5:5 word daar na Jerusalem verwys as "in die middel van al die nasies", en dit is ook die stad wat die Here uitverkies het tussen die stamme van Israel (1 Kon. 11:32; 1 Kon. 14:21; 2 Kon. 21:7; 2 Kron. 12:13; 2 Kron. 33:7)(Jerusalem was die hoofstad van Israel se vroeë konings en later van die suidelike koninkryk van Juda). Sommige geleerdes is van mening dat die "Salem" waarvan ons lees in Gen. 14:8, verwys na Jerusalem (waarvan Melgisedek in die tyd van Abraham koning was). Somtyds word die woord "Sion" genoem, wat eintlik verwys na 'n berg van Jerusalem (2 Sam. 5:7; Ps. 2:6). Anders as al die ander stede vd wêreld sal die stad Jerusalem vir ewig bestaan... (Joe 3:20 - "Maar Juda sal vir ewig bly, en Jerusalem van geslag tot geslag"); nie die huidige stad nie, maar die stad Jerusalem wat uit die hemel sal neerdaal aan die einde van die volgende bedeling (nadat die 1000 jaar Ryk verby is)(Openb. 21,22).
Wat die Christelike geloof aanbetref, word Jerusalem gesien soos 'n basis waarvanaf alles gebeur... Bv., dit is die plek waar Jesus gekruisig en begrawe is en opgestaan het uit die dood. Dit is die plek waarvanaf die evangelie begin uitgaan het oor die hele wêreld (Hand. 1:8). Jesus se opvaarding na die hemel het ook daar plaasgevind (vanaf die Olyfberg-Hand. 1:12), en wanneer Hy terugkom sal Hy op daardie juiste berg kom staan (Sag. 14:4; Hand. 1:9-12). Die eerste twee tempels was in Jerusalem, en dit wil voorkom of die laaste voor Jesus terugkom ook in die heilige stad wees (Openb. 11). Ook in die volgende bedeling, die 1000 jaar wat volg nadat Jesus teruggekom het, sal daar 'n tempel in Jerusalem wees... (Eseg. 40).
Jerusalem is vir elke kind van God belangrik, want dit is vir die Here belangrik! Dit is immers die plek waar ons vir ewig gaan woon, want die nuwe stad Jerusalem sal op die nuwe aarde neerdaal (Openb. 21 en 22; 2 Pet. 3:13), en daar word vir elke kind van God 'n plek berei... (Jes. 65:17-19; 66:22)(Joh. 14:2,3; Hebr. 13:14; Openb. 3:12; )(Openb. 21:24 - "En die nasies van die wat gered word, sal in die lig daarvan wandel, en die konings van die aarde bring hulle heerlikheid en eer daarin")(https://warechristene.blogspot.com/2024/10/die-nuwe-jerusalem.html).
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
No comments:
Post a Comment
Note: Only a member of this blog may post a comment.