Monday, July 22, 2013

Navorsing Lesse vir 14-17 jariges: Wit keursteen met nuwe naam

Die bedoeling van die les is dat die kinders self gaan navorsing doen oor die onderwerp. (Hulle kan agterna miskien in groepe gesels oor  die onderwerp van bespreking, wat hulle nagevors het, en as groep dit voordra).  In hierdie les is die onderwerp die "wit keursteen met 'n nuwe naam" waarvan Jesus praat in Openb. 2:17.  Die onderwyser kan hierdie blogpost uitdruk en vir elke kind uitdeel, of dit kan aangestuur word vir elkeen sodat hulle maklik op die urls kan klik, http://sondagskooltuis.blogspot.co.nz/2013/07/navorsing-lesse-vir-14-17-jariges-wit.html.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------


(Openb. 2:17) "Wie ‘n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê.Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om te eet van die verborge manna, en Ek sal hom gee ‘n wit keursteen, en op dié steen ‘n nuwe naam geskrywe wat niemand ken nie, behalwe hy wat dit ontvang".

-Wat is nou eintlik die betekenis van om 'n keursteen te kry met 'n nuwe naam?  
-Wat het Jesus hiermee bedoel?

Gaan doen navorsing om uit te vind wat die betekenis daarvan kan wees, en berei so voor dat jy jou antwoord aan die klas kan voordra.

========================================================================
Die leerling moet die volgende ingedagte hou:
-  As daar nie volkome sekerheid is oor wat die onderwerp beteken nie, moet dit uitgelig word
-  Doen soveel moontlik navorsing - lees bv. opinies in verskillende vertalings van die Bybel, gaan op die internet,terug in die geskiedenis ens.
-  Gaan kyk na die onderwerp in verskillende skrifgedeeltes in die Bybel
-  Maak behoorlike notas 
========================================================================

(1)  Lees eerstens die skrif (van bespreking), in konteks:

(Openb. 2:12)  En skryf aan die engel van die gemeente in Pérgamus: Dít sê Hy wat die skerp tweesnydende swaard het:
(Openb. 2:13)  Ek ken jou werke en die plek waar jy woon, waar die troon van die Satan is. En jy hou vas aan my Naam en het die geloof in My nie verloën nie, selfs in die dae waarin Antipas my getroue getuie was, wat gedood is by julle waar die Satan woon.
(Openb. 2:14)  Maar Ek het enkele dinge teen jou: dat jy daar mense het wat vashou aan die leer van Bíleam wat Balak geleer het om ‘n struikelblok voor die kinders van Israel te werp, naamlik om afgodsoffers te eet en te hoereer.
(Openb. 2:15)  So het jy ook mense wat vashou aan die leer van die Nikolaïete, wat Ek haat.
(Openb. 2:16)  Bekeer jou; anders kom Ek gou na jou toe en sal teen hulle oorlog voer met die swaard van my mond.
(Openb. 2:17)  Wie ‘n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê. Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om te eet van die verborge manna, en Ek sal hom gee ‘n wit keursteen, en op dié steen ‘n nuwe naam geskrywe wat niemand ken nie, behalwe hy wat dit ontvang.

(2)  Gaan kyk of daar enige ander skrifte is in die Bybel rondom die onderwerp, en lees dit ook in konteks - (hiervoor kan ook 'n program soos e-sword gebruik word om die woorde vinnig op te soek; "e-sword" kan verniet afgelaai word by http://www.e-sword.net/)

(3)  Gaan op die web, gaan lees verskillende mense se kommentaar ens.  - hier is 'n paar vb.e:

http://www.gotquestions.org/white-stone-new-name.html

http://voices.yahoo.com/why-did-god-change-names-some-people-the-6906376.html?cat=34

http://whitestoneweb.com/index.php/archives/238

_________________________________________________________________________________

No comments:

Post a Comment

Note: Only a member of this blog may post a comment.