VIR 'N OPSOMMING OOR GENESIS, GAAN NA: http://sondagskooltuis.blogspot.co.nz/p/ons-ware-geskiedenis.html
===========================================
Eksodus
"Eksodus",
die tweede boek in die Bybel, se gebeure speel sowat 400 jaar later af na Genesis, sowat 1300 jaar v.C. (In die volgende 100 jaar daarna: Eksodus, Levitikus, Numeri, Deutoronomium en Josua).
Die woord "Eksodus" beteken "uittog" en gaan oor die "uittog" van die volk Israel uit Egipte, waar hulle slawe was.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Opsomming Hoofgebeure in Eksodus
Eks. 1:1 - 2:23
(1) Die nageslag van Jakob: slawe in Egipte
(2) Geboorte van Moses
(3)(Moses in mandjie van biesies)
(4)(Farao se dogter "trek hom uit die water")
(5)(Moses raak haar seun)
(4)(Farao se dogter "trek hom uit die water")
(5)(Moses raak haar seun)
(6) Moses vlug
(7)(Moses slaan Egiptenaar dood en vlug na Midian)
(8)(Moses trou met Sippora, dogter van Jetro, priester van Midian - sy baar 'n seun, Gersom)
(9)(Moses pas kleinvee op vir sy skoonvader - kom by berg Horeb)
(8)(Moses trou met Sippora, dogter van Jetro, priester van Midian - sy baar 'n seun, Gersom)
(9)(Moses pas kleinvee op vir sy skoonvader - kom by berg Horeb)
(10)(Die Here verskyn aan Moses in 'n vuurvlam uit 'n doringbos en gee hom opdrag om terug te gaan Egipte toe en die volk te verlos)
(11)(Neem sy vrou en kinders en gaan na Egipte)
(12)(Die Here stuur vir Aaron, Moses tegemoet, om vir Moses die praatwerk te doen.)
(11)(Neem sy vrou en kinders en gaan na Egipte)
(12)(Die Here stuur vir Aaron, Moses tegemoet, om vir Moses die praatwerk te doen.)
Eks. 5:1 - 18:21
(13) Moses (80 jaar oud) en Aaron (83 jaar oud) by die Farao
(14)(Die Farao wil hulle nie laat gaan nie en weier om onderdanig te wees aan die Here)
(14) Die 10 plae
(15) EERSTE PLAAG: (Nyl se water verander in bloed: visse gaan dood en stink; kan nie water drink nie; ook Egiptenaars se strome, kanale, waterkuile, alle versamelplekke van water, ook hout en klipbakke se water het bloed geword. Farao se towenaars doen dieselfde. Hulle grawe rondom Nyl vir water. 7 Dae gaan verby).
(16) TWEEDE PLAAG: (Nyl, strome, kanale, waterkuile, wemel van paddas en klim op en gaan in huise in, in slaapkamers, beddens, bakskottels en oonde en spring teen almal op. Farao se towenaars doen dieselfde. Farao vra dat hulle die paddas wegneem na volgende dag en belowe dat hy hulle sal laat gaan)(Moses roep tot die Here, neem paddas weg laat daar net in Nyl oorbly).
(17) DERDE PLAAG: (Stof raak muskiete en kom op die mense en op die vee. Farao se towenaars kry dit nie reg nie en se, "dit is die vinger van God", maar Farao se hart verhard).
(18) VIERDE PLAAG: ( Huise vol dik swerms steekvlieë en selfs die grond waarop hulle gestaan het. Gosen - waar volk woon - word nie daardeur geraak nie. Land deur steekvlieë verwoes. Farao gee hulle toestemming om in land te offer, maar Moses weier en eis dat hulle 3 dagreise ver gaan. Farao stem in en vra hulle moet vir hom bid. Moses bid tot die Here en Hy neem die steekvlieë weg sodat daar nie een oorbly nie. Farao se hart weer verhard).
(19) VYFDE PLAAG: (Die Here se hand teen die Farao se vee, perde, esels, kamele, beeste en kleinvee met baie swaar pes. Die Israeliete se vee beskerm. Egiptenaars se vee gaan dood. Farao se hart steeds verhard).
(20) SESDE PLAAG: (Moses strooi twee hande vol roet uit voor Farao se oe. Word fyn stof wat swere veroorsaak oor hele Egipteland op mense en diere wat in blare uitbreek. Towenaars kon nie eens voor Moses-hulle staan nie, soveel sere op hulle en op Egiptenaars. Farao se hart steeds hard).
(21) SEWENDE PLAAG: (Die Here maak dit duidelik dat die enigste rede hoekom die Farao nog lewe en Hy hom nog nie uitgeroei het nie, is om Sy krag te wys sodat almal sal weet, Hy is die Here. Baie swaar hael, waarin vuur was, reen op Egipteland soos daar nog nie gewees het nie. Die mense was gewaarsku om hulle vee en mense uit veld te bring, maar almal het dit nie gedoen nie. Donder en hael op mense, diere, bome en plante, maar nie in Gosen nie. Hulle vlas en gars was weggeslaan. Farao vra weer dat hulle vir hom bid - hulle belowe so gou as hulle uit die stad uit is en het dit gedoen en hael het opgehou. Farao se hart nog verhard).
(22) AGSTE PLAAG: (Sprinkane in Farao se grondgebied, oppervlakte so bedek dat mens die land nie kon sien nie. Alles wat oorgebly het van die haal, is deur sprinkane opgeeet. Sprinkane in huise van al die Egiptenaars. Geen groenigheid aan die bome of plante van die veld het in Egipteland oorgebly nie. Farao vra weer vir hulle om te bid, en die Here neem sprinkane weg sodat nie een oorbly nie).
(23) NEGENDE PLAAG: (3 dae duisternis oor die hele Egipteland. Kinders van Israel het lig in hulle woonplekke gehad).
(24) TIENDE PLAAG: (Al die Eersgeborenes van die Egiptenaars sterwe, ook Farao se eersgeborene asook alle eersgeborenes van die vee. Israeliete veilig. Instelling Pasga.).
(25) Die Paas- instelling en Uittog
(26)Sukkot, Etam, draai terug soos die Here beveel het, na tot voor Pi-Hágirot, tussen Migdol en die see. Reg teenoor Baäl-Sefon laer opgeslaan by die see. Farao met strydwaens en manskappe agter Israel aan - pad deur die Rooi See - Israel trek deur - Farao en sy hele leermag verdrink. Israel sing tot eer van die Here.
(27) Van Rooisee tot by Sinai berg
(Geleerdes weet nie presies waar die Here die pad deur die Rooi see gemaak het nie, alhoewel sekere argeoloe meer lig werp op die onderwerp vandag. Vir baie jare was daar geraai oor die roete van die Israeliete en die presiese ligging van die Sinai berg).
Die Israeliete trek verder tot by Sur, drie dae lank en kry geen water. Kom in Mara, maar die water van Mara was bitter. Die Here beveel Moses om 'n stuk hout in die water te gooi en die water het soet geword.Kom by Elim waar 12 waterfonteine en 70 palmbome was. Van Elim na die woestyn Sin (tussen Elim en Sinai). 15 de v/d 2 de maand. Israel murmureer teen Moses en Aaron dat hulle honger is - die heerlikheid van die Here verskyn in 'n wolk in die woestyn - God stuur vir kwartels vir vleis saans, en manna vir brood soggens. Die volk het die Sabatte gehou. 'n Kruik met 'n gomer - tiende van 'n efa - van manna is voor die Here se aangesig geplaas as getuienis vir die die nageslagte. In al die 40 jaar in die woestyn, het die Here vir hulle manna gestuur. Van plek tot plek getrek in die woestyn Sin en laer opgeslaan by Ráfidim. Geen water - hulle murmureer teen Moses. God beveel Moses om vooruit te gaan met van die oudstes, tot by berg Horeb- slaan op berg - water uit rots. Amalek trek teen die Israeliete op. Moses stuur Josua met manskappe om te veg - Moses het op top van heuwel gaan staan met die staf van God in sy hand. As Moses sy hand laat sak, Amalek die sterkste. Lig hy sy hand, Israel die sterkste. Aaron en Hur ondersteun Moses se hande en le klip onder hom neer sodat sy hande in die lug bly. Israel wen. Moses bou 'n altaar en die gebeurtenis word opgeskryf. God belowe om die gedagtenis van Amalek onder die hemel uit te delg. Jetro, priester van Midian, Moses se skoonvader, gaan besoek Moses en offer aan die Here. Hy gee Moses raad om bekwame manne aan te stel wat hom kan help met regspraak onder die volk. Jetro gaan terug huisstoe. Kom in derde maand in Sinai aan. Hulle slaan laer op by Sinai berg en Moses klim op berg om met die Here te praat. Die Here gee vir die volk woord en God het in 'n dik wolk na Moses gekom sodat die volk kon hoor as Hy met hom praat. Die volk word geheilig. Op die derde dag het die Here voor die oe van die volk van die berg Sinai afgedaal. Daar was 'n grens rondom die berg en elkeen wat die berg aanraak of oor die grens gaan, moes gedood word. Op die derde dag was daar donderslae en blitse en ‘n swaar wolk op die berg en die geluid van ‘n baie sterk basuin, sodat die hele volk wat in die laer was, gebewe het. Almal het gaan staan by die voet van die berg. Die berg het gebewe en gerook omdat die Here in 'n vuur daarop neergedaal het. Terwyl die basuin sterker word, het Moses met God gepraat en Hy het hom telkens HARDOP geantwoord. God roep Moses na die top van die berg en hy klim op. God beveel ook vir Moses om vir Aaron te gaan haal, maar niemand anders mag op die berg geklim het nie, ook nie die priesters nie. God gee vir hulle die 10 gebooie asook nog ander wette).
Eks. 19:1 - 40:38
(28) 10 Gebooie en Verbond
(God het toegelaat dat Aäron, Nadab en Abíhu en sewentig van die oudstes van Israel nader kom, maar nie heel opgaan nie - en hulle het die God van Israel gesien, en onder sy voete net soos ‘n vloerwerk van saffierstene en so helder soos die hemel self. Moses klim op om by die Here te vertoef en 'n wolk oordek die berg - God se heerlikheid was soos 'n verterende vuur in die oe van die Israeliete - Moses was in die wolk by die Here op die berg 40 dae en 40 nagte. God gee vir Moses kliptafels wat Hy geskryf het met die wet en die gebooie. God beveel hulle om 'n tabernakel te bou en wys Moses presies hoe dit moet lyk. Aaron en sy seuns word gekies as priesters. God vul Besáleël met die Gees van God en vul hom met wysheid, kennis, verstand en bekwaamheid vir allerhande werk en om kunstige planne uit te dink vir die bou van die tabernakel; so ook vir Ohóliab).
(29) Goue Kalf
(Toe Moses so lank vertoef op die berg terwyl die Here vir hom die opdragte gee asook die kliptafels met Sy vinger geskryf, het die volk ongeduldig geraak omdat hulle nie geweet het wat van Moses geword het nie. Hulle bou 'n afgod, 'n goue kalf. God raak so kwaad dat Hy die volk wou verteer en net vir Moses 'n groot nasie maak, maar Moses het Hom om genade gesmeek ter wille van die volk. Toe Moses afklim en die kalf en hulle koordanse sien, het hy baie kwaad geword en die kliptafels stukkend gegooi. Die kalf is in die vuur verbrand, fyn gemaal en op die water gestrooi en hy het die kinders van Israel dit laat drink. Moses het by die poort van die laer gaan staan en gesê: Wie vír die HERE is, kom na my toe! Toe het al die seuns van Levi by hom versamel en Moses het die seuns van Levi beveel om die ander dood te maak - daardie dag het daar 3000 man geval. Moses klim weer op na die Here om versoening te probeer doen vir die volk, maar die Here weier om saam met die volk te trek. God beveel Moses om twee kliptafels te kap - soos die eerstes - sodat God vir hom weer die gebooie en wette daarop kan skrywe. God gee ook vir hom wette vir wanneer hulle in die beloofde land kom. Toe Moses van die berg afklim met die twee kliptafels, die "tafels van Getuienis" , het sy gesig so geblink dat die Israeliete bang was om naby hom te kom. Omdat sy gesig so geblink het, het Moses 'n sluier oor sy gesig getrek wanneer hy met die Israeliete praat, maar wanneer hy met die Here gaan praat, het hy die sluier verwyder.
(30) Tabernakel
Die volk het toe die tabernakel gebou net soos die Here hulle opdrag gegee het en Moses het hulle geseen. Toe die tabernakel voltooi is, het die wolk die tent van samekoms oordek, en die heerlikheid van die HERE het die tabernakel vervul. En as die wolk van die tabernakel af optrek, het die kinders van Israel elke keer weggetrek op al hulle togte; maar as die wolk nie optrek nie, dan trek hulle nie weg nie, totdat dit weer optrek. Want die wolk van die HERE was bedags op die tabernakel, en vuur was snags daarin, voor die oë van die hele huis van Israel.
-------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Algemene inligting, onderwerpe in Eksodus:
("Het jy geweet" (vrae wat kinders vra) enFlitskaarte vir Eksodus)
* Priesters: Die pligte van die priesters, hou meestal verband met die tabernakel- en die tempeloffers. Die man in beheer van die priesters, was die hoëpriester. Die priesters moes ook namens God antwoorde gee op vrae wat nie andersins opgelos kon word deur die volk nie. Hiervoor het hulle die heilige klippe gebruik, die urim en die tummin. Hulle moes ook God se wette aan die volk leer. Alhoewel dit wil voorkom asof die idee van 'n "priesterdom" sy oorsprong het onder die volk van God eers in Ex. 28, was die term "priester" nie onbekend voor dit nie. Ons lees alreeds in Gen. 29:18-20 van die koning van Salem, "Melgisedek" - "wat 'n priester van God, die Allerhoogste, was...". Ons lees ook op ander plekke van "priesters". Wat die priesterdom in Eks. 28 verskillend maak van die ander priesters, is die definitiewe reëls en regulasies, klere ens. wat God van hulle verwag het- hulle pligte was spesifiek op tabernakel -(en later tempel) diens gemik, iets wat nog nie bestaan het voor die boek van Eksodus nie; God het dit ook beperk tot 'n spesifieke generasie van die Leviete. Om 'n priester te wees, klink na 'n heel lekker "job", maar in der waarheid was God baie streng gewees op die priesters. Lees bv. die spesifieke pligte en hoe presies dit uitgevoer moes word (Num., Lev.). Lees ook in Lev 10:1,2 hoe God die seuns van Aäron, Nadab en Abíhu, met vuur verteer het omdat hulle nie God se opdragte presies uitgevoer het nie! Deel van die priesterdom se pligte, was die offers wat hulle moes bring in die tabernakel (later tempel). Daar was bv. die brandoffer, die spysoffer, die dankoffer en die SONDOFFER. Die sondoffer was gebring wanneer iemand teen God of teen 'n ander gesondig het. Dan is bloed gesprinkel as teken van reiniging. Op VERSOENDIG was dit egter anders gedoen - dan is 2 bokke geoffer (een soos 'n gewone sondoffer doodgemaak, die ander een die woestyn ingejaag as simbool van die sonde wat verwyder word). Sonde wat die doodstraf verdien het, kon nie deur 'n offer betaal word nie. Die Hoepriester het eenmaal 'n jaar, op Versoendag, in die allerheiligste ingegaan waar hy bloed op die versoendeksel gesprinkel het. Volgens Hebr. 7 tot 10 is Jesus Christus nou ons ewige Hoëpriester. Siende ons almal die dood verdien, kon geen aardse offer daarvoor betaal nie; inteendeel was geen offer volkome nie (Hebr. 10:11). Christus Jesus was die volmaakte offer en daarom kan die wat in Hom glo, die ewige lewe deelagtig raak - ons het dus ook nie aardse priesters meer nodig nie. Lees Luk. 23:45 - van die voorhangsel voor die allerheiligste in die tempel wat in twee geskeur het net voor Jesus Sy asem uitgeblaas het op die kruis. (Hebr. 10:20)
Lees Hebr. 9:1-28
* Tabernakel: Die Tabernakel was 'n groot tent wat deur die Israeliete gemaak is op God se bevel. Dit was die teken dat God altyd by hulle sou wees. Dit is ook "die tent van samekoms" of "die huis van God" genoem. Die binnekant was in twee vertrekke verdeel: die "allerheiligste" (waar net die hoëpriester kon ingaan en die plek waar God met hom gepraat het); en die "heiligste". In die allerheiligste was die "ark van die verbond". Die tabernakel kon opgeslaan word en het saam met die Israeliete getrek deur die woestyn. Ander artikels in die tabernakel: Die REUKALTAAR (waarop wierook elke oggend en aand gebrand is), die GOUE KANDELAAR (die enigste ligbron in die tabernakel) die TAFEL VAN DIE TOONBRODE (elke sabbat is 12 nuwe brode daar neergesit), die KOPERWASKOM (die priesters het hulle hande en voete daarin gewas), en die BRANDOFFERALTAAR (hierop het hulle lammers, bulle, bokke en ander diere geoffer). (Eks. 25-27; 30:1-10, 17-21) Die tabernakel was saam met die Israeliete rondgedra in die woestyn oppad na die beloofde land. Dit was 'n teken dat God altyd by hulle was en o.a. "die tent van samekoms" genoem, of "die huis van God". Dit het uit twee vertrekke bestaan en is opgerig met 'n omheinde area waar die offers plaasgevind het. God het baie spesifieke instruksies gegee oor hoe die tabernakel oorspronklik gebou moes word en watter voorwerpe alles in die tabernakel moes staan - (Gaan lees gerus Eks. 25 tot 40). Op die dag wat dit voltooi is, het 'n wolk die plek van ontmoeting oordek, "en die magtige teenwoordigheid van die Here het die tabernakel gevul" (Eks. 4:34). Die volk het dit dus ervaar as dat die Here afgekom het om onder Sy mense te woon - Eks. 29:42-46. Die Leviete was verantwoordelik vir die op- en afslaan van die tabernakel asook vir al die voorwerpe of gereedskap. Dit het in die middel van die kamp gestaan met die tente van die Leviete rondom, en daaragter die tente van die ander stamme van Israel (Num. 1:50 - 2:31). Daar was verskillende voorwerpe in die tabernakel wat elkeen 'n doel gedien het. Die tabernakel was 'n heilige plek en enige sonde het dit verontreining; daarom is daar offerbloed gesprinkel as teken vir reiniging. Die tabernakel het vir sowat 300 jaar die fokuspunt gebly van die volk se aanbidding, totdat Salomo die tempel opgerig het. Lees Hebr. 9 om beter te verstaan oor hoekom ons nie meer die tabernakel (wat met hande gemaak is), nodig het nie en hoe Christus Jesus se bloed "op al die gereedskap van die tabernakel besprinkel is".
Nadat die Israeliete Kanaän ingeneem het, het hulle nie meer nodig gehad om die tabernakel oral saam met hulle te dra nie. Koning Dawid het 'n stuk grond noord van Jerusalem gekoop en beplan om 'n permanente tempel vir God daar te bou. Die tempeluitleg was baie soos die van die tabernakel. Dawid se seun, Salomo, het uiteindelik die tempel gebou.
Is "die kerk" vandag die "huis van God" (soos die tabernakel en die tempel genoem was)?
Hoekom die tabernakel so genoem was, is omdat dit soos 'n woning was vir die Here om "onder Sy volk te woon". Dus, wanneer mense "die kerk", "die huis van God" noem, dan verwys hulle gewoonlik na die feit dat God by hulle is. Dit hang natuurlik ook af van die mens se begrip van die woorde, "die kerk". Die kerk verwys egter nie na 'n klipgebou nie, maar eerder na Christene in geheel. God woon onder Christene d.m.v. Sy Heilige Gees:
- (Joh 14:17)- "die Gees van die waarheid wat die wêreld nie kan ontvang nie, omdat dit Hom nie sien en Hom nie ken nie; maar julle ken Hom, omdat Hy by julle bly en in julle sal wees".
- Jesus het bv. ook die volgende stelling gemaak in Joh 8:29 - "En Hy wat My gestuur het, is met My; die Vader het My nie alleen gelaat nie, omdat Ek altyd doen wat Hom welgevallig is". Ons merk dat gehoorsaamheid hier hand aan hand gaan met die teenwoordigheid van die Here. God bly dus by die wat Hom vrees en Sy wil soek in hulle lewens. Jesus moedig ons egter aan in Luk 11:13 om te bid dat die Vader vir ons die Heilige Gees gee: - " As julle dan wat sleg is, weet om goeie gawes aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal die hemelse Vader die Heilige Gees gee aan die wat Hom bid?" Wanneer ons die skrifgedeelte in konteks gaan lees, praat Jesus van "gebed" en dus 'n verhouding met die Here, van mense wat tyd met die Here spandeer en vir Hom lief is. Die "kerkgebou" dra egter niks sulke karaktertrekke nie, maar wel die Christene (wat ons noem, "die kerk). Omdat Christene saamkom in die kerkgebou, noem baie mense dit "die huis van God". Paulus skryf aan die gemeente van Ef. hoe hy vir hulle bid: -(Ef .3:17)- "sodat Christus deur die geloof IN JULLE HARTE KAN WOON, julle wat in die liefde gewortel en gegrond is".
NOG "HET JY GEWEET" - VRAE WAT KINDERS VRA (IDEAAL OM AF TE DRUK EN UIT TE DEEL IN DIE SONDAGSKOOLKLAS)
FLITSKAARTE
No comments:
Post a Comment
Note: Only a member of this blog may post a comment.