Friday, July 25, 2014

A4 Muurkaart (vertikaal): Die Gelowige soos 'n boom

Gelowiges word soos saad in die wereld gesaai om te groei, soos 'n boom, en vrug te dra.  Jesus het baie gepraat oor iemand se "vrug".  Alhoewel vrug verwys na goeie dade, optrede, die manier hoe iemand praat ens., moet dit nie gesien word soos werke nie, maar eerder soos "loon", m.a.w. "loon wat iemand verdien wanneer hulle die evangelie verkondig", of "loon omdat iemand in die Here bly", of "loon omdat iemand ag gee op die waarheid" ens.  

========================================================================


Ware gelowiges (koring) word deur die Seun v/d Mens (Jesus die Christus) in die wereld gesaai - HULLE DRA GOEIE VRUG (word ook genoem:  "vrug tot heiligmaking" of "vrug vir die ewige lewe").

Voorgee-gelowiges (onkruid) word deur die duiwel gesaai onder die koring (onder die ware gelowiges) - HULLE DRA SLEGTE VRUG (al lyk dit soos goeie vrug, is dit nie omdat dit nie gedoen word uit "diensbaarheid aan God" nie) - HULLE SIEN "VRUG SOOS "WERKE", maar vrug gaan nie oor werke tot saligheid nie, maar goeie vrug is a.g.v. saligheid, a.g.v. die feit dat iemand die Here KEN, a.g.v. die feit dat hy in Hom bly, a.g.v. die feit dat hy ag gee op Sy waarheid ens.

Alhoewel ongelowiges ook nie goeie vrug gaan dra nie, verwys skrifte wat handel oor die wat geen vrug dra nie, eintlik na "gelowiges" (nie noodwendig voorgee-gelowiges nie, maar ook ware gelowiges - die wat bv. wel tot geloof gekom het, maar nie in die Here bly nie, ag gee op Sy waarheid nie en meer besig raak met die lewe, as met die Here).
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------



Ware gelowiges (koring) word deur die Seun v/d Mens (Jesus die Christus) in die wereld gesaai - HULLE DRA GOEIE VRUG (word ook genoem:  "vrug tot heiligmaking" of "vrug vir die ewige lewe").

Sommige kom tot geloof, maar hulle glo net vir 'n tyd, en val af in tyd van versoeking of verdrukking (2de groep in die gelykenis v/d saaier).  Jesus het dit duidelik gemaak dat niemand vrug kan dra as hulle nie IN HOM BLY nie!(en die wat nie "goeie" vrug dra nie, sal uitgekap word!;  Dit beteken dat iemand wel 'n Christen kan word en deel wees van die kinders v/d koninkryk - die hoop op saligheid en opstanding tot ewige lewe - maar ontwortel kan word sou hy nie vashou aan die geloof nie, net soos baie van die natuurlike takke ontwortel is, alhoewel dit nie beteken dat die Here hulle nie kan terugent nie!).

Sommige begin wel vrug dra, maar verloor dit omdat hulle meer besig raak met die lewe, as met die Here (bv. die sorge, begeerlikhede, rykdom en genietinge van die lewe)(3de groep in die gelykenis van die saaier).  
Ander dra vrug, en hou vas aan die geloof.  Hulle sal dan ook meer vrug kry, en word ook gesnoei om meer vrug te dra.
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------



Ware gelowiges (koring) word deur die Seun v/d Mens (Jesus die Christus) in die wereld gesaai - HULLE DRA GOEIE VRUG (word ook genoem:  "vrug tot heiligmaking" of "vrug vir die ewige lewe").

"Kaf" verwys ook na gelowiges (kinders van die koninkryk)(kinders van Abraham), maar dit is die wat nie die VRUGTE dra wat by die bekering pas nie.  (In die natuur is kaf gewoonlik daardie deel wat onbruikbaar is, en word van die koring geskei en met vuur verbrand).
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------



Ware gelowiges (koring) word deur die Seun v/d Mens (Jesus die Christus) in die wereld gesaai.

Voorgee-gelowiges (onkruid) word deur die duiwel gesaai onder die koring (onder die ware gelowiges).
------------------------------------------------------------------------------------------------------------


Ware gelowiges (koring) word deur die Seun v/d Mens (Jesus die Christus) in die wereld gesaai.  Hulle is die "skape" - die wat na Sy stem luister!  Die beeldspraak van "skaap" gaan veral oor GEHOORSAAMHEID - die wat die wil van die Vader doen - die wat Jesus die Christus gehoorsaam is.  Hulle is ook die BARMHARTIGES en is barmhartig soos die Here barmhartig is, en vergewe soos die Here hulle vergewe.  Nie alle "goed doen" sal eendag beloon word nie.  Jesus het dit duidelik gemaak dat die wat goed doen (barmhartig is) vir eie gewin, of om geeer of gesien te word, sal nie beloning daarvoor ontvang nie; maar waar iemand goed doen uit GEHOORSAAMHEID aan die Here, omdat hy regtig barmhartig is of wil vergewe, dit word as "goed doen" gesien, en sal ook eendag beloon word!

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------

1 comment:

  1. Hestie, dis die mees suiwer en akkurate uiteensetting wat ek nog ervaar het vir kinders oor die waarheid en gelowige wees en vrug dra.
    Dis uitstekend.
    Dankie vir jou gehoorsaamheid.
    Dit seen my om dit ook so helder en duidelik vir my klassie voor te berei.

    ReplyDelete

Note: Only a member of this blog may post a comment.