http://sondagskooltuis.blogspot.co.nz/p/ons-ware-geskiedenis.html
=============================================
SLEUTELGEBEURE IN GENESIS:
=============================================
SLEUTELGEBEURE IN GENESIS:
(Hierdie is 'n baie kort opsomming van die boek Genesis - dit moet nie die Skrif self vervang nie, maar slegs as verwysing gebruik word)(Die "prent"-aanduidings is die wat gebruik is onder "Bybelverhaal in Prente"http://sondagskooltuis.blogspot.co.nz/2012/08/die-bybelverhaal-in-prente.html )(http://sondagskooltuis.blogspot.co.nz/2012/09/die-bybelverhaal-in-prente-gaan-voort.html) (Tydlyne is in kleur aangedui)("verwysings" dien vir interessante vrae, onderwerpe - ook bewyse, en sluit in vrae wat behandel is in die "Het jy geweet" - reeks: "Vrae wat kinders vra" http://sondagskooltuis.blogspot.co.nz/p/het-jy-geweet_17.html)
(Gen. 1 - 50)
(Ons ware geskiedenis!)
Vrae wat uit Genesis kom: (verwysing na die "het jy geweet-reeks": Vrae wat kinders vra)
* Wat was eerste, die hoender of die eier?
* Wie het die eerste klere ontwerp?
* Het die eerste mense op aarde brood geken?
* Het God ander nasies geskep toe Hy vir Adam en Eva gemaak het?
* Hoekom was die Joodse seuns besny op 8 jaar oud?
* Het die Here al ooit aan iemand verskyn of direk met enige iemand gepraat?
* Het daar regtig reuse gelewe?
* Lees ons enige iets van Irak in die Bybel?
* Was die mense in die Bybel in kiste begrawe?
* Het die mense regtig so oud geword soos ons in Genesis lees?
* Mag ons vleis eet?
* Mag 'n man meer as een vrou he?
Tydlyn: Skepping tot op Abraham tot op Jakob
ISAK
JAKOB (ISRAEL)
(ISRAEL SE 12 SEUNS: DIE 12 STAMME VAN ISRAEL)
Niemand weet regtig hoe oud die aarde is nie. Sommige is van mening dat die aarde herskep is, maar dit is ook net gebou op afleidings. Siende heelwat wetenskaplikes beweer dat die aarde miljoene jare bestaan, maak dit vir mense meer sin dat hulle afleiding-teorie van herskepping meer in die kol is. Daar is ook wetenskaplikes wat bewys dat die dinosourusse bv. aan die begin van die mens tydperk op aarde gelewe het, en nie soveel jare terug soos wat heelwat wetenskaplikes beweer nie - die feit is dat niemand regtig die hoeveelheid jare kan bepaal soos hulle voorgee nie en dat die mens eerder moet ag gee op dit wat wel vir ons behoue gebly het van ons geskiedenis. So kan ons bv. gaan kyk na die jare van hoe oud mense geraak het van Adam se tyd af. Hieronder is 'n voorstelling - (verstaan dat die datums slegs geskat is) - die diagramme is 'n goeie aanduiding dat die aarde, soos ons dit ken, op hierdie stadium sowat 6000 jaar bestaan. Kyk gerus ook na hoe die lewensjare begin afneem het na Noag.
(Die eerste syfer verwys na hoe oud daardie persoon was toe die betrokke seun gebore is, en die volgende syfer in swart verwys na die ouderdom waarop die persoon gesterf het).
1. SKEPPING: (prent 1) God het die hemel en die aarde geskape. (verwysing: God het alles gemaak)
2. En God het gesê: Laat daar lig wees! En daar was lig.
3. En God het gesê: Laat daar ‘n uitspansel wees tussen die waters.
4. En God het gesê: Laat die waters onder die hemel hulle op een plek versamel.
5. En God het gesê: Laat die aarde voortbring grasspruitjies, plante wat saad gee en bome...
6. En God het gesê: Laat daar ligte wees...
7. En God het gesê: Laat die waters wemel met ‘n gewemel van lewende wesens, en laat die voëls oor die aarde vlieg...
8. En God het gesê: Laat die aarde lewende wesens voortbring volgens hulle soorte...
(Gen 1:31) Toe sien God alles wat Hy gemaak het, en—dit was baie goed...
9. God het die mens gemaak na Sy beeld.
10. God het ook ‘n tuin geplant in Eden.
11. ADAM EN EVA: Toe het die HERE God die mens geneem en hom in die tuin van Eden gestel om dit te bewerk en te bewaak.
12. God het die mens beveel om nie van die boom van die kennis van goed en kwaad te eet nie, want dan sou hy sekerlik sterwe.
13. God het vir die mens in 'n diep slaap gesit, een van sy ribbebene geneem, dit weer met vlees toegemaak en die rib gebou tot 'n vrou, 'n hulp vir die mens.
Adam het sy hulp, die vrou, mannin genoem, omdat sy uit die man geneem is.
14. DIE SONDEVAL (prent 2): Die vrou was ongehoorsaam en het geluister na die listige slang en geëet van die boom wat in die middel van die tuin was en ook aan haar man by haar daarvan gegee, en hy het geëet.
15. Toe die Here na die mens roep, kruip hy weg. Toe weet God dat hulle van die boom geëet het.
16. God het die slang asook vir Adam en Eva, gestraf. Hy het vir Adam en Eva rokke van vel gemaak.
17. Toe stuur die HERE God hom weg uit die tuin van Eden sodat hy nie van die boom van die lewe eet nie, om die grond te bewerk waaruit hy geneem is. (verwysing: "boom van die lewe")
So het Hy dan die mens weggedrywe en gérubs aan die oostekant van die tuin van Eden laat woon, met die swaard wat vlam en flikker, om die toegang tot die boom van die lewe te bewaak.
18. ADAM BEWERK DIE GROND/KAIN EN ABEL GEBORE (prent 3): En die mens het sy vrou Eva beken, en sy het swanger geword en Kain gebaar en gesê: Ek het 'n man verkry met die hulp van die HERE.
19. Daarna het sy ook sy broer Abel gebaar. En Abel het ‘n skaapherder geword, en Kain ‘n landbouer.
20. KAIN EN ABEL: KAIN EN ABEL OFFER AAN DIE HERE (prent 4): Altwee broers het offers aan die Here gebring, maar die HERE het Abel en sy offer genadig aangesien, maar Kain en sy offer nie aangesien nie. Toe word Kain baie kwaad.
21. KAIN MAAK VIR ABEL DOOD (prent 5): En Kain het sy broer Abel in die veld doodgeslaan.
22. Die Here het vir Kain vervloek.
23. Adam en Eva het 'n derde seun gekry en hom SET genoem.
24.
25. Sekere seuns van God (engele) het die dogters van die mense as vroue geneem.
26. In dié dae was die reuse op die aarde...(verwysing: reuse)
27. Die aarde was verdorwe en vol geweld sodat dit die HERE berou het dat Hy die mens op die aarde gemaak het, en daar was smart in Sy hart.
28. DIE SONDVLOED (prent 8): NOAG BOU DIE ARK (prent 7): En God het besluit om die hele aarde te verdelg, maar NOAG en sy familie te spaar. Hy beveel toe vir Noag om 'n ark te bou.
Net Noag het in die Here se oë genade gevind. En Noag het gedoen net soos God hom beveel het.
29. Noag het die ark gebou en op die tyd wat die Here gesê het, het hulle ingegaan in die ark, hy en sy hele huisgesin.
30. Van al die rein diere moes hy sewe paar neem in die ark, die mannetjie met sy wyfie; maar van die onrein diere, twee, die mannetjie met sy wyfie. Ook van die voëls van die hemel telkens sewe paar, die mannetjie met die wyfie, om die geslag in die lewe te hou op die hele aarde.
31. Sewe dae daarna het die Here laat reën op die aarde, veertig dae en veertig nagte lank, en al die lewende wesens het weggesterwe in die vloed.En die waters het die oorhand behou oor die aarde 150 dae lank.
32. En God het ‘n wind oor die aarde laat waai, sodat die waters gesak het. Ook die fonteine van die watervloed en die sluise van die hemel het toegegaan, en die stortreën uit die hemel het opgehou.
33. En die ark het in die sewende maand, op die sewentiende dag van die maand, op die gebergte van Ararat gerus.
34. Noag het aan die end van veertig dae die venster oopgemaak en ‘n kraai uitgestuur wat gedurig heen en weer gevlieg het totdat die waters weggedroog het van die aarde af. Daarop laat hy ‘n duif van hom af wegvlieg om te sien of die waters oor die aarde verminder het. Maar die duif het geen rusplek vir die holte van sy voet gevind nie en na hom teruggekeer in die ark; want die waters was oor die hele aarde. Daarna het hy weer sewe dae gewag. Toe stuur hy die duif weer uit die ark (prent 9). En die duif het teen die aand na hom gekom, en daar was ‘n groen olyfblad in sy bek! Toe merk Noag dat die waters oor die aarde verminder het. Daarna wag hy weer sewe dae en stuur die duif uit. Maar hy het nie weer na hom teruggekeer nie.
35. Toe gaan Noag uit die ark, en sy seuns en sy vrou en die vroue van sy seuns saam met hom en al die diere...
36. NOAG OFFER AAN DIE HERE (prent 10): En Noag het vir die HERE ‘n altaar gebou en van al die rein diere en al die rein voëls geneem en brandoffers op die altaar gebring.
37. En die HERE het die lieflike geur geruik... En God het Noag en sy seuns geseën en aan hulle gesê: Wees vrugbaar en vermeerder en vul die aarde.
38. Die Here het ook gesê: "Die vrees en die skrik vir julle sal wees oor al die diere van die aarde en al die voëls van die hemel: alles wat op die aarde beweeg, en al die visse van die see. Hulle is in julle hand oorgegee". (verwysing: vrees en skrik oor diere)
39. Verder het die Here gesê: "Alles wat beweeg en lewe, sal julle voedsel wees. (verwysing: voedsel) Net soos die groen plante, gee Ek dit alles aan julle. Net die vleis met sy siel, met sy bloed, mag julle nie eet nie. Maar wat julle eie bloed betref, dit sal Ek eis: van al die diere sal Ek dit eis. Ook van die mens, van die een teenoor die ander, sal Ek die siel van die mens eis. Hy wat die bloed van ‘n mens vergiet, sy bloed sal deur die mens vergiet word; want God het die mens na sy beeld gemaak". (verwysing: bloedvergieting)
40. Toe rig God Sy verbond met hulle op, dat alle vlees nie meer deur die waters van die vloed uitgeroei sal word nie, en dat daar geen vloed meer sal wees om die aarde te verwoes nie. As teken daarvan gee Hy 'n boog in die wolke wanneer dit reën. (verwysing: reenboog)
41. Uit die seuns van Noag het al die nasies van die aarde ontstaan, volgens afstamming; en hulle verdeel ná die vloed. (verwysing: alle nasies)
42. En die hele aarde het dieselfde taal gepraat. (verwysing: een taal gewees)
43. TORING VAN BABEL (prent 11): En toe hulle wegtrek na die ooste, vind hulle ‘n laagte in die land Sínear; en daar het hulle gaan woon. En hulle sê: Kom, laat ons vir ons ‘n stad bou en ‘n toring waarvan die spits tot aan die hemel reik; en laat ons vir ons ‘n naam maak, sodat ons nie oor die hele aarde verstrooid raak nie.
44. Toe daal die HERE neer om die stad en die toring te besien waaraan die mensekinders gebou het. En die HERE sê: Daar is hulle nou een volk en het almal een taal! En dit is net die begin van hulle onderneming: nou sal niks vir hulle meer onmoontlik wees van wat hulle van plan is om te doen nie. Kom, laat Ons neerdaal en hulle taal daar verwar, sodat die een die taal van die ander nie kan verstaan nie. (verwysing; verskillende tale)
45. So het die HERE hulle dan daarvandaan oor die hele aarde verstrooi (verwysing: verspreiding nasies) ; en hulle het opgehou om die stad te bou. Daarom het hulle dit Babel genoem, want daar het die HERE die taal van die hele aarde verwar, en daarvandaan het die HERE hulle oor die hele aarde verstrooi.
46. En die HERE het aan ABRAM gesê: "Gaan jy uit jou land en uit jou familie en uit jou vader se huis, na die land wat Ek jou sal wys. En Ek sal jou ‘n groot nasie maak en jou seën en jou naam so groot maak, dat jy ‘n seën sal wees. En Ek sal seën diegene wat jou seën, en hom vervloek wat jou vervloek; en in jou sal al die geslagte van die aarde geseën word". (verwysing: verbondsvolk)
47. Toe het Abram weggetrek soos die HERE hom gesê het, en Lot het saam met hom getrek. En Abram het Sarai, sy vrou, en Lot, sy broerskind, geneem en al hulle besittings wat hulle bymekaargemaak en die slawe wat hulle in Haran verwerf het, en hulle het uitgetrek om na die land Kanaän te gaan en in die land Kanaän gekom.
48. En Abram was baie ryk aan vee, aan silwer en goud. En hy het van plek tot plek uit die Suidland getrek tot by Bet-el, na die plek waar sy tent in die begin gestaan het, tussen Bet-el en Ai, na die plek van die altaar wat hy vroeër daar gebou het. En Abram het daar die Naam van die HERE aangeroep.
49. En Lot, wat saam met Abram getrek het, het ook kleinvee en beeste en tente gehad. En die land kon hulle nie dra om saam te woon nie, want hulle besittings was groot, sodat hulle nie saam kon woon nie. Toe slaan Lot sy oë op en sien dat die hele Jordaanstreek oral volop water het; voordat die HERE Sodom en Gomorra verwoes het, was dit in die rigting van Soar soos die tuin van die HERE, soos Egipteland. En Lot het vir hom die hele Jordaanstreek gekies, en Lot het na die ooste weggetrek. So het hulle dan die een van die ander geskei. Abram het bly woon in die land Kanaän, en Lot het gaan woon in die stede van die Jordaanstreek en sy tente tot by Sodom opgeslaan.Toe het Abram al verder tente opgeslaan en gaan woon by die terpentynbome van Mamre wat by Hebron is; en hy het daar vir die HERE ‘n altaar gebou.
50. En die manne van Sodom was sleg en groot sondaars voor die HERE.
51. Toe trek die koning van Sodom uit en die koning van Gomorra en die koning van Adma en die koning van Sebóim en die koning van Bela, dit is Soar, en stel hulle in die laagte Siddim in slagorde teen hulle op, teen Kedor-Laómer, die koning van Elam, en Tídeal, die koning van die nasies, en Amrafel, die koning van Sínear, en Aríog, die koning van Ellásar: vier konings teen vyf. Maar die laagte Siddim was vol gate in die lymgrond; en toe die konings van Sodom en Gomorra wegvlug, het hulle daarin geval, en die wat oorgebly het, het na die gebergte gevlug. En hulle het al die goed van Sodom en Gomorra en al hulle voedsel geneem en weggetrek. Hulle het ook Lot, Abram se broerskind, en al sy goed geneem en weggetrek—want hy was in Sodom woonagtig.
52. Toe kom daar een wat vrygeraak het, en vertel dit aan Abram, die Hebreër, wat woonagtig was by die terpentynbome van Mamre, die Amoriet, broer van Eskol en broer van Aner; en hulle was bondgenote van Abram. Toe Abram hoor dat sy broer as gevangene weggevoer is, het hy sy geoefende manne wat in sy huis gebore is, laat uittrek, drie honderd en agtien, en hulle tot by Dan agtervolg— hy het hulle in die nag van verskillende kante aangeval, hy en sy dienaars, en hulle verslaan en hulle agtervolg tot by Hoba wat noord van Damaskus lê. En hy het al die goed teruggebring, en ook sy broer Lot en sy goed teruggebring; en ook die vroue en die manskappe.
53. ABRAM WORD DEUR MELGISéDEK GESEëN (prent 13): En Melgisédek, die koning van Salem, wat ‘n priester van God, die Allerhoogste, was, het brood en wyn gebring en hom geseën en gesê: Geseënd is Abram deur God, die Allerhoogste, die Skepper van hemel en aarde. En geseënd is God, die Allerhoogste, wat u vyande in u hand gegee het. Toe gee hy hom die tiende van alles.
54. Ná hierdie dinge het die woord van die HERE tot Abram gekom in ‘n gesig en gesê: Vrees nie, Abram, Ek is vir jou ‘n skild en jou loon is baie groot. Toe vra Abram: Here HERE, wat sal U my gee, aangesien ek sonder kinders heengaan en die erfgenaam van my huis die Damaskéner Eliëser is? Aan my het U geen nageslag gegee nie; so sal dan die bediende van my huis my erfgenaam wees. Toe kom die woord van die HERE tot hom en sê: "Hierdie een sal jou erfgenaam nie wees nie, maar die een wat uit jou liggaam sal voortkom, hy sal jou erfgenaam wees". Daarop lei Hy hom uit na buite met die woorde: "Kyk nou op na die hemel en tel die sterre as jy hulle kan tel. En Hy sê vir hom: So sal jou nageslag wees". En hy het in die HERE geglo; en Hy het hom dit tot geregtigheid gereken. Op dié dag het die HERE met Abram ‘n verbond gesluit en gesê: Aan jou nageslag gee Ek hierdie land... (verwysing: verbondvolk)
55. Maar Sarai, die vrou van Abram, het vir hom geen kinders gebaar nie (verwysing: Abram se vrou eers onvrugbaar); en sy het ‘n Egiptiese slavin gehad met die naam van Hagar. En Sarai het vir Abram gesê: Jy weet, die HERE het my nie toegelaat om moeder te word nie. Gaan tog in by my slavin; miskien sal ek uit haar gebou word. En Abram het na Sarai geluister. Toe neem Sarai, die vrou van Abram, Hagar, die Egiptiese, haar slavin—nadat Abram tien jaar in die land Kanaän gewoon het—en gee haar aan haar man Abram om sy vrou te wees. En hy het by Hagar ingegaan, en sy het swanger geword. Maar toe sy sien dat sy swanger was, het haar meesteres veragtelik in haar oë geword.
56. En Hagar het vir Abram ‘n seun gebaar; en Abram het sy seun wat Hagar gebaar het, Ismael genoem.
DIE ENGEL VAN DIE HERE PRAAT MET HAGAR BY DIE FONTEIN (prent 14)
57. Toe Abram nege en negentig jaar oud was, het die HERE aan Abram verskyn en vir hom gesê: "Ek is God, die Almagtige; wandel voor my aangesig, dan sal jy opreg wees. En Ek wil my verbond sluit tussen My en jou, en jou buitengewoon vermeerder. Daarom sal hulle jou nie meer Abram noem nie, maar jou naam sal wees Abraham (verwsying: naamsverandering), want Ek maak jou ‘n vader van ‘n menigte van nasies. En Ek sal jou buitengewoon vrugbaar maak: Ek sal jou tot nasies maak, en konings sal uit jou voortkom. En Ek sal aan jou en jou nageslag ná jou die land van jou vreemdelingskap gee, die hele land Kanaän, as ‘n ewige besitting; en Ek sal vir hulle ‘n God wees. Verder het God aan Abraham gesê: Maar jy moet my verbond hou, jy en jou nageslag ná jou, van geslag tot geslag. Dit is my verbond wat julle moet hou tussen My en julle en jou nageslag ná jou: Al wat manlik onder julle is, moet besny word—" (verwysing: verbondsvolk/alle nasies)
58. Verder het God aan Abraham gesê: Sarai, jou vrou, moet jy nie Sarai noem nie, maar haar naam sal Sara wees. (verwysing: naamsverandering) En Ek sal haar seën en jou uit haar ook ‘n seun gee; ja, Ek sal haar seën, sodat sy tot nasies sal word; konings van volke sal uit haar voortkom.
59. Ook wat Ismael aangaan, het Ek jou verhoor. Kyk, Ek seën hom en maak hom vrugbaar en vermeerder hom buitengewoon. Twaalf vorste sal hy verwek, en Ek sal hom ‘n groot nasie maak. Op daardie selfde dag is Abraham en sy seun Ismael besny en al die manne van sy huis—die wat in sy huis gebore en die wat van vreemdelinge met geld gekoop is, is saam met hom besny.
60. DIE HERE BESOEK ABRAHAM (prent 16): Daarna het die HERE aan (Abraham) verskyn (verwysing: die Here verskyn aan Abraham) by die terpentynbome van Mamre terwyl hy by die ingang van die tent sit op die warmste van die dag. Toe hy sy oë opslaan en kyk, staan daar drie manne voor hom... Toe loop Abraham haastig in die tent na Sara en sê: Maak gou, knie drie mate meel, die beste, en maak roosterkoeke. Daarop loop Abraham na die beeste en vang ‘n jong, mooi kalf en gee dit aan die dienaar, wat dit gou klaargemaak het. En hy neem dikmelk en soetmelk en die kalf wat hy klaargemaak het, en sit dit aan hulle voor, terwyl hy self by hulle onder die boom bly staan; en hulle het geëet. (verwysing: die Here en die engele het saamgeëet - ook vleis!)
61. En die Here sê vir Abraham: "Ek sal oor ‘n jaar sekerlik weer na jou toe kom—dan sal jou vrou Sara ‘n seun hê". En Sara het geluister by die ingang van die tent wat agter Hom was.
62. Toe staan die manne daarvandaan op, en hulle het gekyk na die kant van Sodom; en Abraham het saam met hulle gegaan om hulle weg te bring. Verder het die HERE gesê: Die geroep oor Sodom en Gomorra is waarlik groot, en hulle sonde is waarlik baie swaar. (verwysing: "tot die sonde vol is")
63. SODOM EN GOMORRA (prent 17): En die twee engele het in die aand in Sodom aangekom, terwyl Lot in die poort van Sodom sit; en toe Lot hulle sien, het hy opgestaan om hulle tegemoet te gaan en hom gebuig met die aangesig na die aarde toe en gesê: Kyk tog, my here, draai tog uit na die huis van u dienaar en bly die nag oor en was u voete; dan kan u vroeg opstaan en u reis voortsit. Maar hulle antwoord: Nee, ons sal op die plein vernag. Maar hy het baie by hulle aangehou, sodat hulle na hom uitgedraai en in sy huis gekom het. En hy het vir hulle ‘n maaltyd berei en ongesuurde koeke gebak, en hulle het geëet. (verwysing: die engele het saamgeëet)
64. Hulle het nog nie gaan slaap nie toe die manne van die stad, die manne van Sodom, die huis omsingel: jonk en oud, die hele bevolking, almal saam. En hulle het na Lot geroep en aan hom gesê: Waar is die manne wat vannag na jou gekom het? Bring hulle na ons toe uit, dat ons hulle kan beken. (verwysing: homoseksualisme) Daarop gaan Lot na hulle toe uit voor die ingang en sluit die deur agter hom toe en sê: My broers, moet tog nie kwaad doen nie. Maar die manne het hulle hand uitgesteek en Lot by hulle in die huis gebring en die deur toegesluit. Toe slaan hulle die manne wat by die ingang van die huis was, klein en groot, met blindheid, sodat hulle tevergeefs na die ingang gesoek het. (verwysing: engele maak hulle blind)
65. Daarop sê die manne vir Lot: Wie het jy hier nog? ‘n Skoonseun en jou seuns en jou dogters en almal wat jy het in die stad—bring hulle uit die plek uit; want ons gaan hierdie plek verwoes, omdat die geroep oor hulle groot is voor die aangesig van die HERE, en die HERE het ons gestuur om dit te verwoes. En toe die dag begin breek, het die engele by Lot aangedring en gesê: Maak jou klaar, neem jou vrou en jou twee dogters wat by jou is, dat jy weens die ongeregtigheid van die stad nie omkom nie. (verwysing: "gaan uit haar uit, my volk") En toe hulle hulle na buite uitgelei het, sê Hy: Vlug vir jou lewe! Moenie omkyk nie, en moenie êrens in die Jordaanstreek bly staan nie. Vlug na die gebergte, dat jy nie omkom nie!
66. En die HERE het swawel en vuur oor Sodom en Gomorra laat reën van die HERE uit die hemel, en Hy het hierdie stede omgekeer en die hele Jordaanstreek, ook al die inwoners van die stede en wat op die grond groei. En sy vrou het agter hom omgekyk, en sy het ‘n soutpilaar geword. (verwysing: moenie lewe meer liefhe, as die Here nie)
67. En Abraham het daarvandaan weggetrek na die Suidland en gaan woon tussen Kades en Sur en in Gerar as vreemdeling vertoef. En Abraham het van Sara, sy vrou, gesê: Sy is my suster. Toe laat Abiméleg, die koning van Gerar, Sara haal. Maar God het in die nag by Abiméleg gekom in ‘n droom en vir hom gesê: Kyk, jy sal sterwe ter wille van die vrou wat jy laat haal het, want sy is ‘n getroude vrou. Gee dan nou die man se vrou terug, want hy is ‘n profeet; en hy sal vir jou bid, dat jy kan lewe. Maar as jy haar nie teruggee nie, weet dan dat jy sekerlik sal sterwe, jy en almal wat aan jou behoort. Toe neem Abiméleg kleinvee en beeste, ook slawe en slavinne, en gee dit aan Abraham. Ook sy vrou Sara het hy aan hom teruggegee. En Abiméleg sê: Daar lê my land voor jou oop; woon waar dit goed is in jou oë. Toe het Abraham tot God gebid, en God het Abiméleg gesond gemaak; ook sy vrou en sy slavinne, sodat hulle kon baar. Want die HERE het elke moederskoot van die huis van Abiméleg geheel en al toegesluit ter wille van Sara, die vrou van Abraham.
68. Sara het bevrug geword en vir Abraham in sy ouderdom ‘n seun gebaar op die bepaalde tyd wat God genoem het. En Abraham het sy seun wat vir hom gebore is, wat Sara vir hom gebaar het, ISAK genoem.
69. Toe sien Sara hoe die seun van Hagar, die Egiptiese slavin, wat sy vir Abraham gebaar het, spot; en sy sê aan Abraham: Jaag hierdie slavin en haar seun weg, want die seun van hierdie slavin mag nie saam met my seun Isak erwe nie. En die woord was baie verkeerd in die oë van Abraham vanweë sy seun. Maar God het aan Abraham gesê: Laat dit nie verkeerd wees in jou oë ter wille van die seun en van jou slavin nie. Luister na Sara in alles wat sy van jou verlang, want deur Isak sal daar vir jou ‘n nageslag genoem word. Maar Ek sal ook die seun van die slavin tot ‘n nasie maak, omdat hy jou kind is.
70. ABRAHAM STUUR VIR HAGAR WEG (prent 18): Toe is Abraham die môre vroeg op, en hy het brood en ‘n sak met water geneem en dit aan Hagar gegee deur dit op haar skouer te sit, en ook die kind, en haar weggestuur. Sy het toe weggegaan en rondgedwaal in die woestyn van Berséba. En toe die water in die sak op was, het sy die kind onder een van die bosse neergewerp en geloop en op ‘n afstand gaan sit so ver as ‘n boog kan skiet; want sy het gesê: Ek wil die dood van die kind nie aansien nie. En sy het op ‘n afstand gaan sit en haar stem verhef en geween. Toe hoor God die stem van die seun, en die Engel van God het na Hagar geroep uit die hemel en haar gevra: Wat is dit met jou, Hagar? Wees nie bevrees nie, want God het na die stem van die seun geluister op die plek waar hy is. Staan op, tel die seun op en hou hom vas met jou hand, want Ek sal hom ‘n groot nasie maak. Daarop het God haar oë geopen, en sy sien ‘n put! En sy het geloop en die sak vol water gemaak en die seun laat drink.
71. ABRAHAM MOET VIR ISAK OFFER (prent 19): Ná hierdie dinge het God Abraham op die proef gestel en aan hom gesê: Abraham! En hy antwoord: Hier is ek! Toe sê Hy: Neem jou seun, jou enigste, wat jy liefhet, Isak, en gaan na die land Moría en offer hom daar as brandoffer op een van die berge wat Ek jou sal aanwys.(verwysing: offer enigste)
72. Daarop het Abraham die môre vroeg klaargemaak en sy esel opgesaal en twee van sy dienaars en sy seun Isak saam met hom geneem; en hy het hout gekloof vir ‘n brandoffer en opgestaan en na die plek gegaan wat God hom aangewys het. Toe hulle kom op die plek wat God hom aangewys het, het Abraham daar die altaar gebou en die hout reggelê; daarna het hy sy seun Isak gebind en hom op die altaar bo-op die hout gesit. Toe steek Abraham sy hand uit en neem die mes om sy seun te slag. Maar die Engel van die HERE het na hom van die hemel af geroep en gesê: Abraham, Abraham! En hy antwoord: Hier is ek! En Hy sê: Moenie jou hand na die seun uitsteek nie, en doen hom niks nie; want nou weet Ek dat jy God vrees en jou seun, jou enigste, van My nie teruggehou het nie. En toe Abraham sy oë opslaan, sien hy meteens ‘n ram wat agter in die bos met sy horings vasgeraak het. En Abraham het gegaan en die ram geneem en dit as brandoffer in die plek van sy seun geoffer.
73. Toe roep die Engel van die HERE vir die tweede keer na Abraham van die hemel af en sê: Ek sweer by Myself, spreek die HERE, omdat jy dit gedoen het en jou seun, jou enigste, nie teruggehou het nie, dat Ek jou ryklik sal seën en jou nageslag grootliks sal vermeerder soos die sterre van die hemel en soos die sand wat aan die seestrand is; en jou nageslag sal die poort van sy vyande in besit neem. En in jou nageslag sal al die nasies van die aarde geseën word, omdat jy na my stem geluister het.(verwysing: verbondsvolk en alle nasies geseën )
74. SARA STERWE (prent 20): En die lewensdae van Sara was honderd sewe en twintig jaar... En Sara het gesterwe in Kirjat-Arba, dit is Hebron, in die land Kanaän; en Abraham het gekom om oor Sara te rouklaag en haar te beween. Daarna het Abraham toe sy vrou Sara begrawe in die spelonk van die stuk grond van Magpéla, oostelik van Mamre, dit is Hebron, in die land Kanaän. So is dan die stuk grond en die spelonk wat daarin was, deur die seuns van Het aan Abraham afgestaan om dit as graf in eiendom te besit.
75. ABRAHAM SE DIENAAR GAAN SOEK 'N VROU VIR ISAK (prent 21): En Abraham was oud en ver op sy dae, en die HERE het Abraham in alles geseën. Toe sê Abraham aan sy dienaar, die oudste van sy huis wat die opsig gehad het oor al sy goed: Lê tog jou hand onder my heup, dat ek jou kan laat sweer by die HERE, die God van die hemel en die God van die aarde, dat jy vir my seun geen vrou sal neem uit die dogters van die Kanaäniete onder wie ek woon nie; maar dat jy na my land en my familie sal gaan om vir my seun Isak ‘n vrou te neem.
76. En die dienaar het tien kamele van die kamele van sy heer geneem en weggegaan met allerhande kosbare goed van sy heer by hom: hy het klaargemaak en na Mesopotámië, na die stad van Nahor, getrek. En hy het die kamele laat neerkniel buitekant die stad by ‘n put, teen die aand, teen die tyd dat die vroue uitgaan om water te skep, en gesê: HERE, God van Abraham, my heer, laat ek haar tog vandag ontmoet, en bewys guns aan Abraham, my heer. Hier staan ek by die fontein, terwyl die dogters van die manne van die stad uitkom om water te skep. Laat dit nou tog gebeur: as die dogter aan wie ek sal sê: Hou tog jou kruik, dat ek kan drink, antwoord: Drink, en ek sal ook u kamele laat drink—dan is sy dit wat U bestem het vir u kneg Isak, en daaraan sal ek weet dat U guns aan my heer bewys het.
77. Hy het nog nie klaar gespreek nie, of daar kom Rebekka uit wat vir Bétuel, die seun van Milka, die vrou van Nahor, Abraham se broer, gebore is, met haar kruik op haar skouer.
78. En Rebekka het ‘n broer gehad met die naam van Laban, en Laban het uitgeloop na die man buite by die fontein. Want toe hy die ring en die armbande aan die hande van sy suster sien en die woorde van sy suster Rebekka hoor, naamlik: So het die man met my gespreek—het hy na die man gegaan, terwyl hy nog daar staan by die kamele by die fontein, en gesê: Kom in, geseënde van die HERE! Waarom staan jy buitekant terwyl ek die huis reggemaak het en ook plek vir die kamele? Daarop het hulle ete voor hom neergesit; maar hy het gesê: Ek sal nie eet voordat ek my saak voorgedra het nie. En hy antwoord: Spreek maar.
79. Toe sê hy: "Ek is die dienaar van Abraham", en hy vertel vir hulle hoe Abraham hom gestuur het en hoe hy gebid het en die Here sy gebed geantwoord het. (verwysing: hy vra die Here)
80. Toe antwoord Laban en Bétuel en sê: "Van die HERE kom die saak; ons kan jou daar geen kwaad of goed van spreek nie. Daar staan Rebekka voor jou, neem haar en gaan heen, dat sy ‘n vrou kan wees vir die seun van jou heer, soos die HERE gespreek het. Daarna het die dienaar silwer— en goue goed en klere uitgehaal en dit aan Rebekka gegee; ook aan haar broer en haar moeder het hy kosbare geskenke gegee".
REBEKKA SIEN VIR ISAK DIE EERSTE KEER (prent 22)
81. En Abraham het aan Isak alles gegee wat hy besit het, maar aan die seuns van die byvroue van Abraham het Abraham geskenke gegee en hulle, nog by sy lewe, van sy seun Isak af oos laat wegtrek, na die Oosland.
82. En Abraham het gesterwe op 175- jarige ouderdom.
83. En sy seuns Isak en Ismael het hom begrawe in die spelonk van Magpéla... die stuk grond wat Abraham van die seuns van Het gekoop het. Daar is Abraham begrawe en sy vrou Sara. (verwysing: in Kanaan)
84. Ná die dood van Abraham het God sy seun Isak geseën; en Isak het gewoon by die put Lagai-Roï. En Isak was veertig jaar oud toe hy Rebekka, die dogter van Bétuel, die Arameër uit Paddan-Aram, die suster van Laban, die Arameër, vir hom as vrou geneem het. En Isak het die HERE gesmeek met die oog op sy vrou, want sy was onvrugbaar; en die HERE het hom verhoor, sodat sy vrou Rebekka swanger geword het. (verwysing: Isak vra die Here)(verwysing: Isak se vrou eers onvrugbaar)
85. JAKOB EN ESAU: En die kinders het teen mekaar gestoot binne-in haar. Toe sê sy: As dit so gaan, waarvoor leef ek dan? Daarop het sy gegaan om die HERE te raadpleeg. En die HERE het haar geantwoord: Twee nasies is in jou skoot, en twee volke sal van mekaar gaan uit jou liggaam; en die een volk sal sterker wees as die ander volk; en die oudste sal die jongste dien. En toe haar dae vervul is dat sy moes baar, was daar ‘n tweeling in haar skoot. En die eerste is gebore—rooi, geheel en al soos ‘n mantel van hare. Daarom het hulle hom Esau genoem. En daarna is sy broer gebore, terwyl sy hand die hakskeen van Esau vashou. Daarom het hulle hom JAKOB genoem. En Isak was sestig jaar oud by hulle geboorte.
86. En die seuns het opgegroei: Esau het ‘n ervare jagter geword, ‘n man van die veld; maar Jakob was ‘n vredeliewende man wat in tente gewoon het.
87. ESAU VERKOOP SY EERSGEBOORTEREG AAN JAKOB (prent 23): En Jakob het ‘n kooksel klaargemaak en Esau het moeg uit die veld gekom. Toe sê Esau vir Jakob: Laat my tog sluk van die rooigoed daar, want ek is moeg. Daarom het hulle hom Edom genoem. En Jakob antwoord: Verkoop eers jou eersgeboortereg aan my. En Jakob het aan Esau brood en die kooksel lensies gegee; en hy het geëet en gedrink en opgestaan en weggegaan. So het Esau dan sy eersgeboortereg verag.
88. En daar was hongersnood in die land, buiten die eerste hongersnood wat in die dae van Abraham gewees het. Daarom het Isak getrek na Abiméleg, die koning van die Filistyne, na Gerar. En die HERE het aan hom verskyn en gesê: "Moenie aftrek na Egipte nie; woon in die land wat Ek jou sal aanwys. Vertoef as vreemdeling in hierdie land, en Ek sal met jou wees en jou seën; want aan jou en jou nageslag sal Ek al hierdie lande gee: Ek sal die eed bevestig wat Ek vir jou vader Abraham gesweer het. En Ek sal jou nageslag vermeerder soos die sterre van die hemel en aan jou nageslag al hierdie lande gee, en in jou nageslag sal al die nasies van die aarde geseën word; omdat Abraham na my stem geluister en my ordening, my gebooie, my insettinge en my wette onderhou het" (verwysing: verbondsvolk). So het Isak dan in Gerar gebly.
89. Toe Esau veertig jaar oud was, het hy Judit, die dogter van Beëri, die Hetiet, vir hom as vrou geneem, en Basmat, die dogter van Elon, die Hetiet. En hulle was vir Isak en Rebekka ‘n bitter verdriet.
90. Toe Isak al oud was en nie meer weet hoe lank hy oorhet om te lewe nie, roep hy vir Esau en stuur hom om 'n bokkie te jag en vir hom 'n lekker ete te maak. Daarna wou hy vir Esau seën.
91. JAKOB NEEM ESAU SE SEëNING (prent 24): Rebekka het dit gehoor en dit so bewerk dat Jakob in die plek van Esau ingegaan het en Jakob is deur Isak geseën as die eersgeborene.
92. Toe Esau agterkom wat gebeur het, kon sy pa nie Jakob se seën terugtrek nie en Esau was Jakob vyandig gesind.
93. Rebekka vra Jakob om te vlug na Haran, na haar broer Laban tot Esau se toorn bedaar.
94. Voor Jakob gevlug het, het Isak hom geroep en hom geseën; en hy het hom bevel gegee met die woorde: "Jy mag geen vrou neem uit die dogters van Kanaän nie".
95. En Jakob het uit Berséba vertrek en na Haran gegaan. Daarop kom hy by ‘n plek waar hy die nag oorgebly het, want die son was al onder. En hy neem een van die klippe van die plek en sit dit onder sy hoof, en hy gaan lê en slaap op dié plek. En hy het gedroom—daar is ‘n leer op die aarde opgerig waarvan die spits tot aan die hemel reik, terwyl die engele van God daarlangs opgeklim en daarlangs neergedaal het. En kyk, die HERE het bo-aan gestaan en gesê: "Ek is die HERE, die God van jou vader Abraham en die God van Isak. Die land waar jy op lê en slaap, sal Ek aan jou en jou nageslag gee; en jou nageslag sal wees soos die stof van die aarde, en jy sal uitbrei na die weste en ooste, en na die noorde en suide; en in jou en jou nageslag sal al die geslagte van die aarde geseën word. En kyk, Ek is met jou, en Ek sal jou bewaar oral waar jy heengaan, en Ek sal jou terugbring in hierdie land; want Ek sal jou nie verlaat nie, totdat Ek gedoen het wat Ek jou gesê het" (verwysing: verbondsvolk). Jakob het die plek Bet-el genoem.
96. En Jakob het daar 'n gelofte gedoen aan die Here.
97. JAKOB ONTMOET VIR RAGEL (prent 25): Jakob het gegaan na die land van die kinders van die ooste, terwyl hy daar met iemand praat, kom Ragel met die kleinvee van haar vader aan, want sy het hulle opgepas. Toe Jakob Ragel sien, die dogter van Laban, sy moeder se broer, en die vee van Laban, sy moeder se broer, loop Jakob nader en rol die klip weg van die opening van die put, en hy laat die vee drink van Laban, sy moeder se broer. En Jakob het Ragel gesoen en sy stem verhef en geween en haar vertel dat hy haar vader se broer en die seun van Rebekka was. Daarop het sy geloop en dit aan haar vader vertel.
98. Laban was bly om Jakob te sien en het hom welkom laat voel. Hy het twee dogters gehad, die oudste was Lea en die jonste, Ragel. Jakob het Ragel liefgehad en wou met Ragel trou. Hy werk vir 7 jaar vir Laban sodat hy haar kan kry as vrou, maar na 7 jaar verbreek Laban sy belofte en gee hom Lea as vrou. Jakob moes nog 7 jaar werk om Ragel as vrou te kry. Omdat Jakob Ragel meer liefgehad het as vir Lea, het die Here Lea se skoot oopgemaak sodat sy kinders vir Jakob gebaar het, maar Ragel was onvrugbaar. (verwysing: Jakob se vrou, Ragel, eers onvrugbaar)
99. 12 STAMME VAN ISRAEL: (11 hier) Maar Ragel was jaloers op haar sister omdat sy toe al 4 kinders ( (1)Ruben, (2)Simeon, (3)Levi en (4)Juda) vir Jakob gebaar het, maar Ragel self was onvrugbaar. Toe gee sy vir Jakob haar slavin, Bilha, om vir haar kinders te baar. Bilha het twee kinders vir Jakob in die lewe gebring, nl. (5)Dan en (6)Naftali.
100. Toe Lea sien dat sy opgehou het met baar, neem sy haar slavin Silpa en gee haar aan Jakob as vrou. Silpa het vir Jakob twee kinders gebaar, nl.(7) Gad en (8)Aser. En Lea self het weer vir Jakob nog 'n seun gebaar, en sy het hom (9)Issaskar genoem, en daarna nog 'n seun, en sy het hom (10)Sebulon genoem. Daarna, 'n dogter, en sy het haar Dina genoem.
101. En die Here het Ragel se gebed geantwoord, en haar skoot geopen en sy het 'n seun gebaar en hom (11)Josef genoem.
102. En nadat Ragel Josef gebaar het, sê Jakob vir Laban: "Laat my trek, dat ek na my woonplek en my land kan gaan. Gee my vroue en my kinders waarvoor ek u gedien het, dat ek kan gaan; want u weet self hoe ek u gedien het". Daarop antwoord Laban hom: As ek nou guns in jou oë gevind het—ek het waargeneem dat die HERE my om jou ontwil geseën het. Bepaal vir my jou loon, en ek sal dit gee". Toe antwoord Jakob: U hoef my niks te gee nie. As u hierdie ding vir my wil doen, wil ek weer u kleinvee oppas, ja, versorg— ek sal vandag deur al u kleinvee deurgaan en daaruit al die gestippelde en bont vee uitkeer; al die vee onder die skaaplammers wat swart is, en die bontes en gestippeldes onder die bokke, dit moet my loon wees". En die Here toegesien dat Jakob buitengewoon uitbrei sodat hy baie kleinvee en slavinne en slawe en kamele en esels gehad het.
JAKOB KEER TERUG NA KANAAN (prent 26).
103. En die HERE het aan Jakob gesê: "Gaan terug na die land van jou vaders en na jou familie; en Ek sal met jou wees" (verwysing: verbond). Toe stuur Jakob en laat Ragel en Lea veld toe roep na sy kleinvee en sê vir hulle: Ek sien dat die aangesig van julle vader teenoor my nie meer is soos gister en eergister nie, maar die God van my vader was met my. En julle weet self dat ek met al my krag julle vader gedien het; maar julle vader het my bedrieg: hy het my loon tien maal verander. Maar God het hom nie toegelaat om my skade aan te doen nie. As hy sê: Die gestippeldes sal jou loon wees, dan lam al die vee gestippeldes. En as hy sê: Die gestreeptes sal jou loon wees, dan lam al die vee gestreeptes. So het God dan die vee van julle vader weggeneem en aan my gegee. Eenkeer, in die tyd toe die kleinvee verhit was, het ek my oë opgeslaan en in ‘n droom gesien dat die bokramme wat die kleinvee dek, gestreep, gestippeld en bont was. En die Engel van God sê vir my in die droom: "Jakob!" En ek antwoord: "Hier is ek!" En Hy sê: "Slaan tog jou oë op en kyk: al die bokramme wat die kleinvee dek, is gestreep, gestippeld en bont, want Ek het alles gesien wat Laban jou aandoen. Ek is die God van Bet-el waar jy die gedenksteen gesalf het, waar jy aan My ‘n gelofte gedoen het. Maak jou dan nou klaar, trek weg uit hierdie land en gaan terug na jou geboorteland".
104. Jakob het ook verder gereis, en die engele van God het hom ontmoet. Toe hy hulle sien, sê Jakob: Dit is ‘n leër van God! En hy het die plek Mahanáim genoem.
105. En Jakob het boodskappers uitgestuur voor hom uit na sy broer Esau in die land Seïr, die landstreek van Edom, en aan hulle bevel gegee met die woorde: So moet julle aan my heer, aan Esau, sê: So sê Jakob, u dienaar—ek het as vreemdeling vertoef by Laban en daar gebly tot nou toe; en ek het beeste en esels, kleinvee en slawe en slavinne verwerf, en my heer dit laat weet, sodat ek guns mag vind in u oë. En die boodskappers het na Jakob teruggekom en gesê: Ons het by u broer Esau gekom, en hy trek u alreeds tegemoet en vier honderd man saam met hom.
106. JAKOB STOEI MET DIE ENGEL (prent 27): En Jakob het gesê: o God van my vader Abraham en God van my vader Isak, o HERE... Red my tog uit die hand van my broer, uit die hand van Esau, want ek is bang vir hom, dat hy sal kom en my doodslaan, die moeder saam met die kinders. En hy het dieselfde nag opgestaan en sy twee vroue en sy twee slavinne en sy elf kinders geneem en deur die drif van die Jabbok getrek: hy het hulle geneem en hulle deur die rivier laat trek, ook laat deurtrek wat aan hom behoort het. Maar Jakob het alleen agtergebly, en ‘n Man het met hom geworstel tot dagbreek. En toe Hy sien dat Hy hom nie kon oorwin nie, slaan Hy hom op sy heupbeen, sodat die heupbeen van Jakob uit lit geraak het in die worsteling met Hom. Toe sê Hy: Laat My gaan, want die dag het gebreek. Maar hy antwoord: Ek sal U nie laat gaan nie tensy dat U my seën. En Hy vra hom: Hoe is jou naam? En hy antwoord: Jakob. Toe sê Hy: Jy sal nie meer Jakob genoem word nie, maar ISRAEL; want jy het geworstel met God en met die mense en het oorwin. Daarop vra Jakob en sê: Maak tog u Naam bekend! En Hy antwoord: Waarom vra jy tog na my Naam? En Hy het hom daar geseën. Toe noem Jakob die plek Pniël; want, het hy gesê, ek het God gesien van aangesig tot aangesig, en tog is my lewe gered.
107. JAKOB EN ESAU ONTMOET WEER (prent 28): Toe loop Esau Jakob tegemoet en omhels hom en val hom om die hals en soen hom; en hulle het geween. Daarna het hy sy oë opgeslaan en die vroue en kinders gesien en gesê: Wie het jy daar by jou? En hy antwoord: Die kinders wat God uit genade aan u dienaar geskenk het. En die slavinne het nader gekom, hulle en hulle kinders, en hul neergebuig. En Lea het ook nader gekom met haar kinders en hul neergebuig; en daarna het Josef nader gekom en Ragel en hul neergebuig.
108. Na dit het Esau dié dag teruggegaan padlangs na Seïr toe, maar Jakob het na Sukkot weggetrek en vir hom ‘n huis gebou en takkrale vir sy vee gemaak. Daarom het hy die plek genoem Sukkot.
109. En Jakob het behoue aangekom by die stad Sigem wat in die land Kanaän is, toe hy van Paddan-Aram gekom het—hy het sy laer voor die stad opgeslaan en die stuk grond gekoop waar hy sy tent opgeslaan het, van die seuns van Hemor, die vader van Sigem, vir honderd geldstukke. Daar het hy ook ‘n altaar opgerig en dit genoem: Die God van Israel is God.
110. En Dina, die dogter van Lea, wat sy vir Jakob gebaar het, het uitgegaan om die dogters van die land te leer ken. Toe Sigem, die seun van Hemor, die Hewiet, die vors van die land, haar sien, het hy haar gegryp en met haar gemeenskap gehad en haar onteer. En sy siel het verkleef geraak aan haar en hy het ook met sy vader Hemor gespreek en gesê: Neem daardie dogter vir my as vrou.
111. Toe Jakob dan hoor dat hy sy dogter Dina onteer het, was sy seuns by sy vee in die veld; en Jakob het geswyg totdat hulle gekom het. En Hemor, die vader van Sigem, het na Jakob uitgegaan om met hom te spreek.
En die seuns van Jakob het uit die veld gekom toe hulle dit hoor; en die manne was gegrief en baie kwaad, oor die skanddaad in Israel... Toe spreek Hemor met hulle en sê: Die siel van my seun Sigem is verlief op julle dogter: gee haar tog aan hom as vrou en verswaer julle met ons: gee aan ons julle dogters, en neem vir julle ons dogters. Bly maar by ons woon, en die land sal voor julle oop lê; woon en trek rond daarin en verwerf vaste besittings daarin. Toe antwoord hulle dat dit net kan geskied op een voorwaarde, dat almal wat manlik is onder hulle, besny word.
112. En hulle woorde was goed in die oë van Hemor en Sigem. En die jongman het nie versuim om dit te doen nie, want hy het sin gehad in die dogter van Jakob, en hy was die mees geëerde in die hele huis van sy vader. Toe gaan Hemor en sy seun Sigem na die poort van hulle stad, en hulle spreek met die manne van hul stad om hulle ook te laat besny. En hulle het geluister na Hemor en na sy seun Sigem almal wat uit sy stadspoort uitgegaan het; en almal wat manlik was, is besny, maar op die derde dag, toe hulle in die pyn was, neem die twee seuns van Jakob, Símeon en Levi, broers van Dina, elkeen sy swaard, en hulle oorval die sorgelose stad en slaan almal dood wat manlik was. Hulle slaan ook Hemor en sy seun Sigem dood met die skerpte van die swaard; daarna neem hulle Dina uit die huis van Sigem uit en vertrek. En al hulle goed en al hulle kinders en hulle vroue het hulle as gevangenes weggevoer en as buit, en ook alles wat in die huise was. Toe sê Jakob vir Símeon en Levi: Julle het my ontroer dat julle my gehaat gemaak het by die inwoners van die land, die Kanaäniete en Feresiete, terwyl ek ‘n klein klompie is. As hulle hul teen my versamel, sal hulle my verslaan, en ek sal verdelg word, ek en my huis.

113. Daarna het God vir Jakob gesê: Maak jou klaar, trek op na Bet-el en woon daar; en bou daar ‘n altaar vir die God wat aan jou verskyn het toe jy op die vlug was vir jou broer Esau. En Jakob het sy familie opdrag gegee om alle vreemde gode onder hulle te verwyder en hulle te reinig en ander klere aan te trek. Toe gee hulle aan Jakob al die vreemde gode wat in hulle besit was, en die ringe aan hulle ore, en Jakob het dit begrawe onder die terpentynboom wat by Sigem is.
114. So het Jakob dan in Lus aangekom wat in die land Kanaän is dit is Bet-el—hy en al die mense wat by hom was en hy het daar ‘n altaar gebou en die plek El Bet-el.
115. Toe verskyn God weer aan Jakob, by sy terugkoms uit Paddan-Aram, en Hy seën hom; en God sê vir hom: "Jou naam is Jakob; jy sal verder nie Jakob genoem word nie, maar ISRAEL sal jou naam wees...." (verwysing: naamsverandering). Verder sê God vir hom: "Ek is God, die Almagtige. Wees vrugbaar en vermeerder. ‘n Nasie, ja, ‘n menigte van nasies, sal van jou afstam, en konings sal uit jou lendene voortkom. En die land wat Ek aan Abraham en Isak gegee het, sal Ek aan jou gee; en aan jou nageslag ná jou sal Ek die land gee" (verwysing: verbondsvolk). En Jakob het daar 'n gedenksteen opgerig en ‘n drankoffer uitgegiet en olie daarop gegooi.
116. Daarna het hulle van Bet-el af weggetrek. En toe daar nog ‘n kort ent pad was om by Efrat te kom, moes Ragel baar; en sy het dit swaar gehad by die bevalling. En terwyl sy dit swaar het by die bevalling, sê die vroedvrou vir haar: Wees nie bevrees nie, want dit is ook ‘n seun vir u. En toe haar siel uitgaan—want sy het gesterwe—noem sy hom Ben-Oni. Maar sy vader het hom Benjamin genoem.
117. So het Ragel dan gesterwe; en sy is begrawe op die pad na Efrat, dit is Betlehem.
118. En Israel het weggetrek en sy tent opgeslaan aan die ander kant van Migdal-Eder.
119. En terwyl Israel in dié land woon, het Ruben gegaan en met Bilha, sy vader se byvrou, gemeenskap gehad. En Israel het dit gehoor.
120. En Jakob het by sy vader Isak gekom in Mamre, by Kirjat-Arba, dit is Hebron, waar Abraham as vreemdeling vertoef het, en ook Isak. En die dae van Isak was honderd en tagtig jaar.
121. Toe neem Esau sy vroue en sy seuns en sy dogters en al die mense van sy huis, sy vee en al sy diere en al sy besittings wat hy in die land Kanaän verwerf het, en hy trek na ‘n land, wég van sy broer Jakob af; want hulle besittings was te groot om saam te woon, en die land van hulle vreemdelingskap kon hulle nie dra vanweë hulle vee nie. En Esau het gaan woon in die gebergte Seïr. Esau, dit is Edom. Hy was die vader van die Edomiete.
122. En Jakob het gewoon in die land Kanaän.
123. Josef het as seun van sewentien jaar die kleinvee opgepas saam met sy broers—hy was nog jonk—met die seuns van Bilha en die seuns van Silpa, die vroue van sy vader. En Josef het die slegte gerug oor hulle na hulle vader oorgebring. En Israel het Josef meer lief gehad as al sy seuns; want hy was vir hom ‘n seun van die ouderdom; en hy het vir hom ‘n lang rok met moue gemaak. Toe sy broers sien dat hulle vader hom meer as al sy broers liefhet, het hulle hom gehaat en kon nie vriendelik met hom praat nie.
124. Ook het Josef ‘n droom gehad wat hy aan sy broers vertel het. Daaroor het hulle hom nog meer gehaat. Hy het naamlik vir hulle gesê: Hoor tog hierdie droom wat ek gehad het. Kyk, ons was besig om gerwe te bind op die land toe meteens my gerf gaan staan en ook regop bly staan, terwyl julle gerwe daar rondom kom en hulle voor my gerf neerbuig. Toe sê sy broers aan hom: Wil jy miskien oor ons regeer? Of wil jy miskien oor ons heers? En hulle het hom nog meer gehaat oor sy drome en oor sy woorde. Daarna het hy nog ‘n ander droom gehad en dit aan sy broers vertel en gesê: Kyk, ek het nog ‘n droom gehad—die son en die maan en elf sterre het hulle voor my neergebuig. Toe hy dit aan sy vader en sy broers vertel, het sy vader hom hard bestraf en aan hom gesê: Wat is dit vir ‘n droom wat jy gehad het? Moet ons werklik kom, ek en jou moeder en jou broers, om ons voor jou na die aarde neer te buig?
125. En sy broers het die kleinvee van hulle vader by Sigem gaan oppas.Toe stuur Israel vir Josef na sy broers om te verneem na hulle welstand. So het hy hom dan uit die dal van Hebron weggestuur, en hy het by Sigem aangekom en daarvandaan agter sy broers aan gegaan en hulle in Dotan gevind.
126. JOSEF WORD DEUR SY BROERS VERKOOP (prent 29): En hulle het hom van ver af gesien. Maar voordat hy naby hulle kom, het hulle listig raad gehou teen hom om hom dood te maak. En hulle het vir mekaar gesê: Daar kom daardie dromer aan! Kom dan nou, laat ons hom doodmaak en in een van die putte gooi en sê: ‘n Wilde dier het hom opgeëet. Dan sal ons sien wat van sy drome word. Toe Ruben dit hoor, het hy hom uit hulle hand gered deur te sê: Laat ons hom nie doodslaan nie. Ruben het ook vir hulle gesê: Moenie bloed vergiet nie; gooi hom in hierdie put wat in die woestyn is, maar moenie die hand aan hom slaan nie—sodat hy hom uit hulle hand kon red om hom na sy vader terug te bring. En toe Josef by sy broers kom, trek hulle sy rok uit en gooi hom in die put. Maar die put was leeg; daar was geen water in nie. Daarna het hulle gaan sit om brood te eet; en toe hulle hul oë opslaan, sien hulle meteens ‘n reisgeselskap Ismaeliete wat uit Gílead kom—hulle kamele gelaai met speserye en balsem en gom op pad om dit na Egipte af te bring. Toe sê Juda aan sy broers: Watter voordeel is dit dat ons ons broer doodmaak en sy bloed verberg? Kom, laat ons hom aan die Ismaeliete verkoop. Hulle doen toe ook so vir twintig sikkels silwer. En húlle het Josef na Egipte gebring. En die Midianiete het hom na Egipte verkoop aan Pótifar, ‘n hofdienaar van Farao, die owerste van die lyfwag.Toe Ruben by die put terugkom, was Josef nie in die put nie!
127. Toe neem hulle Josef se rok, en hulle slag ‘n bok en steek die rok in die bloed, en hulle stuur die lang rok weg en laat dit na hulle vader bring met die woorde: Dit het ons gevind en Jakob het gesê: Die rok van my seun! ‘n Wilde dier het hom opgeëet. Verskeur, verskeur is Josef! Toe skeur Jakob sy klere en trek ‘n roukleed om sy heupe, en hy het oor sy seun gerou, baie dae lank.
128. En Juda het afgetrek, van sy broers af weg, en uitgedraai na ‘n man van Adúllam met die naam van Hira, en daar die dogter van ‘n Kanaänitiese man gesien met die naam van Sua; en hy het met haar getrou en by haar ingegaan. En sy het vir hom 3 seuns gebaar.
129. En Juda het vir Er, sy eersgeborene, ‘n vrou geneem, en haar naam was Tamar. Maar Er, die eersgeborene van Juda, het die HERE mishaag. Daarom het die HERE hom laat sterwe. Toe sê Juda vir Onan, sy tweede oudste seun: "Gaan in by die vrou van jou broer en sluit die swaershuwelik met haar en verwek vir jou broer ‘n nageslag". Maar Onan het geweet dat die nageslag nie syne sou wees nie; daarom het hy, elke keer as hy by die vrou van sy broer ingaan, dit op die grond verderwe om vir sy broer geen nageslag te gee nie. En dit was verkeerd in die oë van die HERE wat hy gedoen het; daarom het Hy hom ook laat sterwe. Toe sê Juda vir Tamar, sy skoondogter: Bly ‘n weduwee in die huis van jou vader totdat my seun Sela groot is. Want hy het gedink: Anders sterwe hy ook soos sy broers! So het Tamar dan gaan woon in die huis van haar vader.
130. En ná geruime tyd het die vrou van Juda gesterwe. En toe Juda klaar getreur het, het hy opgegaan na die skeerders van sy kleinvee, na Timna toe. En hulle het Tamar te kenne gegee - toe trek sy die klere van haar weduweeskap uit en bedek haar met ‘n sluier en draai haar toe; en sy het gaan sit by die ingang van Enaim wat op die pad na Timna lê. Want sy het gesien dat Sela groot geword het, maar sy was aan hom nie as vrou gegee nie. Toe Juda haar sien, dink sy sy is ‘n hoer, omdat sy haar gesig toegebind het; en hy het na haar uitgedraai by die pad en gesê: Kom tog, laat my by jou ingaan; want hy het nie geweet dat dit sy skoondogter was nie... Wat is die pand wat ek jou moet gee? Toe antwoord sy: Jou seëlring met die bandjie en jou staf wat in jou hand is. Hy gee dit toe aan haar en gaan by haar in, en sy het by hom swanger geword. En sy het opgestaan en weggegaan en haar sluier afgehaal en die klere van haar weduweeskap aangetrek.
131. Ná omtrent drie maande het hulle Juda laat weet en gesê: Tamar, jou skoondogter, het gehoereer, en sy is ook swanger deur hoerery! En Juda sê: Bring haar uit, dat sy verbrand kan word. Terwyl sy uitgebring word, laat sy haar skoonvader dit weet: By die man aan wie hierdie dinge behoort, is ek swanger. En sy het gesê: Kyk tog mooi aan wie hierdie seëlring en bandjies en staf behoort. En Juda het dit herken en gesê: Sy het reg teenoor my, want ek het haar mos nie aan my seun Sela gegee nie. En hy het haar verder nie meer beken nie.
132. En toe sy sou baar, was daar ‘n tweeling in haar skoot.
133. En die HERE was met Josef, sodat hy ‘n voorspoedige man was; en hy het in die huis van sy heer, die Egiptenaar, gebly. En toe sy heer sien dat die HERE met hom was, en dat die HERE alles wat hy doen, in sy hand voorspoedig maak, het Josef guns in sy oë gevind en hom gedien; en hy het hom aangestel oor sy huis, en alles wat in sy besit was, aan hom oorgegee. En vandat hy hom aangestel het oor sy huis en oor alles wat in sy besit was, het die HERE die huis van die Egiptenaar geseën ter wille van Josef...
134. En Josef was skoon van gestalte en mooi van aansien en die vrou van sy heer haar oë na Josef opgeslaan en gesê: Kom hou gemeenskap met my. Maar hy het geweier. En nadat sy by hom aangehou het, kom hy eendag in die huis om sy werk te doen terwyl niemand van die huisgenote binne was nie. Toe gryp sy hom aan sy kleed en sê: Kom hou gemeenskap met my. Maar hy het sy kleed in haar hand laat agterbly en gevlug en na buite geloop.Toe roep sy na haar huisgenote en sê aan hulle: Kyk, hy het vir ons ‘n Hebreeuse man hier gebring om met ons gek te skeer; hy het na my gekom om met my gemeenskap te hê, en ek het hard geskreeu; en toe hy hoor dat ek my stem verhef en skreeu, het hy sy kleed by my laat agterbly en gevlug en na buite geloop. Toe word sy heer baie kwaad en laat Josef vang en sit hom in die gevangenis op die plek waar die gevangenes van die koning opgesluit was.
135. Maar die HERE was met Josef, en Hy het goedertierenheid aan hom bewys en hom guns verleen in die oë van die owerste van die gevangenis. En die owerste van die gevangenis het almal wat in die gevangenis opgesluit was, aan Josef toevertrou; en alles wat daar te doen was, het hy gedoen.
136. Ná hierdie dinge het die skinker van die koning van Egipte en die bakker hulle misgaan jeens hulle heer, die koning van Egipte, sodat Farao baie kwaad geword het vir hulle. En hy het hulle in bewaring gegee in die huis van die owerste van die lyfwag, in die gevangenis, die plek waar Josef gevange was. En hulle was ‘n tyd lank in bewaring.
137. JOSEF LE DROME UIT (prent 30): En hulle het altwee ‘n droom gehad, in dieselfde nag, sdrome met besondere betekenisse. En Josef het die volgende môre by hulle gekom en gesien dat hulle ontstemd was. Toe vra hy: : "Waarom lyk julle aangesig vandag so droewig?" En hulle vertel hom van hulle drome en hoe daar niemand is wat dit kan uitlê nie. En Josef vra hulle: Is uitlegging nie ‘n saak van God nie? Vertel my tog. Toe vertel hulle hulle drome aan hom en Josef het dit vir hulle uitgelê.
138. Ná verloop van twee volle jare het Farao gedroom dat hy by die Nyl staan...
139. En Farao het al die towenaars en wyse manne van Egipte laat roep, maar niemand kon die droom uitlê nie. Toe het die voorman van die skinkers vir die Farao vertel van hoe Josef hom en die bakker se drome uitgelê het en dat alles presies gebeur het soos hy gesê het dit sal.
140. JOSEF LE FARAO SE DROOM UIT (prent 31): Toe laat Farao Josef roep en vra hom om sy droom vir hom uit te lê. En Josef het Farao geantwoord en gesê: Niks vir my nie! God sal Farao ‘n gunstige antwoord gee. Farao deel toe sy droom met Josef. Toe sê Josef vir Farao: Die droom van Farao is een en dieselfde. Wat God van plan is om te doen, het Hy aan Farao te kenne gegee. Hy vertel toe wat die droom beteken, hoe daar 7 jare oorvloed gaan wees in die hele Egipteland, maar in die 7 jaar daarna, hongersnood. Ook het Josef verklaar dat die Here dit gou gaan doen en voorgestel dat Farao uitkyk na ‘n verstandige en wyse man en hom aanstel oor Egipteland.
141. JOSEF WORD HEERSER OOR EGIPTE (prent 32): En die woord was goed in die oë van Farao en van al sy dienaars. Daarop het Farao aan sy dienaars gesê: Kan ons wel iemand vind soos hierdie man in wie die Gees van God is? En Farao sê vir Josef: Aangesien God dit alles aan jou bekend gemaak het, is daar niemand verstandig en wys soos jy nie. Jy moet oor my huis wees, en na jou bevel moet my hele volk hulle skik; alleen deur die troon sal ek groter wees as jy. Kyk, ek stel jou aan oor die hele Egipteland. Toe trek Farao sy seëlring van sy hand af en sit dit aan die hand van Josef...
142. So het Josef dan ‘n baie groot hoeveelheid koring opgehoop soos die sand van die see, totdat hulle opgehou het om te tel, want dit was ontelbaar.
143. En vir Josef is twee seuns gebore. Toe het die sewe jare van hongersnood begin soos Josef voorspel het. En daar was hongersnood in al die lande, maar in die hele Egipteland was daar brood.
144. En die hele wêreld het na Josef in Egipte gekom om koring te koop, want die hongersnood was swaar op die hele aarde.
145. Toe stuur Jakob 10 van sy seuns na Egipte om vir hulle koring te gaan haal, want daar was hongersnood in die land Kanaän.. Benjamin het by die huis gebly. En Josef was die maghebber oor die land en sy broers het gekom en hulle voor hom met die aangesig na die aarde gebuig. Toe Josef sy broers sien, het hy hulle herken maar hom vreemd teenoor hulle gehou en hulle hard aangespreek en uitgemaak vir spioene. Maar hulle het hom geantwoord: Nee, my heer, maar u dienaars het gekom om voedsel te koop. Ons is almal seuns van een man, ons is eerlike mense. Maar hy het hard op hulle gebly. Hulle vertel toe vir hom dat hulle hulle jongste broer by hulle vader gelos het, en Josef sê vir hulle: "Hieraan sal julle getoets word: so waar as Farao leef, julle sal hiervandaan nie trek tensy dat julle jongste broer hierheen kom nie. Hy stuur hulle terug met koring en padkos en gee hulle geld aan hulle terug, maar hou Simeon terug as gevangene.
146. Toe hulle by Jakob kom, verte hulle vir hom alles wat gebeur het, maar Jakob wou nie vir Benjamin laat gaan nie.
147. En die hongersnood was swaar in die land. En nadat die koring wat hulle uit Egipte gebring het, opgeëet was, sê hulle vader vir hulle: Gaan koop vir ons weer ‘n bietjie voedsel. Jakob (Israel) het uiteindelik rede ingesien en Benjamin saamgestuur.

148. Toe Josef Benjamin by hulle sien, sê hy aan die opsigter oor sy huis: Bring die manne in die huis en slag slagvee en maak dit gereed, want die manne moet vanmiddag by my eet. En die manne het gevrees, omdat hulle in die huis van Josef gebring is, maar die man wat oor Josef se huis aangestel was, het hulle gerusgestel. En die man het die manne in die huis van Josef gebring en water aan hulle gegee, en hulle het hul voete gewas; hy het ook hulle esels voer gegee. Toe Josef dan in die huis kom, het hulle vir hom die geskenk binnegebring wat by hulle was, en hulle voor hom neergebuig na die aarde toe. Josef vra toe na die welstand van hulle vader slaan sy oë op en sien sy broer Benjamin, die seun van sy moeder, en sê: Is dit julle jongste broer van wie julle met my gespreek het? Daarop sê hy: Mag God jou genadig wees, my seun! En Josef het gou gemaak, want hy wou aan die huil raak. En hulle het gaan sit volgens sy bepaling, die eersgeborene na sy eersgeboorte en die jongste na sy jonkheid. Toe kyk die manne mekaar verbaas aan en die porsie van Benjamin was vyf maal groter as die porsies van hulle almal. En hulle het gedrink en saam met hom vrolik geword.
149. Toe gee hy bevel aan die opsigter oor sy huis en sê: Maak die sakke van die manne vol met lewensmiddele soveel as hulle kan vervoer, en sit elkeen se geld bo in sy sak; en my beker, die silwerbeker, moet jy bo in die jongste se sak sit saam met die geld vir sy koring. En hy het gehandel volgens die woord wat Josef gespreek het. En toe die manne uit die stad uittrek, beveel Josef sy opsigter om agter hulle aan te jaag en hy het die beker in Benjamin se sak gekry. Die broers het teruggegaan en voor Josef neergeval op die grond. Daarop sê Josef vir hulle: Wat is dit nou wat julle gedoen het? Weet julle nie dat ‘n man soos ek dit ongetwyfeld moet waarneem nie?
150. Toe pleit Juda by Josef en verduidelik hoe lief sy pa vir Benjamin het en hoe hulle vader aan hulle gesê het: "Júlle weet dat my vrou vir my twee gebaar het— die een het van my af weggegaan, en ek het gesê: Voorwaar, hy is verskeur, verskeur! En ek het hom tot hiertoe nie gesien nie. As julle nou hierdie een ook van my af wegneem en hom ‘n ongeluk oorkom, dan sal julle my grys hare met droefenis in die doderyk laat afdaal". As ek dan nou by u dienaar, my vader, kom en die seun nie by ons is nie—terwyl sy siel innig aan hom verkleef is— sal hy sterwe as hy sien dat die seun daar nie is nie; en u dienaars sal die grys hare van u dienaar, ons vader, met kommer in die doderyk laat afdaal. Want u dienaar het die seun deur borgskap van my vader verkry deurdat hy gesê het: As ek hom nie na u bring nie, sal ek lewenslank teenoor my vader skuldig staan. Laat u dienaar dan nou tog in die plek van die seun my heer se slaaf bly, en laat die seun saam met sy broers optrek.
151. JOSEF MAAK HOMSELF AAN SY BROERS BEKEND (prent 33): Toe kon Josef hom nie langer bedwing voor almal wat by hom gestaan het nie, en hy roep: Laat almal van my af weggaan! En daar het niemand by hom gestaan toe Josef hom aan sy broers bekend gemaak het nie. Daarop bars hy in trane uit, sodat die Egiptenaars en ook die huis van Farao dit gehoor het. En Josef sê vir sy broers: Ek is Josef! Leef my vader nog? Maar sy broers kon hom nie antwoord nie, want hulle was verskrik voor hom. Hy roep hulle nader aan hom en vra dat hulle nie bedroef wees nie, en sê: "Want om lewens te behou, het God my voor julle uit gestuur... Júlle het my dan nou nie hierheen gestuur nie, maar God; en Hy het my ‘n raadsman van Farao gemaak en ‘n gebieder oor sy hele huis en ‘n regeerder in die hele Egipteland".Hy vra hulle om op te trek na hulle vader en hom te vra om te kom en in die land Gosen te woon daar naby. Toe val hy sy broer Benjamin om die hals en ween; en ook Benjamin het aan sy hals geween. En hy het al sy broers gesoen en aan hulle hals geween; en daarna het sy broers met hom gespreek.
152. Toe die gerug in die huis van Farao gehoor word dat Josef se broers gekom het, was dit goed in die oë van Farao en van sy dienaars. Toe hulle by Israel kom en hom al die woorde meedeel wat Josef te kenne gegee het, en hy die waens sien wat Josef gestuur het om hom te vervoer, het die gees van Jakob, hulle vader, lewendig geword. En Israel het gesê: Dit is genoeg! My seun Josef lewe nog! Ek sal gaan en hom sien voordat ek sterwe.
153. En hulle het hul vee en besittings geneem wat hulle in die land Kanaän verwerf het, en in Egipte gekom, Jakob en sy hele geslag saam met hom: En hy het Juda voor hom uit gestuur na Josef, dat dié voor hom uit die pad moes wys na Gosen; en hulle het in die land Gosen aangekom.
154. JOSEF ONTMOET MET SY VADER (prent 34): Toe span Josef sy wa in, en hy trek op, sy vader Israel tegemoet na Gosen. En toe hy homself aan hom vertoon, het hy om sy hals geval en lank aan sy hals geween. En Israel sê vir Josef: Nou kan ek sterwe nadat ek jou aangesig gesien het, dat jy nog leef! Daarna het Josef met sy broers en die huis van sy vader gespreek: Ek sal optrek en aan Farao vertel en aan hom sê: My broers en die huis van my vader wat in die land Kanaän was, het na my gekom. En die manne is herders van kleinvee—want hulle was veeboere—en hulle het hul kleinvee en hul beeste en alles wat hulle besit, saamgebring. En as Farao julle laat roep en sê: Wat is julle nering? dan moet julle antwoord: U dienaars was veeboere van ons jeug af tot nou toe, ons sowel as ons vaders—sodat julle in die land Gosen kan woon. Want elke herder van kleinvee is vir die Egiptenaars ‘n gruwel.
155. Daarop het Josef gekom en aan Farao vertel en gesê: My vader en my broers en hulle kleinvee en beeste en alles wat hulle besit, het gekom uit die land Kanaän, en daar is hulle nou in die land Gosen. En hy het uit die getal van sy broers vyf man saamgeneem en hulle aan Farao voorgestel. En toe die Farao hulle uitvra na hulle nering, het hulle geantwoord. U dienaars is herders van kleinvee, ons sowel as ons vaders. Verder sê hulle vir hom: Ons het gekom om as vreemdelinge in die land te vertoef, want daar is geen weiding vir die kleinvee van u dienaars nie, omdat die hongersnood in die land Kanaän swaar is. Laat u dienaars dan nou tog in die land Gosen woon.
156. Daarop het Farao met Josef gespreek en gesê: Jou vader en jou broers het na jou gekom. Egipteland lê voor jou oop; laat jou vader en jou broers in die beste deel van die land woon; hulle kan in die land Gosen woon. En as jy weet dat daar onder hulle bekwame manne is, stel hulle dan aan as vee-opsigters oor my eiendom. Josef het ook sy vader, Jakob, aan die Farao voorgestel.
157. En Josef het sy vader en sy broers en die hele huis van sy vader met brood onderhou ooreenkomstig die getal van die kinders.
158. En Josef het al die geld versamel wat in Egipteland en in die land Kanaän te vinde was, vir die koring wat hulle gekoop het, en Josef het die geld in die paleis van Farao gebring. En toe almal se geld op was, het hy hulle vee gekoop in ruil vir brood. Toe dié jaar om was, en hulle geen geld meer gehad het of besittings nie, het Josef hulle landerye gekoop in ruil vir saadkoring. So het Josef dan al die grond van Egipte vir Farao opgekoop, want die Egiptenaars het elkeen sy stuk grond verkoop, omdat die hongersnood vir hulle te swaar was. So het die land dan Farao se eiendom geword. (verwysing: geskiedenis) En wat die volk betref—hy het hulle laat verhuis na die stede, van die een end van die Egiptiese gebied na die ander end daarvan. Net die grond van die priesters het hy nie gekoop nie...
159. Toe sê Josef aan die volk: Kyk, ek het vandag julle en jul grond vir Farao gekoop: daar is saadkoring vir julle, dat julle die grond kan besaai. En by die insameling moet julle ‘n vyfde deel aan Farao afgee, en die ander vier dele sal julle eiendom wees, as saad vir die land en as voedsel vir julleself en die wat in julle huise is, en as voeding vir julle kinders. En Josef het dit ‘n wet gemaak dat 'n vyfde deel behoort aan Farao.
160. So het Israel dan in Egipteland gewoon, in die land Gosen; en hulle het vaste besittings daarin verwerf en vrugbaar geword en sterk vermeerder.
161. En toe die dae van Israel nader kom dat hy moes sterwe, het hy sy seun Josef laat roep en vir hom gesê: As ek nou guns in jou oë gevind het, sit dan tog jou hand onder my heup en bewys my liefde en trou—begrawe my tog nie in Egipte nie...
162. Ná hierdie dinge het hulle aan Josef meegedeel: Kyk, u vader is siek. Daarop het Jakob sy krag versamel en op die bed gaan sit en Josef oppad na hom toe. En Jakob het vir Josef gesê: God, die Almagtige, het aan my verskyn by Lus, in die land Kanaän, en my geseën en vir my gesê: Kyk, Ek sal jou vrugbaar maak en jou vermeerder en jou tot ‘n menigte van volke maak, en Ek sal aan jou nageslag ná jou hierdie land as ewige besitting gee. (verwysing: verbondsvolk) Nou dan, jou twee seuns wat vir jou in Egipteland gebore is voordat ek in Egipte na jou gekom het, is myne. Efraim en Manasse sal myne wees net soos Ruben en Símeon. Maar jou nakomelinge wat jy ná hulle verwek het, sal joue wees. Hulle sal na die naam van hulle broers genoem word in dié se erfdeel.
Jakob het ook die seuns van Josef geseën.
163. Daarop sê Israel vir Josef: Kyk, ek gaan sterwe, maar God sal met julle wees, en Hy sal julle terug laat gaan na die land van julle vaders. (verwysing: belofte terugkeer na Kanaan). En ék gee jou een stuk land bo jou broers, wat ek met my swaard en my boog van die Amoriete afgeneem het.
164. Daarna het Jakob sy seuns geroep en gesê: Kom bymekaar, dat ek julle kan verkondig wat julle aan die einde van die dae sal wedervaar.... Húlle almal is die twaalf stamme van Israel; en hulle vader het hulle geseën; elkeen volgens sy besondere seën.
165. Daarna het hy hulle bevel gegee en aan hulle gesê: Ek word versamel by my volk. Begrawe my by my vaders in die spelonk wat op die stuk grond van Efron, die Hetiet, is; in die spelonk wat op die stuk grond van Magpéla is, wat oos van Mamre lê, in die land Kanaän; die stuk grond wat Abraham van Efron, die Hetiet, as eiendomsgraf gekoop het. Daar het hulle Abraham begrawe en Sara, sy vrou; daar het hulle Isak begrawe en Rebekka, sy vrou; en daar het ek Lea begrawe... Toe Jakob klaar sy bevele aan sy seuns gegee het, trek hy sy voete terug op die bed en blaas die asem uit.
166. Toe het Josef oor sy vader geween en hom gesoen. En Josef het aan sy dienaars, die geneeshere, bevel gegee om sy vader te balsem. En veertig dae het daarvoor verbygegaan; want so lank duur die dae van balseming. En die Egiptenaars het hom sewentig dae lank beween.
167. JAKOB SE BEGRAFNIS (prent 35): En toe die dae van geween oor hom verby was, het Josef Farao se toestemming gekry om sy vader in Kanaän te gaan begrawe. Toe het Josef opgetrek om sy vader te begrawe, en al die dienaars van Farao, die oudstes van sy huis, het saam met hom opgetrek, en al die oudstes van Egipteland; ook die hele huis van Josef en sy broers en die huis van sy vader. Net hulle kinders en hulle kleinvee en hulle beeste het hulle in die land Gosen laat agterbly. En saam met hom het opgetrek strydwaens sowel as ruiters, sodat dit ‘n baie groot trek was. En toe hulle by die Steekdoring-dorsvloer kom, wat oos van die Jordaan lê, het hulle daar ‘n groot en baie swaar rouklag gehou, sewe dae lank.
168. En hulle het Israel begrawe in die spelonk van die stuk grond van
169. Daarna het hulle almal na Egipte teruggegaan.
170. Maar die broers van Josef was bang dat Josef hulle nou soos vyande gaan behandel en daarom het hulle hierdie boodskap na Josef gestuur: U vader het voor sy dood bevel gegee met hierdie woorde: So moet julle vir Josef sê: Ag, vergewe tog die oortreding van jou broers en hulle sonde, want hulle het jou kwaad aangedoen. Maar nou, vergewe tog die oortreding van ons wat die God van u vader dien. En Josef het geween toe hulle met hom spreek. En sy broers het ook self gegaan en voor hom neergeval en gesê: Kyk, ons is u slawe, maar Josef het hulle gerusgestel. En Josef het in Egipte gewoon, hy en die huis van sy vader. En Josef het honderd en tien jaar gelewe. En Josef het aan sy broers gesê: Ek gaan sterwe, maar God sal gewis op julle ag gee en julle uit hierdie land laat optrek na die land wat Hy aan Abraham, Isak en Jakob met ‘n eed beloof het en Josef het gevra dat sy liggaam dan saamgeneem word. En nadat hy gesterwe het, het hulle hom gebalsem, en hy is in ‘n kis gesit in Egipte.

No comments:
Post a Comment
Note: Only a member of this blog may post a comment.